To download the pdf version of the newspaper, click on
at the top and select download.
Zoutpansberger
6 Maart 2015
www.zoutnet.co.za
PRYS: R4,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Jaargang 31 Vol. 09
Saak teen leraar sluit ná laaste getuienis - bladsy 4
Attack leaves municipal manager shaken up - page 3
Sarah toe nie dorp se nuutste miljoenêr nie - bladsy 6
Bejaarde egpaar vertel van angsoomblikke, nadat hulle deur groep gewapende mans by huis beroof is
Dankbaar hulle lewe Deur Andries van Zyl
Wat vir die 82-jarige oom Frikkie Knoetze die ergste was, was toe die gewapende mans die 81-jarige tannie Lettie, sy vrou, na buite dwing en hy nie geweet het of hy haar weer lewend gaan sien nie. Die gewapende roof by die Knoetze-egpaar se familiebesigheid, Marlene’s Kwekery in Louis Trichardt, het Saterdag, 28 Februarie, vir beide skok en woede gesorg. Die nagmerrie het ongeveer kwart voor een die middag begin ontvou. Oom Frikkie en tannie Lettie het buite hul woonhuis, aan die agterkant van die kwekery, saam met hul dogter Alice (61) en dié se man, Pieter Oosthuizen (65), gekuier. Meteens het hulle gille van hul arbeiders in die kwekery gehoor. Onmiddellik het hulle besef dat daar groot moeilikheid is. Tannie Lettie, Alice en die huishulp het die huis in gevlug. Binne sekondes was ‘n groep van vier of vyf gewapende mans egter by die sekuriteitshekkie wat die huis en kwekery skei. Dié het hulle oopgekry en oom Frikkie en Pieter is beveel om op hul mae te lê. “Jy is magteloos ... Wat kan jy doen as drie 9mm-pistole op jou gerig is!?” het ‘n steeds getraumatiseerde oom Frikkie Maandag aan die Zoutpansberger gesê. Eweneens was tannie Lettie steeds baie ontsteld en emosioneel oor die aanval. Soos wat tannie Lettie-hulle die
huis in gevlug het, het hulle die kombuis-, gang- en kamerdeur, waar hulle gaan skuil het, gesluit. Die gewapende aanvallers, almal in hul twintigs, het die kombuisdeur oopgeskop, waarna hulle oom Frikkie, Pieter en al die kwekery se arbeiders die huis in geboender het. Soos wat hulle deur die huis beweeg het, het die rowers die een na die ander deur oopgebreek – tot in die kamer waar tannie Lettie-hulle geskuil het. In die kamer, tot oom Frikkie se benoudheid, het twee van die mans vir tannie Lettie gegryp en haar teruggeneem na die kwekery, waar sy die kluis moes oopsluit. Ook in die kamer het die drama voortgeduur, waar hulle vir Alice gedwing het om die kluis in die huis oop te sluit. Daaruit het hulle geld en oom Frikkie se handwapen gesteel. Dit was duidelik dat die aanvallers geweet het van die twee kluise. “Die hele tyd was die mans met selfone in kontak met mekaar,” sê oom Frikkie. Hulle was baie aggressief en het Engels, Venda en Sotho gepraat. “Daar was een wat die hele tyd vir my pa gesê het: Old man, I am going to shoot you!” sê oom Frikkie se seun, Franna. Hy was uitstedig ten tye van die aanval. In ‘n poging om die situasie te ontlont, het Pieter deurlopend die mans probeer kalmeer. “Hy het vir die mans gesê: ‘Ons het nog geld, bring net eers die ou vrou terug’. Met dié het die een ‘n oproep gemaak en kort daarna het hulle tannie Lettie teruggebring,” sê
oom Frikkie. By die kamer teruggekom, het die een man tannie Lettie so hard met sy pistool se kolf teen die kop geslaan dat sy op die bed neergeval het. Ook Alice is teen die kop geslaan. “Hulle het baie tyd gehad en was seker ‘n halfuur met ons besig. Hulle
Lettie is egter toegelaat om op die bed te lê. “Dit was toe dat die een man sê: ‘Let’s shoot them!’ “ sê oom Frikkie. Genadiglik was een van die aanvallers egter baie meer beleefd gewees. “Ek vermoed hy was die leier. (Vervolg op p. 2)
Oom Frikkie (82) en tannie Lettie Knoetze (81) van Marlene’s Kwekery in Louis Trichardt wat verlede Saterdag die slagoffers was van ‘n geweldadige gewapende roof by die kwekery. Tannie Lettie se beserings was Maandag nog duidelik sigbaar. Weens die trauma van die aanval is daar besluit om onmiddelik, na 35 jaar van diens, die kwekery te sluit. “‘n Mens se lewe is egter meer werd as ‘n kwekery. Dank die liewe Vader Hy was by ons,” sê oom Frikkie.
2009 Mercedes Benz S63 AMG with Rear entertainment,
102 President Street Louis Trichardt 0920
Navigation, PDC, Xenons, S/Roof, 51 500km
R699 995
het geweet wat hulle doen en het sommer so in een beweging jou beursie en juwele van jou afgevat,” sê oom Frikkie. Ná wat soos ‘n ewigheid gevoel het, is almal in die kamer beveel om op die vloer te gaan lê, nadat hulle met cable ties vasgebind is. Oom Frikkie en tannie
HAMMANN
Tel: (015) 516 1427 Fax: (015) 516 1160
PROPERTIES
E-mail: hammannc@vodamail.co.za
Spacious luxurious family home
in sought after neighbourhood.
PRICE AVAILABLE ON REQUEST
*excl. on the road fee
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175 ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
9 772409 283001
09
CAREL HAMMANN 082 923 1620 Ad designed by Zoutnet Publishers