Vrystaat Landbou Kongresboek 2019

Page 68

Beeldbou & BEMARKING KOMITEE Friedl von Maltitz

Johann van Graan

Elana Bester

Mediaskakeling

Media monitering – Newsclip

Daar word op ’n daaglikse basis met die media geskakel en navrae beantwoord. Dit wissel van radio- en televisie-onderhoude tot navrae vir stories in koerante, tydskrifte en ander publikasies. Vrystaat Landbou (VL) word as ’n gesaghebbende rolspeler in die landboubedryf gesien en dikwels deur die media vir kennis en kommentaar genader, hetsy dit via die President, Vise-President of Kantoor is.

VL kry danksy hierdie bron daagliks kennisgewings van waar hy in die media genoem word, hetsy dit is as daar iets oor hom in die media geskryf of gepraat word. Verder ontvang ons weekliks ’n Redbook/ Newsclip-verslag wat aandui hoe en waar ons in die media genoem is. Dit verskaf ook interessante statistieke hieroor.

Daar word veral opgemerk dat die media die Nuusflitse en mediaverklarings lees en dit as bron van inligting gebruik. Navrae volg dikwels nadat dit uitgereik is. Nuusflitse Die maandelikse Nuusflitse, wat per e-pos aan beskikbare adresse gestuur word, gee ’n oorsig van die werksaamhede van VL, ’n blik op waarmee die organisasie besig is en wys hoe hy sy lede op verskillende vlakke verteenwoordig. Dit bevat ook belangrike inligting waarvan lede moet kennis neem en kan baie van hul vrae beantwoord.

Van hierdie mediadekking word ook dikwels op VL se sosiale media, byvoorbeeld Facebook of Twitter, gedeel om te wys dat die organisasie ’n sterk rolspeler in die media is. Volgens hierdie Newsclip-data is VL vanaf Februarie 2019 tot Mei 2019 ’n totaal van 568 keer in die media (op radio, televisie en in publikasies) genoem. Hiervan is VL 385 keer in print, 82 keer op radio of televisie en 101 keer op die internet genoem. Dit beloop ’n totaal van R8 651 643 se gratis publisiteit (vanaf Februarie 2019 tot Mei 2019) vir VL soos deur Newsclip gemeet. Sosiale media VL se lede en volgelinge beskou Facebook as voorkeur wat sosiale media betref. ’n Wye verskeidenheid van inligting word hier en op ander platforms gedeel – van landbounuus, VL inligting, foto’s van die natuur, belangrike kennisgewings, inligting in Nuusflitse ens. Die totaal volgelinge op Facebook het sedert Junie 2018 van 10 732 na 12 173 gegroei. Dus het ons 1 441 nuwe volgelinge bygekry. Op Twitter het ons volgelinge sedert Junie 2018 van 5 708 na 6 995 in Julie 2019 gegroei. Dus het ons 1 287 volgelinge bygekry. VL se Instagram-profiel het in Februarie 2019 (toe die laaste opname gemaak is) 513 volgelinge gehad. Dit het nou 733 en dit beteken ons het binne 4 maande met 220 volgelinge op dié platform gegroei.

68


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.