7 December 2018 Zoutpansberger

Page 1

Z

outpansberger

7 Desember 2018

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Brace yourself for more load shedding this month - page 2

Jaargang 33 Vol. 49

Vodacom and EFF shake hands - page 3

Another slip-up on monthly municipal accounts - page 4

Zena kry nuwe hart en wonderwerk, as ‘n nuwe hart vir die 48-jarige Zena Lambrechts nie. In die Soutpansberg is daar bitter Vir ‘n familie van Louis Trichardt min mense wat nie vir die spranis daar geen groter Kersgeskenk,

kelende Zena ken nie, veral in die gasvryheidsbedryf, van haar jare by Khoroni Hotel, Adam’s Apple Hotel en deesdae van Zena’s Cantina by Kennington Lodge. In dieselfde asem was min mense egter bewus van hoe siek Zena die afgelope paar maande was, so siek dat medici verlede week vir die ergste gevrees het, sou sy nie dadelik ‘n hart- en longoorplanting kry nie. Zena het sowat twee maande gelede ‘n geruime tyd in die hospitaal in Polokwane spandeer vanweë probleme met ‘n vergrote hart, omdat haar hart die heeltyd so hard moes werk. Sy het sewe jaar gelede haar eerste hartaanval gehad, met ‘n hele klompie daarna wat haar met net 23% hartgebruik gelaat het. Om haar hart te help, is sy toegerus met ‘n pasaangeër. Met haar opname in Polokwane was haar toestand reeds “touch and go” gewees. Sy kon egter tot so ‘n mate herstel dat sy ontslaan kon word en haar oudste dogter, Sky, se matriekafskeid by Hoërskool Louis Trichardt kon bywoon. Haar jongste dogter, Li-amor, het vanjaar Graad 10 geskryf by die skool. Alles het goed gelyk en Sky en Li-amor was bly om hulle ma weer by die huis te hê. Die geluk was egter van korte duur. Sowat twee/drie weke gelede moes Zena weer vanweë haar hartprobleem gehospitaliseer word. Sedertdien het haar gesondheid net bly agteruit, tot so ‘n mate dat Zena se gewese man (en ‘n steeds goeie vriend van haar) Billy besluit het dat dit beter sou wees om vir Sky and Li-amor na hul ma toe te vat. “Dit lyk nie goed nie,” het ‘n bekommerde Billy verlede ‘n Kersfees wonderwerk ... Die 48-jarige Zena Lambrechts van Louis Dinsdag gesê. Dinge sou nog slegter begin lyk vir Trichardt sterk goed aan nadat sy Saterdag ‘n hartoorplanting ondergaan Zena-hulle met ‘n prognose dat, buiten vir het. Foto verskaf. Deur Andries van Zyl

2014 Jeep Wrangler 2.8

R399 995 *excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175 ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

9 772409 283001

49

“Sy het vir ons die thumbs up gegee van agter die glasskeiding waar sy in die kiemvrye afdeling van die hospitaal lê. Sy het sommer ook die verpleegsters uitgetrap oor sy nie haar familie mag sien nie” erasie gaan lei. Amen,” het Billy vriende en familie per WhatsApp laat weet. Zena se operasie sou meer as sewe ure duur, met familie en vriende wat angstig gewag het op nuus vanuit die teater. Billy se dankbaarheid was merkbaar in ‘n WhatsApp-stemboodskap wat hy uitgestuur het kort nadat Zena uit die teater gestoot is. “Zena het half vier uitgekom. Haar nuwe hart klop! Dankie Here!” Dat Zena se liggaam so gou die nuwe hart aanvaar het, was nie die enigste goeie nuus nie. Billy het Maandag gesê dat dit toe nie eers nodig was vir Zena om ‘n

131 Krogh Street (C/o Krogh & Ruh st) Louis Trichardt 0920 HAMMANN

70 000km

‘n nuwe hart, Zena ook ‘n longoorplanting sou moes kry weens ‘n verstopping in een van haar longe. Waar ‘n nuwe hart en long vandaan sou kom, was egter ‘n groot bekommernis. Dit is nie sommer iets wat op kort kennisgewing oor ‘n toonbank beskikbaar is nie. Saterdagoggend het die Kersfees wonderwerk egter vir Zena-hulle begin plaasvind. “Zena het ‘n hart en long gekry. Ons sit nou by die hospitaal. Sy gaan agtuur in vir die oorplantings. Dankie Here vir die beantwoording van ons gebede in Jesus naam. Ons vertrou dat U die operasie-span vandag gaan versterk en dat U hand die op-

PROPERTIES

Carel Hammann 082 923 1620 hammannc@vodamail.co.za

LOUIS TRICHARDT 2016m2 stand. 915m2 Executive’s Mansion. For sale, by appointment only.

longoorplanting te kry nie. “Hulle kon die probleem met die long sommer op die operasietafel regmaak,” het Billy gesê. Diegene wat vir Zena goed ken, weet sy is ‘n “vegter”. Hierdie veggees van haar het sy ook duidelik in die hospitaal geopenbaar. Ná die operasie het die medici haar in ‘n koma geplaas waarin sy 48 uur moes bly. Zena het egter ná slegs 24 uur self uit die koma gekom. “Sy het vir ons die thumbs up gegee van agter die glasskeiding waar sy in die kiemvrye afdeling van die hospitaal lê. Sy het sommer ook die verpleegsters uitgetrap oor sy nie haar familie mag sien nie,” het Billy met ‘n glimlag gesê. Hy het egter bygevoeg dat hy kan verstaan waarom hulle Zena in afsondering hou. ‘n Kiem of virus kan in hierdie stadium noodlottige gevolge vir Zena inhou. Billy het Woensdagmiddag laat weet dat alles tot dusver nog baie goed lyk met Zena. “Soos dinge nou lyk, sal Zena teen Vrydag al kontakbesoeke kan kry,” het Billy gesê. Billy het namens sy kinders en familie almal bedank vir hulle bystand en ondersteuning met Zena se siekte en operasie. Hy het veral ‘n spesiale woord van dank gerig aan Zena se broer, Keith McGuire, wat vir Zena beide ‘n emosionele en finansiële steunpilaar is met haar siekte en operasie. Hy het ook vir Brian du Plooy en sy vrou Mariska bedank vir alles wat hulle vir die familie vanaf Louis Trichardt doen. Uit respek vir die familie van die plaaslike hartskenker het Billy gevra dat die koerant nie enige verwysing gee van waar en deur wie die hartoorplanting uitgevoer is nie. “Daardie familie verwerk nog hierdie week die hartseer daarvan om ‘n geliefde te verloor,” het Billy gesê.

2km FROM LTT R4.5 Million + VAT

157Ha. Suitable for subdivision into smallholdings and/or partly Macadamias.

LEVUBU 322Ha. Vuwani Road, c/o Masia turnoff. 11 Grazing Camps. 2 x Kraals.

R6 Million + VAT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
7 December 2018 Zoutpansberger by Zoutnet - Issuu