Z
outpansberger
16 Oktober 2020
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Limpopo Melkery die beste genetiese melkkudde in SA - bladsy 2
Jaargang 36 Vol.41
Ná 46 jaar sal Leonie weer kan hoor - bladsy 3
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
41
9 772409 283001
Ring beskuldig Algemene Sinode se Moderatuur dat hulle meedoen aan
Karaktermoord op boere Deur Andries van Zyl Die NG Ring van Louis Trichardt het hulleself die afgelope week sterk uitgespreek oor die dreigen de gewapende en gewelddadige verset oor plaasmoorde wat tans in die land afspeel, maar in ‘n interessante omwenteling het hulle die skuld daarvoor deels voor die deur van die NG Kerk se Algemene Sinode se Moderatuur (ASM) gelê. Die Ring het Dinsdag in ‘n sterk-bewoorde verklaring hulle teleurstelling uitgespreek oor die “verleentheid” wat die ASM hulle nou veroorsaak met uitsprake oor plaasmoorde, en die huidige verset oor plaasmoorde, ná die moord op die jong boer Brendin Horner van Paul Roux. “Uit die kring van die ASM is daar ‘n uitspraak teen die President van die land gemaak dat hy in ‘n morele dilemma oor plaasmoorde sou wees, terwyl in hierdie uitspraak dit die eerste keer was dat uit die kring van ASM erken was dat party plaasmoorde ‘n eiesoortige karakter, anders as gewone misdaad, sou hê,” sê die Ring (Beeld van 28 Julie 2020). Voor dit, sê die Ring, was die eiesoortige karakter van plaasmoorde deur die kerk “doelbewus doodgeswyg met die misplaaste opvatting dat plaasmoorde ‘gewone misdaad’ is. In dieselfde verklaring word die President beskuldig van ‘ontkenning deur veralgemenings.’ Nou is daar sopas weer uit die kring van die ASM die
standpunt gestel dat die meeste plaasmoorde gewone misdaad is, maar dat party uit rasse-woede plaasvind”. Volgens die Ring is hierdie “onbeholpe morele standpunte uit die kring van die ASM, dat die eiesoortigheid van plaasmoorde rasse-woede is” misplaas en gevaarlik vir die landbougemeenskap en die hele land. “Dit is net so goed soos om bende-geweld, taxi-geweld, stamgeweld, die munisipale geweld in landelike gebiede en die geweld van studente-opstande toe te skryf aan rasse-woede. Hierdie misplaaste morele oordeel wys op hoe hierdie saak tot nou binne die kring van die ASM self ontken en vermy is. Iets waarvan die President van ons land nou goedsmoeds uit hierdie kring voor verwyt word,” sê die Ring. Hulle het bygevoeg dat om die werklike eiesoortigheid van plaasmoorde as rasse-woede te veralgemeen, presies net die tipe ontkenning is waarvan die ASM nou die President van beskuldig. “Hierdie veralgemening uit die kring van die ASM vuur rassisme aan en spreek nie die werklike probleem van plaasmoorde aan nie,” sê die Ring. Die Ring sê in hul verklaring dat hulle reeds op 6 Maart 2006 plaasmoorde aangespreek het as strukturele verontmensliking van die landbougemeenskap in ‘n amptelike verklaring. “Strukturele verontmensliking vind plaas deur die regering, besighede, gemeen-
skappe en kerke wat landbouers uitmaak as mense wat hulle plase onwettig beset teenoor die regmatige eienaars. Daardeur is landbouers openbaar gebrandmerk as kriminele wat nie met die reg van die staat, die gemenereg of die kerk se geloof op hul eienaarskap kan aanspraak maak, of om só gerespekteer
te word nie. In hierdie karaktermoord het die regering, besighede, gemeenskappe en kerke, wat die NG Kerk insluit, tot nou toe lustig meegedoen. Nog onlangs is daar uit die kring van die ASM die suggestie gemaak dat die landbouers moet saamwerk as deel van burgerlike versoening met die onteie-
ning van hul plase sonder vergoeding deur die regering,” sê die Ring. Die Ring sê dat hierdie karaktermoord uit alle kringe veroorsaak dat kriminele hulleself die reg toeëien om plaasmoorde te pleeg as ‘n vorm van regstellende aksie. (Vervolg op p. 2)
Totsiens maatjie ... Hulde is verlede Vrydag aan die 6jarige Ryan Burchell gebring tydens ‘n gedenkdiens vir hom by Laerskool Louis Trichardt. Ryan is op 23 Augustus aan kanker oorlede. As deel van die seremonie het sy Graad 0klasmaats proteas by die gedenkmuur geplaas waarom sy naam aangebring is. Lees berig op p.5.