Zoutpansberger 31 May 2013

Page 10

ZOUTPANSBERGER

10 31 May 2013 Deur Linda van der Westhuizen

Kleuters leer “nee!” sê

“Die eerste ding wat jy moet doen wanneer iemand jou aanraak en dit laat jou ongemaklik voel, is om so hard as wat jy kan ‘nee’ te skreeu,” het kleuters in Makhado (Louis Trichardt) gehoor tydens die nasionale kinderbeskermingsweek, wat van 28 Mei tot 3 Junie strek. Hier is me. Lizelle Hagenmeier, maatskaplike werker van die CMR (regs voor) en me. Friede Bruwer, maatskaplike werker van die SAVF, besig om met kleuters van die Smurfie Dagsorgsentrum te praat. Relay For Life

Nuwe lede word dringend benodig

115 KROGH STREET – LOUIS TRICHARDT TEL: 015 516 6308 – FAX: 015 516 6328 ENQUIRIES: ANDRE – 082 926 7313 IVAN – 079 882 6114

Die Cansa Relay For Life bestuur in Makhado (Louis Trichardt) is dringend op soek na nog nuwe lede wat op die bestuur vir 2014 wil dien. Persone wat graag wil betrokke raak, word versoek om so spoedig moontlik met mnr. Dirk Meissenheimer in verbinding te tree. Hy kan geskakel word by tel. 082 789 3927. “Kom ons maak van Relay 2014 weer ‘n groot sukses en ons wys dat ons omgee vir alle survivors en ander wat kanker het,” sê Meissenheimer.

Hoewel “nee” sekerlik ‘n gunsteling woord van baie kleuters is, is daar een area in hul lewe waar hulle pertinent geleer moet word om “nee” te sê. “Die eerste ding wat jy moet doen wanneer iemand jou aanraak en dit laat jou ongemaklik voel, is om so hard as wat jy kan ‘nee’ te skreeu,” het kleuters in Makhado (Louis Trichardt) gehoor tydens die nasionale kinderbeskermingsweek wat van 28 Mei tot 3 Junie strek. Die tweede stap is om weg te hardloop en die derde stap om vir jou ouers of juffrou te vertel dat daardie persoon “iets doen waarvan ek nie hou nie en ek wil hê dit moet stop”. Die plaaslike Christelike Maatskaplike Raad (CMR) en Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se kantore het saamgewerk om vier kleuterskole te besoek. Dinsdag is die Smurfie Dagsorg- en Naskoolsentrum besoek deur me. Friede Bruwer, maatskaplike werker van die SAVF, mnr. Frans Manyama (maatskaplike werkstudent van die SAVF), me. Lizelle Hagenmeier, maatskaplike werker van die CMR en me. Darél Thompson van die CMR. Die kleuters het groot-oog geluister hoe die twee poppe, Suzy en Mary, met mekaar praat en dit uiteindelik uitkom dat Suzy aangesê is deur ‘n man om die “geheim” te hou dat hy haar onbetaamlik aanraak en dat al wat sy wil hê is dat dit

moet stop. Die kleuters het geleer dat daar “goeie aanraking”, soos die liefdevolle aanraking van jou ouers is, en “slegte aanraking” soos aanraking op die dele wat deur jou swemklere bedek word. Hulle het ook geleer dat daar “goeie geheime” is, soos ‘n present wat ‘n verrassing vir jou maatjie is en “slegte geheime” soos in Suzy se geval. Verder het hulle ‘n liedjie geleer, “My body belongs to me”, verversings gekry asook ‘n gebreide handpoppie vir elkeen. “Die handpoppies is deur vroue in die dorp vir ons gebrei,” sê me. Bruwer. “Al is die kinders klein, moet hulle hierdie dinge van jongs af weet, want in vandag se lewe…” sê die Smurfies se juffrou, me. Leoan Dell. By die skole wat besoek is, is die personeel gevra om moontlike gevalle na die maatskaplike werkers te verwys. Volgens die mediese navorsingsraad is die skatting wêreldwyd dat 7 tot 37% meisies en 5 tot 10% seuns deur seksuele misbruik geraak word. In SuidAfrika het een uit elke ses gevalle van chroniese seksuele misbruik te doen met ‘n meisie jonger as 12 jaar. Die gevolge van seksuele misbruik by kinders is ernstig en dit kan lei tot post-traumatiese stres, depressie, selfmoordneigings en ontoepaslike seksuele gedrag.

Dinsdae is blykbaar wasdae in Landdrosstraat in Makhado (Louis Trichardt) en hopelik word daar Woensdae gestryk. Ondernemings in dié straat kan maar net die kop skud, want week na week was iemand ‘n hele sokkerspan se uitrustings en hang dit dan oor die Makhado SAPS parkeerarea se heining om droog te word. “Dit is lekker om hier te bly; mens kan doen net wat jy wil,” het ‘n leser opgemerk wat die koerant gebel het oor dié nuwe “publieke” wasgoedlyn. KENNISGEWING VAN DIE DMH SE ERKENNING (AANVAARDING) VAN AANSOEKE OM MYNREG MOPANE PROJEK Aansoeke en Applikante: CoAL of Africa Beperk (“CoAL’’) en Rothe Investments (Edms.) Bpk. (“Rothe”), gesamentlike eienaars van MbeuYashu, stel u hiermee in kennis dat aansoeke om mynreg aan die Departement van Mineralehulpbronne gerig is en dat die Departement die aansoeke erken het (administratiewe aanvaarding). Die Mopane Projek bestaan uit die eiendomme wat hieronder gelys is en Aansoeke om Mynreg is vir elkeen van die groep eiendomme (wat per Prospekteerreg gehou word) gerig. Daar word in die vooruitsig gestel dat hierdie regte kragtens Artikel 11 en 102 van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum Hulpbronne, 2002 (Wet 28 van 2002) in ’n enkele Mynreg vir die Mopane Projek oorgedra en gekonsolideer sal word. Ligging: Die Mopane Projek is 40 km (soos die kraai vlieg) of 63 km (padlangs) noord van die dorp Makhado en 7 km wes van Mopane in die Musina en Makhado Plaaslike Munisipale gebiede in Limpopo se Vhembe Distrik geleë. Kennis geskied hiermee van Aansoeke om Mynreg wat ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum Hulpbronne (MPRDA) ingedien en erken (aanvaar) is. Beskrywing van Eiendomme: PROSPEKTEERREG MAATSKAPPY PLAAS LP30/5/1/2/2/10035MR Regulus Investment Mons 557MS Holdings (Edms.) Bpk. Stubbs 558MS LP30/5/1/2/2/10034MR CoAL of Africa Beperk Ancaster 501MS Cavan 508MS Cohen 591MS Jutland 536MS LP30/5/1/2/2/10033MR CoAL of Africa Beperk Voorburg 503MS LP30/5/1/2/2/10029MR Kwezi Mining Bierman 559MS Exploration (Edms.) Du Toit 563MS Bpk. Faure 562MS Hermanus 533MS Otto 560MS (Nou Honeymoon)

LP30/5/1/2/2/10036MR Kwezi Mining Exploration (Edms.) Bpk. LP30/5/1/2/2/10030MR Kwezi Mining Exploration (Edms.) Bpk. LP30/5/1/2/2/10031MR Kwezi Mining Exploration (Edms.) Bpk. LP30/5/1/2/2/10032MR Chapudi Coal (Edms.) Bpk.

GEDEELTE Alle gedeeltes Alle gedeeltes Alle gedeeltes Alle gedeeltes Alle gedeeltes Alle gedeeltes Alle gedeeltes Alle gedeeltes Restant Alle gedeeltes Alle gedeeltes Restant

Pretorius 531MS Restant, Gedeelte 1 Verdun 535MS Restant Ursa Minor 551MS Alle gedeeltes Vera 815MS

Scheveningen 500MS Banff 502MS Delft 499MS Krige 495MS Schalk 542MS

Gedeelte 1, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, Restant van Gedeelte 10, Gedeelte 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 26, 27, 29, 30, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 44, 45, 46, 48, 49, 50, 51, 52, 54 Alle gedeeltes Alle gedeeltes Restant, Gedeelte 1, Gedeelte 2 Alle gedeeltes Alle gedeeltes

Geleentheid vir deelname: MbeuYashu nooi Belangstellende en Geaffekteerde Partye (B&GP’s) uit om hul kommentaar rakende die projek op of voor 12 Junie 2013 in te dien. Tree asseblief in verbinding met die Openbare Deelnamekantoor ten einde ’n Agtergrondinligtingsdokument te bekom, wat reeds aan geregistreerde B&GP’s gestuur is. Vir meer inligting, tree in verbinding met Carien Joubert of Lizinda Dickson, Naledi Development, Posbus 13509, Sinoville, 0129. Tel: 012 543 9093, Faks: 086 236 1672, E-pos: coal.gsp@gmail.com


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.