10 August 2018 Zoutpansberger

Page 1

Z

outpansberger

10 Augustus 2018

News with an independent soul

www.zoutpansberger.co.za

PRYS: R5,00 BTW Ing.

Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8

The “Spanish lady” and her deadly kisses turns 100 - page 4

Jaargang 33 Vol. 32

Don’t forget to take your cash at the ATM - page 5

Diesel, petrol en Diesel, Petrol en paraffien aflewerings Paraffien aflewerings

T: 015 516 1570

T:F: 015 516 015 5161570 3098 F: 015 516 3098 www.bfgroup.co.za www.bfgroup.co.za

3 Unika Straat, Makhado, Louis Trichardt, Limpopo

3 Unika Straat, Makhado, Louis Trichardt, Limpopo

Tennisklub besig om nuwe baadjie aan te trek - bladsy 10

Angs na skote klap Deur Jo Robinson

Grootskaalse paniek het verlede Woensdag geheers by Makhado Crossing toe verskeie skote afgevuur is tydens ‘n gewapende roof by Pick n Pay. Alhoewel dit nog redelik vroeg in die oggend was, was die sentrum reeds baie besig, met talle pensioenarisse wat onder meer by die OTM’e net voor Pick n Pay se ingang gewag het om hul SASSA-pensioene te trek. Omstreeks 09:00 het ‘n man by Pick n Pay ingestap en homself voorgedoen as ‘n kliënt. Oomblikke later het hy ‘n pistool uitgepluk en ‘n geld-

sak by een van die winkel se vroulike personeellede gegryp. Die man het ‘n skoot in die lug afgevuur en na die agterkant van die winkel gehardloop om by een van die afleweringsdeure uit te kom. Hy het hom egter vasgeloop teen ‘n sekuriteitswag en ‘n worsteling het ontstaan. Nadat die rower nog twee skote afgevuur het, kon hy daarin slaag om uit te hardloop en weg te kom in ‘n silwer Ford ST wat agter die gebou gewag het. “Die man het weggekom met ‘n onbekende bedrag geld en niemand is in die voorval beseer nie,” het plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane kort ná die voorval gesê. Alhoewel niemand seergekry het nie, beteken dit nie dat omstanders nie groot geskrik het nie. Dit was die geval by die nabygeleë Makhado Good Health Apteek, waar assistent aptekers mnre. Taki Mashau en Mpho Mahafha vinnig moes dink. Met die klap van die eerste skoot het hulle onmiddellik die apteek se deure toegepluk. “Ons

het die pensioenarisse by die OTM’e baie jammer gekry, maar dit was nie veilig om ons deure oop te maak vir hulle nie,” het Mashau gesê. “Die arme mense het nie geweet waar om te hardloop nie. Hulle het paniekerig heen en weer gehardloop en van hulle het op die grond neergeslaan in ‘n poging om weg te kom,” het Mashau bygevoeg. Toe het nog twee skote geklap. “Ons het ons deure vir twee-en-‘n-half ure toegesluit gehou, want ons wou seker maak ons kliënte is veilig,” het Mashau gesê. Die gewapende roof sou nie die enigste drama wees wat verlede week by Pick n Pay ontvou het nie. Skaar 24 uur later het personeel die oggend van 2 Augustus opgemerk dat iemand deur die nag by die winkel ingebreek en ‘n groot hoeveelheid kontant uit die kontantkantoor gesteel het. Provinsiale polisiewoordvoerder kol. Moatshe Ngoepe het kort ná die voorval gesê niemand weet hoe die rowers toegang tot die winkel gekry het nie. Tog blyk dit dat die polisie betrou-

bare leidrade gehad het om op te volg, want hulle kon Maandag daarin slaag om twee verdagtes, ‘n 28- en ‘n 30-jarige man, in verband met die inbraak aan te keer. Ngoepe het Dinsdag gesê dat die twee mans op die N1 noord buite Louis Trichardt aangekeer is en dat hulle binnekort in die landdroshof op Louis Trichardt sou verskyn. Op ‘n vraag of die twee mans verbind kan word met die gewapende roof van 1 Augustus, het Ngoepe gesê dat die polisie dit nie in daardie stadium kon bevestig nie, maar dat die moontlikheid deel sou vorm van hulle ondersoek. Teen Woensdagoggend het die twee verdagtes steeds nie in die hof verskyn nie. By navraag oor wanneer die twee mans sou verskyn, het Ngoepe gesê dat die polisie steeds besig was met hul ondersoek ten opsigte van die mans se moontlike betrokkenheid by ander misdade. Volgens hom het hulle hierdie inligting nodig voordat die mans in die hof verskyn, aangesien hulle enige borgaansoek gaan teëstaan.

Mnre. Mpho Mahafha en Taki Mashau, Woensdag afgeneem saam met ‘n kliënt. Hulle het verlede Woensdag hulself in die middel van die gewapende roof by Pick n Pay bevind en moes vinnig dink om hulself en hul kliënte te beskerm.

2009 Mercedes Benz E63 AMG CONNECT WITH US POLOKWANE 015 292 2219

www.carpetdecor.co.za www.carpetdecor.co.za

CONNECT WITH US

www.carpetdecor.co.za

POLOKWANE 015 292 2219 POLOKWANE 015 292 2219 BELA BELA 014 736 2106 BELA BELA 014 736 2106 TZANEEN 015 306 0271 BELA BELA 014 736 2106 FREE QUOTES TZANEEN 015 306 0271

FREE QUOTES 58 686km

CARPETS

R399 995

CARPETS LOOSE WOODEN FLOORS RUGS

& LUXURY VINYL PLANKS

WOOD

POLOKWANE 015 292 2219

LUXURY

RUGS VINYL PLANKS

LAMINATED

WOODBLINDS & WALLPAPER

LUXURY VINYL

NEW

PLANKS TURF

N

BLINDS & WALLPAPER

GRASS CARPETS

*excl. on the road fee

www.ayobmotors.co.za ESTABLISHED IN 1968 ESTABLISHED IN 1968 GUARANTEED WORKMANSHIP

ESTABLISHED IN 1968

Tel: (015) 516 5175 ISSN 2409-2835

Audited Distribution Figures

9 772409 283001

32

ESTABLISHED IN 1968

BELA

FREE QUOTES LOOSE

LAMINATED

CONNECT WITH US TZANEEN 015 306 0271

GUARANTEED WORKMANSHIP


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
10 August 2018 Zoutpansberger by Zoutnet - Issuu