Z
outpansberger
14 Januarie 2022
News with an independent soul
PRYS: R5,00 BTW Ing.
www.zoutpansberger.co.za Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Slange tans baie bedrywig waarsku slangkenner - bladsy 2
Jaargang 38 Vol.02
Unieke erkenning aan bekende bewaringsegpaar - bladsy 3
LEON
KOEN ✆0 ✉LEON 82 899 173 2 KOEN@ LANTI C.NET
DECEM BER FIRE A R M TRAIN SPECI ING A LS AV Contac AILAB t Leon for inf LE o ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
02
9 772409 283001
Student ontsnap uit krok se kake Deur Karla van Zyl Inwoners van die Musina-omgewing is al gewoond aan die snikhete somermaand temperature en vind dit nie vreemd om vinnig in ‘n plaasdam te gaan afkoel nie. Die 25-jarige Prieur Ueckerman het presies hierdie idee gehad, maar sy besluit om te gaan afkoel en bietjie te ontspan het vinnig in vrees verander en byna sy lewe gekos. Te midde van ‘n snikhete dag het Prieur op Maandag, 27 Desember, besluit om sommer bietjie in hul plaasdam op hul plaas in die
Die 25-jarige Prieur Ueckermann, wat homself uit ‘n twee-meter-lange krokodil se kake losbaklei het. Foto verskaf.
Weipe-omgewing te gaan afkoel. Hy was omtrent borshoogte in die dam, toe hy voel iets gryp hom aan die linkerarm. Tot sy ontsteltenis was sy aanvaller ‘n krokodil. Prieur, wat alleen was, het besef hy was in die moeilikheid en het met alle mag en mening probeer om die krokodil [van bykans twee meter lank] se kaak oop te forseer met sy regterhand. Hy het egter gou besef hy voer ‘n verlore stryd. Al wat gebeur het was dat hy die vingers aan sy regterhand teen die krokodil se tande stukkend gesny het. Gelukkig het Prieur kop gehou. Hy het besef dat hy ‘n beter kans op oorlewing sou hê in vlakker water. Hy het die krokodil om die
lyf gevat, styf teen sy lyf vasgedruk en na vlakker water geneem. Met die besef dat hy nie die krokodil se kake sou kon oop forseer nie, het hy sy regterduim in die krokodil se oog gedruk. Met dié het die krokodil sy greep op Prieur se linkerarm gelos. Haastig het Prieur hande-viervoet uit die water probeer klouter, maar die krokodil het hom weer van agter probeer gryp. Die krokodil het hom skrams raakgebyt, maar kon gelukkig nie ‘n goeie greep kry nie en Prieur kon die veiligheid van die oewer bereik. Prieur was erg beseer, met bytwonde aan sy linkerarm en -hand, lae rug en boud, asook snywonde aan sy regterhand. (Vervolg op p.2)
Prieur se erg-beseerde linkerhand, nadat die krokodil hom daaraan gegryp het. Foto verskaf.
Mamma Chantal Strydom moes Woensdag ook maar teen die trane baklei om dogter Mia te troos op haar eerste skooldag in Graad 1 by Laerskool Louis Trichardt.