Kruispad #23

Page 1


ons dit doen?

Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.

HOE wil

HOEKOM

is ons hier?

Kruispad is ‌ 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.

Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig diĂŠ van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van bydraes.

TYDSKRIF INLIGTING

Uitgegee deur die GKSA Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 297 3986/7 Sel: 082 392 2093 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net

Rekeningbesonderhede vir donasies Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD

Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za

Ontwerp: Unspoken Studio Tel: 083 389 3290 E-pos: info@unspokenstudio.co.za Web: www.unspokenstudio.co.za

DIE REDAKSIESPAN Redakteur & Subredakteur Maureen van Helden maureen@kruispad.net

Aktueel Mpho Mososi aktueel@kruispad.net

Kreatief Gee-jaars kreatief@kruispad.net

Assistentredakteur Anneke van Helden anneke@kruispad.net

Advies & Hulp Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net

Adviseur: Jeugdeputate Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za

Webmeester Paul Grobler paul@watu.co.za Interaksie & GIGS Janien de Kock interaksie@kruispad.net Gee-jaar Suzanne Coetzer gee-jaar@kruispad.net Resensies Tania Kruger Janien de Kock resensies@kruispad.net

Sending Kabelo Mohotsi Mpho Mosasi sending@kruispad.net Leefstyl Juanita van der Merwe leefstyl@kruispad.net Rubrieke Edgar Trollip rubrieke@kruispad.net Totius-reeks Esmari Linde

MEDEWERKERSPAN Dr. Piet Lourens Dr. Rassie Smit Emmerentia van Jaarsveld Ds. Karel Steyn Hennie Dekker Elize Oosthuizen Benn en Dolf van Coller Ds. Henning Venter


TEKEN IN OP Kruispad

INHOUDSOPGAWE Red@Kruispad

4

Gee-jaar 2013

5

Dis moeilik om te bid

Dis maklik om te bid

6

Here, leer ons om te bid

10

My woorde het arendsvlerke

11

Uniek: Leef in oorwinning (2)

13

Geopende Deure / Underground

16

Sendinghulp: Die Chrislam

20

Die King James vier 400 jaar

24 African focus: Youth in our Reformed 26 churches E100-Bybelleesuitdaging 2012

29

Getuienis: In die holte van sy hand

33

Hulp: Gebed bevorder geloof

en gesondheid

38

MES: Ons verander die hart van

die stad al vir 25 jaar

40

Kompetisie

43

Seine in die nag

44

M!ST

47

Totius (slot): Genade, alles genade

48

Rooihout: Braaivleis

52 Leefstyl: God verstaan tot Afrikaans! 54 Resensies 56 HarTklop 2011 en G-kafee 2012

58

Eerstejaarskampe 2012

60

Nuwe intekenaar Bestaande intekenaar (hernuwing) Geskenk vir iemand Besonderhede van intekenaar Naam en van_______________________ Gemeente_________________________ E-pos ___________________________ Posadres__________________________ __________________Poskode_________ Kontaknommer _____________________ Ouderdom_________________________ Besonderhede van ontvanger (indien ontvanger verskil van intekenaar) Naam en van_______________________ Posadres__________________________ __________________Poskode_________ Gemeente_________________________ E-pos ___________________________ Kontaknommer _____________________ Ouderdom_________________________ Intekenopsies Hernuwing Aanvra van spesifieke uitgawe @ R 25 Uitgawe no. _______ Intekening 4 uitgawes @ R 80 6 uitgawes @ R 120 Aantal persone waarvoor ingeteken word __________________________________ (Vir groepe van meer as 10 persone geld spesiale tariewe en moet 'n volledige adreslys aangeheg word. Stuur gerus 'n e-pos aan inteken@kruispad.net vir meer besonderhede of heg die adreslys aan die intekenvorm.)

Verdere besonderhede op volgende bladsy


Red@Kruispad TEKEN IN OP KRUISPAD (VERVOLG)

Voorspoedige 2012!

Welkom in hierdie nuwe jaar! Dis 'n nuwe Wyse van betaling begin en soveel nuwe dinge lê vir elkeen Tjek van ons voor. Een hiervan is die splinternuwe KruispadPosorder tydskrif wat jy nou in jou hande vashou. Sien jy dalk enigiets anders raak? ;) 10 Elektronies uit 10! Kruispad het 'n spiksplinternuwe, sakpas, A5 baadjie aangetrek en het Kontant nou ook meer om die lyf – 60 bladsye om presies te wees (ai, die DesemberDatum van betaling rolletjies …)! ______________________________ Dis met groot dankbaarheid teenoor God wat ons elkeen die nuwe jaar kan Ek het van Kruispad gehoor by ingaan. Nie net het Hy ons tot hier gelei en gespaar nie, maar Hy skenk ook vir Naam en van ons elkeen hierdie jaar en die krag om al ______________________________ ons take te kan voltooi. Pak dus elke dag met vreugde aan en dank God vir die Kontaknommer genade dat jy hier kan wees en soveel ______________________________ hooi op jou vurk kan hê! Die tema van hierdie uitgawe is Gebed. Stuur jou intekenvorm en bewys van Ons kyk bietjie hoe ons moet bid, wat betaling na een van die volgende gebed vir ons as Christene beteken en adresse: hoe spesiaal hierdie kommunikasiekanaal E-pos: inteken@kruispad.net tussen jou en God is. Verder kry jy 'n Faks: 086 656 6745 Bybelleesjaarbeplanner – want waar Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, kry ons mooier voorbeelde van God se 2522 kinders wat bid as juis in sy Woord? Dit is om jou aan te spoor om vanjaar saam Bankbesonderhede met jou medegelowiges te lees, saam met Naam: GKSA Admin Buro t/a hulle te bid en bowenal, vir mekaar te bid. Kruispad O ja, voor ek vergeet! Saam met ons Bank: ABSA splinternuwe tydskrifformaat het ons ook Takkode: 632005 ons splinternuwe webblad ge-launch! Rekeningnommer: 670 140 040 Gaan besoek bietjie www.kruispad.net en Gebruik as verwysing 0562/004/ laat weet ons wat dink jy van Kruispad se (Naam en van) nuwe look and feel! Soos altyd: Stuur gerus voorstelle vir Nadat jou bewys vanbetaling ontnuwe temas na red@kruispad.net en, as vang is, sal jy die daaropvolgende jy lus het om self 'n artikel (of gedig, foto uitgawes ontvang. Terme en voorof enigiets kreatief) in te stuur, stuur dit waardes geld. Stuur 'n e-pos aan na kreatief@kruispad.net. kantoor@kruispad.net met enige vrae. Tot volgende keer … Maureen Soli Deo Gloria!



Dis moeilik om te Dis maklik om te

BID

Piet Lourens (GK Bloemfontein)

V

6

ir baie van ons is dit 'n probleem om te bid, veral voor mense, want ons het eintlik nooit geleer hoe nie. Toe ons klein was, is ons geleer om te bid: "Jesus, maak my hartjie rein, dankie vir Pappa en Mamma …" en vandag sê baie grootmense dieselfde tafelgebed op as hulle ouers en hulle grootouers … Meestal word gebedjies opgesê soos mooi gediggies en as ons vashaak, raak ons skaam en bloos ons. Ons wil ook nie voor mense bid nie en wonder vir jare lank of ons reg bid! Moenie alleen voel nie! Ons Here Jesus se dissipels het Hom ook 'n slag gevra: "Here, leer ons bid," (Lukas 11:1). Toe gee Jesus aan hulle die Onse Vader as 'n voorbeeld.

of 'n gesamentlike gesprek soos in die erediens. Ek praat met God. Daarom is dit belangrik om te weet wie die ek is en Wie God is. Daarna word dit maklik (ek bedoel eintlik moeiliker, want ek is sondaar en God is so groot en heilig). Ja, dit word makliker want as ek as God se kind met God praat, word dit regtig 'n hartsgesprek met my hemelse Vader!

Dis moeilik om te bid en dis maklik om te bid … Kom ons sê dat 'n gebed 'n blote gesprek met God is – 'n privaatgesprek (in my binnekamer)

Visualisering Om dit vir ons maklik(er) te maak om met God te praat, kan ons gebruik maak van visualisering. Ons hele brein en begrip werk met prentjies. Daarom is dit moeilik om abstrakte

Kruispad uitgawe 23 - 2011

Die Bybel gee aan ons 'n paar belangrike riglyne

Oriëntering Die eerste is ons oriëntering as ons uit respek die radio afsit en ons regskuif om ons van aandagafleibare dinge af te sonder (dis hoekom ons ons oë toemaak). Die goue reël is respek vir God.


begrippe te verstaan (dis hoekom party van ons sukkel met wiskunde en chemie). Dis waarom mense ook vertel dat hulle moeite het om te glo, te bid, God te dien … dalk ook deels die rede waarom Aäron 'n kalwerbeeld gemaak het! Ons het almal geleer: "Een appeltjie en een appeltjie is twee appeltjies". So word 'n sigbare beeld gebruik om iets onsigbaars verstaanbaar te maak. Die vorming van "prentjies" in ons kop word "visualisering" genoem. Dit kan dien as hulpmiddel om vrymoediger te kan bid. Kommunikasie Met al die tegnologie van foto's en deuntjies op ons selfone weet ons onmiddellik wie ons bel of SMS en

met Skype kan ons selfs sien wat die persoon op daardie oomblik doen! As ons bid, is daar in ons gedagtes N(n)iemand aan die ander kant nie … Wanneer ons weet wie ons bel, verander ons wyse van praat. As dit jou vriende is, is jou totale manier van praat anders as wanneer dit jou pa is wat bel. Visualisering bepaal die kommunikasieproses, jou emosie en taalgebruik. As jy besluit om te bid, gaan jy met God praat. Dit skep juis 'n probleem oor "Wie" en "Hoe" en "Waar" God is. Dit laat ons wonder of Hy ons hoor,

Kruispad uitgawe 23 - 2011

7


of Hy enigsins bestaan? So praat Hebreërs 11:6 daaroor: "Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon." Enige vorm van kommunikasie wil die "prentjie" in die kop van die spreker so oordra dat dit dieselfde "prentjie" in die kop van die hoorder vorm, dan verstaan die twee mekaar. Dis juis die probleem met tale en hieroor wat Paulus in 1 Korintiërs 14:10-11 skryf: "Daar is wie weet hoeveel soorte tale … en geeneen daarvan is sonder klank nie. As ek die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees." Geloofsverbeelding Visualisering maak dat ons God in ons verbeelding "sien". As ek dus met God praat, moet daar iets van 'n "prentjie" in my kop vorm van Wie ek mee praat. Ons kan

8

Kruispad uitgawe 23 - 2011

hier praat van geloofsverbeelding. Moenie dink dit is 'n nuwe gedagte nie, dis al eeue deel van mense se godsdienspraktyk, byvoorbeeld as die dominee aan die einde van die erediens voor die slotseën sê: "Verhef u harte tot God en ontvang sy seën" of by die nagmaal: "Om dan nou met die ware hemelse brood, Christus, gevoed te word moet ons nie met ons harte aan die sigbare tekens van brood en wyn verkleef bly nie maar ons harte ophef na die hemel, waar Jesus Christus ons Voorspraak aan die regterhand van sy hemelse Vader is … " Geloofsverbeelding! Ek "sien" God – Koning, troon, engele! Natuurlik is God onsienlik, maar vanuit die maniere waarop Hy Hom aan ons in die Bybel bekend kom stel het, kan ons "geloofsprentjies" vorm van "Wie" en "Hoe" Hy is. God openbaar Homself as geestelike wese (NGB artikel 1), maar Hy doen dit juis op


mensvormige wyse (God het 'n arm, 'n oor, 'n hand, 'n oog), met beelde uit die natuur en kosmos (God is 'n Rots, 'n bergvesting), en in metafore en beelde (God is ons herder) sodat ons God kan verstaan en in Hom kan glo, Hom kan visualiseer en identifiseer soos blyk uit verwysings na gesigte (Genesis 15:1), drome (Genesis 28:12, 13) en visioene (Esegiël 1:1) waarin en waardeur God Homself aan ons bekend maak. As ons dan bid, bid ons nie tot 'n "vreemde God" waarvan ons niks weet nie, maar tot 'n "bekende God" wat ons uit die "prentjies oor Hom" in die Bybel leer ken het en dan bid ons ook weer in "prentjies"! Moenie dink hierdie geloofsverbeelding grens aan irrasionaliteit nie, dis nie fantasieë, hallusinasies of transedentale meditasie nie, want dis Bybelse beelde wat in jou geheue gevorm word. Michaelangelo het sy geloofsver-

beelding vasgelê in die koepel van die Sistynse kapel. Dink ook aan al die boeke en preke, skilderye en passiespele wat geloofsverbeelding bevorder. Ek het nog altyd gedink die beeldjies in die begraafplase is mooi voorbeelde van gelowiges se geloofsverbeelding veral oor engele. Natuurlik is geloofsverbeelding nooit dieselfde of volmaak nie want ons groei in ons geloof, maar as werk van die Heilige Gees gee dit baie geloofsvrymoedigheid as ek my oë toemaak en nie 'n gesprek met die spreekwoordelike "onbekende" God moet voer nie, maar 'n hartsgesprek met Iemand wat ek ken en kan "sien"!

Kruispad uitgawe 23 - 2011

9


Rassie Smit & Maureen van Helden (GK Trinitas)

HERE, LEER ONS BID! G

ebed is die asemhaling van ons siel! Net soos jou liggaam dit nodig het om asem te haal, het jou siel dit ook nodig. Gebed is om met God te praat en dit veronderstel 'n geloofsverhouding tussen jou en God.

Jesus het self gese: "So moet julle bid," (Lukas 11 en Matteus 6). 1 Ons Vader wat in die hemel

is, 2 laat u Naam geheilig word;

laat u koninkryk kom; 3 laat u wil ook op die aarde

geskied, net soos in die hemel.

4 Gee ons vandag ons

daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. 5 Aan U behoort die

koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

10

Kruispad uitgawe 23 - 2011

1 Ons moet God reg aanbid as ons Vader in en deur Jesus Christus. 2 Sy eer staan eerste Hy word telkens aangespreek as U. 3 Sy wil staan eerste. 4 Hy word van harte aangeroep – die hele gebed spreek daarvan. Hy word met diepe verootmoediging aangeroep – sondebewustheid kom baie duidelik in die inhoud en aanslag van die Onse Vader na vore. Hy word smekend aangeroep – niks word afgedwing nie: dit is 'n smekende gebed. Hy word met vertroue aangeroep – die 5 vaste vertroue dat die Here hoor en volgens sy wil verhoor, kom duidelik na vore. Hy word volhardend aangeroep – hierin het Jesus self die voorbeeld gestel wanneer Hy tot die Vader gebid het. Hy word dankend aangeroep – ook lof en prys val hieronder: die hele trant van die Onse Vader is dank, lof en prys.


Emmerentia van Jaarsveld (Kruispad-medewerker)

My Woorde het arendsvlerke Op my knieë is ek alweer … Smekend soek ek antwoorde, Heer My hart skreeu vir raad My trane vloei terwyl my lippe bewe Die woorde stamel uit my mond sonder lewe Hulle voel so gebreklik, verkeerd op pad nerens heen Hoor U my? Hoor Pa wat ek sê? Hoor Pappa my gebed?

O

ns elkeen het al gewonder of wat ons bid reg is. Is wat ons sê of waarvoor ons dankie sê die perfect prayer? Gebed is nie 'n manier om God te gebruik nie maar veel eerder die manier waarop jy jouself aan God gee sodat Hy jou kan gebruik. Jy wil nie jou wil op Hom afdwing nie, maar eerder sy wil leer ken sodat jy medewerker in sy koninkryk op aarde kan word. "Dan sal jy roep (bid), en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep en Hy sal sê: Hier is Ek!" (Jesa ja 58:9). Verder lees ons

ook: "Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor," (Jesa ja 30:19). Ek dink dis genoeg bewyse sodat jy kan besef en weet dat God elke woord hoor wat jy sê. Imagine dit: die duiwel en sy demone bewe behoorlik as jy bid! Dis jou wapen waarmee jy Satan en sy bose planne beveg! Dis soos oorlogvoering en jy is reeds 'n oorwinnaar all the way! As ons in Efesiërs 6 lees van die wapenrusting wat ons daagliks moet aantrek, sê vers 18: "Doen dit Kruispad uitgawe 23 - 2011

11


alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges." Dit bevestig hoe belangrik gebed is! God is nie net ons Pa nie, maar Hy is ook ons vriend. Kommunikasie met ons familie en vriende is belangrik aangesien dit die verhouding bou en ons help om in voeling met mekaar te bly. Dis hoekom ons met God moet praat; ons versterk en bou aan ons relationship met Hom. God wil egter nie net in jou hartseer deel nie, maar ook jou happiness! As jy die boek Psalms lees, sal jy sien hoeveel keer Dawid dankie sĂŞ vir God vir die goeie dinge in sy lewe. Hy loof en prys en sing en dit vul God se hart met soveel vreugde! God is naby as ons bid, so naby dat jy sy liefde en aanraking kan voel. Iets interessant wat ons in Johannes 14:12-14 lees, is die volgende: "dit verseker Ek julle: Wie in my glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan. Wat julle ook al in My Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in My Naam vra, sal Ek dit doen." Dit is so ongelooflik belangrik om in Jesus se Naam te bid, want Jesus is nie net ons broer nie maar ook ons verteenwoordiger by God. Die regte manier om te bid, is om alles aan God bekend te maak. Dis nie hoogdrawende woorde nie, maar 'n kinderlik afhanklike gebed wat

12

Kruispad uitgawe 23 - 2011

God se hart aanraak. Begin in sy naam en deur danksegging. Hy ken jou hart en weet wat jy nodig het, maar Hy verlang daarna om dit ook te hoor. Daardeur vereer ons Hom in ons lewens. Daarom wil ek jou vandag uitdaag: Tell God all that is in your heart, as one unloads one's heart, its pleasures and its pains, to a dear friend. Tell God your troubles, that He may comfort you; tell God your joys, that He may sober them; tell God your longings, that He may purify them; tell God your dislikes, that He may help you conquer them; talk to God of your temptations, that He may shield you from them: show God the wounds of your heart, that He may heal them. If you thus pour out all your weaknesses, needs and troubles, there will be no lack of what to say. Talk out of the abundance of the heart, without consideration say what you think and you will be blessed with unreserved intimacy with God.

"Why is it so important that you are with God and God alone on the mountain top? It's important because it's the place in which you can listen to the voice of the One who calls you the beloved. To pray is to listen to the One who calls you 'my beloved daughter,' 'my beloved son,' 'my beloved child.' To pray is to let that voice speak to the centre of your being, to your guts, and let that voice resound in your whole being." -Henri Nouwen


UNIEK

2 Vergewe die persoon in die spieël Anel Potgieter (GK Rooihuiskraal)

I

n hierdie reeks gesels ons met mekaar oor hoe om in oorwinning te leef. Om in oorwinning te kan leef moet jy 'n positiewe verhouding met jouself bou. Ons word baie keer geleer hoe om verhoudings met ander mense te laat slaag, maar nie hoe om in 'n gesonde verhouding met onsself te staan nie. Stap een in hierdie proses was om jouself te leer ken. Na ons vorige gesprek kyk jy waarskynlik met nuwe oë na jouself. Jy kon sê: "Aangename Kennis! Nou weet ek wie jy (ek) is." Heel moontlik het jy tot 'n paar verrassende insigte oor jouself gekom, en 'n paar oulike goedjies van jouself ontdek waarvan jy nooit voorheen geweet het nie. Ek hoop dat jy dit net so opwindend gevind het soos ek, toe ek die eerste keer deur hierdie proses gewerk

het. Hierdie keer gesels ons oor wat om te maak met jou nuutgevonde selfkennis.

Skuldgevoelens Dis moontlik dat jou kennismaking met jouself glad nie aangenaam was nie. Dalk het jy tydens jou ontdekkingsreis 'n paar minder aangename goed oor jouself geleer. Die persoon in die spieël is dalk glad nie so oulik soos wat jy gedink het nie. Sommige van ons het nog nooit baie van die persoon in die spieël gehou nie. Dis nooit lekker om met ons foute en swakpunte gekonfronteer te word nie. Die meeste van ons is deeglik bewus daarvan dat ons nie perfekte mense is nie, en daar is eienskappe van onsself wat ons pla.

Kruispad uitgawe 23 - 2011

13


Om hierdie rede sukkel baie van ons met knaende skuldgevoelens. Ons sukkel om foute wat ons gemaak het af te skud en vorentoe te kyk. Soms blameer en verwyt ons onsself oor goed wat ons anders kon gedoen het, veral as mense seergekry het deur ons optrede. Baie keer verval in ons in negatiewe selfspraak waar ons vir onsself vertel presies hoe pateties ons nou eintlik is. Gedurige skuldgevoelens is 'n wenresep vir 'n swak selfbeeld – en 'n goor verhouding met jouself.

Die rol van ons gewete Dit is normaal om sleg te voel wanneer ons iets verkeerd doen. Ons word van kleins af geleer wat reg en verkeerd is, en so vorm daar deur ons opvoeding, en deur die werking van die Heilige Gees, ons gewete. Iemand sonder 'n gewete voel nie skuldig wanneer hy verkeerd optree nie en word 'n misdadiger. Skuldgevoelens word egter 'n probleem wanneer dit buite verhouding raak met die daad wat ons gepleeg het en wanneer ons sukkel om die gebeurtenis te verwerk en agter ons te plaas, selfs al het ons verskeie male om verskoning gevra en probeer vergoed vir die skade

14

Kruispad uitgawe 23 - 2011

wat ons aangerig het. Dit gebeur wanneer ons sukkel om onsself te vergewe. Die Bybel leer ons om ander mense hulle oortredings teenoor ons te vergewe en nie wrokke te koester nie. Jesus sê indien ons iemand anders nie kan vergewe nie sal die Vader ons ook nie vergewe nie (Matteus 6:14-15). Die Bybel leer ons om onsself lief te hê (hieroor gaan ons in 'n volgende artikel breedvoerige gesels). Ek moet dus ook myself vergewe. Soveel soos wat ek 'n ander die vergifnis van Jesus gun, moet ek dit ook vir myself gun.

Vergewe die persoon in die spieël Om jouself te vergewe, beteken dat jy God se vergifnis heelhartig vir jouself toeëien en in ontvangs neem. Jy moet ook genadig wees teenoor jouself. God het jou reeds volledig vergewe – jou sondige natuur en aard, jou sondige gedagtes, woorde en dade, al jou gebreke, jou mislukkings en wat dit ook al is waaroor jy jouself so kasty. Jy moet jouself nou vryspreek en Christus se vergifnis jou eie maak. As ons dit nie doen nie, dan ontken ons die daad van Jesus Christus aan die kruis, en maak ons dit waardeloos. Dis nie altyd maklik nie. Satan is


'n meesteraanklaer, hy hits ons aan om onsself by God aan te kla en te vergeet dat God ons reeds vergewe het. Vir sommige mense word dit so erg dat hulle denkbeeldige hofsake in hulle gedagtes voer waar hulle voor God aangekla, skuldig bevind en veroordeel word. Dit veroorsaak by hulle 'n diep vrees vir God. God word die kwaai Regter wat met 'n swartboekie rondloop en ons oortredings opskryf om ons later daarvoor te straf. Die gelowige wat bloot net aanvaar dat hy op grond van Jesus se soenoffer vergewe is, kan homself ook vergewe en het 'n rein gewete voor God. Vir hom is sy gewete nie meer 'n aanklaer van alles wat hy verkeerd doen nie, maar eerder 'n rigtingwyser om goeie keuses te maak. Dit beteken natuurlik nie dat ek nou maar kan lewe soos ek wil omdat God my in elk geval vergewe nie. Nee, 'n kind van God kies om in liefde te lewe en sy geloof wys deur sy optrede (Jakobus 2:14). Ons moet dit wat verkeerd is in ons lewe verander. Sondige gewoontes wat afgelê kan word, moet afgelê word! Waar ons kan groei het ons die verantwoordelikheid om te groei, maar ons doen dit alles met die wete

dat waar ons nog te kort skiet, God ons reeds vergewe het. Een van die belangrikste redes waarom mense sukkel om in oorwinning te lewe, is omdat hulle nooit sover kan kom om hulself te vergewe nie. Ek het onlangs 'n tannie in ons gemeente met haar negentigste verjaarsdag gaan gelukwens. Sy vertel toe dat sy eers baie onlangs, na 'n preek deur my man, Dreyer, so ver kon kom om haarself te vergewe vir iets wat sy jare gelede aan haar man gesê het. Is dit nie jammer dat mense soms vir dekades lank loop en skuldig voel oor dinge waarvoor God hulle lankal reeds vergewe het nie? Moenie dat dit met jou gebeur nie! Besluit vandag nog om jouself toe te vou in die vergifnis wat Jesus aan die kruis verwerf het.

"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word," (Johannes 1:12).

Kruispad uitgawe 23 - 2011

15


16

Kruispad uitgawe 23 - 2011


G

ebed werk! "Ons kry dikwels nie die kans om te sien watter verskil ons gebede werklik maak nie. Maar dit maak wél 'n verskil. Daar is tye wanneer mens wel hoor hoe mens se gebede daadwerklik deur die Here gebruik is om 'n uitkoms of troos te bring. Of dat een van ons Christenboeties of -sussies op daardie presiese tydstip toe ons gebid het, deur die Here aangeraak is," vertel Michael, een van ons veldwerkers in die MiddeOoste. Hy gaan voort: "Nadia was vir 'n paar maande in die tronk omdat sy 'n Christen is. Terwyl sy in die tronk was, het sy op 'n keer vir die tronkbewaarders gesê dat sy geen inligting rakende die mense wat sy ken of haar man met hulle gaan deel nie, maar dat sy slegs inligting oor haarself sal deel. Die tronkbewaarders was nie tevrede met haar antwoord nie en het haar vier dae lank in 'n isolasiesel geplaas. Die tronksel was 2 meter by 3 meter groot. 'Dit was baie koud in die sel,' het sy vertel, 'en daar was geen toilet of wasgeriewe nie. Op 'n stadium het ek baie koud gekry en het die omstandighede my begin onderkry. Skielik het warm lug in my gesig geblaas. Die lug was so warm dat ek begin hoes het toe ek dit ingeasem het.' "Sy het nie geweet waar die warm lug vandaan gekom het nie, maar

terselfdertyd het sy vreugde begin ervaar. Die vreugde het haar só oorweldig dat sy in die sel begin dans het. Tog was sy verward. Hoe was dit moontlik dat sy warm en vol vreugde in 'n koue tronksel kon voel, het sy haarself afgevra. Toe het sy 'n stem gehoor. Sy het verduidelik dat dit nie 'n innerlike stem was nie, maar dat dit 'n hoorbare stem was. 'Dit was asof iemand in die sel gesê het: Dit is omdat mense vir jou bid. Dit is die vreugde van die Here wat op jou neergedaal het. Ontvang dit.' (Sien Jesa ja 61:3.) "Nadat Nadia vrygelaat is, het sy haar ervaring met haar suster gedeel. Haar suster het uitgevra presies wanneer dit gebeur het, aangesien 32 gelowiges op daardie selfde dag bymekaargekom het en presies op daardie tydstip vir haar gebid het. Hulle het die Here gevra om Nadia te vertroos en gebid dat sy die vreugde van die Here sal ervaar. "Nadia se getuienis het hierdie groep bemoedig. Mag dit ook diegene bemoedig wat getrou vir gelowiges intree wat hulself in soortgelyke omstandighede bevind," het Michael afgesluit. Mag hierdie getuienis ons aanmoedig om aan te hou bid vir ons vervolgde boeties en sussies. Hulle het ons gebede nodig. Indien jy meer wil weet oor die vervolgde Kerk besoek ons webblad by www.opendoors.org.za/afr.

Geopende Deure / Underground

Kruispad uitgawe 23 - 2011

17


Die geheim is uit! O

ral waar Boutros* gaan, is hy baie oop oor sy geloof. Omtrent 25 jaar gelede het Boutros, van die Midde-Ooste, Jesus as sy Verlosser aangeneem. Sedertdien het hy ook 'n ware evangelis geword. 'n Paar jaar gelede is hy gearresteer en deur die polisie ondervra. Hulle wou weet of hy mense gedoop het. Sy antwoord: "Ek het hulle vertel dat ek 'n 1 000 mense al gedoop het – die regte hoeveelheid was nader aan 700, maar ek het geweet dat ek binnekort die 1 000-kerf sou bereik!" Dít vertel hy met 'n groot glimlag aan een van ons medewerkers. Boutros is 'n geheime gelowige wat nie sy geheim bewaar nie – onder God se leiding! By Boutros se werksplek hang daar 'n kruis teen die muur vir

almal om te sien. Boutros se baas het hom onlangs gevra of hy nie iewers anders kan gaan werk nie. Gesinslede wat vir die regering werk, het aan Boutros se broer vertel dat sekere mense hom wil vermoor. Toe ons medewerker hom daaroor uitvra, het Boutros na 'n oomblik erken dat hy tóg soms effens bang is. Hy ontmoet baie mense wat meer wil weet oor sy geloof. "Ek het nie altyd genoeg tyd om met almal te praat nie. Ek moet hard werk vir 'n inkomste," sê hy verskonend. "Ek maak net genoeg geld vir 'n daaglikse bestaan. Soms kan ek praat én werk en dan het ek lang geselsies met dié wat wil luister, oor die Christelike geloof!" Boutros het ook vertel van 'n visioen wat hy gehad het. "Ek het in 'n poel water gelê in 'n pragtige tuin en reg

* 'n Skuilnaam is gebruik om sy identiteit te beskerm.

Vir meer sulke inspirerende getuienisse besoek Geopende Deure se webblad by www.opendoors.org.za

18

Kruispad uitgawe 23 - 2011


rondom my was daar baie mense wat ek ken. Sommige het reeds my land verlaat en woon in ander lande. Hulle het almal vir my gebid. Deur hierdie visioen het ek God se versekering gevoel." Boutros se getuienis is baie bemoedigend. Sy getuienis herinner ons ook daaraan dat God ons gebede gebruik om geheime gelowiges te ondersteun en te troos. Boutros is baie braaf, maar hy erken dat hy ons gebede regtig nodig het. Sal jy, terwyl jy jou geloof in vryheid uitleef, Boutros in jou gebede onthou?

Kruispad uitgawe 23 - 2011

19


H

et jy al 'n mengsel van olie en petrol in 'n motor gegooi en probeer om daarmee te ry in plaas van skoon petrol? Olie en petrol het baie ooreenkomste – altwee is vloeistowwe, altwee word van grondstowwe gemaak en altwee word in motors gebruik. Maar maak 'n mengsel daarvan en gebruik dit as brandstof in jou kar en jy sal heel moontlik 'n groot gedeelte van jou motor se enjin moet vervang! Dit is bykans wat met 'n "nuwe" godsdiens aan die gebeur is … die Chrislam! Die Chrislam het in Nigerië in 'n dorpie met die naam Bauchi ontstaan toe 'n imam ('n Moslem priester), genaamd Shamsuddin Saka, probeer het om vrede tussen die Moslems en die Christene in die dorpie te bring. Volgens hom het hy tydens 'n pelgrimstog na Mekka van Allah 'n visioen ontvang om vrede tussen die Moslems en die Christene te bring. Ander voorstaanders van hierdie nuwe geloof gebruik die ooreenkomste tussen die Christelike geloof en die Islam as motivering, byvoorbeeld dat daar 25 keer in die Ko'ran na Jesus (of "Isa") verwys word en dat liefde 'n gemeenskaplike beginsel in beide die Christelike geloof en die Islam is. Alhoewel hierdie nuwe godsdiens in Nigerië ontstaan het, het dit ook nou reeds na ander lande versprei. Daar is onlangs selfs e-posse rondgestuur waarin bekende teoloë soos Rick Warren en Robert Schuller as aanhangers van die Chrislam verdink word, alhoewel hierdie

20

Kruispad uitgawe 23 - 2011


SENDINGHULP Karel Steyn (GK Empangeni)

aantygings wyd ontken word. Alhoewel daar verskeie ooreenkomste tussen die Christelike geloof en die Islam is, net soos daar ook verskeie ooreenkomste is tussen die Christelike geloof en die Joodse geloof, beteken dit egter nie dat hierdie twee gelowe een geloof kan wees nie! Dit is ook nie moeilik om te wys hoekom hierdie twee gelowe nie een geloof kan wees nie! As Christene glo ons vas dat Jesus Christus werklik die Seun van God is (Matteus 16:16) en dat Hy vir ons aan die kruis gesterf het. Dit is slegs omdat Hy in ons plek aan die kruis gesterf het dat ons weer in 'n verhouding met God kan staan (1 Johannes 1:5-2:2) en dit is net deurdat Hy werklik God is wat Hy in ons plek God se oordeel kon dra (1 Johannes 5:20). Die Islam glo hierteenoor dat Jesus net 'n profeet was wat die pad gereed gemaak het vir Mohammed om te kom. Vir die Moslems is dit selfs godslasterlik om na Jesus as die Seun van God te verwys (Sura 5:17) en alhoewel Isa (die Jesus van die Ko'ran) deur Allah uit die dood opgewek is, het hy nie aan 'n kruis gesterf nie (Sura 5:157-158). Die verskil tussen Jesus Christus en Isa word veral duidelik in d铆t wat Mohammed oor Isa leer. Volgens Mohammed gaan Isa met sy weerkoms aan die kant van die Islam veg en die Christelike geloof vernietig! In die Sunan Abu Dawud (27:4310) word dit s贸 gestel: "(Isa) will fight for the cause of Islam. He will break

Kruispad uitgawe 23 - 2011

21


the cross, kill pigs, and abolish the poll tax. Allah will destroy all religions except Islam." Met die kruis word daar na die Christelike geloof verwys en die vernietiging van die poll tax verwys na die jihad, die heilige oorlog van die Islam, wat gaan opvlam. Hoeveel duideliker wil ons die verskil tussen Jesus Christus en Isa sien as in hierdie leerstelling van die Moslems? Deel van die Chrislamitiese eredienste is om van die gebede van die Islam te bid, onder andere die Al-Fatihah, wat ongeveer 17 keer per dag deur 'n Moslem gebid moet word. In hierdie gebed, wat natuurlik in Arabies gebid moet word, word daar onder andere gebid dat die gelowige gelei sal word in die geseënde weg van Allah en nie in die weg van dié wat deur Allah veroordeel sal word nie of wat afgedwaal het nie. Moslem geleerdes is dit egter eens dat dié wat deur Allah veroordeel is na die Jode verwys en dié wat afgedwaal het, verwys na die

Christene. Hier "bid" die Chrislamiete dus spesifiek dat dié mense, wat in Jesus Christus as die enigste Verlosser glo, sal "bekeer" en weer getrou sal wees aan die weg van Allah. Wanneer daar met van die Christene wat hierdie nuwe godsdiens voorstaan gepraat word, is hulle van mening dat dit ons plig as Christene is om "ons naaste lief te hê soos onsself" (Matteus 22:3439) en dat hulle juis om hierdie rede saam met die Moslems aanbid! Die vraag is egter, wat is die definisie van "liefde" vir 'n Christen – veral as jy jou naaste moet liefhê soos jouself? Liefde wat ons aan ons naaste moet bewys, is nie maar net 'n warm gevoel hier binne my nie. Dit is ook nie maar net om met mekaar oor die weg te kom en só vêr agteroor te buig dat ek al my waardes, beginsels en selfs geloofsoortuigings prysgee nie. Liefde, soos God ons leer, is nie die liefde wat ons vir mekaar het of

Webtuistes met meer inligting oor die Chrislam: http://www.pri.org/politics-society/religion/chrislam.html http://www.billmuehlenberg.com/2011/03/01/chrislam-and-religioussyncretism/ http://www.chrislam.org/ http://www.washingtontimes.com/news/2011/feb/23/stop-openingchurches-to-muslims/

22

Kruispad uitgawe 23 - 2011


selfs wat ons vir God het nie, maar dit is die liefde wat God vir ons het deurdat Jesus Christus ons deur sy dood en opstanding weer in 'n verhouding met God gebring het (1 Johannes 4:10). Dit is juis hierdie liefde wat ek aan my naaste – en ook aan mense van ander gelowe – moet bewys. Dit is om só teenoor mense op te tree dat ek die beste gebruik sal maak van elke geleentheid om te getuig van die liefde van God vir die verlore mens deurdat Jesus Christus, sy enigste ware Seun en ware God, vir elkeen gesterf het as 'n versoening vir ons sondes (Kolossense 4:5-6; 1 Johannes 2:2)! Met dit in gedagte: kan die Christelike geloof en die Islam een geloof wees? Verseker nie! Soos met petrol en olie is daar sekere ooreenkomste, maar in die hart daarvan is daar massiewe verskille!

Kruispad uitgawe 23 - 2011

23


Die King James vier 400 jaar! Hennie Dekker (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)

I

n 1611 het bepaalde omstandighede en ontwikkelinge gelei tot die publikasie van een van die Engelse taal se invloedrykste boeke – die King James Version (KJV) van die Bybel, algemeen bekend as die Gemagtigde (Authorised) weergawe. Verlede jaar was hierdie vertaling al reeds 400 jaar oud! In 1604 het King James I 'n konferensie belê waarop die Hampton Hof besluit het om 'n heel nuwe vertaling uit die oorspronklike tale te verskaf, onder andere om voordeel te trek uit ouer manuskripte wat beskikbaar geraak het. Die vertaalwerk het in 1607 begin en die eerste konsep is beskikbaar gestel in 1609. Die vertaling word die volgende jaar geherformuleer en is uiteindelik in 1611 gereed vir publikasie – 'n ongelooflike prestasie! Dit was nie die eerste Engelse Bybelvertaling of selfs die mees populêre weergawe van daardie tyd nie, maar die styl van Engels saam met navorsing uit die ouer Bybelmanuskripte in die oorspronklike tale (hoofsaaklik Hebreeus en Grieks) was die groter voordeel. Laastens het die

dramatiese ontwikkeling van die drukpers ook bygedra tot die impak van hierdie geliefde en bekende Bybelse weergawe. Die KJV het die hernuwingsgees van tyd weerstaan deur slegs hersienings by te werk van foute wat in die vertaal– en drukproses voorgekom het. Sy onvergeetlike taalgebruik en uitleg kom steeds in baie verskillende formate voor en word steeds wyd gebruik ná 400 jaar. Die KJV van 1611 het 'n blywende impak gehad in 'n tyd toe godsdiens vir byna almal saak gemaak het op 'n wyse wat vandag moeilik is om te verstaan of te waardeer. Dit het 'n enorme uitwerking op mense se lewens gehad. Die taalgebruik en terminologieë mag dalk vandag argaïes klink en lyk, maar dit was toe die daaglikse omgangstaal van die gewone mense! Dit het ook verstrengel geraak in die Engelse letterkunde oor baie geslagte heen, nie net in Engeland nie, maar oral

"Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord! … U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad," (Psalm 119:9 en 105).

24

Kruispad uitgawe 23 - 2011


waar die Engelse Christene die Bybel oor die wêreld uitgevoer het. Ten spyte van sy argaïese taal bly die KJV 'n gunsteling by Christene oor die hele wêreld heen en is dit steeds een van die mees populêre en gerespekteerde Engelse vertalings wat vandag beskikbaar is. Die Bybelse taal van die King James Version het baie van die frases en idiome wat ons gebruik in ons alledaagse taal voortgebring. Baie mense gebruik dit sonder om bewus te wees van hierdie Bybelse oorsprong. Klink hierdie gesegdes bekend? Can the leopard change his spots? (Jeremia 13:23) No new thing under the sun (Prediker 1:9) Eat, drink, and be merry, for tomorrow we die (Prediker 8:15 en Jesa ja 22:13) A drop in the bucket (Jesa ja 40:15) A fly in the ointment (Prediker 10:1) A man after his own heart (Samuel 13:14) A thorn in the flesh (2 Korintiërs 12:7)

A wolf in sheep's clothing (Matteus 7:15) An eye for an eye, a tooth for a tooth (Matteus 5:38) Hoewel die KJV nie die eerste vertaling van die Bybel was nie, kan mens tog sê dat dit die pad oopgemaak het vir ander tale om die Bybel met groter gemak te vertaal. Deesdae neem Bybelgenootskappe meer en meer die rol oor om die Bybel in die tale van die wêreld te vertaal. Daar is 154 Bybelgenootskappe in meer as 200 lande wat daagliks vertaalprojekte aanpak en voltooi. So het die aantal Bybelvertalings gegroei tot meer as 450 uit die ongeveer 6 500 tale wat in die wêreld gepraat word. Die Bybelgenootskap van SuidAfrika is sedert 1820 besig met vertaalwerk in SA en tien van ons elf amptelike tale het al 'n volledige Bybel, en sommige tale meer as een. In Afrikaans het ons die Ou Vertaling (1933/53), die Nuwe Vertaling (1983) en die Bybel vir Almal (2008, 'n maklike lees vertaling wat oorspronklik uitgegee is as die Bybel vir Dowes en 'n beperkte woordeskat gebruik). Daar word tans gewerk aan nog 'n Afrikaanse vertaling wat DV in 2016 sal verskyn. Hierdie Bybels is beskikbaar in verskillende formate sodat dit vir elke behoefte kan voorsiening maak in dié moderne tyd veral vir ons wat die moderne tegnologie liefhet!

Kry die Bybel GRATIS op jou selfoon by m.bibles.co.za. of by www.youversion.com! Gaan na bl. 29 vir die vinnige skakels. Lees meer oor die nuwe Bybelvertaling op www.nuwekerkbybel.co.za. Kruispad uitgawe 23 - 2011

25


I

n Potchefstroom our youth are involved in church activities in various manners. Everything is done with a two way street in mind. The first manner in which we reach out and serve the Kingdom is through the "live what you preach" style. We attempt to live and lead a lifestyle worthy of honour that give praise to God and contributes to the building of His church. Mostly we meet on a weekly basis. We share the Word of the Lord and encourage one another as brothers and sisters in the Lord. Sometimes we gather in a social way, get to know each other better, have a braai or play indigenous games. The aim of all these activities is to have committed young persons in the Lord and His church. The essence of these gatherings is to mobilize everyone to be the light in the world which will shine and attract other young people outside and be the

26

Kruispad uitgawe 23 - 2011

salt that can make a difference to people's lives for the expansion of the Kingdom of God. Our intention with these activities is not only to reach out but also for self-edification that happens by means of Bible study. We study the Word of God and develop a culture of sharing and helping one another. In Promosa, a location in Potchefstroom, the youth gather on Friday evenings. The gathering is held under the guidance the local Pastor. In this gatherings the Word is read and applied to the daily context of the youth. Topics are also brought forward which are relevant today and will have a direct effect on their situations. One example of a mission we participate in is the Venterskroonoutreach. Venterskroon is a small community in the Vredefort-dome outside Potchefstroom. Every member is given a text which s/he


AFRICAN FOCUS | BURNING POINT

Kabelo Mohotsi (candidate student at the Theological School Potchefstroom) has to go and thoroughly prepare at home during the week. On a Sunday before the church service we all meet and the pastor will shed some light on the text if necessary or one of the theological students would be granted the opportunity to lead in this. The sharing of the Word in this way has not only proven to be helpful but it has also seen ministers being born from it. Two of the products of these activities and programmes are Professors Rantoa Letšosa and Lekgetho Moretsi at the Potchefstroom Theological Seminary who were before members of the youth setup and also among those who started the (RCYM) that is the Reformed Christian Youth Movement. Through this focus on the youth and their spiritual well being they become grown adult members of the body of Christ. A second example is going out of the boundaries of the church and

into the world, as commanded in Matthew 28:19: "Go out into the world and preach the gospel." This is done in forms of revivals which are known to them as tsoseletso a Sesotho word for revival. In Ikageng, another area in Potchefstroom, the youth will organize an outreach to a specific town or area where they believe the gospel has to be preached. They then go out, preach and do the revival there. They also go into the streets and sing, proclaiming the gospel of the Lord and motivate young people that had backslidden with the intention to lead them back and to give them moral support. All these activities are undertaken with the full consent of a church council. In congregations with ministers most of these programmes would take place under the supervision of the local ministers. There are also networks which are created between churches. Particular churches within this net-

Kruispad uitgawe 23 - 2011

27


work will be visited and revived during the year. Some of the young men in the youth groups who shows potential and commitment gets to be chosen to serve as deacons in the Church. The work done by the young people in the Reformed black churches becomes visible in the way that most of them will lead in the church after they started out doing youth projects in the church. The saying: "The youth are the leaders of tomorrow," becomes well outlived, because the aim of actualising that vision becomes real. The youth as a service group of the church also helps the church financially by making what they call Mejekelo, a Sesotho word for fundraising. Activities will be

arranged during which they will help with the building and maintenance of the Church. The youth in our Churches are not only showing that they are the leaders of tomorrow, but by devoting themselves to the church and programmes of today their progress is already monitored. The Church is the hope of the world but without our young people the church will have no future because the future of the Church is in each of us. It is inspiring to see that young people are giving themselves and their time for the Lord and His Kingdom. God has shown His grace in making sure that the young people in His church continue to love and serve Him.

* This article is also a challenge to the churches outside there to send young men to study theology in preparation to become ministers. The field is ripe and we need people who would harvest. For this reason the Bible also calls us to pray so that God may send this harvesters!

28

Kruispad uitgawe 23 - 2011


Aanvaar die uitdaging en lees saam met miljoene Christene w锚reldwyd die Bybel deur met behulp van die E100 Bybelleesplan.

WAT IS E100?

Die E100 Bybelleesuitdaging bevat 100 deeglik uitgesoekte Skrifgedeeltes (50 uit die Ou Testament en 50 uit die Nuwe Testament) wat so saamgestel is dat dit deelnemers 'n goeie begrip gee van die hele Bybel vanaf Genesis tot Openbaring. Die "E" staan vir Essensieel en elkeen van hierdie 100 gedeeltes wissel tussen 'n paar verse tot 'n paar hoofstukke. As dit vir jou onmoontlik lyk om die Bybel van die begin tot die einde deur te lees, volg vanjaar die E100. Merk die gedeeltes af soos jy vorder. Jy kan enige tyd begin en dit hetsy gebruik vir persoonlike Bybelstudie 贸f saam met 'n Bybelstudiegroep. Ons begin in hierdie uitgawe met die eerste vyf-en-twintig gedeeltes en sal deur die loop van die jaar in elke uitgawe die volgende klompie gee. Kom ons skop af aan die begin van die Ou Testament.

HOE OM TE BEGIN?

1. Kies 'n Bybel wat jy maklik lees. 2. Kies 'n tyd en 'n plek om elke dag te lees. 3. Hou boek van jou vordering deur elke gedeelte af te merk. 4. Lees saam met 'n vriend of in 'n leesgroep. 5. Maak dit 'n gesinsprojek. Wil jy graag E100 gebruik vir jou kleingroep of Bybelstudiegroep? Geen probleem! Kyk op bladsy 32 vir 'n maklike gids om julle deur enige Skrifgedeelte te kry. Besoek gerus www.e100challenge.org.uk vir meer inligting oor die E100-uitdaging. Skandeer die skakel of besoek www.youversion.com of m.bybel.co.za om die Bybel op jou selfoon te lees.

Kruispad uitgawe 23 - 2011

29


30

Kruispad uitgawe 23 - 2011


Kruispad uitgawe 23 - 2011

31


ORGANIESE BYBELSTUDIE

M!ST | Ministry Support

Hier is 'n vinnige vyfstap metode om enige Bybelstudie aan die gang te sit en diep in die Bybel in te delf. Dis eenvoudig en lekker om toe te pas en kan maklik vir ander aangeleer word. Stap 1: Lees Bid: Een persoon doen 'n gebed dat die Heilige Gees die groep sal lei en die Bybel sal ontsluit. Lees: Die gedeelte word hardop gelees deur een persoon terwyl die ander volg in hulle Bybels. Of elkeen lees 'n aantal verse. Die fokus hier is: Wat staan werklik in die gedeelte? Stap 2: ! Ontdek ! Lees: Die gedeelte moet nou vir 'n tweede keer deurgelees word, maar elkeen lees dit self en stil. Soek uitroeptekens deur te vra: Watter vers, woorde of konsepte staan vir my uit of raak my hart? Skryf neer: Enige verse en gedagtes wat uitstaan, word neergeskryf. 'n Kort nota is goed. Deel die ontdekkings: Nadat die groep genoeg tyd gekry het om in stilte te dink en neer te skryf, word elkeen gevra om te deel soos hy wil. NB! Hierdie is nie oop vir bespreking nie en daar word net kennis geneem. Stap 3: ? Vraag ? Lees: Die gedeelte word nou vir 'n derde keer keer deurgelees terwyl daar gesoek word na vraagtekens. Vra die vraag: Watter vraag oor enigiets in die gedeelte sal ek graag vir die groep wil vra? Skryf neer: Iemand in die groep word gevra om die vers en die vraag neer te skryf.

32

Kruispad uitgawe 23 - 2011

Voorwaardes van 'n vraag: 'n Vraag mag nie 'n ja/nee antwoord hê nie. Begin die vraag met wie, wat, waar, wanneer, hoekom. Elkeen in die groep mag net EEN vraag vra. Deel die vraag: Gee genoeg tyd vir die groep om die vrae te oordink en neer te skryf. Hanteer die vrae volgens die verse se volgorde en kry die vrae bymekaar deur bv. eers al die vrae van vers 1 neer te skryf ensovoorts. Bespreek 'n paar van die vrae wat die groep graag wil bespreek of hanteer die vrae een vir een. Stap 4: Doen – Hande en voete Dink saam oor die moontlike toepassings wat uit die teks en gesprek na vore gekom het deur te vra: Wat is die moontlike toepassings wat uit die gedeelte na vore kom? Deel die moontlike toepassings met mekaar en skryf 'n lys van hierdie toepassings neer. Skryf hierdie toepassing neer. Gee tyd as iemand hulle toepassing wil deel met die res van die groep. Stap 5: Gebed Bid oor die waarhede wat in die bybelstudie geleer is. Gee elkeen die geleentheid om slegs een of twee sinne te bid oor dit wat hulle geleer het.


Renate se verhaal, soos vertel deur haar ma Elize Oosthuizen

E

k vertel van Renate, ons dogter, wat agt jaar gelede 'n breinbesering opgedoen het en wil getuig hoe die Here ons in die swaar tyd in die holte van sy hand gehou het. Op 2 Mei 2003, tydens 'n liefdadigheidsuitreik van haar universiteit waartydens laerskoolseuntjies van 'n weeshuis na 'n wildsplaas geneem is, het Renate van 'n vier meter hoë damwal afgeval. Sy het met haar kop op 'n rots geland en daarna in die rivier gegly. Die impak van die val het skedelbreuk, asook 'n skeur in die breinvlies veroorsaak. Ons het by die hospitaal aangekom toe sy by die hospitaal ingedra word, nadat dit bykans vyf ure geneem het om haar per vliegtuig na die Nelspruit-hospitaal te neem. Ons pragtige, begaafde dogter (in haar derde jaar as student in Kommunikasiekunde) se belowende toekoms is in 'n oomblik uitgewis. Hoe lank het die val geduur? 'n Sekonde, dalk twee, ek sal nooit weet nie. Die sprankelende, blinkoog dogter het in die intensiewe sorgeenheid in 'n koma gelê, met dik geswelde oë, met drade en pype wat aan haar liggaam geheg was. Onwillekeurig het die vraag opgekom: "Here waar was die engele wat haar moes beskerm het?" Dan heelwat later in woede: "Here kon U dit nie voorkom het nie?" Die breinchirurg en fisioterapeut was intens betrokke by haar behandeling. Die Chirurg het versigtig en sag met groot medelye aan ons meegedeel dat hierdie breinbesering ernstige gevolge mag hê. Sy is onder sterk sedasie gehou. 'n Pyp wat in haar lugpyp geplaas is, het gehelp met asemhaling en 'n gaatjie is in die skedel geboor om 'n drukmeter in te plaas wat die druk van die brein gemonitor het. Vriende het gebedskettings gevorm en SMS'e, telefoonoproepe en besoekers het boodskappe van gebede en bemoediging gebring. Sy was

Kruispad uitgawe 23 - 2011

33


400 kilometer van die huis af in die hospitaal. Deur die Here se genade was daar altyd vriende en selfs vreemdelinge wat verblyf en hulp verleen het. Op die sewende dag na die ongeluk is sy vir die eerste keer stadig uit sedasie gebring, om te kon bepaal hoe erg die breinskade was. Sewe-uur die oggend het die brein geweldig vinnig begin swel en ons is laat weet dat ons so gou as moontlik hospitaal toe moet kom, aangesien Renate se toestand uiters kritiek was. Die Here het beskik dat die neurochirurg op daardie oomblik in die intensiewe-sorgeenheid was. Hartmassering en ander noodprosedures is toegepas. Ons hemelse Vader het ons kind 'n tweede kans op lewe gegee. (Renate beteken weergebore, hoe waar is dit nie van ons dogter nie!) Dit was 'n lang periode van hoop, bid, afwagting en vrae vra wat gevolg het in die lang ure wat daar daagliks langs haar bed gewaak is. Haar rondrol en worsteling met die pyn en asemhaling moes aanskou word, terwyl haar arms vasgebind is sodat nie die monitors en pypies uit kon trek nie. Geleidelik het die swelsel van haar oĂŤ begin afneem en het sy rustiger geraak. Tog was daar altyd spanning, want kortkort het ons opgekyk na die meter wat die druk van die brein moes meet net om seker te maak die druk is nie weer besig om toe te neem nie. Na drie weke is sy suksesvol uit sedasie gebring. Ons is meegedeel dat die gedeelte van die brein wat beskadig is kon veroorsaak dat sy waarskynlik nie weer sou kon praat nie, of dat haar spraak erg aangetas sou wees en dat sy gemoedsversteurings gaan ervaar. Na vier weke is Renate na 'n hospitaal in Pretoria oorgeplaas wat baie nader aan die huis was. Renate was nou "wakker", maar tog was sy toegesluit in die binnekant van die beseerde brein. Ons kind, soos ons haar geken het, was "weg". Ons harte het gebreek om haar so te sien. Renate se verbintenisse met die verlede was weg. Sy kon net "Ja" en "Nee" sĂŞ, maar sonder betekenis. Sy het nie besef ons is haar ouers nie. Later het sy ons op ons voorname, Jan en Elize, genoem soos wat ons vriende ons genoem het. Met die hulp van spraak- en arbeidsterapeute

34

Kruispad uitgawe 23 - 2011


Beskadigd deel van d e ie brei

n

Kruispad uitgawe 23 - 2011

35


is daar heel onder begin om haar weer op te bou. Dit was 'n tyd van voortdurende gebed om die Here om leiding te vra vir die terapeute en vir ons as gesin. Boetie Johan was op daardie stadium al twee maande in Engeland en daar was 'n groot bekommernis oor ons 18-jarige kind wat daar ver in vreemde alleen moes regkom. Maar deur gebed kom 'n mens tot die besef dat JESUS en HOOP dieselfde woord is. Breinpasiënte ervaar groot frustrasie wat lei tot woedeuitbarstings. Hoe meer trane in die ouer se oë is, hoe groter die woede by die pasiënt. 'n Mens leer later om met die hulp van Bo op iets anders te konsentreer. Leiding is gesoek om Renate op haar moeilike pad van moontlike herstel by te staan. Deur gebed en die Here se voorsienigheid het Hy 'n dokter ons pad laat kruis wat met die hulp van kalmeermiddels en antidepressante, haar woedebuie in 'n mate kon laat bedaar. Dae van bid en smeek en vrae het gevolg. Soms het die vraag opgekom: "Here hoekom Renate, vir wie daar so 'n blink toekoms gewag het?" Na twee jaar se spraakterapie, twee keer per week, kon sy darem verstaan as ons haar iets vertel het. Dit moes baie stadig, in kort sinne en met behulp van gebare aan haar verduidelik word. Sy kon vlot lees in Afrikaans, maar kon nie verstaan wat sy lees nie, want vir die brein was dit moeilik om werkwoorde en voornaamwoorde vir haar te ontknoop. Baie geduld en ure se verduidelik was nodig, maar stadigaan was daar vordering, alhoewel baie begrippe nog versluier was. In die oggende was haar brein "helder", maar gedurende die dag het die breinfunksie afgeneem en het sy minder verstaan en het die aggressie weer toegeneem. Haar brein moes geweldige inspanning beleef het om weer sin van haar "nuwe" omgewing te maak. Ten spyte van die "versluierde" brein was Renate se geloof in haar Hemelse Vader onwrikbaar sterk. Op 'n aand het ek moedeloos en knielend voor my bed vir God gevra om hulp te stuur, want Renate het 'n plato bereik in haar ontwikkeling en herstel. Sy het gesukkel om haarself verstaanbaar te maak. Teen vieruur die middag het die woede-aanvalle toegeneem en teen sesuur het sy al gaan slaap, omdat die brein op daardie stadium uitgeput was. Die oggend na my smeekgebed was daar 'n berig in 'n koerant van 'n dokter in ons dorp wat 'n paar jaar tevore toevallig ontdek het dat 'n sekere slaappil persone met breinbeserings se breine

36

Kruispad uitgawe 23 - 2011


beter kon laat funksioneer. Dit het selfs gehelp om 'n persoon wat vir baie jare in 'n koma was, uit die koma te laat kom en te sê: "Hallo Mammie." (Ek het gedink hoe wonderlik dit sou wees as Renate ook so 'n sin met 'n werkwoord in kon sê: "Hallo Mammie!") Renate is ingesluit in die dokter se navorsingsgroep en het op 'n daaglikse basis die slaappil begin gebruik. Dit is nou in die derde jaar van die navorsing en daar lê seker nog 'n lang pad voor voordat daar 'n middel ontwikkel sal word wat nie die slaapeffek sal hê nie, maar net die breinaktiveringsaspek sal behou. 'n Wonder het direk van God gekom. Renate het weer vordering begin toon. Snags het sy lekker geslaap en is van die dormante breinselle weer geaktiveer. Soggens is haar brein verfris en uitgerus. Haar spraak het die afgelope drie jaar wat sy deel is van die navorsing geweldig verbeter. Die woedebuie het geleidelik afgeneem en het nou verdwyn. Ons kind lag weer, maak grappe en geniet haar lewe. Vir ons as ouers is daar 'n stille dankbaarheid vir God se wonderlike voorsienigheid. Sy kan nou weer self haar Bybel lees, waar ons dit voorheen vir haar moes doen en dan ook nog die gelese deel moes verduidelik het. Soos alle breinbeseerdes het sy gesukkel om te bid, maar deesdae sal sy selfs aanbied om die tafelgebed te doen en die Here se seën te vra. Haar gebed sal soos volg wees: "Baie dankie vir 'n lekker dag, 'n huis en kos. Vader, Seun en Heilige Gees, ek is lief vir U." Hoe wonderlik is ons Hemelse Vader nie! Om te dink dat 'n neuroloog tydens ons laaste besoek aan hom gesê het dat sy prognose is dat Renate waarskynlik nooit weer sal kan praat nie. Sy kan nou nie net praat nie, maar in haar eie woorde aanbid en prys! Ons kan getuig dat dit net genade is, dat God ons al die tyd in sy Hand hou. Hy verhoor gebede. Al het ons almal (Ma, Pa, broer Johan en Renate) so dikwels in sak en as gesit. Hy het ons nooit begewe of verlaat nie. 'n Mens leer om sy steun te hoor in sy Woord, sy goedheid te ervaar in mense wat na jou toe kom om te help, sy genade te sien in die stadige proses van herstel, sy hulp te sien in dokters en terapeute wat Hy op Renate se pad geplaas het, almal gelowige mense wat hulle afhanklikheid van ons Hemelse Vader erken. Dankie Here, dat u ons kind vir ons teruggegee het. Dankie dat u Renate gebruik om ook vir ander mense hoop te kan bring, in ons land en selfs oorsee.

Kruispad uitgawe 23 - 2011

37


HULP

Gebed: Bevorder ge I

n die kerk word dit algemeen aanvaar dat ons bid. As gelowiges praat ons dikwels op hierdie manier met God, hetsy deur 'n lang, beplande gebed of deur 'n vinnige skietgebed. Skuil daar dalk iets meer daarin as 'n gesprek met God? In hierdie artikel gaan ons kyk na die fisieke en psigiese waarde van gebede. In die meeste gelowe is daar een of ander vorm van gebed. Dit behels meditasie, chanting, praat, buig, kniel of 'n ander ritueel. Die verskillende tipes gebede is vorme van kommunikasie tussen 'n persoon en sy hoĂŤr mag. Wanneer 'n persoon sy sorge deel met iets/iemand wat hy glo in staat is om hom te help, laat dit hom voel dat hy nie alleen in die wĂŞreld is nie. Dit verlig dus die daaglikse druk. Baie navorsing is al gedoen om die positiewe effek van gebed op die mens se psigiese en fisieke toestand te bewys. Kom ons kyk na 'n paar voordele wat die Christelike gebed kan inhou:

1

Gebed is 'n geleentheid om stil te word, iets wat deesdae al hoe moeiliker word. Dit verwys na 'n innerlike stilte wat spanning laat daal en energie na God toe kanaliseer.

38

Kruispad uitgawe 23 - 2011

Jou aandag word gefokus en kalmte word bewerkstellig in jou gedagtes, gevoelens en gedrag. "Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon," (Matteus 6:6). Gebed is dus 'n great manier om kalm te word en te ontspan.

2

Tydens 'n gebed praat jy met jou Skepper oor dinge waaroor jy skuldig voel, foute wat jy gemaak het en allerlei issues. Jy deel jou diepste geheime en voel wanneer jy om vergifnis vra dat jy verlos word van 'n las. "Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking," (Jakobus 5:16). Deur gebed is jy dus besig met selfterapie.

3

Meestal word daar in jou gebed 'n versoek aan God gerig vir jouself of iemand anders, bekend of onbekend. Dit kan vir 'n behoefte, gesondheid, sukses, geluk, talent of seĂŤn wees. "As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra," (Matteus 21:22). 'n Gevoel van magteloosheid word vervang met 'n gevoel


eloof en gesondheid

Johannes Schickerling (Kliniese sielkundige, Kruispad-redaksie) van mag, krag en hoop dat hierdie versoek beantwoord sal word.

4

In gebede word dankbaarheid beklemtoon, want God word bedank vir alles wat jy reeds ontvang het. Dit maak jou bewus van jou lewe en omgewing, en kweek 'n gesindheid van nederigheid en dankbaarheid. Hiermee word die fokus op die hier-en-nou geplaas en die klem weggeskuif van verwagtinge en onrealistiese drome. So word 'n gesonde perspektief oor jouself in die wêreld gekweek.

5

Die proses van gebed bevorder verder 'n positiewe houding en gedagtes teenoor ander, die wêreld en jouself. As jy glo dat dit beter kan gaan, dat God jou gaan help of krag gaan gee om self iets te verander, skep dit so 'n positiewe gesindheid. "Hoe moet dit dan wees? Só, dat ek met die gees moet bid, maar ook met die verstand. Ek moet met die gees die lof van die Here sing, maar ook met die verstand," (1 Korintiërs 14:15). Positiwiteit en 'n goeie lewensuitkyk word met behulp van gebed gekweek.

6

Laastens word die klem en fokus op die eie ek tydens

gebed verskuif omdat jy tot God bid. Dit bevestig dat jy nie alleen in die wêreld staan nie en dus 'n gevoel van konneksie ontwikkel. Jy spreek jou ego aan, verkry perspektief omdat jy op 'n ander manier na jouself en jou issues kan kyk, en kweek so insig. Gebed het nog soveel ander voordele. Daar is baie navorsing gedoen wat die effektiwiteit van gebed ondersoek en bevind het dat dit 'n betekenisvolle, positiewe uitwerking op mense het. Al ly 'n persoon aan 'n hartsiekte, kanker, psigologiese probleem of trauma, die feit bly staan dat gebed sy/haar lewenskwaliteit kan verbeter. Ons God is almagtig en net om met Hom te praat, het soveel voordele. Word elke dag stil en praat met Hom wat jou laat ontspan, terapie gee, hoop en perspektief gee, positief laat uitsien en help met alles waarmee jy sukkel. "Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed," (Romeine 12:12). Indien jy voel dat jy iemand nodig het om mee te praat, onthou die Here plaas ook mense op jou pad om na jou te luister, en om vir jou hoop en terapie te gee. Praat met iemand wat jy vertrou of kontak ons by: help@kruispad.co.za

Kruispad uitgawe 23 - 2011

39


M

ES vier vanjaar hulle 25ste bestaansjaar. Die slagspreuk Mould – Empower – Serve verteenwoordig die gees waarin ons dienste bied! Hierdie nie-winsgewende organisasie werk al vir die afgelope 25 jaar in die middestad van Johannesburg en bied 'n uitgebreide holistiese model rakende die maatskaplike ontwikkeling van die hawelose en behoeftige gemeenskap. Die visie "Om die hart van die stad te verander!" dryf die organisasie om mense te bemagtig om volhoubare lewens te lei. MES dien die gemeenskap deur 'n

verskeidenheid programme wat die behoeftes van babas, jeug, vroue, mans, families en die bejaardes aanspreek deur die proses van voorkoming, inname en assessering, intervensie en volhoubare uittrede. Hillbrow – eens gedurende die apartheidsjare bekend as 'n slegs blanke area – het gou kleurblind geword soos verskillende rasse hier begin woon het. Die swak beplande infrastruktuur en tekort aan belegging het tot gevolg gehad dat die middelklas in die 1980's die area verlaat het en Hillbrow as 'n stedelike krotbuurt agtergelaat het. Dit het daartoe gelei dat Hillbrow die

Verjaarsdagpersverklaring Ons verander die hart van die stad al vir 25 jaar!

40

Kruispad uitgawe 23 - 2011


tuiste geword het van immigrante van aangrensende plakkerskampe en plattelandse gebiede, asook die res van Afrika, wat in uiterse armoede gelaat is, met hul drome van 'n inkomste in skerwe. MES is onder hierdie kommerwekkende omstandighede gebore en die eerste personeellid is op 1 Junie 1986 aangestel. Die MESdroom het 'n realiteit geword toe MES in 1989 artikel 21 status behaal het en die eerste bestuursraad aangestel het. Gedurende die eerste paar jare het MES ongeveer 15 000 mense per jaar deur Hillbrow geneem op 'n toer wat geweldige

impak op die kerk en haar mense gehad het. MES het stadig maar seker begin groei. 'n Weeklikse voedingskema het in die negentigerjare tot stand gekom en MES het hul eerste staatsubsidie van R1 miljoen ontvang om die armes in Hillbrow te voed. Die eerste crèche, Roly Poly, het in 1993 ontstaan uit die nood om 'n veilige omgewing vir die kinders van Hillbrow te skep om te ontwikkel, groei en 'n toekoms te bou. Othandweni, 'n skuiling vir straatkinders waar 'n warm bord kos en stortfasiliteite verskaf word, het in 1994 begin. Ander

Kruispad uitgawe 23 - 2011

41


Suksesverhale so deur die verloop van die jare programme soos die bejaarde uitreik en sportontwikkelingsaktiwiteite het gevolg en MES het spoedig uitgebrei. Die toenemende behoefte vir sosiale ontwikkeling en verligting van armoede in Suid-Afrika is 'n saak wat dringend aandag moet geniet. Twee addisionele MES-takke is in Kaapstad en Port-Elizabeth geopen om juis dié kwessie aan te spreek. Die takke, alhoewel in hul kinderskoene, het reeds 'n rits suksesstories om te vertel. MES het groot drome vir die volgende 25-jaar. MES Port-Elizabeth beplan om die diensmodel van Inname, Intervensie en Volhoubare uittrede ten volle in al hul programme te implementeer en op dié wyse geleenthede te skep vir die suksesvolle integrasie van MES-kliënte in die samelewing. MES Kaapstad se fokus val op die mobilisering van vennote om die gebrek aan hulpbronne en dienste vir die hawelose gemeenskap in die Noordelike gedeelte van die stad aan te spreek. Verdere planne sluit die vestiging van 'n veilige behuisingsfasiliteit vir sy kliënte in en die verdere ontwikkeling van

goeie programme om die behoeftes suksesvol aan te spreek. Beide takke poog om standhoudende befondsing vir die programme te verkry deur geleenthede aan donateurs te bied om te belê in betekenisvolle projekte met meetbare suksesse. MES het tydens 2010 baie suksesse gevier. 279 haweloses het vaardigheidsontwikkeling ontvang; 60 MES-kliënte het afgestudeer; 2 000 voedselpakke is uitgedeel; 36 haweloses is versoen met hul families en 41 MES-kliënte het werk gekry. Waarheen vorentoe? Die organisasie is besig met proaktiewe beplanning vir die toekoms. 'n Volhoubaarheidsfonds is gestig om donateure die geleentheid te gee om 'n skenking te maak wat MES sal belê vir die toekoms. Die Versterk die hartklop van die stad veldtog is in sy eerste fase waar personeel uitgenooi word om 'n donasie te skenk wat vir die toekoms belê sal word. MES sal die uitnodiging ook aan donateure, kerke en individue rig wat graag wil deelneem.

Besoek MES by www.mes.org.za of kontak ons op Facebook by tinyurl.com/mesorg vir meer inligting.

42

Kruispad uitgawe 23 - 2011


KOMPETISIE

dorlomsemwok

= woordskommel

I

n hierdie uitgawe se kompetisie het ons 'n paar random woorde uit die Bybel geneem en hulle letters geskommel. Die woorde is geneem uit al drie die Afrikaanse vertalings (1933/53, 1983 en die NLV). Kyk of jy die woorde terug kan skommel en laat weet ons voor 30 September 2012 wat jou antwoorde is.

Voorbeeld

: h arsmin

1. emva lerath 2. kabn seaerudn 3. rsem ulae 4. sutinre j sid 5. alere degkali 6. ebira npgon 7. a jane sf 8. einlea hngd 9. goled ioh 10. aripn eta ge

org = ram s

horing

11. eatsg learn 12. tabes ab 13. tcisah nri 14. hsigo ninuks 15. mstite eja 16. pods kerpabo 17. weato reihedekld ornv 18. eigom ihld 19. etmtn esat 20. kea g enesdgne k

Stuur jou naam, adres, ouderdom en korrekte antwoorde aan red@kruispad.net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor. Die eerste korrekte inskrywing kan 'n Woordwakker-bordspel wen. As jy wil weet wat Woordwakker presies is of self een wil bestel, kyk gerus op www.grootisutrou.co.za/woordwakker/index.html.

Kruispad uitgawe 23 - 2011

43


Benn

44

Kruispad uitgawe 23 - 2011

rs) edewerke m d a p is u Kr n Coll er ( en Dolf va


S

aterdagaand, 2 Julie 2011. Op die hoek van Kapteijn– & Edith Cavellstraat stoot ons motor die stof en papiere weg toe ek indraai by die MES-gebou. "Pa, jy klink outyds … soos 'n has been of wat?" sê–vra Dolf terwyl ek hardop wonder of die JohannesKerkorrel-Hillbrow-toring nog sy seine stuur in die nag? "Die nuwe Heuwels Fantasies CD het nicer songs as daai Kerkorrel-ou," sê Dolf en ek kyk op om die Toring te soek tussen al die geboue. Iemand skarrel verby en die koue groet my eerste toe die motordeur oopgaan. Ons pak af. 'n Kombers. 'n Slaapsak. 'n Kussing en dan nog 'n kombers. Ons bondel saam met die ander rondom 'n groot vuur terwyl stukkende-venster-ligte afskyn op die grasperk waar ons ons slaapsakke, kussings en komberse in 'n hopie neergooi. "Om vanaand hier op die grond met niks en met die koue as 'n companion te slaap was regtig 'n bad idee," dink ek terwyl ek my hande probeer warm vryf. Ek kyk rond. Sien onbekendes. Grys mense in die donkerte wat almal

dieselfde laat lyk. My oë volg die singende groep jongmense en dan sien ek 'n paar bekende gesigte van ons gemeente. Terwyl ek my mus verder aftrek, stamp-stamp 'n skraal seun aan my. Hy het net 'n kortbroek en langmouhemp aan. "Kyk Pa! Daar is Hykie van Survivor. Kom ons gaan groet hom!" sê Dolf terwyl hy my saamsleep. "Hykie Wie?" glip die woorde uit my mond. "Hykie Berg! TV se Survivor champ!" word ek dadelik reggehelp. En skielik weet ek, ek is oud. My jongmens TV-helde en Hillbrowkuiers by Pizza-land, Chelsea Hotel, Cafe de Paris, Fontana bakkery en Look&Listen ken net my naam. Hykie skud ons hand en sê: "Hallo". Sy warm oë nooi ons vriendelik uit om saam te gesels en so word ek deel van die groep mengelmoes mense wat saamsing en later kyk hoe die straatkinders dans. Daarna praat Hykie. Wat 'n Getuienis is sy "real life Survivor" verhaal! 'n Verteenwoordiger van MES vra en wys ons waar ons die donasiekomberse op 'n hoop moet pak. Net na nege bondel ons saam in 'n

Kruispad uitgawe 23 - 2011

45


tou vir sop en brood. My een hand kry 'n lomp brood en in die ander word 'n bekertjie sop gestop. Ek proe eers versigtig. En dan spoel die smaak en warmte teen my keel af. Vir 'n oomblik is ons almal dieselfde. Alleen. Koud. Vreemd met mekaar. Terwyl die warm sop en die vuur die koue tussen ons almal afbreek. Iemand sing Gospel-liedjies en tussen alles deel die MES-verteenwoordiger die komberse aan koue lyfies uit. Skielik is die hoop komberse weg terwyl ek nog probeer tel hoeveel keer die woordjie "GEE" in Johannes Kerkorrel se Hillbrow-liedjie voorkom. Daar is te min Gee's weet ek sonder om die som te voltooi. Saam met die ander hongeriges vra ek vir nog 'n koppie sop en is saam dankbaar vir die gewillige MESpersoneel en andere wat elke dag net help. Net na middernag stap ek oor na die klein Lutherse Kerkie wat pasmaak lê tussen die MEShoofgebou en die grasperk waar almal is. By voorbaat dink ek dat die gebou – net soos al die ander in die area – verlate, vervalle en koud sal wees. By die oop deur steek ek vas en sien dat die gebou al meer

46

Kruispad uitgawe 23 - 2011

as 100 jaar hier op 'n rotsrif staan. Neffens die Hillbrow-toring so 'n blok of twee hiervandaan. Toe ek instap is daar die mooiste klank van iemand wat 'n klavier bespeel. Die gebou se helder ligte spoel die koue uit terwyl die pragtige loodglasvensters elk sy eie Bybelstorie vertel. Die houtbanke, lieflik versorg, verwelkom my en orals sien ek mense in kleiner groepies handevat en bid. Ek gaan sit in stilte. Wil vir niks vra nie. Die musiek vorm my gedagtes en ek kan net woorde vind om die Heer te dank vir familie, vir vriende, vir liefde, vir kos, vir 'n werk en genade. Dan soek my gedagtes verder en ek onhou – Matteus 16:18 "… en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie." En skielik wonder ek of die Hillbrowtoring nie sy boodskap-seine "Om die hart van die stad te verander! " hier in die Lutherse Kerkie elke aand kom haal nie: … En dis lank na twaalfuur, En die Hillbrow-toring stuur sy seine in die nag, sy seine in die nag. Sy sein vir die junkies wat wag …


Helping is better, and God calls us to do whatever our hands find to do (1 Sam. 10:7) In sharing in, and as part of His story, we give our hands and hearts where necessary to support and help ministries to do the things they do best. The Kingdom of God is revealed in our everyday lives. Being aware of this we at M!ST | Ministry Support aim to follow this story as it breaks within the world today. Kingdom living is more than moments of meeting Jesus as He reveals Himself as King of everything. Being part of this glorious story, many ministries strive to proclaim and live this reality.

BE PART OF THE STORY 1. Capture the story as it happens where you are. Tell us a story about a ministry near you and submit your text, photos or videos at stories.ministrysupport.info or email it to stories@ministrysupport.info 2. Spread the story. Be a voice for a story by connecting and sharing on: Facebook.com/ministrysupport Twitter.com/ministrysupport Signing up for the mailing list 3. Be part of the M!ST Story by: Intersession for the various ministries, signing a debit order or making an EFT donation.

SOME OF THE MINISTRIES WE SUPPORT


O

p die PUK-kampus (of, soos dit vandag bekendstaan, die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus) langs die prentjiemooi hoofgebou en die Calvynfontein, staan die standbeeld van 'n ou man. Hy is klein van postuur en sy rug is effens krom getrek soos wat hy na links kyk, amper asof hy die verbygaande studente met belangstelling dophou ‌ Hier tref ons Totius aan as 'n bejaarde man, en nie meer as die 28-jarige predikant wat hy was toe ons hom laas gegroet het nie. Wat het intussen gebeur? Dit is wat ons in hierdie laaste aflewering van ons reeks oor J.D. du Toit gaan uitvind. Dit lyk dalk vreemd om 'n tydperk van 48 jaar (Totius sterf op 76-jarige ouderdom) in een artikel te wil dek, terwyl ons so lank by sy jonger jare stilgestaan het. Tog was Totius se jonger jare so 'n belangrike leerskool vir die werk wat God later in Potchefstroom vir hom sou gee. Kom ons begin waar ons laas opgehou het. Dis 1908, drie jaar na die opening van die Teologiese Skool in Potchefstroom. Doktor Du Toit is volstoom aan die werk as predikant. In die kerkbanke sit mense wat swaar dra aan die nagevolge van die Anglo-Boereoorlog. Oudpresident M.T. Steyn treur oor sy volk waar hy op sy plaas in die Vrystaat rus. Eendag kom 'n digbundel by hom aan: By die Monument, Verse van Totius. Hierdie gedigte word kosbaar vir die oudpresident en die volk, en boonop skenk Totius die volle opbrengs daarvan aan die oprigting van die Vrouemonument in Bloemfontein! In 1909 word 'n derde kind, Dirk, in die Du Toit-huis gebore, en 'n tweede digbundel, Verse van Potgieter's Trek, maak sy verskeining. Totius het vir agt jaar lank die gemeente in Potchefstroom

Esmari Linde (Kruispad-redaksie)

48

Kruispad uitgawe 23 - 2011

Deel 4


bedien en dit wat hy oor volksake te sê gehad het, is landswyd gelees en gehoor. Generaals De Wet, De La Rey en Beyers het hom gedurig by hulle samesprekings betrek. Toe word hy op 34-jarige ouderdom in Jan Lion-Cachet se plek as professor beroep! Met sy inhuldiging op 15 April 1911 het dominee Petrus Postma die saak mooi gestel: "God se weë is wonderlik: 'n verwoestende oorlog in ons land het gemaak dat ons u uit die land moes wegstuur na Nederland. Hoewel u bereid was tot diens vir u vaderland, was dit tog beter dat u kon toegerus word om die kerk soveel beter te dien." Toe Totius self 'n spreekbeurt kry, het die skare op die kerkplein aan sy lippe gehang met 'n toespraak wat daarna selfs in tydskrifte in Nederland en die VSA bespreek is. Die boodskap van Totius se toespraak? "Luister na die Bybel!" Die jong professor het hierdie uitkyk daagliks uitgeleef en onder sy studente bevorder. Dag na dag het hy hulle onderrig al was omstandighede moeilik. 'n Maand na sy inhuldiging moes Totius na Kleinbosch vertrek. Sy pa, uitgeput na liggaam en gees, het op sterwe gelê. Dawie, Totius se broer, en Bettie, sy suster, het kort tevore gesterf, en S.J. du Toit is die Sondagoggend in sy slaap oorlede. Die dood van drie gesinslede so kort na mekaar het Totius diep geraak, en die digbundel Wilgerboombogies het ontstaan. Totius het spoedig 'n volksdigter geword. Sy digbundel, Ragel, het in 1913 verskyn en twee jaar daarna, met sy bundel Trekkersweë, het hy die eerste Hertzogprys ontvang! Intussen het hy geswoeg en gesweet aan die

Kruispad uitgawe 23 - 2011

49


opleiding van Gereformeerde predikante en is hy gereeld by die land se politieke en kerklike sake betrek. Hy het ook geveg vir Christelike onderwys, met die gevolg dat 'n Christelike universiteit, die P.U. vir C.H.O., in Potchefstroom sou ontstaan. En die rug dan wat so effens geboë is? Dalk is 'n deel van die groot las wat in 1920 op hom gelaai is. Totius se jongste kind, die eenjarige Francois, het breinvliesontsteking opgedoen. Vir drie weke lank het die gesin oor sy bed gewaak, maar op 5 November het hy sy "vier laaste snikkies" gegee. Daarna het hulle as gesin op Krugerskraal, hulle plaas net buite Potchefstroom, gaan treur. Daar het hulle die Desembervakansie deurgebring en die natuurstilte het groot ontspanning en troos gebring. 'n Swaar donderstorm het hierdie stilte op Oujaarsdag gebreek. Totius het by die eetkamertafel gesit toe 'n weerligstraal die hele huis laat ruk het! Hy het opgespring en na sy dogters se kamer gehardloop. Wilhelmina, sy oudste dogter, het dood op die grond gelê. Toe dit duidelik word dat geen pogings sou help nie, het Totius sy gesin bymekaargeroep. Die lug het al weer oopgetrek en die ses mense het op die stoep gekniel, terwyl Totius voorgegaan het: "U o God van die ewigheid, U het gegee. U het ook weer geneem. U Naam word geloof!" Die dag na Nuwejaarsdag is Wilhelmina langs haar boetie begrawe. Die gedigte wat hierna in Totius se lessenaarlaai opgehoop het, was gevul met hartseer oor sy kinders. Hierdie gedigte het hy eers dertien jaar later met die wêreld gedeel in die bundel Passieblomme:

"Tog't jy my amper saamgetrek, want 'k wou jou nie laat gaan nie; ek het geduisel op die grens waar mensevoet nie meer kan staan nie." * Maar Totius se groot lewenstaak het nou op die horison verskyn: die vertaling van die Bybel in Afrikaans. S.J. du Toit het self hieroor gedroom en die Bybel op eie stoom begin vertaal. Nou het dit die taak geword waaraan Totius die laaste 30 jaar van sy lewe gewy het. In 1924 het Totius en sy vrou op Krugerskraal gaan woon en sy het gesorg vir 'n stil en rustige omgewing, sodat hy al sy aandag by sy werk kon bepaal. Totius het onder

50

Kruispad uitgawe 23 - 2011


andere die Ou Testament 112 keer, woord vir woord, in die Hebreeus deurgewerk! Toe die eerste Afrikaanse Bybel in 1933 verskyn, was Totius nog lank nie klaar gewerskaf nie. Op Krugerskraal het nog 'n belangrike deel van ons erfenis ontstaan: die Psalmberyminge wat in 1936 gepubliseer is. Hierdie Psalms, waaraan Totius dikwels saans gewerk het nadat hy die dag met die Bybelvertaling besig was, is aan baie kritiek onderwerp. Maar uiteindelik kon hy met vreugde opsom: "Psalmsing is die hemelvaart van die siel …" In 1937 het Totius sestig geword en sy werk is met 'n klomp feeste en poësie-aande gevier. Dit was 'n groot jaar, maar nie noodwendig 'n lekker een vir Totius nie – hy was geneig om weg te skram van die kollig, en het al meer na Krugerskraal gevlug. Onder leiding van die Federasie vir Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het hy en Marie egter 'n wonderlike geskenk gekry: 'n reis na Jerusalem en die Bybellande. Die maandlange ontdekkingsreis met die daaropvolgende vakansie in Europa was vir beide 'n groot seën. Kort daarna is twee eredoktorsgrade aan hom toegeken. (Totius het aan die einde van sy lewe nege doktorsgrade, waarvan sewe ere-doktorsgrade, op sy kerfstok gehad!) Terug op eie bodem het die Afrikanervolk weer Totius se dagboek vir hom volgeskryf. Hy tree op tydens die 100-jarige herdenking van die slag van Bloedrivier op Pretoria se Monumentkoppie. Kort hierna veg hy teen die lelike volksverdeeldheid wat in 1939 met die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog ontstaan. Hy gee klas by die Teologiese Skool, en skryf gedig op gedig, artikel op artikel. In 1953 het Totius sy hersiening van die Afrikaanse Bybel voltooi. Hy het dit met haastige ywer gedoen, asof hy aangevoel het dat sy werkstyd min is. Op 1 Julie 1953, nadat hy 'n tweede hartaanval beleef het, het hy rustig in sy kamer gesterf. Die laaste woorde wat hy die aand voor die tyd agterin sy Psalmboek neergeskryf het, het sy lewe opgesom: "Genade, alles genade!" En watter genade het die Here nie, deur hierdie dienaar van hom, aan ons kerk en land bewys nie! * Uit "Jy het my amper saamgetrek," na aanleiding van Francois se begrafnis, waar Totius lank by die graf bly staan het.

Kruispad uitgawe 23 - 2011

51


52

Kruispad uitgawe 23 - 2011


E

k gaan op my daaglikse draf op 'n rustige Saterdagmiddag. Ek is net verby die halfpadmerk en hou 'n goeie pas. Skielik, tussen die reuk van die Mooirivier en sweet tref dit my … of eerder my neusgate. Die reuk van braaivleis. As 'n trotse Suid-Afrikaner het ek groot geword met 'n liefde vir braai-vleis. Selfs die priesters van ouds het 'n braaitjie gegooi (1 Samuel 2:15). Alhoewel die vleis 'n groot rol speel by enige braai gaan 'n braai gepaard met geselligheid, 'n unieke atmosfeer en 'n smullekker reuk wat in die lug hang. So 'n braaivleisgeur kan oor 'n hele buurt geruik word en iets prikkel by die inwoners. Dis amper aansteeklik en ewe skielik maak die bure aan weerskante plan om ook 'n vleisie op die kole te kry. Ek weet nie of Paulus gehou het van 'n Bloubul-steak nie, maar hy het wel iets verstaan van hierdie die geurbeginsel. Alhoewel hy praat oor die reuk van wierook, dink ek vir 'n Suid-Afrikaner se doeleindes kan ons maar praat van 'n braaivleisreuk. Ek dink ook dadelik aan die duur nardusolie wat oor Jesus se voete uitgegiet is (Johannes 12:3). Die Skrif verduidelik dat die hele huis met die reuk deurtrek is. Paulus verduidelik omdat ons een met Christus is, het ons die geur van Christus. Die geur deurtrek alles, selfs ongelowiges kan nie help om

die reuk van die braaivleis te ruik nie (2 Korintiërs 2:14-16). Dit is mooi en goed, maar waaroor gaan dit werklik? Hierdie aangename reuk van gelowiges word afgeskei met opoffering (Efesiërs 5:2) en gebed (Openbaring 8:3-4). Alles het heel lekker geklink tot hier, nè? Iemand moet die kole pak, iemand moet die vuur aansteek, iemand moet die vuur dophou totdat dit reg is om op te braai. Of wierook of braaivleis nou verantwoordelik is vir die reuk, een ding is seker, die geur kan slegs afgeskei word as daar 'n vuur is. Ja, verseker het 'n deodorant of 'n bevogtigingsroom 'n aangename geur, maar ek het nog nooit gehoor van enigiemand se bure wat dit geruik en navrae gedoen het nie … Daar is verseker meer krag in 'n reuk as 'n vuurtjie aandeel daarin het. God maak dit maklik. Die Heilige Gees bring die vuur, ons moet net die kole pak. Wierook word dikwels vergelyk met die gebede van gelowiges (Openbaring 5:8). Hierdie reuk styg op voor die Vader (Openbaring 8:4). Dit beklemtoon die essensie van gebed. Sonder opoffering en gebed is daar geen wierook, geen aangename reuk nie. God wag vir die gelowige wat bereid is om op te offer. Hetsy dit tyd, geld of gebede is, God verlang na 'n aangename geur, 'n braaivleisvuur in jou hart.

'n Rubriek deur Edgar Trollip

Kruispad uitgawe 23 - 2011

53


God verstaan tot Afrikaans!

W

anneer jy Jerusalem binnegaan, is daar 'n vreemde opgewondenheid en verwagting binne jou. Om jou voete in die beloofde land neer te sit en jou oë oor die stad te laat dwaal, is onbeskryflik. Soos wat jy tussen die nou klipstraatjies van die ou stad wandel, is dit asof die Bybel eweskielik in 3D voor jou afspeel. Jerusalem het 'n unieke bekoring en is 'n smeltingspot van verskillende gelowe en kulture. Drie van die wêreld se grootste gelowe, die Christene, die Jode en die Moslems, se geskiedenis het hier afgespeel. Die ou stad waarom alles draai, is die hart van Jerusalem en hier vind jy aan die westelike kant van die Tempelberg, die Kotel of soos die meeste dit ken, die Klaagmuur. Die muur was deur Herodus die Grote gebou as keermuur van die Tempelbergkompleks (ons lees van die tweede tempel in Esra). Die Kotel is die heiligste plek vir die Jode en die naam "Klaagmuur" kom na aanleiding van die hartverskeurende gebede en versugtinge wat daagliks hier opgaan.

Een van die eeu-oue gebruike is dat Jode en nie-Jode van regoor die wêreld hulle gebede op stukkies papier skryf en dan in die gaatjies en gleufies van die muur indruk. Dit is dus belangrik om te verstaan dat hulle nie die muur aanbid nie, maar tot God bid. Mense stort hier dag en nag in 'n verskeidenheid tale hulle harte voor God uit. Elke Vrydagaand wanneer Shabbat aanbreek, kom die Jode by die muur aanbid. Hier sien jy ook ortodokse Jode geklee in 'n swart baadjie en broek, met die kenmerkende wit geknoopte tzitzit wat onder uithang, en haarlokke voor die ore. Baie Joodse mans bid hier met hul wit en blou gebedskleed (Tallit) oor hul skouers. Die toegewyde Jood kan ook uitgeken word aan die kalotjie (kippah) op sy kop. Jode en nie-Jode kom bid daagliks by die muur en hulle glo dat hulle gebede verhoor sal word omdat die heilige teenwoordig van die Vader op die muur rus, siende dat dit die enigste oorblywende deel van die Heilige Tempel is. Daarom glo hulle dat dit die kortste pad na

Juanita van der Merwe (Kruispad-redaksie)

54

Kruispad uitgawe 23 - 2011


LEEFSTYL

God se oor is. Daar word wel geglo dat alle gebede by die Here uitkom, maar omdat God in die tempel teenwoordig was, sal die gebede vanaf die Kotel 'n korter reistyd h锚. Ons lees telkemale in die Bybel hoe gebed 'n belangrike deel van ons geloofslewe uitmaak en ook dat God gebede verhoor. Die toegewydheid en ywer waarmee die mense by die Kotel gaan bid, is vir my merkwaardig en ek kon nie help om na my eie lewe te kyk en te wonder hoe anders my lewe sou lyk as ek my ook s贸 toegespits het op gebed nie? Dis egter belangrik om te besef dat waar God in die Ou Testament in die Allerheiligste in die tempel teenwoordig was, die voorhangsel geskeur het toe Jesus aarde toe gekom en gesterf het. Maar Hy het die dood oorwin en opgestaan! Daarom kan ons almal vandag met vrymoedigheid met die Here praat. Op enige plek, enige tyd, en die beste van als, in enige taal, want God verstaan tot Afrikaans!

Kruispad uitgawe 23 - 2011

55


Briewe aan God Patrick Doughtie en John Perry Christelike Uitgewersmaatskappy, 2011 ISBN: 978-1-77000-932-5

LEES DIT?

Resensies: Janien de Kock | Maureen van Helden

56

HOEKOM laat God toe dat slegte dinge met onskuldige mense gebeur? Hierdie is seker een van die grootste godsdienstige vrae wat bestaan. Soveel mense word elke dag beproef. Net as iemand dink hulle verstaan waarom hulle swaarkry, word hulle deur nog 'n ramp getref. Hierdie is die probleem wat in die boek, Briewe aan God (gebaseer op die film Letters to God), vanuit 'n nuwe hoek bekyk word. Nadat Tyler Doherty se pa onverwags in 'n motorongeluk sterf, is die gesin gebroke. Net wanneer dit vir die ma en twee seuns voel asof hulle weer kan begin asemhaal, word Tyler gediagnoseer met breinkanker. Aanvanklik is die gesin positief en hou hulle goeie moed, maar later begin die realiteit van Tyler se wankelrige gesondheid aan die gesinslede knaag. Tyler se ma, Maddy, raak kwaad vir God omdat Hy soveel swaarkry oor hulle pad stuur en Tyler se broer, Ben, begin al hoe meer afgeskeep voel. Tyler hanteer die situasie egter op 'n ander manier. Hy klim elke aand op die dak van hulle huis, kyk na die sterre en skryf briewe aan God. Hierdie briewe handel nie net oor sy eie swaarkry nie, maar is gebede vir die mense om hom wat ook swaarkry. Wanneer die posman, Brady, elke oggend Tyler se briewe uit die posbus haal, is hy aanvanklik ontevrede en weet nie wat om daarmee te maak nie. Hoe lewer 'n mens tog 'n brief by God af? Hy besluit om dit na die kerk te neem. Hier gesels die predikant met hom en vertel hom dat hy wat Brady is 'n opdrag van die Here ontvang het. Hierdie roman handel oor 'n kankerpasiĂŤnt en sy gesin se swaarkry, maar ook oor hoe iemand se swaarkry ander se lewens kan aanraak. Hoe God mense in situasies gebruik waar dit lyk asof niks goeds daaruit kan kom nie. Tyler se blymoedigheid straal na almal om hom uit en sy briewe raak die lewens van die mense in sy hele dorpie. Die roman, wat gegrond is op ware gebeure, sal enigiemand se hart aanraak. Die leser sal verstom staan oor hoe God Tyler moedig en opgewek hou en hoe 'n klompie briewe van 'n sewejarige 'n hele gemeenskap se idee oor God kan verander.

Kruispad uitgawe 23 - 2011


LUISTER DIT? CS Lewis's The Screwtape letters Focus on the Family Radio Theatre, 2009

9/10

"DAAR is twee gelyke en teenoorgestelde foute wat mense oor duiwels maak. Die een is om glad nie in hulle bestaan te glo nie en die ander is om in hulle te glo én 'n ongesonde belangstelling in hul doen en late te hê." Hierdie is die inleiding tot 'n reeks briewe wat tussen Mei en November 1941 weekliks in die Britse koerant The Guardian verskyn het. In die briewe gee 'n senior, afgetrede duiwel, Screwtape, raad aan sy kleinnefie, Wormwood, 'n jong en minder ervare demoon wat verantwoordelik daarvoor is om 'n "pasiënt" na "Ons Vader Daaronder" (Satan) te lei en weg van "die Vyand" (God) af. Hierdie 31 briewe is in 1942 uitgegee as The Screwtape Letters en is een van C.S. Lewis se gewildste boeke, so gewild dat die eerste druk van 2000 kopieë uitverkoop was selfs voordat dit op die rakke verskyn het en voor die einde van jaar agt keer herdruk moes word! Tog het hy erken dat hierdie briewe "glad nie pret was om dit te skryf nie". Sedertdien is miljoene kopieë verkoop. In 2008 het Focus on the Family Radio Theatre die boek opgeneem as 'n vollengte luisterdrama en hierdeur kry jy die geleentheid om daarna te luister op jou iPod of in die kar terwyl jy êrens heen op pad is. Andy Serkis, beter bekend vir sy rol as Gollum in The Lord of the Rings filmtrilogie, verskaf die stem van Screwtape. Ek het al die boek gelees en moet sê dat ek die luisterdrama ongelooflik geniet het (saam met Lewis wonder ek nogal of geniet die regte woord is …). Dit neem mens 'n tydjie om gewoond te raak aan die manier wat sonde aangemoedig word en goeie dade en eienskappe afgekraak word, maar dit is fassinerende metode wat Lewis gebruik het om juis te wys hoe mens moontlik versoek word … Serkis kwyt hom uitstekend van sy taak as die ouer, geïrriteerde, beterweterige en "tog-soveel-beter-as-enige-ander" duiwel. Alhoewel slegs Screwtape aan die woord is in die boek, is die luisterdrama so verwerk dat ook Wormwood en van die ander karakters 'n spreekbeurt kry. Ek het gehou van hierdie manier waarop die boek verwerk is as 'n drama en het gevoel dat dit bydra tot die verloop van die verhaal. Ek was teleurgesteld in die feit dat nie enige bekende boekwinkel in Suid-Afrika die CD's aanhou of selfs belang gestel het om dit vir my te bestel nie. Dankie tog vir die internet! Besoek gerus www.screwtape.com vir meer inligting oor CS Lewis 's The Screwtape letters. Ek beveel dit graag aan vir enigeen, jonk en oud.

Kruispad uitgawe 23 - 2011

57


ep Die gro pers. Die p lo k T r Ha Is dit iment: eksper te gee as om m beter o g? n a v t h artjie te on in die p lo gs die k T Har reg lan , p lo k rd van Aa e! t n e t ia. Hy is r bie olomb er en C n a v Carlos , storievertell ng ie sendeli weet n . s li a ult. Hy et B h ie y joern h d want ly op , b ie h n p e 6 is Jos s y 3d hy en hoe ou het elke da g regtig righeid y e H d . e ie n n t o nie 'n ID offie met gro us nie, al. sk koppie heid kom h a nie in Christ de f aar are lie an: glo dankb Jonath k vir die tasb n e l ie e Emm resp et baie k ou". maar h lop – "respe k T r van Ha

58

Kruispad uitgawe 23 - 2011


Is gee beter as ontvang? Ons maak DV vanjaar 'n draai by die KKNK. Vir meer inligting hou Kruispad se facebook fanpage dop en kyk uit vir G-kafee!



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.