Merry Christmas
Deur Andries van Zyl Met Kersfees om die draai is ‘n ouerpaar van Louis Trichardt in rou gedompel nadat ‘n fratsongeluk die lewe van hulle dogter geëis het te midde van die voortslepende beurtkrag. Die 33-jarige Anel Heinlein is Saterdagaand, 17 Desember, kort ná 21:00 doodgeskok toe sy gegaan het om haar kragopwekker af te skakel na beurtkrag.
“Dit was so skielik. Ons het nooit gedink dat ons die jaar so gaan eindig nie,” het bedroefde ouers Frans en Lerina Maandag gesê.
Vir Frans is die dood van sy dogter veral moeilik om te verwerk. Hy het op sy kind se liggaam afgekom. “Jy weet, om op jou kind af te kom en jy kan haar nie weer terugbring nie, laat jou so magteloos voel. Daardie besef haar tyd op aarde is verby,” het Frans gesê.
Vir die familie lê ‘n bitter moeilike tydperk voor terwyl ander feesvier. “Dit raak beter, maar dit bly maar swaar. Ons het so baie familie in twee jaar se tyd verloor. Ons [hy en Lerina] het albei ons ouers verloor in die Covid tyd. So ook my oom en haar niggie. Dit alles kan ‘n mens nog in ‘n mate verwerk, maar hierdie een het ons hard geslaan,” het Frans gesê. Maar te midde van die hartseer hou die familie vas aan die geloof. “Jy moet maar net by jou geloof bly. Glo daar is ‘n doel, al het jy nie die antwoorde nie,” het Frans gesê.
Anel is op 22 November 1989 in die Louis Trichardt Gedenkhospi-
taal gebore. Sy het haar skoolloopbaan by Laerskool – en Hoërskool Louis Trichardt onderskeidelik (matriek 2007) voltooi, waarna sy haar N3 in toerisme verwerf het. Ná sowat ‘n jaar in die toerisme bedryf het sy egter besluit om ‘n ander loopbaanrigting te soek en het op 19-jarige ouderdom by Sheldon & Prinsloo in Louis Trichardt as ontvangsdame aangesluit.
“Op die ou einde van die dag het sy haar senior boekhouer kwalifikasie deur Unisa by Sheldon & Prinsloo verwerf,” het Frans gesê
Anel was vroeërjare baie betrokke by die plaaslike Cansa-tak, waar sy op hulle bestuur gedien en gereeld pasiënte besoek het. Sy was ook aktief betrokke by die Bosveld Jagtersvereniging (BJV) vir baie jare, onder meer as sekretaresse by die BJV se hoofkantoor. Sy was lief vir die natuur en jag. Ten tye van haar dood was sy ook ‘n bestuurslid van die Louis Trichardt Dierebeskermingsvereniging.
“Sy was ‘n betrokke mens gewees en het altyd ‘n oop hart gehad. Sy het albei ons ouers versorg tot met hulle dood,” onthou Frans.
Baie sal Anel onthou vir haar groot hart. “Sy was baie liefdevol gewees, met ‘n goeie hart. Sy wou altyd almal help en sy het baie mense gehelp. Sy het nooit daarvoor iets terug gevra nie. Haar lewe wat sy gelei het, was ‘n doodgewone lewe,” het Frans gesê.
Anel was ook ‘n groot kerkmens gewees as lidmaat van die Hervormende Kerk en het naby aan haar
Skepper gelewe. “Almal sê mos as jy dood is, jy was ‘n goeie mens. Maar sy was ‘n goeie mens,” het Frans gesê.
‘n Roudiens word eerskomende Vrydag, 23 Desember, om 10:00 vir wyle Anel vanuit die Hervormde Kerk op Louis Trichardt gehou. Sy word oorleef deur haar ouers Frans en Lerina, broer Herman, skoonsuster Jessica en broerskind Hardus, vir wie sy ongelooflik lief was. Die familie het hulle opregte dank uitgespreek teenoor die gemeenskap van Louis Trichardt en omstreke vir hulle bystand en woorde van vertroosting. ‘n Spesiale woord van dank het gegaan aan Barend Lombard en sy kollega van Defendum, wat die aand op die toneel gehelp het, die ambulansdiens van die Light of Life hospitaal in Rissikstraat, Leon Koen en Chantelle en Ena Viviers.
Intussen stroom huldeblyke en medelye met die familie van oral in. Onder hulle was die personeel van Sheldon & Prinsloo. “Anel het op 19-jarige ouderdom by Sheldon & Prinsloo begin werk. Sy het haarself opgewerk en was ons regterhand in alles wat nodig was. Sy was nie net ‘n werknemer nie, sy was deel van ons familie. Al ons kliënte het haar geken. Altyd ‘n laggie en empatie met almal om haar. Sy het haar merk gelos wat nooit uitgevee kan word nie. Ons is almal baie lief vir haar en sal haar nooit vergeet nie. Ons mis haar klaar,” skryf Frederik en Elize Eloff, André Prinsloo en al die personeel.
Zoutpansberger News with an independent soul 23 Desember 2022 www.zoutpansberger.co.za PRYS: R5,00 BTW Ing. Jaargang 38 Vol.01 Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8 9 772409 283001 01 ISSN 2409-2835 Audited Distribution Figures e-mail: elektries@pdotto.co.za 24 HOUR CALL CENTRE: 083 251 8139 PD OTTO ELEKTRIES We buy YOUR containers! OurStoreswillbeclosedfrom00:00on25th December 2022&willreopenat06:30on26th December2022. Thankyouforallyourcontinuedsupportthroughoutthe year,wetrulyappreciateitfromthebottomofourhearts. WishingyouallaMerryChristmas&aProsperousNew year FromallofushereatKFC Fratsongeluk eis vrou
Wyle Anel Heinlein (33). Foto verskaf.
This is the last edition for 2022. Our offices are closed from 21 December 2022 and will re-open for business on 9 January 2023
People can also send someone money through the Post Office this Christmas
costs means that many breadwinners will not be able to return home to their families this Christmas. The Post Office therefore offers a solution for them to at least send some extra funds home at a particularly cost-effective rate. The service is available to and from Lesotho, Zimbabwe, Botswana, Nigeria, Mauritius, Kenya, Tanzania, Uganda, Malawi, Mozambique and eSwatini.
All post offices in South Africa offer this service, and the money can be collected at any post office in the destination country. The transferred funds become available on the same day.
The service is offered through the Universal Post Union and is managed by the International Financial System, a system that automates the processing and management of international money orders. The system complies with exchange regulations.
Commission on money sent to Lesotho, Zimbabwe, Botswana, Nigeria, Mauritius, Kenya, Tanzania, Uganda, Malawi, Mozambique and eSwatini is as follows:
Up to R500: R50; R500.01 to R999.99: R75; R1000 to R1999.99: R92; and R2000 to R5000: R115.
The recipient is not charged when the sender uses the SA Post office to send money.
Before sending money to another country, the sender has to show an identity document or passport, as well as proof of residence. (Issued by the South African Post Office).
Beminde predikantspaar vier 66 geseënde jare saam
Deur Pétria de Vaal
Die bekende predikantspaar Koos en Regina van Rooy het op 15 Desember 2022 hulle 66ste huweliksherdenking gevier. Hulle is te Ventersburg in die huwelik bevestig deur ds. Jacs van Rooy (oom Koos se pa). Aan die einde van 1956 het Koos op Siloam begin werk as sendeling van die Gereformeerde Kerk.
Elsje, hulle dogter, noem dat haar pa vertel dat hulle hul wittebrood naby Fouriesburg in die Vrystaat deurgebring het. Hulle was arm en het die boer (mnr. Roos) gevra of hulle op sy plaas kon kamp. Hy het toe met pale ‘n raamwerk gemaak en vir hulle ‘n bokseil daaroor gegooi. Dit was langs ‘n rivier en hulle het ook sommer in die rivier geswem, want geen badkamer was beskikbaar nie. Boonop was dit Desembermaand en dit het baie gereën.
“My ma en pa was nog altyd avonturiers wat nie geskroom het om die onbekende wêreld in te vaar nie - veral as dit in belang van die kerk van die Here was,” sê Elsje.
Vier kinders (Annerooy, Elsje, Jacs en At) is uit die huwelik gebore en almal het aan die Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Die egpaar is ook skatryk, met 11 kleinkinders en ses agterkleinkinders. “Hulle bly nou in ‘n woonstel langs ons op die plaas. My pa preek nog soms - soos eerskomende Sondag sal hy DV die Kersdiens waarneem in die Gereformeerde Kerk
Third book for well-known local author
By Pétria de Vaal
By this time, readers of the Zoutpansberger have become familiar with the successes of the Pakkiree couple. Roshini has not been idle. She tackled the writing of her third book. Roshini is well known for the two books that she has already published, namely: A Life Altered – my journey from tears to hope and Pieces of Us – how our marriage healed from the loss of a child.
“My third book is called “Reflections of Faith,” Roshini mentions. “I wrote this book to share some life-changing events of my life that helped to shape and encourage my faith. My reasons for sharing my life’s experience is to show people that we all have a journey to live and fulfil. No matter what experiences we have, later in lifeas we evolve and start to reflect on our life - we see the reasons for the series of events that may prepare us for life’s challenges. Throughout my life’s journey, that is exactly what transpired. I look back and see that I was unknowingly being equipped with the tools I needed to live on. These are the tools I needed in order to handle what challenges life was going to throw at me. In my book, I show how I was being prepared for the major tragedy in my life. It is by no means everyone’s journey, but it is my truth and my reflections of how I developed and strengthened my faith in the Almighty,” shares Roshini.
The book is currently at the publishers, waiting to be printed. Roshini is very excited about this and reveals that she will be doing a book launch in Johannesburg. “The dates and the
venue will follow via social media,” Roshini says. The book was published by Blu Lotis publishers and edited by Dr Heeren Ranchod.
2 ZOUTPANSBERGER, 23 DECEMBER 2022 MAKHADO CARE GROUP IS A NON PROFIT ORGANISATION WHICH ASSISTS WITH THE CARE OF CANCER PATIENTS IN THE MAKHADO AREA CONTACT DETAILS: Dr Casper Venter: 082 857 0022 Dr Emil Gaigher: 082 892 8862 Jernay Mcleod: 083 403 5752 Angela Brennan: 082 902 6271
Although Eltivillas residents in Louis Trichardt are overjoyed with their newly rebuilt and tarred parking area at the Eltivillas shopping complex, not all work seems to have been done correctly. As part of the revamp, the storm-water drainage systems were opened up and unblocked after years of neglect. The heavy rains of the past week, however, highlighted problems. As can be seen in this photo, the storm-water drainage system “failed”, causing water to dam up and even push into some shops on Saturday. Paving removed to clear the storm-water drains has also not been replaced in some spots, causing a muddy mess. Photo supplied.
Notice
Many families in neighbouring countries are supported by breadwinners who work in South Africa and who send money home to support them. The huge increase in transport
Koos en Regina van Rooy, wat op 15 Desember 2022 hulle 66ste huweliksherdenking gevier het. Foto verskaf.
Louis Trichardt. Hy lei ook die weeklikse Bybelstudiegroep vir die seniors in die kerk. My ouers geniet goeie gesondheid en kan hulleself nog besig hou met hulle stokperdjies, soos byvoorbeeld lees, rose en proteas,” voeg Elsje by.
Die Van Rooy-egpaar op hul troudag. Foto verskaf.
The cover of local author Roshini Pakkiree’s third book, Reflections of Faith. Image supplied.
“Her passion for her family, loved ones and friends was unmatched”
Tribute
The Louis Trichardt SPCA is also reeling from the sad news of the passing of one of their beloved members, Anel Heinlein, who passed away on Saturday.
Anel joined the local SPCA committee in 2019 and she became part of their family. “How can we ever understand why someone is wrenched from this life so suddenly? But we are grateful for the last day we were given together,” said Alicia Thomas of the local SPCA.
Anel joined the SPCA team on their annual Christmas outreach on Friday, 16 December, which would become her penultimate sunrise.
“We spent the morning serving our community by tending to the most vulnerable souls - animals living in rural villages. That evening we came together for the committee’s year-end function. We chatted, laughed, shared a meal, stories and music. Little did we know how grateful we would be for the time we had with her,” said Thomas.
Thomas said Anel was an example to them all. “Her passion for her family, loved ones and friends was unmatched, and she always made sure they knew they were loved. She made everyone around her feel special, she was a giver and her greatest excitement was when she could shower others with gifts,” said Thomas. Another passion of hers, added Thomas, was her two four-legged ‘kids’ Jessie and Snippie, but she also had a great love for all other animals too and that passion is what drew her to our SPCA.
“We were so blessed the days our paths crossed. Our deepest condolences to her family, who were always her first priority. You are such a close-knit family and we cannot even try to comprehend the scale of your loss, but please know that we share in your heartache. Anel will be sorely missed,” said Thomas. She expressed the hope that Anel’s family will find some peace in the memory of her and the amazing stories people will tell about her in years to come, in the cherished memories of an extraordinary human, daughter, a sister, aunt, friend and colleague.
“Oom Frans and tannie Lerina, you can be so incredibly proud of the woman you raised. She was an example to us all, loyal, compassionate, loving, honourable and a true friend,” said Thomas on behalf of the whole SPCA team.
RIP our dearest Anel.
Your life was a blessing, your memory a treasure.
You are loved beyond words… And will be missed beyond measure.
Twee in hof ná hoenderporsies verdwyn
Hofnuus
Twee personeellede van Soutpansberg Koelkamers op Louis Trichardt het Maandag, 19 Desember, in die plaaslike landdroshof verskyn, nadat hulle verlede Donderdag, 15
Desember, op klagte van diefstal gearresteer is.
Die 34-jarige Shannon Venter en 43-jarige David Makhani word daarvan beskuldig dat hulle ekstra palette hoenderprodukte (waarvoor die maatskappy bekend is) gelaai het vir verkoop wat nie op die besigheid se amptelike bestelvorms gereflekteer het nie. Venter, die maatskappy se versendingbestuurder, en Makhani, ‘n vragmotorbestuurder by die maatskappy, het na bewering saamgewerk.
Makhani is verlede Donderdag gearresteer, nadat lede van die polisie die vragmotor waarvan hy mede-bestuurder was, net buite Louis Trichardt afgetrek het. Twee ekstra palette hoenderporsies is in die vragmotor gevind. Aanvanklik is die bestuurder van die vragmotor ook gearresteer, maar die klagte teen hom is teruggetrek, nadat aan die lig gekom het dat hy blykbaar onbewus was van wat aangaan. Venter is ná Makhani se arrestasie ook gearresteer. In totaal hou die klagte teen hulle verband met vorige beweerde diefstalle van palette hoenders ter waarde van sowat R60 000.
Beide Venter en Makhani is Maandag borg van R5 000 toegestaan, wat hulle betaal het. Hulle saak is uitgestel na 17 Januarie 2023.
ZOUTPANSBERGER, 23 DESEMBER 2022 3 Let us do your campaign → 9 800 printed copies weekly → 63 400 social media followers → Over 57 000 page views weekly* * Google analytic stats for October 2022 for www.zoutpansberger.co.za, www.limpopomirror.co.za and www.zoutnet.co.za show 230 185 page views and 117 147 users Contact us TODAY to book your Back to School campaign George: 082 419 2359 Khathu: 071 188 5055 Graphics by Want to SELL? List your property with us HAMMANN PROPERTIES Property is our Business, call us! Carel Hammann Cell: 082 923 1620 E-mail: property@hmlegal.co.za Anton de Necker Cell: 084 704 8426 E-mail: admin2@hmlegal.co.za Visit our website: www.hmprop.co.za Adjacent to N1 / Corner Stand Erf size – 1972 sqm 3x 2 Bedroom units (Rental income) Lapa (Possible 4th rental conversion) 3 Phase Electricity 2x Carport 501m² Open area N1 - INVESTMENT PROPERTY R 2 950 000-00 LOUIS TRICHARDT N1 Ideally located along the N1 close to busy intersection N1 TO LET - STORAGE UNITS (Louis Trichardt) • Affordable • Easy access • Safe &Secure 54m² (9.0m x 6.0m) - R2500-00 p/m 21m² (3.5m x 6.0m) - R1000-00 p/m
Pictured during the Louis Trichardt SPCA’s annual Christmas outreach to rural villages on Friday, 16 December, is Anel (back third from left) with fellow SPCA members and volunteers. Photo supplied.
Anel spent her Friday serving the community by tending to the most vulnerable souls - animals living in rural villages. This was during the Louis Trichardt SPCA’s annual Christmas outreach. Photo supplied.
Die twee ekstra palette hoenderporsies in Soutpansberg Koelkamers se afleweringstrok waarvoor die 34-jarige Shannon Venter en 43-jarige David Makhani gearresteer is. Foto: Limpopo SAPD.
Death toll rises amidst bloody weekend carnage
Road Safety
Motorists in the Soutpansberg are urged to be extra vigilant when traveling, following a spate of serious and fatal accidents on the region’s roads the past week since the official start of the December holidays.
As traffic volumes increased, severe traffic congestion started taking place along the N1 north from the Baobab Tollgate to the Beitbridge Border Post on Saturday. The situation caused provincial traffic and road traffic management corporation officers to be deployed in the area to monitor and manage the situation to ensure the free flow of traffic.
Although motorists in the area were advised to exercise patience, a fatal vehicle accident in the Soutpansberg mountain pass early Saturday morning caused traffic in both directions to pile up for kilometres, forcing motorists to take a more than 50km detour via the Witvlag Road through Nzhelele to get back on the N1 again.
The carnage on the region’s roads continued that same day, with news that a horrific crash along the R37 in the Capricorn District had caused the death of seven women. The women were all traveling in a minibus taxi that collided with a truck. Law-enforcement officers at the scene cited reckless driving as a possible cause of the crash.
Following this accident, the Limpopo MEC for Transport and Community Safety, Florence Radzilani, sent condolences to the bereaved fam-
ilies and wished those injured a speedy recovery. “To receive such news during festive holidays is heart breaking. I can’t begin to imagine what the families of the deceased have to endure. May they find strength to get through this difficult time,” said Radzilani. She also continued by pleading with motorists to obey the rules of the road, so that everyone can arrive alive at their respective destinations.
Sadly, the bad news was to continue with another fatal accident claiming the lives of six people near the Lalapanzi Hotel along the N1 just south of Louis Trichardt at about 21:00 on Sunday, 18 December.
A light motor vehicle collided head-on with a light delivery vehicle after allegedly overtaking across a barrier line. Four women and two men were declared dead at the scene. Four other people who sustained injuries were transported to nearby health facilities for medical attention.
Again, law-enforcement officers at the scene cited reckless driving as possible cause of the crash.
Radzilani again sent her condolences to the bereaved families of the deceased. “This has been a bloody weekend on our roads. Our hearts are heavy. People have lost lives in different kinds of vehicles and others while walking,” said Radzilani. She again called on road users to never get tired of heeding the call to always obey the rules of the road. “Let us be mindful of the decisions we take on the road and their impact on others before we act,” said Radzilani.
4 ZOUTPANSBERGER, 23 DECEMBER 2022
The carnage on the region’s roads continued on Saturday, with news that a horrific crash along the R37 in the Capricorn District had caused the death of seven women. The seven women were all traveling in a minibus taxi that collided with a truck. Photo supplied.
A fatal vehicle accident in the Soutpansberg mountain pass early Saturday morning caused traffic in both directions to pile up for kilometres, forcing motorists to take a more than 50km detour via the Witvlag Road through Nzhelele to get back on the N1 again. Photo supplied.
The
of the
Book your advertising early January to get the best possible deal. BEAT the PRICE INCREASE Contact George at 082 419 2359 or Khathu at 071 188 5055 of 2023! Industria Road, (Next to All Power) 083 452 1646 Derik Prinsloo Tel: 015 516 6269 Tel: 015 495 1624 Air conditioner specials for summer! 55 Commercial Rd, Louis Trichardt Paper, Stationery, Cartridges, Stamps Face shields & hand sanitizers now available Keeping the lights on! Since 2000 082 498 1484 c/o Rissik & President Street, Shop No. 7 Tel: 015 516 4913 / 060 980 0944 HIGH QUALITYBATTERIES Where customers become friends Piggyback trailer to let • Contact: 015 516 1248 Kontak Johan/Tinus:015 516 1248 / 6655 / JC: 071 884 7711 GEARBOX AND ENGINE OVERHAUL All your businesses on one page usiness irectory bb
As traffic volumes increased, severe traffic congestion started taking place along the N1 north, from the Baobab Tollgate to the Beitbridge Border Post on Saturday. Photo supplied.
scene
fatal vehicle accident near the Lalapanzi Hotel along the N1 just south of Louis Trichardt on Sunday evening that left six people dead. Photo supplied.
ZOUTPANSBERGER, 23 DESEMBER 2022 5 CURRENTLY UP FOR ADOPTION AT SPCA LOUIS TRICHARDT Contact Insp Lawrence Khodobo Cell 082 965 5151• Follow SPCA Louis Trichardt on Facebook Dario Male Borris Male Penny Female Kiara Female Luna-Belle Female Olive Female Cutest cats & kittens Plenty of puppies
Tel: 015 516 4996 16 Rissik St. - Tel: 015 516 5221 2023 kalender kry joune nou! R100 elk Bestel en kry jou kalender by Leach Printers. Kontak 015 516 5221 vir bestellings.
In an effort to help build blood stocks for the December holidays, the South African National Blood Service (SANBS) held their annual “Jail & Bail” blood drive on Wednesday, 14 December. Their target was to collect 70 units of blood and they ended up collecting 68 units. For this, the staff of the SANBS in Louis Trichardt thanked all who participated. Pictured are some of the “jail & bail” donors, including Percy Anderson and his wife Helena (above), Johan Kirsten (top left), Reverend Jan Pretorius (middle left) and inspector Lawrence Khodobo (left bottom) of the local SPCA. Photos supplied.
6 ZOUTPANSBERGER, 23 DECEMBER 2022
Ladies Circle 4 in Louis Trichardt inducted their newest members, Tanya van der Merwe and Leigh McGaffin, on 16 December. Pictured during the induction ceremony are (from left to right) Riana Otto (Ladies Circle national vice-president and Ladies Circle 4 treasurer), Leigh, Tanya, Tania Botha (Ladies Circle 4 vice chair) and Cherise Hamman (Ladies Circle 4 chair). Photo supplied.
CMR hopeful for a blessed new year
The CMR Louis Trichardt Centre of Hope writes:
We would like to take this opportunity to express our sincerest gratitude to the stakeholders and community members of Louis Trichardt
and Musina for their financial support and assistance during the year 2022.
This organisation could not have achieved our goals and objectives without your contributions and greatly appreciates it. We hope that you will continue
to provide your support to the CMR in 2023 in positively changing the lives of the most vulnerable in our communities.
We wish you all a Merry Christmas and a prosperous new year.
Retirement community thankful for support
The residents of the Laat Lente and Herfsakker retirement community in Louis Trichardt write:
We would like to thank the sponsors who helped us in 2022. We are all grateful for all you do for us, even when times are hard. A special thanks to the Zoutpansberger newspaper, Sasko Bakery and Limpopo Dairy. We thank also Feed the Hungry, Ons Tuiste, Bergcare, Dirk Booysen, Nardus Stegman, Abhai and Pazul Desai, the Patels and other anonymous donors.
“Kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as slagoffer, om te luister, beter as die vet van ramme.” 1 Samuel 15:22.
Saul het kant gekies vir sy ou natuur, teen God. Dit is ‘n uiters subtiele vorm van selfbedrog en niemand behalwe die Heilige Gees kan ons die ware posisie laat besef nie. Maar dit was omdat die Gees van Saul gewyk het dat hy nie kon sien waar hy verkeerd gegaan het nie.
“Ek het gesondig,” sê hy, maar hy het dit nie so erg gevoel nie. Daar was geen waaragtige berou nie, want hy kon sy dade nog goedpraat.
“Want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die Here u God te offer.” Hy kon homself regverdig, want heilig die doel dan nie die middele nie? Hy het die beeste en kleinvee gespaar om ‘n offer te bring. Hy maak van sy godsdiens ‘n dekmantel om sy ongehoorsaamheid te verberg.
Net so klem ons soms nog vas aan wat tog moet weg, maar vind talryke verskonings vir die behoud daarvan.
Gelukkig dat daar mense is wat ons teengaan. Samuel het hom nie maklik laat bluf nie en vra Saul na die geblêr van die kleinvee en die gebulk van die beste.
Hierdie keer het Saul die blaam op die manskappe gelê. Ja, sondebokke sal altyd gevind word, maar om te kom tot belydenis van sonde, is swaar. Dit is toe dat hierdie woorde uitgespreek is: Gehoorsaamheid is beter as offerande!
Ons is geneig om offers van tyd en kragte aan God te bring, en dan onsself te troos dat ons verskoon kan word van allerlei sondes. Die enigste reg wat ons voor God kan beoefen, is die reg van gehoorsaamheid. Daar is geen reg van ‘n private oordeel hoe ons Hom sal dien nie.
- Ds.
Pos Parkrunner Gender Age Group Time
1 Keagan TRUTER Male VM20-24 22:08
2 Jani BADENHORST Female SW20-24 24:50
3 Brian PELI Male VM55-59 26:15
4 Hendrik BADENHORST Female SW20-24 29:26 5 Kathy TUCKER Female VM65-69 33:50
6 Deborah SCHEEPERS Female VW50-54 34:30
063 168 9851.
Regs: Die Soutpansberg Muurbalklub het Dinsdag, 13 Desember, hulle klubkampioenskappe afgehandel. Erik Welman (links) het sy nommer 1 possisie suksesvol verdedig, met Ryno Gerber (regs) as naaswenner. Die kampioenskappe is erg belemmer deur beurtkrag en beserings. Die vroue kampioenskappe kon nie voltooi word nie as gevolg van beserings. Die klub se fasiliteite is gedurende die feestyd beskikbaar en spelers is welkom om te speel. Die 2022 Algemene Jaarvergadering en verkiesing van die 2023 komitee sal op Dinsdag, 17 Januarie 2023, gehou word. Foto verskaf.
KERN & DEKKER INC
Published by Zoutnet CC, trading as Zoutpansberger and printed by D Brits, Jeppe Street 1, Louis Trichardt.
POSTAL ADDRESS / POSADRES PO Box / Posbus 1680, Louis Trichardt, 0920
TELEPHONE / TELEFOON: Louis Trichardt: (015) 516 4996/7 Louis Trichardt fax (015) 516 2303
E-MAIL / E-POS:
Advertising / Advertensies: luandi@zoutnet.co.za Editor / Redakteur: anton@zoutnet.co.za Administrative / Administratief: anton@zoutnet.co.za Website / Webtuiste: http://www.zoutnet.co.za
NEWS / NUUS: News Editor / Nuusredakteur: Andries van Zyl (015) 516 4996/7 news@zoutnet.co.za Reporter / Verslaggewer Denise van Bergen 072 034 7467 denise@zoutnet.co.za
Likwidasie en Distribusierekening in die administrasie van bestorwe boedels: MARTHA LOUISA SUSANNA PAUER
ID No: 410731 0018 089
VAN : Forestry Street, Louis Trichardt Meester Verwysing : 00451/2022
Meester Kantoor : Thohoyandou Magistraat Kantoor : Louis Trichardt
Ingevolge Artikel 35 (5) van Wet 66 van 1965 word hierby kennis gegee dat duplikate van die Likwidasie- en Distribusierekening (eerste en finale, tensy ander vermeld,) in die boedel hieronder vermeld, in die kantore van die Meester en Landros soos vermeld en gedurende ‘n tydperk van 21 dae (of langer indien spesiaal vermeld) vanaf gemelde datums of vanaf datum van publikasie hiervan, as dit later is, ter insae lê vir alle persone wat daarby belang het. Indien binne genoemde tydperk geen besware daarteen by die betrokke Meester ingedien word nie, gaan die Eksekuteur oor tot die uitbetaling ingevolge gemelde rekening.
Naam en adres van Eksekuteur/ Administrateur van die boedel
ME. LOUISE DEKKER P/A KERN, DEKKER & MUTHEVHULI ING, 105 Krogh Straat, Posbus 25, Louis Trichardt, 0920 REF: L DEKKER/IR/A16901
KENNISGEWING
VAN ARTIKEL 29(1) VAN WET NO 66 VAN 1965
BOEDEL WYLE OTHILIA SUSANNA SCHUTTE
ID No: 380617 0043 084
Laaste Adres: Barnardstraat 12, Louis Trichardt, 0920 Datum van Afsterwe: 202211-20
BOEDELNOMMER: 2493/2022
(THOHOYANDOU)
Krediteure en debiteure word hiermee versoek om hulle eise in te dien en hulle skulde te betaal binne ‘n tydperk van 30 (DERTIG) dae gereken van datum van verskyning van hierdie advertensie af.
GEMAGTIGDE AGENT: C VENTER, COXWELL, STEYN, VISE & NAUDÉ ING, Songozwistraat 31, Posbus 52, Louis Trichardt, 0920
E-POS: legal4@csvn.co.za TEL: (015) 516 0116 FAKS: (015) 516 3055
VERW: C VENTER/ZW/ SCH179/1
complaint@asasa.org.za
Hierdie
whatever your pace!
For more info & results just scan this QR Code:
ZOUTPANSBERGER, 23 DESEMBER 2022 7 LET WEL
ZOUT CLASSIFIEDS Zoutpansberger * Geklassifiseerd en blok advertensies: Dinsdae 14:00 * Kleur advertensies: Maandae 16:00 INDEPENDENT PUBLISHERS © All rights of reproduction of all articles, advertisements and all other material published in this newspaper are hereby distinctly reserved in compliance with Article 12(7) of the Copyright Act. Alle regte van reproduksie van alle berigte, foto’s, advertensies en alle ander materiaal wat in hierdie koerant gepubliseer word, word hiermee uitdruklik voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12(7) van die Wet op Outeursregte en wysigings daarvan.
publication subscribes to the South
Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the standards set in the Code, please feel free to contact the editor at the numbers provided
Complaints about advertisements are handled by
Complaints must
Audited Distribution Figures
is ons laaste uitgawe vir 2022. Ons kantoor sluit die 21ste Desember 2022 en open weer op die 9de Januarie 2023. Ons wil al ons kliënte en lesers bedank vir jul getroue ondersteunige gedurende die jaar. Mag julle ‘n geseënde Kersfees saam met geliefdes en vriende hê en mag 2023 voorspoedig wees.
Zoutpansberger
African
above.
the Advertising Standards Authority of South Africa (ASA).
be directed to the ASA at Willowview, Burnside Island Office Park, 410 Jan Smuts Avenue, Craighall Park, Johannesburg or PO Box 41555, Craighall, 2024. Fax: (011) 781 1616 E-mail:
DISTRIBUTION / VERSPREIDING
newspaper is distributed by
regarding distribution
372 9029 LTT PARKRUN STATISTICS 2022 • Number of events: 90 • Finishers: 742 • Average number of finishers per week: 43.7 • Average finish time: 00:42:12 • Female record holder : Donna GREYLING - Time: 21:19 (04/01/20) • Male record holder : Livhalani MUDAU - Time: 16:16 (10/09/22) Results: parkrun #88 - 17/12/2022 LOUIS TRICHARDT Every Saturday at 7:00am What is Louis Trichardt parkrun? A free, fun, and friendly weekly 5km community event. Walk, jog, run, volunteer or spectate – it’s up to you! Every Saturday at
Where is it? The event
Louis
Tree Sanctuary, Limpopo Tourism Info
of
cost
join
free!
ADVERTISING / ADVERTENSIES: George Janse van Rensburg 082 419 2359 Khathutshelo Mamuha 071 188 5055 Classified/Legal Notices: (015) 516 4996/7
: The
Deon Brits. Any queries
can be directed to Deon at 063
8:00am
takes place at
Trichardt
Centre, Corner
Songozwi Street and N1. What does it
to
in? Nothing - it’s
but please register before your first run. Only ever register with parkrun once. Don’t forget to bring a printed copy of your barcode (request a reminder). If you forget it, you won’t get a time. How fast do I have to be? We all run for our own enjoyment. Please come along and join in
COXWELL STEYN
VISE & NAUDE ING
IN TERME
Johan Marais (Louis Trichardt Baptistekerk)
Ek is ... die Weg, die Waarheid en die Lewe
The Soutpansberg Junior Squash Training group, which forms part of the Limpopo Junior Squash Development, had their final training session on Wednesday, 14 December, at the Soutpansberg Squash Club. The training kit is sponsored by Limpopo for the junior programme. Being part of this group allows you to play in Limpopo events, get a Limpopo shirt and also makes you eligible to be elected for the Limpopo team. There are coaching days, development days and tours to other clubs that will greatly benefit you if you become
a member. For more information, contact Erik Welman
Photo supplied.
God Bless and may you and your families have a Merry Christmas and a prosperous New Year.
Gemeenskap herdenk 1838 Gelofte
Die Schoemansdal Geloftefeesterrein is oudergewoonte deur heelwat mense op 16 Desember besoek. Die tema vanjaar was: “Met hoopvolle verwagting”. Abrie Wepener, voorsitter van die Geloftefeeskomitee, het tydens die opening enkele gedeeltes uit Deuteronomium 23 en Prediker 5 voorgelees.
‘n Perdekommando, onder leiding van Casper en Wynand Wolvaardt, het gearriveer met die Gelofte en die voorsitter het dit in ontvangs geneem. Hierna is dit voorgelees en herbevestig.
Die vlaghysingseremonie van die Voortrekkervlag is behartig deur Fanie Havinga en sy seun, Carel. Die geskiedenis hiervan is baie interessant. Wepener het vertel dat hierdie vlag oorspronklik die vlag van die Hertog van Boergondië was – ‘n rooi oorhoekse St. Andrews kruis op ‘n blou agtergrond. Die historiese Boergondië strek tans oor gebiede van die huidige Frankryk en Switserland. Hierdie vlag is moontlik deur die Franse Hugenote na Suid-Afrika gebring en het ook as die Kruisvlag bekendgestaan. Dit het later ook as die “Voortrekker-“, “Potgieter-“ en “Schoemanvlag” bekendgestaan. Wepener het vertel dat bewerings gemaak word dat die naam “Boer” van die staat Boergondië afkomstig is.
Vanjaar was die 105de jaar wat die Geloftefeesvieringe op die terrein van Schoemansdal plaasgevind het, nadat J.R. van Breda in 1916 op die gedagte gekom het. Op 16 Desember 1917 is die eerste Geloftefees te Schoemansdal gehou en is deur meer as 2 000 mense bygewoon. Kolonel Hendrik Mentz, destydse Minister van Lande, was die feesredenaar.
Die dag se verrigtinge is voortgesit deur die Geloftediens, wat waargeneem is deur Ds. Ronnie van Niekerk van die Veritas Gemeenskapskerk in Louis Trichardt. Die diens se tema was: “Beleef God se genade as die grondslag vir sy reddingshandelinge.”
Die teksgedeelte wat voorgehou is, kom uit Daniël 3:1 tot 30. Die sentrale boodskap was duidelik. Ds. Van Niekerk het gesê: “Geliefdes, ons moet verstaan dat God se dade van redding net genade is, daar is nie ‘n formule dat as ons dit of dat doen, God altyd sal red nie. Deur die eeue het God baie mense gered, maar Hy red nie altyd in alle omstandighede nie.”
Hy het ook sy boodskap saamgevat dat geen uitverkiesing by Bloedrivier plaasgevind het nie of selfs dat ‘n Goddelike bevestiging dat die Boere of Afrikaners op enige manier spesiaal in God se oë was nie. Inteendeel, die Gelofte beteken dat die volk van die Gelofte nederig en op hulle knieë voor die Here moet bly, en vashou aan die versekering dat, soos God in die verlede gered het, Hy vandag en môre steeds sal red.
Ná die diens is kranse op Andries Hendrik Potgieter se graf gelê: eers deur dr. Fred Badenhorst en sy vrou Beanca – namens die gemeenskap van die Soutpansberg; deur Rosetta en Riana Otto – namens die Voor-
trekkers en Fanie en Elanie Havinga namens die Soutpansberg Distrikslandbou-unie.
Oom Piet en tannie Martie Bezuidenhout het namens die Hervormde Kerk ‘n krans op mev. Van Warmelo se graf gelê. Josina van Warmelo was die weduwee van die eerste predikant van Schoemansdal, ds. N.J. van Warmelo. Sy is onverwags op die ouderdom van 29 jaar oorlede.
‘n Hoogtepunt van hierdie dag is wanneer kinders blomstele op ongemerkte grafte gaan neerlê. Vanjaar was geen uitsondering nie.
Mev. Martie Rossouw, tans onderwyseres by Hoërskool Louis Trichardt, het die feesrede gevoer en haar uitstekend van haar taak gekwyt. Feesgangers is nie slegs herinner aan die Gelofte wat die Slag van Bloedrivier voorafgegaan het nie, maar ook aan onder meer die Van Riebeeckgelofte (6 April 1654) asook die Paardekraalgelofte (Desember 1880).
Rossouw het verwys na die agteruitgang van ons land, die verval van infrastruktuur en die benarde posisie waarin die land verkeer. Hoewel dit ‘n groot bekommernis is, is die agteruitgang van die geestelike lewe van baie mense ’n groterwordende kwelling. “Hoe hartseer is dit nie om te aanskou hoe ons mense deur die stroom van afvalligheid meegesleur word nie?” is een van die vrae wat deur Rossouw gevra is.
Haar sentrale tema was tóg een van hoop. “Beproewinge sal daar altyd wees, maar die boodskap van hoop bly eggo deur die eeue, want ’n Kind is vir ons gebore en Hy is geroep om ons, sy kinders, uit die slawehuis van die sonde te lei.” Rossouw het afgesluit met die opdrag van die Gelofte: “dat ons aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel - tot nagedagtenisook vir die opkomende geslagte.”
8 ZOUTPANSBERGER, 23 DECEMBER 2022 Tel: (015) 516 5175/6/7 • Yassin Ayob: 078 678 6200 • www.ayobmotors.co.za • Sales: Nimesh: 076 352 2244 EXCL. ON THE ROAD FEE • T&C’ s APPLY • E.&O.E. R1 999 995 4 500km 2021 BMW M3 Competition R459 995 2019 BMW 1 series 120D 5-door M sport 73 000km R389 995 2018 Mini Hatch Cooper S Hatch 47 000km R1 549 995 2016 Range Rover Autobiography SDV8 R1 019 995 2017 Porsche 718 Caman S Auto 37 000km R949 995 2019 BMW X3 43 000km R699 995 2015 Land Rover Range 75 000km Wishing all my clients a Merry Christmas and a prosperous New Year NEW CRUNCH COLLECTIVE Ts&Csapply.Imagesforillustrativepurposesonly.Whilestockslast. Permeal3990Crunchburger Smlchips Smlnosugardrink
Piet en Martie Bezuidenhout by mev. Van Warmelo se graf.
Deur Pétria de Vaal
Dr. Fred en Beanca Badenhorst by die graf van A.H. Potgieter.
Die perdekommando oorhandig die Gelofte aan die voorsitter van die Geloftefeeskomitee.
Mev. Martie Rossouw, tans onderwyseres by Hoërskool Louis Trichardt, het die feesrede gelewer.
Carel en Fanie Havinga hys die Voortrekkervlag.