Zoutpansberger 20 August 2021

Page 1

Z

outpansberger

20 August 2021

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

2015 Ferrari 458 Italia 14 700km

R3 949 995 www.ayobmotors.co.za

Jaargang 37 Vol.33

Nog ‘n week van hartseer vir streek en sy mense - Lees binne

*excl. on the road fee

Tel: (015) 516 5175

ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

33

9 772409 283001

Sy lag vir altyd stil Deur Pétria de Vaal Die dorp neem met groot hartseer afskeid van nog een van ons geliefde aptekers, wat op 19 Augustus sou verjaar. Leon Philip Fensham is in 1960 gebore. Hy het in Pretoria grootgeword en het aan die Universiteit van Pretoria Aptekerswese gestudeer. Ná sy weermagopleiding het hy Louis Trichardt toe gekom en was sedertdien by Da Silva Apteek betrokke, waar hy saam met wyle Louis van den Heever aandele besit het. Ses jaar gelede het Leon Louis se aandele uitgekoop. Op 5 Julie het Leon siek geword en is in die Zoutpansberg Privaathospitaal opgeneem. Voordat die Covid-19 toetsuitslae egter bekend was, was hy reeds so ernstig siek dat hy in die MediKliniek in Tzaneen se intensiewesorgeenheid (ISE) opgeneem moes word. Hier was Leon tot en met sy afsterwe op 13 Augustus weens Covid-19 komplikasies. Vir ‘n baie hartseer René, wat vir sewe jaar met Leon getroud was, is die goeie herinneringe blywend. “Hy was ‘n mense-mens, ‘n omgee-mens. Niks was ooit vir hom te veel moeite nie. Sy geselsies en laggies sal altyd onthou word.” Sy vervolg deur te noem dat Leon se kleindogter van twee jaar oud sy trots was. Leon het een seun van sy eie, Christiaan. René het twee seuns, wat Leon as sy eie beskou het. “Hy het reeds só uitgesien na Ruan en Maureen (van der Walt) se troue op 4 September vanjaar en hy sou dit vir niks in die wêreld wou

misloop nie” sê René. René voeg by dat die kleinste dingetjies soos ‘n braai by vriende hom opgewonde gemaak het en hy telkens baie daarna uitgesien het. “Hy was lief daarvoor om met ons karavaan in die Wildtuin te gaan kamp. As Leon ‘n beskikbare tydjie gehad het, het hy graag gaan teikenskiet. Ons wil graag sy vriende bedank, aangesien hulle ‘n groot deel van sy lewe was,” sê René. George Schempers was Leon se boesemvriend. “Leon was iets spesiaals, daar was nie iemand soos hy nie. Ek en

en personeel bedank. Personeellede Esmarié Potgieter, Mariëtte van Blerk, Andani Govhola, Henry Madilindi en Elijah Mabukane bring die volgende huldeblyk: “Leon was ‘n wonderlike mens, hy was altyd daar gewees vir sy personeel en sy kliënte. Hy het uit sy pad gegaan om almal te help. Hy het altyd uit sy maag uit gelag en dit sal vir seker gemis word. Ons was meer ‘n familie as net kollegas. Ons het soveel pret gehad in die apteek. Ons het só lekker saam gelag en ons sal dit almal mis. Leon was ‘n omgee-mens, so vol liefde. Leon sal baie gemis word.” Leon se seun Christiaan skryf: “As ek aan my pa dink, dink ek eerste aan sy lag, hoe moeilik dit vir hom was om stil te sit, die geluid van die SodaStream wanneer ons regmaak om te braai. As ek langer dink, is daar te veel om alles te noem. Hy is prominent in soveel van my gelukkigste herinneringe. Hy was my beste vriend, hy sal altyd wees.” “Ons sal hom onthou vir sy opregtheid en aansteeklike lag, en al die liefde wat hy aan al ons kinders en kleinkind betoon het,” sê Stefan Bezuidenhout, skoondogter Nina en kleindogter Suné. Die kinders wat eersdaags trou, Ruan Bezuidenhout en Maureen, is dit eens dat geen ander woord as die woord “gentleman” vir Leon kan beskryf nie. “Hy was altyd reg met ‘n lekker storie of ‘n grappie in sy mou met die doel om iemand te laat glimlag. Sy aansteeklike lag was die hoogtepunt van elke braai. Hy het diep spore agtergelaat wat geen mens kan volstaan nie,” sê hulle.

Hy was altyd reg met ‘n lekker storie of ‘n grappie in sy mou met die doel om iemand te laat glimlag. Sy aansteeklike lag was die hoogtepunt van elke braai. Hy het diep spore agtergelaat wat geen mens kan volstaan nie” hy het mekaar vir 20 jaar geken. Ons het vir baie jare saam muurbal gespeel. ‘n Meer lojale vriend kon jy nie kry nie. Vir my het dit gevoel of Leon my broer was. Hy het altyd met sy oë gelag. Dit was vir hom vanselfsprekend dat as jy nie iets moois van iemand kan sê nie, dan bly jy liewer stil. Hy het hom dus ook altyd van skinderpraatjies weerhou. Ons gesinne het minstens drie naweke uit ‘n maand by mekaar gebraai, maar dikwels ál die naweke. Nou is dit verby,” sê ‘n bewoë George. René wil ook graag al sy kliënte

Wyle Leon Fensham (60). Foto verskaf.

Ford RANGER

FORD RANGER

2.2 TDCI DOUBLE CAB XL

2.2 TDCI DOUBLE CAB XL

6MT 4X2

M/T

Retail price: R475 600 Deposit: R 0% Guarenateed Future Value: R252 068 Interest Rate: 4.98% Term: 48 Months Monthly installment: R6 599

A/T 4X2

A/T

Retail price: R504 900 Deposit: R 0% Guarenateed Future Value: R264 523 Interest Rate: 6.3% Term: 48 Months Monthly installment: R7 299

Corner N1 and Rissik Street, Louis Trichardt or call us at: 087 223 6151


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Zoutpansberger 20 August 2021 by Zoutnet - Issuu