Kruispad #8

Page 1




Haai julle, Hierdie uitgawe is die laaste van die "Watokal"-temas, en ons sluit dit af met "Watokal . . . die mens, ek sal verkondig". Jesus leer ons self in sy gelykenis van die Barmhartige Samaritaan (Lukas 10) dat daar vir Hom geen onderskeid tussen "soorte" mense is nie. Hy het almal gemaak, en Hy besluit oor elkeen se lot. Ons as kinders moet hierdie selfde liefde vir ALLE mense hê, óók (en eintlik verál) vir die mense wat nie soos ons is nie. Daar is dus geen verskoning vir 'n Christen om ooit hoogmoedig, rassisties of bevooroordeeld te mag wees nie. Hopelik sal hierdie uitgawe ons almal oorreed om introspeksie te doen oor ons siening van ander mense. Ons wil verder baie graag ons nuwe bedryfsredakteur, Tim Theron, op die span verwelkom. Tim, baie welkom! Ons is dankbaar dat God jou na ons toe gestuur het, en dankie dat jy bereid is om vir Kruispad met jou gawes te dien. Van die volgende uitgawe af kan julle begin uitsien na 'n nuwe temareeks. As jy enige idees het, laat weet ons! Nou ja, die wintervakansie is om die draai. Werk lekker hard, sodat jy lekker kan rus! Groete, A3 red_inhoud@kruispad.net

Voorblad: Die evangelie van Jesus Christus is vir elke mens op aarde bedoel – of jy nou pienk of bruin of groen, arm of ryk, bekend of onbekend is, God het jou so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het (Johannes 3:16)!

No. 8

4


No. 8

5


daksie)

brink (Kruispad-re

Anneretha Com

No. 8

6


"Wanneer laas het jy iemand afgeskryf en besluit hy of sy sal nooit verander nie?"

Ken

jy die dapper muis? Hy is baie braaf, 'n volksheld, 'n voorbeeld vir elke lid van die muisspesie. Daar is niks waarvoor hy skrik nie. Awesome. Totdat hy homself vasloop in die KAT (o, genugtig!) en die UIL . . . en die . . . net-nie-dit-nie . . . MUISVALLETJIE! Wat nou? Nou is hy net 'n muis – nie meer 'n DAPPER muis nie. Dalk 'n dooie muis, maar nie meer 'n dapper muis nie. Ken jy die Goeie Christen? Hy het 'n antwoord op elke vraag en 'n Bybelvers vir elke vraagstuk. Hy ken die Heidelbergse Kategismus op die punte van sy vingers en sing die Psalms in die stort. 'n Voorbeeld van 'n regverdige. Maar laat hy homself nou nét vasloop in die (o, net nie dit nie!) GAY. Of die meisie op die hoek van die straat. Of die ou in graad tien wat ELKE naweek uitgaan en ELKE naweek (ja, rêrig – elke naweek!) dronk is. Of die girl in sy klas waarvan al die ouens in die kleedkamer praat omdat sy so "maklik" is. Of Petrus wat in die tuin werk wat elke tweede week "begrafnis" toe wil gaan en geld leen vir die bus. Wat doen hy dán? Hy ken al die Bybelversies – behalwe dié wat gaan oor liefde. En o ja, daai oor die vrug van die Gees kan hy ook nie so mooi onthou nie. Wat nou weer? Liefde, vreugde, vrede, geduld, goedhartigheid, getrouheid . . . 'n boom word geken aan sy vrugte, sê die Woord. En . . . as julle My liefhet, sal julle my gebooie gehoorsaam . . . die mense sal weet dat julle My dissipels is as julle mekaar liefhet. "Maar hulle is SONDAARS!" sê die Fariseër – ag, ek bedoel die Goeie Christen. Hulle verdien om hel toe te gaan. Hulle is anders as óns. Hulle blý saam! (geskok) Ek wil nie in redenasies betrokke raak nie. My godsdiens is 'n persoonlike saak. Ensovoorts. Wat is jóú verskoning? Wie is die ANDER, die HULLE in jóú lewe? Wat is die rede dat jy die beste nuus in die wêreld vir jouself hou? Uit genade is julle gered, deur geloof, sê die Woord. Dit beteken jy was in die diepsee, sonder 'n reddingsgordel of 'n boot. Met die haaie wat rondom jou gesirkel het, al nader. (Selfs al het jy gedink jy is in jou swembad by die huis, besig om rustig op die water te dryf – jy was met of sonder jou medewete op pad uit.) En toe is daar skielik 'n helikopter wat 'n reddingstou na jou toe afgooi. Toe jy weer jou oë uitvee, is jy springlewendig op die strand.

Jy is gered. En daar sien jy toe 'n ander ou wat in die moeilikheid is in die golwe. Die strome is besig om hom al verder van die strand te voer. Ag, dis nie jou saak nie, dink jy, en draai op jou maag om verder te tan. Hy het self daar beland, hy kan self daar uitkom. Is dit wat jy doen? Laat jy elkeen wat besig is om te verdrink in sonde en seer, oor aan hul eie lot? Hulle is mos nie jou tipe mens nie. Hulle is bietjie weird, of dom, of net anders as jy. Is dit wat Jesus doen? Hy het gekom vir die siekes, sê Hy. Vir die sondaars en skynheiliges – soos Saggeus. 'n Man wat ander verkul het, wat gesteel het en sonder enige morele waardes gelewe het. En wat doen Jesus? Hy kuier saam met hom! Hy steek sy hand uit na hierdie ou wat gehaat word deur sy eie mense, 'n man wat al soveel verkeerde keuses gemaak het, soveel drooggemaak het. Hy steek sy hand uit na JOU. Kom na My toe, sê Hy. Jy is moeg, die lewe raak te veel vir jou. Kom, Ek gee rus. Ek neem jou laste op My. Gee vir My jou sonde, jou verkeerde keuses. Daardie een ding wat jy nog vir niemand vertel het nie. Ek weet dit in elk geval. Let it go. Dít is genade. Om die straf wat jy verdien, nie te kry nie. Om, in plaas van die hel, lewe in oorvloed te kry. Wanneer was die laaste keer wat jy gedink het iemand is 'n loser? Wanneer laas het jy iemand afgeskryf en besluit hy of sy sal nooit verander nie? En wanneer was die laaste keer wat jy deur Jesus se oë gekyk het? Die laaste keer wat jy die enigste een was wat nie 'n klip opgetel het om te gooi nie, wat jy die een was wat met 'n stokkie in die grond geskryf het . . . Wat is die boodskap van jou lewe? Veroordeling of vryheid? Wat verkondig jy? Wat ook al die mens. Ten spyte van wie hy is. Ten spyte van wat sy gedoen het of nog steeds doen. Wat ook al die mens, wie ook al en waar ook al, God het ons lief. Sy genade is onbeskryflik groot. Hy kom maak nuut. Gaan vertel vir die wêreld dat Hy leef! Gaan vertel vir die ou wat elke naweek dronk is, vir die maklike meisie en die een op die hoek. Vir jou ma en jou vriende en elkeen wat soek. Moenie langer stilbly nie. No. 8

7 Soms is ons soos die dapper muis wat glimlag vir die wêreld, maar in ons harte en gedagtes vergaan ons van vrees vir al die "vreemde" goed daarbuite. Jesus is vir almal bedoel. Gaan verkondig vreesloos die Goeie Nuus, selfs aan hulle wat jou bangmaak.


Ronald Bain (Gereformeerde gemeente Cachet, Potchefstroom)

No. 8

8


MY

pa het een maal die wysheid kwytgeraak dat elke generasie hom oor die volgende generasie bekommer. Jou ouers is dus nie die eerste generasie wat hulle oor hulle kinders bekommer nie. Jou oupas en oumas was op hulle beurt bekommerd oor jou pa en ma. Glo dit nou maar of nie, Grootoupa en Grootouma het ook hulle bekommernisse oor hulle kinders gehad. Miskien is dit juis een van die kenmerke van die sogenaamde generasiegaping. Dit lyk asof ouer mense aan die een kant so bekommerd is oor die jongmense, maar aan die ander kant so tevrede met hulleself is. 'n Mens wonder nogal hoekom ouer mense so maak. Kan die ouer mense nie meer byhou met die lewenspas nie? Dalk is hulle nie meer bereid om te waag nie? Het hulle dalk tevrede geraak met dit waaraan hulle gewoond is? As jy 'n bietjie mooi gaan dink, is die meeste van ons se ouers ontsaglik lief vir ons – ten spyte van ons verskille. Veral as jy in 'n gelowige huis grootgeword het. Jou ouers is ook maar net mense en hulle trap soms maar klei om hulle liefde op die regte manier te wys. Die punt is dat jou ouers jou liefhet en noodwendig besorg oor jou gaan wees. Die Here het hulle geroep en aangestel om besorg oor jou te wees. 'n Pa en ma wat nie besorg oor hulle kinders is nie, is slegte ouers. Dink maar aan die eerste hoofstukke van die boek Spreuke waar die pa sy seun vermaan, omdat hy bekommerd is dat hy dalk afvallig van die Here gaan raak. Dit is iets wat gelowige ouers natuurlik die meeste bekommer. Vir 'n gelowige ouer is daar seker nie 'n groter bekommernis as dat hulle kind dalk ongehoorsaam aan die Here is of Hom glad nie ken nie. Jongmense se belewing van hulle verhouding met die Here is anders as dié van ouer mense. Jongmense wil dikwels nog soveel beleef en ontdek terwyl ouer mense meer tevrede is met wie hulle is. Dit is geen wonder dat jongmense en hulle ouers soms heftig kan verskil oor die manier waarop ons die Here moet aanbid nie. Soms is ons ouers reg, want hulle ken die Here al baie langer as ons. Hulle was ook jonk en het hulle eie foute gemaak en daaruit geleer. Geloofservaring en kennis van die Bybel het hulle geleer om dinge anders te sien.

Hulle is ook nie noodwendig altyd reg nie. Soms kan hulle te oorbeskermend wees, soms is hulle meer tevrede as wat hulle moet wees. Partykeer kan dit voel asof hulle jou versmoor. Partykeer is hulle net gewoond aan 'n spesifieke manier van doen, maar onthou – hulle het jou lief. Nog meer, die Here het jou nie net aan hulle gegee nie, Hy het hulle ook aan jou gegee. Hulle is gawes van die Here aan jou. Hy wil sy liefde en waarheid aan jou bedien deur jou pa en ma, selfs al is jy al uit die huis uit. Hy het hulle aan jou gegee sodat jy kan leer om Hom lief te hê (Deuteronomium 6:6-7). Hulle het dit ook aan Hom belowe op die dag toe jy gedoop is. Daardie pa en ma sal met al hulle sondes en gebreke hulle hande stompies baklei vir jou tot die dag van hulle dood. So waar begin 'n mens om hierdie verskille met mense wat jou so liefhet te hanteer? By dit wat ons saambind. By die Here Jesus self wat ons liewer het as wat ons ouers ons ooit kan hê. By ons geloof in God. Die Woord van God. Jou pa en ma is jou medegelowiges. Daar is 'n band wat jy met hulle het wat nog sterker is as bloed, ja, dit is sterker as die dood. En daarom is dit so belangrik om jou ouers ook as medegelowiges te leer ken. As mense wat die Here ook liefhet en al 'n lang geloofspad geloop het. Dit kan net gebeur as julle oor die Here en sy Woord praat, as julle saam bid en saam Bybel lees. As julle die waarheid in liefde praat. As jy ook bereid is om by hulle te leer. Wanneer 'n mens aanvallend oor jou geloofsoortuigings is, gaan jy niemand beïndruk of oortuig nie. Wanneer jy die vrug van die Gees dra (Galasiërs 5:22), en jou ouers met 'n sagmoedige en nederige gesindheid benader, kan die Here jou geesdrif ook in ouer mense se lewens gebruik. Jy kan dalk 'n gawe aan hulle wees waardeur hulle weer aangemoedig word om die Here met ywer te dien. Of om miskien weer mooi na te dink oor hulle verhouding met die Here of maniere waarop hulle die Here dien. Jongmense is dikwels 'n bron van inspirasie vir ouer mense, maar net as hulle dit in liefde en met wysheid doen. Jy moet ook die ander kant van die saak in gedagte te hou. Jy is ook beperk in jou insig, jy het ook foute en jou ouers het dikwels meer geduld met jou as wat

jy dink. Hulle besorgdheid en waarskuwings is die direkte gevolg van hulle geloofskennis en hulle liefde vir jou. Die Here vra dus van jou om mense te eer wat jou liefhet, jy is nie 'n slaaf nie, maar hulle kind. Die vyfde gebod behoort vir elke kind die riglyn te wees in die wyse waarop ons geloofsverskille hanteer. Luister net weer na die Heidelbergse Kategismus se verklaring van die vyfde gebod: "Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp. Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê, omdat God ons deur hulle wil regeer." Dit maak nie saak hoe oud ek is nie, ek moet met my ouers se swakhede en foute geduld hê. Die vyfde gebod is ook die enigste een met 'n belofte daarby (Efesiërs 6:2). 'n Lang lewe in die land wat God vir jou gee. Waar ouer en kind aan die Here gehoorsaam is, word alle gapings oorbrug. Die sogenaamde generasiegaping hoef dus nie 'n gaping te wees nie, maar eerder 'n geleentheid vir jou om al hoe hegter, in liefde en waarheid aan jou ouers gebind te word. Wanneer jy dus met jou ouers oor geloof praat, hou die volgende in gedagte: My ouers het my lief; Ek moet my ouers eer en liefhê; Ons is medegelowiges, wat saam die Here liefhet; Ons is as gawes deur God aan mekaar gegee; Die waarheid in liefde oorbrug enige generasiegaping; Bid voordat jy met enige persoon oor geloofsverskille praat.

No. 8

9

Ons gaan deur verskillende seisoene in ons huisgesinne – daar is somersdae waarop almal glimlag en saamstem, maar ook wintersdae waarop die generasiegaping gevoel kan word. Solank ons kies om mekaar lief te hê, maak die "weersomstandighede" nie saak nie.


Paul Krüger (Professor aan die Teologiese skool, Potchefstroom)

VAN

No. 8

10

die vroegste tye af word die hemelliggame gebruik om die mens se tyd in te deel. Dit is soos God dit bedoel het. In Genesis 1:14 lees ons dat God ligte aan die hemelgewelf gegee het om dag en nag van mekaar te skei, en om as tekens te dien wat seisoene, dae en jare aandui. Dit kan ook nie anders nie: Die lengte van 'n jaar word bepaal deur die aarde se baan om die son. Seisoene word bepaal deur die hoek waarteen die aarde tol. Maande word bepaal deur die maan se beweging om die aarde. Die woord "maand" is immers afgelei van "maan" af. Die lengte van 'n dag word bepaal deur die draai van die aarde om sy eie as. Hemelliggame bepaal dus ons tydsberekening. Die probleem is dat daar nie presies 28 dae in 'n maand is nie en nie presies 12 van hierdie maande in 'n jaar inpas nie. Daar is ook nie 'n ronde getal dae (bv. 360) in 'n jaar nie. Voordat daar vaste kalenders was, het mense gewoonlik net verwys na die seisoene, na plant- en saaityd en na die aantal jare wat hulle koning al regeer (vergelyk Daniël 1:1). 'n Kalender is

'n sisteem van tydrekening om dae, maande en jare binne 'n sisteem in te pas, sodat ons nommers vir dae, name vir maande en nommers vir jare kan hê, waarvolgens ons kan beplan en afsprake kan maak. Dae, weke, maande en jare word in een sisteem gesinkroniseer en daar word 'n beginpunt vasgestel van waar af daar getel word. Daar bestaan verskeie kalenders. Die Babiloniërs het al meer as 'n duisend jaar voor Christus 'n kalender gehad. Die Jode, Moslems, Hindoes en Sjinese het elk hulle eie kalender – in baie gevalle náás die algemene "Christelike" kalender. Die verskil tussen die kalenders is die manier waarop jare, maande en weke ten opsigte van mekaar gerangskik word, en dit wat as die beginjaar aanvaar word. Die meeste lande in Europa en Amerika het tot die jaar 1582 die Juliaanse kalender gevolg. Dit is vernoem na Julius Caesar, wat dit in die jaar 45vC in die Romeinse Ryk ingestel het. Dit is baie dieselfde as die kalender wat ons tans gebruik, maar het weens 'n verkeerde berekening van skrikkeljare, een dag per 134 jaar gewen. Hierdie kalender is deur die jare aangepas. Die Romeinse agt-dag-week is deur die sewe-dag-week vervang. In die jaar 525nC


is die geboortejaar van Jesus Christus bereken en is dit as beginpunt van die jaartelling geneem. Hierdie jaartelling is geleidelik in Europa ingevoer, sodat dit vandag die mees algemene jaartelling in die wêreld is. (Daar is egter 'n fout gemaak in die berekening, wat beteken dat Jesus se geboorte eintlik 4vC of selfs vroeër was!) Dit is verder belangrik om te onthou dat daar nie 'n jaar nul was nie: 1vC is gevolg deur 1nC! Volgens ons Christelike jaartelling word ook datums vóór Jesus Christus se geboorte benoem. So weet ons dat koning Dawid ongeveer 1000 jaar voor Christus gelewe het. Pous Gregorius XIII het in 1582 die Gregoriaanse kalender ingestel. By die Protestante en OostersOrtodokse Christene was daar weerstand teen 'n kalender wat deur 'n pous ingestel is, en dit het meer as drie eeue geneem voordat die meeste lande van die wêreld die "nuwe" kalender aanvaar het. Daar was 'n tyd toe jy nie net jou horlosie nie, maar ook jou kalender moes aanpas wanneer jy oor 'n landsgrens moes gaan. Gregorius het tien dae geskrap omdat die Juliaanse kalender uit fase met die seisoene geraak het. Op die plekke waar die kalender dadelik in werking gestel is, is die dag van 5 Oktober 1582 direk gevolg deur 14 Oktober 1582 ('n paar mense het dié jaar hulle verjaarsdag gemis). Lande wat die kalender later ingestel het, moes toe ook hulle kalender met 'n paar dae "vorentoe stel" deur 'n paar dae uit te laat! Die Gregoriaanse kalender bepaal watter jare 'n ekstra dag in Februarie moet hê, dit wil sê watter jare skrikkeljaar is. Elke jaar wat deur vier deelbaar is, is 'n skrikkeljaar, behalwe dié jare wat deur 100

deelbaar is. Eeue wat egter deur 400 deelbaar is (soos die jaar 2000) bly skrikkeljare. Volgens die Gregoriaanse kalender is Paassondag die eerste Sondag wat volg op die volmaan ná dag-en-nag-ewening (laasgenoemde is op 21 Maart). Die gevolg is dat Paassondag tussen 22 Maart en 25 April kan val – gewoonlik min of meer in die middel van hierdie twee datums, maar soms baie vroeg (soos vanjaar) of baie laat. Die datums waarop Goeie Vrydag, Hemelvaart en Pinkster gevier word, skuif elke jaar saam met die datum van Paassondag. Goeie Vrydag val op die derde dag voor Paassondag, Hemelvaart veertig dae daarna en Pinkster op die vyftigste dag daarna. Baie goed is deur die mens in 'n netjiese patroon ingedeel. So is alle lande se geldstelsel gedesimaliseer, wat beteken dat almal 'n tiendelige stelsel volg. Ons het vroeër 'n ingewikkelde geldstelsel van ponde, sjielings en pennies gehad. Die meeste lande gebruik die metrieke stelsel om mates en gewig te meet. Ons tydmaat kan egter nie ingeforseer word in menslike mates nie, al het die Franse vir twaalf jaar lank (tot 1806) 'n desimale kalender probeer volg met tien dae in 'n week en 10 (baie lang) ure in 'n dag. God se mate werk anders as ons mate. Hy het die son, maan en sterre ingestel vir tydberekening. Hy het met die skepping die sewe-dag-patroon vir die week ingestel. Ons menslike kalender werk met dit wat Hy vir ons gegee het.

No. 8

11


"EK

bly in Yelwa, Nigerië. Tydens ons gemeente se oggendbiduur het ons skielik geweerskote gehoor. Verskeie broers en susters van ander denominasies het na ons kerk toe aangehardloop gekom. Ander inwoners het te voet uit die dorp gevlug. Groot konsternasie het geheers. Die skare binne die kerk het na God om hulp geroep. My pa, Pastoor Zakka Ciroma, het na buite gehardloop om die situasie van nader te beskou. Hy en 'n paar mans het die hartseerste nuus wat ek nog ooit gehoor het, aan ons oorgedra: 'Ons gaan almal sterf. Die Jihadiste (Moslem militante) is hier.' Ek kon my oë nie glo toe die militante die kerk binnekom nie. Hulle het ons begin vloek. My pa het ons in sy arms gehou en ons aangepor om getrou te bly aan God. 'n Jihadis het hom uit ons arms geruk. Hulle het al die mans van die kinders en vrouens geskei. Hierna het hulle begin om al die mans een vir een af te slag. Ek kon nie glo toe dit my pa se beurt was nie. My broer, Yusuf Zakka (3), is ook doodgemaak. Daarna het hulle

No. 8

12

Die foto verteenwoordig niemand in die artikel nie, maar is bloot vir illustratiewe doeleindes gebruik.

Rubriek verskaf deur Geopende Deure die kerkgebou afgetakel. Die vrouens en kinders is aangesê om die gebou te verlaat. Ek het doelloos begin hardloop. Met elke tree het my pa se marteling voor my oë afgespeel. Teen sonsondergang was ek in 'n naburige dorpie. Mense het my vir die aand gehuisves. Hierna is ek met my ma herenig en het ons genoeg moed bymekaar geskraap om terug huis toe te keer. Om net te oorleef, was regtig moeilik. Toe ons nie meer verder kon nie, het Geopende Deure ons gehelp met voedsel, klere en geldelike ondersteuning. Ek gee aan God die eer vir sy getrouheid. Ek sal my pa se laaste woorde aan my nooit vergeet nie. Maak nie saak wat mense aan my doen nie, ek sal nie ophou om God te dien en om ander van sy goedheid te vertel nie. Met God aan my sy, sal ek my drome uitleef." Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of kontak hulle hoofkantoor by 011 888 9341.


Stuur gerus 'n epos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings. Juanita Swanepoel & Rineé Viljoen (Kruispad-redaksie)

CHRISTUS

se groot sendingopdrag aan ons is om na alle nasies te gaan en dissipels te maak (Matteus 28:19), maar wat beteken dit? Wie is hierdie nasies en hoe maak ons van hulle dissipels? Omdat dit 'n onderwerp is waaroor baie van ons oningelig is en oor wonder, het ons besluit dat hierdie spasie van nou af gebruik gaan word vir sendinghulp. Hier wil ons inligting weergee oor verskillende gelowe/kerkgroepe. Ons sal ook graag vrae beantwoord en wenke gee oor hoe ons presies iemand kan benader wie se geloof van ons s'n verskil. Ons moet eerstens egter ons eie geloof verstaan. Dit is nodig om te besef hoe God ons, sy kinders, geroep en gelei het tot waar ons vandag as Christene staan. God het 'n verbond gesluit met Abraham en hy het die vader van al die gelowiges geword. Hy, sy seun Isak, en sy kleinseun Jakob, staan bekend as die aartsvaders. Nadat Jakob met die engel van die Here gestoei het (Genesis 32:22-32), is sy naam verander na Israel, vandaar die benaming vir sy nageslag – die Israeliete. Een van Jakob

se twaalf seuns was Juda, sy nageslag staan bekend as die Jode. Uit die Jode is koning Dawid gebore en vanuit die stam van Dawid is ons Verlosser, Jesus Christus, gebore. Jesus het voor sy hemelvaart een finale opdrag aan sy apostels gegee: "Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld," (Handelinge 1:8). Nadat Jesus hierdie opdrag gegee het, lees ons van die eerste samekoms van gelowiges in Handelinge 1:13-15. Ons lees van 'n gemeente, baie soos ons dit vandag ken: "Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou … en God geprys … En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg," (Handelinge 2:46-47). Die eerste keer wat die volgelinge van Jesus Christus Christene genoem is, was toe Paulus en Barnabas in Antiogië gewerk het (Handelinge 11:25-26). Vandag is die getal Christene in die wêreld 2,1 biljoen (ongeveer 33% van die wêreldbevolking)1. Die getal

Christene wat, volgens 'n verslag in 2007, in Suid-Afrika woon, is ongeveer 30 miljoen, dit wil sê 73,52% van ons bevolking2. Dus, met die genade van die Here, het die getal Christene oor die eeue gegroei en groei dit steeds. Dink net hoe dié getalle kan verander wanneer ek en jy uitgaan en dissipels maak. "In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk 'n tyd van rus en vrede belewe. Dit het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here gelewe. Die kerk is deur die Heilige Gees versterk, en die ledetal het toegeneem," (Handelinge 9:31). Hieronder is 'n voorbeeld van die tabel soos dit vanaf die volgende uitgawe sal lyk. Ons sal egter elke keer die Gereformeerde Christene3 met ander kerkgroepe in die Christendom en ook met ander gelowe vergelyk: www.adherents.com/Religions_By_Adherents.html www.religiousintelligence.co.uk/country/?CountryID=158z 3 Gereformeerde Christene is nie slegs die lidmate van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika nie! Dit sluit kerkgroepe in wat die Calvinisties Protestantse leer volg wat in die 6de eeu tydens die Reformasie ontstaan het. Ander kerkverbande in die groep is o.a. die Nederduits Hervormde Kerk, die NGkerk, The Presbyterian Church, en The Church of Scotland. 1 2

Ons glo dat daar slegs een, Drie-enige God is (Jesaja 43:11; 44:6, 8; & 45:5), wat bestaan uit God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. God was nog altyd God, van ewigheid tot ewigheid (Psalm 90:2; Jesaja 57:15). Die Bybel is die enigste bron van teologie, aangesien dit as die Woord van God beskou word (Johannes 1:1).

Christus is die enigste Hoof van die kerk. Daar is geen menslike hoof van die kerk op aarde nie.

Erfsonde is 'n term wat gebruik word om die effek wat Adam se sonde op sy nageslag gehad het en steeds het, te beskryf (Romeine 5:12-23). Die sondige natuur het ontstaan weens Adam en Eva se val, en word oorgedra van ouer na kind. Ons was daardeur vanselfsprekend vir God se vreeslike straf, die dood, bestem (Efesiërs 2:3). No. 8

Vir die Gereformeerde Christen is sy verlossing 'n genadegeskenk van God af (Efesiërs 2:8-9; Romeine 6:23) wat geskenk word aan die persoon wat in Christus glo as sy/haar Verlosser wat deur sy soendood aan die kruis en sy opstanding uit dood hierdie genadegawe bewerkstellig het. Geloof kom dus nie uit onsself nie, maar dit is 'n gawe van God. Christus is ons Middelaar (1 Timoteus 2:5). Geen goeie werke kan ooit verlossing verdien nie (Romeine 11:6), aangesien selfs ons beste dade voor God met sonde bevlek is (Jesaja 64:6). Verlossing is die vergewing van sondes deur genade en NIE deur werke nie. Alle gelowiges sal met 'n verheerlikte liggaam opstaan (1 Korintiërs 15:50-58) en vir ewig saam met God wees (Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 37). Alle ongelowiges sal die ewige straf ingaan, en vir ewig deur God verlaat wees (Matteus 25:46).

13


K offie

saam met

KRUISPAD

No. 8

14

H ilke

Wilmarie Breed

het onlangs aan Hilke Erasmus, bemarker van MES, 'n paar vrae gevra om meer uit te vind oor dié organisasie. Waarvoor staan MES en wanneer, waar en hoe het hierdie aksie ontstaan? Metro Evangeliese Sorg het in 1986 begin as 'n uitreik-aksie van die NG Gemeente Johannesburg-Oos. In 1989 is die organisasie as 'n Artikel 21-maatskappy geregistreer en van toe af is programme ontwikkel wat die nood in die stad aanspreek. Wat is MES se missie en visie? MES se visie is om die hart van die stad te verander. MES ontwikkel programme wat op 'n holistiese wyse mense help om selfstandig te ontwikkel en 'n lewensverandering te weeg te bring wat volhoubaar is. Wat maak MES anders as enige ander gemeenskapsorganisasie? MES het oor die afgelope 22 jaar 'n unieke model rondom die ontwikkeling van mense en gemeenskappe geskep. MES het 'n holistiese benadering tot ontwikkeling wat die geestelike, fisiese en ontwikkelingsbehoeftes van behoeftige mense aanspreek. 'n Spesifieke model word gevolg wat bestaan uit drie fases: Inname & Assessering, Intervensie en Uitgang. Tydens elkeen van hierdie fases in die ontwikkelingsmodel word 'n persoon ondersteun en geleenthede word gebied wat benut kan word om lewensverandering te weeg te bring. Dit is vir ons baie belangrik dat 'n persoon bemagtig word om op hul eie voete te staan, die selfvertroue ontwikkel om verder selfstandig te ontwikkel en ook in 'n posisie is om na hulself, familie en hul gemeenskap te kyk. Watter tipe aksies bied MES aan? MES het 'n verskeidenheid aktiwiteite wat die behoeftes van die hawelose gemeenskap in Hillbrow aanspreek. Aktiwiteite val in die volgende kategorieë: basiese sorg, maatskaplike dienste, gesondheidsorg, akkommodasie, opvoeding, opleiding en werksplasing. Besoek gerus ons webtuiste by www.mes.org.za vir meer inligting oor ons ontwikkelingsprogramme se aktiwiteite. Hoe kan jongmense in Suid-Afrika by MES betrokke raak? Jongmense kan vir MES bid en ook op verskillende maniere fisies betrokke raak. Hulle kan byvoorbeeld ons op Donderdagaande vergesel, en help om sop en brood aan die hawelose gemeenskap uit te deel. Groepe kan ook kom om te help verf, tuinmaak of sosiale aktiwiteite in die gemeenskap aan te bied (byvoorbeeld 'n piekniek saam met kinders van die nasorgsentrum of besoeke aan bejaardes). Hou ook ons webtuiste dop vir gebeure waarby julle betrokke kan raak, byvoorbeeld die gemeenskapskarnaval, spinnathon en Kersfees-serenade. Waar kom MES se fondse vandaan? MES het verskeie donateurs wat elkeen bydrae tot MES se poging om die hart van die stad te verander. Ons fondse kom van regeringsinstansies, kerke, individue, korporatiewe maatskappye en oorsese donateurs.


Wat is die grootste struikelblokke wat MES moes oorkom? MES het al tye van geweldige finansiële druk beleef, ons personeel is al aangeval en op geskiet, ons het al twee gewapende rooftogte en vele ander rooftogte deurgemaak, en dan is daar van ons kliënte wat nie hul lewens verander nie en geen waardering het vir enige dienste of hulp nie. Hierdie en vele aanslae van moedeloosheid en vrae of ons steeds impak maak, bring ons altyd weer by die Kruis waar ons moet stil word en weer luister na die roeping wat God vir MES het. Vertel bietjie meer van spesifieke persone wie se lewens deur MES verander of geraak is? Ismael het in 2004 saam met 'n groep straatseuns in Quartzstraat gebly. Deur Othandweni se uitreikprogram is hy deur die proses van gesinshereniging weer met sy gesin herenig. Ongelukkig het sy ma se drankprobleem weer begin en is hy terug strate toe. In 2005 het Ismael by Othandweni se oorbruggingsopleidingsprogram aangesluit en in 2006 het hy formele opleiding ontvang. Hy het die teoretiese en gespesialiseerde opleiding met vlieënde vaandels geslaag. Dit het daartoe gelei dat hy tans in Roodepoort by My Design as houtafwerker werk. Die eer het hom ook onlangs te beurt geval om na Port Elizabeth te vlieg om daar met 'n spesiale houtpolering te help. Ismael bly in El Kero in die oorbruggingsbehuisingsfasiliteit van Madulamoho waar hy elke maand trots sy eie huur betaal. Hoe bly julle as organiseerders van MES gemotiveerd en hoopvol tussen al die hartseer wat julle elke dag om julle sien? Ten spyte van en tussen al die hartseer, geweld en moedeloosheid glo ons God is steeds in beheer. Hy het ons almal se toekoms verseker deur sy kruisdood en opstanding, en dit gee ons hoop en motivering om aan elkeen die geleentheid te gee om sy liefde te aanvaar. Waar en hoe sien julle God se seën op die MES-aksie? Behalwe vir al die suksesverhale van mense wat hul lewens kon verander, het MES oor die afgelope twee-en-twintig jaar gegroei tot 'n organisasie wat 208 permanente personeellede het en 'n begroting van R23 miljoen vir 2008/2009. Ons is tans ook besig om die MESmodel in ander stede te begin toepas. Watter gebeurtenis het julle die meeste geraak in julle werk onder die mense van Hillbrow? Ek dink elkeen by MES het soveel stories om te vertel, soveel gebeurtenisse wat ons en die gemeenskap al geraak het. Persoonlik sal die gebeurtenis van die afsterwe van 'n elfjarige dogtertjie aan Vigs in ons Zaziwe-sorgsentrum my nog lank bybly. Terwyl ons by haar sterfbed gesit het (party het gebid en ander het saggies gesing), is ek net weer oorweldig deur die gedagte oor hoe feilbaar die mens is, hoe lief God ons het en hoe dankbaar ek was dat ons haar, veilig, in 'n skoon bed, omring deur mense wat haar liefhet, kon afsien.

Het julle al wonderwerke beleef terwyl julle in Hillbrow gewerk het? Wat was dit? Wonderwerke gebeur elke dag, ons moet net ons oë daarvoor oopmaak. Die feit dat iemand sy lewe aan die Here toevertrou, 'n straatseun wat eens net gom gesnuif het en nou netjies in sy bakkersklere 'n brood aan jou verkoop, geboue wat teen alle waarskynlikheid beskikbaar word vir die werk van MES, die vreedsame ontruiming van 'n gebou wat onwettig bewoon word deur onder andere dwelmhandelaars, die voorsiening van ons daaglikse brood by MES om die werk in die stad te doen, dit is alles wonderwerke waarvoor ons baie dankbaar is. Dink jy Suid-Afrika se Christene doen genoeg vir armes en minderbevoorregtes in ons land? Daar is baie Christene wat ongelooflike werk onder die armes en die minderbevoorregtes doen. Die Here werk met elkeen van ons op 'n unieke manier, die vraag is eerder: "Is ons oop genoeg om Hom te volg waarheen Hy ook al lei en waar Hy ook al wil hê ons betrokke moet raak?" Ons moet versigtig wees om voorskriftelik te wees teenoor God oor waar en hoe ons betrokke sal raak. Wat dink julle is die belangrikste boodskap wat die mense van Hillbrow en alle minderbevoorregte mense moet hoor? Daar is hoop in Jesus Christus. Dink julle MES maak 'n daadwerklike verskil in mense se lewens? By MES besef ons dat ons nie vir behoeftiges net kan vertel hoe lief God hulle het nie, ons moet dit uitleef en help waar ons kan. Ons skep deur al ons programme en aktiwiteite geleenthede vir behoeftige mense om die Here te ontmoet en 'n daadwerklike verskil in hul lewens te maak. Wat is julle boodskap aan elke Christenjongmens wat hierdie artikel lees? Aan die een kant is ons is almal geroep om in ons persoonlike verhouding met God te groei en om daagliks meer en meer soos Hy te wees. Aan die ander kant is ons geroep om sy liefde met ander te deel. Armoede is aan die een kant oorweldigend en aan die ander kant kan ons so maklik ver verwyderd daarvan leef. Baie dink die antwoord tot armoede is om net geld uit te deel. Die boemelaar langs die pad vra tog net vir 'n paar sente: "anything will do . . ." Armoede breek 'n mens se selfbeeld af, dit neem jou onafhanklikheid weg, dit stroop jou van hoop. As jongmense moet ons nooit die waarde van belangstelling in ander, en onvoorwaardelike vriendelikheid en ondersteuning onderskat nie. Partykeer is ons nie lus om te gee nie, maar 'n vraag soos "Hoe gaan dit vandag?" kan die wêreld beteken vir iemand wat alleen en uitgeworpe is.

No. 8

15


Naas Ferreira (Gereformeerde Gemeente Rietvallei)

Dit

was 'n baie bedrywige dag waarop die Gevangene heen en weer gestuur is. Uiteindelik het die hofsaak begin. Wie sou ooit kon dink dat dit die grootste hofsaak in die geskiedenis van die wêreld sou wees? 'n Hofsaak wat vandag nog steeds voortduur, omdat die finale uitspraak eers gelewer sal word wanneer die laaste mens klaar getuig het? Die Gevangene het met oortuiging verklaar dat Hy nie soos 'n skelm in die geheim gewerk het nie. Hy het alles in die openbaar gedoen waar almal Hom kon sien en hoor. Hy het gesê: "Ondervra dié wat gehoor het wat Ek vir hulle gesê het. Hulle weet wat Ek gesê het." Die eerste getuie het sommer dadelik vorentoe gekom. Dit was iemand wat altyd daar naby die tempel was en wat alles so op 'n afstand gesien en gehoor het. Hy was duidelik negatief teenoor die Gevangene, want voordat iemand hom kon keer het hy die Gevangene deur die gesig geklap. Sy getuienis is hard en duidelik: Met hierdie Man wil hy niks te doen hê nie.

"Dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie." No. 8

16


Ons hoef nie skaam te wees oor ons geloof in Jesus nie. Ons kan dit uitbasuin met 'n megafoon! So die vraag is dan: wat sê jy oor Jesus? Kan jy getuig van sy liefde vir jou en ander mense?

Die tweede getuie moet nader geroep word, want hy staan daar eenkant tussen 'n groepie by 'n vuur. In die koue van die aandluggie is dit beslis die gerieflikste plek om te wees. Dit is iemand wat skynbaar baie naby aan die Gevangene geleef het, want die omstanders beweer dat hy gereeld in die Gevangene se geselskap gesien is. Hierdie getuie is duidelik op sy senuwees, want hy ontken dit baie heftig … drie maal. Iewers, daar naby, het 'n hoenderhaan die tyd met 'n gekraai aangekondig. Die Gevangene het stil omgedraai en na die tweede getuie gekyk. Hy het hom wel baie goed geken. 'n Hoftoneel wat homself oor en oor deur die eeue nog herhaal. Die Gevangene is Jesus Christus, 'n baie bekende Figuur in die geskiedenis van die wêreld. Die Boek wat sy hele lewensverhaal beskryf, is een van die grootste verkopers in die geskiedenis. Die herdenking van sy geboortedag word Kersfees genoem en word dwarsoor die wêreld gevier, alhoewel die meeste feesgangers nie eers meer regtig weet waaroor dit gaan nie. Dit het 'n oppervlakkige, wêreldse fees geword. 'n Klap in Jesus se gesig! Sy sterwe aan 'n houtkruis op Golgota en sy opstanding uit die dood is vandag nog die onderwerp van groot debatte en kontroversie. Baie mense wat veronderstel is om te weet waaroor dit gaan, begin hulle van Hom losmaak. Teologiese professore wat beweer dat hulle Hom nie meer ken vir wie Hy was nie. Duisende mense wat grootgeword het in sy kerk, is besig om hulle rûe op Hom te draai. Soveel wat naby Hom was, ontken nou gerieflik en heftig in geselskringe dat hulle iets van Hom weet. Waar is die haan wat moet vertel hoe laat dit al geword het? Een vir een word die mense van die wêreld as getuies geroep. Ek en jy staan ook daar by die vuur. Wat sê jy oor Jesus? Daar op die speelgrond; tussen jou vriende by die partytjie; in die kantoor tydens 'n koffiebreuk; in 'n gesprek met iemand van 'n ander kultuur; elke dag met dit waarmee jy besig is. Wat sê jy oor Jesus Christus? Is Hy regtig wie die Bybel

beweer Hy is? Wat het Hy alles geleer – is dit waar of nie? Glo jy alles wat in die Bybel staan? Wat beteken dit om aan 'n kerk te behoort? Jy is mos 'n Christen – wat is jou standpunt oor saamwoon, homoseksualiteit en … dink jy hierdie land het nog 'n toekoms? Toe, sê iets. 'n Klap in sy gesig of 'n heftige ontkenning. Nee, jy is verkeerd – ek ken Hom beslis nie. Wat doen jy as jy (elke dag) tot getuie geroep word? Ek glo dat julle almal weet dat die tweede getuie 'n kans gekry het om 'n tweede keer te getuig. Die tweede keer was hy self 'n gevangene. Hierdie tweede keer is hy en sy medegevangene deur die hele Joodse Raad gedreig en uitdruklik beveel om nooit weer vir enigiemand iets van Jesus Christus te vertel nie, want hulle was besig om vir almal te vertel wie Hy was en wat Hy alles gedoen het. Hulle reaksie was: "Dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie." Ten spyte van dreigemente, en later ook marteling en gevangeskap, het hulle voortgegaan om vir almal met wie hulle in aanraking gekom het van Jesus Christus te vertel. Hierdie tweede getuie wat 'n tweede keer getuig het, het volgens oorlewering later 'n marteldood vir Jesus gesterwe. Petrus die apostel – onderstebo gekruisig omdat hy nooit weer stilgebly het nie. Eendag sal die groot Regter die finale uitspraak lewer. Tot dan duur die hofsaak voort. Elke mens kry die geleentheid om die vraag te beantwoord: Wat sê jy van Jesus? Jesus het gesê: Vra hulle wat weet wat Ek gesê het. Hy het ook gesê: "Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor My Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is," (Matteus 10:32-33). Wat jy (as getuie in 'n groot wêreldhofsaak) nou van Jesus sê, het alles te make met wat Hy eendag oor jou gaan sê voor die Regter wat die finale uitspraak sal lewer.

Bybelgedeeltes: Johannes 18:19-27 en Handelinge 4:16-22

No. 8

17


- 'n informatiewe gids tot oorlewing

SOOS

gewoonlik begroet almal Maandagoggend met dieselfde plan: Ek gaan in die bed bly l锚 en tot laaste wag om te stort. Hierdie blink gedagte veroorsaak egter chaos as drie mense, in tien minute, deur dieselfde stort wil spring. Die pret word dan verhoog as jou handdoek merkwaardig van jou deur af verdwyn en al drie mense hulle visier op dieselfde paar kouse rig. Nou kyk, soms loop die lewe nie altyd soos "'n rooie met ratte nie". Daar is altyd iets. Wanorde is so seker soos load shedding, gee dit net tyd. In die malle gejaag van die jongmenslewe kan ons soms oorweldig word deur verwagtinge, tweede periode wiskundetoetse, die drama van tweede pouse, die meisie wat haar potlood kou agter in die Engelse klas, die Engelse klas, die pers vlek regs van jou linker-hempsak veroorsaak deur 'n Fanta Grape wat gebars het, en die feit dat jy nooit 'n pen het wat wil skryf nie!

Jurgens Steyn

En dan, dan stap jy die huis in, op soek na die rus wat 'n besige siel soos joune verdien. Jy val op die bed neer, jou hand voel die vernis van jou bedkassie af, maar nee, jou iPod is weg! Bly net kalm. Haal diep asem. Die lewe is gee en neem. Haal weer diep asem, ontspan jou vingers en haal jou hande van jou broer se nek af. Geweld is nie die oplossing nie! Die beste manier om jou familie te oorleef, is om die lewe saam met hulle te beleef. Maak tyd vir hulle, maak opofferings vir hulle. Een van die belangrikste eienskappe wat jy as Christen moet uitleef, is diensbaarheid. Oefen dit op jou broers en susters. Die beste manier om 'n hegte verhouding te kweek, is deur iets saam aan te pak. Spaar saam en koop 'n geskenk vir jou ouers, span saam en bak 'n poets op die buurman se kat wat jou pa se teelduiwe vang. Doen iets, hoe belaglik ook al, maar doen dit saam.

No. 8

18

Illustrasie: Na贸mi Botha


sou dink dat net bere hiberneer, maar ek het al in my lewe 'n MENS heelwat homo sapiens verteenwoordigers sien stry

Wilbrie Fourie

teen die winterslaap. Dis koud, jou neus loop en jou tone vries af, dis so maklik om net in die bed te lê en die winter om te wens. Maar moenie dié winter in jou beervel deurbring nie. Nee! Oorkom vanjaar die winter-blues in 47 maklike stappe!

Vlak 1:

Spring popcorn en kyk weer Lion King. Grawe 'n tameletjieresep uit en maak 'n paar van daai taai kêrels. Bou 'n Chloorbom. Gaan gryp jou ou staatmaker fiets, pomp sy bande en jaag balhorig deur die buurt asof jy pas graad vyf geslaag het. Bel jou ouma. Bel jou ouma weer en vra haar om jou te leer tolletjiebrei. Besoek die naaste museum. Karring room totdat dit botter word. Maak jou onderste laai oop, krap rond vir 'n inkleurboek en speel connectthe-dots teen tyd.

Vlak 2:

Indien jy steeds lomerig lyk en jou oë steeds swaar voel, beweeg na vlak 2 toe. Lees Kringe in 'n bos. Besoek die naaste krokodilplaas. Spuit 'n brandblusser uit. Doen 'n valskermkursus. Gee die teëls in jou ma se kombuis elkeen 'n naam, as jy daarmee klaar is, probeer om vir elkeen 'n van ook te kry. Verf. Leer weer die Bybelboekname soos 'n getroue graad sewe katkisant. Stap af spruit toe en vang 'n boks vol krappe. Maak 'n katjiebotter-enstroop-broodjie.

Vlak 3:

As Klaas Vakie steeds aan jou deur klop en dit voel asof die dominee se amen nie gou genoeg kan kom nie, is dit tyd vir die finale stap: Krap in die CD-laai en karaoke die ou treffer Sexy Eyes. Bel jou ander ouma. Stel jou wekker vir 5:30, spring op, steek die vuur aan die brand en braai 'n T-been in jou pajamas. Lees 'n Landbouweekblad. Gaan op 'n staptoer. Skakel oor na The Learning Channel en kyk wat jy nog kan onthou. Probeer jou Laerskoolskoollied sing. Leer kitaar speel. As bogenoemde stappe nie werk nie, klim rustig terug in jou bed en slaap, want jy is 'n beer! Deur dit alles heen, onthou net die volgende: Daar is lewe voor die dood!

No. 8

19




Ek sál nie EK

het nie 'n probleem daarmee om grense oor te steek nie. Veral nie landsgrense nie. Ek hou daarvan om nuwe plekke te sien. Die Alpe, Afrika, die Amasone – almal op my "plekke om te sien, dinge om te doen-lysie". Die feit dat ek daarvan hou om grense oor te steek, het seker daarmee te doen dat ek GLAD NIE daarvan hou as mense mý wil begrens nie. Jy mag nie dit nie, jy MOET so. Moenie dit sê nie, dis slegte maniere. Moenie moenie moenie. Moet moet moet. Bly in jou boksie. Moet dit nie wáág om af te wyk van die normale, uitgetrapte paadjie nie. Al is die scenery langs die uitgetrapte pad hoe vervelig en hoe bekend. Hierdie tipe behandeling het die manier om blitsvinnig die rebel in my te laat opstaan. En dan doen en sê ek dinge waaroor ek later spyt is. Soos die dag toe ek vir my kleuterskooljuffrou gesê het ek SAL nie meer mooi wees met my jonger sussie nie. Ek was ongelukkig omdat ék altyd die een was wat "nie moet lelik wees nie". Net omdat ek die oudste is. Wel, ek het besluit dis sommer nonsens. Maar nou die dag begin ek toe 'n bietjie anders oor die saak dink. Dit was nadat my vriendin se vierjarige dogtertjie presies álles wat ek vir haar gesê het om nié te doen nie, gedoen het. Toe begin ek dink. Dalk is die mens van nature rebels. Niemand hoef vir 'n kind te leer om stout te wees nie. Dit kom natuurlik. Dalk, dink ek toe (half teësinnig) was ek nie net besig om my ouers se gesag te challenge toe

No. 8

22

ek besluit het dat ek sál uitgaan met wie ek wil, al hou my ma nie van my kêrel se oë nie. En ek het nog nooit 'n probleem daarmee gehad om vinniger as 120 km/h te ry nie. Maar dalk is dit nie net die landswette waarteen ek rebelleer nie. Dalk is dit teen God. Dis nie 'n lekker gedagte nie. God is ver, Hy weet nie hoe my ouers my frustreer nie. Buitendien, Hy is mos 'n God van liefde, nie van grense nie. Foutjie! Dit het ek die laaste tyd baie duidelik besef. As ek nie God se gesag aanvaar nie, kan ek nie sê dat ek Hom liefhet nie. Nog minder dat ek Hom eer met my lewe. En dan kan ek ook nie gehoorsaam wees aan Hom nie – want in effek ignoreer ek Hom. En dan kan ek ook nie sê dat ek Hom vertrou nie, want ek neem dan die gesag in my eie hande. En doen net wat ek wil. Toe moes ek besluit. Dis hier waar dit moeiliker raak. Dis een ding om iets te besef, en iets heeltemal anders om dit te verander. Ten minste is ek al by die punt waar ek besef nie alle grense is daar om my in te perk nie. Sommiges is daar om my te beskerm, sodat ek juis meer vryheid kan hê. So dis waar ek nou is. Ek weet nie of ek ooit in die Amasone gaan uitkom nie. Maar ek weet ek is op 'n nuwe pad – een wat na onbekende vryheid lei …


Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net. Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!

getuienis heldergeel elukkigheid erkleurige g jy is vol held om dde geel so n gedraai met jou gla d na die so lty a ig es g el p en jou stop le olike ligstra jy ruik na vr is so d ei h ld te es g want jou in armte baai w in lf immer dat jy jouse leer: om by jou te ryp ek het baie lag aan te g lim g u jo et er m g a ie d e van d se om elke uig ten spyt et g te er d om hel te maak od te eer 'n lewenstyl ad in alles G sa om blywees en r a la gel en b om met stin rsten – johanita ki

No. 8

23


DEEL 2

Anneretha Combrink

Ruk jouself reg, Janien de Koningh! raas sy met haarself. Dis nie asof jy nog nooit mense gesien het nie! Dominee Jan stoot die half-oop voordeur met sy voet oop. "Ons is hier!" roep hy. "Waar is almal?" Janien gee nie om waar almal is nie. Solank hulle daar bly ‌

No. 8

24


JANIEN

staar na die toneel voor haar. Die sonlig blink soos duisende diamante op die see. Soos hulle met die heuwel afry, voel dit al hoe meer vir Janien dat haar ou lewe ver, ver wegraak. Die groen heuwels, met Frieskoeie wat rustig wei, laat haar dink hulle is in Switserland; die wit strandhuise van die dorpie onder en links van haar voel weer meer na Griekeland. Hier en daar is ook 'n houthuis op pale. Dan is hulle deur die dorpie en slinger die pad weer af in 'n groen vallei. Stadig begin die dag vir Janien meer soos 'n droom as 'n nagmerrie voel. Dalk gaan die jaar tog nie so sleg wees nie. Sy probeer ongemerk loer na die profiel van die man langs haar. Hy is diep ingedagte. Dominee Jan van der Merwe – hoof van die Gee-jaar. Sjym, kan nie maklik wees om só 'n naam te hê nie – sinoniem met Afrikanergrappe en elke stereotipe wat bestaan. Sy wonder of hy ooit 'n goeie grap kan waardeer? Hy het haar wel vriendelik ontvang op George-lughawe, maar Janien was te senuweeagtig om veel meer in te neem as sy effens bonkige liggaamsbou, mediumbruin hare en blou oë agter 'n moderne brilraam. Noudat sy hom uit die hoek van haar oog beskou, probeer sy sy ouderdom skat. Agt-en-dertig, besluit sy. "Ons is amper daar, Janien," praat Dominee Jan onverwags. "Net nog een bult. Daar," wys hy teen die volgende hang na 'n ingang aan die regterkant. Die groot bord by die ingang lees KONINKRYK. Soos die viertrekbakkie deur die wit ingangpilare ry, begin Janien se hart vinniger klop. Hulle is hier! Haar hande sweet en haar mond is droog. Nou kan sy nie meer omdraai nie … Die pad kronkel verby 'n kampie met twee perde en 'n paar Frieskoeie. 'n Entjie verder is daar wit ganse naby 'n kleinerige dammetjie. Die omgewing is rustig. Té rustig. Hier gaan sy vasgekeer word saam met 'n spul vreemdelinge. Sy sal nêrens heen kan gaan nie – hoewel die dorp en die see darem albei net stapafstand ver is. Wat as sy moet koeie melk? Sy voel skielik paniekerig. Dominee Jan moes dit gesien het, want hy sê gemoedelik: "Daar kom ou Boeliebief aan. Die kêrel raak altyd half-senuweeagtig as ek te lank weg is." Janien kyk na die groot grys hond wat holderstebolder na die bakkie toe aangehol kom. Hy verwilder die ganse en hardloop dan die laaste ent saam met die bakkie tot hulle by 'n groot wit dubbelverdiepinghuis tot stilstand kom. Die hond is huge. Janien is nie baie lus om uit te klim nie. "Klim gerus uit, ou Boeliebief sal jou niks maak nie," lees Dominee Jan alweer haar gedagtes. Hy is reeds uit die bakkie en klap die deur agter hom toe. Die hond swaai sy stert tjank-tjank en kom lek aan sy uitgestrekte hand. Met Janien se tasse in sy hand, praat Dominee Jan oor sy skouer. "Jy is een van die eerstes wat aankom. Die ander kom deur die loop van die naweek. Dis net Schutte en Marike wat al hier is. O ja, en Simon Bester, die ou wat help planne maak. Jy weet," praat hy verder. "Hy kom mos van Potch af, is 'n tokkelok wat vakansies help en van daar af ook koördineer." "O," is al wat Janien uitkry. Ruk jouself reg, Janien de Koningh! raas sy met haarself. Dis nie asof jy nog nooit mense gesien het nie! Dominee Jan stoot die half-oop voordeur met sy voet oop. "Ons is hier!" roep hy. "Waar is almal?" Janien gee nie om waar almal is nie. Solank hulle daar bly …

Voetstappe klink in die gang af. Dan verskyn 'n vrou in die voorportaal. Sy het mediumlengte donkerblonde hare in 'n poniestert. Haar figuur is stewig, op 'n sportiewe manier. Haar gemaklike kleredrag bevestig Janien se eerste indruk. Sy straal energie uit. Haar gesig helder op in 'n verwelkomende glimlag toe sy hulle sien. "Hallo Skat," sy soengroet Dominee Jan, en draai dan na Janien. "Jy is seker Janien. Baie welkom, hoor!" "Dankie tan … Mevrou." "Noem my Helene," glimlag sy. "Kom sitkamer toe, julle twee. Julle is seker moeg …" Hulle volg haar na 'n sonnige blou-en-wit vertrek met seetonele teen die muur. "Nou waar is die ander?" wonder Helene hardop. Die woorde het skaars haar mond verlaat, toe hoor Janien harde voetstappe in die gang. Twee mans en 'n meisie kom die sitkamer binne. "Ek gaan kry gou vir julle iets om te drink." Helene verdwyn by die deur uit, Dominee Jan agterna. "Hallo!" sê die eerste ou. "Simon Bester." Hy steek sy hand uit en Janien het nie 'n ander keuse as om dit te skud nie. Sy is glad nie die handskudtipe nie. Hy lyk 'n bietjie ouer, seker so drie-en-twintig. Die dominee van Potch. "Haai, ek is Janien." Hy is heeltemal te mooi vir 'n dominee, kom die gedagte vinnig. Lyk meer soos 'n surfer met sy witblonde hare en bruingebrande lyf. Kuiltjie-in-die-wang en blinkbruin oë, al die bestanddele vir 'n player. Hy beter nie nader as armlengte van haar af kom nie, sy hou nie van sulke mooi ouens nie. Louis was ook … Sy druk vinnig die gedagte dood. "Welkom by die Gee-jaar. Dit gaan 'n great jaar wees, ek is seker daarvan." Sy stem is warm, soos sy oë. "Laat ek jou voorstel. Dit is Schutte van Graan en Marike Nienaber." Die twee was die hele tyd besig om met mekaar te stry oor iets. Toe hulle hul name hoor, kyk hulle vir die eerste keer na die geselskap. "Hei!" groet die ou haar. Hy lyk soos 'n kruis tussen 'n rugbyspeler en boyband-lid. Sy bruinblonde hare het highlights in, sy kuif half in sy oë. Janien is nie naby genoeg om die kleur van sy oë uit te maak nie. "Ek dig jou outfit," praat hy voor sy kans kry om terug te groet. Hy kyk haar op en af. "Nè, Marike?" praat hy met die meisie langs hom. "Daai bandana-ding lyk sick." Die meisie antwoord nie eintlik op die opmerking nie. Sy groet Janien, maar dit voel vir haar of die girl se kyk krities is, of sy haar opsom. Rooierige hare, mooi vel. Groengroen oë. Soos 'n kat? Ja, sy laat Janien beslis 'n bietjie aan 'n gemmerkat dink. Hulle staan vir 'n rukkie en maak die gewone praatjies oor van-waar-is-jy en hoe-het-jy-hier-beland en in-watter-skool-was-jy, drink later die Coke wat Helene bring. "Kom," sê Marike naderhand. "Ek gaan wys jou waar ons slaap. Julle twee ouens, maak julleself 'n bietjie handig. Ek gaan vir seker nie al dáái stuff by die trappe opsleep nie." Dis nie asof sy só vrek baie goed gebring het nie. Is dit? Janien drentel teësinnig agter die drie aan. Sy hoop wraggies nie sy en Marike deel 'n kamer nie. Sy was nog nooit 'n katmens nie.

(word vervolg)

No. 8

25


hulp

Marlé Booysen (Kruispad-redaksie)

is moeg vir jou en vir jóu, veral vir JOU en vir jou ook … as daar nou nog een persoon my vandag laat voel of ek nie goed genoeg is nie, gaan ek crack! En ek gaan verseker nie die dag suksesvol voltooi as iemand my probeer wysmaak dit maak nie saak nie! M-o-e-n-i-e vir my kyk asof ek verdwaal het nie! Ons weet tog waar ons hoort … of weet ons regtig? Mmm … die ontnugtering wanneer jy blootgestel word aan sosiale klasse na die onweerouderdom van 13. Miskien gee jou nickname jou weg, of hoop jy dat jou eie verkondiging van jou sosiale onkunde die spanning sal verlig. Dagdroom jy oor jou kleuterdae waar vriendskap gelyk was aan wegkruipertjie speel? Dalk is jy die grootste fan van make-over-flieks omdat jy té goed met die verdwaalde karakter kan identifiseer, of geniet jy jou double op sy/haar sosiale troon. Jy sal nie altyd in hierdie sosiale klas vasgevang wees nie, of dit nou 'n gesogte of stupid klas is. Al voel jy jy is tans gelief of ongelief, is dit jou verantwoordelikheid om aan jou karakter te bou en perspektief te behou. Wees versigtig om één ideaal te verwesenlik en alles anders te laat blur. Moet nooit in 'n konteks/gebeurtenis ingesluk word nie. Wat gaan oor vyf jaar saak maak? Dat jy die beste tan het en slang kan formuleer, dat jy nie supermankuite het nie, of dat jy deurgekom het, kan gaan werk/studeer en 'n goeie naam het?

No. 8

26

Iets wat jy wel in gedagte kan hou, is die sosiale vaardighede (soos vriendelikheid, gepaste selfvertroue en oogkontak) wat jou in staat stel om op 'n betekenisvolle manier interaksie te hê, en ook van jou emosionele intelligensie vereis (om jou eie emosionele staat te monitor, te beheer, en ander s'n positief te beïnvloed). Dis ook slim om met vriende om te gaan by wie jy pas en saam met wie jy geestelik kan groei (Spreuke 17:17; 18:24; 27:9 en Johannes 15:13-15). Jou ware vriende is veel karaat werd. Almal het verskillende persoonlikhede en verskillende behoeftes, so maak spasie … terwyl jy die belangrikste behoefte voor oë hou – om geestelik te groei en die mens/skolier/vriendin/werker/ student/voorbeeld te wees wat God wil hê jy moet wees (Romeine 12:17-18; Jakobus 3:12-13). Iemand wie se gedrag deur die Gees bepaal word (Galasiërs 5:25), van goeie smaak getuig (Kolossense 4:5-6) en volgens God se wil leef (Jakobus 4:13-17). Dit vereis die volgende: meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid (Filippense 4: 4-7; Kolossense 3:12-13). Dit maak nie saak wat jou gunsteling stokperdjie is nie – om aan Barbie se lippe te hang, die sterre te tel, om vir die eerste span te speel of om te kyk hoe verf droog word – jy bly jy 'n kind van God (sien Psalm 8). Al vra iemand wat skitter van sosiale mag sarkasties: "Gie, gie, hoor hier, het jy dalk verdwaal?" SMILE … want 'n Christen het wysheid en wysheid kies NOU waarmee dit later tevrede sal wees.

Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met 'n probleem worstel), en jy het nie die vrymoedigheid om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net 'n e-pos aan help@kruispad.net. Alle korrespondensie sal natuurlik streng vertroulik hanteer word!


Kruispad se redaksielede het besluit om ook elkeen 'n getuienis te gee. Hier is wat ons te sê het:

DIE Here het my onlangs geleer dat Hy dinge (soms stadig maar beslis seker) vir jou in plek laat val sodat jy sy werk kan doen. En wanneer dít gebeur, is dit tyd om te begin werk! Hy is baie beslis oor wat Hy wil hê jy moet in jou jare op die aarde doen, en wanneer jy probeer om te vlug van hierdie verantwoordelikheid, word jy 'n eensame en onsekere mens (vergelyk Jona). Wanneer jy egter vir God dankie sê vir die geleenthede wat Hy vir jou skep om sy werk te doen op aarde, en jy begin dit doen, dan seën Hy jou met wonderlike dinge (klein én groot goed) wat jy nooit sou kon voorspel nie, en raak jy skielik dolgelukkig!

Adri DIKWELS is die Christene waarmee dit goed gaan juis ook dié wat ondankbaar is, nors rondloop en éintlik so bietjie jaloers is op die ander Christene wat gelouter word deur swaarkry en teëspoed. Ek moes tot die besef kom dat voorspoed in my lewe 'n onverdiende gawe van af God is en dat ek Hom juis soveel liewer moet hê, soveel aandagtiger na Hom moet luister en soveel getrouer die pad moet volg wat Hy vir my beplan (ook in tye wat die lewe dalk nie uit sonskyn en angeliere bestaan nie). Dan sal ek altyd weet dat Hy in beheer is (maak nie saak wat die wêreld sê nie), dat my krag en geluk van Hom af kom (ek is tot niks in staat sonder Hom nie), en dat Hy my Vader is en ek sy kind is. Soli Deo Gloria ad infinitum!

Maureen EK het altyd gesukkel om ten volle te vertrou in die Here se liefde. Ja, ek het geweet dat Hy my liefhet, maar dit het nooit in my hart ingesink nie. Ek het nie verstaan wat dit beteken nie. Maar die Here het hard met my gepraat deur sy Woord (Romeine 8:38-38). Dié gedeelte in Romeine het my laat besef al maak ek hoe droog, is daar niks wat my van God se liefde kan skei nie. Nou kan ek met oorgawe vertrou op God se liefde en op al die beloftes oor God se liefde wat daar vir ons in sy Woord is.

Karel

EK is tans op 'n nuwe journey. Ek leer God opnuut ken en verwonder my oor sy kreatiwiteit – hoe Hy sy grootheid op onverwagse tye openbaar. Op die oomblik leer ek ook om te begin wegkyk van my eie pyn en te probeer verstaan waardeur ander gaan. Ek begin God ken as die Een wat heelmaak. Ek leer weer vertrou.

Anneretha ALHOEWEL ek kerk toe gegaan het en Bybel gelees het, het wêreldse dinge 'n belangriker rol in my lewe gespeel. God het egter 'n pad saam met my gestap en uitgewys dat redding in Jesus Christus belangriker is as enigiets anders in hierdie wêreld. Nou staan ek in diens van God en leef ten volle vir Hom.

Dirk AAN die begin van 2008 het ek nie geweet wat hierdie jaar vir my gaan inhou nie. Ek het gedink ek het 'n versekerde aanbod vir werk maar toe ek uiteindelik vir die onderhoud gegaan het, moes ek hoor dat hulle nie geld het om my aan te stel nie. Na 'n lang soektog het ek besluit om maar vanjaar met my Meestersgraad aan te gaan. Net daarna is ek genader om deel te word van die Kruispadspan. Die Here het my lewe so regeer soos Hy dit wou hê, dit vir my moontlik gemaak om vir Hom te werk sowel as om akademies verder te swot, en 'n salaris beskik waarmee ek my en my man kan onderhou.

Anri EK is met erge Tourette-sindroom gediagnoseer toe ek baie jonk was, maar God het my lewe op 'n fyn manier bestuur en mense oor my pad gebring wat my geleer het hoe om dit te hanteer en hoe om heeltemal normaal te kan lewe.

Stefan

AS jong meisie is ek baie seergemaak deur mans. Ek het geen vertroue in hulle oorgehad nie en geglo ek het hulle nie nodig nie. God het my deur al my issues gehelp. Hy het mans oor my pad gestuur om vir my te wys daar is wel mans wat daarna streef om volgens sy wil te leef.

Juanita TOE ek jonger was, was my manier van kommunikeer sarkasme en het ek almal rondom my seergemaak. Toe kom God en wys my wat liefde beteken en hoe ek ander as die beeld van God moet hanteer. Ek sluk hard as iemand sarkasties is, veral met mense wat dit dalk glo en as beeld van God seerkry. Julle sal nie glo nie, maar ek was baie anti-vrou gewees sonder dat ek dit agtergekom het. Ek het vroue verkleineer as die swakker geslag en grappe gemaak. Ek het baie vroue rondom my seergemaak net om myself te beskerm teen seerkry en om my wonde van liefdesteleurstelling weg te steek. Maar toe kom God en openbaar Homself as die Skepper van man EN vrou. Hy het my geleer die vrou is die kroon van sy skepping, Hy het my seerkry genees en my weer laat glo in Liefde. Nou weet ek deel van my rol as man is om die vrou nie te verkleineer nie, maar as die kroon van die skepping te hanteer.

Paul

2007 was die eensaamste jaar in my lewe, alles het figuurlik in duie gestort rondom my. Nooit gedink alleen se oortreffende trap behels soveel lyding nie. As ek nou terugkyk, besef ek God wou gehad het dat ek alleen moes wees, nie slegs fisies nie, maar geestelik, alleen by Hom. Dat ek alleen by Hom my rus, vrede, doel, aanvaarding en liefde moes vind. By my No. 8 God, my Redder, my Koning.

Rineé

'n ENKELE verwysing na Ingryping sal vir my afbreek doen aan 'n hele konteks van bestaan. Ek sien hoe my hele lewe al haarfyn beplan was voor my geboorte, selfs as ek na die persoonlikhede van mense in my lewe kyk. Dis alles wat die menslike verstand nie sou kon beraam nie, 'n duidelike geskiedenis van Bo-menslike beplanning.

Marlé

27



k

p m o

s eti

ie

UITGAWE 8

se kompetisie is gemik op diegene onder ons wat 'n plek voor in die ry gekry het toe logika uitgedeel is. Tog het ons hier by Kruispad dit goedgedink om so 'n paar leidrade te gee vir dié wat wil saamspeel, maar nie altyd so goed met die syfers vaar nie. Die wenners van hierdie kompetisie staan 'n kans om 'n baie nice hoodie of 'n hemp, geborg deur FSH, te wen. Die eerste korrekte inskrywing wen die hoodie en die volgende twee korrekte inskrywings elk 'n mooi hemp. Dit werk soos volg. Die drie vrae hieronder, A, B en C het elkeen drie moontlike antwoorde. Kies die regte antwoord en vul die syfer voor die antwoord in die blokkie met die ooreenstemmende letter in. Hiermee maak ons dit so effens makliker en skerp jy sommer jou Bybelkennis op! Net om dit te verduidelik, is daar 'n voorbeeld (V) ingesit. Stuur jou naam, kontakbesonderhede en die korrekte oplossing voor 30 Julie na die Kruispad-kantoor (ons adres is op bladsy 2) of stuur dit per e-pos aan interaksie@kruispad.net. Op julle merke … gereed … gaan!

V ) Wie het die volk in die Beloofde Land ingelei? 3 - Moses 5 - Josua 2 - Aäron Antwoord: V=5 A ) Wie was Dawid se adviseur? 3 - Natan 4 - Mefiboset 6 - Agitofel

B ) Waar het die dodebesweerster gebly wat Saul geraadpleeg het? 5 - En-Gedi 7 - En-Dor 8 - Jerusalem C ) Wat was die naam van die man waaruit Jesus die bose geeste verdryf het volgens Lukas 8? 1 - Lasarus 4 - Legio 8 - Jaïrus

No. 8

29


Left to tell: Discovering God amidst the Rwandan Holocaust Immaculée Ilibagiza with Steve Erwin Hay House Inc. 2006

SOMS raak ons so vasgevang in ons eie omstandighede dat ons vergeet om rondom ons te kyk, selfs vergeet om óp te kyk. Dan is dit gewoonlik goed om verhale te hoor van ander lewens, verhale van hoop. Left to tell is so 'n verhaal, 'n inspirerende en selfs lewensveranderende boek. As jy jou perspektief op die lewe en God wil vergroot, is hierdie 'n boek wat aanbeveel kan word. Suid-Afrika is 'n land waar geweld en misdaad aan die orde van die dag is. Koerante verkondig elke dag die boodskap: "Jy is nêrens veilig nie!" Ten spyte hiervan lei die meeste van ons kwaliteitlewens. Ons kan droom oor ons toekoms, en het die geleenthede om hierdie drome te bewaarheid. Immaculée Ilibagiza is 'n oorlewende van die menseslagting in Rwanda, waar meer as 'n miljoen Tutsi's in 1994 vermoor is. Sy het saam met sewe ander vroue vir drie maande lank in 'n piepklein badkamer weggekruip. In Left to tell word haar verhaal van hoop gedeel. Elizabeth Lesser, medestigter van die Omega Institute sê: "Immaculée is living proof that human beings can not only withstand evil, but can also find courage in crisis, and faith in the most hopeless of situations. She gives us the strength to find wisdom and grace during our own challenging times." Left to tell is 'n helder stem in die donker. Die skryfstyl is boeiend, die toon in die boek is eerlik maar vol hoop. Die boek dra 'n positiewe boodskap uit wat ons juis so bitternodig het om vandag in Suid-Afrika te hoor.

Son of Man* Regisseur: Mark Dornford-May Spier Films, 2005 Ouderdomsbeperking: 16TG

No. 8

30

SON of Man is 'n parafrase van Jesus se lewe en dood, en is gebaseer op die verhaal wat ons in die Nuwe Testament lees. Die verhaal word egter opgedateer en weergegee as 'n verhaal wat afspeel in 'n brandarm plakkersbuurt in 'n fiktiewe staat, Judea, in Suidelike Afrika. 'n Jong vrou, Maria (Pauline Malefane), word tydens 'n burgeroorlog deur 'n engel besoek wat aan haar vertel dat sy geboorte sal skenk aan die Seun van God. Wanneer dié seun, Jesus (Andile Kosi), volwasse is, begin hy om 'n nuwe geloof te preek, wat meegevoel en vrede verkondig en terselfdertyd die korrupsie en brutaliteit van die politieke leiers verwerp. Die film is visueel 'n meesterwerk wat gevul is met Afrika-simbole, en meesleurende danse en melodieë. Albei die hoofakteurs (Malefane en Kosi) speel hulle rolle

oortuigend. Veral die toneel waar Maria vir die diktator, Herodes, moes vlug wat al die kinders onder twee jaar laat doodmaak het, het my diep geraak. Alhoewel die film uitgegee word as "'n hedendaagse, Afrika-verteenwoordiging van die Christusfiguur", skiet die karakter en die storie ver tekort aan die kernelemente van Christus en word die hele betekenis van die Evangelie daardeur verander en vervlak. Ons het as Christene 'n plig om die verlossing deur Jesus Christus aan die wêreld te verkondig, maak nie saak wat nie. Ons moet onthou dat dit nie nodig is om kulture te vernietig nie, maar dat dit aangepas moet word om volgens die Woord ooreen te stem. Dit lyk of die regisseur van Son of Man probeer het om die evangelie met 'n hedendaagse kultuur en omstandighede te meng en om dit sodoende toeganklik te maak vir 'n moderne, Afrika-gehoor. Die film kon groot potensiaal hê as 'n Evangelistiese hulpmiddel as – en dit is 'n groot AS – die woorde uit die Evangelies (in die Bybel) gebruik was. 'n Goeie weergawe kan baie help om Afrika te evangeliseer, maar die regisseur het dit nie hiermee reggekry nie. Sy probeerslag het eerder gelei tot 'n godslasterlike film vol dwaalleer en 'n verdraaiing van wie Jesus werklik is. Son of Man tas die goddelikheid van Jesus aan en stel Hom nie voor as die Bevryder van sondaars nie, maar eerder as 'n menslike bevryder van onderdruktes. Jesus is hierin 'n politieke bevryder wat skares "vreedsaam" opstook en klem lê op die mens se ingebore goedheid. Dit is 'n blatante leuen wat heeltemal teenstrydig is met wat die Bybel ons leer, naamlik die mens is van nature boos en sondig (Romeine 5:12; Heidelbergse Kategismus, Sondag 3; Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 15). Jesus het self gesê: "Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars," (Markus 2:17). In Son of Man word Jesus doodgeskiet en dan in 'n graf begrawe. Maria kom grawe sy lyk uit en hang sy liggaam aan 'n kruis. Dit is NIE wat met Jesus gebeur het nie. Jesus moes juis aan die Kruis sterf, omdat die kruisdood deur God vervloek is (Deuteronomium 21:23). In Son of Man toi-toi Jesus se volgelinge onder die lyk en skree voertsek vir die militêre magte wat voor hulle staan (weereens 'n blatante verdraaiing van die Evangelie). Verder word die engele voorgestel as klein seuntjies wat met vere beplak is. Leuen! Lees gerus vanaand hoe engele hulself aan Bileam se donkie (Numeri 22), Gideon (Rigters 6), Manoag en sy vrou (Rigters 13), Daniël (Daniël 8&9) en aan Johannes (Openbaring) openbaar het! Die frase, Son of Man, wat as die titel van die film gebruik word, kom 85 keer voor in die King James-vertaling van die Nuwe Testament. Dit is jammer dat hierdie godslasterende weergawe van die Evangelie hierdie titel dra. Is dit miskien om die Christenmark te bereik met gekamoefleerde dwaalleer en dan ook die sekulêre mark omdat dit so omstrede is? Na my mening is dit swak smaak, swak styl en blatante laster. Vermy gerus Son of Man.

*Die resensie vir Son of Man is geskryf deur Thys Lourens met insette van Marco le Roux, SD de Kock, Bruwer Malan en Dirk Kruger. Met dank aan Humble Pie Entertainment vir die uitnodiging om Son of Man te kon kyk.

Boekresensies: Anneretha Combrink | Kunstenaarsprofiel: Dirk Kruger


THIRD Day is 'n Christelike Rock-groep wat in 1991 deur die hoofsanger Mac Powell en kitaarspeler Mark Lee gestig is. Hulle naam verwys na Jesus wat op die derde dag opgestaan het uit die dood. Tot op hede het hulle al tien studio-albums uitgegee. Hulle nuutste album, Revelation, is aan die van einde Junie in Amerika vrygestel. Third Day het al meer as ses miljoen albums verkoop en het een Platinum album, een Platinum DVD en ses Goue albums op hulle kerfstok. Die groep het ook altesaam 23 Dove Awards en 3 Grammy Awards (uit 8 nominasies) gewen. Die Amerikaanse tydskrif Billboard beskryf Third Day as "nie net een van die beste Christelike Groepe van die 90's nie, maar een van die beste rock-groepe ooit." Alhoewel Third Day al soveel sukses behaal het, bly hulle steeds nederig en is God hulle eerste liefde. 'n Mens kan in die lirieke sien hoe hulle hul geloof uitdruk en uitleef. Stunning songs sluit onder meer Cry out for Jesus, Consuming Fire, Angus Dei/Hallelujah en hulle verwerking van die geloofsbelydenis in. Third Day se musiek wissel vanaf moderne en Southern Rock, tot worship musiek. Hulle het twee worship-albums, Offerings en Offerings II. Alhoewel die styl van elke album bietjie verskil, bly die sentrale boodskap van Third Day se musiek dieselfde, hulle passie om deur hulle musiek hoop en redding deur Jesus Christus te verkondig. Third Day se aanhangers word Gomers genoem. Gomer word deur die lede as hulle van gebruik en elkeen kies dan 'n naam daarby, soos byvoorbeeld Jumper Gomer. Gomer was die naam van die prostituut waarmee die profeet Hosea moes trou. Ten spyte van alles wat sy gedoen het, het hy altyd na haar toe teruggegaan. Die liedjie Gomer's Story, sit die hele verhaal van Hosea en Gomer uiteen. Gomers trek oranje T-hemde na die konserte toe aan, sodat hulle maklik uitgeken kan word.

Indien jy vertroud wil raak met Third Day se musiek, is Chronology Volume 1 'n baie goeie CD om mee weg te spring. Dit bevat die groep se geskiedenis vanaf 1996 tot 2000. Jy kry 'n DVD daarby met video's van hulle eerste optredes, hulle toekennings en vier van hulle musiekvideo's. Die CD bevat 17 songs, amper 80 minute se luistergenot, maar wat dit veral laat uitstaan, is die nuwe opnames van hulle songs. Third Day gebruik hulle talente om God mee te eer en die verlossing deur Jesus te verkoning. Hierdie ouens is nie skaam om as Christene ge-label te word nie en leef voluit vir Jesus. Wees op die uitkyk vir Third Day se nuwe CD, Revelation, wat tans op die rakke is. Die meeste van Third Day se albums is beskikbaar by CUM Boeke.

Gaan besoek gerus een van die volgende webblaaie vir meer. inligting oor hierdie kunstenaars: www.thirdday.com http://christianmusic.about.com/od/mzprofiles/p/apr3day.htm http://www.activemusician.com/Third-Day-Biography--t8i3008 Die lede van Third Day: Mac Powell – Die ou met die diep stem Mark Lee – Kitaar David Carr – Dromme Tori Anderson – Baskitaar CD's: Revelation – 2008 Chronology Vol. 2 – 2007 Chronology Vol. 1 – 2007 Christmas Offerings – 2006 Wherever You Are – 2005 Live Wire – 2004 Wire – 2004 Offerings II: All I Have to Give – 2003 Come Together – 2001 Offerings: A Worship Album – 2000 Time – 1999 Southern Tracks – 1999 Conspiracy #5 – 1997 Third Day – 1996

No. 8

31


No. 8

32


No. 8

33


Kruispad het vir ons lesers gevra:

Wat is vir jou die positiefste ding rondom die te kort aan krag? Alles is nie altyd so negatief soos ons dink nie en in sulke tye kan 'n goeie ding ongemerk sy kop uitsteek. Is dit dalk meer tyd saam met jou familie, 'n goeie verskoning om te ontspan of dalk 'n unieke situasie waarvan niemand weet nie?

Ek dink 'n positiewe ding is die feit dat dit nie 'onsigbaar' is, soos korrupsie, nie! Wel as grafiese ontwerp student is dit nogal frustrerend om nie krag nie aan te hĂŞ nie want dit wil se ek kan nie aan my projekte werk nie, maar dit laat jou ook waardeer die feit dat God mense slim genoeg gemaak het om die natuur te manipuleer om iets soos elektrisiteit te maak. Oe nog 'n ding!! Ek speel nou met verf en allerhande lekker dinge so dit gee nogal 'n nostalgiese effek.

- Phia le Roux

- Rico Smith Ons leer weer om wasgoed met die hand te was, op gas te kook en met kerse te swot ‌ nogal partykeer pret! Hey, thanks vir die een dit laat mens nogal dink, want ek was hoogs gefrustreerd as ek 2 uur die middag in Duncan straat, Pretoria in draai en al die verkeersligte is af, maar dit is waar daar is tog iets positief, want dan kry ek kans om bietjie rond te kyk na goed, waar ek gewoonlik net by verby ry! Tatta

- Cornelia Van Oostrum

- Nadia Steenkamp

No. 8

34

Onthou om vandag nog jou inskrywing vir die Plak-en-wen kompetisie in te stuur. Dalk kan jou inskrywing hierdie drie Kruispad-lesers se verste foto beat! Kyk in #7 watter pryse op die spel is. Sluitingsdatum: 30 Augustus 2008

Kruispad saam met Karolien, Maryke en Marius van den Berg in Rio (April 2008)


het so bietjie met ONS die jongmense om ons gepraat en gehoor wat hulle dink God se plan met Suid-Afrika is. Hier is 'n paar van die antwoorde:

Ek dink in 'n sin dat die Here ons beproef, want of ons hier bly of gaan, ons bly Christene wie se plig dit is om die Woord te verkondig. Ek glo die Here het 'n plan, Hy is in beheer al voel dit dalk nie altyd so nie. Ons het dalk nie perfekte wêreldse omstandighede nie, maar die oes is ryp en die arbeiders min! Dit is actually sad wat ons doen. Ons druk ons koppe in die sand en dink verskonings uit. - Dirkie Steyn Ek dink God het in Suid-Afrika 'n tuin geskep wat al die klimate, geure en kleure van die wêreld saamvat in een. Die mense wat die land bewoon het advantage hiervan geneem (en doen dit nog steeds) en is besig om dit te misbruik. Ek dink God leer en lei die mense van hierdie pragtige land om weer te besef hoe beeldskoon hierdie gedeelte van sy skepping is, sodat ons Hom opnuut kan loof en prys daarvoor deur dit te bewaar en waardeer. God herstel die besef van die mens se rentmeesterskap! Dit is slegs my persoonlike opinie. - Lize Viljoen Ek dink God se plan met hierdie wonderlike land is definitief om alle landsburgers en alle nasies bymekaar te bring, en ons deur geloof tot die besef te bring dat ons almal in dieselfde situasie sit, en dat nie een van ons kan sê dat ek swaarder kry as my medemens nie. Almal in die land voel op een of ander manier hoe dinge uit die verlede ons tref, en almal wys vingers, maar almal vergeet om op te kyk na God, te vra wat Hy vir ons wil hê. Ons is almal gelyk in God se oë, ons is broers en susters, die Woord van God moet deur alle gelowiges bedien word aan ander wat nie van God weet nie, die mense wat nie eers weet dat daar iets soos 'n Bybel bestaan nie. Ons moet ophou selfsugtig wees en onsself bejammer, begin omsien na ons naaste, en vir God vra wat sy plan is met ons, as broers en susters wat werklik lief is vir mekaar. - Stefan Steyn Wat beplan God vir Suid Afrika? 'n Beter vraag wat ons dalk onsself moet afvra is: Wat beplan God vir sy volk? Met die dat ons deel is van die verbondsvolk, kan ons nie anders as om in dié lig na die saak te kyk nie. Ja, daar is geweld, vrees, diefstal en haat onder die mense, maar ons as Christene het iets meer om die land te bied. Liefde.

Ons lewe in opdrag van God om sy Woord uit te dra aan al die mense wat nog nie deel is van sy volk nie. As ons na die perfekte voorbeeld gaan kyk, Jesus Christus, kan ons nie vaskyk in die geweld wat om ons heers nie, want ons het 'n taak om te verrig. Ons moet die Goddelike liefde wat in ons oorloop, aan ander mense oordra, ons moet dit uitdeel. Die liefde is in elk geval so oorvloedig dat ons dit nie vir onsself kan hou nie. Ons verwys so gereeld na onsself as potte wat in die hande van die Pottebakker is. Ons word gemaak met krake juis sodat ons dit wat in ons is met ander moet deel! God kom juis tot sy volmag in ons onmag. So die toekoms van die land is in ons hande. As ons besluit om God selfsugtig vir onsself te hou, gaan God niks in jou lewe beteken nie, maar as ons deur ons eie gebrokenheid die Here aan almal verkondig, kan die land nie anders as om die Here te ontmoet nie. So wat beplan God vir Suid Afrika? Vir ons? Jesaja sê dit vir ons verskriklik mooi! Jesaja 51:12–16 "Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle. Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens wat so maklik vergaan soos gras? Jy vergeet die Here wat jou gemaak het, wat die hemel oopgespan het, wat die aarde se fondamente gelê het. Jy was altyddeur bang vir die woede van die verdrukker, vir hom wat daarop uit was om jou te vernietig, maar waar is die woede van jou verdrukker nou? Binnekort sal dié wat nog gevange gehou word, vrygelaat word, die ballingskap sal nie hulle graf word nie, en hulle sal nie honger ly nie. Ek is die Here jou God, Ek laat die see onstuimig word, Ek laat sy golwe dreun. Sy Naam is die Here die Almagtige! Ek het vir jou gesê wat jy moet sê, en jou beskerm in die skaduwee van my hand, want Ek het die hemel oopgespan en die aarde se fondamente gelê en vir Sion gesê: Jy is my volk." - Bruwer Malan

No. 8

35


KRUISPAD

verskyn nou al vir so 'n bietjie meer as 'n jaar, en die redaksie het al ongelooflike, positiewe terugvoer gekry van julle kant af. Ons waardeer elke liewe inset, en vra dat julle asseblief sal aanhou om dit te lewer! Hier is van die kommentaar wat ons al gekry het (gaan kyk gerus op http://www.kruispad.net/sejouse.html vir nog, of op ons Facebook-groep).

KOmmentaar per e-pOs en slakpOs Goeie more Ek wil net graag baie geluk sê met 'n ongelooflike goeie tydskrif! Ek is verantwoordelik by Duetgemeente vir die jeugbediening: GIMP. Dis die eerste keer dat ek hierdie tydskrif sien, en ek dink dit is werklik relevant en aktueel. Ek het grootgeword in die Gereformeerde Kerk en daar gestudeer aan my teologiese graad, so ek's werklik lief vir die Gereformeerde Kerk. Daarom maak dit my heavy opgewonde om te sien dat julle so 'n great poging aanwend om relevant te wees vir hierdie generasie. Ek dink baie kerke kan by julle leer! Ek bid werklik dat die Here julle net meer en meer sal gebruik in mense se lewens deur hierdie tydskrif! Sterkte! - Deon de Klerk

No. 8

36

Hi julle! Ek wil net graag duisende dankies sê vir hierdie Christelike tydskrif! Kruispad is hiper cool, die jeug het al lankal so 'n tydskrif nodig, en nou het ons hom danksy julle! Hey, daar's nou eers ses uitgawes uit en die tydskrif is al klaar gr8! Well done! Kan nie wag vir #7 nie … Dankie vir die wonderlike tydskrif, dit verander lewens … kan nie wag om te sien hoe die tydskrif oor tien jaar gaan lyk nie, kan net dink! Soli Deo Gloria - Riandi du Plessis


KOmmentaar Op www.kruispad.net Wow! Wat 'n website! Ek het toevallig hiernatoe gekom na ek julle URL in die tydskrif gesien het … Dit is great dat ons jong klomp ook vir julle belangrik is. Thanks, julle rock! - Henry Calitz Kruispad is 'n opwindende nuwe jeugtydskrif wat dadelik my aandag getrek het. Ek is baie in my skik met die beplanning en uitleg daarvan en ek dink ook dat dit baie tieners op 'n unieke wyse gaan raak. Ek het al self van die uitgawes ontvang en dit vang dadelik die oog. Dit is ook oulik dat julle mense van buite se opinie vra. Ek dink julle gaan 'n groot sukses hiermee! Sterkte, en mag die Here by julle wees. - Aliana van Emmenis Dankie vir die site. Dit het my rêrig geraak en ek wil net baie dankie sê vir al julle moeite. Ek het van die site gehoor by 'n vriend en dadelik kom kyk. Dis 'n wonderlike site en ek sal meer jongmense aanbeveel om hiernatoe te kom. Baie dankie en mag die Almagtige God almal seën. - Morne van der Merwe

Hey julle – hierdie is rêrig 'n amazing website. Al wat my pla is dat dit op Flash is. Het julle nie dalk 'n weergawe vir selfone nie? Dit sal so cool wees! Verder kan ek net sê hou so aan, want Kruispad is ongelooflik! Ek wens net dit was bietjie dikker en het meer gereeld uitgekom … Dankie vir 'n uitstekende tydskrif (dit vul definitief 'n leemte in die tydskrifbedryf). - Fransa de Klerk

KOmmentaar Op facebOOk Kruispad, wil maar net sê julle is heavy nice! Om te sien hoe baie jongmense nog steeds Christene is! Dis amazing! Voorspoed vir 2008 aan al die Kruispad-lesers! Ciao! - Joani Smit Hello, dis 'n baie exciting tydskrif vir die jeug en ek hoop dat julle goed doen! Uitgawe 3 was awesome! - Tiaan Bekker

No. 8

37


Straatkinders Dirk de Bruyn (voorsitter van Thusanang-uitreik, Potchefstroom)

DIT

No. 8

38

is so 'n groot voorreg om 'n kind te wees! Is dit? Verlede jaar het ons, 'n paar studente van die Gereformeerde Kerk Cachet in Potchefstroom, besluit ons wil 'n uitreik begin na al die straatkinders in Potchefstroom. Hierdie uitreik het geweldig gegroei en God het ons baie geseën. Ons beoog nou om twee kampe vir die kinders te reël sodat ons aan hulle die Woord van God kan verkondig deur hulle van al die slegte dinge af weg te vat, hulle te versterk en dan hulle as versterkte Christene weer in hulle omstandighede terug te plaas. Ek wil al ons medegelowiges aanmoedig om God se Woord oral aan almal uit te dra sodat ons God se opdrag in Matteus 28 kan uitvoer. Ek kan julle belowe dat ons Vader ons sal seën wanneer ons die opdrag uitvoer, want ons is sy kinders. So, is dit is voorreg om 'n kind te wees, 'n straatkind, 'n weeskind, 'n normale kind of 'n gestremde kind?

Verseker! As jy vir God leef en jou lewe aan Hom toevertrou. Dit is wat ons hierdie straatkinders leer. Dit is verbasend hoe bly dit 'n kind maak om van God te hoor. Ek wil julle uitnooi om my te vergesel op die pad van vreugde. Kom saam om God se Woord te verkondig, maak nie saak of jy jonk of oud is nie, jy kan nog ten minste een kind bly maak! As jy meer wil uitvind of 'n skenking wil maak vir die dienswerk wat ons verrig, kontak Dirk de Bruyn (076 574 0520). Ons bankbesonderhede is: Absa bank Tjekrekening Takkode: 632005 Rekeningnommer: 9190753469


SEETOER 2008 Tuks Sendingweek Wanneer: 20 Julie 2008 tot 25 Julie 2008 Waar: Amfiteater op Tukkies Tyd: 19:00 tot 21:00 "DAAR was 'n behoefte om in 'n hededaagse milieu 'n studente-sendingbeweging in Suid-Afrika te vestig, soos wat Ryan Shaw dit in Amerika gedoen het, met ander woorde studente te wen met 'n passie vir niegelowiges. Toe kom Swazi1000 oor ons pad. Ons visie is om 'n 1000 studente Swaziland toe te vat, na 'n plek genaamd Bulembu. Dit is 'n klein, invloedryke plaasgemeenskap in Swaziland wat in elke faset van die grond af opgebou moet word. Van opvoeding en besigheid tot landbou moet van niks af opgerig word. Hierdie studente skenk vir twee weke lank hulle vaardighede om in Bulembu te belê, en leer in die proses wat praktiese sending behels. Ons hoop dit kan uiteindelik daartoe bydra dat hierdie mense hulle lewens vir sending gee en dalk betrokke raak in onder andere die Noord-Afrika 10/40 venster." - Teodore van der Spuy Tuks Sendingweek behels: > Spreker Ryan Shaw – 'n Amerikaner met 'n passie vir sending, spesifiek in die Ooste. Hy het die student mission movement in Amerika begin. > Aanbiddingsleiers soos Retief Burger en Stass met Onbeskaamd > 'n Fenominale bash op Vrydagaand, 25ste Julie, met Straatligkinders as hoofkunstenaar. Kontak Ruan Engelbrecht by 083 706 2825 vir meer inligting.

VANAF 26 September tot 3 Oktober word daar vir die hoërskool jongmense van klassisse Middelburg en Rustenburg 'n kamp aan die suidkus aangebied. Die tema van die kamp is Dors en word aangebied in samewerking met Kruispad. Ons gaan daagliks Bybelstudie doen, lofprysing en aanbidding hou en daar gaan natuurlik genoeg tyd wees vir lekker kuier en vriende maak! Die koste van die kamp beloop R1 200,00/persoon. Daar is egter net plek vir 'n 100 kampgangers, so spring gou om plek te kry. En ja, natuurlik is jou vriende ook welkom! Stuur vir meer inligting 'n e-pos na seetoer@kruispad.net of kontak ds. Paul Grobler by 083 973 0443.

Webblaaie www.troubledwith.com

Weet jy dalk nie meer met wie om te praat of watter kant toe nie? Troubledwith.com is 'n webblad met interessante artikels oor streshantering, verslawing, verhoudings en groot veranderings in jou lewe. Hierdie webblad is egter net 'n praktiese verwysing en handleiding en vervang nie raad, mediese, psigiese of gelisensieerde professionele hulp nie. As jy besef jy het verdere hulp nodig, probeer om met iemand te praat wat jy vertrou.

www.ChristianAnswers.net

Hierdie is 'n heerlike webblad om te besoek. Hier word 'n verskeidenheid vrae wat jy dalk mag hê, beantwoord. Al ooit gewonder presies hoeveel hoofstukke, verse en woorde in die Ou Testament is, of hoekom die Bybelboeke in 'n spesifieke volgorde in die Bybel ingedeel is? Wel, gaan maak dan 'n draai op ChristianAnswers.net!

www.clarifyingchristianity.com

JonkLive! ONTHOU om die naweek van 29 tot 31 Augustus in jou dagboek aan te teken! In Irene, Pretoria word daar hierdie naweek 'n musiekfees vir alle gelowiges, jonk van gees, gehou. JonkLive is 'n musiekfees wat deur die NG Kerkgenootskap se Jeugdeputate gereël word. Daar gaan onder meer 'n liedjieskryfkompetisie gehou word, asook as 'n dagfees, aandfees en stalletjies. Christen-kunstenaars wat gaan optree, is Retief Burger en Leza Liversage van Luidkeels, Louis Brittz, Julian Manuel, Vertikaal en Stass, om maar 'n paar te noem (en die spreekwoordelike wortel voor jou neus te hou). Gaan kyk gerus op www.jonk.co.za vir meer inligting.

Die Bybel is nie 'n wetenskaplike handboek nie, maar waar pas die wetenskap dan in? Die webblad bevat artikels wat onder andere verklaar waar dinosourusse in die tydperk van die Bybel inpas. Wat lekker is, is dat hulle alles verduidelik aan die hand van die Bybel se teks, met verwysing na die oorspronklike vertalings in Grieks en die verband daarvan met wetenskaplike feite. So, het jy dalk nie geweet dinosourusse kom in die Bybel voor nie? Gaan kyk 'n bietjie op die webblad wat daar dalk nog is wat jy nie weet nie.

www.carm.org

Het jy al ooit iemand hoor sê: "Ons God en geloof is eintlik maar dieselfde ding". En jy het dalk nie geweet wat om die persoon te antwoord nie. Gaan kyk 'n bietjie na hierdie webblad en die interessante stukke oor verskillende gelowe en hoe dit van die Christelike geloof verskil.

No. 8

39



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.