Page 1

No. 12

1 Kruispad Uitgawe 13.indd 1

2009/05/08 12:26:02 PM


HO EKO M i s ons hi er? Kruispad is … 'n eietydse tydskrif met Reformatoriese inhoud, gefokus op aktuele sake, gerig op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat lei tot geloofsgroei.

H O E w il ons di t doen? Deur 'n interaktiewe medium daar te stel wat relevante temas bespreek en jong gelowiges motiveer om die pad van die kruis van Christus te stap en volwasse in die geloof te word, sodat God die eer sal kry en die Kerk opgebou sal word.

Verklaring Menings uitgespreek in die artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die redaksie behou hom die reg voor van plasing, redigering, verkorting, parafrasering en uitbreiding van die bydraes.

T Y D S K RI F INLIG T ING Posadres: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Tel: 018 293 2338 E-pos: navrae@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net

Rekeningbesonderhede vir donasies: Naam van rekening: GKSA Admin Buro t/a Kruispad Bank: ABSA Tak: 632005 Rekeningnommer: 670140040 Verwysing: 0562/KRUISPAD

Uitgegee deur die GKSA

Ontwerp: Sunflood Studios Tel: 021 887 4477 E-pos: info@sunfloodstudios.co.za Web: www.sunfloodstudios.co.za Drukkers: Zero Plus Tel: 012 333 6712 E-pos: info@zplus.co.za

D I E R E D A K S I E S P AN Redakteur & Subredakteur

Boekresensies

Kreatief

Bedryfsredakteur

Grafies

Adviseur: Jeugdeputate

Aktueel

Adriaan van Wyk Laurette Pretorius Ds. Hennie van Wyk

Advies & Hulp

Red i g ee r de r s

Maureen van Helden red@kruispad.net

Tim Theron red_bedryf@kruispad.net

Assistentredakteur Rineé Viljoen kantoor@kruispad.net

Interaksie & GIGS

Dirkie Steyn interaksie@kruispad.net

Resensies & Webblad Dirk Kruger media@kruispad.net web@kruispad.net

Wanja Senekal resensies@kruispad.net

Sunflood Studios - Dian Wessels - Mike Cruywagen - Karien Bredenkamp grafies@kruispad.net

Santie Lourens aktueel@kruispad.net

Johannes Schickerling advies@kruispad.net help@kruispad.net

Chantelle Tredoux kreatief@kruispad.net

Ds. Charl van Rooy charl@gkrandburg.org.za

M E D E W E R K E R S P AN

Ernalize Groenewald Johanita Kirsten Annelize Esterhuizen

Sending & Leefstyl Juanita Swanepoel sending@kruispad.net leefstyl@kruispad.net

Kruispad Uitgawe 13.indd 2

2009/05/08 12:26:06 PM


IN H O U D S O P GA W E

endaksie or van ering

Red@Kruispad

Skoolverlaterskamp 2009

za a

Kruispad Uitgawe 13.indd 3

4 5

Noag – gebore om mense te bemoedig

6

Kom gee 'n jaar!

8

Sinode 2009

10

Geopende deure

11

Sendinghulp: Godsdienstige kultes

12

Getuienis

14

Calvyn 500 jaar

16

Koffie saam met Stephan Joubert

18

Poster: Noag tydlyn

20

Grootoog na die reĂŤnboog

22

Snyers

23

Vry om asem te haal

24

Vervolgverhaal: Bostik

26

BlouAnna

28

Kreatief: Ark

29

Kreatief: Die Kruispad van vergifnis

30

Kompetisie

31

Resensies

32

Kunstenaarsprofiel: Straatligkinders

34

Watdinkjyvan?

36

GIGS

38

Fotoblad

40

2009/05/08 12:26:08 PM


Red@Kruispad

T E KE N I N O P K RU I SP AD

Hallo almal, Hier trek ons nou al in Meimaand en ek kan soggens voel die winter is op pad! Omdat dit binnekort Moedersdag is (en omdat Kruispad onlangs sy tweede verjaarsdag gevier het), het ons met ons sustertydskrif, Lig, 'n ooreenkoms aangegaan en is daar vir jou 'n Lig as geskenk ingesluit in jou Kruispad-pakkie. Ek hoop van harte dat jy 'n geseënde Paastyd beleef het, en dat Christus se soendood aan die Kruis, maar veral sy opstanding en oorwinning oor die dood opnuut vir jou en jou geliefdes 'n werklikheid geword het. Tydens Paasnaweek het die GKSA natuurlik 'n groot verjaarsdagpartytjie in Potch gehou en Kruispad was bevoorreg om ook deel van dié fees te wees. Persoonlik was die Sondag se erediens in die Amfiteater saam met byna 4 000 medegelowiges, en die sing van Psalms saam met al daardie mense, vir my 'n onvergeetlike ervaring. As jy foto's geneem het van die naweek, gaan plaas dit gerus op die Kruispad en GKSA groepe op facebook óf stuur dit na interaksie@kruispad.net vir ons fotoblad. Ek hoop jy sal lekker lees aan hierdie uitgawe. Stuur gerus 'n e-pos aan red@kruispad.net met enige kommentaar of voorstelle. Soli Deo Gloria! Groete Maureen

Stuur jou intekenvorm en bewys van betaling na een van die volgende adresse: E-pos: inteken@kruispad.net Faks: 086 656 6745 Slakpos: Posbus 20700, Noordbrug, 2522 Bankbesonderhede: Naam: GKSA-Admin buro t/a Kruispad Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningnommer: 670 140 040 Gebruik as verwysing: 0562/004/ (Naam en van OF Naam van gemeente) Nadat jou bewys van betaling ontvang is, sal jy die daarop volgende uitgawes ontvang. Terme en voorwaardes geld. Kyk op www.kruispad.net vir meer besonderhede.

Posgeld is nie reeds betaal nie. Plaas asseblief die inskrywingsvorm in 'n gefrankeerde koevert en stuur dit na die Kruispad-adres.

4 Kruispad Uitgawe 13.indd 4

2009/05/08 12:26:14 PM


No. 12

5 Kruispad Uitgawe 13.indd 5

2009/05/08 12:26:14 PM


Noag en sy tyd Callie Opperman (GK Windhoek-Suid)

T

OE Lameg vir sy baba 'n naam gekies het, was hy bewus van al die swaarkry van die boere, omdat die grond deur God ver-

vloek was. Daarom het hy hom Noag, "Motiveerder", genoem. Hy moes die boere in hulle swaarkry met droogtes en plantsiektes, veevrektes en ongediertes aanmoedig om nie tou op te gooi nie (Genesis 5:28-29). Maar min het hy geweet dat hierdie seuntjie later 'n reuse boot (die ark) sou moes bou om mense en diere te

DIT was 'n vreeslike besluit van die Here, die Skepper van alles op aarde, om die mensdom met 'n vloed van die aarde af weg te vee. Dink net aan al die mense, die kinders en ou mense, hulle huise en plase, dorpe en stede! En al die diere, reptiele, voĂŤls, spinnekoppe en slange. Waarom so iets doen? Die Here is God. Hy het die hoogste gesag. Hy het van die begin af 'n verhouding met alle mense gehad. Die mense kon gelukkig op aarde wees, maar hulle moes aan Hom gehoorsaam bly. Die mense was nie onbekend met hulle verantwoordelikhede nie. Daarom kon Hy alles wat gedoen is, beoordeel. En die uitslag van die toets was so sleg, dat 'n mens eintlik skaam kry vir daardie mense. Die Here het boosheid onder die mensdom gevind. Die aarde was korrup, die mense se lewens was verrot, geweld het oorheers. Selfs hulle gedagtes was heeltyd sleg. Hy het spyt gekry dat Hy mense gemaak het (Genesis 6:6)! Hy was hartseer en dit wat Hy gesien het, het Hom gegrief.

red van 'n waterdood. Harde werk, maar terselfdertyd ook ondankbare werk. Hy sou motiveer en aanmoedig, oproep tot bekering om God se straf te ontkom. Maar die mense van sy tyd sou hom spot oor die boot op droĂŤ grond. Hulle het aangehou om in sonde te leef, asof daar niks verkeerd was nie. Al die mense, behalwe Noag se gesin, is deur die watervloed uitgewis.

66

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 6

2009/05/08 12:26:19 PM


'n Paar interessante feite Wat die Here in Noag se lewe gesien het, was anders. Die seun van Lameg het in die regte verhouding met God geleef. 'n Pragtige getuigskrif word oor hom gegee: "Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef," (Genesis 6:9). God se besluit oor die vernietiging van alles wat op aarde lewe, is aan Noag bekend gemaak. Hy het geglo dat daar 'n vloed gaan kom, maar dat daar ook redding moontlik was (Hebreërs 11:7). Deur die geloof is Noag en sy familie van die waterdood verlos, omdat hy die Here se woorde respekteer het en die ark volgens die voorskrifte gebou het. Alhoewel Noag se gehoorsame optrede deur die ander mense gesien is, het hulle bly leef asof daar geen oordeel sou kom nie. Hulle het op dieselfde korrupte manier geëet en gedrink en getrou (Matteus 24:38). Ek kan dink hoe hulle met Noag se ark-projek gespot het. Selfs toe die diere in pare na die ark aangekom het, het hulle nog nie geglo nie. Selfs nie sy bymekaarmaak van kos vir hom en die diere het hulle van leefstyl laat verander nie. Sy gelowige eerbied vir die woorde van die Here het 'n veroordeling van die wêreld geword.

Die vloed, die reënboog en daarna DIE Here het sy besluit uitgevoer, deeglik uitgevoer. Die vloed het 'n dubbele doel gedien. Aan die een kant het dit doodgemaak, aan die ander kant lewe verseker. Die sonde is van die aarde afgewas. In sy genade red die Here vir Noag-hulle, asook pare van al die diere en voëls. Nuwe lewe was moontlik. Ons het egter die versekering dat so 'n vloed nooit weer oor die aarde sal kom nie. Elke maal wanneer jy 'n reënboog sien, kan jy onthou dat God 'n natuurverbond ('n belofte) gemaak het dat die reën sal ophou. Ons leef dus in genadetyd. Tyd waarin ons die Woord van die Here kan uitdra, soos Noag destyds. Die dag wanneer Jesus weer kom, sal soos dan wees – gelowiges en onverskilliges. Ons weet dat God weer as Regter sal optree. Leef nou reeds soos Noag: Glo in God en sy Woord. Doen dit wat sy genadepad vir jou aandui. Dan alleen sal jy gered word. Jesus is jou Verlosser, die liggaam van Christus (sy kerk) is soos die ark. God sal deur Jesus die deure na sy koninkryk kom toemaak. Daarna sal daar geen redding meer moontlik wees nie. Koop die tyd uit!

• Waar lees ons van Noag? Genesis 6:5 – 9:29 en ander belangrike plekke: Hebreërs 11:7; 1 Petrus 3:20; 2 Petrus 2:5; Matteus 24:38 (vgl. Lukas 17:26). • Die ark 35 m lank; 22,5 m breed; 13,5 m hoog; die nok van die dak was 45 cm hoog. Drie verdiepings hoog, verskillende vertrekke binnekant. Een deur aan die kant. • Jare en maande Noag was 600 jaar oud toe die sondvloed begin het. 40 dae en nagte het dit gereën en het al die fonteine oopgebreek. Die aarde was 150 dae lank onder water. Die water was 7 m hoër as die hoogste berg. 5 maande nadat dit begin reën het, het die ark op die Araratberge gestrand. 2 ½ maande later word ander bergspitse sigbaar. 40 dae daarna is 'n arkvenster oopgemaak en eers 'n kraai en toe 'n duif is uitgelaat. 10 ½ maande nadat die mense en diere binne die ark toegemaak is, het Noag (601 jaar oud) die luik oopgemaak. Na nog 2 maande was die aarde eers droog genoeg om uit te gaan. • Wie en wat was in die ark? 8 mense: Noag en sy vrou, en ook hulle seuns Sem, Gam en Jafet met hulle vrouens. 7 pare elk van al die rein diere. 1 paar elk van al die onrein diere. 7 pare van al die soorte voëls. Kos vir al die mense en diere. • Wie het die ark se deur agter almal gesluit? Die Here self.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 7

7

2009/05/08 12:26:21 PM


S

O, jou skoolloopbaan kom binnekort tot 'n einde. Almal wil net weet wat jy gaan doen vir die res van jou lewe. Dalk 'n toekoms in die besigheidswêreld, studeer, oorsee gaan … maar eintlik het jy nie 'n clue nie. Jy gee nou maar sommer 'n antwoord sodat almal jou net kan uitlos. Veel erger is daardie familie wat vir jou sê jy is 'n dit of 'n dat, of "ek sien jou as 'n sus of 'n so". Wel, hier is dié antwoord op daardie gevreesde vraag: GEE-JAAR! Jy het dalk al gehoor dat die dominee sê die Gereformeerde kerk begin binnekort die Gee-jaar. So what! Wat het dit met jou uit te waai? Wel, om dit so kort en een-voudig as moontlik te sê – alles! Die Gee-jaar is die "diensjaar" van die GKSA (dis nou die Gereformeerde Kerk) wat spesifiek gerig is op mense wat onlangs klaar gemaak het met skool. (Julle kan maar later dankie sê dat julle nie meer 'n kinners is nie, maar mense.) In elk geval, die Gee-jaar word spesifiek ontwerp om die Jaargeeërs (jy kan maar die HAT neersit, die woord is nie daar nie, maar hy lyk tog nice) toe te rus met teologiese en kreatiwiteitskennis wat deur die loop van die jaar geoefen en uitgeleef gaan word met bediening aan jeug. In alle eerlikheid sou ek nie geval het vir teologie as bemarkingslokaas nie. Ek het mos katkisasie gehad en die Heidelbergse Kategismus uit my kop geken. Wat meer kon ek nog geleer het? Wel, ek het nuus vir jou, net soos ek self moes uitvind: Daar is 'n magdom kennis van en oor die Bybel wat nie vir jou geleer kon word in katkisasie nie. Bloot omdat daar nie genoeg tyd was om alles aan jou te leer toe jy eindelik jou

88

breinselle agtermekaar gekry het nie. Ek sê nie dat jy alles aan die einde van die jaar gaan weet nie, maar hey, die dominee weet na 30 jaar in die bediening nie alles nie. Ons gaan jou wel toerus met die gelooflike omvangrykheid van die Bybel sonder om ses jaar te gebruik. Jy gaan jouself soveel beter leer ken deur meer van God te leer. Jou oë gaan oopgaan vir jou rol in God se Koninkryk en dit gaan jou in staat stel om doelgerig die res van jou lewe aan te pak. Verder word daar ook 'n kreatiwiteitskursus in samewerking met die PUK-kampus aangebied. Ons gaan nie jou graad een kunsprentjies vanuit jou edlab evalueer nie. Enigiemand kan sy plekkie hier onder die son vind. Hier word vanaf fotografie tot rekenaarsagteware, ontwerp, video, skryf, teken, verf, dans, en hope meer, aangebied. Tydens die Gee-jaar (ironies dat jy soveel meer gaan kry as wat jy gee) gaan ons almal saam op 'n plot net buite Potchefstroom bly waar sekere van ons klasse aangebied gaan word. (Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel Doppers van jou ouderdom daar is). Die teologieklasse word op Maandae, Dinsdae en Donderdae aangebied, en die kreatiwiteitsklasse op Dinsdag- en Donderdagaande, en sommige op Vrydae en Saterdae. Verder gaan ons betrokke raak by kerke in die omgewing en onder hulle jeug werk, en ons gaan ook 'n staptoer, en ander uitreike, deur die loop van die jaar aanpak. Ons gaan ook uithelp in die Kruispadkantoor en betrokke wees by die Kruispad-tydskrif. Ek kan nie belowe dat jy aan die einde van die jaar presies gaan weet wat jy vir die res van jou lewe gaan doen nie, maar jy gaan weet wie jy is en jy gaan nie

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 8

2009/05/08 12:26:30 PM


Brahm Robinson (Kruispad-redaksie)

een oomblik spyt wees oor die jaar wat jy voltyds in diens van die Koninkryk van God deurgebring het nie. Meer volledige inligting is beskikbaar op die GKSAwebblad. Indien jy enige verdere vrae oor die Geejaar het, is jy meer as welkom om ons te skakel by die Kruispad-kantoor – 018 293 2338. Gaan kyk gerus die video op youtube met "gee-jaar" as die trefwoord, of sluit aan by die Gee-jaar groep op Facebook en bly heeltyd op hoogte van wat aangaan. Kom gee 'n jaar! Ek bid dat die Heilige Gees van julle sal lei om ook deel te raak van hierdie projek. Ek hoop om baie van julle te sien wat bereid is om 'n jaar te gee.

1 Petrus 2:5-8: "En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken."

Brahm Robinson Gee-jaar koĂśrdineerder

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 9

99

2009/05/08 12:26:33 PM


Werner Smit (GK Middelburg Noord)

W

AT is 'n sinode? Dit klink soos een of ander reptiel wat uitgesterf het saam met die dinosourusse … Vir dié wat wonder – die sinode is 'n groep predikante en ouderlinge wat saam vergader, om sake wat van gemeenskaplike, kerklike belang is, te ondersoek en besluite te neem wat vir al die kerke geld. Sodoende word besluit hoe om situasies binne die kerk te hanteer en hoe om leiding te gee sodat alles tot eer en verheerliking van God en die opbou van sy kerk sal wees. In Handelinge 15 lees ons van die eerste "sinode". In daardie tyd was daar mense wat verkondig het dat jy nie gered is indien jy nie besny is en die wet van Moses stiptelik onderhou het nie. (Dit is natuurlik bog! Ons word alleenlik gered deur geloof in Jesus Christus!) Paulus en Barnabas het hulle daarteen verset en in 'n heftige argument met die Fariseërs betrokke geraak. Hulle het toe besluit om die insig van medegelowiges, naamlik apostels en ouderlinge, in te span sodat hulle tot 'n besluit kon kom oor wie reg en wie verkeerd is. 'n Mens kan net dink wat die uitwerking op die Christendom vandag sou wees as die bogenoemde probleem nie uit die pad geruim is nie. Ons sou heel waarskynlik baie verward en verlore gewees het. Gelukkig het die apostels en ouderlinge hulle deur die Heilige Gees laat lei en nie deur mense se sentiment oor hul eie reëls nie. Soos in die bogenoemde situasie probeer ons vandag nog om Geesgeïnspireerde en Skrifgefundeerde besluite oor kerklike aspekte te neem en ons doen dit deur middel van 'n driejaarlikse sinode.

10

Op 5 Januarie 2009 het ons as afgevaardiges van verskillende streeksinodes vir twee aaneenlopende weke in Potchefstroom bymekaargekom vir die GKSA se 50ste algemene sinode. Dit was 'n rowwe twee weke van baie sit, lekker eet en besprekings hou oor talle onderwerpe wat onder andere die volgende ingesluit het: 1. Die vrou in die amp 2. Die sing van ander liedere in die erediens 3. Nagmaalkelkies Om maar 'n paar te noem … Baie van dié werk is aan kommissies oorhandig vir in diepte ondersoeke en beredenering. Daar is meer as 180 kommissierapporte behandel … Glo my dit is baie! Die hoogtepunt was egter dat daar vir die eerste keer in die geskiedenis van die GKSA 'n multi-kulturele, algemene sinode in samewerking met die vorige Sinode Middelande en Klassis Capricorn gehou is! Daar is tot 'n CD opgeneem met Afrikaanse, sowel as Noord-Sotho Psalms en Skrifberymings daarop om dit te vier! Dit was 'n sinode wat die fondament vir toekomstige generasies gelê het! Wit, swart, pienk of pers, almal is een in Christus! Ns. Moet asb nie na jou dominee of ouderling verwys as 'n reptiel nie 

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 10

2009/05/08 12:26:38 PM


"E

EN oggend het ek gebid en die Here gevra wat ons kan doen om die plaaslike inwoners te bereik en die Evangelie in hulle huise te bring. Die Here het geantwoord: 'Koop spesiale geskenke, heilig dit, seën dit met liefde en salf dit met olie, en gee dit aan hulle.' Die Here het my toe meer as 300 spesiale geskenke laat koop om tydens 'n fees deur konferensiegangers op straat te laat uitdeel. En dit is wat ons gedoen het …" In die Arabiese Skiereiland werk Geopende Deure saam met 'n paar groepe en individue en ons het onlangs van die uitkoms van 'n projek saam met een van hierdie groepe verneem. Ons het hulle gehelp om 'n gebedskonferensie te reël om kerke en ander mense toe te rus om vir die Arabiese Skiereiland en die Emirate en ander lande in hierdie 10/40-venster te bid. Een van ons plaaslike kontakte het soos volg aan ons geskryf: "Hierdie konferensie is goed bygewoon en onderwerpe soos: die eienskappe van 'n voorbidder; persoonlike toewyding; familie-altaar; voorbidding; bid vir die nasie; geestelike oorlogvoering; sendinggebed; tabernakel van Dawid; om die Here te hoor en die bevordering van die Koninkryk van God is behandel. Toerusting met dieper kennis oor gebed sal gelowiges en (uitgeweke) kerke in die omstreke van die Arabiese Skiereiland leer om sensitief te wees vir en besorg te wees

oor verlore siele in daardie streek. Hierdie seminaar het elke persoon se hart voorberei vir wat die Here in die streek wil doen. Soos C.H. Spurgeon gesê het: 'Wanneer die Here 'n groot werk wil doen, laat Hy sy mense eers bid.' Christene op die Arabiese Skiereiland soek heilige ingryping en tree gedurig in die bres vir die redding van alle plaaslike mense." Ons kontakpersoon het voortgegaan: "In Handelinge 19:11-12 lees ons dat die Here buitengewone wonderwerke deur Paulus gedoen het, 'sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.' Ons het dus gebid en die Here het vir ons gesê om net so te maak. Baie van die plaaslike mense was ingenome en verras met die geskenke wat hulle van ander ontvang het. Kom ons hou aan bid dat die Here tot hulle harte sal spreek en dat baie van hulle na ons Here Jesus Christus sal kom."

Vir verdere inligting rakende vervolgde Christene, besoek Geopende Deure se webwerf by www.opendoors.org.za of skakel hulle hoofkantoor by 011 888 9341.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 11

11

2009/05/08 12:26:42 PM


Henk Stoker (GK Rietvallei), Juanita Swanepoel en Rineé Viljoen (Kruispad-redaksie)

AT is 'n kulte en wat is nie? Hoe weet ek dat my vriend of vriendin by een betrokke is? Hoe kan ek iemand help wat wel by so iets betrokke is? Hierdie is baie goeie vrae, en al vir 'n baie lang tyd kontroversiële vrae, so kom ons probeer om dit te beantwoord.

• Een van die eerste waarneembare tekens dat iemand deur 'n kulte ingetrek word, is dat die persoon anders begin optree. Kultes gee aan mense 'n nuwe rede om te bestaan, 'n nuwe visie, wat maak dat hulle navolgers hulle gedrag daarby aanpas. Daar word verkondig en seker gemaak dat die "hoëre doelwitte" van die kulte by kultelede voorrang moet geniet bo enige eie (sogenaamd selfsugtige) doelwitte. Dit word beklemtoon dat net hulle die waarheid het en dat hulle deur God uitverkore is om die enigste waarheid aan mense te verkondig. So word die lede aan mekaar gebind, geïnspireer om alles op te offer, en om hard te werk vir die "Godgegewe" idees van die groep. • Slaafse gehoorsaamheid aan die organisasie is baie belangrik. Kulteleiers kry bogenoemde reg deur beheer uit te oefen oor hulle lede se denke. Kritiese gedagtes teenoor die organisasie waaraan hulle behoort, moet gekeer word. Lede moet dus so sterk glo dat die organisasie die absolute waarheid beet het, dat hulle bereid sal wees om enige ander inligting deur die bril van die organisasie te beskou. • Kultelede glo hoe beter hulle met die uitwissing van "negatiewe" gedagtes vaar, hoe meer het hulle gegroei in die geloof (terwyl hulle in werklikheid net groter slawe van die organisasie geword het). • Ander emosies wat gebruik word om beheer oor die lede te verseker, sluit vrees, skuldgevoelens en die behoefte aan sekuriteit in. Navorsers meen dat dit selfs as emosionele mishandeling of molestering beskryf kan word. • Die meeste mense reageer baie negatief as hulle hoor dat 'n vriend of familielid by 'n kulte ingetrek is. Ongelukkig dryf hierdie reaksie die persoon net verder in die arms van die kulte in, want daar ontvang hy nou liefde en aanmoediging. Wanneer die persoon wel agterkom dat

12

die liefde nie onvoorwaardelik is nie, word hy oorreed om al harder te werk en dieper by die kulte betrokke te raak. • Ander maniere waarop kultes beheer oor hulle lede uitoefen, is om beheer te neem oor die inligting en omgewing waarin die lede hulleself bevind. Omdat 'n mens besluite neem op grond van die inligting waaroor jy beskik, sorg kultes dat net geselekteerde inligting by hulle lede uitkom. Kultes gee ook aan hulle lede allerhande "gevaarlike" omgewings waarbinne hulle nie mag beweeg nie. • Kultes gee verder voor om die enigste ware kerk van God op aarde te wees. Die kerkgeskiedenis ontmasker hierdie leuen egter vinnig, want vandat die Here Jesus sy Nuwe Testamentiese kerk gestig het, het daar vir bykans 2 000 jaar nie 'n groep soos hulle bestaan het nie. Om hierdie aanspraak as die enigste ware verteenwoordigers van God te handhaaf, word 'n veranderde geskiedenis aan lede voorgehou. • Alles wat 'n lid in die verlede ervaar het, word verander deur hoe die kulte hom daaroor laat dink. Negatiewe goed uit die verlede word opgeblaas of uitgedink, terwyl daar doelbewus gepoog word om positiewe herinneringe uit te skakel. • Om absolute beheer oor hulle lede te kan uitoefen, gee die leiers van godsdienstige kultes voor dat God hulle as sy kommunikasiekanaal met mense hier op aarde gebruik en dat alles wat hulle sê dus onvoorwaardelik geglo moet word. Deur 'n hele reeks moets en moenies daar te stel, het kulteleiers 'n belangrike invloed op omtrent elke aspek van hulle lede se lewens. Gewoonlik word voorgegee dat die Christelike kerke gedwaal het en God nou die leier of organisasie as sy spreekbuis uitgekies het. Hulle leer dat God in beheer van die organisasie is en die organisasie gebruik om sy doel op aarde te verwesenlik, maar eintlik is dit andersom. Eintlik "beheer" die kulteleiers God. • Kultes sê gewoonlik 'n mens moet as 'n eis vir verlossing of 'n sekere posisie voor God aan hulle groep behoort en volgens die reëls van die groep optree. Deurdat hulle hul lede oortuig dat die finale seggenskap oor hulle verlossing en ewige lewe by die groep en sy voorgeskrewe aktiwiteite lê, val mense in by snaakse en selfs verskriklike goed wat die leiers aan hulle voorhou om te doen. Hiervan getuig die kulte-moorde, massa-selfmoorde, seksuele verkeer, diefstal, harde werk, vernietiging van verhoudings,

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 12

2009/05/08 12:26:52 PM


Stuur gerus 'n epos na sending@kruispad.net met enige vrae of opmerkings.

ensovoorts. Die organisasie word die middelaar. Alles wat die leiers sê, moet uitgevoer word as voorvereiste om 'n lid te wees, en te bly, en so in God se guns te wees. Lede wat bedank is 'n gevaar vir die organisasie en moet vermy word deur diegene wat steeds lede is. • Kultes wil nie werklik die Bybel self laat spreek nie, maar hulle wil die Bybel hulle dogma laat naspreek. Die gevolg hiervan is dat by kultes 'n verdraaide "interpretasie" van die Bybel voorkom om die organisasie te pas. • Kultes beskou hulle leerstellings as iets wat nie betwyfel mag word nie, aangesien dit deur God self aan die leiers geopenbaar is. Juis die unieke leerstellings van die kulte word aan lede voorgehou as bewyse dat net hulle "in die waarheid is" en die Christendom aan die dwaal is. Dit sluit leerstellings in wat radikaal verskil met dié van die deursnee Christendom, soos byvoorbeeld 'n valse siening van God Drie-enig, van verlossing, van die Bybel en van 'n menigte ander sake.

Dit is hartseer om te dink dat daar mense is wat glo hulle is besig om die Here te dien, maar in werklikheid in misleiding vasgevang is. Vir ons as Christene is dit belangrik om met hierdie mense te praat oor die hoop wat daar in ons is. As hulle op ons pad kom, moet ons moeite doen om meer te wete te kom oor hoe om die ware evangelie aan hulle te bring.

Ons moet vir die mense uitwys dat redding nie by leiers of 'n organisasie berus nie, maar by God. Hulle moet insien dat dit wat mense leer nie maar net aanvaar mag word nie, maar dat alles aan die Woord van God gemeet moet word. Selfs van die leerstellings wat die leier sogenaamd op die Woord van God grond, moet (indien nodig met hulp) getoets word en daar moet seker gemaak word of dit werklik is wat God se Woord sê. Hulle moet besef dat God nie ons werke weeg om te besluit of Hy ons na hierdie lewe in sy heerlikheid wil toelaat nie, want dit sou "immers beteken dat Christus verniet gesterf het," (Galasiërs 2:21).

Dit vra baie van 'n kultelid om uit 'n kulte te bedank, omdat sy geestelike, en dikwels selfs fisiese familie, in die kulte agtergelaat word. Die hele ervaring maak die oudlid van 'n kulte dikwels baie wantrouig teenoor alle vorme van godsdiens. Dit is dus van die grootste belang dat ons mense wat uit 'n kulte kom met ware liefde sal ondersteun. So iemand moet besef dat dit nie vir ons om "die kerk" gaan soos in 'n kulte nie. Een organisasie moet nie net met die volgende vervang word nie. Dit gaan om 'n persoonlike verhouding met ons God en Verlosser. Die gemeente waar hy of sy inskakel is slegs 'n instrumente in God se hande.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 13

13

2009/05/08 12:26:55 PM


Stefan Steyn (Polokwane)

Getuienis 1 14

I

N my wildste drome het ek nie gedink dat die volgende prentjie ek sou kon wees nie: 'n Blinde man wat langs 'n besige pad met sy gidshond stap. Hierdie man is toe wel ek. Dit is 'n prentjie wat ons almal al gesien het in advertensiemateriaal van die gidshondvereniging. Toe ek nog kon sien, was die labradorhondjies op die foto's nogal baie mooi, en vreeslik oulik! My storie begin toe ek as een van drie seuns gebore is. Abel, die middelste broer, is blind van geboorte af, en blinde mense was nie vir my vreemd nie. Gedurende ons grootwordjare het ons onder andere in Worcester gewoon, en het ek gereeld blinde persone met kieries en gidshonde gesien. Ek was, terwyl ek op skool was, vir periodes ook verbonde aan Prinshofskool vir swaksiendes, asook aan die afdeling vir swaksiendes van die Skool vir Blindes in Worcester. Op daardie stadium het ek gedink my oogtoestand is te wyte aan meningitis wat ek gehad het toe ek 'n baba was. Die simptome was nagblindheid en tonnelvisie. Ek het glad nie verwag dat ek sou blind word nie. Tewens ek het dit probeer wegsteek. Miskien moet ek op hierdie stadium ook net sê dat ek vir periodes ook in hoofstroomskole was, en dat my ontkenning van my sigprobleem, en kinders se optrede, die lewe nogal moeilik gemaak het. Dit was veral moeilik as daar sportperiodes was en ons balspeletjies gespeel het. Natuurlik kon ek, as gevolg van die tonnelvisie, nooit die balle raak vang nie. Dit het my selfvertroue nie juis goed gedoen nie. Terwyl ek op skool en universiteit was, het ek glad nie oor my oogprobleem gepraat nie. My sig het egter na my troue so verander dat ek nie langer my oogtoestand kon wegsteek nie. Met die geboorte van ons oudste dogtertjie het die pediater my broer, Abel, gesien en gesê dat ons kindjie Retinitis Pigmentosa gaan hê. Ons het geweet dat dit tot blindheid kan lei, en was baie bekommerd. Ons het dadelik met my oogspesialis 'n afspraak gemaak, en hy het bevestig dat ek RP het, maar dat dit gestabiliseer het. Met verdere ondersoek het dit geblyk dat dit slegs resessief-oorerflik is, en dat ons kinders nie die siekte sal hê nie.

Die oogspesialis se woorde was kwalik koud, of my oë het begin agteruitgaan. Die grootste toets van my geloof het voor die deur gestaan. Ek is pa van drie kinders, en ek is besig om blind te word. In daardie tyd is my dierbaarste vroutjie ook met borskanker gediagnoseer, hoe kan dit wees? Waarom ons? Vrae met geen antwoorde nie – in elk geval nie menslike antwoorde nie. Langer kon ek nie meer my blindheid wegsteek nie. Toe was ook die tyd om uit die hoek van ontkenning te kom. Met my blindheid het die Here nie net my geloof op die proef gestel nie, maar ook vir my geleenthede gegee om te getuig van sy grootheid in my en my vrou se lewens. As ek vandag terugkyk, kan ek net sien hoe Hy ons in moeilike tye gedra het, en hoe ons geloof gegroei het. Ek is baie lief vir langafstandpadwedlope, en het ek baie geleer van hoe die wedloop van die lewe ooreenstem met 'n regte wedloop. Ons is almal saam in die wedloop van die lewe en moet mekaar ondersteun. Hy gee ons egter die krag om die wedloop te voltooi. Ek sê met groot respek dat Paulus iets moes geweet het van wedlope toe hy die vergelykings in die Bybel gemaak het. In my lewe het ek met my blindheid geleer dat ons nie geheime agente vir Hom kan wees nie, maar dat ons verleentheid 'n geleentheid vir Hom word. In Filippense 4:13 sê die Woord duidelik dat ons tot alles in staat is deur Hom wat ons die krag gee, en het ek dit nie op 'n wonderlike wyse in my eie lewe gesien nie? Deur sy genade kon ek aanpas om aan te kon gaan met my beroep as prokureur, kon ek Braille leer, asook die rekenaarspraakprogramme onder die knie kry. Hoewel dit 'n moeilike besluit was om vir 'n gidshond aansoek te doen, is my gidshond vir my ook 'n wonderlike gawe uit God se hand. Ek is baie lief vir musiek, en daar is 'n wonderlike lied wat Josh Groban sing met die volgende woorde: "You raise me up to be more than I can be …" Wat meer kan ek sê ?

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 14

2009/05/08 12:26:59 PM


Getuienis 2

Abel Steyn (GK Lydenburg)

A

L is 'n mens gestremd, kan jy steeds 'n vol lewe leef. Jy hoef nie in 'n hoekie te gaan sit en jouself jammer te kry nie. Ek is Abel Steyn en van geboorte af blind. As kind het ek gou agtergekom ek kan nie sien nie en ek sal moet leer om dinge anders te doen as my familie en my maats. Ek het geleer dat die Here vir my ander sintuie gegee het wat ek moet gebruik. Ek kan hoor, voel en ruik. Daar was dae wat ek gewonder het hoekom ek na 'n ander skool toe moet gaan en waarom ek nie soos siende kinders kan lees en skryf nie, totdat ek die wonder van Braille ontdek het. Die Here het my met die vermoë begenadig om vinnig Braille te kan lees en skryf. Die hartseerste dag in my lewe was toe ek as negejarige kind Worcester (Wes-Kaap) toe moes gaan om daar na die Skool vir Blindes (nou die Pionierskool) te gaan. Die koshuislewe was vir my nuut en vreemd, en ek het baie alleen gevoel so ver van my familie af al was ek tussen my maats. Ek het egter gou agtergekom dat dit dié kans is wat die Here my gegee het om gereed te maak vir die volwasse lewe. As dit nie vir daardie wonderlike skool was nie, sou ek nie later kon gaan studeer en vandag in 'n beroep kon staan nie. Ek is 'n dominee en dien die Here met my gawes in 'n gemeente. Die Here is goed vir my, want ek het my vrou, Cobie, ontmoet en ons het drie kinders wat baie beter as ek kan sien. Ja, dit is nie elke dag maklik om te aanvaar dat ek blind is nie, want daar is dinge wat ek graag sou wou doen as ek kon sien. Dit sou lekker wees om die Bybel in my hande te kon vat en met my oë te kon lees. Ek is lief vir lees. Ek sal graag my eie kar wil bestuur. Ek sal wil sien hoe lyk my vrou en kinders. Ek sal graag 'n sonsondergang oor die see wil sien … Die Here gebruik my egter net soos ek is om vir Hom te werk. Hy het vir my deure oopgemaak en ek het kans gekry om dinge te doen wat ek andersins nooit sou doen nie. Dit is wonderlik om te sien hoe die Here my in my lewe seën. In Christus is ek meer as 'n oorwinnaar.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 15

15

2009/05/08 12:27:01 PM


16

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 16

2009/05/08 12:27:05 PM


'n Jeugdige rektor bring die Woord

E

INTLIK sou ons dink dat hy nog taamlik jonk was, veral vir die pos as rektor daar in Parys, Frankryk. Hy was nog in sy twintigerjare, bekend as iemand wat oop is vir reformatoriese idees, miskien was hy selfs al 'n Lutheraan. Sy pa was die persoonlike dokter van Koning François I, koning van Frankryk. Ons praat van Nicolas Cop, 'n jong mediese professor. Maar met sy benoeming as rektor van die universiteit en spesifiek met sy rektorale voordrag sou op daardie dag, 1 November 1533, 'n bal aan die rol gesit word waarvan die sneeubal-effek vandag nog voortduur. Ja, ook hier in Suid-Afrika, sowat 9 000 km ver van Parys waar alles afgespeel het, beleef ons die gevolge daarvan. Want Nicolas Cop se rektorale rede sou anders as die gewone, normale wees. Dit sou vars wees, 'n nuwe briesie – 'n toespraak met reformatoriese (Bybelse) gedagtes. Hy sou groot toejuiging en applous ontvang. Maar ook groot weerstand, want vir die aanhangers van die Roomse koning, vir die lojale Roomse kerklikes, was hierdie toespraak te rewolusionêr, te evangelies. Die teenstanders sou nie stilsit nie. Die rektor was nou in gevaar. Maar nie net hy nie, ook iemand met die naam van Jean, Jean Cauvin. Want Jean het help skryf aan daardie rede. Ons ken Jean beter onder die Latynse vorm van sy naam: Johannes Calvinus. Of, kortweg in Afrikaans: Calvyn.

Belowende regsgeleerde vlug vir sy lewe Slegs enkele weke was verby ná daardie voordrag deur Nicolas Cop. En as hy, wat darem rektor van die universiteit was, moes vlug vir sy lewe, hoe kon hy wat help skryf het daaraan, Calvyn, die vervolging vryspring? 'n Vriend waarsku hom: Sy naam is reeds op 'n "Gesoek" (Wanted)-lys. Iets wat daardie dae beslis "dood of lewend" beteken het. En hy was nog nie eers 25 nie. Inderhaas moes hy te perd vlug, het hy waarskynlik die dood net-net vrygespring. Wat 'n verskriklike dood sou dit nie gewees het nie – om op 'n brandstapel deur 'n vuur verbrand te word! Sy kamer met al sy besittings en dokumente is nog deursoek.

"Salig is dié wat vervolg word …" Maar waarvoor alles? Hoekom wou hulle Calvyn vang? Sy enigste oortreding was dat hy geglo het, die Evangelie geglo het, soos dit in die Bybel staan. Dié wat hom wou dood hê, die owerhede in Parys, het ook geglo. Hulle was immers belangrike mense in die kerk. Maar hulle het die "Kerk" geglo … hulle idee

van die "Kerk"; en as iemand iets anders glo as dít wat die Kerk leer, dan is dit verkeerd, want die Kerk is reg. Altyd. Al beroep jy jou ook op Christus se evangelie, al staan dit in die Bybel. Die Kerk is reg want die Kerk was nog altyd reg. Só het hulle geleer. Dat hulle idee van kerk iets anders kan wees as die gemeente van Christus wat Hy uitverkies het en wat Hy met sy Gees en Woord bewaar, dít het nie eers by hulle opgekom nie.

Doodstraf vir die rektor se sekretaris? Jean, of Johannes Calvyn, wat soos 'n wafferse sekretaris sy vriend die rektor se toespraak vir hom geskryf het, was tot op daardie stadium 'n jong geleerde met 'n doktorsgraad van Orléans, nog onbekend. Maar nie meer vir lank nie. Vandag, byna 500 jaar later, weet mense wêreldwyd van hom. ..........Reeds op 25-jarige leeftyd het hy 'n topverkoper geskryf, die eerste uitgawe van sy Institusie, 'n bestseller op die grootste boekeskou van daardie tyd in Frankfurt am Main. ..........Sy gepubliseerde werke is só belangrik (saamgevat in die 19de eeu in 59 dik bande met so 22 000 bladsye kleingedruk), dat dit nou weer opnuut alles in die oorspronklike Latyn en Frans gepubliseer word. Ook baie van dít wat nog nie vroeër gepubliseer is nie, sien tans die lig. ..........Deur die loop van eeue is boeke van hom in tientalle tale vertaal, ook in Afrikaans. Dit word orals gelees, in Rusland, in Indonesië, in Korea, Japan en China, in die VSA en Kanada, in Suid-Afrika, in die Kongo, in Mexiko, in Europa … ook oor die radio hoor Moslems in Islamstate (byvoorbeeld in Afrika) daagliks uitsendings wat op sy werk teruggaan. ..........Sowat 100 miljoen gereformeerdes oor die hele aardbol het groot agting vir hom en sy werk, wat deur hulle as erfenis gekoester word. ..........Alhoewel Calvyn deur die loop van eeue – soos dit alle groot figure van die geskiedenis te beurt val – baie deur teenstanders beskinder en afgekraak is, veral uit die kringe van die Roomse Kerk maar ook uit die geledere van hulle wat nie die Skrif as Woord van God aanvaar nie, staan sy werk steeds. Soos sy kollega, Beza, gesê het: "So maklik as wat dit is om sy voorbeeld te beswadder, so moeilik is dit om dit na te volg." Navorsing het die skinderstories verkeerd bewys. ..........Deur 'n moderne Roomse ensiklopedie word hy beskou as een van die belangrikste teologiese skrywers van alle tye, ná die groot kerkvader Augustinus uit die vyfde eeu, dié belangrikste in die Weste. ..........En in 2009 is daar wêreldwyd gedenkgeleenthede vir hierdie man wat die Here aan die kerk gegee het – van Japan tot Amerika, van Switserland tot Indonesië (die staat met die meeste Moslems), van Mexiko tot Hongarye, van Suid-Afrika tot Korea en verder in Asië … Maar waarom al die aandag aan iemand wat so lank gelede geleef het? Volgende keer meer – en ook … waarom moes Calvyn weer vlug?

Victor E. d'Assonville (GK Marble Hall; Akademie für Reformatorische Theologie, Hannover; Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, Bloemfontein.) KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 17

17

2009/05/08 12:27:07 PM


Santie Lourens (Kruispad-redaksie)

Stephan Joubert

D

OKTOR Stephan Joubert is 'n toegewyde Christen en bekende outeur, wat baie lief is vir lees en koffie. Sy lewensfilosofie is dat hy net vandag het om vir Christus te leef - dit doen hy voluit, "buitekant die boks en vinnig". Hy is uitverkoop aan Jesus, sy familie, vriende, mense, die lewe, koffie en goeie boeke. Tans is hy betrokke by 'n klompie gemeentes, soos Mosaïek en Moreletapark met leierskaptoerusting en prediking. Van Maandae tot Vrydae skryf hy 'n stukkie in die Beeld en ses aande van die week gesels hy op RSG as deel van die geestelike program. Boekeskryf is deel van sy lewe en hy is ook betrokke by ekerk, wat hom en drie tot vier ander voltydse mense redelik besig hou. Wat glo u is u roeping hier op aarde? Om Jesus 24/7 lief te hê. Om te wees en nie net te doen nie. (Ek sukkel nog hiermee.) Wat is die pad wat u moes stap om dit te besef/uit te vind? Ek was vir dertien jaar 'n boring professor in Teologie by Tuks. Een van die draaipunte in my lewe was toe ek in 2001 my professoraat by Tuks en al my ministry geleenthede in SuidAfrika gelos het ter wille van 'n klein gemeentetjie in Auckland (Nieu-Seeland). Daar het die Here my regtig ge-strip van 'n klomp nonsens soos hoogmoed en die alewige behoefte om in control te wees. Gedurende hierdie tyd het Hy die visie vir ekerk in my hart geplaas en my laat terugkom na Suid-Afrika. Nou kan ek nie byhou soos alles ontplof nie. Ook is ons tans hard aan die ontwikkel en beplan rondom 'n wonderlike Leierskap Akademie wat volgende jaar afskop. Vertel ons meer van ekerk – die ontstaan, doel, teikengroep(e), missie/visie? Ekerk is amazing. Die droom het in NieuSeeland begin deur e-posboodskappe wat ek vir pêlle gestuur het. Kort voor lank het ek 'n paar honderd ouens op adreslyste gehad. Vandag ontvang duisende mense regoor die wêreld (ons skattings in die lig van ons databasisse reken dit op sowat 50 000 mense op 'n keer) twee maal per week 'n e-pos wat ek skryf

18 18

met 'n boodskap uit die Woord. Ons Engelse echurch het pas die Afrikaanse website begin verbysteek wat besoekers betref. Meer as 80% van ons besoekers by die Engelse webblad is van oorsee en by die Afrikaanse webblad kom meer as 50% uit Suid-Afrika. Ek is die redakteur, maar ek staan uit die pad van ysters soos Mynhardt van Pletzen wat ons kreatiewe designs doen en die webblaaie ontwerp en gereeld opgradeer; of Dries Cronje wat ons "gemeentebestuurder" is. Hy is eintlik 'n aktuaris wat nou die ekerk se websites voltyds dryf. Dries Lombaard is die redakteur van die Engelse echurch. Ook het die ekerk 'n groot noodprogram. Verlede jaar het ons al die geld wat mense aan ons geskenk het, buiten ons debietorders, weggegee volgens behoeftes. Party direksielede het kouekoors van skok gekry omdat ons daarmee salarisse moes betaal, maar die Here het voorsien. Deur sy goedheid kon ekerk, onder andere, 'n kar vir 'n leraar in 'n township gee, veertig bejaardes vir 'n jaar lank kos gee, sendelinge en bedienings ondersteun, kleuterskole bou, onderwysers en huismoeders by arm instellings se salarisse betaal, en selfs nog meer. Dit gee my trane in die oë as ek dink wat die Vader alles hier gedoen het. U is 'n bekende skrywer van onder andere boeke soos Dit kos guts om te bly glo, Uit die beek, Vrygespreek!, Woorde van lewe, en ook mede-outeur van Geloof in Aksie Bybel. Hierdie boeke blyk vir diverse gehore te wees. Hoe bepaal u telkens die teikengroep en fokusarea vir 'n nuwe boek? Ek wens ek het geweet wat die geheim van skryf is, want ek weet nog nie. Ek skryf alles vanuit 'n gut-feeling soos wat ek die Woord, die lewe, mense en myself lees en aanvoel. Boeke moet elke keer iets nuuts sê, anders is die lesers gekul. Dit glo ek ook oor elke nuwe boek wat ek skryf. As dit nie ou en nuwe skatte uit die hart van God opdiep nie, waarom dit dan koop? Daarom voel en soek en peins ek totdat 'n nuwe deur voor my oopgaan en dan begin ek skryf. Ek het geen voorafuitgewerkte struktuur

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 18

2009/05/08 12:27:10 PM


as ek skryf nie – boeke groei en ontwikkel rondom idees. Ek is tans baie excited omdat 'n manuskrip getiteld, Organic Grace, pas deur 'n groot Amerikaanse uitgewer vir publikasie daar aanvaar is. Wat, volgens u, is die grootste struikelblok(ke) vir jongmense van vandag, en hoe kan dit hanteer word? Sjoe, vergeef my as ek dit so reguit sê: die kerk in huidige gewaad wat vassit in die stadige baan teen 20 km/u terwyl die lewe teen 120 km/u en vinniger gebeur. Jongmense voel dikwels hulle is op 'n planeet vir bedreigde godsdienstige spesies as hulle by die meeste kerke instap. Die antwoord – kerkrade en kerkleiers moet oopoog raak en besef dis nie hulle kerk nie … Hulle moet ophou sê jongmense is die kerk van môre, want as dit waar is, dan is ouer mense die kerk van gister.

Gunstelinge: • Fliek: As niemand uitpraat nie - Alice in Wonderland; As it is in heaven • TV-Program: Oues – Seinfeld en Fawlty Towers en 'n nuwe een – Top Gear! • Boek: Baie, maar in besonder The present future van Reggy McNeal, en Malcolm Gladwell se drie boeke Blink, The Tipping Point en Outliers!

Watter boodskap kan u vir jongmense gee wat vandag 'n sukses van hulle lewens wil maak? Dit klink holrug-gery, maar ek glo dit: Maak seker wat jou droom is. Jaag dit. Bid dit. Glo dit. Leef dit. Jy wil nie op 30-jarige ouderdom nog hoor jy het potensiaal nie – dan moes jy dit al lankal bereik het. Sukses is ook nie dit wat jy ry, wat jy kry en waar jy bly nie (al drie rym met ly!), maar hoe jy jou een en enigste lewe voor God laat tel.

ie ns d

e

si er op Watt

telke ryf u k s e b

• Musiekgroep: U2 • Kar: Honda Accord • Kos: Pasta • Drankie: Rooiwyn • Vakansiebestemming: Balito, en enige plek in Duitsland - ons het vyftien maande daar gewoon. • Sê-ding: In Keeping Up Appearances sê Mrs Bucket: "It's the lady of the house speaking …"

e? best

k . Wat : Boe e nie s k u e i e l k of F nie 'n : See Boek aar is sveld D o n . B e f i e Laa Koff See o ot: 7 o Tee: N f o r e -vi d Koffi Noot ggen n of a a d: O L n pyn a 7e A of Tand : d n n y e p r Ogg f Oo inter pyn o d n er: W a m T o S f er o t Wint : Stor ugte f Bad o te: Vr t r g o u r St V f nte o Soet colate Groe : Cho Sout: a f l l o i t n Va tjies Soe te of : Pren a s l e o i j c t n Cho f Pre rde o Woo

?

is tee

• Bybelvers: Handelinge 20:34-35: "Julle weet self dat ek vir myself en vir die mense wat saam met my was, gesorg het deur met hierdie twee hande van my te werk. Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang." • Gelykenis in die Bybel: Die onvrugbare vyeboom in Lukas 13:6-9.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 19

19 19

2009/05/08 12:27:13 PM


In die volgende paar uitgawes van Kruispad gaan ons kyk na spesifieke persone en gebeure in die Bybel. Hiermee saam gaan ons die middelb

GENESIS

Die Bybel gee nie 'n spesifieke datum vir die Skepping nie (e In hierdie eerste tydlyn gebruik ons dus eerder die jare wat v

Genesis 1:1 "In die begin het God die hemel en die aarde geskape." Genesis 1:27-28 "En God het die mens geskape na sy beeld; na d En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse

Gen. 4:18 "Vir Henog is 'n seun Irad gebore, en Irad was die vader van Megujael, en dié was die vader van Metusael, en dié was die vader van Lameg."

jabal

"stroom" Gen. 4:20 "stamvader van

jubal

"geskal" Gen. 4:21 "stamvader van

tubal-kain NAÄMA

lameg METUSAEL MEGUJAEL

Gen. 4:22 "hy was 'n smid,

"lieflik" Gen. 4:22 "Sy suster was N

Gen. 4:19 "Lameg was met twee vrouens getroud."

"man van God"

"God veg"

irad henog KAIN Die eersgeborene ABEL Die eerste martelaar ADAM "man" (930 jaar) - Gen. 5:3 "Toe Adam honderd en dertig was, het hy die vader geword van 'n seun, sy beeld, een soos hyself.

Adam het hom Set genoem."

SET (912 jaar) - Gen. 5:6 "Toe Set honderd en vyf was, het hy die vader geword van Enos." Gen. 4:26 "In daardie tyd

die Naam van die Here aan te roep."

ENOS "sterflike" (905 jaar) - Gen. 5:9 "Toe Enos negentig was, het hy die vader geword van Kenan."

Volgens tradisie het Adam 33 seuns en 23 dogters gehad.

KENAN (910 jaar) - Gen. 5:12 "Toe Kenan sewentig was, het hy die vader geword van M

MAHALALEL "lof van God" (895 jaar) - Gen. 5:15 "Toe Mahalalel vyf en se

JERED "afdaal" (962 jaar) - Gen. 5:18 "Toe Jered honderd twee e

HENOG "gewyd" (365 jaar) Gen. 5:21-24

Dag God skep 1 Lig en Donker (Dag en Nag). 2 Hemel: Skeiding van die waters bo en onder die gewelf. 3 See en Droë grond: Skeiding van die waters op die aarde. Plante. 4 Son, Maan en Sterre. 5 Voëls en Visse. 6 Diere en die Mens. 7 Die Rusdag word ingestel.

vyf en sestig was, het hy die vader geword va Henog het na die geboorte van Metusalag no jaar naby God geleef en het seuns en dogters se ouderdom was dus drie honderd vyf en ses naby God geleef en toe was hy nie meer daa het hom na Hom toe weggeneem."

METUSALAG (969 jaar) - G

LAME

SKEPPING

0 Genesis 1 & 2

Kruispad Uitgawe 13.indd 20

130

235

325

395

460

622

687

SKEPPING 2009/05/08 12:27:15 PM

874


n ons die middelblad gebruik om 'n tydlyn saam te stel waarop jy kan sien wanneer die persone waarvan ons praat, geleef het. Geniet dit! - Red

e Skepping nie (en boonop kan ons nie met sekerheid 'n jaartal aan enige gebeure voor ongeveer 2000 vC koppel nie). rder die jare wat verloop het sedert Adam geskep is, en sy nageslag gebore is (volgens Genesis 4 & 5).

na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip."

0 "stamvader van die tentbewoners"

Geen ouderdomme word vir Kain se nageslag gegee nie

1 "stamvader van dié wat op die lier en fluit speel"

2 "hy was 'n smid, 'n vakman in koper en yster"

22 "Sy suster was Naäma"

ns getroud."

oos hyself.

:26 "In daardie tyd het die mense begin om

ord van Kenan."

der geword van Mahalalel"

Mahalalel vyf en sestig was, het hy die vader geword van Jered."

ed honderd twee en sestig was, het hy die vader geword van Henog."

ar) Gen. 5:21-24 "Toe Henog vader geword van Metusalag. van Metusalag nog drie honderd t seuns en dogters gehad. Henog honderd vyf en sestig jaar. Hy het s hy nie meer daar nie, want God eneem."

ALAG (969 jaar) - Gen. 5:25 "Toe Metusalag honderd sewe en tagtig was, het hy die vader geword van Lameg." LAMEG (777 jaar) - Gen. 5:28-29 "Toe Lameg honderd twee en tagtig was, het hy die vader geword van …

Noag."

NOAG "bemoediger" (950 jaar) - Gen. 5:32 "Toe Noag vyf honderd was, het

874

930

987

1042

1056

1140

1235

hy die vader geword van Sem, Gam en Jafet."

1290

1422

SONDVLOED Kruispad Uitgawe 13.indd 21

1651

1656

Genesis 7 & 8

2009/05/08 12:27:18 PM


an ria Ad n va yk

W (K isp

ru ad er ew ed -m r) ke

E

K loop nou die dag laatmiddag van my kar af na my woonstel, toe ek diep in gedagte met planne vir "môre" en nadenke van "gister" verskriklik besig was om alles wat in my kop rondswem tevergeefs te probeer orden. Skielik word ek ge-ambush deur 'n sproeier wat op 'n taktvolle manier agter 'n potplant weggesteek was. Ek was, sonder om doekies om te draai, nogal nat en het maar eerder gestaan en lag vir myself as om kwaad te raak. Ek sit toe op die trap en vat vyf aangesien ek te besig was om eers die sproeier raak te sien voor dit te laat was. Na 'n ruk tref die son die water op so 'n manier dat mens daardie klein bonzai reënboog kan sien, jy weet die tipe wat jy sien as jy once in a blue moon tuin natmaak. Dit was op sy eie manier nogal 'n pragtige verskynsel wat ek nodig gehad het na 'n lang en aksiebelaaide (nie die goeie tipe aksie nie) dag. Dit was asof God vir my iets wou sê van mense se lewens en hoe ons moet opkyk om die metaforiese reënboog te sien. Daar is 'n gesegde wat my aan die bogenoemde herinner:

And when it rains on your parade, look up rather than down. Without the rain there would be no rainbow.

Gilbert K. Chesterton

Jy sien, die reënboog het vir eeue die mens se gedagtes en verbeelding geprikkel met 'n onbeskryflike nuuskierigheid. As 'n mens net gaan kyk na hoe dit gebruik word in flieks en boeke is dit duidelik dat die mensdom gefassineer is met die boog van vele kleure, en dan het ek nog nie eens gepraat van die eeu-oue staaltjie van die pot vol goud aan die einde van die reënboog nie. As 'n mens kyk na die boog se oorspronklike betekenis in Genesis, sê God dat dit sy teken is as verbond met ons dat Hy nooit weer so 'n storm sal bring wat alle mense sal uitwis nie. Die reënboog kom uit die Hebreeuse betekenis wat net beteken "boog" (soos in pyl en boog) en die figuurlike betekenis van die boog is "krag".

22

As 'n mens kyk na die reënboog, is dit heeltemal anders as dié van die pyl en boog wat die Hebreeuse teks dit mee assosieer. Nou hoekom dan? Wat wil God vir ons sê? Die reënboog is 'n boog wat van al sy dodelike krag onthef is. Dit is gewoonlik 'n teken van terreur, maar nie hier nie … Daar is geen snaar wat dodelike krag aan hom gee nie en ook geen pyl wat dood kan veroorsaak nie. Dit wys ons dat God sê: "Dis okei." Dit wys sy verbond, en daar het nog vele ander verbonde gekom na dié een, wat ons bewus maak dat hy vir ons lief is en ons toe-eien as sy bruid. In Esegiël en in Openbaring word daar weer oor die reënboog gepraat en dit dan in assosiasie met Jesus: "Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan 'n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar 'n reënboog met die glans van smarag," (Openbaring 4:2-3). "Toe het ek 'n ander engel, 'n sterke, uit die hemel uit sien afkom. Hy het 'n wolk om hom gehad en 'n reënboog bokant sy kop. Sy gesig was soos die son en sy bene soos vuurpilare," (Openbaring 10:1). "Die glans rondom was soos dié van die reënboog in 'n wolk na die reën. Dit was soos die magtige verskyning van die Here. Toe ek dit sien, val ek plat en ek hoor 'n stem praat," (Esegiël 1:28). Ek dink God wil vir ons wil sê dat daar 'n verband is tussen die verbond van Noag regdeur tot en met die laaste verbond van ons Verlosser. Verder spreek dit van die ewige lewe deur die reënboog, wat Hy eerste in Noag se tyd gebruik het, te kom plaas op Jesus om te wys dat Jesus gekom het, nie om almal met 'n verwoestende reën uit te wis nie, maar om te red en ewige lewe te bring! Die vloed waarvan daar geskryf is in Handelinge, en die vloed en revival wat deesdae aan die gebeur is, is nie 'n vloed van water wat verwoes nie, maar van die Heilige Gees wat uitgestort word om nasies te kom vul met sy heerlikheid!

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 22

2009/05/08 12:27:26 PM


Johannes Schickerling (Kliniese Sielkundige, Kruispad-redaksie)

D

IE radio blêr in die kar, sy hoor dit nie. Sy sit dit af terwyl die radio-mense skaterlag vir een of ander grap. Haar kop is stil. Uiteindelik! Want gisteraand kon hy ophou spin nie, en nou's sy moeg. Baie moeg. Moeg vir die pad, die kar, die werk, die lewe … Sy ken die gevoel, sy wil dit nie weer doen nie, maar dit … dit bring lewe. Haar gedagtes dwaal na die eerste keer toe sy dit probeer het. "Toe was jy nog skrikkerig en onseker." Die lem het so gevaarlik gelyk, so blink en skerp. "Jy was bang jy vrek!" Die eerste sny was te min. Eers na die derde sny was dit daar. "Rooi bloed het stadig padjies op my arm gemaak en ek kon sien daar's lewe. Dat ek lewe!" Dit was toe ek in graad elf was. Nou begin mense vrae vra: "Hoekom dra jy altyd lang moue?" "Hoekom gaan jy so baie badkamer toe?" Blah, blah, blah! Whatever! Ek voel beter okei! Hoe anders moet ek met al die tension by die huis en werk deal? Bybel lees het nie gehelp nie. Angela is die enigste een wat weet hoe dit voel. Dat jy dit nie sommer kan los nie. Sy sê dit is soos 'n drug en mense raak verslaaf. Angela sien nou 'n therapist, en sy het dit al vir drie maande gelos! "Dealing with the real issues," sê sy. My ma sal so uitfreak as sy moet hoor! Net sy sien nie dat ek altyd lang moue dra nie of dat my lemmetjies altyd op is nie of selfs die bloedkolle op my bed nie! Whatever! Sny, self-injury, cutting of "SI" is deesdae algemeen bekend onder jongmense. Daar word selfs beraam dat 40% van skoolkinders dit doen. Jy weet dalk van iemand, ken hulle persoonlik of doen dit self. Maar waarom doen mense dit? Wel, ons almal ervaar emosionele pyn en pressure en ons almal hanteer dit op verskillende maniere. Cutting is 'n manier vir party mense om met intense gevoelens te cope. Gevoelens van kwaad, seer, alleen, gefrustreerd, pas nie in nie, skuld en hartseer verdwyn as hul sny, klap, slaan, stamp, pyn voel en bloed sien. "Dit laat my voel ek's weer in beheer, dat ek cope," sê party. Ander sê weer: "Dis cool, my vriende het my ingetrek". Maak nie saak hoekom dit gedoen word nie, dit werk nie! Net soos drugs, drank en dankies, hou dit net vir 'n rukkie. Dan is die sleg terug en jy moet dit weer-enmeer doen. As jy weer sien het jy 'n bar code op jou arm en kan jy ook gescan word by die till, maar jy voel nog steeds soos 'n nul.

Die skade aan jou liggaam is lewensgevaarlik en vir lewenslank. Baie voel sleg omdat hul die "tempel van God" (jou liggaam) beskadig. Skuldig voel is reeds die rede hoekom baie nie cope nie. Gelukkig weet God, Hy is geduldig en Hy ken jou! "My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is," (2 Korintiërs 12:9). Daarom verstaan God en kan ons juis in die hulpelose en swak tye na Hom toe draai in plaas van weghol na lemmetjies toe.

So wat gedoen as jy sny of weet van iemand wat sny? • Besef dat jy, of hy/sy, nie weird of mal is nie. • Vertel vir iemand! Jou onderwyser, skoolsielkundige, afrigter, dokter, jou pêl, enigiemand. As jy belowe het om vir niemand te sê nie, gaan terug na jou vriend en verduidelik dat jy nie die geheim kan hou nie, want jy gee om en het nodig om te help. • Vra vir hulp. Kry professionele hulp. 'n Geselsie of twee met die onnie gaan nie help nie. • Kom agter wat laat jou sny. Om te sny, is om ontslae te raak van intense emosies of gevoelens. Is jy kwaad, gefrustreerd, hartseer? Is dit verhoudings? Pressure om perfek te wees? Vind uit wat jou pla en praat met iemand daar oor. • Alternatiewe. Vind 'n ander manier om van jou pyn en lemme ontslae te raak. Skryf in 'n joernaal, speel musiek, doen sport, dans, verf, enigiets om jou emosies minder intens te maak. • Leer nuwe Coping skills. Sielkundiges is opgelei om mense te help om nuwe, gesonde vaardighede aan te leer. • Bid. Vra vir God om aan jou ander maniere te wys om te cope en mense oor jou pad te bring met wie jy kan praat. • As 'n vriend sny: bly ondersteunend en sê vir die persoon jy gee om. Soos gewoonlik is die eerste stap, om vir mense te sê, die moeilikste. Vat 'n kans, jy mag dalk net hulp kry en weer heel voel sonder om eers "stukkend" te wees.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 23

23

2009/05/08 12:27:28 PM


H

ET jy al saam met 'n pêl gekuier, maar op 'n kol ongemaklik geraak? Daar was lekker vars lug in die verhouding, maar toe raak dit bedompig. Dis asof jy swaar asemgehaal het, asof jy spasie gesoek het. Jy en die ander persoon was net te ongesond naby aan mekaar. Iewers is jy oorvra en het die verhouding net eenvoudig jou identiteit begin wegvreet. Die grootste dief wat 'n Christen se verhoudingsuurstof kan steel, is oorafhanklikheid. In sy boek When You Love Too Much: Walking the Road to Healthy Intimacy vertel Stephen Arterburn die verhaal van Marisa: "Lelik, dom en vet" - so het Marisa se boetie haar ge-label vandat sy ses jaar oud was. Teen die tyd dat sy 12 was, was sy 20 kg oorgewig en het gesukkel om 'n C-gemiddeld op skool te kry. Sy het altyd uit gevoel by skoolmaats. Geglo niemand sal in haar belangstel nie en het haar van almal onttrek. Marisa het in stilte swaargekry, maar in haar hart het sy sterk begeer dat iemand vir haar liefde sal gee. Haar boetie het voortgegaan om haar af te kraak en sy het al hoe meer agter geraak op skool en al hoe meer obees geword. Haar pa was 'n marinehandelsreisiger en dikwels maande lank uitstedig. As hy wel tuis was, was hy erg krities en veroordelend op sy huismense. Die oomblik as hy weer vertrek het, het haar boetie haar pa se rol oorgeneem om haar af te breek. Sy het ook geglo dat God ontevrede is met haar. Op 13 het sy begin om liefdesverhale lees. Die held en heldin was gewoonlik eensaam en ongelukkig, maar hulle seer verdwyn as hulle in mekaar se arms is. Marisa het begin glo dat liefde en aanvaarding van die regte man haar seer en onsekerheid permanent sal wegvat. Sy het ure lank ontvlug in lees van romanses en in eet.

Sy het geglo dat net haar gewig nog tussen haar en die waar word van haar fantasie staan. Sy leer om haar vinger in haar keel te druk na ete. Sy verloor gewig en kry 'n aantreklike lyfie en seuns begin in haar belangstel. Sy pas alles toe wat sy in die boeke geleer het om aandag te kry, en dit werk soos 'n bom … wat toe ook bars met haar eerste seksuele ervaring met Brad. Soos haar pa was hy ook hard en afbrekend – sy sou enigiets doen sodat hy net van haar sal hou. Daarna soek sy sekuriteit en waarde by feitlik elke nuwe seun wat sy ontmoet. In die intimiteit voel sy vry van seer, en goed oor haarself. Na elke quick fix, kom die leegheid egter terug, depressie tree in en dan soek sy maar net weer troos by die volgende Prince Charming. Op 24 was sy reeds deur dosyne destruktiewe verhoudinge, seksuele ontmoetings en drie aborsies. Op hierdie punt soek sy hulp by 'n Bybelse berader, en sy breek met haar verslawing aan romantiek, verhoudinge en seks. Miskien herken jy iets van jouself in Marisa. Dalk gaan jy nie so ver soos sy nie, maar is jy ook te afhanklik van die goedkeuring van ander mense. As hulle van jou hou, voel jy jy is iemand. So gee jy aan hulle die reg om jou te definieer. Jy probeer wees wat jy dink hulle van hou. Jy laat hulle binne jou grense toe. Wat moet jy doen as die grense tussen jou en ander mense onduidelik is? Die oplossing is dat jy die identiteit wat Jesus Christus vir jou verdien het, sal opneem en uitleef. Wanneer jy in Jesus Christus glo, ontvang jy: * Absolute sekuriteit: Jy behoort volkome aan Hom want Jesus het 'n veilige, permanente plek in God se hart vir jou verdien. * Volkome waarde: Ten spyte van jou sonde en gebreke aanvaar die Vader jou op grond van Jesus Christus se perfektheid. * Unieke vermoë: Die Heilige Gees voorsien unieke talente, gawes en energie.

Vorster Combrink (Bybelse berader)

24

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 24

2009/05/08 12:27:38 PM


Vind jou identiteit in God en nie in mense nie. As jy geanker is in Jesus Christus sal jy kan vry asemhaal in jou menseverhoudinge. As God vir jou God is in die verhouding en nie die ander persoon nie, sal jy goeie grense kan stel – soos in die eerste driehoek. Maar as mense vir jou swaarder weeg as God, dan is jy in die tweede driehoek.

Hoe kan jy dit regkry? As die suurstofwind van die Heilige Gees deur jou waai (Efesiërs 5:18), dan kan jy die Here eer in jou verhoudinge met jou vriende, met jou meisie of ou, met jou ouers, by die skool (Efesiërs 5:21-6:9). Dan haal jy vry asem!

Psalm 150: "Alles en almal wat asemhaal moet die Here prys!" En Efesiërs 5:19: "Sing tot eer van die Here!" Sit jouself en ander mense onder God. Dan kry Hy die eer!

Indien jy worstel met enige probleem (of iemand ken wat met 'n probleem worstel), en nie die vrymoedigheid het om met iemand wat jy ken daaroor te praat nie, stuur net 'n e-pos aan help@kruispad.net. Alle korrespondensie sal natuurlik streng vertroulik hanteer word! Waaroor sal jy graag advies wil hê in Kruispad? Stuur vir ons jou voorstel na advies@kruispad.net.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 25

25

2009/05/08 12:27:40 PM


DEEL 7 Anneretha Combrink

Haar gedagtes draai en draai, sirkel al rondom die één paragraaf in die mail. Sy kan haar oë nie daarvan wegskeur nie; sy word soos 'n magneet getrek deur die woorde. Ek wou self met jou praat, Janien. Maar ek kon jou nie in die hande kry nie …

26

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 26

2009/05/08 12:27:45 PM


J

ANIEN staar na die rekenaarskerm sonder om iets in te neem. Haar gedagtes is leeg. Geheel en al blank. Sy knip haar oë, en kyk afwesig na die blink druppel wat op die keyboard val. Huil sy? Sy knip weer haar oë en probeer fokus op die woorde in die e-pos. Die woorde wil nie stilstaan nie. Jou adres … ma gekry. Jy … weg … nie opspoor nie … moet praat. Jammer … alles … wens … weer kies. Dit hou aan en aan. Sy het gedink sy hoef nooit ooit weer 'n gedagte op Louis le Grange te mors nie. Sy het gedink dit wat Desember gebeur het, kan vir altyd in die boksie in haar verlede gebêre word waarop staan Do not touch. Maar nou het die verledeboks oopgespring met een helse slag. En nou weet Janien wat sy al daai aand in Desember geweet het: Alles, alles het verander. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Sy het gehoop sy kan vir altyd wegkruip. Daarom het sy gesorg dat Louis nie haar nuwe selfoonnommer het nie, en daarom het sy haar e-posadres verander. Haar ma moes seker vir hom die kantoortelefoonnommer en -adres gegee het; dié dat Dominee Jan haar gister laat roep het toe Louis gebel het. Gelukkig was sy nie daar nie. Want sy het haarself belowe sy sal nooit weer met hom praat of eers aan hom dínk nie. Wat toe nie ge-happen het nie. Haar gedagtes draai en draai, sirkel al rondom die één paragraaf in die mail. Sy kan haar oë nie daarvan wegskeur nie; sy word soos 'n magneet getrek deur die woorde. Ek wou self met jou praat, Janien. Maar ek kon jou nie in die hande kry nie … Janien ruk toe sy dit weer lees: … ek het die Here leer ken hier in Londen, en daar is so baie dinge in my verlede wat ek wens ek kon verander. So baie mense wat ek seergemaak het, en party wat ek gebréék het. Jy is een van daardie mense. Vergewe my asseblief, Janien. Ek is verskriklik jammer dat ek jou gedwing het, of eerder, gemanipuleer het, daardie aand in Desember. Ek weet jy wou dit nie doen nie. Dis nou te laat, ek besef dit. Vergewe my. Die woorde eggo onophoudelik in haar kop. Vergewe my … vergewe my … vergewe my. Die trane wat vir so lank binne in Janien opgedam het, bars skielik uit in 'n geweldige vloedgolf. Sy kan dit nie keer nie. Die e-pos het daardie aand met vernietigende helderheid teruggebring. Elke detail speel voor haar af, en elke emosie wat sy sedertdien gehad het, is rou en naby. Die skuldgevoel, vernedering, pyn, doodsheid, opstand, woede, vrees. Die eed wat sy gesweer het om nooit weer 'n ou naby haar toe te laat nie, om nooit weer te vertrou of lief te hê nie.

En sy was bang, so bang. Want wat ás … maar dis nou vier maande later, en gelukkig weet sy nou dat sy nie swanger is nie. Ten minste. Maar dit verander nie veel aan wat gebeur het nie. Dis Marike wat Janien daar in die kantoor voor die rekenaar kry. Haar bene opgetrek teen haar lyf, met die harde snikke wat nog onkeerbaar deur haar ruk. Toe Janien opkyk, staan Marike in die deur. Sy probeer nog die huil keer, maar dit werk nie. Haar kop sak op haar knieë. Marike moes vir 'n rukkie daar in die deur gestaan het, maar Janien is nie regtig bewus van tyd nie. Toe sy weer bewus word van wat om haar aangaan, is Marike se arms om haar en het sy haar top natgehuil. Marike? Wat maak sy hier in Marike se arms? Is dit Marike wat haar heen en weer wieg soos 'n kind, wat troosgeluide maak en haar so saggies vashou? Janien beur regop en Marike laat haar sonder 'n woord gaan. Na 'n lang tyd begin Janien praat. En toe kan sy nie ophou nie. Sy vertel alles, alles wat sy nie daardie dag toe sy haar lewenstorie vir die groep vertel het, gedeel het nie. Toe was dit te moeilik. Toe was dit die maklikste om net bolangs te praat. Sy het wel meer detail gegee as wat sy wou, gesê haar ouers is geskei en dat sy haar pa nooit sien nie. Maar van dit wat haar van binne af opeet, het niemand geweet nie. Nie eens haar ma nie. "Ek wens jy het my lankal vertel," sê Marike toe Janien stilword. "Ek het gedink jy is so together … en dit het gemaak dat ek bedreig gevoel het. Ek's jammer … oor alles." "Ek's ook jammer," snuif Janien. "Ek het jou nie vertrou nie, en ek WOU nie vriende maak nie. Met niemand nie. Maar nou …" Haar gedagtes gaan terug na die mail. "Wat nou? Ek weet nie of ek hom kan vergewe nie. Hy het soveel gemors in my lewe veroorsaak. Nou het hy tot bekering gekom. Wel, dis great vir hom, maar … ek sit nogsteeds met die gemors." Marike weet nie eintlik wat om te sê nie, Janien kan dit sien. Sy wil ook nie eintlik nou raad hê nie. Want sy sál hom nie vergewe nie. Punt.

(word vervolg)

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 27

27

2009/05/08 12:27:48 PM


'n Rubriek deur Anneretha Combrink

Maar moenie bang wees nie, want Ek het die wêreld reeds oorwin. Dit sal donker wees, het Jesus gesê. Maar Ek is die Lig vir die wêreld. Die rooi spoor loop deur die wêreld, ja. Maar dis 'n spoor van hoop … want dis Christus se bloed wat ons vrygemaak het om lig te bring. Christus se Goeie Nuus wat deur die eeue stukkie vir stukkie 'n donker planeet verower. Tot aan die uiteindes van die aarde en tot elke nasie gehoor het. Dan eers sal Openbaring finaal verby wees. ORLOË en gerugte van oorloë. AardbeEkiskyk af na my hande en anagram ek sien. Ekontsyfer sien weer is 'n dubbele uitdaging! Hierdie 'n anagram, en as die is, wings, vloede en brande. Soms voel ek, met die van die nie met oëook vansoek moet julle die woord soek waar dit oë versteek is. Gees Verderenmoet julledie dan en soms wéét ek, dat ons in die eindtye dieiswêreld In my is 'n wat fakkel metBybel drie in die Bybel voorkom! Die woorde diere, nie. plante en hande gesteentes in die leef. Openbaring gaanwaar voor die onswoord oë in vervulling. vlamme. voorkom. – daar is 'n groot vangplek! Maar meestal voel dit asof die tyePasop donker is, sonder en hoop en liefde. Stuur jou korrekte antwoorde voor 31 Julie 1009Geloof per e-pos aan interaksie@kruispad.net of stuur hoop. Asof korrupsie al is wat oorgebly het, en stapisdeur die strate per faks of nie. slakpos na die Kruispad-kantoor (ons Ek adres op bladsy 2). van my donker stad, mense net mooi niks virdit mekaar voel verby vrouens wat hulleself verkoop en kinders wat Dis in elk geval wat die koerante vir my sê. bakhand staan by McDonalds. Verby shacks en En dis wat ek sien as ek werk toe ry. By elke konkavure en groot wit huise waaroor alarms en robot staan daar mense met kartonplakkate, mense tralies waghou. Ek steek die wêreld aan die brand sonder werk en kos en hoop. Op straathoeke vermet die Lig in my hande en die Lig in my hart. koop vroue (en mans) saans hulle liggame. Sonder Oorloë en gerugte van oorloë kom en gaan. hoop. By McDonalds is daar altyd kinders wat Die koerante verkondig die waarheid. Maar ek lees by die motorruit geld vra vir gom. Sonder huise, deesdae 'n ander koerant, een wat vertel van 'n sonder hoop. Dis in die hospitale en die tronke, dis oorlog wat gewen is. in die shacks en in die groot huise agter hoë mure. Ek vergeet soms. Die donker. Dit sluip rond in Hillbrow en in SandMaar elke dag herinner Hy my weer aan die ton. Dis soos daardie Smirnoff-advertensie wat 'n Hoop wat in my leef. En dat dit geloof en hoop en rooi spoor deur die hele wêreld loop – van Rusland liefde is wat die donker lig maak. na Europa na Amerika. Ons is bang. Almal is bang – om vermoor te word in Suid-Afrika, om alleen te wees in Australië, om in 'n motorongeluk te wees, om dit te verloor wat vir ons kosbaar is … maar ons is veral bang vir die donker. Want ons vergeet. Ek vergeet. Ek vergeet dat Jesus ons lankal voorberei het. In die wêreld sal julle dit moeilik hê, het Hy gesê.

O

28

HIERDIE

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 28

2009/05/08 12:27:53 PM


KREATIEF

D

"Dankie." Hy beduie na 'n boom 'n entjie verder. "Gaan wag daar, daar sal nou-nou iemand met jou kom praat." Ek gaan sit onder die boom en maak my oë toe. Alles wat ek ken, voel so ver en onwerklik. Ek wens my ma was hier gewees. "Louise?" My oë vlieg oop. 'n Vrou staan voor my. Sy glimlag breed. Ek skarrel orent. "Ek het jou lys hier by my." Sy hou die lys omhoog. "Die lys van prioriteite." Ek sluk. "Onthou jy Noag se ark ?" Ek knik. "God het Noag gered, gered uit 'n wêreld wat Hom nie wou ken nie. Dit was 'n wêreld wat te besig was met hulleself, met hulle eie, klein lewens. Hulle wou Hom nie daarin toelaat nie." Sy talm. "Ons wou graag jou lys gesien het, jou prioriteite." Sy kyk af na die lys vir 'n oomblik of twee. Ek voel my hart tamboer. Hoekom ek? Kon hulle nie die dominee gevra het of daai girl in die klas wat altyd al die Liewe Jesus-SMS vir almal stuur nie? "Ek gaan die lys vir jou teruggee." Sy hou dit uit en ek vat dit verleë. My oë gly weer vlugtig daaroor. Die letters dans voor my en ek sukkel of hulle in die regte orde te rangskik. "Jy hoef nie meer saam te kom nie. Jy kan maar teruggaan. Dis reg so." Ek probeer die droogheid in my keel wegsluk. Ek probeer dink aan iets om te sê. Dan is sy weg … "Louise." My oë vlieg oop. "Ek het vir jou koffie gebring. Dit is al amper half-sewe." Ek sien my pa in die deur staan met die skinkbord. Hy het selfs beskuit saamgebring. Ek kan nie onthou wanneer laas hy vir my koffie in die bed gebring het nie. Ek stoot myself orent teen die kussings. "Dankie, Pa." Hy kom nader, sit die skinkbord neer. "Ek …" Hy stamel. Ek kyk op. Sy hand kom huiwerig uit en vryf oor my hare. "Ek … ek is lief vir jou, my kind." Ek reik uit en vat sy groot hand tussen my vingers. "Ek weet, Pa. Ek is lief vir Pa ook." Ek gee sy hand 'n ligte drukkie. Hy glimlag en ek sien die blink in sy oë. "Wys daai fliek wat jy gesê het jy graag wil sien nog ?" "Hmm." Ek en my kêrel sou nog gegaan het. "Kom ons gaan Saterdag en gaan kyk dit." Ek knik. "Dit sal lekker wees."

Michael Laubscher (Kruispad-leser)

IT is 'n groot boot. Baie groot, en ek staan voor by die plank wat na die boot toe lei. 'n Man staan daar en wag. Hy kyk stip na my. Sy oë is diepblou en hy het 'n lys by hom. "Louise Theron ?" Ek knik. "Welkom. Die reëls is eenvoudig." Ek probeer konsentreer, maar daar iets bo-aards aan hom. "Veertig dae en veertig nagte. Jy kan twee van alles saamvat: twee mense, twee boeke, twee DVD's, twee kossoorte en twee persoonlike besittings." Ek sluk. "Verstaan jy ?" Ek knik. "Dit gaan oor prioriteite; goed wat belangrik is." Ek wil vir hom sê ek weet wat dit is. "Kom ons begin by die twee mense wat jy wil saamvat, dis gewoonlik die moeilikste." My gedagtes hardloop in sirkels, draaie en kringe en slaan holderstebolder. Vir 'n oomblik of twee kyk ek op na die blou hemel bo my. "Goed. Die twee mense ?" Ek sluk. KORAAL (Job 28:18; Esegiël "Ek is … is …" Hy wag geduldig, pen omhoog. Ek kan nie sonder my kêrel wees vir veertig dae nie. Sê nou hy vergeet van my? My ma; ek gaan haar te veel mis. My pa? Ons kom nie altyd oor die weg nie … "My kêrel en my ma." "Is jy seker ?" "Ja, ja, ek's seker." Hy skryf die twee name neer. "Twee boeke?" Ek moet daai liefdestorie klaarmaak waarmee ek besig is, en dan is daar Oprah se boek. Hy skryf dit neer, sê niks. "DVD's?" Ek gee die naam van my gunstelingfliek en probeer dink aan 'n musiek-DVD. Miskien moet ek iets geestelik, godsdienstig, saamvat, dit sal darem beter lyk. Ek noem die naam van die enigste gospel DVD wat ek ken. Hy kyk vlugtig op toe ek dit doen en ek verbeel my ek sien 'n fyn glimlag om sy mond. "Kos?" "Joghurt en provitas." Kan net sowel die geleentheid gebruik om maer te word. "En dan twee persoonlike besittings." Ek huiwer. Dis so moeilik. Kan ek nie maar drie of vier vat nie? Daar's so baie om van te kies … "My selfoon en … my dagboek." Hy skryf dit neer.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 29

29

2009/05/08 12:27:55 PM


KREATIEF

V

ERGIFNIS? Wat beteken dit nou eintlik en is dit 'n keuse of 'n gebaar in my en jou lewe ? Om iemand te kan vergewe, is soms seker een van die moeilikste goed wat ons moet doen, tog beklemtoon God se Woord vir ons hoe belangrik vergifnis teenoor ander mense is as ons self ook vergifnis wil ontvang. Ons sien die belangrikheid hiervan as ons bietjie deur die Evangelies (Matteus, Markus, Lukas en Johannes) blaai. Jesus beklemtoon dit in ons wyse van gebed, soos ons dit vind in die Onse Vader. Matteus 6:12 en 14: "en vergeef ons ons oortredings soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree … as julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe." Hierby sluit die gelykenis ook aan van die onvergewinsgesinde amptenaar van die Koning. In hierdie skrifdeel vertel Jesus ons ook hoeveel keer moet ons vergewe … 70 x 7 keer! Sjoe! Doen bietjie jou somme en sien dis nogal baie keer, eintlik ontelbaar baie! Ek dink ons is self soms soos daardie amptenaar en wil nie ander vergewe nie, want ons voel verontreg, verraai, vernederd en selfs hartseer. Ons moet onthou al kom vra 'n persoon ons nie om vergifnis vir dit wat hulle aan ons gedoen het nie, moet ons steeds daardie persoon in ons harte vergewe. Ek wil in daardie lig graag met jou 'n verhaal deel, 'n verhaal waarmee jy dalk bekend is, maar vandag deur 'n nuwe lens gaan bekyk. Dit is die storie van Jesus en sy dissipels en die dag toe Hy hulle voete gewas het, slegs ure voordat Hy die pyn van spykers aan 'n kruishout sou verduur – Johannes 13:1-17. Sluit jou oë vir 'n oomblik en imagine … Dit is skemer en die dissipels gaan saam met Jesus die huis

binne vir hulle laaste feesmaal saam. Hulle is moeg en hulle voete is seer na 'n lang dag se stap en woordverkondiging, Jesus wat siekes genees het en skares mense oral om hulle. Hulle sandale en voete is vol stof en heimlik wens elkeen in sy binneste dat iemand hulle voete sal was. (In daardie dae was dit die plig van die laagste dienskneg om voete te was. Nes alle ander take wat 'n rangorde het, het die huishoudingpersoneel ook hulle s'n gehad en voete was, was dalk 'n jong seun/dogter se plig.) Jesus staan op vanaf sy stoel waar Hy 'n wyle gerus het, trek sy bokleed uit, vou 'n wit handdoek om sy liggaam, neem die skottel water en kniel by die eerste dissipel se voete. Sorgvuldig verwyder Hy die sandale, plaas die moeë voete in die skoon water, was dit met liefde in sy oë en droog dit dan saggies af. So neem Jesus die een na die ander dissipel se voete en was dit met sorg. Toe kom hy by Judas … Jesus neem sy voete in sy hande en kyk op in sy verraaier se oë met die wete dat hierdie man, 'n geliefde dissipel van Hom, Hom gaan verruil, verraai en verontreg vir 'n paar silwer muntstukke. Tog was Jesus Judas se voete met dieselfde deernis as al die ander s'n, alhoewel Hy weet wat op Hom wag. Wie van ons sal die voete was van 'n persoon wie jy weet jou gaan kwaad aandoen? Ek dink elkeen van ons sal heftig ons koppe hier skud eerder as om so iets te doen! Dit is mos unreal! Om die waarheid te sê, om waarlik soos Jesus te wees, beteken dat ons soms unreal moet wees vir mense. Dit is hier waar jy by die kruispad van vergifnis kom, waar jy moet besluit of jy links gaan draai en toelaat dat onvergewensgesindheid in jou hart nesskop, jy ewig wroeg oor die gebeure en wraak vir jouself toeëien, óf gaan jy regs draai, die gebeure vergeet en vergewe, en sodoende God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar. Johannes 14:27: "Vrede laat Ek vir julle na;my vrede gee ek vir julle. Die vrede wat ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie." Miskien is daar ook 'n Judas in jou lewe, vergewe hom of haar en spreek hulle vry, sodat jy God se genesende strale op jou hart kan voel en die wolk van bedruktheid soos mis voor die son kan verdwyn! Forgiveness is not a duty, but a Godly choice

Emmerentia van Jaarsveld (Kruispad-leser)

No. 12

Wil jy graag 'n bydrae instuur vir die volgende Kruispad-uitgawe? Stuur dit vir ons na kreatief@kruispad.net.

30

30

Dit kan enigiets wees – 'n gedig, artikel, foto, skildery, of wat dan ook al! Die redaksie wil graag jou gawes gebruik om God te eer! (Dus moet jou bydrae God-erend van aard wees.) Ons sien uit daarna om julle bydraes te ontvang!

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 30

2009/05/08 12:28:04 PM


KOMPETISIE

Hennie van Wyk (GK Pinetown)

H

oe goed is jou algemene kennis? Kyk of jy die volgende tien vrae kan beantwoord. Skryf jou antwoorde, én die teksvers waar jy die antwoord gekry het, neer en stuur dit aan ons.

Die eerste drie korrekte inskrywings ontvang elkeen 'n CUM-geskenkpakkie. Stuur jou naam, adres, ouderdom en jou korrekte antwoorde voor 31 Oktober per e-pos aan interaksie@kruispad.net, of stuur dit per faks of slakpos aan die Kruispad-kantoor (ons adres is op bladsy 2).

1) Wie was die Hoofman oor 100 wat Petrus laat haal het? a) Kornelius b) Nero 2)

d) Jesaja

b) Nee

c) Net as hy gedoop is

d) Net as hy 'n Christen is

b) 'n Mens

c) Jouself

d) Engele

b) Berea

c) Tessalonika

d) Filippense

b) Nee

c) Soms

d) Net as hulle tempelbelasting betaal het No. 12

In Daniël se visioen, wat was die kleur van die hare van die Oue van Dae?

a) Wit 9)

c) Obadja

Is mense wat onrein was as hulle aan 'n lyk geraak het toegelaat om die Paasfees te vier?

a) Ja 8)

b) Jona

Watter gemeente het die Skrifte daagliks ondersoek?

a) Athene 7)

d) Levi

Voltooi: Jy kan nie God en __________________ dien nie

a) Geld 6)

c) Simeon

Is dit moontlik vir die mens om die tien gebooie te onderhou?

a) Ja 5)

b) Dan

Watter profeet het Hiskia gerusgestel toe die Assiriërs Jerusalem beleër het?

a) Amos 4)

d) Herodus

Wie het vir Jakob gesê dat hy die verantwoordelikheid vir Benjamin sal dra?

a) Juda 3)

c) Festus

b) Goud

c) Soos vuur

d) Swart

Waar het Johannes (Markus) Paulus op die sendingreis verlaat?

a) Pamfilië

b) Listra

c) Ikonium

d) Pafos

10) Hoeveel kanne water het Jesus in wyn verander? a) 2

b) 4

c) 5

d) 6 KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 31

31 31

2009/05/08 12:28:07 PM


T

DI

JY lees gou 'n stukkie, jou oë wil-wil toeval, dis immers al na 23:00 en die boek Kronieke pas nie lekker in jou verwysingsraamwerk nie (dis tog net geskiedenis). Nou nog net 'n vinnige gebed, kop op die kussing, en droomland toe! Die volgende oggend kan jy nie mooi onthou wat jy gelees het nie, wat nog te sê toepas op jou lewe! Klink dit bekend? Die Geloof in Aksie-Bybel fokus op geloof wat oorgaan in aksie. Wat kan ek byvoorbeeld uit Manasse se lewe leer? Hoe pas ek dit toe op my eie lewe? Hoe deel ek dit met iemand anders? Die bestaande teks kom uit Die Boodskap, 'n baie vry vertaling van die Bybel. Voor elke Bybelboek is daar 'n inleiding met die hoofdele van die boek. Hiermee saam het die skrywers temas geïdentifiseer en dit in drie kategorieë ingedeel: • Om te glo: Beskrywings van die dinge wat gelowiges moet weet oor God, hulself en ander mense. Dit bespreek geloofsake.

2-

5

G M elo e W de of Jo att, we in A r h ISB an Ste ker ksi p N S h s: ePr ys: : 97 mit an Jan By 8 h Jo v be R1 ub an l 99 1-7 7 ,9 er de 00 5 te r 055 n

S LEE

• Om te gehoorsaam: Wat is God se wil en hoe moet ek vir Hom leef? Hoe deel ek dit met ander? • Om te volg: Kort karaktersketse oor meer as 'n 100 mense in die Bybel – hier leer jy oor hulle lewenskeuses, mislukkings en oorwinnings. Bogenoemde temas word regdeur die Geloof in Aksie-Bybel as inligtingblokkies weergegee. Daar is ook ander interessante afdelings soos Deel jou geloof, Waarom kan ons die Bybel glo? en Simbole in die Bybel. Dit beslaan egter slegs ses bladsye en kon myns insiens meer uitgebrei geword het. Veral die hoofstuk Waarom kan ons die Bybel glo? is baie aktueel en sou gebaat het met 'n meer volledige beskrywing. Gaan kyk gerus na 'n kort onderhoud van Johan Smith met Victor Matfield oor hierdie Bybel. Dit is op Youtube beskikbaar by die volgende skakel: http://www.youtube.com/ watch?v=v0hb2BbzDeM. Die boek is ook in 'n luukse leeruitgawe beskikbaar teen R299,95.

IT

D TER

IS

8 00

gs

,2

Sp Je ea r BE em kin C yC g Re a lou co rd mp de in r

th

an

be f

or e

LU

JEREMY Camp het geen bekendstelling nodig nie. Hy is 'n bekende op die Christian Rock scene en weereens stel hy nie teleur met sy nuwe album, Speaking louder than before, nie. Met sy liedjies, gebaseer op Skrifgedeeltes en ook sy passie om die Here te loof en prys, kan 'n mens net in verwondering na sy musiek luister. Kom ons kyk na 'n paar snitte: Speaking louder than before is 'n oproep vir elke gelowige om uit te gaan en Christus se liefde vir die sondige wêreld te verkondig. Ons is die lig van hierdie wêreld en ook die sout van die aarde. Jesus gee ook aan ons hierdie opdrag in Matteus 28. There will be a day is vol bemoediging. Dit maak nie saak wat ons op aarde deurgaan nie, daar gaan 'n dag wees wanneer ons in Jesus se teenwoordigheid gaan wees en waarop alle pyn en hartseer iets van die verlede gaan wees (Openbaring 21:4). Troubled soul, don't lose your heart 'cause joy and peace He brings, and the beauty that's in store outweights the hurt of life's sting.

You will be there gaan oor die versekering dat God altyd by ons is (Psalm 139). Wanneer ons gaan slaap en ook wanneer ons opstaan, God hou ons altyd in sy hand. Healing hand of God wys daarop dat dit nie saakmaak wat ons pyn en hartseer is nie, Christus het ook op hierdie aarde geloop en Hy ken alles waardeur ons gaan. He has walked the road before me, He knows just how I feel. When you feel there's not anyone who understands your pain. Just remember all of Jesus's suffering. Die DVD wat jy saam met die CD kry, is 'n bonus. Jeremy Camp deel sy gedagtes oor elke song op die album en dit voel asof jy na 'n musiekvideo met Bybel-teachings kyk. Daar is ook 'n making of van die album se opname. Speaking louder than words is 'n album wat vanaf die eerste tot die laaste snit God eer en sy lof toesing. By elke song is daar ook 'n verwysing na Bybelverse, waarop dit gebaseer is. Hierdie is 'n album wat by verre uitstaan bo ander Christian Rock albums. Jeremy Camp gebruik sy talente om God, met alles wat hy het, te loof en te prys. 9/10

32

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 32

2009/05/08 12:28:10 PM


Ke

20

ex

s,

ict u

re

Fi Re rep Sh giss roo er wo eur f O B 13 od P : Al

08

nd ric

k

KYK D IT

FIREPROOF is die derde fliek deur Sherwood Pictures, dieselfde groep wat so rukkie terug Facing the Giants vir ons gebring het. Hierdie klomp van die Sherwood Baptiste Kerk in Albany, Georgia (VSA) laat nie op hulle wag nie. Hulle maak Hollywood kwaliteit flieks met 'n Christelike tema. Om te dink dat dit 'n kerk is wat Fireproof gemaak het, laat 'n mens in verwondering staan. Ook die meeste van die agtergrondakteurs is gemeentelede wat vrywillig uitgehelp het. Die film vertel die verhaal van 'n brandweerman, Caleb Holt (Kirk Cameron), wat met die leuse leef dat 'n mens nooit jou partner agterlaat nie. Hy kry respek by almal in die gemeenskap, maar by die huis is sy huwelik besig om uitmekaar te val. Caleb en sy vrou, Catherine (Erin Bethea), leef verby mekaar tot op die punt dat sy wil skei. Met die advies van sy pa en met niks om te verloor nie, neem Caleb deel aan 'n 40-dae lange eksperiment genaamd The Love Dare om te sien of hy die huwelik van sewe jaar kan red.

Alhoewel dit klink of jy getroud moet wees om Fireproof te kan verstaan en waarde daaruit te kan put, is dit glad nie die geval nie. Dit gaan oor twee mense wat verby mekaar lewe en met die advies van vriende hulle verhouding probeer red. Aan die begin is God nĂŞrens te vinde in hierdie verhouding nie en al probeer Caleb dit self red, gebeur daar niks nie. Daar is egter geen towerformule nie, slegs Jesus Christus is die antwoord. Dit is nie jou tipiese Hollywood-fliek nie en 'n mens moet dit in gedagte hou wanneer jy daarna kyk. Dit is gemaak deur Christene met 'n passie om die Here te dien deur hulle media-bediening. Kirk Cameron vertolk sy rol as die brandweerman goed en sy woede-uitbarstings, alhoewel dit soms bietjie oorboord gaan, gee 'n mens hoendervleis. Erin Bethea in haar tweede hoofrol, doen ook glad nie sleg nie. Soms is daar te veel dialoog en van die karakters kom aangeplak voor, maar dit beĂŻnvloed glad nie die boodskap van die storie nie. Daar is genoeg aksie en komiese oomblikke in Fireproof om 'n goeie balans daaraan te gee. Die verhaal begin redelik stadig om die karakters bekend te stel en dan tel die spoed van die storie op. Fireproof is 'n fliek wat 'n mens leer dat jy niks sonder God kan doen nie. Wanneer jy glo dat Jesus die Verlosser is, sal jy gered word (Romeine 10:9). Of jy nou getroud is of nie, hierdie verhaal praat met ons almal, oor ons verhouding met God en ook ons verhoudings met mekaar. Fireproof het 'n goeie klankbaan met songs van Third Day en Casting Crowns. Daar is geen laster en lelike elemente nie, maar daar word wel verwys na Caleb wat na internetpornografie kyk. Die OB 13 ouderdomsbeperking wat toegeken is, is ietwat verregaande. Fireproof is 'n fliek vir die hele gesin.

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 33

33

2009/05/08 12:28:12 PM


S

TRAATLIGKINDERS is vier vriende wat 'n passie vir musiek en 'n gebroke verhouding met die Here het. Hulle wil graag (jong)mense help om God se hart te leer ken.

Waar en hoe het julle ontstaan?

Die band het begin as 'n musiekstokperdjie van Hein, Bennie en Ruan. Ons het later vir Bouwer gevra om vir ons te sing. Alles het nogal vinnig gebeur en na twee jaar se harde werk funksioneer Straatligkinders nou voltyds as volwaardige band. Die naam is bedink in 'n kreatiewe oomblik – dit gebeur gereeld met ons dat straatligte waarby ons verbyry aan- of afgaan. Vandaar dus die naam Straatligkinders.

Vertel ons bietjie van prestasies of enige interessanthede/grappige staaltjies wat al in julle groep gebeur het.

Na ons verskyning op 7de Laan het daar nogal vreemde goed begin gebeur: "Ek [Bouwer] was in Spar en 'n vreemde tannie het na my toe gestap, my 'n drukkie gegee, gesê dat sy ons op die kassie gesien het en dat sy net wil sê dat ons goeie werk doen. Ek het haar glad nie geken nie. Dit was vreemd … maar tog ook cool op 'n manier. Sy was opreg en nie freaky nie." Eenkeer met 'n optrede by 'n koshuis in Johannesburg, het Bennie en Hein só rondgespring dat die verhoog gebreek en hulle daardeur geval het. Dit was baie snaaks.

Julle het onlangs 'n nuwe CD uitgebring – vertel ons meer hieroor?

Die album, Sweef soos 'n vuishou, is onlangs vrygestel. Dit het glad nie 'n gewelddadige konnotasie nie, maar gaan daaroor om te veg en op te staan vir wat reg is, sonder om geweld te gebruik. Die sweef van 'n vuishou kan gesien word in die footage toe Nelson Mandela uit die tronk gestap het. Meestal handel die liedjies oor persoonlike gebeure en dinge waarmee mense kan relate. Ons skryf gereeld oor foute wat ons al gemaak het, om mense daardeur te help. Ruan en Bouwer skryf die lirieke en dan help almal saam aan die musiek.

Wat is julle gunsteling liedjie en waarom?

'n Liedjie getiteld Gewonde standbeeld wat handel oor Mandela se invloed op die Straatligkinders en op Suid-Afrika. Ons is groot fans

34

van Mandela se werk, en die liedjie speel lekker live met 'n treffende reffrein.

Hoe sal julle julle musiek/styl beskryf? En wie is julle teikenmark?

Ons musiek is hard en eerlik met 'n catchy chorus! Sommige mense wat in hulle 40's is luister na Straatligkinders, maar ons grootste mark is tieners en studente.

Wat is die boodskap wat julle deur julle musiek wil uitdra? Die boodskap aan luisteraars is om altyd eerlik en eg te wees. As mens 'n verhouding met die Here het, dink jy soms dat alles perfek moet gaan, maar daar gaan soms 'n af-dag wees waarin niks sin maak nie en dit is fine. Dit is deel van menswees. Ons gooi nie 'n Bybel in die moshpit nie en ons probeer ook nie mense bekeer nie. Ons wil net vir mense wys God is eg en dat Hy bestaan sonder dat ons judgmental of arrogant raak.

Hoe voel julle daaroor om saam met bands soos die Polisiekarre op te tree terwyl julle 'n Christelike beeld probeer uitdra? [Bouwer]: "… my favourite vraag! As jy jouself 'n Christen noem, beteken dit dat jy in Jesus se voetspore volg. Jesus se lewe getuig van samesyn met tollenaars en moordenaars. Die houding wat Jesus teenoor hierdie mense ingeneem het, was nie hoogmoedigheid nie. Net so mag ons nie neersien op enigiemand anders nie. Ons het al goeie vriende geraak met die manne van die polisie-orkes en hulle het nét soveel vrae soos enige ander Christen … Ons moenie die fout maak en dink ons is beter as ander nie …"

Wat beplan julle in terme van toere en optredes vir die res van 2009? Is daar moontlik binnekort nóg 'n nuwe CD van julle op die rakke te sien? Vir die res van die jaar wil ons met die nuwe album (Sweef) toer en dan hopelik 'n DVD-opname aan die einde van die jaar of vroeg in 2010 maak, in kombinasie met 'n akoestiese album. Ons koester ook 'n droom om in die Verenigde Koninkryke te gaan toer, maar sal eers heelwat moet spaar voordat dit kan realiseer.

SWEEF SOOS

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 34

2009/05/08 12:28:17 PM


Santie Lourens (Kruispad-redaksie)

Wat is julle toekomsvisie, en waar sien julle julself oor 10 jaar?

root-

Ons vat dinge soos dit kom en beplan nie regtig so lank vooruit nie. Suid-Afrika is 'n baie klein land en mense raak gou verveeld. Ons dink ook dat 'n band waarskynlik nie so lank sal kan bestaan nie, maar hoop steeds dat ons oor 10 jaar nog in die musiekbedryf, iewers in die wêreld, sal besig wees.

k wil

Hoe lyk 'n tipiese dag in die lewe(ns) van Straatligkinders?

s

s. As ek n

nie y

os elike

em, g esus nie. t al lle e fout

s vir óg

oer oeg in

e ali-

Bouwer en Bennie staan vroeg op om te gaan werk. Hein en Ruan staan so 11:00 op en sny dan die gras en kyk na hulle huis … hehe … joke! Almal werk deur die dag aan Straatligkinders. Daar is altyd 'n interview wat gedoen moet word of 'n hemp of CD wat gepos moet word. Almal het hulle dagtakies.

Gunsteling plek waar julle al opgetree het, en hoekom?

KKNK 2008 – MK Kaktus sessies! Dit was 'n eerste keer en die mense het absoluut mal gegaan tydens hulle vertoning. Dit was lekker om te besef dat ons actually fans in die Kaap (1 400 km weg) het en dat mense ons lirieke ken.

Grootste fout (blaps) wat julle al in 'n vertoning gehad het?

Tydens ons eerste Oppikoppi optrede het Ruan met 'n drumbeat begin wat almal deurmekaar gehad het. Hy het gestop en weer begin, maar almal was steeds deurmekaar en het net ingeval – dit was chaos en was ook ons slegste optrede nóg.

Hoe het die feit dat julle nou deel is van Straatligkinders, wat byna oornag populêr geword het, julle lewens beïnvloed?

Dit is vir ons vier 'n groot voorreg en verantwoordelikheid om musiek te kan maak vir 'n lewe. Ons glo nie in die hele fame-ding nie; vir Straatligkinders maak dit nie sin hoe akteurs, musikante, sportsterre en politici belangriker as onderwysers, verpleegsters, polisiemanne en dokters kan wees nie. Daarom probeer ons altyd die fame-ding downplay deur te wees wie ons is. Ons aanvaar egter steeds die verantwoordelikheid en probeer ons bes om dit met integriteit te hanteer, sonder om onsself belangriker as ander te ag.

Wat dink julle is die grootste probleem onder die jeug vandag, en hoe behoort hierdie probleem aangespreek te word?

Jeugdiges vandag ervaar 'n grootskaalse aanvaardingsprobleem en wend hulleself daarom tot drank, dwelms, seks of wat ook al, om gehoor en raakgesien te word. Alhoewel kinders heeldag connected is op Facebook of MXit, voel hulle disconnected met familie en vriende. 'n Mens se grootste behoefte is om aanvaar en liefgehê te word, as daardie behoefte nie vervul word nie, word dit elders gesoek. 'n Terugkeer na substansiële menseverhoudings is die antwoord.

Wat is julle raad aan jongmense oor die navolging van 'n droom?

Die beste drome word gedroom as jy slaap, maar dan is jy nie wakker om dit te geniet nie. Om actually wakker te wees in jou droom, verg harde werk. Daar is nie tyd vir slaap in jou droomwêreld nie; slegs harde werk gaan jou bring waar jy wil wees. Bou verhoudings met mense wat jy weet 'n rol gaan speel in die uitleef van jou droom en wees altyd oop vir kritiek.

Foto's: Sean Brand

nde

KUNSTENAARS PROFIEL

Wat is julle boodskap aan jongmense wat 'n sukses van hulle lewens wil maak in die tyd waarin ons leef?

Wees sterk en moenie altyd glo wat mense vir jou sê nie. Vergeet van die persoon wat gesê het dat jy nooit 'n sukses van jou lewe sal maak nie. Sukses beteken nie noodwendig baie geld, mooi karre of baie meisies/ouens nie, al daardie goed is aardse dinge. Sukses lê in verhoudings met mense en jou verhouding met die Here en hoe jy dit uitleef.

OS 'N VUISHOU

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 35

35

2009/05/08 12:28:21 PM


O

MDAT Charles Darwin (die vader van evolusionisme) vanjaar sy 200ste verjaarsdag vier, het Kruispad dit goedgedink om bietjie by ons lesers te hoor wat hulle van diĂŠ onderwerp dink. Kyk ook gerus uit vir 'n artikel oor evolusionisme in een van ons volgende uitgawes.

Die evolusieteorie is vir my 'n baie interessante onderwerp. Vir my bots dit nie met die Bybelse boodskap nie. Die Bybel verduidelik aan Wie, deur Wie en tot Wie alles is en bestaan. Die wetenskaplike teorie van evolusie (deur natuurlike seleksie) probeer uitpluis hoe alles tot stand gekom het. God het die wetenskap aan ons gegee om aan Hom diensbaar te wees. Michael

36

Ek glo aan Genesis 1 en 2, die aarde is in 7/24 uur dae geskep. Dit kan selfs wetenskaplik bewys word, maar al sou dit nie die geval wees nie, glo ek dit. Net soos ek glo aan die maagdelike geboorte van Jesus, en sy opstanding uit die dood. Al die miljoene jare wat oral genoem word in "wetenskappe" is breinspoeling van die evolusioniste. Ek stem 100 % saam met Creationontheweb. Evolusie is nie eens 'n teorie of 'n wetenskap nie, dis eintlik 'n geloof, want niks is bewys nie. Geen mens was teenwoordig by die skepping nie, dit kan dus nie 'n wetenskap wees nie, want 'n wetenskap vereis dat iemand die "eksperiment" moet waarneem. Petra

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 36

2009/05/08 12:28:24 PM


Ek glo nie regtig aan evolusie nie, veral nie die Big Bang nie, ek glo God het die aarde geskape soos ons lees in Genesis, en ook nie dat die aarde biljoene jare oud is nie, ek dink ons Doppers glo mos die aarde is ongeveer so 6 000 jaar oud? Zonja Die mense wat evolusie verkondig, is stadigaan ook besig om te besef dat daar baie gate in hulle teorieë is. Wat evolutionists besig is om vir ons te probeer vertel, is dat mense van klippe af kom. Ek bedoel … Komaan! En om in die big-bang te glo, is om te sê dat as jy 'n groot hoop hout opblaas, daar 'n perfekte houthuisie sal staan. Wat is die kans??! Ferdie Man, eerstens kan ek sê dat ek al redelik op die pad van evolusie gestap het. 15 jaar terug toe ek op skool was, sou ek botweg geweier het om iets daarvan te glo. Maar ek dink tog dat evolusie plaasvind, en mens dit selfs in die Bybel vind. Soos enigiets hang dit natuurlik af hoe ver mens dit trek, en as jy dit buite om God sien, verval die teorie. Evolusie vind plaas – ons lyk sekerlik tog nie meer soos ons voorouers van duisende jare terug nie. Ons het aangepas by ons omstandighede oor die jare, en bly verander, of so dink ek. So ook vir enige ander lewende organisme. Ek dink egter daar word wilde spronge gemaak – byvoorbeeld aap na mens, vis na dier, ensovoorts. Om die spronge te maak, het jy na my mening meer geloof nodig as om in Christus te glo! Verder dink ek die oerknal is moontlik gewees. Ek kan my net indink dat toe God die Woord gespreek het met die skepping dit geweldige energie moes losgelaat het, wat dus as die oerknal gesien kon word, en so alles geskep het. Weereens, vanuit God en nie buite God nie. Astronomie leer ons dat die heelal groei teen 'n versnellende tempo. (Dus het die oerknal begin, en gaan al hoe vinniger uit). Dit is bitter interessant want wetenskaplikes wat net oerknal en evolusie aanhang, kan dit nie verduidelik nie. Newton het tog gevind dat vir versnelling het jy 'n krag nodig (die hoërskool Natuur- en skeikunde formule, Krag = massa x versnelling). Dus as die massa versnel, het jy krag nodig – dit is hier waar hulle vashaak – waar kom die krag vandaan?? Vir ons is dit maklik … van God natuurlik. Andries Ek dink evolusie bestaan orals, maar in die sin van dat goed ontwikkel om aan te pas by hul omgewing. Goed verander nie van wese nie, hulle bly dieselfde ding, hulle raak net groter of kleiner, sterker of swakker, hul velle raak dikker of dunner, ensovoorts. Tonette

gesê.) Die mense wat in net evolusie glo, sê dat ons van 'n eenselorganisme evolve het tot waar ons nou is. Met ander woorde ons was 'n klomp goed (byvoorbeeld ape) en nou is ons mens, maar daar't 'n wiskundige iewers gesê die kans dat evolusie net vanself gebeur het, is so klein dat mens dit sowel kan sien as nul. So wat sê dit vir jou? 1) Óf evolusie is 'n klomp strooi of 2) God het 'n vashoudende en skeppende hand in die proses gehad. Nou laat ek verduidelik hoe ek evolusie sien met die idee dat God 'n vashoudende hand gehad in die hele proses. Met ander woorde God het gepraat en beveel en toe van 'n eenselorganisme het Hy met sy hande gesmee en bygesit en weggevat en toe het Hy elke lewende ding geskep. So nee, ek glo nie dat die mens ooit ape was nie (alhoewel ons soms net soos hulle optree), maar ek skryf nie die hele proses van evolusie af nie. Wat mikro en makro evolusie betref, is dat (onder korreksie, want ek lees maar bietjie oor die goed en ek swot ontwerp en nie enige wetenskaplike rigting nie) geen denkende mens mikro evolusie kan afskiet nie. Dit is besig om te gebeur, klein veranderings in jou liggaam en in die natuur is heeltyd besig om te gebeur. Mense wat al 'n klompie jare in Afrika bly nadat hulle voorvaders van Europa af gekom het, is nou al beter aangepas by die Afrikason, hulle het donkerder velle en minder hare aangesien ons nie meer soos ysbere klomp hare orals moet hê nie. Klein stappe. Mikro evolusie. Maar Makro evolusie is, soos ek aan die begin gese het, die idee dat ons vanself van 'n amoeba kan evolve tot waar ons nou is. Ek't byvoorbeeld gelees op Wikipedia dis hoe hulle probeer om te verduidelik hoe 'n dinosourus eweskielik van scales af vere begin kry het … Ek weet nie of dit rêrig so possible is om te *POEF* nou's daar vere waar daar eers nie was nie as dit net vanself gebeur nie. So, hier's my konklusie. Ek dink dat evolusie (in die sin dat ons van amoebas tot by mense gekom het) net kon gebeur het as God 'n hand in die proses gehad het en ek dink dis nogal pretty amazing as God so involved was in die skep van my dat Hy soveel aandag daaraan gegee het om my van 'n eenselorganisme te smee en saam te druk en uit te trek tot waar ek nou mens is. Maar ek sê nie dat God nie net kon gepraat het en *POEF* ek was daar nie. God is almagtig en Hy kan enigiets doen, maar ek glo die wetenskap is daar om die klein bietjie wat God aan ons van sy skepping openbaar, vas te vang. So, ja evolusie met God aan die stuur is vir my heeltemal plausible. Rico

Okei … Kom ons begin so. Ek GLO met my hele hart en verstand dat God ons geskape het. Hy't gepraat en ons is geskep. Ek het van 'n t-shirt gehoor waarvan ek baie gehou het. Dit sê: "I believe in the BIG BANG. God said it … and BANG, it happened!" Die hele heelal is geskep, maar ek glo ook dat die natuur ons ook na God toe kan lei. In ander woorde die wetenskap kan jou na God toe lei. (Oe, jammer ek het dit

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 37

37

2009/05/08 12:28:26 PM


Gereël deur die Jeugdeputate van Partsinode Pretoria. Kontakpersoon: Ds. Johan van Heyningen (jvh@gkbrooklyn.org.za) • Mootkamp vir graad 10-12: 27 Junie – 4 Julie by Wag 'n bietjie kampterrein. Kontakpersoon: Ds. Griffel van Wyk, GK Pretoria-Brooklyn.

• Doppers @ C vir graad 12's: Laaste week van die laaste skoolkwartaal. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid.

• Wwesskamp vir jong werkendes en senior studente: 7 – 10 Augustus. Kontakpersoon: Ds. Griffel van Wyk, GK Pretoria-Brooklyn.

• Jeugwerkersopleiding (vir die leiers van die jeug) Moet nog bepaal word. Kontakpersoon: Gawie Jooste, GK Wapadrant.

• Brugkamp vir graad 6-7 1 – 4 Oktober by Eduland. Kontakpersoon: Ds. Attie Venter, GK Pretoria-Annlin.

Indien daar binnekort 'n kamp of ander geleentheid in jou omgewing plaasvind en jy dit graag met die ander Kruispad-lesers wil deel, stuur gerus 'n e-pos aan interaksie@kruispad.net.

• Tienerbediening kamp vir graad 8-10 (TB kamp): 1 – 4 Oktober by Zarivongo. Kontakpersoon: Ds. Thys Erasmus, GK Pretoria-Wonderboom-Suid.

http://www.creationontheweb.com Hierdie is 'n baie interessante webblad om te besoek. Omtrent enigiets van evolusie waaraan jy kan dink, word hier bespreek. So wonder jy oor iets? Maak gerus 'n bietjie 'n draai op die blad om goed ingelig te word. http://www.streetbrand.com Streetbrand is 'n opwindende digitale Christelike tydskrif vir die jeug en het 'n wye verskeidenheid artikels wat onder andere artikels insluit oor Christelike musiek, verhoudings, gesondheid, loopbane en nog vele meer. Wat die site baie lekker maak, is dat dit amper soos 'n Christelike MySpace werk, waar jy met jong Christene reg oor die wêreld kan gesels. http://www.verticalthought.org Die website is gefokus daarop om jongmense te lei om God se manier van lewe te ontdek. Daar is 'n wye reeks artikels, en belangrike sake soos aborsie, jou voorkoms en woede word onder andere bespreek. So,wonder jy dalk oor 'n paar van die goed? Gaan loer bietjie in.

38

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 38

2009/05/08 12:28:37 PM


Wat 'n storie! Laurette Pretoriu s

(Kruispad-medew

erker) DIT is alombeke nd dat die stude ntelewe 'n verhaa is van epiese uitd l agings, dramatie se wendings en liriese oomblikk e, en 'n mens we ns soms dat die draaiboek plek-p lek minder kriptie s was. Daarom het daar vanjaa r meer as 70 nu we eerstejaars, ongeveer 20 se nior studente en 'n predikant by di Duxburyweg-ke e rkgebou bymek aargekom om di epog aan te pa e k deur 'n week sa am te gaan kam Die tema: God p. se storie. Die kampdrama het al op die bu s begin. Lily de Jager, 'n rare ka rakter, is summie r in Lynnwoodwe afgelaai toe sy m g oeilikheid maak en 'n ene Sarel Venter (maar ni e van die trailer Venters nie) het te verlore gelyk. al Die geskokte sp anning is darem met die aankom s by die kampter rein deur Griffe verbreek: Lily is l eintlik glad nie 'n eerstejaar nie, Sarel is eintlik 'n groepleier en di e hele petalje is vooraf beplan vir 'n bietjie dramat iese ironie. Die kamp het da arna skokvry en verloop. Die stu vol pret dente het mekaa r tydens kleingroepsessies, do ppersports, bid buddies, persoo like gesprekke, n'n swemsessie in die dam, kuierty en hope ander d aktiwiteite beter leer ken. Die fo van die besprekin kus gs was op 'n be ginselgedrewe lewe wat sy oors prong het in die storie wat God reeds van die be gin af vir ons be plan. Ons het dieper gedelf in wie God is, wie ons is en hoe di bepaal hoe ons t lewenstorie lyk, en ons kon in di proses vriendskap e bande smee met medegelowiges wat saam met on s die studentwees pad gaan stap. Die ontknoping ná die week se avontuur was tydelik. Intussen kuier die student e al weer heerlik Sondae saam, en ons sien uit na 'n jaar waarin ons God se liefd e en genade sa am kan ervaar en uitleef.

09 Visiekamp 20 erker) (Kruispad-medew s iu or et Pr Laurette njaar die e het weereens va DIE seniorstudent teen die d om "met moed geleentheid geha m", en dit was Majubaberg te kli môrekim meer as dente die stu or kamp bied seni 'n fees. Die Visie ergie wat 'n en en s lu e geestelike kans om weer di y deur saam met 'n mens gee, te kr eerstejaarskamp deer, saam te die Bybel te bestu vriende te kuier, n te pak. Dit is aa die berg saam lik ur tu na en i groe hou met sulke nd om stiltetyd te werklik openbare . natuurskoon in sig jaag het die g van die stadsge in er nd so af Die tief te kry ek rsp gegee om pe kampeerders kans epak moet ng aa t di e orlê en ho op die jaar wat vo Die tema, "God die middelpunt. word met God as e voorbereiding el gevorm van di se Storie", het de geleentheid om skamp en was 'n vir die eerstejaar te meet en so te els ns n vaste begi aa . ae vr e nd ae kn ouding met God aan van ons verh tig ns er l, ee groei in die verst sp erlik volleybal ge Verder is daar he van die s na die avonture an sa en l ee sp ge t kaar So is menige Burger geluister. l aa St ge fti ha ld he humor ordeskat en sin vir kampeerder se wo nou onder die knap, en daar is uitgebrei en opge e radioreekse aa g vir die Afrik ns tsa on we nu e nt stude van weleer. met meer het teruggekeer Die kampeerders met veren , en lus vir die jaar eenskap rustigheid, vrede m ge e nde binne di ba ps ka ds ien vr te sterk van gelowiges.

Twee Kruispadlesers, Reneé Pieterse en Lou-Marie Kriel. Die foto is geneem by Kaap L’Agulhas (die Suidste punt van Afrika).

KRUISPAD | UITGAWE 13

Kruispad Uitgawe 13.indd 39

39

2009/05/08 12:28:40 PM


Visiekamp foto's geneem deur Janneke Van der Hout

Foto's van Tuks eerstejaarskamp en Visiekamp

40 Kruispad Uitgawe 13.indd 40

2009/05/08 12:28:47 PM

Kruispad #13  

No. 12 1 Uitgegee deur die GKSA Faks: 086 656 6745 Web: www.kruispad.net Adviseur: Jeugdeputate Boekresensies Bedryfsredakteur Dirk Kruger m...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you