WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 17
R8
Friday, May 6, 2022
MAY MADNESS GIVEAWAY! Spend R200 and more to stand a chance to win a Speedmaster 500 Lumen light worth
49 Lyell Street (023) 312-3578
R500
Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00
Valid until 21 May ‘22
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 Mei
Vrydag 6 Mei
11° 29°
Saterdag 7 Mei
7° 20°
Sondag 8 Mei
7° 19°
5° 20°
Voortrekkerstr. 17 Ceres 078-766-6268
Ceres Koekedouw dam
65,7%
Chicken Schnitzel bagel @ R69
Lesing: 2022/05/04
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Renosterkalfie gebore NA die tragiese voorval in Desember verlede jaar waarin vyf renosters op Inverdoorn geskiet is, het die personeel van die oord die week trane van blydskap gestort na die geboorte van ‘n nuwe renosterkalfie. Vier wit renosters is tydens dié stropingsvoorval dood en ‘n vyfde een, wat verwagtend was, is sleg gewond en beseer. Searl Derman, Aquilla en Inverdoorn se eienaar, het Maandag 2 Mei bekend gemaak dat ‘n renosterkalfie op 30 April gebore is. Die kalfie se ma, is op 8 Desember in ‘n stropingsvoorval gewond en vir dood agtergelaat. Douw Grobler, bekende veearts, het
Twee lig beseer na bakkie buite Ceres rol DIE afgelope naweek is drie ongelukke in die Ceres-omgewing aangemeld waarin vier mense lig beseer is. Op 29 April het die bestuurder van dié Nissan NP 200 bakkie beheer verloor en die bakkie op die Ceres/Calvinia-pad gerol. Twee persone is lig beseer en na die Ceres hospitaal vir behandeling geneem. Die ongeluk het omstreeks 12:00 plaasgevind.
na die voorval gehelp om die renosterkoei se lewe te red, haar genoegsaam te stabili-seer voordat talle operasies op haar uitgevoer is. Op 30 April het een van die bewaarders op Inverdoorn die kalfie opgemerk waar hy in ‘n aardvark-gat vassit. Hulle het hom uitgehaal en later met sy ma herenig. Dit is toe dat hulle sien dat dit die beseerde renoster se kalfie is. Agtergrond Vyf renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die
stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings. Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhoring. Die saak is na 18 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.
NA die tragiese voorval in Desember verlede jaar waarin vyf renosters op Inverdoorn geskiet is, het die personeel van die oord die week trane van blydskap gestort na die geboorte van ‘n nuwe renosterkalfie.
Valke arresteer daggakweker buite Ceres DIE Valke het verlede Donderdag op ‘n plaas buite Ceres toegeslaan en ‘n man gearresteer vir die onwettige kweek van dagga. Volgens die Valke se Wes-Kaap woordvoerder, Zinzi Hani, is ‘n 42-jarige verdagte op Donderdag 28 April op ‘n plaas in die Onderswaarmoed-omgewing gearresteer vir die onwettige kweek en handel in dagga. Lenloxonolo Mokhoabane het verlede Vrydag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na Donderdag 5 Mei uitgestel vir borginligting. Mokhoabane woon op die plaas Pofadderfontein en bly in aanhouding. Die arrestasie volg nadat inligting opgevolg is en ander daggaklopjagte in die Boland uitgevoer is. Daar is op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.