Z
outpansberger
13 September 2019
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Duplicate charges were yet another mistake - page 3
Jaargang 35 Vol. 36
New contractor appointed to complete N1 ring-road - page 4
Maximum jail time for man who stabs girlfriend 12 times - page 5
Alles byna in puin Deur Andries van Zyl Die Botma-familie van Louis Trichardt het die afgelope naweek byna beide hul besighede verloor vanweë ‘n misterieuse brand. Die familie bedryf NB Feeds en Hiper Steelworks vanaf ‘n huurperseel op die hoek van Klein en Jeppestraat. Volgens eienaar Niel Bot ma moes die brand reeds Saterdagaand op die perseel uitgebreek het, maar hulle het self eers Sondag ná kerk daarvan uitgevind. “Niemand het ons laat weet nie,” het Niel gesê. Alhoewel hulle ‘n alarmstelsel het, het die stelsel geen aanduiding gegee dat daar fout is nie. “Ons het Sondag ná kerk hiernatoe gekom, want Mariska [Niel se vrou] kon nie haar beursie kry nie, en ons het vermoed sy het hom by die werk vergeet,” het Niel gesê. Met hul aankoms by die besigheid het hulle probeer om die alarmstelsel af te sit. “Maar niks het gebeur nie. Ons het toe maar oopgesluit, en dit was toe dat ons die skade sien,” het Niel gesê. Volgens Niel was daar nog ‘n digte rookwolk in die stoor, met die aanvanklike vuur wat nog gesmeul het. “Ons het met ‘n brandblusser en emmers water die res van die smeulende mate riaal geblus,” het Niel gesê. Wonderbaarlik blyk dit dat die brand in ‘n groot mate danksy “eksterne hulp” uitgewoed het. “Ek het orals brandblussers. Wat ons dink gebeur het, is dat een van die brandblussers weens die hitte begin stukkend brand het, toe spuit hy sy inhoud uit. Die vuur moes na regte verder gebrand het, maar dit het nie. Dit het gestop,” het Niel gesê. Met die koerant se besoek aan die perseel Maandagoggend het die brand blusser nog daar gestaan. Die brandblusser was leeg, maar die veiligheidspennetjie was nog nie uitgetrek nie. Op die een kant het daar iets wat lyk soos ‘n bol skuim uitgepeul. “Ek glo dit was daardie brandblusser wat die vuur gekeer het,” het Niel gesê.
Wat ook al die rede was hoekom die vuur homself uitgewoed het, Nielhulle is dankbaar daarvoor want hulle het nie versekering nie. “Gelukkig het die vuur net ons sandblaasruim te afgebrand,” het Niel gesê. Dié afgekampte
gedeelte was geleë in ‘n klein houtkantoortjie in een van die hoeke van die stoor. Niel sê hulle is baie bly daar was nie meer skade nie, ten spyte daarvan dat die vuur in ‘n stadium so intens was dat dit aluminium gesmelt het.
Wat die oorsaak van die brand betref, het Niel gesê hulle is nie seker nie. Die gebou se verse keraar moes nog teen Maandag kom ondersoek instel. (Vervolg vanaf p. 2)
Niel Botma (junior) wat saam met Niel senior Hi-Per Steelworks in Louis Trichardt bedryf, staan tussen die skade wat die naweek deur ‘n vuur by die besigheid veroorsaak is. Gelukkig het die vuur homself “uitgewoed” en het die familie nie alles in die brand verloor nie.
2016 Mercedes Benz E200 AMG Sport
47 800km
R569 995 *excl. on the road fee
www.ayobmotors.co.za Tel: (015) 516 5175 ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
9 772409 283001
36
SPECIAL PRICES VALID FROM 6 - 22 SEPTEMBER 2019 CASH AND CARRY WHILE STOCKS LAST!