Z
outpansberger
16 April 2021
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Christine Labuschagne (29). Foto: Facebook.
Accreditation No. T182004
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Still no news on abducted Louis Trichardt businessman - page 3
Jaargang 37 Vol.15
Johan en Koben wys hul staal tydens ysterman - bladsy 14
Koos Duvenhage (27). Foto verskaf.
FIREARM TRAINING
Marvelique van der Merwe (20). Foto: Facebook.
Vir enige navrae kontak ons Sanna: 083 291 2889 Cathy: 083 383 6554 ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
Neil Duvenhage (25). Foto: Facebook.
15
9 772409 283001
Zandroux Hibbert (30). Foto: Facebook.
Tonge gons na arrestasies Deur Andries van Zyl
Die arrestasie van vyf van Louis Trichardt se jongmense op klagte wat verband hou met ‘n reeks inbrake by wonings en besighede, onwettige jag en selfs die besit van ‘n gesteelde vuurwapen, het die afgelope week behoorlik tonge aan die gons. Die polisie het verlede Woensdag, 7 April, klopjagte uitgevoer by twee wonings in die dorp in onderskeidelik Hlanganani- en Burgerstraat. Verskeie vermoedelik geteelde goedere is tydens die klopjagte deur die polisie gevind. Dit het gelei tot die arrestasie van ses verdagtes. Hulle is die 27-jarige Koos Duvenhage, 25-jarige Neil Duvenhage, 30-jarige Zandroux Hibbert, 29-jarige Christine Labuschagne, 20-jarige Marvelique van der Merwe, asook die 26-jarige Wonder Jere wie se herkoms onbekend is. Die ses verdagtes het almal Vrydag, 9 April,
in die hof op Louis Trichardt verskyn. Die twee Duvenhages, Hibbert, Labuschagne en Jere het almal verskyn op klagte van inbraak by beide wonings en besighede, een klag van onwettige jag wat verband hou met die skiet van ‘n bees en twee klagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Al vyf van hulle is borg geweier weens ander uitstaande klagte teen van hulle. Van der Merwe is op haar beurt aangekla van die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Sy is die enigste beskuldigde wat Vrydag borg van R1 500 toegestaan is. Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het by navraag die arrestasies bevestig en bygevoeg dat Van der Merwe se saak heel moontlik oorgeplaas gaan word na Musina, aangesien die vuurwapen wat in haar besit gevind is moontlik verbind kan word met ‘n besigheidsroof waartydens sewe ander vuurwapens geroof is. Die motief agter die beweerde misdade word
wyd toegeskryf aan die beskuldigdes se skynbare dwelmverslawing. Dit is hierdie week beaam deur een van die jong mense se ma’s. “Hierdie jong mense steel vir dwelms. Dit is almal kinders wat met dwelms deurmekaar is. Hulle steel nie om kos in die huis te bring nie of enige iets anders nie,” het die ma gesê. Sy het verkies om anoniem te bly uit vrees vir hulle veiligheid. “My kind wil praat, maar is te bang om te praat … ons lewe in hierdie stadium in vrees … ons weet nie wat om te verwag as ons by hierdie hekke uitgaan nie,” het die ma gesê. Sy het verwys na wat die dwelmhandelaars in die dorp moontlik kan doen as een van die jong mense sou “uitpraat”. Volgens die ma is die probleem van dwelms in die dorp en haar eie kind se verslawing nie ‘n nuwe een nie. “Hierdie probleem kom nie van vandag af nie. Tien jaar gelede het ek name en adresse aan die polisie gegee van handelaars. Tot vandag toe is nog nie een van hulle gevang nie,”
beweer die ma. “Dit is maklik om hierdie jong mense te vang wat die diefstalle pleeg. Ek staan nie vir hulle op nie, want hulle was verkeerd. Maar hulle gaan nie ophou steel nie, solank as wat daar nie iets gedoen word aan die dwelmhandelaars nie. Ek sê nie dit wat my kind gedoen het is reg nie, maar soek die groot oorsaak voordat nog kinders en jong mense se lewens geruïneer word,” het die ma gesê. Volgens die ma bevind sy haarself, soos baie ouers wie se kinders met dwelms worstel, in ‘n magtelose situasie. “Dit is nie net slegte ouers wie se kinders op sulke paadjies kom nie. Dit gebeur met goeie ouers se kinders ook. Vir my gaan dit nie nou oor net my eie kind nie, dit gaan vir my oor al die kinders. Ek het hierdie kinders al probeer help. Ek het by kerke gaan smeek, so ook by die polisie – orals – en gevra ‘Mense help asseblief! (Vervolg op p.2)
SINCE 1959