(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 LEXMARK WIRELESS 4-IN-1 YOU PRINTER SAVE SCANNER R500 FAX COPIER
NOW ONLY
499
R
99
(015) 516 1535/6/7 Fax: 516 1786 DSTV MULTICHOICE DECODER PLUS DISH PLUS BRACKET PLUS LNB PLUS SMART YOUR WORLD OF CARD ENTERTAINMENT! 140 CHANNELS OF VIDEO / AUDIO ENTERTAINMENT
30 September 2011
www.zoutnet.co.za
PRYS: R3,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Legal action looms due to MM’s failure to act - page 2
Streek se paaie eis 22 lewens in slegs 24 uur - bladsy 3
Jaargang 27 Vol. 38
Conditions apply
R
YOU SAVE R300 NOW ONLY
29999
Inwoners nou keelvol vir lawaaimakers - bladsy 4
Polisie bevestig ondersoek, maar soek steeds na lyk van man wat vermoedelik ná aanranding dood is
Sakeman en polisie haaks Deur Isabel Venter
Die voormalige polisiehoof van Limpopo, luitenant-generaal Amon Mashigo, moes verlede week ingryp toe ‘n welbekende sakeman van Louis Trichardt in die Makhado Polisiestasie se aanhoudingselle toegesluit is. Mashigo se intrede het gevolg nadat plaaslike polisiebeamptes glo geweier het om Martinus Jacobus Oosthuyse (47), beter bekend as Inus, vry te laat ten spyte van ‘n Hooggeregshofbevel. Daar is ook sprake dat polisiemanne rassisties opgetree het teenoor Oosthuyse se regsverteenwoordigers
Inus se seun, Tinus (2 4), wat Dinsdag in die hof verskyn het.
toe dié probeer het om borg vir hom te reël. Oosthuyse moes verlede Don derdag die nag agter tralies deurbring, nadat hy na bewering die reg in eie hande geneem het en drie Zimbab wiese mans, wat hy vermoed het by sy besigheid ingebreek het, agter sy bakkie vasgemaak en oor die grond gesleep het. Daar is sprake dat dié drie mans ook aan ‘n boom vasgebind is en met pype aangerand is. Vier van Oosthuyse se werkers en sy seun, Tinus (24), is ook later in verband met die beweerde voorval in hegtenis geneem. Volgens Oosthuyse se prokureur, me. Steffie van der Westhuizen, het haar kliënt se drama verlede Don derdag begin. Die ondersoekbeampte in die saak het hom glo geskakel en gevra hy moet inkom omdat “iemand ‘n klag van aanranding teen hom gelê het.” Met sy aankoms by die polisiestasie is Oosthuyse glo summier gearresteer en in die aanhoudingselle geboender. Dit was teen ongeveer 18:00 gewees. Teen 22:00 het Van der Westhuizen vergeefs probeer om borg vas te stel en is sy toegang tot Oosthuyse ge weier. Daar is toe ooreengekom dat Oosthuyse die volgende dag na die hof gebring sal word vir ‘n formele borgaansoek. Van hierdie ooreenkoms het daar egter niks gekom nie. Teen 12:00 die volgende dag het nog Oosthuyse, nog enige van sy werkers in die hof
verskyn. Dit het Van der Westhuizen genoop om inderhaas aansoek te doen by die Noord-Gautengse Hooggeregs hof in Pretoria vir ‘n hofbevel vir Oosthuyse se vrylating. Ten spyte van dié bevel is Oost huyse eers Vrydag om 22:45 vryge laat, nadat Mashigo die stasie beveel het om hom te laat gaan. “Die beamptes in die aanklag kantoor het in my gesig gelag en die bevel op die grond neergegooi,” het Van der Westhuizen gesê. Een polisiebeampte het glo so ver gegaan om vir die advokaat te skreeu dat hy ‘n “f#^%king white racist” is. Oosthuyse en sy vier werkers, Rodger Chikadzi, Gift Machipisa, David Mapiye en Gilbert Sikhokho Muthelo, het Maandag in die hof ver skyn op klagte van poging tot moord, ontvoering en aanranding. Die polisie het nie borg teengestaan nie en Oost huyse se borg is vasgestel op R1 000. As deel van sy borgvoorwaardes mag hy geen kontak hê met enige staatsge tuies nie. Die polisie se versoek dat hy twee keer ‘n week by die stasie moet aanmeld en sy paspoort inhandig, is deur die hof van die hand gewys. Dit nadat die hof bevind het hy is nie ‘n vlugrisiko nie. Tinus het Dinsdag in die hof ver skyn op dieselfde klagte as sy pa. Hy is ook R1 000 borg toegestaan. Die ander vier beskuldigdes se borg aansoek is uitgestel tot Vrydag, 30 September. (Vervolg op p. 3)
2004 MERCEDES BENZ CLK320 AMG
R279 995
Check out our website www.ayobmotors.co.za Hussain: 083 378 6000
Kontak Esmé Mostert vir meer inligting by 083 265 4288
Die 47-jarige Martinus Jacobus Oosthuyse.