7 September 2018 Zoutpansberger

Page 1

Z

outpansberger

7 September 2018

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Triegies se tienertoneel op pad na ATKV finaal - bladsy 2

Jaargang 33 Vol. 36

Heidi-Lene stadig maar seker op pad na herstel - bladsy 3

Diesel, petrol en Diesel, Petrol en paraffien aflewerings Paraffien aflewerings

T: 015 516 1570

T:F: 015 516 015 5161570 3098 F: 015 516 3098 www.bfgroup.co.za www.bfgroup.co.za

3 Unika Straat, Makhado, Louis Trichardt, Limpopo

3 Unika Straat, Makhado, Louis Trichardt, Limpopo

Makhado must explain why they invested at VBS - page 8

Egpaar weer beroof Deur Andries van Zyl

‘n Egpaar van Levubu was Dinsdagoggend kort na agtuur vir die derde keer in net meer as 10 jaar die slagoffers van ‘n gewapende aanval en roof op hul kleinhoewe. “Ons is nou al bietjie vuisvoos,” het die 62-jarige Petro Erasmus Woensdag aan die Zoutpansberger gesê. Petro vertel dat sy, haar huisbediende en tuinwerker alleen by die huis was. Haar man Callie was reeds by sy besigheid, Levubu Vulstasie. Sy het in die huis gesit en skielik iets gehoor. “Toe ek opkyk, kyk ek reg in ‘n geweerloop vas. Die man wou weet waar die ander mense is,” herleef Petro die nagmerrie-ondervinding. Haar aanvaller was een van vier booswigte wat toegang tot Petro-hulle se huis verkry het deur die heiningdraad te knip. Hulle het Petro, haar tuinwerker en bediende se hande agter hulle rûe met draad vasgebind en op hul mae laat lê. Vir Petro het hulle toe kamer toe geboender, waar hulle die

Callie en Petro Erasmus was Dinsdagoggend vir die derde keer in net bietjie meer as 10 jaar die slagoffers van ‘n gewapende roof op hul kleinhoewe in Levubu. Foto: Facebook.

kaste geplunder het. “Die een ou het vir my gesê hulle soek nog geld, anders skiet hy my. Ek het vir hom gesê daar is nie geld nie. Hulle het seker later besef daar is nie nog geld nie,” het Petro gesê. Vir sowat 20 minute het die rowers die huis deursoek. Hulle het daarna met hul buit in die egpaar se BMW X5 op die vlug geslaan. In die huis kon Petro en haar tuinwerker hulle intussen loswikkel uit die drade uit waarmee hulle vasgebind is. Petro het onmiddellik die plaaswag en die polisie van die roof in kennis gestel. “Dit was absoluut ongelooflike om te sien hoe goed die plaaswag reageer het. Binne ses minute is ons voertuig deur ‘n plaaswaglid opgemerk, en vandaar het dinge vinnig gegaan,” het Petro gesê. Die vinnige reaksie van die plaaswag het daartoe gelei dat die egpaar se voertuig nog daardie selfde oggend by Dzwerani Dzondo naby Thohoyandou teruggevind kon word, met baie van die gesteelde items steeds daarin. “Jy sal nie glo nie, die enjin het nog geluier toe die voertuig teruggevind is,” het Petro vertel. Nie al die items wat gesteel is, is egter teruggevind nie. Die kontant en vuurwapens wat geroof is, is saam met die rowers nog soek. Die vuurwa­ pens het ingesluit twee gelaaide rewolwers en ‘n .223 geweer met ammunisie. Die aanval het Petro en Callie erg ontstel. “Mens verwag mos nie dat iemand jou agtuur in die oggend gaan beroof nie,” het Petro gesê. Dinsdag se aanval by hul huis was die derde soortgelyk gewapende roof wat die egpaar die afgelope 11 jaar oorleef het. In November 2007 is Callie en Petro deur ‘n gewapende man in hul huis oorval. Die gepaar het verwoed teruggeveg en kon daarin slaan om self die verdagte, Levy Baloyi, vas te trek. In die proses het Baloyi egter vir Callie twee keer geskiet en hy was gelukkig om dit te oorleef. Baloyi is in Julie 2010 lewenslank tronk toe gestuur vir die aanval op Callie-hulle, asook ander soortgelyke aanvalle in die omgewing. (Vervolg op p. 2)

VACANCY Sales Executive at Ayob Motors Minimum 2-3 years experience.

E-mail CV’s to: paul@ayobmotors.co.za If you have not heard back from us within 30 days, please accept your application as unsuccessful. ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

9 772409 283001

36

Louis Trichardt’s next top model? Louis Trichardt model William Scott (left) won the male category of the Limpopo Face of Fashion 2018 Modelling Competition in Polokwane the past weekend. Pictured with him at the event is the master of ceremonies, entertainer Schalk Bezuidenhout, and the female winner of the competition, Michelle Fox (16) from Polokwane. Read article on P2.

131 Krogh Street (C/o Krogh & Ruh st) Louis Trichardt 0920 HAMMANN PROPERTIES

Carel Hammann 082 923 1620 hammannc@vodamail.co.za

Waterpoort Sandrivier.

575Ha. 3Km. Rivierfront. 35Ha. ouland. 2 Ou woonhuise. Eskom krag. Wildwerend. Ingesluit 15 Swartwitpense en ongeveer 40 Livingston Elande. Asook kameelperd, gemsbok, waterbok, rooihartebees, koedoe, rooibok, bosbok, duiker, steenbok teenwoordig.

R6.8 Million plus Btw.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.