Die verskil tussen 'n maklikemeisie en 'n geil griet

Page 1

Ek wil nog uitvind wie dit geskryf het, en ook al 'n geruime tyd gelede geskryf, maar sy is beslis op lys van moet-lees rubriekskrywers. Zola skei oor ander vrou. Toe ek nou die oggend die woorde op die plakkaat teen 'n telefoonpaal lees, kry ek so 'n naar kol op die maag. En besluit net daar, my volgende rubriek is opgedra aan Lettie Slettie. Of wat jy haar ook al wil noem, Viagara, Geil Griet of Mustang Mandy. Daai soort vrou wat nie die verskil ken tussen 'n ander vrou se man en haar eie komkommer nie. Wat dink flankeer is 'n Olimpiese sportsoort en hormone is 'n boek in die Ou Testament. Daai soort vrou wat 'n wewenaar se trane op sy vrou se begrafnis met haar bra-strap sal afdroog. Daai soort vrou wat, so sê 'n vriendin se ma, iets afgee wat mans soos vlieë na 'n miskoek lok. Tot die dood ons skei, beteken lankal nie meer tot die dood ons skei nie. Huwelike en verhoudings kom tot 'n einde. Mense groei uitmekaar, soms was hulle nooit werklik vir mekaar bedoel nie en soms verkrummel die troukoek, want die bakpoeier is af. Dit verg 'n ysere wil en vernuftige lapwerk om 'n huis staande te hou as die fondamente begin kraak. En soms is dit doodeenvoudig, hoe pynlik ook al, nie die poging werd nie. Maar dit beteken nie jy het die hulp nodig van Lustige Lottie en haar stootskraper nie. Sy kom in vele gedaantes. Soms mooi, maar nie noodwendig nie. Soms sexy, maar nie noodwendig nie. Soms slinks, maar nie noodwendig nie. Maar dikwels, tog so weerloos. En altyd op die uitkyk vir 'n lewensredder. Moet haar nie verwar met 'n Maklike Meisie nie. Daar is 'n groot verskil. Die MM is nie uitsoekerig nie. Sy hou eenvoudig van patapata of sê moeilik nee. Of albei. Maar 'n Geil Griet kies haar prooi met oorleg. Vir haar gaan dit om te verower, en beter nog, af te rokkel. 'n Lustige Lottie het genadiglik nog nooit in my slaai gekrap nie. Of wag, daar was een. Maar sy het hom eerste by sy oorspronklike slaai afgevry, verveeld geraak en toe hy my slaai word, besluit sy wil haar ou slaai terughê. Die twee is toe in die eg verbind, maar, is dit nie hartseer nie, intussen weer geskei. Wys jou net, vegetariërs is nooit versadig nie. Hulle sê all is fair in love and war, maar vir hierdie soort vrou is die oorlog nooit verby nie. Sy soek voortdurend bevestiging van haar aanloklikheid. By 'n restaurant flankeer sy met die kelner, op 'n troue annekseer sy die strooijonker (die bruidegom moet darem


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.