WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 6
R8
Friday, February 18, 2022
Since 1997
CERES (023) 312-2144
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Februarie
Vrydag 18 Februarie
14° 36°
10° 34°
Saterdag 19 Februarie
11° 32°
Witzenberg Herald
Sondag 20 Februarie
9° 28°
Ceres Koekedouw dam
84%
1997 - 2022 Lesing: 2022/02/16
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Moordverhoor begin in Oktober VIER vermeende moordenaars gaan in Oktobermaand in die Kaapstad hooggeregshof verhoor word weens die moord op ‘n dokter van Tulbagh. Die vier verdagtes, Aiden Abels (28), Andrew Gouws (30), Justin Adonis (30) en Desiree Goeieman (18), het Vrydag 28 Januarie weer in die Kaapstad hooggeregshof in ‘n voorverhoor verskyn - meer as 18 maande na die moord op dr. Roelof Botha. Die saak is tot 3 Oktober uitgestel vir verhoor. Die vier bly in aanhouding. Agtergrond Dr. Botha is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Hy is kort nadat hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind. Die polisie het ook dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het die polisie gaan wys waar die wapen versteek was.
SAPD kry liggaam in veld TULBAGH SAPD het Maandag 14 Februarie omstreeks 08:00 inligting ontvang dat ‘n liggaam, moontlik dié van ‘n vrou, onder ‘n bruggie op die hoofpad tussen Tulbagh en Tulbaghwegkruising (ook bekend as die Stasiepad), gevind is. Met hul aankoms het die polisie ‘n liggaam in ‘n erg ontbinde toestand aangetref. ‘n Nadoodse ondersoek is Dinsdag 15 Februarie gedoen en wag die polisie nou op die DNS-uitslag en forensiese toetse. Die vrou is moontlik daar naby vermoor en haar liggaam onder die bruggie versteek. Volgens die polisie is daar op 25 Januarie ‘n 26-jarige vrou as vermis by hulle aangemeld maar wat nog nie gevind is nie. Die polisie kan ook nog nie bevestig of dit die vermiste vrou is nie alvorens hulle nie die DNS-uitslag en vingerafdrukke terug ontvang nie. * Indien die gemeenskap oor enige verdere inligting beskik wat kan lei tot die arrestasies van die skuldigde/s, kan hulle vir s/sers. Marlon Cupido skakel by 079-894-0192.
DIE vier verdagtes. VLNR: Aiden Abels (27), Justin Adonis (30), Andrew Gouws (30) en Desiree Goeieman (18).
1L Fusion All flavours 599
10kg Sasko cake flour 8999
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 7 Stars Energy drink 599
Itau maize meal 5kg 3950
Heel SNOEK vanaf
R100 elk
Baby Soft Mini’s 4’s toilet paper 1750
Rainbow Chicken 1.5kg 5799
400g Saldanha Pilchards 1799
Pryse geldig 17 - 25 Februarie 2022 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.