28 Augustus 2015 - Zoutpansberger

Page 1

View as PDF

Share Download the pdf version of the newspaper.

View full screen

Zoutpansberger

28 Augustus 2015

Click anywhere on the www.zoutnet.co.za page to zoom PRYS: R4,00 BTW Ing. in. Click again to zoom out

Jaargang 31 Vol. 34

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

Working day ends in tragedy for employees - page 3

Pool project to count as another blunder? - page 2

Digtersbloed in haar are - bladsy 6

Gelukkig om te leef “Ek het blykbaar baie gebloei ... maar al wat ek kan onthou, is stemme om my in die ambulans”

Deur Isabel Venter

“Al wat ek kan onthou is toe ek in die hospitaal wakker word.” Só vertel die 23-jarige Anthony Vorster vanuit die Zoutpansberg Privaathospitaal waar hy tans aansterk. Hy was Maandag op pad met sy motorfiets, toe hy op die

hoek van Kort- en Jeppestraat in Louis Trichardt in ‘n botsing betrokke was. “Ek kan nie eens onthou dat ek deur die lug getrek het nie,” het Anthony vertel. Vriende wat by die kruising stilgehou het en die ongeluk gesien gebeur het, het dit later aan hom vertel. Volgens die vriende was Anthony besig

om suid te ry in Kortstraat toe ‘n man in ‘n silwer Toyota Avanza voor hom ingedraai het. Hulle het die bestuurder glo hoor sê dat Anthony skielik vanuit die niet voor hom ingery het. Die polisie ondersoek nog die voorval. “Ek het blykbaar baie gebloei ... maar al wat ek kan onthou, is stemme om my

Tweede motorfietsongeluk in twee weke

in die ambulans, en toe’s ek in die hospitaal,” het Anthony verder vertel. Die baie bloed was afkomstig van ‘n diep sny in sy linkerdy. Hy het ook baie snye aan sy gesig opgedoen toe die impak van die ongeluk sy helmet afgeruk het. “Ek dink dit is van die hou teen my kop wat ek gekry het dat ek niks kan onthou nie,” het Anthony gesê. Behalwe vir dié beserings het Anthony ook sy regterheupbeen gebreek en moes hy Dinsdag ‘n operasie ondergaan om die skade te herstel. “As dit nie vir die helmet was nie dink ek nie ek sou dit gemaak het nie.” Vir Anthony is die ergste om afgeboek te wees, omdat hy sopas by sy nuwe werk begin het. Hy

bedank graag die ambulans-tannie, Maud Myburgh, wat vinnig op die toneel was om te help en hom na die hospitaal vervoer het, die personeel en dokters by die hospitaal wat hom gestabiliseer en gehelp het, die Soutpansberg Dorpswag vir hul bystand op die toneel en al sy vriende en familie vir hulle bemoedigende boodskappe. Dit is die tweede motorfietsongeluk in twee weke in Louis Trichardt. Op Woensdagoggend, 19 Augustus, is ‘n Graad 12-leerling van Hoërskool Louis Trichardt, Herman Heinlein, ernstig beseer toe hy met sy motorfiets in ‘n botsing met ‘n voertuig betrokke was, bykans reg voor die skool se ingang.

Anthony Vorster se motorfietswrak, afgeneem op die ongelukstoneel Maandagoggend.

Anthony Vorster (23) sterk tans aan in die Zoutpansberg Privaathospitaal.

2012 BMW 320i M/Sport A/C, P/S, CD, 62 800km

R299 995 *excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175 ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

34

9 772409 283001

KFC Louis Trichardt

Cnr Songozwi & Burger Str, Louis Trichardt (015) 516 4014

KFC Musina

Limpopo Building, N1 Musina (015) 534 0444

KFC Elim

Hubyeni Shopping Centre, Cnr R578 & R528, Elim


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.