Z
outpansberger
18 Maart 2022
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Geen vrede vir die wat begraafplaas besoek - bladsy 2
Jaargang 38 Vol.11
082 498 1484 Keeping the lights on Since 2000
Makhado Municipality not keen to revisit VBS ghosts - page 3
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
11
9 772409 283001
Vloede ná stortreën Deur Andries van Zyl ‘n Hewige reënbui het Dinsdagmiddag taamlike konsternasie veroorsaak, veral in Louis Trichardt, waar strate oorstroom is en ‘n winkelsentrum oorspoel is. Kort ná die reënbui het foto’s en video’s op sosiale media platforms soos Facebook en WhatsApp begin verskyn oor die “skade”. Makhado Crossing was een van die plekke wat deurgeloop het, en in talle video’s kan gesien word hoe water die sentrum instroom, terwyl kopers kaalvoet deur die watermassa loop. Soortgelyk het die sentrum in Krugerstraat oorkant die taxi-staanplek oorspoel. Miljoene
liter water kon nie vinnig genoeg dreineer nie en die hele area, insluitend die pad en dele van die taxi-staanplek, is oorspoel. In sommige plekke het voertuie tot by hulle deure in die water gestaan. In die middedorp het talle besighede ook skade gely. Een van hulle was Classic Signs & Printing in die ou Robot Elektries perseel in Kroghstraat. Die eienaar van die besigheid, Nico Esterhuizen, was nie beïndruk nie. Nadat hy vir etlike weke die ongerief moes verduur van herstelwerk aan ‘n gedeelte van die pad voor sy winkel deur die Makhado Munisipaliteit, het die einste “herstelwerk” grootliks daartoe bygedra dat sy perseel oorstroom het. Die padbouers het reg voor sy winkel die pad so ver opgevul dat slegs sowat 1 cm oor was van die randsteen om water na die stormwater-afvoerpyp te dreineer. Niks kon dus Dinsdagmiddag se massas water terughou om die winkel in te stroom nie. (Vervolg op p. 2)
Die winkelsentrum in Krugerstraat oorkant die taxi-staanplek het ook oorspoel. Miljoene liter water kon nie vinnig genoeg dreineer nie en die hele area, insluitend die pad en dele van die taxi-staanplek, is oorspoel. In sommige plekke het voertuie tot by hulle deure in die water gestaan. Foto’s: Facebook.
Makhado Crossing was een van die plekke wat deurgeloop het en in talle video’s kan gesien word hoe water die sentrum instroom, terwyl kopers kaalvoet deur die watermassa loop. Hierdie foto is deur Chuchekani Chuchy op Facebook gedeel oor die vloedwater in die sentrum. Foto verskaf.
RENAULT
DATSUN GO
RENAULT SANDERO
2019 28 950km
2016 86 600km
1.2MID WHITE
R139 900incl
900T STEPWAY WHITE
R139 900incl SINCE 1959