Inligtingstuk: N.G. Gemeente Oudtshoorn-Welgeluk

Page 1

Inligtingsbrosjure van die N.G. Gemeente Oudtshoorn-Welgeluk

Ons visie:“Om met liefde te bou aan God se Koninkryk” Wie isvisie ons? Die word prakties gemaak deur doelgerig aandag te gee aan die verhoudings waarin ons staan nl.:-

• Verheerlik God die Vader; Wie is ons ? • Versorg mekaar na die voorbeeld van Jesus; en

• Vertel die wêreld deur die Heilige Gees!


Wie is ons? Ons beskou onsself as ‘n gemeente, wat aktief deelneem aan die bou van God se Koninkryk in Oudtshoorn, Suid-Afrika en die wêreld. Ons glo aan ‘n inklusiewe bediening, waar enige persoon welkom is en tuis kan voel. Waarom behoort u betrokke te raak? Ons glo aan ‘n gawe-gedrewe bediening en poog ons om lidmate toe te rus en te motiveer, om God se Koninkrykswerk in die wêreld te verrig. Hoe kan u betrokke raak? Die N.G. Gemeente Oudtshoorn-Welgeluk het die roeping aanvaar, om in ‘n eietydse omgewing, en in gehoorsaamheid aan God se opdragte, sy woord van genade, liefde en sorg aan almal te verkondig. Dit is 'n roeping na binne en na buite, aan elk van ons lidmate, daar waar ons as gemeente by projekte betrokke is, of waar ons as individuele gelowiges elke dag tot Gods eer leef. Die volgende is die bedieninge van Welgeluk-gemeente: Gemeentebediening. Ons Gemeentebediening wil gestalte gee aan dit wat in ons missie rakende die onderlinge meelewing, en opbou van ons gemeente, gestel is. Suiwer woordverkondiging, die uitbou van ons gereformeerde identiteit in 'n moderne verband, en die verdieping van ons koinonia. Gemeentebediening is soos 'n oorkoepelende sambreel vir ’n verskeidenheid aktiwiteite. Kontakpersoon: Deon Haasbroek: 044 272 8017

 Skakeling en Kommunikasie. By Welgeluk word daar word geglo aan vars, deursigtige kommunikasie om gemeentelede op hoogte van aktiwiteite, geleenthede, finansies, getuienis en vele meer te hou. Die weeklikse Welgeluk-nuus word op Sondae uitgedeel en ook vroeër elke week per e-pos versprei. Tydens tuis naweke en skool-vakansies verskyn daar geen nuusbrief nie. Die afgelope jare was daar wêreldwyd 'n absolute kommunikasie ontploffing. Soos wat in alle sektore die geval is, is ons deel van die snel veranderende omgewing. Dit stel nuwe eise aan almal om mee tred te hou en by aan te pas. Globalisering het gekom om te bly en maak wel ook ons lewens in baie opsigte makliker. By Welgeluk


word die jongste tegnologie nie as 'n bedreiging te sien nie maar eerder konstruktief aangewend om Gemeentelike kommunikasie te verbeter en uit te bou. Besoek gerus ons “Facebook” – blad vir al die jongste gemeente- en kerknuus of ons webblad, by die skakels hieronder. Welgeluk se preke is ook hier ter insae vir iemand wat dalk ’n diens gemis het of weer na een wil kyk, of met vriende of familie wil deel. www.nggemeenteoudtshoorn-welgeluk.co.za www.facebook.com/NgGemeenteWelgelukOudtshoorn  EREDIENS BEDIENING:In ons eredienste, staan die verkondiging van die woord en bediening van die sakramente, sentraal. Ons streef na 'n eietydse gereformeerde liturgie en rig die erediens op so ‘n wyse in, dat dit ‘n veilige ruimte vir lidmate en besoekers is, om ‘n lewende belewenis met die Here te hê. Die erediens word ook ingekleur met die belangrike komponente van lofprysing en aanbidding. Welgeluk-gemeente bied Sondagoggende een erediens aan naamlik om 09:00 of 09:30 (somer en winter onderskeidelik). Ander aktiwiteite van die Diensaksie is o.a.:• Bybelstudiegroep vir dames. Woensdagoggende vanaf 09:00-10:00 in die konferensiekamer. Kontakpersoon: Ds. Andries Potgieter: 084 514 2178 • Bybelstudiegroep vir mans. Woensdagaande 18:00-19:00 in die konferensiekamer. Kontakpersoon: Deon Haasbroek: 044 272 8017 • Jong gesinne-omgeegroep. Hierdie omgeegroep is geskik vir ouers met kinders in die laerskool. Dit vind plaas op ‘n gereelde basis in die konferensiekamer. ‘n Oppasdiens word ook vir die kinders gereël. Kontakpersoon: Ds. Andries Potgieter: 084 514 2178


• Jong-werkende omgeegroep. Hierdie omgeegroep is geskik vir alle jong-werkendes en byeenkomstes vind Donderdagaande vanaf 18:00 tot 19:00 by Ds. Adriaan van Tonder se huis, te Rossouwstraat 3D, plaas. Kontakpersoon: Ds. Adriaan van Tonder: 083 565 3641 • Gebedsbediening. Die eerste Vrydagoggend van elke maand om 06:00 in die somer en om 06:30 in die winter in die kerkgebou. Kontakpersone: Ds. Andries Potgieter by 084 514 2178 of Ds. Adriaan van Tonder by 083 565 3641 • Dames omgeegroep. ‘n Groep dames met ‘n omgee en uitreikende hart vir hul medemens, wat onder andere, aktief betrokke is met ‘n bediening aan ons plaaslike ouetehuise en verswakte bejaardes van die Gemeente. Kontakpersoon: Engela Olivier by nr. 084 252 2525 • Vrouediens/gasvryheidsbediening. Voorbereiding van etes en verfraaiing van gemeentesentrum tydens gemeentelike samesyn geleenthede, asook die skink van tee, koffie en sap na eredienste en hulp tydens die jaarlikse gemeentebasaar. Kerkkantoor: 044 272 4391 of Dyna Potgieter 083 520 7829 • Begrafnisondersteuning. Die voorbereiding van verversings en skink van tee en koffie by troosdienste. Kontakpersoon: Marianne McCulloch by nr. 082 791 5632 • Werkers vir die woord. Hierdie is ‘n missionale bediening, waar gemeentelede toegangskaartjies , tydens wedrenne by die Oudtshoorn Ovaal renbaan, verkoop. ‘n Persentasie van die kaartjieverkope se opbrengs word aan Welgeluk-gemeente geskenk om Bybels mee aan te koop. Kontakpersoon: Ds. Adriaan van Tonder: 083 565 3641


• Welgeluk gemeentekamp. Welgeluk het vanjaar sy eerste jaarlikse gemeentekamp tydens die eerste kwartaal gehou en het gedien as ‘n wegbreekgeleentheid vir lidmate om as gemeente saam te kamp, te ontspan en mekaar beter te leer ken. Dit word as ‘n jaarlikse instelling beplan. Kontakpersone: Ds. Adriaan van Tonder – nr. 083 565 3641 of Ds. Andries Potgieter – nr. 084 514 2178  Sestigplussers. Hierdie bediening is veral vir ons afgetredenes in die gemeente. Dit neem die vorm aan van uitstappies en kuier/eet geleenthede by die kerk. Kontakpersone: Ds. Andries Potgieter – nr. 084 514 2178 of Abri van Vuuren – nr. 044 272 2763  Jeugbediening. Die bediening aan ons jongmense in die gemeente is vir ons baie belangrik en daarom maak ons erns daarmee, deur vir kinders en tieners sinvolle programme, waarby hul betrokke kan raak, aan te bied. RUAG kerkjeug ( RUAG = Hebreeuse woord vir wind/gees) is die oorkoepelende term vir Welgeluk-gemeente se jeugbediening. RUAG kerkjeug se verskillende bene is soos volg:• RUAG Kidz. Is vir alle kinders van kleuters tot Graad 6.  ‘n Kleuterkerk,(vir alle kleuters van 2 jaar tot voorskools) , wat Sondae parallel loop met die erediens word tydens skoolkwartale aangebied. Kontakpersoon: Sue Marie Gerber 072 347 0653  Gedurende skoolkwartale word “kindertyd” in die erediens ingeruim, wat fokus op laerskoolleerders.  Een keer ‘n maand is daar ‘n geleentheid vir kinders (graad 1 tot 6) om in die namiddag bymekaar te kom. “RUAG Kidz” kontakpersoon - Ina Barnard by nr. 076 786 0816


• RUAG Jeugaksie. Dit is vir alle tieners (Graad 7-12). Hierdie jeugaksie is ‘n geleentheid vir tieners om op ‘n prettige wyse, meer van die Here te leer, terwyl hul die geleentheid kry om nuwe mense te ontmoet, en uit te reik na ander gemeenskappe. Dit vind plaas elke tweede Sondagaand by die kerk. Tieners van regoor die dorp is welkom om dit by te woon. Kontakpersoon - Ds. Adriaan van Tonder: 083 565 3641 • RUAG Jeuggroepe. In formele taal, verwys hierdie been na kategese. Daar word na die graad groepe verwys as jeuggroepe en die jeuggroepe kom na elke erediens, (behalwe op tuis naweke en vakansies) bymekaar. Een kontak geleentheid op ‘n Sondagoggend duur ongeveer 20 minute. Kontakpersoon – Ds. Adriaan van Tonder: 083 565 3641 • Ouers @ RUAG Jeug. Hierdie is ‘n toerustings geleentheid vir alle ouers met kinders in laer- en hoërskole en tydens hierdie geleentheid word ouers uitgenooi om saam ander ouers gesprekke te voer rondom die vreugdes, uitdagings en geleenthede van ouerskap. Kontakpersone– Ds. Adriaan van Tonder: 083 565 3641 en Ds. Andries Potgieter by 084 514 2178  Bediening vir getuienisaksie. Hierdie bediening gee gestalte aan ons visie – naamlik, om met liefde te bou aan God se Koninkryk. Dit sluit o.a. die volgende in:• Nomonde kleuterskool. Daar word op ‘n daaglikse basis brood aan 120 kinders by die kleuterskool voorsien. Kontakpersoon : Tertia Esterhuyse: 073 199 9377 • Broodjie-projek. Verskaf toebroodjies aan behoeftige leerders van 'n plaaslike laerskool. Kontakpersoon : Tertia Esterhuyse: 073 199 9377


• Ouetehuise. Doeke vir volwassenes word maandeliks verskaf aan Helen Bellingan hof tehuis. Kontakpersoon : Doreen Coetzee: 044 272 4660 • Toiletware-projek. Insameling van toiletware en verspreiding daarvan na Helen Bellingan hof, Tuishuis en Gotlandhuis. Kontakpersoon : Doreen Coetzee:044 272 4660 • Aksie Bosnië. Ons ondersteun die afgelope 17 jaar die sendeling paar Vukasin en Mariana van die Protestanse Evangeliese kerk van Bosnië. Kontakpersoon : Johan Rabe: 044 272 5961 • Aksie Zimbabwe. Vanaf 2008 is Welgeluk betrokke by die verspreiding van Shona Bybels aan lidmate van die RCZ (Reform Church of Zimbabwe) en ondersteun ook die RCZ se kweekskool op die sendingstasie Morgenster in Zimbabwe. Kontakpersoon : Louis Fourie: 084 581 0164  Ondersteuningsdienste. • Bediening vir die finansies. Die Bediening sien toe dat die gemeente se finansies verantwoordelik bestuur en hanteer word. Die gemeente se visie “om met liefde te bou aan God se Koninkryk” lei ons om verantwoordelike rentmeesters te wees. Ons is ook diep bewus van die rol wat geldsake speel in die funksionering van ‘n gemeente, en daarom bied ons die volgende maniere aan waarvolgens lidmate ‘n finansiële bydrae kan maak:1. Elektroniese internetbetaling kan gemaak word. 2. Dankoffer-koeverte is beskikbaar vir lidmate by die ingangsdeure van die kerkgebou en ‘n gewone koevert sal ook doen! 3. Alternatiewelik kan ‘n aftrekorder ook gereël word by u bank. 4. Eredienskollektes 5. Jaarlikse basaar in Mei. 6. Jaarlikse spesiale insameling vind plaas die eerste Sondag van November.


Vir enige navrae, kontak Kobus Ferreira: 082 851 7688 of die kerkkantoor 044 272 4391 Die bankbesonderhede van die gemeente is soos volg:Naam van rekening: NG Gemeente Oudtshoorn – Welgeluk Bank: Nedbank Takkode:175205 Rekeningnommer: 1006783962 Tipe rekening: Tjek • Bediening vir die eiendomme. Die Bediening sien toe dat ons terrein en gebouekompleks as 'n bate vir die gemeente bestuur word, behoorlike instandhouding gedoen word, asook verdere ontwikkeling plaasvind. Kontakpersoon : Vic McCulloch: 082 570 7746. Lidmate is welkom om by enige van hierdie aksies betrokke te raak. In dien u nog inligting benodig oor die bedieninge kan u gerus die betrokke persone kontak of die leraars. Belangrike kontak besonderhede:Leraar: Ds. Andries Potgieter 084 514 2178 en 044 272 5286 of ajpotgieter@telkomsa.net Skriba: Mev. Anita Bakker Kerkkantoor: 044 272 4391 en ngwelgeluk@telkomsa.net Kantoorure: Maandae tot Vrydae 08:00-11:00

Leraar: Ds. Adriaan van Tonder 083 565 3641 en adriaanvt@mweb.co.za Koster: Mnr. Deon Douglas Tel: 044 279 2026 Beskikbaar: Maandae tot Vrydae 08:00-10:00

Orrelis: Mev. Susan du Plessis Tel: 044 272 3977

“God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Efesiërs 2:10


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.