Z
outpansberger
6 September 2019
News with an independent soul
www.zoutpansberger.co.za
PRYS: R5,00 BTW Ing.
Joubertstraat 16B Louis Trichardt TEL: 516 4996/7/8
Johan van Tonder was ‘n steunpilaar van gemeenskap - bladsy 3
Jaargang 35 Vol. 35
Oud-burgemeestersvrou Lallie Moolman oorlede - bladsy 3
Depressie: Moenie wag nie, hulp is beskikbaar - bladsy 5
Dit is chaos! Deur Andries van Zyl
Soortgelyk aan die situasie op die Kaapse Vlakte is daar diegene wat glo dat die weermag ook in die grensdorp Musina ontplooi moet word om die heersende vlaag misdaad hok te slaan. “Die situasie is totaal buite beheer,” het plaaslike prokureur en sakeman mnr. Hennie Erwee aan die Zoutpansberger gesê. Dit nadat een van sy eie personeellede, boekhouer Charmaine Steyn, Maandag net na 08:00 voor die prokureursfirma van etlike duisende rande beroof is deur ‘n groep gewapende mans. Die 51-jarige Steyn vertel self: “Ek het die bank gaan optel by die hotel [Musina Hotel, wat aan Erwee behoort]. Terug by die kantoor het ek gestop en die volgende oomblik het ‘n voertuig agter my ingetrek,” het Steyn gesê. Volgens Steyn was daar drie ongemaskerde mans in die voertuig. Die twee voor in die voertuig het bly sit, terwyl die derde een agter uit die voertuig geklim het. Hy was gewapen. “Hy het baie kalm sy wapen op my gerig en gesê: ‘Gee’. Ek het iets in sy oë gesien dat hy my definitief sou skiet as ek nie my handsak oorhandig nie,” het Steyn gesê. In haar handsak was die hotel se bank, asook lone. Die verdagtes het toe op die vlug geslaan. Volgens Charmaine het sy gehoor dat die polisie blykbaar die voertuig wat in die roof gebruik is gesluit buite Musina gevind het. Volgens haar het die polisie vir haar gesê die voertuig is in Johannesburg gesteel. Alle aanduidings is ook daar dat die roof ‘n “inside job” was. “Die polisie het vir my gesê hulle gaan binnekort arrestasies maak,” het Charmaine gesê. Ná onlangse protesoptrede oor swak polisiëring in Musina in Julie is die stasiebevelvoerder van die Musina polisiestasie vroeg in Augustus vervang. Vir baie is dit egter ‘n geval van te min te laat. “Almal weet dat sigbare polisiëring wêreldwyd die oplossing is,” het Erwee gesê. Volgens hom is dit
duidelik nie die geval in Musina nie en hy is van mening dat die enigste manier om die heersende vlaag geweldsmisdaad hok te slaan sal wees om die weermag in die grensdorp te ontplooi soos op die geweldgeteisterde Kaapse Vlakte in Julie. “Ons sit met ‘n weermagbasis net buite die dorp. Al wat moet gebeur is om die weermag in elke straat te ontplooi. Dan sal die misdaad stop. Al wanneer jy nou die weermag in die strate sien, is wanneer hulle oor maandeinde inkopies kom doen,” het Erwee gesê. Buiten vir Maandagoggend se gewapende roof is daar ook
berig ontvang van ‘n persoon wat blykbaar Dinsdagmiddag in Willem Smitstraat doodgeskiet is, asook van ‘n skietery op ‘n plaaslike sakeman hierdie week. Dit is buiten die skrikwekkende toename in inbrake. “Die Minister van Polisie moet dringend hier uitkom. Die gemeenskap het hom in Julie genooi, maar hy kom nie,” het Erwee gesê. Wat vir Erwee die meeste ontstel, is die absolute astrantheid en brutaliteit wat met die misdaad gepaardgaan. “Hulle probeer nie eers hulle identiteit wegsteek nie en slaan helder oordag toe. Wys jou net die misdadigers se arrogansie. Hulle is glad nie bang vir die polisie
nie,” het Erwee gesê. Hy is van mening dat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat die vlaag geweld oorspoel na Louis Trichardt. Nog ‘n Musina-inwoner wat daadwerklik betrokke is by plaaslike misdaadbekamping, is Hermanus Schoeman, eienaar van ProTrack Sekuriteit en Messina Sekuriteit en Alarms. “Dit is chaos hier,” het Schoeman gesê. Hy sê die vlaag gewapende misdaad het die afgelope paar maande seker ‘n 99% styging getoon. (Vervolg op p. 2)
Aloha! ‘n Feestelike atmosfeer het by Ons Tuiste Ouetehuis in Louis Trichardt geheers met die vier van hulle jaarlikse Lentedag op Woensdag, 4 September. Hierdie jaar se tema was Hawaii en almal het vrolik geglimlag met blommetjies in die hare, selfs die ooms. Afgeneem is ‘n paar van die tehuis se inwoners in hulle vrolike Hawaiise klere. Van links na regs is Joey Knoetze, Kobus Lubbe, Johanna Eyssel, Sonia Scheepers, Rennie Storbeck en Hannetjie Boshoff.
2015 X4 2.0i X-Drive M/ Sport
131 Krogh Street (C/o Krogh & Ruh st) Louis Trichardt 0920 HAMMANN
55 607km
PROPERTIES
R479 995
Carel Hammann 082 923 1620 hammannc@vodamail.co.za
Game fenced. Strong borehole. Sement dam and tank. 50Kva Eskom power. Farmhouse. Kraals for goats/ sheep and chicken runs
*excl. on the road fee
www.ayobmotors.co.za
ISSN 2409-2835
Audited Distribution Figures
9 772409 283001
35
Ad designed by Zoutnet Publishers
Tel: (015) 516 5175
MOPANE 34Ha farm R1 050 000