Circumkwartaal4

Page 28

Matriek0

2016

PIEKNIEK

O

p Maandag, 2 November 2015, het 2016 se matrieks (hierdie jaar se graad 11's) 'n gesellige bymekaarkoms gehou langs die klubhuis (op die A -rugbyveld), in afwagting op hulle laaste jaar van skool. Onder die warm Novemberson, is daar foto's geneem, musiek gespeel, kos en Coke geëet en gedrink, groot groepspeletjies gespeel en nuwe vriendskappe gesmee. Met die onaangename skeiding wat al 'n rukkie tussen die klasse geheers het, is ’n bymekaarkoms gereël sodat

almal hul mede-graad 11’s beter kon leer ken, sodat hulle hul laaste jaar van skool as 'n eenheid sal aanpak. Nie net het die graad 11’s hierdie kuiertjie vreeslik geniet nie, maar hulle was ook verbaas om te sien hoe baie van hul mede-graad 11's hulle nog nooit ontmoet het nie. Na só 'n lekker kuiertjie, is die piekniek mandjies vir volgende jaar vol entoesiasme gepak. Hierdie groep leerders is gereed om saam 2016 hulle jaar te maak!

27 KWARTAAL 4

|

Circum


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.