GOUDVELD GOLDFIELDS REKORD

Page 1

Goudveld ● Goldfields

MONDAY October 14, 2019 | Welkom | Hennenman | Theunissen | Odendaalsrus | Wesselsbron | Virginia | Ventersburg | Allenridge | Thabong

Reaching for the sky… WELKOM – The 6th round of the National Motor biking Competition took place in Welkom recently. Hundreds attended the event. More photos on Page 5

Goudveld Rekord geloods VANDAG word die Goudveld Rekord geloods nadat 5 plaaslike Rekord koerante saamgevoeg is om die nuwe digitale Streekskoerant te loods. Die besluit is geneem nadat Rekord Media sy sake model aangepas het om by die behoefte van die adverteerder op die platteland in te pas. In die afgelope vyf jaar het verskeie besighede op die platteland hulle

deure gesluit wat die behoefte geskep het vir besighede in naburige dorpe om hulle dienste in die dorpe te adverteer. Vir kerke, skole, klubs en nie winsgewende organisasies is die goeie nuus omrede die area waarin u bydrae nou verskyn duisende meer lesers gaan bereik. ‘n Opname is ook gedoen in die dorpe waar Rekord ‘n koerant uitgee wat aangedui het dat

‘n groot getal lesers in die 5 dorpe aankope in Welkom doen en dus was dit vir ons die logiese keuse om die dorpe om Welkom saam te voeg in ‘n streeks koerant waar adverteerders van Welkom die platform kry om hulle dienste/produkte te adverteer tot voordeel en die gerief van ons lesers. Die koerant slaan ook van ‘n A4 blad formaat na ‘n ponie koerant

(tabliod) formaat oor. Die koerant spog ook met ‘n nuwe meer moderne uitleg en formaat. Nuus inhoud sal nog steeds volgens bydraes van korrespondente, organisasies, klubs en vrywillige bydraes gedoen word. Rekord is bewus dat skole sensitief is oor die plasing van ander skole nuus in hulle dorpe maar ons beleid is om die skole wat nuus beskikbaar stel

aan Rekord vir plasing die blootstelling te gee. Die skuif raak egter nie die 19 koerante se Facebook blad en WhatsApp groepe nie wat nog steeds apart bestuur gaan word. Die koerant sal nog steeds op Maandae verskyn met die sperdatum vir nuus en advertensie Vrydae 17:00.

Kry jou Goudveld Rekord elke week gratis per e.pos! WhatsApp /SMS jou e.pos adres en dorp na 072 757 0514 en ons voeg jou by! Maklik, gerieflik en gratis


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
GOUDVELD GOLDFIELDS REKORD by wesselsbronrekord - Issuu