Page 1


2


INHOUD Kongresprogram / Congress Programme

2

Boodskap van die President/ Message from the President

4

Boodskap van die Vise-President/ Message from the Vice-president

6

Ons sprekers / Our speakers

7

Opsomming van Kongres/ Summary Free State Agriculture Congress 2018

8

Stemgeregtigde Streke & Volopbetaalde Landbouverenigings

22-23

Dag- & Uitvoerende Bestuur / Executive Board and Committee

25

Vrystaat Landbou Personeel / Free State Agriculture Staff

28

Streeksverslae

30

Komitee verslae

46

Bedrywe

68

Landboubesighede

74

Ons borge / Our sponsors

78

UITGEWERS/PUBLISHERS: VRYSTAAT LANDBOU/FREE STATE AGRICULTURE [t]: 051 444 4609 | [f]: 051 444 4619 [W]: www.vrystaatlandbou.co.za [F]: www.facebook.com/VrystaatLandbou [T]: www.twitter.com/vslandbou Koรถrdinering van publikasie: Firefly Publications (Pty) Ltd Tel: 051 821 1783 | E-pos: palberts@telkomsa.net Ontwerp deur: Caria Vermaak

3


My rol as LID van VRYSTAAT LANDBOU VL JAARKONGRES FSA ANNUAL CONGRESS 7 & 8 Augustus/August 2019 MONTE BELLO, BLOEMFONTEIN 7 AUGUSTUS/AUGUST: 8:00

Registrasie / Registration

9:00

Opening en verwelkoming/ Opening and welcome Skriflesing en gebed / Scripture reading and prayer: Andries Enslin Konstituering van Kongres / Constitution of Congress Mosies / Motions

9:45

Presidentsrede/ Presidential address: Francois Wilken Oorkondes/ Charters

10:30 Teetyd / Tea break 11:15 Groeteboodskap van Agri SA / Message from Agri SA Spreker/ Speaker: Prof Danie Brand (VS Sentrum vir Menseregte / FS Centre for Human Rights) Spreker/ Speaker: Dr Frans Cronje (Instituut vir Rasseverhoudinge/ Institute of Race Relations) 12:15 Middagete / Lunch 13:00 Lede bespreking / Member discussion Mosies vervolg Beskrywingspunte - Eiendomsbelasting - Skaliegas en minerale regte - Veiligheid en veediefstal - Lede, ledegeld en strukture 16:15 Verdere bespreking van lede se beskrywingspunte vervolg dag 2 16:30 Verdaag / Adjourn

18:30 vir 19:00 Dinee / Dinner: Leopards & Lace

(Slegs vir gaste wat bywoning bevestig het/Only for guests who rsvp’d)

4


8 AUGUSTUS/AUGUST 7:30

Registrasie / Registration

8:00

Skriflesing en gebed / Scripture reading and prayer: Andries Enslin

8:30

Lede bespreking (vervolg) -

Grondwetwysigings/ Constitution amendments

Nominasies streekverteenwoordigers / Nominations regional representatives 10:30

Teetyd / Tea break

11:00

Vrystaat Landbou Interne Sake / Free State Agriculture Internal Affairs -

Finansies/Finances

-

Verkiesing van streekverteenwoordigers/ Election of Regional Representatives

-

Erkenning volopbetaalde verenigings / Acknowledgement of fully paid up agricultural associations

12:55

Bedankings / Vote of thanks: Tommie Esterhuyse

13:00

Kongres verdaag / Adjourns

5


BOO

DSK

APv

an d

ie

Bied eerder VOORSTELLE & OPLOSSINGS Ondanks die feit dat landbou, vanaf produksie deur die hele waardeketting tot by die verbruiker, een van die grootste bydraers tot die ekonomie van die land is, word dit deur politici uitgesonder vir populisme en politieke gewin. Landbou is die grootste bydraer tot die voortbestaan van die platteland en die sosio-ekonomiese uitdagings van munisipaliteite. Die verval van infrastruktuur soos onbegaanbare paaie, wat dit byna onmoontlik maak om produkte van en na die plaas te vervoer, maak dit al hoe moeiliker om volhoubaar en winsgewend voedsel te produseer. Én dit vir ’n al hoe groter en verstedelikte bevolking. Beleidsonsekerheid en die onvermoë van die regerende party om interne geskille en faksiegevegte aan te spreek, wat lei tot weersprekende uitsprake, beperk investering en ontwikkeling van die sektor.

6

- FRANCOIS WILKEN

Die landboubedryf het reeds getoon dat hy suksesvol en bereid is om opkomende produsente te help om hulle op volhoubare en ekonomiese beginsels in die sektor te vestig. Onteiening sonder vergoeding en die bedreiging van eiendomsreg plaas egter ’n demper op die bereidwilligheid en vermoë van landbouers om daartoe by te dra. Die land se misdaad en die onvermoë van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om dit aan te spreek, veroorsaak verdere uitdagings vir landbou en die hele land. Verliese weens veediefstal en infrastruktuur het ’n negatiewe impak op die winsgewendheid van produsente, wat reeds onder groot druk is. In ’n land waar ongeveer 20 000 moorde per jaar gepleeg word, dus sowat 55 per dag, spandeer landbouers baie geld en tyd om hulself, hul werkers en eiendom te beveilig. Politieke uitsprake in dié verband dra boonop nie


by tot die oplossing en aanspreek van die probleem nie. Die vraag is egter: Wat gaan ons as landbouers doen om die uitdagings wat ons voortbestaan bedreig aan te spreek? Gaan ons soos wat algemene praktyk is net die probleme uitwys, mekaar op sosiale media opsweep en almal op die negatiewe laat fokus. Nee, dit is tyd dat elkeen verantwoordelikheid neem om in jou eie gemeenskap betrokke te raak, te organiseer en deel te neem op alle vlakke waar dit jou raak. Ja, ons gaan nie altyd saamstem nie, maar dit gaan nie help om eenkant te staan en kritiseer en hoop iemand anders gaan dit doen nie. Die lewe en omstandighede is nie wat dit veronderstel is om te wees nie. Dit is ongelukkig wat dit is, deel daarmee. Dit is belangrik dat ons binne ons strukture debatteer, saamstem en verskil, asook om die moeilike uitdagings te konfronteer, aan te spreek en teenstand te bied waar nodig. Maar ons moet

ook voorstelle en oplossings bied wat ’n vry en regverdige omgewing skep vir almal in landbou of diegene wat daartoe wil toetree. Ons gaan nie altyd slaag in ons pogings om volhoubare en rasionele oplossings te vind nie, maar ten minste het georganiseerde landbou toegang tot beleidsvormers om druk toe te pas en die gevolge van irrasionele besluite uit te lig. Die vele opinies en kritiek wat so vrylik rondgegooi word, het egter geen waarde as dit nie binne ’n struktuur gedebatteer, genotuleer en konstruktief voorgelê word aan iemand wat moontlik iets daaraan kan doen nie. As jy nie van iets hou nie, verander dit. As jy dit nie kan verander nie, verander jou gesindheid. Maar moenie net kla nie.

7


- TOMMIE ESTERHUYSE

BOODSKAP van die

VISE-PRESIDENT Betrokkenheid van lede BEPAAL VL se SUKSES Die tema vir vanjaar se kongres is Wat is my rol as lid van Vrystaat Landbou? Die suksesvolle voortbestaan van Vrystaat Landbou (VL) hang af van die groter betrokkenheid van sy lede. Om werklik betrokke te wees, beteken dat só ’n lid aktief aan die aktiwiteite van VL moet deelneem en die belange van die organisasie bevorder. Om betrokke te wees, beteken onder meer dat ’n lid gemoeid sal wees met die organisasie se aksies. Deur volgehoue betrokkenheid, tesame met die kundige personeel by VL, kan ’n lid sy doelwitte bereik en sy behoeftes suksesvol aanspreek. As ’n lid van VL het jy die vermoë om ’n positiewe bydra te maak. Dit is ’n platform om opinies en idees te kry en dit met ander landbouers te deel. Die organisasie se strewe is om elke lid te bemagtig met besluitnemingsprosesse en daardeur Vrystaat Landbou ’n nog groter en meer suksesvolle instansie te maak. Aktiewe deelname en meelewing kan bydra dat die regte en hoë kwaliteit veranderinge op die tafel gesit word. Deur dit te implementeer kan die uitdagings wat landbou tans ervaar beter aangespreek of selfs oorkom word. Daar is vier sleutelpunte waardeur betrokkenheid bevorder word:

8

a) Mag: Dit behels dat lede met mag toegerus is om verwante besluite te maak en goeie bydraes te lewer. b) Inligting: Vrye en tydige toegang tot inligting kan doeltreffende besluitneming bevorder en selfs bydra tot, in die geval van veiligheid, pro-aktiewe optrede. Die blootstelling aan kommersiële, wetlike, wetenskaplike en ander inligting dra by tot samehorigheid. c) Kennis: Dit dra by tot organisatoriese doeltreffendheid. d) Beloning: Deurdat lede dinge doen waarvoor hulle erkenning kry wat kan bydra tot groter betrokkenheid. Hoe groter die organisasie, hoe groter die slaankrag en die impak daarvan. Daar is byvoorbeeld sedert 2016 reeds 76 plaasaanvalle in die Vrystaat voorkom. Dit is ’n direkte uitvloeisel van lede se toewyding en betrokkenheid by landelike beveiliging. Lede se ondersteuning van landelike veiligheid, deur gereeld aan wit- en bloulig-patrollies deel te neem, dra by tot hierdie suksesse. Dié patrollies help veral ten opsigte van veediefstal. Die vraag kan met reg gevra word: Wat sou die situasie gewees het indien ons lede nie daadwerklik betrokke was nie? Ek doen ’n beroep op al VL se lede om op alle gebiede saam te staan en sodoende jou deel by te dra om ons doelwitte te bereik en die uitdagings te trotseer.


SPREKERS Prof Danie Brand Direkteur: Vrystaatse Sentrum vir Menseregte / Director: Free State Centre for Human Rights Danie Brand is Professor at and Director of the Free State Centre for Human Rights at the University of the Free State (UFS). Prior to his appointment at the UFS, Prof Brand worked for 24 years as an academic at the Faculty of Law of the University of Pretoria. His field is constitutional and administrative law and constitutional theory. His research and publications have focussed in particular on the relationship between law and poverty and the manner in which law regulates and so both enables and limits access to basic livelihood resources such as housing, food, water, land, medical care and education. This interest has extended also into legal practice, where he runs a public interest practice as advocate, focussing on housing and land issues. He has acted as Judge of the High Court in Pretoria.

DR Frans Cronje Hoof Uitvoerende Beampte: Instituut vir Rasseverhoudinge / CEO: Institute of Race Relations Frans Cronje was educated at St Johns College in Houghton and holds a PHD in scenario planning. He has been at the Institute of Race Relations (IRR) for 15 years and established its Centre for Risk Analysis as a scenario focused research unit servicing the strategic intelligence needs of corporate and government clients. It uses deep-dive data analysis and first hand political and policy information to advise groups with interests in South Africa on the likely long term economic, social and political evolution of the country. He has advised several hundred South African corporations, foreign investors, and policy shapers. He is the author of two books on South Africa’s future and scenarios from those books have been presented to an estimated 30 000 people. He writes a column for Rapport and teaches scenario based strategy at the business school of the University of the Free State. The IRR is a privately financed policy think tank established in 1929. It uses research, public commentary and direct engagement with policy makers to influence policy in South Africa that promotes a market economy, property rights and investment led economic growth.

9


Vrystaat Landbou (VL)

KONGRES 2018 15-16 Augustus 2018 by Monte Bello Estate, Bloemfontein

DAG 1: Opening: Francois Wilken, President van VL Verwelkom almal by kongres en meld dat daar vertalingsdiens is. Belangrikste kongres in geskiedenis van landbou in die Vrystaat. Verwelkom al die sprekers by kongres, asook gaste. Verwelkom SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) en SuidAfrikaanse Nasionale Weermag (SANW), oud-presidente, Dan Kriek, en oud Hoof Uitvoerende Beampte, Henk Vermeulen, en alle vennote by die Universiteit van die Vrystaat (UV), fasiliteerders by vanmiddag se besprekingsgroepe en lede van bedrywe. Verwelkom ook borge ABSA, Afgri, DigiComs, FNB, Monsanto, Nedbank, Old Mutual, Standard Bank, Stats SA, Senwes, ens, asook alle mediahuise. Alle landbouers skud hand met mede-landbouer langs hom. “Nêrens in wêreld is daar landbouers wat onder soveel druk en uitdagings moet werk soos Suid-Afrikaanse landbouers nie. Wees doelgerig en konstruktief in bydrae wat elkeen gaan maak vandag.” Wilken stel Andries Vermeulen voor.

Andries Vermeulen – Skriflesing en gebed As ons praat oor die massas, dan het ons nie genoeg tyd nie en 15 min is nie genoeg om te praat van die massas en hul agenda nie. Is vandag hier om te praat oor die individu, jouself. Voor ek enigiets is, is ek ’n man van God. My navorsing kom uit die Woord uit. Die Here deur sy Woord laat sekere individue na vore kom. Filistyne en Israeliete maak oorlog teen mekaar, die grootste probleem is die reus Goliat vir die Israeliete. Goliat het 65kg borsplaat gedra en volk is bevrees oor wat hy met hul gaan doen. Hy daag

10


hul uit dat as enige persoon hom kan doodmaak, dan is Filistyne onder Israeliete se beheer. Dawid kom uit veld uit en hy hoor hoe Goliat die Israeliete uitdaag. Hy sê Israeliete is niks werd nie. As jy dink dat die beloftes wat God teenoor Abraham gemaak het, is nie van toepassing op jou nie, dan moet jy weer dink. Daar is meer as 800 beloftes in God se Woord en God het nie een gebreek nie. Hy het dit alles nagekom. Ons is die volk van God en by God se volk is daar ’n apolitieke troonkamer. Ons is verwyderd van voete van God, omdat ons vasklou aan ’n taal, kultuur ens. Dawid staan op en sê vir Goliat dat hy besig is met uitverkore volk van God. Dawid daag op sonder mag, maar in gesag van God en daag vir Goliat uit. Die oorlog is die Here s’n en Hy sal Filistyne in Israel se mag oorgee. Die lot van die massas is nie die lot wat die individu bepaal nie. Dawid besluit dat die volk se lot syne is en hy staan op. Jy staan as individu op om die lot van jou nageslag te verander, om die mense wat rondom jou elke dag werk te verander. Maak nie saak of skrif aan muur is nie, maak nie saak wat in parlement gesê word nie. Maar “Ek en my huis sal die Here dien”, soos Josua gesê het. Ek as individu moet wegbeweeg van die vrees wat die massas gee, die massas gee wanhoop en vrees en jy as individu moet daarvan wegbeweeg. As jy as leier, landbouer, pa en of ma in vrees agter die massas aanhardloop, gaan jou nageslag ook agter hul aanhardloop. Wanneer ek en jy in geloof en hoop in God vorentoe beweeg, volg ons mense en dit is ’n totaal ander rigting as wat die massas heen op pad is. Die regverdiges vind skuiling in die Woord van God. Beweeg ek en jy in die Naam van die Here ons God, lei ons ons vrouens en kinders in die Naam van die Here onse God? Is dit slegs wanneer ons in die diepste duisternis is wat ons die Here onse God aanroep? Jesaja 41:10 aanhaal “Ek is die Here jou God, ek maak jou sterk” en dit is ’n verbond wat God gesluit het met my en jou. Vergeet van dit wat geskryf is en geopenbaar is, vergeet van lys wat geskryf is oor plase wat moontlik onteien gaan word sonder vergoeding en staan in geloof voor God. Ons moet nader beweeg aan ons direkte verhouding met God, want dit is die plek waar ons oorwin. Is ek en jy op pad na dit wat God vir ons beplan het? 2 Konings 6 en 7 wil jou aanmoedig om as individu te praat, te leef en te lei en nie met ’n verskuilde agenda te staan nie. Staan op in die Naam van die Here jou God in jou omgewing. Elisa is die man van God wie die raadgewer van die Koning van Israel was. In die verband het die raadgewer van die koning God se agenda bevraagteken, wanneer gaan God opdaag? Het ons al daardie vraag gevra? Wanneer gaan God

opdaag? Elisa het hom geantwoord, môre teen hierdie tyd sal 11kg meel meer as 10 silwerstukke kos, want jy glo nie wat God kan doen nie. Wanneer geestelike leiers vir ons sê beweeg nader aan die voete van God, dan stap ons weg. Moenie dat die massas wat die ongoddeloses insluit ons so verwar dat ons vergeet wat God kan doen nie. Want ons gaan die massas volg en ons sal nie die heerlikheid van God kan beleef nie. Almal glo in God, maar glo nie God nie. As jy God nie glo vir dit wat Hy kan doen nie, sal jy dit nie ontvang nie. Ek maak ’n keuse om ’n direkte verhouding met God te hê en doen alles in die Naam van die Here my God, want God alleen bly staan. Gee jou grond en jou kudde terug aan God vir die koninkryk, neem dan dit in besit wat God aan jou toevertrou het. Daar is 3 goed wat belangrik is. Onthou altyd wie jou God is, onthou wat jou God kan doen, laat God toe om dit te verander, jou te verander, jou mense te verander, jou scenario te verander en jou lot te verander.

Gerhard Kriel – Konstituering van kongres Logistieke reëlings, die stemgeregtigde afgevaardigdes is 133 wat bywoon, 155 in totaal en kongres is ’n kworum. Dus kongres is gekonstitueer. Mediakamera is beskikbaar vir onderhoude. Evaluasie vorms moet voltooi en ingehandig word. Daar is oorfone vir die vertalingsdiens beskikbaar.

Francois Wilken – Mosies Daar gaan ruim tyd gegee word vir gesprekvoering, debat en opinies na 13:30. Daar is huidiglik vier mosies wat hanteer gaan word: • Marco: Wens die besture van VL en Agri SA die wysheid en krag toe van ons Hemelse Vader. R10 000 beskikbaar gestel vir VL, daag al die verskaffers uit om dieselfde te doen. • Cassie Muller: Diep bekommerd oor die pas van ANC regering oor grondonteiening sonder vergoeding, openbare verhore en lyste van onteiening. Voor die lys gepubliseer is, het ANC reeds aangedui dat hul toetssaak voorberei. Daar is genoeg bewys van onvoldoendheid van huidige regering oor R1.5 biljoen wat reeds aan grondhervorming bestee is. Plaasaanvalle word nie deur regering as prioriteitsmisdaad beskou word. Probleme in land gaan nie opgelos word net deur daaroor te praat nie. Daar is mense in die land wat geweld aanblaas. Ons moenie fout begaan dat ons nie die wil en vermoë het om onsself te beskerm nie. Die mosie is dat ons as VL lede gee ons volle steun aan VL om grondonteiening met vergoeding met gesag

11


deur te voer. Dat daar duidelike riglyne oor grondonteiening na kongres na vore sal kom, dat ons koelkop besluite gaan neem. • Dirk Viljoen: Mosie indra van rou en medelye vir produsente wat vermoor is in plaasmoorde in Vrystaat vanaf laaste kongres. Dirk Steenkamp, Klaus Meier, Mev Mans, die Bruwers, asook werkers in Ladybrand (Pharoe) en Dewetsdorp wat vermoor is. • Jakkals le Roux: Huidige grondbesetting in Wesselsbron reg hanteer om dit vinnig aan te spreek, dank aan SAPD, VL se Veiligheidslessenaar en lede self. Moet bestaande strukture daarvoor gebruik. • Tommie Esterhuyse: Dit wat ons het is van ons geleen. VL het twee steunpilare die afgelope jaar verloor, naamlik oom Lulu de Jager en Schalk Pienaar. Ons dank uitspreek teenoor hierdie persone wat groot spore in landbou geloop het.

Francois Wilken – Presidentsrede Francois se boodskap word direk uitgesaai op VL se Facebook-bladsy na lede. As ons kyk na afgelope maar maande, weke en dae dan besef ons dat ons in ’n situasie is waarin ons beland het en moet vra hoe het ons daar gekom en wat gaan ons maak om daar uit te kom. Mahatma Ghandi: “The things that can destroy is politics without principle, wealth without work, knowledge without character, business without morality, science without morality, worship without sacrifice”. Besef dat samelewing waarin ons wêreldwyd is, daar bitter min van die goed wat genoem is voldoen aan hierdie vereistes. “If you want to eat, you have to work according to the Bible”. Politiek het nie meer ’n roeping geword nie, maar ’n beroep en mense maak geld uit politiek. Leiers debatteer nie meer oor waardes nie. Politikus se visie strek tot by volgende verkiesing en staatsman s’n strek 30 jaar in toekoms in. SA het sy staatsmanne verloor, die burgery sal moet opstaan en ons sal moet ons eie lot bepaal. In geval van SA, is daar baie organisasies wat uit die burgery toetree, meld die onlangse saak oor Shaun Abrahams. Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat wette moet afdwing en stabiliteit moet bring het gefaal. Kom ons glo dat regte mense aangestel sal word. Ons wie landbouers is wat in plattelandse gebiede boer, sien wat daar besig is om te gebeur, ’n totale verval van dienslewering. Daar word beweer dat landbou die skuld moet dra van alles wat in die land verkeerd gegaan het. Ons gaan nie meer toelaat dat landbou die slaansak word van elke persoon wat ʼn punt wil bewys nie,

12

ons gaan nie meer toelaat dat ons gebrandmerk word vir alles wat verkeerd gegaan het nie. As jy as politikus nie stemme kan kry op die regte beginsels nie, “do not blame others for that you cannot produce to your voters”. Verwys na LUR van Landbou se uitnodiging dat wit landbouers moet kom help. Ons vra vir LUR dat “you should be honest and we will be honest and you can play and fool around with a lot of things, but you cannot play around with food on the nations’ table”. We as FSA invite everybody to assist 450 farms to get them into production. We will have meeting on 23 August 2018 with Departement of Agriculture to discuss the way forward. Abraham Lincoln het eens gesê: “You can fool some of the people sometime, but you cannot fool all the people every time”. Hoe langer jy die mense “fool”, hoe gewelddadiger is die terugdruk van dieselfde mense. “Lets stop fooling our nation and people about agriculture and food on our tables”. VL bejeën onlangse lys van plase vir grondonteiening in baie ernstige lig. Elkeen van ons lede wie op daardie lys is, sal ondersoek word deur VL en seker maak oor hoekom daardie spesifieke plaas geïdentifiseer is. “We will ask the politicians if you want to make a case study, have the dignitiy to do it within the rules, laws and constitution, that is important. We also want clarity on what expropriation without compensation means and let’s debate this in the open, lets get answers to this question”. Wil vandag die landbouers van die Vrystaat uitnooi en gaan vanmiddag oop, hard en duidelik met mekaar praat. Wat is ons standpunt en hoe vat ons die pad vorentoe. Wil vandag produsente uitdaag, want kry baie beskuldigings dat ons hoor en weet nie wat VL vir ons doen nie. As ek inligting soek oor weervoorspellings dan gaan “Google” ek. Inligting is beskikbaar orals, jy moet dit net gaan soek. Dit gaan nie weer gebeur in VL dat slegs 72 uit 159 landbouverenigings afgevaardigdes na die kongres stuur nie, dit gaan nie weer gebeur dat ’n Uitvoerende Bestuursvergadering slegs 11 streekverteenwoordigers opdaag nie. Versoek dat streeksbesture vergadering hou waar daar nie ’n verteenwoordiger van elkeen van landbouvereniging teenwoordig is nie. As jy ’n standpunt wil maak, moet dit nie op WhatsApp doen nie, gaan na landbouvereniging vergadering toe, dan debatteer ons jou opinie konstruktief. Ek gaan nie toelaat dat WhatsApp-groepe wat die naam van VL dra misbruik word vir negatiewe propaganda nie. As jy jou stem wil dikmaak en jou hakke inkap, dan maak jy so en dan debatteer ons dit. Kom ons steek die hand in eie boesem. Die tyd is verby dat jy sê ek het nie tyd nie, dan kan jy eersdaags moontlik nie ’n plaas hê nie. Landbou sal sy eie saak dien,


ons weet wie is landbouers, ongeag ras, taal en of kleur. Ons sal ons saak gaan dien, elke organisasie in die land het sy plek. Gebruik jou middele daar waar jy goed is. Daar is veiligheidskoördineerder in jou gebied, daar is Landelike-beveiligingplan (LBP) in jou gebied wat onderhandel is met die SAPD. As jy my bel, dan weet ek jy is nie betrokke nie, dan moet jy jou voorsitter of jou naaste buurman bel. Verduidelik hoe georganiseerde landboustruktuur ontstaan het. Weet jul wat het in proses gebeur, landbouvereniging se lede het begin sê die bestuur moet alles doen en streekverteenwoordigers het gesê VL kantoor sal alles doen. Ons wiele het pap geword, elkeen van ons moet verantwoordelikheid vir onsself vat. Ons gaan jou ondersteun met alles wat ons het, ons moet ons koppe optel, ons moet trots wees en ons deel bydra in ons onmiddellike omgewing, nou praat ons van ons hele gemeenskap. Volgende jaar Februarie wil ’n werksessie hou. Sal afgevaardigde van elke streek tot elke voorsitter van landbouvereniging teenwoordig wees. Daag almal vandag uit, kom ons kry die struktuur reg en help nie jy hardloop weg na die volgende organisasie toe nie. Kom ons doen dit feite gebaseerd, ekonomies geregverdig en sit alles op tafel binne raamwerk van Grondwet. Wys video van “Why God made a farmer”. Hoekom doen jy wat jy doen? Ek gaan alles probeer om die wedstryd te speel tot die eindfluitjie blaas en sal nie opgee nie.

Dr John Purchase (HUB van Agbiz) – “SuidAfrikaanse landbou en landboubesigheid: Vooruitsigte en uitdagings” Tommie hou sy CV voor. Landbou is ’n komplekse omgewing wat besig is om te verander. Praat oor voedselsekerheid en prestasie van die sektor. Wêreld se sosio-politiese omgewing uit landboubesigheidsoogpunt is heel belangrikste aspek vir die gebruiker. Ons produseer vir die gebruiker, naamlik is dit veilig en gesondheidsvoedsel. Moet kyk na nuwe tegnologie en vierde industriële revolusie en hoe werksplek gaan verander, klimaaten weerstoestande veranderinge, meer regulering in voedselomgewing bv: suikerwette, volhoubare gebruik van regte toekenning van grond en water as kritiese natuurlike hulpbron wat baie belangrik is, asook benutting van hernubare energie. Die handelsomgewing bly konstant verander. Ons moet gaan kyk na groot data en hoe ons dit kan gebruik om doeltreffendheid ons besigheid te bevorder, asook menslike kapitaal wat nodig is om ons besigheid te bevorder. Verwys na magsverskuiwings in wêreld t.o.v. herposisionering in Afrika, naamlik verwys na

China, Indië en Rusland. Bykans 40% van China en Indië het nie meer die natuurlike hulpbronne nie en kyk na lande, veral Afrika waar hul dit kan bekom. Verwys na die Midde-Ooste se katastrofe met ekstremisme in Mosambiek en elders in Afrika. Afrika gaan verdubbel in bevolking binne 21-22 jaar, veral in stedelike gebiede waar nie kos geproduseer kan word nie. Geleenthede skep om betrokke te raak. Globalisering en interkonneksie gaan al groter word waar waardeketting gevorm word. “Blockchain” word al hoe belangriker om mededingendheid te verhoog. Alles bring groter onsekerheid en voel of ons minder beheer het. Ons moet die geleentheid benut en uitbuit tot ons voordeel. Plaaslike sosio-politieke ontwikkeling meld dat ANC diep verskeurd is met binnefaksies, naamlik Pres. Ramaphosa- en Zuma-faksies. Dit maak dat sekere besluite nie na vore kan kom nie. Sal DA en EFF nog volhoubare koalisies vorm? Daar gaan herbelyning kom in politieke spektrum en dis nie noodwendig alles sleg nie. Ons grootste bekommernis is BBP wat nie groei nie. Vanaf 2011 het dit afgeneem tot 2016 toe, meer as kwart van BBP verloor gedurende die tydperk in dollar terme. Hoe keer ons daardie afwaartse lyn terug? Moet werk skep, armoede verlig wat wesentlike probleme in SA is. Spandeer baie tyd saam met regering oor hoe om werk te skep. Die “binding constraints” in regeringsbeleid is te hoog. As SA nie kan groei in ’n inklusiewe ekonomie nie, dan dra ons by tot onstabiliteit. Ongelykheid, grond en waterhervorming gaan deel van daardie proses wees. Veiligheid bly op plaaslike vlak ’n besorgdheid. Verkiesing in 2019 bly op hande en gaan baie politieke retoriek sien en moenie daardeur opgejaag word nie. Beginsel van mededingendheid en meld die “World Competitve Report”, waar SA geval het van 61 tot 47 plek. 121 uit 137 lande t.o.v. opleiding van mensekapitaal, asook gesondheid. In finansiële sektor was SA 9/10 plek, maar het geval tot 50ste wat voorgespruit het uit die verslegging in ouditsektor (KPMG). Mededingendheid in landbou moet groter fokus word as geheel en as kommoditeite. Dit beteken jou vermoë om jou produk op die internasionale mark te sit en nogsteeds wins te maak. Jy moet effektief wees en produk moet goed wees, dis hoekom ons nogsteeds so vatbaar is vir invoere. Wildsbedryf het ook sterk gegroei rondom dierekommoditeite. Daar is groei in sekere kommoditeite byvoorbeeld beesvleis, avokadopere, canola, litchi’s, neute, ens. Van 36 kommoditeite is 24 netto-uitvoerders wat beteken dat hul goeie uitvoerders is.

13


Mededingendheid is nodig vir voedselsekuriteit, voedselbeskikbaarheid, voedselbekostigbaarheid en voedselkwaliteit. Grootse probleem is om te kan aankoop en stabiliteit oor tyd te kan hê. Waar pas SA in? Is beste in Afrika met groot voorsprong en is 44ste in wêreld. 20% van huishoudings het nie voedselsekerheid nie, omdat hul te min verdien om kos te kan koop. Hoe produseer landbousektor? 1.6% per jaar op BBP en het oor tydperk afgeneem. Landbou naas mynbou het tweede swakste gegroei. Dienstesektore toon groei in SA. Droogtes, klimaatstoestande en beleidonsekerheid het invloed. Vertrouensindeks bly meer positief as negatief. 4 provinsies gee 80% van land se voedsel. VL bly kosmandjie van land. Moet ons mieliemededingendheid verhoog dmv tegnologie, genetika, “precision farming”, ens, want dit is stapelvoedsel. Koring probeer ons omkeer maar het afgeneem t.o.v. mededingendheid, sorghum is aan afneem, soja het ’n groot groei veral t.o.v. veevoere getoon, canola groei veral in Wes-Kaap, grondbone afgeneem. Bly nogsteeds positief dat mieliebedryf groot potensiaal het om te groei. Tuinboubedryf het baie gegroei in SA tov druiwe, wyn, sitrus-uitvoere waar sitrus-uitvoere baie groot is. Diereproduksie-bedryf het hoenders weer goeie geld ingebring en ook beesvleis-uitvoere waar Vrystaat ook hoog is, uitvoere na Verre-Ooste, Midde-Ooste, ens. Handelsbalans is ook besig om goed te groei tot nagenoeg R120-R130 miljard, veral na Ooste waar markte moet ontwikkel. Boerdery skuld was in 2014 R140 miljard en oor 2017 is dit oor R170 miljard met Landbank die grootste en 3 ander banke (ABSA, Nedbank en FNB). Besig om grondpryse te monitor, grond en vaste bates nagenoeg R219 biljoen. Landbou indiensneming wys dat meer werkers in diens geneem word veral t.o.v. “agro processing” (voedselverwerking). Landbouverwerking is vandag 25% van hele vervaardigingsektor. Baie nou in gesprek met kredietwetgewing met regering en kredietreguleerders waar landbou blootstelling het. Is besorg oor koolstofbelasting wat ekstra uitgawes teweegbring. Mededingings wetgewing gaan om oor konsentrasie in sekere bedrywe te verminder om na landbou- en voedselverwerking afdelings te kyk. Nuwe waterwet wat op tafel kom t.o.v. waterlisensies, grondonteiening voorgestelde wet wat natuurlik ook na gekyk word, buitelandse grondbesit in eiendom, ens. Kyk na baie wetgewing uit ’n finansieringsoogpunt t.o.v. landbou.

14

10 faktore wat toekomstige “Agro food system” gaan bepaal: Verbruiker se patrone Klimaatsveranderinge Handelsooreenkomste Mededingendheid in uitvoermarkte Groot data en innovasie Verbeterde tegnologie Volhoubare en effektiewe gebruik van water Verbeterde en “transparent” kommunikasie met regering • Verskeie wetgewing • • • • • • • •

Opsomming: Ons is op regte pad t.o.v. mededingendheid. Volaliteit van Rand is ’n probleem. Beleggingsomgewing nie te goed nie. Waterbeskikbaarheid en kwaliteit is groot kopseer. Veiligheid en sekuriteit, klimaatsverandering ook problematies. Groot geleentheid is groeiende bevolking en hoe gebruiker sy geld spandeer, groot markte in Afrika vir uitbreiding en geleenthede. Ons moet risiko’s wat ons kan beheer, probeer beheer.

Dr Theo Venter – Die politiek van grondhervorming Francois stel Theo voor. Theo praat vandag oor hoe dink ons oor gebeure wat tans aan die gang is. Daar is twee tipe gehore, naamlik vriendelike gehore wat in vyandige omstandighede is en dan vyandige gehore wat in vriendelike omstandighede is. Hoe dink ons en wat beleef ons? Die vlakke van onsekerheid in SA word gekenmerk as dieselfde toe Chris Hani “geassassinate” is. Onsekerheid van ANC binne homself, naamlik twee faksies. Oud-president wat nog agter die skerm besig is om politiek te bedryf binne/buite ANC. Wat ons sien elke dag is die punt van die ysberg en dit is die politieke lawaai. Wat van dit is belangrik en wat nie? Ons moet probeer om onderskeid te tref tussen politieke lawaai en wat werklik aan gang is. Die werklikheid is dit wat onder die oppervlak van die ysberg geleë is wat jy nie kan sien nie. Die kenmerk van die politieke proses is nie lineêr nie, en dit is moeilik om te voorspel. Waar is die struktuur van die samelewing oppad? ANC kan nie eers ’n “fish and chips” winkel suksesvol bestuur nie, maar wanneer dit by grondhervorming kom, dan dink ons die ANC kan dit reg doen. Ons moet emosie uit die politiek begin hou. Persepsies: Jou persepsies van wat aangaan in die wêreld bepaal jou besluite. Jou persepsie word


baie sterk ondersteun deur jou ervaring, die mense wat dink soos jy. Ek gaan nie na braaivleis toe waar klomp Stormers is nie, want ek is ’n Blou Bul. Jy gaan na plekke toe wat jou persepsie versterk en dan kan dit gevaarlik word. Stem saam met Agri SA as jy nie duidelikheid het oor wat die lyste bepaal nie, kan dit ernstige konsekwensies na vore bring, verwys na AfriForum. Krisisse fokus jou aandag, hoekom is dit so moeilik om die toekoms te sien? Vlakke van onsekerheid, as jy krisis beleef dan maak dit jou oë oop. Jy kan net doen en sien wat jy reeds beleef het. Jy moet begin investeer in die simulasie van moontlikhede en so skool jy jouself om jouself gereed te maak vir sekere opsies. Ons het die vermoë om die goed wat emosioneel moeilik is, te vermy wat moeilik is om te sien. Ons kan net sien wat relevant is vir ons siening van die wêreld. Jy moet seker maak jy die regte goed raaksien. Moontlike uitkomste: Daar is 3-4 soorte verskynsels waarmee ons onsself besig hou. Daar is goed wat ’n groot impak het, maar met groot onsekerheid gepaard gaan. Om voorspellings te waag op dit soos byvoorbeeld op die Zimbabwe-roete, is eenvoudig lui. As jy in toekoms inbeweeg dan ontken jy wat in verlede gebeur het. As ons in die tonnel is, dan is dit waar die grootste druk en chaos is. Gaan kyk wat groot landbouers alreeds doen en met regering praat t.o.v. innovasie sodat die nuwe begin kan begin. Verduidelik die VUCA-omgewing wat bestaan uit onsekerheid, dubbelsinnigheid, kompleksiteit en “ambiguity”. Dit verlam jou besluitneming, dis onseker en dubbelsinnig t.o.v. regeringsbesluit en gee baie onsekerheid. Jy moet visie en “understanding’’ hê, asook klarigheid kry en om te belê in buigsaamheid en ratsheid. Die situasie waarin ons is, die effek van kompleksiteit en onsekerheid en hoe jy besluit neem, het te doen met dubbelsinnigheid. Die VUCA-omgewing wil hê dat jy heeltyd jou denke herkalibreer. Maak seker dat jy regte probleem geïdentifiseer het. Mens het ’n siening/persepsie oor hoe ons hier gekom het en hoe vat jy die pad vorentoe. Hoe vat jy die pad vorentoe? Te doen met “upframing”, hoe werk jy uit hoe kan jy uit dit wat tans gebeur voordele bepaal? Tweede proses het te make met “downframing” deurdat jy proses vereenvoudig wat gevaarlik is. Ons het onseker situasie en hoe kan ons dit verder ontwikkel en konstruktief kyk wat ons hiermee kan doen. Die toekoms ontplooi in spronge met periodes van chaos tussen-in, verwys na Wes-Kaap en Mbombela

waar landbouers sitrus plant en nie voorbly nie. Niemand kan sê wat die ANC se beleid is oor grond. Kanse vir ’n vervroegde verkiesing is zero. Uit chaos ontstaan daar nuwe lyne. Grondhervorming en onteiening sonder vergoeding gaan die langer pad loop wat deur baie dinge beïnvloed kan word, byvoorbeeld internasionale milieu. In ’n VUCAomgewing is 3-5 jaar planne wensdenkery en leer student om strategies te beplan. Oormagtige fokus op risikobestuur word ondermyn deur die vinnig veranderde omgewing. Spandeer meer tyd en geld in jou mense en in jou organisasie kultuur en nie jou strategiese plan nie. Bemagtig jou mense en versterk hul vermoë om met onsekerheid te werk. Maak verandering jou bondgenoot en sien dit as ʼn geleentheid en nie as jou vyand nie. SA oppad na 2019 en daarna? Regerende party vir afgelope 25 jaar maak nou soos benoude kat met benoude spronge. Gratis onderwys en grondhervorming groot krisisse wat Ramaphosa moet aanspreek. Hy sukkel tans om sy steun in die ANC te konsolideer. Politieke onsekerheid gaan moontlik voortduur tot Mei 2019 met klein oorwinnings bv. NPA tans. Beleggers se vertroue is besig om af te neem. Regerende party is ʼn baie dominante party. As jy regerende party is, het jy vermoë om verkiesings te wen, verwag ANC gaan wen met lae 50% stempersentasie. Is nie baie entoesiasties oor EFF se kanse om meer as 8% van stem persentasie volgende jaar te kry nie. EFF is hoog op lawaai en laag op dienslewering en die ou op straat weet dit. Daar is negatiewe siklus wat plaasvind t.o.v. ekonomie in teenstelling met wêreldekonomie. Baie van die goed het ons nie beheer oor nie, dit gebeur met ons, daar is ander lande wat soos ons lyk wat onder moeilike ekonomiese omstandighede tans is bv. Venezuela, Argentinië. Grondhervorming gaan groter polarisasie te weeg bring. Politieke proses gaan van nou af meer lawaai kry en intens raak. Gaan dit heelwat kry dat baie mense dom uitlatings maak. Goeie siklus is die waar ons die regte goed doen. Negatiewe siklus is waar ons uitmekaar getrek word waar politici en belange groepe die polariteit potensiaal uitbuit. Goeie siklus is vryheid van media, politieke deelname, onafhanklike regbank, goeie paaie infrastruktuur. Negatiewe siklus het te doen met armoede, werkloosheid, regerings beleid, onvoorspelbaarheid en verdeling in regerende party. Niemand besef wat die faksievorming in die regerende party is nie. “African Transformation Congress” wat tans besig is om gestig te word en moontlik aan verkiesing gaan deelneem. Die Scenario Matrix het veral 3 vlakke: aan een

15


kant sit met gefragmenteerde staat en aan ander kant waar gekonsolideerde demokrasie besig is om plaas te vind. Optimale groei vs. stagnasie waar SA onder geweldige druk is. Sosiale kohesie vs. sosiale polarisasie. Daar is tans 4 scenario temas vir SA na 2019 – 1) die slegte pad scenario; – 2) die Ubuntu scenario; – 3) Pretoria sal voorsien scenario; en – 4) Die lang pad na Vryheid. Die uitkoms van grondhervorming is duidelik populistiese in ʼn VUCA omgewing. Hoe ons oor oplossings dink, moet wees waarin ons baie belê. Wat moet in jou gereedskap kissie wees in ʼn VUCAomgewing: • Innovasie en nuwe denke • Voer met spoed uit – moenie sit en drentel oor besluite nie • Bly weg van ideologieë en dogmas – soek vir pragmatiese en buigbare oplossings – jy moet gereeld herkalibreer en vra jouself is jy met die regte goed besig

Dan Kriek – Agri SA groeteboodskap Wens Francois geluk met verkiesing en goeie rasionele boodskap wat hy gelewer het. Verwys na voorleggings in motor industrie en landbou industrie wat onlangs gelewer is wat hemelsbreed van mekaar verskil. Motor industrie het sekerheid van produksie ook met staatsondersteuning, terwyl landbou sektor het baie min staatsondersteuning met groot risiko’s. Al wat landbouers nodig het om te hoor is dat hul kan aanhou boer. Art 25 van Grondwet verskaf grondwetlike sekerheid. Daar word getorring met landbou produksie. Ons kan nie onsself uit die moeilikheid onteien nie. Vlakke van onsekerheid hoogste wat dit nog was en my bekommernis is dat dit baie keer ongesond en irrasioneel raak. Ons moet belegger sekerheid in sektor inbring en risiko’s verminder. Wil boere verseker dat AgriSA die Grondwet sal beskerm. Ons is nou in tweede rat in en wenstrategie is baie moontlik. Vier (4) goed wat ons nou moet doen nl:

• Definieer jou ankers en maak seker van jou eie ankers, dat jy gemaklik is met waar jy staan in die wêreld

• Grondwetlike en morele debat en nodigheid van grondhervorming te erken soos wat VL al geruime tyd gedoen het op kongresse;

• Soek vir eenvoud om kompleksiteit teen te staan – verwys na Mauser en Luger wat Duitsers ontwikkel het wat kompleks is en nie die toets van tye kon deurstaan nie

• Ekonomiese saak teen onteiening sonder vergoeding moet uitmaak – moet uitwys wat die gevolge gaan wees van onteiening sonder vergoeding;

• Jy moet saamwerk en jou netwerke uitbou – landbou organisasie is ʼn voorbeeld, samewerking gee ekonomie van skaal en vermoë om ʼn proses te beïnvloed

• Ons gaan moet werk t.o.v. oplossings, vennootskappe en verhoudinge – gaan geld leen, gaan verhoudinge met regering aangaan “want ek wil boer”;

• Omdat wêreld vinnig verander, bly by en doen navorsing op jou eie – bly lees, kyk wat aangaan

• As dit nie wil reën nie, raak boer moeilik – bly koelkop en moenie kwaad word nie en gaan die oppergesag van die reg instand hou

• Investeer in ratsheid en oorlewings vermoë – jy moet die vermoë ontwikkel om te kan terugspring na ander goed – kry kalmte en moenie paniekerig raak nie My boodskap was vandag minder politiek en meer dink, dink aan regte goed. Francois Wilken meld dat negatiwiteit beïnvloed rasionele denke. As jy vol emosie is, dan gaan jy verkeerde dinge doen.

Verkiesing van President, Vise-president Een nominasie ontvang vir president nl. Francois Wilken. Francois Wilken dus nuwe president van VL. Francois sê nie dankie nie, maar ons gaan vasvat en elke lid van VL gaan ʼn verskil maak en sy/ haar deel doen. Waardeer die vertroue wat in my gestel is.

16

Aankondiging dat Agri SA uitgenooi is om saam met ANC vergadering met boere te hou, affiliasies gaan uitgenooi word. Verdere uitnodiging vir vergadering met top 6 van ANC en Agri SA, gaan eerlik, reguit en rasioneel praat. Volle vertroue en ondersteuning vir VL en vertrou slegs een organisasie met regte en toekoms van my grond en dit is VL.

Ivor Price en Kobus Louwrens – Stigters van “Farmers4Change” Gerhard hou Ivor en Kobus se CV’s voor. Het ʼn beweging in media begin nl. “Farmers4Change”. Daar moet met boere gepraat word en nie noodwendig met regering nie. Meeste SuidAfrikaners se persepsies oor boere word beïnvloed deur oningeligte stemme en populisme. Meeste


mense (91%) sien nie die industrie wat grootskaalse werk skep en die rol wat landbou speel om landelike gemeenskappe ekonomies, sosiaal en industrie stabiel te hou nie. Die agenda en verdeeldheid wat deur sekere organisasie/groeperinge/ politieke partye gedryf word. Sosiale media soos bv. “Nageboor” wat opinies as waarheid sien het deesdae oorgeneem. Landbou het nuwe alliansie vennote nodig wat uit swart geledere moet kom. Hoe verander ons die “narratief”? Ons moet die middelgrond/grys invul tussen swart en wit. Deur mense se feite moet mense se harte aangryp waar ware stories vertel moet word aan swart verhore. Moet verby die slagspreuke gaan. Die aksieplan is om stories te vertel en die werk wat landbouers doen. Daar is redelike sterk bemarkingsplan hieragter om Swart stedelike verhore te bereik met strategiese vennote. Lewendige netwerk wat op 1 September 2018 “live” gaan. Ons het wyd met boere gekonsulteer en het nog fondse nodig, het ook boere se stories nodig om te vertel.

Mosies wat ingedien is tov grondonteiening Verskeie persone dien mosies in tov grondonteiening en dat georganiseerde landbou en alle belanghebbende partye saam staan teen regering moet staan tov grondonteiening sonder vergoeding nl. Adv. George Galloway, Daan Venter, Koos, Boy Saayman, Cassie Muller, Louis Koch. Moet met AfriForum hande vat en ander om ʼn verenigde front te staan vir landbou en alle boere is bereid om te help maar dit kan nie meer so aangaan dat boere altyd geslaan word en skuld kry vir alles nie. Francois Wilken – in 24 jaar is daar baie hande uitgereik na regering tov grond hervorming en baie planne is gemaak wat weinig gewerk het. Ons as landbou moet ʼn eenheid vorm om met regering te gaan praat. Verwys na Anglo Boere-oorlog. Dit kan soms gebeur dat die een se rol die ander een negatief kan beïnvloed en verwys na gesprekvoering met AfriForum en IRR. Sal alles in vermoë doen om met die groepe in gesprek te tree. Sal hard optree en ons saak duidelik stel in onderhandelinge met regering. Banke is besighede met aandeelhouers wat dividende moet verklaar. Wil beroep doen op banke en besighede wat met boere besigheid doen om hande te vat met landbou. Stel voor dat mosie moet wysig om betalings te weier aan banke, en dit dan eerder te verander dat beroep doen op banke en landbou besighede om grond vir ons boere te verseker. Kom ons gaan verander die persepsie wat daar oor boere bestaan daarbuite. Daar word nêrens gesê jy moet iets gaan prysgee nie. Daar word weereens versoek dat kommunikasie lyne

oop moet wees en op regte manier gedoen word.

DAG 2: Henk Vermeulen – Skriflesing 2 Timoteus 2:7:” God het ons nie ʼn gees van vrees gegee nie, maar van liefde, selfbeheersing”. ʼn Paar opmerkings oor “Dancing with camels – lessons of endurance on the journey of faith”, die boek gaan oor om in gehoorsaamheid te beweeg op ʼn reis van geloof tussen die sienlike en die onsienlike. Dit is ʼn eeu oue Arabiese gesegde wat die opgewondenheid beskryf wat deur die nomadiese diere ervaar word as hulle hulself voorberei vir ʼn nuwe reis. Daar is 2 vrae wat ons vir onsself moet vra: “Waar sien u uself oor 20 jaar van nou af” en “Dit gaan nie oor jouself nie maar oor God”. Die enigste manier hoe ons gaan oorleef op alle vlakke van die lewe is as ons die reis saam met die Here aanpak. Die reis is nie net om te oorleef nie, maar as die Here die pad saam met ons loop, dan sit Hy die vermoë in ons om saam met die kamele te dans, om ʼn opgewondenheid te hê maar oor wat die Here kan doen. Hoe behoort ek dit benader? • Ons moet ons gedagtes herkalibreer – nuwe benaderings en houdings en standaarde kry • Ek durf nie koninkryksbeginsels verwater met wêreldse beginsels nie. Ons durf nie die kruis te gebruik om ons selfvertroue te vergroot, om ons gebied met besittings, rykdom, possies en mag uit te brei nie • Niks verhoed ons om ʼn nuwe afsluiting te maak nie • “Your future has no room for your past” – “your past does not define you, your direction does” – ek moet kom by ʼn punt om te sê waarheen is ek oppad. • Jy moet transformeer van ʼn godsdienstige teoretiese wêreld na ʼn praktiese koninkryk georiënteerde wêreld • Ons moet transformeer van ongelowiges na gelowiges, duisternis na lig, wanhoop na hoop (Jesaja 61:1-3) – Die Here is nie weg van ons is, Hy is met my (Rom. 12:2 praat oor die vernuwing van die gemoed) • Unieke dryfveer vir koninkryksreis is om nooit God se deugde vinniger te leer as wat dit ʼn mens kan doen nie – die basiese riglyn is geloof • Verkry dit, waardeer dit en pas dit toe en beweeg aan – dans met die kamele vra visie en moed om op reis te gaan

17


• “If you believe God is who He says He is, counting the cost won’t be that difficult, because God already did the maths.” – Werner Groenewald

boere. Goeie polisieman met ʼn slegte houding is slegter as ʼn slegte polisieman met ʼn goeie houding. Reik ʼn hand uit na die polisie in jou area.

• Sir Francis Drake se gebed – “Disturb us Lord when we are too pleased with ourselves, when our dreams have come true, when we have falling in love with live and not dream about heaven”

Dan Kriek op vraag oor twee gespreksessies met ANC rakende grondonteiening

Dr Arno van Niekerk – UV rakende “New Nation Movement” Meld die “New Nation Movement” – Van Zyl Slabbert model en verslag wat in kiesstelsels geïmplementeer moet word. Die OVK en Ramaphosa wil dit nie implementeer nie omrede die uitslag van verkiesings dan beter verteenwoordiging in partye in die Parlement teweeg gaan bring. Tans besig in Konstitusionele Hof met saak wat tans Suid-Afrikaners ontneem van hul grondwetlike reg itv verkiesings. Sedert 1994 het die mag van die staat/regering na die elite oorgegaan. Ons kort tans ʼn burger en massa mense in SA om te sê dat die burgery/massas moet groter insae in die regering van die land kry. Die beweging is nie eksklusief nie en almal moet betrokke raak. Daar is ʼn kommunistiese aanslag op alle terreine. Daar gaan ʼn bidbeweging in Oktober 2018 geloods word op nasionale vlak. Die beweging is ook daar om alle regerings amptenare meer verantwoordbaar te maak en te hou vir poste waarin hul sit. Tans ook besig met ʼn “Bill of Values” wat op alle terreine van toepassing is, nl. onderwys, landbou, politieke stelsel, ens.

AgBiz en Agri SA vergadering onlangs gehad om samewerking uit te brei. ASUF vergadering met mede swart landbou-organisasies onder leiding van Prof Mohammed Karan om name op papier te sit en “declaration of intent” te teken waarby Agri SA, TAU, NAFU en AFASA saam ʼn indaba gehou het oor die toekoms van landbou sektor en samewerking. Dit vra hoogste vlakke van verantwoordelike optrede Eerste vergadering met ANC is vasgemaak en logistiek sal ook binnekort vasgemaak word. Het 2 voorwaardes daaroor nl. dat dit gaan nie ʼn “Public Relations exercise” van die ANC wees net om te sê het met boere gepraat nie en dat dit ʼn ernstige vergadering gaan wees om landbou die implementerings vennoot te maak. Tweede vergadering is Dinsdag met 2 lede van ANC se top ses met Agri SA (3 bestuurslede van Agri SA) en 3 presidente van provinsiale affiliasies, dr John Purchase van AgBiz en GraanSA se HUB. Sinvolle gesprekke oor ekonomiese gedrewe ontwikkeling in landbou. Verwys ook na staatsmanskap (30 en plus jare) en nie 5 jaar in toekoms nie.

Chris Wehmeyer – Ekonomiese oorsig en beleggingsgeleenthede vir landbouers

Gee terugvoer rakende veiligheid en misdade op landbougrond soos wat in werksessie vervat is – word aangeheg as aanbieding.

Gerhard Kriel stel CV voor van Chris - Chris meld dat daar is ongelooflike onsekerheid en vrees in die markte tans. JSE en Wêreldindeks het afgelope jaar niks gedoen en is meer negatief op JSE. Afgelope 4 jaar het ons swak ekonomiese groei gehad deels agv Zuma era en politieke onsekerheid ook tov landbou en baie beleggers wil nie investeer nie. Rand beweging beïnvloed die markte. Ontluikende markte wêreldwyd is onder druk. SA aandele vaar swak.

Francois Wilken - Moet kommunikasie strukture regkry tussen alle landbouers. Ons sal alle inligting vervat en met daadwerklike aksie stappe na vore kom. Daar is alreeds baie wat plaasvind en waarby VL betrokke is. “Window dressing” gaan ons nêrens bring nie. Ons moet die burgery bemagtig om druk uit te oefen. Ons gaan hard en duidelik voortgaan binne die wetgewing en riglyne van die land. Hoe plaas jy druk op die SAPD deur hom nie te dreig nie. Jy gee hom geen keuse as om saam te werk nie, reik ʼn hand van vriendskap uit na SAPD, daar is goeie en slegs polisiemanne, daar is goeie en slegte

Tongaat, Pioneer Foods, Life, Implats, Group 5, Aveng, MMI, Brait, EON Telkom was hoof investerings firmas en vaar huidiglik swak op die JSE. Gaan baie moeilik tans in SA. In afgelope jaar sou 5% opbrengs op JSE gekry het. Krisis in Turkye uitgebreek en Trump het versoek dat pastoor wie gearresteer is moet vrygelaat word. Turke het invoer belasting op Amerikaanse produkte verhoog en geld-eenhede begin beweeg. In Argentinië het Peso afgelope jaar met 52% geval, Russe se geldeenheid met 20% geval en rand ook geval met 20%. Beleggers kry geen positiewe boodskap

Dr Jack Armour Terugvoer tov landbou-ontwikkeling se werksessie – word aangeheg as aanbieding.

Dr Jane Buys

18


van regering, want plek is leeg gesteel. In SA is politieke omgewing besig om te verander deurdat vir Ramaphosa gaan dit oor visie vir die land, sterk leierskap, stryd teen korrupsie. Die senior ekonomie groepering in die kabinet moet lei tot sterk toename in investering, behoort te lei tot afname in inflasie. Daar is ook risiko’s tov grondhervorming, begroting met BTW wat verhoog is, krediet graderings agentskappe wat ons afgradeer. Rand het sedert Nene se afdanking in Des 2015 eintlik goed vertoon en behoort moontlik nader aan R13 tot dollar te kom. Indien langer tydperk geneem word tov SA, dan is reële opbrengs 8.8% vanaf 1990. Kan gebeur dat in volgende 4 jaar nader aan 18-19% kry op JSE. Wat is markvooruitsigte tans? Voor 1994 was daar baie negatiwiteit en onsekerheid in markte. Ons sit op die onderste draaipunt en dit kan net beter gaan in toekoms. Ons sit met regte president wat visie vir die land het. Dit gaan baie goed in res van die wêreld, net nie in SA nie. Werkloosheid in VSA is onder 4%, Trump bly onvoorspelbaar en tree vreemd op. Handelsoorlog kan ontwrig, stygende rentekoerse ook ʼn faktor, Europese ekonomie vaar baie goed, China doen ook goed. AGOA ooreenkoms met VSA gee vir ons belasting toetrede en VSA is ons derde grootste handelsvennoot, as grond onteiening kom dan sal hul alle voordele wegvat. Hoop dat Trump nie sal toelaat dat grond sonder vergoeding in SA weggevat word nie. VSA beurs het afgelope 9 jaar met 13% gegroei. SA beurs is vir 4 jaar sywaarts terwyl VSA beurs sterk is. Geleenthede buite SA: Individue is wat geld in buiteland wil kry, kan elke jaar R1 miljoen jaar buiteland toe vat agv diskresionêre toelaag (kind in buiteland) en ook bykomende R10 miljoen rand. eggenote kan ook aansoek doen om R10 miljoen uit land te vat, koop plaas, grond, beleggings, ens. Kan dit in bank rekening inbetaal in buiteland. Kry ook ʼn bate ruil opsie waar bates geag te wees SuidAfrikaans te wees. Maatskappye en trusts het jy bate ruil opsie en beleggings opsies is beperk tot aandele en effektetrusts. Wat is goeie buitelandse maatskappye wat besigheidsmodel het wat uniek is. Bly weg van prysnemers en fokus op maatskappye wat ontluikende markte blootstelling het en fokus op maatskappye wat sterk balansstate het en dividende betaal. Vermy beleggings in Oosterse markte wat nie aanspreeklik is aan direksie nie bv Olympus, Hitachi, Kobello, ens. Hul beskou aandele beurs se fondse as hul eie en daar is grootskaalse bedrog. Voorbeeld van buitelandse maatskappye waarin belê kan word is Amazon, Berkershire Hattaway, JohnsonJohnson, Mastercard, Google,

Visa, Nestlé, Unilever Walt Disney Company.

Theo Oosthuizen – Salvo Capital oor VL se beleggings Gerhard stel Theo voor – Theo meld dat lang verhouding het met VL. Neem ʼn trustee verantwoordelikheid met almal se geld wanneer met besigheid se geld werk. Het gekwalifiseerde mense op elke gebied. Niemand het aandele in Salvo Capital nie en is dus onafhanklik. Kyk na koste effektiewe belegging. Die vraag is of jy strategie moet verander in moeilike finansiële tye? Filosofie is wanneer saamgestelde opbrengs oor langer tydperk kry is dit goeie risiko bestuur. Gebruik aktiewe fonds bestuurders en ʼn kombinasie daarvan, het ook ʼn multi-bestuursmodel, het ook spesialis boublok en kyk na belegger se gedrag. Kyk al 7 jaar na VL se belegging en gee getalle tov allokasie (inflasie plus 3%). Rapporteer kwartaalliks aan VL op vergaderings. Francois Wilken meld van Lesotho/RSA hofsaak waar VL saak in konstitusionele hof verloor het. Sal weer met alle grensboere vergader vir weg vorentoe.

Johann van Graan & David Reese Samuel (PwC): Finansiële verslag Oudit en finansiële verslag van VL: sowat 85% van ledegelde is ingewin sover. 58.4% van totale uitgawes verteenwoordig salarisse. Reis/verblyf sowat 6% van totale uitgawes. R1.703 miljoen se regskostes tob Lesotho/RSA hofsaak. Sowat R200 000 bo die huidige begroting, totale bates is op en finansiële state word so goedgekeur Werf van 400 nuwe lede en 2-3 lede moet gewerf word deur boereverenigings vir VL. Baie belangrik om rond te beweeg na boereverenigings deur bestuur. Steynsrus Landbou Vereniging het vanaf 1 Januarie 2018 tot nou toe 9 lede gewerf. Boere verenigings se konstitusie moet so geskryf word dat hul geaffilieer is by VL. VL se boodskap tov grond onteien moet gebruik word om lede te werf. Francois Wilken – tyd het aangebreek dat ons hard en reguit en duidelik met mekaar praat. Elke persoon maak sy eie keuses. Ons wil keuses maak maar nie die gevolge dra van ons keuses nie. Ledegelde is ʼn besluit van die hart, glo dat met hierdie kongres ʼn verskil gaan maak sodat mense dit sal besef. Ons kan alle kante toe redeneer, en as ons van dit ʼn tegniese ding maak dan het ons probleem. Meld Oranje Jag se bestaan en toe hul jakkalse uitroei toe wil boere nie meer ledegeld betaal nie, toe gaan organisasie tot niet. Vandag is jakkalse ʼn groot kopseer vir veeboere. Kom ons

19


kry ons harte reg. VL gaan nie meer die slaansak wees van alles wat verkeerd is nie vanaf grondvlak waar dinge verkeerd loop nie. Wat sou gebeur het as VL nie sekere dinge gedoen het nie, verwys na minimum loon. Dis ons plig om positief te gaan praat daarbuite. Jy moet mense gaan beïnvloed om pad vorentoe te vat. VL se ledegeld is 4 en ʼn half sigarette per dag en dan moet jy vra is dit te veel. Sal brief uitstuur na Boere Verenigings toe en moontlik Regsfonds tot stand te bring. Ons moet ons lede se wiele pomp. Dit is in elke een van onse hande oor hoe ons ander kant gaan uitkom. Ons is bewus van die swak ekonomie en dat landbouers onder druk is. Wil alle boere verseker dat ek deel dieselfde kommer as elke ander boer en hoekom sal ek myself benadeel as ons nie saamstaan en dit verdedig nie.

Louw Steytler Vir meer as 100 jaar het VL gesorg dat julle op julle plase kan bly en floreer. Vir die bedrae geld waarvan die president hier gepraat het, van ʼn belegging in jou kinders se toekoms en in ons land SA, is dit nie eens beduidend nie. Vir eerste keer het ons buitengewone goeie kans om sinvolle gesprek te voer geskoei op Grondwet van SA en oor ekonomiese feitelikhede wat daardie argumente gaan steun. Ons wil Suid-Afrikaners bemagtig en nie net witmense nie. Die vernietigende gevolge sal SA op sy knieë dwing tov grond onteien sonder vergoeding. Dit is boodskap wat ons wêreld moet instuur dat alle Suid-Afrikaners die redes verstaan en hoekom ons so argumenteer. Ek besef hoe dit daarbuite sou gegaan het sonder ondersteuning van VL. Gaan sê vir boere die stem van redelikheid is magtig en niemand sal dit ondergrawe nie as u toesien dat daardie waardes uitgeleef word. Tyd het aangebreek dat ons erkenning gee aan vroue lede en moet lede wees van toekomstige benadering. Wens vir ieder en elk die beste toe en ons gaan nie faal in skep van toekoms waar ons kinders en vrouens in veiligheid op plase kan leef nie.

Johann van Graan – Streekverteenwoordigers: Verkiesing van streeksverteenwoordigers van VL: Streek 1 - Daan Venter (bly aan) Streek 2 - Ben Duminy (sal nog uithelp) Streek 3 - Friedl von Maltitz (bly aan) Streek 4 – Hendrik Knobel (in plek van Dirk Viljoen) Streek 5 - Vorster Zeilinga (in plek van Dirk Gouws) Streek 6 - Deon van der Watt (in plek van Manie van Rooy) Streek 7 – Kerneels Rossouw (sal nog uithelp)

20

Streek 8 – Koot Naude (in plek van Tommie Esterhuyse) Streek 9 - Boy Saaiman (bly aan) Streek 10 – Stefan Hanekom (bly aan) Streek 11 - Jakkals le Roux (sal nog uithelp) Streek 12 – Andre van Rensburg (bly aan) Streek 13 – Willie Weich (bly aan) Streek 14 – Henri du Bruyn (in plek van Willie Maas) Streek 15 – Bernard Maree herverkies Streek 16 – Laurens Schlebusch (bly aan) Streek 17 – Johan Fourie (in plek van Daniel van Tonder) Streek 18 – Kempen Nel (bly aan) Streek 19 – Jacques van Rensburg (bly aan) Streek 20 – Jacobus Stroebel (in plek van Cois van Rooyen)

André Venter: Motiveringspreker Ek is ʼn boer in murg (maplotter) en been en is net so deel van die situasie wat elke boer elke dag vrees. Gesprek oor waarheen kind wil gaan, om oorsee te gaan werk of studeer en of te boer. Ons moet ophou om dood te spreek. Wys die video van die groei van die bamboes, het 5 jaar gevat om te begin groei en moes vir 5 jaar nat gemaak word en groei sy wortels onder die grond sodat dit in 6 weke 90 voet kan groei. “Growth takes patience and perserverance, you might not see the growth now, but it happens”. “How much faith and belief do you need and have to stay committed”? As ons nie positief praat nie, as die saad nie ingesit is nie, as ons nie lewe spreek nie, as ons nie lewe spreek oor die werkers nie, as ons nie positief is met ons kinders nie, hoe kano ons verwag dat daar ʼn ander uitkoms gaan wees? Boere is afhanklik van burgers om kos te koop. Sal saam veg met alle boere en sal saam baklei om boere daar te hou. Dit is my keuse of ek gaan opstaan en my uitdagings gaan “face”. Wat gister gebeur het kan nie verander nie, maar wat more gaan gebeur kan ek verander. As dit vir ʼn persoon ʼn “effort” is om te “contribute” tov ledegelde, moet dit dan nie doen nie. Hoekom doen ons dit, ek doen dit vir myself. As ek nie vandag saad plant nie, kan ek nie ʼn uitkoms verwag nie. Hoekom moet ons hoop verloor, sy seun sê hy bly in die land, hy gaan nêrens nie. Ek bly hoop dat ek weer eendag gaan kan loop. Boere het ʼn droogte gehad 2 jaar terug en is daardeur. Ons moet mekaar motiveer en optel as dit “tuff” gaan. Ons almal leef baie na aan die natuur. “Leadership principles of an eagle” – kom ons staan op en wees die arend in ons gemeenskappe.


Arende eet nie dooie diere nie, ons moet nie net “bargain” op ons suksesse van gister nie, ons moet heeltyd “effort” insit vir vernuwing. Arende hou van storms, hoe groter die storms is, hoe meer arende is daar, as die storm daar is, dan is die arend op sy beste. Soos arende ouer word, kom nuwe naels en swawel uit, so moet ons aanmekaar vernuwe. Ons moet verskil maak aan nou sodat more die makliker pad kan wees. Ek is nou al 12 jaar in ʼn rystoel. Ons moet betrokke raak by VL en sodoende ʼn verskil maak. Ons het mekaar nodig. Daar is nie net 35 000 kommersiële boere nie, ons is daar buite en ondersteun die boere. Oplossing lê in ʼn span, dis “ons” wat wen, dis ʼn span wat wen en nie ʼn individu nie. Is jou keuse om te sê dis ʼn goeie dag of ʼn slegte dag. Ons moet op ons knieë bly en nie net niks doen nie. Ons moet voorberei vir elke dag wat op ons pad kom. Hoe naby is die grens tussen wen en verloor? Wys video “little more effort, attention and care makes the difference between win and or loose” – die verskil tussen kook en stoom is 1graad, dit is baie keer die verskil tussen wen en verloor.

Volopbetaalde landbouverenigings – Toekennings en oorkondes oorhandig Friedl van Maltitz van Ficksburg – spesiale erkenning oorhandig aan Willem de Klerk wie werksaam is by Setsoto Munisipaliteit en EMS paramedikus en brand bestryding en die boerdery gemeenskap van Ficksburg en omgewing baie bystaan as hulp benodig. Volopbetaalde Landbou Verenigings word vereer nl: Streek 1 – Langspruit en Warden Streek 2 – Gilead, Handhaaf, Sonop, Kruispaaie, Reitz-Wes en Riemland Streek 3 – Gumtree, Rosendal Streek 4 – Clarens, Slabberts Streek 5 – Vanreenensgrens Streek 6 – Cornelia, Tweeling Streek 8 – Gottenburg, Moedersdeel, Vegkop Streek 9 – Holfontein, Rhenosterkop, Schoondraai, Wonderkop, Steynsrus, Vierfontein Streek 10 – Welgemoed Streek 12 – Bultfontein-Suid Streek 13 – Boshof-Suid, Hermanusvlei, Mahemsfontein, Hertzogville Streek 14 –Johnsgift, Karee, Galloway Streek 16 – Boomrang, DeBrug, Glen, Koppieskraal, Tierpoort, Vergenoeg Streek 17 - Dewetsdorp

Streek 18 – Petrusburg, Springfontein Streek 20 – Oranje, Rouxville, Genadeberg

Beskrywingspunt – Piet Ferreira van Arlington Agri Arlington versoek VL om saak tot hoogste gesag te dryf op provinsiale vlak en miskien op nasionale vlak tov paaie instandhouding. Tyd het aangebreek dat verantwoordelike amptenare verantwoordelikheid aanvaar en aanspreeklikheid aanvaar tov herstel van paaie. Francois Wilken – paaie is ’n ernstige probleem en ons kry nie ons produkte meer op markte nie. VL sal ernstig aandag gee en instandhouding van paaie en selfoon seine is bo-aan ons lys by VL.

Tommie Esterhuyse: Bedankings Bedank al die vennote wat betrokke was by die kongres, Juan-Marie en haar span by Monte Bello, StarSound en die sprekers vir die tyd afgestaan. Henk en Andries Vermeulen vir hul gepaste opening van kongres, André Venter as motiveringspreker. Ons fasiliteerders baie dankie vir jul hulp. Al die lede van die media en boere/lede van VL as afgevaardigdes wat bygewoon het. Boere is toekoms van VL. Aan personeel van VL met al die reëlings wat hul getref het oor kongres. Spesiale woord aan Louw Steytler vir sy mooi woorde en ondersteuning.


Streekverteenwoordiger van die Jaar 2018 - Willie Weich

Landelike Veiligheid Eerbewys - Willem de Klerk

22


Landbouvereniging van die Jaar 2018 - Hertzogville DBU

Landbouvereniging van die Jaar 2de - Steynsrus DBU

Landbouvereniging van die Jaar 3de - Karee

23


Stemgeregtigde

STREEK 1 - PHUMELELA

STREEK 3 - SETSOTO

VREDE (Gebiedsbestuur) Langspruit Roadside Vastrap Vrede-Sentraal Witkoppe

SENEKAL LANDBOU (Gebiedsbestuur) Britzberg Libertas Rietpan Springbok Tafelkop

WARDEN (Gebiedsbestuur) Warden

STREKE

MEMEL (Gebiedsbestuur) Memel

FICKSBURG (Gebiedsbestuur) Ficksburg Landbou Gumtree Rosendal

STREEK 2 - NKETOANA

CLOCOLAN (Gebiedsbestuur) Clocolan

REITZ (Gebiedsbestuur) Kruispaaie Langspruit Regruk Reitz-Oos Reitz-Wes Riemland Slagveld LINDLEY (Gebiedsbestuur) Arlington Gilead Handhaaf Sonop PETRUS STEYN (Gebiedsbestuur) Petrus Steyn

24

MARQUARD (Gebiedsbestuur) Marquard

STREEK 5 MALUTI-A-PHOFUNG HARRISMITH (Gebiedsbestuur) Aberfeldy Eeram Mont Pelaan Swinburne Van Reenengrens Verkykerskop

STREEK 7 - METSIMAHOLO SASOLBURG (Gebiedsbestuur) Sasolburg

STREEK 9 - MOQHAKA

KROONSTAD (Gebiedsbestuur) Eersterus Heuningspruit Holfontein Rhenosterkop Studiegroep Schoondraai Wolwefontein Wonderkop VILJOENSKROON (Gebiedsbestuur) Groenebloem Viljoenskroon VIERFONTEIN (Gebiedsbestuur) Vierfontein STEYNSRUS (Gebiedsbestuur) Steynsrus

STREEK 11 - NALA BOTHAVILLE (Gebiedsbestuur) Bothaville Bo-vaal Loskuil-Sandspruit Studiegroep Van Wyksrust Mirage WESSELSBRON (Gebiedsbestuur) Blydskap De Hoop Mooiveld


STREEK 13 - TOKOLOGO

STREEK 16 - MANGAUNG

STREEK 19 - KOPANONG

AGRI DEALESVILLE (Gebiedsbestuur) Agri Dealesville

BLOEMFONTEIN (Gebiedsbestuur) Annasrust Studiegroep Boomrang De Brug Geluksdam Glen Koppieskraal Mockesdam Sannaspos Sentrale Sterkfontein Tierpoort Vergenoeg Waaikraal

BETHULIE (Gebiedsbestuur) Bethulie

AGRI BOSHOF (Gebiedsbestuur) Boshof-Suid Boshof-Wes De Hoop Hermanusvlei AGRI HERTZOGVILLE (Gebiedsbestuur) Agri Hertzogville

STREEK 15 - MANTSOPA EXCELSIOR LANDBOU (Gebiedsbestuur) Excelsior LADYBRAND (Gebiedsbestuur) Ladybrand TWEESPRUIT (Gebiedsbestuur) Tweespruit

STREEK 17 DEWETSDORP (Gebiedsbestuur) Dewetsdorp WEPENER (Gebiedsbestuur) Vanstadensrus Boerevereniging Wepener Landbou

EDENBURG (Gebiedsbestuur) Edenburg FAURESMITH (Gebiedsbestuur) Fauresmith JAGERSFONTEIN (Gebiedsbestuur) Jagersfontein PHILIPPOLIS (Gebiedsbestuur) Philippolis REDDERSBURG (Gebiedsbestuur) Reddersburg AGRI SPRINGFONTEIN (Gebiedsbestuur) Springfontein TROMPSBURG (Gebiedsbestuur) Trompsburg

OPBETAALDE vir die tydperk

LANDBOUVERENIGINGS 1 Mei 2018 - 30 April 2019

STREEK 1 - PHUMELELA Roadside Warden

Moedersdeel Vegkop Parys

STREEK 15 - MANTSOPA Excelsior Tweespruit

STREEK 2 - NKETOANA Langspruit Reitz Reitz-Wes Handhaaf

STREEK 9 - MOQHAKA Holfontein Steynsrus

STREEK 16 - MANGAUNG Glen Sannaspos

STREEK 3 - SETSOTO Rietpan Springbok STREEK 4 - DIHLABENG Afrikaskop/Kestell STREEK 5 - MALUTI-A- PHOFUNG Aberfeldy STREEK 6 - MAFUBE Diepspruit Graskop STREEK 8 - NGWATHE Gottenburg Hoogte

STREEK 10 - MATJHABENG Virginia STREEK 11 - NALA Blydskap STREEK 12 - TWELOPELE Midde-in STREEK 13 - TOKOLOGO Boshof-Suid Boshof-Wes De Hoop Hermanusvlei

STREEK 18 - LETSEMENG Perdeberg Petrusburg STREEK 19 - KOPANONG Bethulie Fauresmith STREEK 20 - MOHOKARE Hertzogbrug-Goedemoed Rouxville

STREEK 14 - MASILONYANA Johnsgift

25


26


DAGBESTUUR

Francois Wilken

Tommie Esterhuyse

Bernard Maree

Jacobus Stroebel

Daan Venter

Friedl von Maltitz

Kempen Nel

Jakkals le Roux

27


Uitvoerende BESTUUR Francois Wilken

Tommie Esterhuyse

Daan Venter

Friedl von Maltitz

Kempen Nel

Bernard Maree

Jacobus Stroebel

Adv. Gielie Nieuwoudt

AndrĂŠ Janse van Rensburg

Ben Duminy

Boy Saaiman

Deon van der Watt

Dr Jack Armour

Dr Jane Buys

Ernst Yzel

28


Francois Swanepoel

Gernie Botha

Hendrik Knobel

Henri de Bruyn

Jaco Breytenbach

Jacques van Rensburg

Jakkals le Roux

Johan du Toit

Johan Fourie

Johan Serfontein

Koot Naude

Laurens Schlebush

Stefan Hanekom

Voster Zeilinga

Willie Weich

Johann van Graan

Waldo van Niekerk

Herman Archer

Stefan Oberholzer

29


PERSONEEL ELIZE SPENCE Administratiewe Beampte

30

JOHANN VAN GRAAN Bestuurder: Finansies en Administrasie

DR JACK ARMOUR Operasionele Bestuurder: Grondhervorming, Natuurlike Hulpbronne, Kommersieël

GERNIE BOTHA Regsadviseur

DR JANE BUYS Veiligheidsrisiko Analis

CYNTHIA TROOST Ledebeampte

ELANA BESTER Kommunikasiebeampte

SUZETTE ROUSSEAU Finansiële Beampte

NELLIE TUKULA Skakelbord en Administratiewe Assistent

ADAM SPEAK Onderhoud, Assistent, Bode


31


STREEKSverslae Streek-veiligheidskoördineerder, ontvang. Die polisie se gemeenskapforums in die streek werk goed. Veiligheid is ’n geïntegreerde deel van alle landbouverenigings se vergaderings en word as ’n prioriteit beskou. Lede is goed georganiseer vir noodgevalle en gekoördineerde veiligheidsoperasies.

1

Lede se betrokkenheid DAAN VENTER

Veiligheid Veiligheidstrukture in hierdie streek funksioneer goed. Daar is verskeie WhatsApp-groepe wat aktief is en goed bestuur word. Een van die WhatsAppgroepe wat in die distrik werk bedien Roadside-veiligheid, wat ook Warden, Vrede en Memel insluit. Daar is ook ’n oorgrens-veiligheidsgroep wat na meentgronde kyk en Cornelia en Frankfort insluit. Alle lede van Vrystaat Landbou, asook nie-lede, is aktief by hierdie groepe betrokke. Gereelde kommunikasie word vanaf Meiring Maree, die

32

Lede se betrokkenheid by landbouverenigings is egter ’n bekommernis en vergaderings word nie gereeld bygewoon nie. Samewerking is egter goed indien gemeenskapsprojekte of noodsituasies opduik. Infrastruktuur Infrastruktuur, veral ten opsigte van paaie, is ’n konstante bekommernis. Ongelukkig kan daar nie gesteun word op die volle samewerking van die plaaslike regering nie. In die Roadside-omgewing is brûe herstel deur gemeenskapaksies. Die S52-pad, vanaf Roadside na Frankfort, is deur landbouers self herstel om vragte te hanteer.

2

BEN DUMINY

Ons het weer eens ’n ingewikkelde jaar in Streek 2 beleef. Daar is beslis produsente wat ’n swaar jaar beleef en ongewone planne moet beraam. Dan is daar gebiede waar dit baie beter gaan. Veiligheid Streek 2 se veiligheidstrukture is grotendeels in plek en op datum. Veiligheid- en brandplanne bestaan en is op sekere plekke goed ingeoefen. Daar is ’n sterk bewustheid van die erns van veiligheid en al ons lede sien dit as hul persoonlike prioriteit. Nie net op plaasvlak nie, maar


ook in dorpe en landelike gemeenskappe.

word dus ook later as normaal afgehaal.

Daar word weer soos van ouds baie op radio’s staatgemaak. Veiligheidmaatskappye lewer dienste in ons streek en die nuwe stasiebevelvoerder van die polisie, Lt. Kol. Alf Ueckermann, het sommer met die intrapslag sy teenwoordigheid en betrokkenheid by landbou bevestig. Ons hoop vir ’n lang en goeie vennootskap met hom en sy span.

Op sosiale vlak is daar baie betrokkenheid met verskeie inisiatiewe. Bykans al die landbouverenigings in die streek skenk ruim aan kerke, skole en ouetehuise. Nie net in die tradisionele dorpe nie, maar ook in informele nedersettings. Die joberg2c-fietsren kom jaarliks deur ons streek. Dit is ’n groot geleentheid op die kalender, veral vir die van ReitzOos landbouvereniging wat ’n waterpunt vir die ren bestuur.

Lede se betrokkenheid Ledegetalle in die streek bly ’n probleem, veral die toetrede van nuwe jong lede. Soos in enige lede-organisasie is daar altyd daardie lede wat baie betrokke is by hul landbouverenigings en dan is daar ander wat wel opbetaald is, maar verkies om nie betrokke te wees nie. Streek 2 bestaan tans uit 12 landbouverenigings met 207 lede. Altesaam 96% van die lede was aan die einde van 2018 se boekjaar opbetaald én ons hartlike dank aan hulle. In die huidige ekonomiese klimaat gaan alle lede-organisasies onder ongewone finansiële druk gebuk en ledegelde is al wat hulle deur die drif kan trek. Vrystaat Landbou is geen uitsondering nie en ek waardeer die insette van streek 2 se lede. Wat landbouproduksie in die betref, is die fokus steeds op bekende gewasse. Mielies, sojabone, sonneblomme, bone, aartappels, groente en vrugte. Die braaikuiken-inisiatief van VKB bly steeds ’n prominente verskaffer van werksgeleenthede in die streek. Die veefaktor is nog hoog in die streek en wild maak ’n kleiner persentasie van die aktiwiteite uit. Die afgelope landbouseisoen was egter “laat”. Talle aanplantings is later as normaalweg gedoen en die oeste

As streek 2 bedank ons ook die borge wat hierdie geleentheid moontlik maak. In ’n onsekere landbouomgewing dank ons die Vader vir die geleenthede wat ons steeds kan beleef.

Infrastruktuur Probleme met infrastruktuur bly paaie, gesondheidsdienste en die algemene produktiwiteit van die munisipaliteit. Interaksie met Nketoana laat steeds veel te wense oor. En hier is ons produsente ook skuldig. ’n Onlangse IDPbegrotingsvergadering is byvoorbeeld nie deur landbouers bygewoon nie. Dit hoewel daar genoeg kennisgewings daaroor was. Dit is iets wat dringend in die nuwe boekjaar aandag moet geniet. Sukses Streek 2, en spesifiek Arlington, is baie trots op Herman Janse van Rensburg wat as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar aangewys is. Ons wens hom en sy gesin baie voorspoed toe. Dit is ook op Herman se plaas waar ’n suksesvolle landboudag in Junie aangebied is. Ons verneem uit verskeie bronne dat dit ’n goeie en suksesvolle geleentheid was. Die Reitz-studiegroep het weer in April ’n konferensie van twee dae oor bewaringslandbou aangebied. Dit was weer eens ’n groot sukses met verskeie sprekers en Landbouweekblad wat ’n groot rol gespeel het.

3

FRIEDL VON MALTITZ

Die afgelope jaar het net soos die vorige jaar swak begin vir somergesaaides. Goeie reën het eers in Maart en April voorgekom. Die gevolg was dat vroeë oeste swak presteer het, maar die laat oeste lyk baie belowend. Die laat reën het ook tot gevolg gehad dat die veld laat in die somer eers werklik goed geproduseer het. Die vooruitsigte vir vee lyk nie sleg nie, aangesien meeste damme amper vol is. Die lae veepryse plaas egter groot druk op produsente. Die Setsoto-munisipaliteit se dienslewering is steeds ’n groot bekommernis, omdat die verval van die dorpe in die streek ooglopend is. Ons kon egter ten spyte van die munisipaliteit se uiters swak finansiële posisie onderhandel vir ’n 10% bykomende rabat op grondbelasting. Veiligheid Die streek se veiligheidstrukture funksioneer goed en

33


verteenwoordigers werk uiters hard om ons gemeenskappe te beveilig. Veediefstal bly egter ’n reuse probleem wat vererger word deur te min lede wat betrokke is om veediefstal te bekamp. Die oorgrote meerderheid van die gesteelde vee gaan nie meer na Lesotho nie, maar word aangery na veilings in Gauteng. Bakkies met sleepwaentjies wat onwettige vee uit Lesotho aanry is ook ’n weeklikse verskynsel. Onwettige oorgrens-kruisings en weiding van vee uit Lesotho in Suid Afrika word ook ’n bykans onbeheerbare probleem. Infrastruktuur Die toestand van provinsiale paaie is haglik en dit lyk nie of die provinsiale departement oor die nodige bestuursvermoë beskik om die situasie te verbeter nie. Lede se betrokkenheid Dit is vir my lekker om te berig dat veeveilings regoor die streek die afgelope jaar baie goed gedoen het. Die talle landboudae is ook goed bygewoon en landbouers bly hoopvol dat die komende jaar die begin van ’n klomp goeie jare sal wees. Dit word jaarliks meer duidelik hoe groot rol landbou in landelike gemeenskappe speel. Dit is dikwels landbouers wat ten spyte van al hulle uitdagings positiewe leiding binne gemeenskappe moet gee. Ons Hemelse Vader het ons gedra tot hier en met Sy genade sal ons voortgaan om kos te produseer en gemeenskappe positief te beïnvloed.

34

Daar is groot waardering vir die landboubesighede se ondersteuning en bydrae aan ons landbouers wat die land moet voed. Veiligheid Die Landelike Beveiligheidsplan, in samewerking met die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD), is in plek en funksioneer goed. Bethlehem-beheersentrum speel ’n baie belangrike rol ten opsigte van koördinering en HENDRIK KNOBEL kommunikasie tydens brande en plaasaanvalle. Daar word Die 2018/19 seisoen was ’n gereeld patrollies gery en moeilike een vir baie landbouers die samewerking tussen die in ons streek, hoofsaaklik weens Bethlehem-beheersentrum ’n droë voorseisoen en ’n baie nat en die verskillende náseisoen. Die politieke klimaat landbouverenigings is ook goed. in aanloop tot die verkiesing het Distriks-landbouvergaderings ook groot onsekerheid onder vind op ’n gereelde basis, landbouers veroorsaak, veral waarvan die bywoning ook ten opsigte van grondonteiening goed is, plaas. Patrollies sonder vergoeding. Gelukkig is vind in samewerking met die oorgrote meerderheid van die SAPD plaas én privaat ons landbouers baie positief. sekuriteitsmaatskappye is ook baie behulpsaam. Lede se betrokkenheid Die aanmelding van veediefstal Ledegetalle in ons streek lyk is nog nie wat dit behoort te goed. Hoewel ’n paar lede wees nie. Só ook die opvolg as lid van Vrystaat Landbou van geopende sake deur die gekanselleer het, het daar SAPD wat nie op standaard nie. ook nuwe lede aangesluit. Ongeveer 25% van diefstalsake Lede se betrokkenheid by word nie aangemeld nie. Die landbouverenigings en die gemeenskap is oor die algemeen SAPD vra meer samewerking van landbouers se kant af. In goed, veral as gekyk word na sommige gevalle is die landbouer al die verskillende landboudae, nie op sy plaas wanneer die wat in samewerking met SAPD daar aankom nie en dan landboubedrywe, gehou word veewagters die klaer, wat word. Jong landbouers se verskeie negatiewe implikasies betrokkenheid is oor die het. Veediefstal op plase teen algemeen goed en daar is selfs die Lesotho-grens is steeds ’n landbouverenigings gestig groot probleem. Die polisie by hoërskole in ons streek. van Lesotho gee baie goeie Fondsinsamelingsprojekte se samewerking aan landbouers in opbrengste word hoofsaaklik Suid-Afrika, maar dieselfde kan gebruik vir plaasveiligheid. Die herlewingslandbou-werkswinkel nie van die SAPD gesê word nie. in Reitz, waaraan verskeie Wat die brande in ons streek oorsese sprekers deelgeneem betref, was die 16 000 ha wat het, het ook baie belangstelling afgebrand het in 2018 baie gelok en was ’n groot sukses. minder as die 51 000 ha in 2017

4


en die 164 000 ha in 2016. Die rede vir minder wegholbrande was hoofsaaklik gunstiger weerstoestande en die feit dat landbouers meer voorbrande gemaak het. Rhino Oil and Gas SA Rhino Oil and Gas SA se aansoek vir die reg om ondersoek in te stel na die moontlikheid van gas-eksplorasie is ’n groot rede tot kommer vir baie grondeienaars van die OosVrystaat en KwaZulu-Natal. Verskeie inligtingsvergaderings is in Clarens, Bethlehem en Lindley gehou en dit is met groot belangstelling bygewoon. Moolman en Pienaar Ing. prokureurs van Potchefstroom is aangestel om die aansoek van Rhino Oil and Gas SA namens die landbouers en grondeienaars teen te staan. Groot onsekerheid heers, veral nadat grondeienaars in Natal genoodsaak is om die Appèlhof te nader. Die regter het hul poging om die aansoek tersyde te stel op grond van tegniese tekortkominge in die aansoek verwerp. Finansiële bydraes is al deur verskeie landbouverenigings gemaak om die kostes van die hofaansoek te dek. Daar is twee aansoeke deur die Petroleum Assosiasie van Suid Afrika (PASA) goedgekeur, naamlik: Die 346 ER wat blok 158 TCP op die kaart is en meer as 6000 plase insluit, asook die aansoek 350 ER wat blok 139 TCP is en dit raak meer as 4000 plase. Infrastruktuur Die paaie in streek 4 in die Oos-Vrystaat is soos in die groot dele van die provinsie in ’n baie swak toestand, veral na die hoë reënval gedurende Maart en April. Die vervoer van landbouprodukte en vee na die onderskeie afsetpunte word ernstig benadeel en vervoerkostes word al hoe hoër.

Sommige landbouverenigings beplan om self die paaie in hul omgewing op eie onkoste te herstel. Gewasse en vee Die somer-plantseisoen het laat afgeskop weens droë en warm toestande, maar genadiglik het toestande vinnig verbeter en die meeste landbouers kon al hul beplande aanplantings doen. Vroeë aanplantings oor die droogte het aansienlike skade opgedoen, maar later aanplantings se opbrengspotensiaal is goed tot baie goed. Die produsentepryse van mielies, sojabone en sonneblomme is redelik tot goed. Die koringoes was onder gemiddeld as gevolg van hittegolf-toestande wat tydens blom- en korrelvul-stadiums voorgekom het. Dit alhoewel planttoestande goed was, asook tydens stoel en pypstadium. Die koringprys was redelik goed tussen R3800 en R4000. Planttoestande tydens die nuwe 2019 seisoen was goed.

sonneblomoes veroorsaak en sommige landbouers het selfs hul sonneblomme net na korrelvulstadium doodgespuit om verdere verspreiding van die siekte te voorkom. Vleis- en wolpryse is nog onder baie druk, hoofsaaklik weens die uitbreek van bek-en-klouseer in Limpopo. Speenkalfpryse begin nou kop optel na tussen R27 en R30 per kg en A-grade lyk goed op R 44 per kg. Stoorlammers se prys styg tot R40 per kg, asook slagpryse na R73 per kg. Weidingstoestande het redelik goed in Januarie en Februarie herstel, terwyl lande met mieliereste stadig beskikbaar raak as gevolg van groot kolle in lande wat te nat is om te stroop.

Die appeloes se opbrengs was ver ondergemiddeld weens die laat ryp gedurende September 2018, terwyl die kwaliteit redelik gemiddeld was. Binnelandse pryse vir die Oos-Vrystaat se oes was redelik tot goed vanweë die swak kwaliteit appels van die Kaap in 2018. Dit kan aan die droogte toegeskryf word, wat die Die droëboon-oes het aansienlike rede was dat min appels geberg skade opgedoen weens die kon word om mee te ding met baie reën op die ryp bone wat die Oos-Vrystaat se appels. Hoë die kwaliteit baie benadeel temperature het tydens Mei het. Gedurende Paasnaweek 2019 voorgekom wat die koue het 200 mm reën en meer in eenhede nadelig kan beïnvloed. die streek geval, wat baie nat Dit bly ’n groot voorreg om te landerye veroorsaak het wat die boer en alle dank en eer aan stroopproses van die mielies, ons Hemelse Vader wat ons elke sojabone, droëbone en selfs dag behoed en bewaar. Kom sonneblomme baie bemoeilik en ons wees dankbaar vir al die vertraag het. Die laat ryp was tot voorregte en seëninge wat ons meeste landbouers se voordeel uit Sy hand ontvang. Ons sien uit as gekyk word na die laat na die volgende seisoen. Lekker droëbone wat goeie opbrengste boer! met goeie kwaliteit gelewer het. Die prys vir goeie kwaliteit bone was R12 500 tot R13 000 per ton en vir swak kwaliteit R9500 per ton. Die uithaalproses van die aartappeloes is ook aansienlik bemoeilik. Die Schlerotiniaswam het groot verliese op die

35


die verbruiker deurgegee word. Saam met die uitvoerverbod (wat gelukkig opgehef is), het wolpryse ook gedaal. Lede se betrokkenheid

5

VORSTER ZEILINGA

Gewasse en vee Die natuur het ons sedert Oktober 2018 tot relatief onlangs ietwat stief behandel. ’n Ongekende droogte het ons ernstig geteister. Vroeë aanplantings van kontantgewasse se opbrengste het ’n drastiese verlaging in opbrengs gehad, terwyl laat aanplantings meer belowend lyk – veral mielies. Die laat ryp het hierdie jaar die laat aanplantings gehelp, maar groot skade is op die vroeë aanplantings gekry. Sojabone en mielies se gemiddelde opbrengste is beslis baie laer. Suikerbone het ’n ietwat beter opbrengs gelewer, maar die prys het sterk gedaal. Ons veeboere het groot kommer oor die grasvolumes vir die komende winter. Slegs die minimum hooibale is gemaak en ons opgaardamme se watervlakke is abnormaal laag. Die mielieprys het heelwat gestyg, wat veroorsaak het dat voerkrale landwyd die speenkalfprys met ongeveer 30% afwaarts aangepas het. Bek-enklouseer het ook ’n rol gespeel wat betref voormelde laer prys, omdat vleisuitvoere in totaal gestaak is. Listeriose het ook veroorsaak dat ons varkboere se vleispryse tot op dieselfde vlakke as in 2013 gedaal het. Dit is ongelukkig so dat insetkostes met bykans dieselfde persentasie gestyg het. Hopelik sal die produsent se laer vleispryse aan

36

Indien ons na ander dele in ons provinsie en die res van ons land kyk, het ons baie stof tot dankbaarheid. Die samewerking onderling en tussen die onderskeie landbouverenigings was en is steeds ’n riem onder die hart. Ek is al die lede opreg dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning. ’n Woord van dank aan Mont Pelaan vir 2018 se HDBU – Jaareindfunksie. Hulle het ’n uiters suksesvolle funksie aangebied. Dankie vir al die moeite en opoffering. Baie dankie aan al die landbouverenigings vir al die veilings, landboudae en die bestuur van julle verenigings. Julle is die gom wat ons bymekaar hou. Op 5 Desember 2018 het ons ’n baie suksesvolle inligtingsaand by die Harrismith-gholfklub gehou. Die ekonoom Dawie Roodt en politieke ontleder prof Theo Venter se gesprekke was uiters interessant en leersaam. Ons het ook vir dr Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseverhoudinge betrek om ons te help om landbou se saak te stel en te bevorder. Dit was en is belangrik dat ’n onafhanklike en kundige persoon buite landbou hierdie taak verrig. Die ANC is verdeeld en indien jy ’n verdeelde politieke beweging wil verenig, het jy ’n gemeenskaplike vyand nodig. Én die landbouer op sy plaas het daardie vyand geword. Rhino Oil and Gas SA In die onlangse verlede het ons ’n aanslag van Zungu-Zungu Gas afgeweer om gas ontginning in ons gebied te doen. Daar is egter ’n nuwe aansoek van Rhino Oil and Gas SA. Dit is ’n Amerikaanse maatskappy. Die hele Noordoos-

Vrystaat is in gedrang en sowat 11 000 plase is ter sprake. Ons het die bal aan die rol gesit om hierdie aansoek teen te staan. Ons het op 21 Februarie 2019 ’n gesamentlike vergadering by die Bergville-poloklub gehou. Hierdie bedreiging is myns insiens ernstiger as die ZunguZungu Gas. ’n Mens onthou van die Franse petroliumreus Total se groot aardgasfonds aan die Suid-Kaapse kus. Gwede Mantashe, Minister van Mineraal en Energiebronne, het die regering se besluit bevestig om die wetgewing vir olie en gas van tradisionele minerale te skei. Hy het verklaar dat die regering so gou as moontlik maak om die gewysigde wetgewing af te handel, sodat dit ingedien kan word sodra die nuwe parlement na vanjaar se verkiesing in sitting is. Dit blyk dat wetgewing hieroor daadwerklik verslap gaan word. Grondhervorming Grondhervorming, en meer spesifiek onteiening sonder vergoeding, was en is steeds aspekte wat indringend bespreek word. Ons het ’n voorlegging aan die komitee gedoen wat hierdie ondersoek doen. Dit handel spesifiek oor Artikel 25 van die Grondwet. Ek versoek dat hierdie voorlegging hierby ingelees word asof woordeliks herhaal: (PAR 10) “The land reform process has to be based on elevant and accurate data. Economic consequences (inter alia financial institutions, foreign investments, poor security, food availability, food affordability, weakening of the rand – uncontrollable inflation) of expropriation without compensation has to be fully understood. What are the circumstances, under which the power(s) to expropriate land without compensation may (must?) be exercised? We refer to Agri SA’s attempt to bring some figures to the drawing


board. Is it necessary and in the national and general interest to scrap or amend a fundamental human right? Compensation must ensure that the affected parties are not worse off after the expropriation than they were before.” (PAR 11) “We are supportive of an orderly and disciplined process of land reform. A sustainable and viable agricultural sector has to be ensured. It is of paramount importance and is under no circumstances negotiable. Starvation will result in a socioeconomic revolution. Bear in mind that the agricultural sector employs ± 855 000 people. The agricultural sector is the backbone of rural South Africa and rural South Africa (towns, cities, communities, etc.) is dependant (social-economical and economical) on the agricultural sector and agricultural businesses. The South African population is estimated to reach more than 67 million in 2035. Who will be responsible for the increasing food supply to sustain and feed the growing population? At this point in time South Africa is the most food secure country in Africa.” Ons is dankbaar dat Cyril Ramaphosa uiteindelik die President is en nie Nkosazana Dlamini-Zuma nie. ’n Mens sal sien hoe hy kommersiële landbougrond sonder vergoeding gaan onteien en dat dit op so ’n wyse gedoen word dat dit nie ekonomiese ontwikkeling, landbouproduksie en voedselsekerheid benadeel nie. Ook dat dit industrialisering bevorder, werkgeleenthede skep en die ekonomie help transformeer. Voedselsekerheid is slegs volhoubaar as die produksie van voedsel winsgewend is. Met ’n onderpresterende ekonomie is die grondkwessie en eiendomsbesit die goue

troefkaart en word minderhede dikwels as die vyand voorgehou in omgewings waar rassisme deur sekere organisasies toegelaat en misbruik word. Onteiening sonder vergoeding is waarskynlik die slegste ideologiese posisie om in te neem as die behoefte juis ekonomiese groei en finansiële investering is. Populistiese kwessies soos grond en gratis hoër onderrig word misbruik om politieke steun te mobiliseer.

met Vrystaat Landbou opgeneem en ’n skrywe is aan die “Koning” gerig om hom te waarsku teen onregmatige grondbesetting. Dit is ook met die SAPD bespreek. Die optrede van die mense kan tot groot probleme lei. Dit is ’n stam en stamowerheid met geen legitimiteit nie. Hulle is nie lede van die Huis van Tradisionele Leiers nie en word nie as sulks deur die regering van die dag erken nie. (Sien Grondwet van RSA)

Ek is bekommerd oor die statistiek (geloofwaardig of nie) dat sowat 80% van Suid-Afrikaanse landbouers verantwoordelik is vir 20% van ons voedselproduksie.

Die grootste risiko’s vir ons in 2019 is waarskynlik die volgende (Davos Internasionale Risikoverslag.):

Veiligheid Veediefstal is steeds ’n enorme probleem in ons gebied. Dit is verstommend dat hierdie probleem in hierdie moderne tyd nie behoorlik bekamp en voorkom kan word nie. Dit kan grotendeels toegeskryf word aan ’n ondoeltreffende polisiediens. ’n Opname het getoon dat 72% van die publiek geen vertroue in die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) het nie en het laasgenoemde as ongeloofwaardig beskou. Ons sal vindingryk moet wees en alles in ons vermoë moet doen om hierdie probleem te voorkom en op te los. Sindikate wat ander eiendom steel is ook aan die orde van die dag. Ons is baie dankbaar dat Fidelity ADT tot die stryd teen misdaad toegetree het. Hopelik met hulle hulp en tegnologie behoort ons ’n verskil te sien.

(1) Werkloosheid en gebrek aan werksgeleenthede. (2) Waterkrisisse – klimaatsverandering/droogtes/ hittegolwe. (3) Mislukking van nasionale/ provinsiale en plaaslike regerings. (4) Omvangryke maatskaplike onstabiliteit. (5) Verval van kritieke infrastruktuur. Laastens kan ons net ons Skepper bedank vir Sy genade en ontelbare seëninge.

Bakholokoe-stam Ek moet ook na die “Koning” van Bakholokoe verwys. Die stam en dinastie onder “Koning” Letsitsa III Sika Moloi is op ons voorstoep gesetel. Hy beweer hy is die eienaar van 10 000 000 ha grond in die Vrystaat. Verskeie onregmatige grondbesettings is in ons gebied deur hom aangehits. Die aangeleentheid is

6

DEON VAN DER WATT

Veiligheid Op die gebied van veiligheid gaan dit baie goed in die Tweeling-area. ’n Nuwe

37


radiosisteem is in werking gestel. Landbouers het nuwe radio’s met paniekkontroles in hul huise laat installeer.

grootste dele redelik voldoende tot genoeg vir die winterseisoen. Dit te danke aan goeie reën in die ná-somer.

Wanneer die paniekknoppie geaktiveer word, stuur ’n rekenaar outomaties SMS’e na gelyste persone. Dit is gewoonlik die naaste bure en ’n privaat-veiligheidsmaatskappy. Laasgenoemde se reaksiemag tree dadelik op en is gewoonlik voor die polisie op die toneel. Die landbouers is verantwoordelik vir die maandelikse onkoste.

Lede se betrokkenheid

Toestande

Veediefstal in die Tweelinggebied het heeltemal afgeneem. Frankfort het ook al begin om die privaat-veiligheidsmaatskappy te gebruik.

Klimaatstoestande was baie moeilik sedert die begin van die seisoen. Erge winde het vanaf Augustus 2018 tot ongeveer die helfte van Oktober geheers.

Betrokkenheid by georganiseerde landbou

Die plantseisoen het ook met min en ondergemiddelde reënval in die grootste gedeelte van die streek begin. Hittegolwe was ook aan die orde van die dag gedurende November en Desember 2018, asook die tweede helfte van Januarie 2019. Sterk winde het ook einde Januarie 2019 geheers.

Vergaderings van die distrikslandbou-unie word gereeld gehou en juis daaroor is groot hoeveelhede voer en mielies na droogtegeteisterde gebiede gestuur. Dit is wonderlik om te sê dat Frankfort se landbouers hul eie vragmotors gegee het en as ’n konvooi met voer, mielies en meel na Aberdeen en Murraysburg gery het. Landbou Ontwikkeling Die gesindheid van die area se landbouers is baie goed. Hulle boer voluit en laat hul geensins onderkry of negatief beïnvloed deur gerugte van grondonteiening sonder vergoeding nie.

8

KOOT NAUDE

Reënval was baie wisselvallig, met sekere dele wat goeie reën en ander wat ver ondergemiddeld gehad het. Dit was boonop veral op kritieke stadiums van gewasaanplantings. Weiveld is ook baie wisselvallig weens die reënpatroon. Goeie reënvalsyfers is gedurende Februarie en veral ook in April, aan die einde van die seisoen, aangeteken. Dit het laat aanplantings baie gehelp. Met die skryf van dié verslag was die stroopseisoen reeds oor die halfpadmerk en blyk opbrengste van gewasse ook baie wisselvallig te wees – van ondergemiddeld, gemiddeld in sekere dele tot bo gemiddeld. Veldtoestande is gelukkig in die

38

Die lede van Streek 8 se opbetaalsyfer van ledegeld van 95% is ’n goeie weerspieëling van hul betrokkenheid by Vrystaat Landbou (VL) en georganiseerde landbou. Gegewe die moeilike politieke klimaat en ander faktore wat nie altyd in die landbouer se guns is nie, vertrou en ondersteun ons landbouers steeds op VL se leiding, insig en visie as rigtingwyser. Landbouers maak ook staat op VL as spreekbuis wanneer dit by landbou-aangeleenthede kom. Veiligheid Veiligheidstrukture is in plek by al nege landbouverenigings. Met enkele tekortkominge, funksioneer die verenigings en veiligheidsektore volgens die veiligheidsplan. In meeste gevalle is elke lid betrokke by die veiligheidstruktuur. Uitsonderings is waar lede nie op plase woonagtig is nie. Die lid werk byvoorbeeld in die stad of elders en is nie altyd op die plaas nie. Baie van hulle doen egter moeite om soos moontlik by die veiligheidstruktuur in te skakel. Daar word ook in ag geneem dat daar bejaarde landbouers is en dit nie altyd vir hulle moontlik is om by aktiwiteite in te skakel nie, veral nie by aktiwiteite ná ure nie. Die platteland en veral plase word al hoe meer ’n teiken vir misdadigers om op toe te slaan, hetsy dit deur roof, aanval of moord is. Ek glo dat waar die veiligheidstruktuur behoorlik werk, die misdade tot die minimum beperk word. Ons dank aan elke landbouer wat


baie tyd en energie opoffer om misdaad te help bekamp. Die veediefstal-kurwe is besig om te styg én ander eiendomsverwante misdaad raak ook ’n bekommernis. Daarom word ’n beroep op elke landbouer en elke stasiebevelvoerder van die SuidAfrikaanse Polisiediens gedoen om hande te vat om misdadigers af te skrik en/of om hulle spoedig aan te keer. Infrastruktuur Die skep van ’n veilige omgewing of gemeenskap word egter in baie gevalle deur swak infrastruktuur, wat disfunksioneel is, belemmer. Hiervan is paaie ’n baie groot probleem. Ander probleme sluit in Eskom se elektrisiteitsvoorsiening wat ’n mens dikwels in die steek laat. Diensverskaffers van selfoonnetwerke is ook baie keer onbetroubaar. As dit alles in ag geneem word, doen landbouers steeds wat hulle graag wil doen. Dit is om te boer, na aan die natuur te wees en deel te bly van die voedselfabriek van Suid-Afrika.

In Streek 9 het ons ’n droë en moeilike voorsomer-seisoen, vanaf November 2018 tot einde Januarie 2019, beleef. Dit het met baie min reën en hitteperiodes van etlike weke, wat die 40˚C merk gehaal het, gepaard gegaan. Aanplantings van akkerbougewasse het dus eers begin Januarie 2019 werklik op dreef gekom en tot in Februarie 2019 geduur. Vanaf Februarie 2019 het reënval meer verspreid begin voorkom en weidingstoestande, wat op daardie stadium swak was, dramaties verbeter. Ons is dankbaar dat Maart en April 2019 se reënval aansienlik bo gemiddeld was. Dus het akkerbou-gewasse en weiding baie daarby gebaat. Die streek se eerste rypneerslag het gelukkig sowat ses weke laat gekom. Gemiddelde oeste en redelike goeie weiding is dus heersend.

BOY SAAIMAN

Toestande Ons kyk terug op nog ’n jaar. Nóg ’n jaar se water wat onder deur die brug van tyd is.

Die verval van plattelandse dorpe in die streek is ook ’n groot bron van kommer, asook werkloosheid wat enorme afmetings aanneem. ’n Mens hoop dat ekonomiese groei in die land en die landbousektor beter vooruitsigte in die streek sal skep. Intussen moet ons voorgaan met ons allerbelangrike taak én dit is om voedselproduksie vir die land vol te hou. Dank aan ons Hemel Vader vir sy voorsiening.

Veiligheid Wat veiligheid betref, het daar die afgelope jaar genadiglik geen plaasaanvalle of plaasmoorde in die streek voorgekom nie. Veiligheid, asook die diefstal van vee en elektriese kabels en toerusting, bly egter steeds ’n groot brandpunt. Samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens om hierdie misdade te bekamp is soms goed, terwyl dit op ander plekke nie na wense is nie. Infrastruktuur

9

opneem.

Paaie in die streek is oor die algemeen in ’n baie swak toestand. Provinsiale roetes soos die Kroonstad/Viljoenskroon-pad is feitlik onrybaar. Sekondêre grondpaaie is ook, veral na die reën in April, sleg verspoel. Vrystaat Landbou sal hierdie toestande van paaie, vir dringende aandag, met die provinsiale owerheid moet

10

STEFAN HANEKOM

Dit was ’n moeilike jaar wat agter ons is. In party plekke kon ons plant en in ander nie, maar ons bly dankbaar vir dit wat daar is. In vandag se onstuimighede in landbou, soos grondhervorming en ander, is landbouers maar erg bekommerd. En die uitsprake oor grondonteiening sonder vergoeding bly ’n groot probleem. Veiligheid By veiligheid gaan dit redelik goed. Die streek het geen ernstige probleme ondervind nie. Tussen die myne in en om Welkom en Odendaalsrus bly veiligheid egter altyd ’n groot risiko vir landbouers. Landbouers is baie betrokke by veiligheid. Wit- en bloulig aande word baie

39


goed ondersteun en almal besef die erns van die saak. Ons gaan verdere moeilike tye in landbou binne, maar ons moet positief bly. Met die regte landbouleiers daar kan ons die stryd wen. Lekker boer!

word daar vir begrotings gewag om paaie te herstel. Landbouers is self betrokke met hulp om paaie te herstel en dit word in samewerking met die Departement van Paaie gedoen. Indien landbouers nie self betrokke raak en help nie, gaan die krisis net groter word. Veiligheid Veiligheid sal altyd ’n brandpunt bly. Veediefstal bly die grootse krisis deurdat daar daagliks vee gesteel word. Die merk, tel en daaglikse besoeke aan veekuddes help dat hierdie diefstal afneem.

11

JAKKALS LE ROUX

Toestande Vanaf Augustus tot Junie 2018 het weerstoestande in die Nalastreek groot kommer veroorsaak. In Desember 2018 het min reën in dele voorgekom, wat veroorsaak het dat min mielies geplant is. Die reën het toe weggebly en eers in Januarie 2019 begin om redelik wyd uit te sak. Die oeste vir 2018/19 is daarom baie laat en gelukkig het die koue ook laat gekom. Sonneblomme lyk goed en waar dit wel gestroop is, is opbrengste goed. Mielies wat vroeg geplant is se opbrengste is ondergemiddeld, maar die wat later in die seisoen geplant is lyk belowend én dit wil voorkom of die produkpryse goed gaan wees. Ondervog is baie goed oor die goeie reën en die watertafelgronde se profiele is vol. Die huidige stand van die ondervog kan help dat opbrengste vir die volgende drie seisoene met onder tot normale reënval goed behoort te wees. Infrastruktuur Sekere paaie in die gebied is in haglike toestande en huidiglik

40

Daar was geen plaasmoorde in die streek nie en ons dank Ons Vader dat dit stil is op hierdie front. Ons wil ook landbouers wat in hul gebiede by veiligheid betrokke is, bedank. Elkeen is vir sy eie veiligheid verantwoordelik, maar gesamentlik is ons verantwoordelik vir ons gemeenskap. Ons moet net volhard in dit wat ons doen, positiewe denke behou en op ons leier, Ons Hemelse Vader, vertrou en glo. Ons moet betrokke raak in ons gemeenskappe en landbouorganisasies ondersteun en vertrou. Dankie vir almal se ondersteuning. Sterkte en voorspoed vir die nuwe seisoen wat voorlê!

12

ANDRÉ JANSE VAN RENSBURG

“When the going gets tough, the tough gets going”. Hierdie

stukkie waarheid was lanklaas so van toepassing soos die afgelope jaar. Dit was ʼn moeilike jaar. Moeiliker as die meeste ander. Op verskeie fronte was die aanslagte fel. Ekonomies gaan dit hier, soos in baie ander streke, nie goed nie. Daar is by sommige ’n gedeeltelike oes op lande wat op die 45ste Desember geplant is – in die hoop dat daar iets van sou kom. Én daar het. Ons het ons brood op die water gegooi en dit kom veelvuldig terug. Genadiglik. Volgens Sy maat afgeweeg en uitgespaar. Vraag 1 is altyd: “Wat doen Vrystaat Landbou (VL) vir my?” Dit is seker die vraag wat ek die meeste hoor as Streekverteenwoordiger en sekerlik een van die moeilikste om te beantwoord, omdat die organisasie op soveel fronte vir elkeen van ons veg. As die vet in die vuur is, is dit egter “wat gaan julle hieraan doen?” of “hoekom het julle nog nie ’n plan gemaak nie?” Asof Elisa sit en profeteer en Salomo wyse opdragte op grond daarvan skryf en e-pos sodat ons dit net kan uitvoer. Asof ons deur Sy oë die toekoms in kan sien en al die oplossings vir al die vrae van al die landbouers op al die plase in ’n biblioteek het. Vir dit wat ek en jy jaarliks vir VL betaal, kan jy nie jou kind vir ’n maand in ’n koshuis sit nie. Jy kan nie vir ’n trop beeste vir ’n maand lek koop nie en kan jy nie ’n maand se diesel in jou bakkie gooi nie, maar ons verwag wonderwerke van VL. Is daar ’n Landelikebeveiligingplan in my gebied wat werk? Ja! Weet almal van hom? Nee. Stel almal belang om deel daarvan te wees of wag ons met gebalde vuiste vir iemand anders om iets te doen wat ons nie bereid of in staat is om self te doen nie? Én kritiseer ons nie dalk bietjie te maklik die manne en vroue wat dag in en dag uit daar is om ons noodroepe te


naaldwerk- en noodhulp kursusse gereël.

ontvang en ons met daad en woord by te staan nie? En weet ons waarvan ons praat as ons so mildelik kritiseer en blaam lê voor ander se deure? VL probeer. Hulle spook met alles van selfoonsein tot veiligheid. Ons het die leiers gekies. Of het ons net die gewilliges gekies om op die kantlyn te kan sit? Het jy al die antwoorde? Want ek moet erken ek het nie. Is jy heldersiende? Ek is nie. Wat ek wel het, is ’n nommer wat ek kan bel as my raad op is. Iemand wat gaan luister na my probleem en my probeer help. Is dit altyd suksesvol? Nee, ongelukkig nie. Maar ons probeer. Saam. Én as ’n groep kry ons meer reg as individue. Eendrag maak mag. EENDRAG. Nie Vrystaat Landbou nie. Behoort vraag 1 nie anders te lyk nie? Behoort die harde kritiek nie eerder ’n woord van bemoediging te wees vir die wat voor staan en al die klappe kry sonder om ’n woord sê nie? Ek is vir my veiligheid verantwoordelik. Ek is vir my boerdery verantwoordelik, vir my vrou en kinders. Ek het besluit om hulp te soek waar my kennis tekort skiet en my arms te kort is. Ek is ’n trotse lid van VL. Ek verwag nie die onmoontlike nie, omdat ek nie in staat is om die onmoontlike te verrig nie. Ek steek my hande uit om myself en my medemens te help waar ek met my beskeie vermoë kan. Saam met Vrystaat Landbou. En ek sê dankie vir almal wat sy deel doen om te help – of dit van die veld af of van die pawiljoen af is. Rugry en kritiseer is maklik, maar om ander se vrag te help dra is nie. Saam KAN ONS deurkom, alleen SAL EK val. “Ask not what your country can do for you, but what you can do for your country” – John F. Kennedy.

13

WILLIE WEICH

Streek 13 bestaan uit drie distrikte, naamlik Boshof, Dealesville en Hertzogville. Dit is weer in ses landbouverenigings verdeel, met ’n ledetal van 274. Hiervan is 67 trusts en BK’s. Veiligheid Danksy ’n goed uitgewerkte veiligheidsplan deur Vrystaat Landbou (VL), wat in die streek toegepas word, was dit ’n jaar van geen plaasaanvalle. Daar is goeie samewerking met die SuidAfrikaanse Polisiediens. Hoewel veediefstal toeneem, is daar ook deurbrake gemaak waar ’n sinkplaat-sindikaat oopgevlek en arrestasies gemaak is. Renosterstropery het ook in die distrik plaasgevind. Aksies en ondersteuning Agri-Dealesville het ’n groen toer vir lede gereël waar ’n aartappel-aanleg besoek is, wat onder meer die uithaal en verpakking behels het. Alle vergaderings en landboudae, soos byvoorbeeld die uitkenning van verskillende grassoorte soos Rally-, gesinskiet- en voeljag-dae word gereël. Dit met die doel om vir lede iets te leer – hetsy tegnologie, bewerkingsmetodes of nuwe toerusting. Hinterland en Western Genetics Brangus Veldbul klub is ook genooi. Opleidingdae is ook vir plaaswerkers, -vrouens en opkomende landbouers in die vorm van veehantering,

In die hele streek word aandag en finansiële ondersteuning gegee aan bejaardes en kinders, byvoorbeeld by ouetehuise en skole. Kersetes word, in samewerking met kerke, vir bejaardes gereël en boekpryse vir prysuitdelings by skole geborg. Lede dra ruim by in die vorm van plaasprodukte en groente aan ’n kinderhuis in Bloemfontein én in die gemeenskap van behoeftiges in dorpe. Toestande Dit was ’n baie warm en droë jaar en die streek het laat reën gekry. Party landbouers kon eers in Februarie klaar plant. Deur die genade van ons Hemelse Vader het die ryp laat gekom. Ongelukkig is daar baie skade aan mielies en sonneblom oor die erge hitte en winde. In die saai-areas is daar geen grondboontjies geplant nie. Meer saaiboere het koring geplant as in die verlede. Aartappelboere ervaar weer uitdagings met swak markte en vervoer. Kontantvloei was erg onder druk. Produksiefinansiering was ook erg onder druk. Met die skryf van hierdie verslag het meeste lede nog nie begin stroop nie. Veeboere was ook onder druk met swak weidings, brande en lae veepryse. Dankie aan VKB vir voerskenkings en Voermol wat blokke lek geskenk het. Dit word opreg waardeer. Lae vleispryse is egter ’n groot bekommernis. Ná elke vergadering kuier die manne lekker saam. Uitstappies word ook gereël om mielieproewe te besigtig. Die WhatsApp-groepe wat inligting oor brande deurgee is baie doeltreffend. Brandmeesters neem beheer en

41


organiseer die voertuie, asook waar waterpunte naby die brand is. In die Hertzogville- en Boshofarea was daar groot skades met weidingbrand. Ná verlede jaar se groot brand in die Boshof-distrik het die landbouverenigings met eie geld ’n Mercedes-vragmotor gekoop en in ’n brandvoertuig omskep. Dit is van groot waarde vir die gemeenskap. Brandspuite en -bane word in ’n werkende toestand gehou. ’n Arbeidsdag word jaarliks in Hertzogville deur Gernie Botha, Regsadviseur van Vrystaat Landbou (VL), aangebied. Arbeidsprobleme word bespreek. Botha lig lede in, sodat hulle dit op die regte manier kan aanspreek. Kontrakte en plakkate word vanaf VL se kantoor verkry. Sommige lede is lede van ander arbeidskonsultante. Infrastruktuur Teer- en grondpaaie in die streek is in ’n haglike toestand. Daar is met Theuns Shields oor die toestand van paaie vergader. By die vergadering het die departement se verteenwoordiger aangevoer dat daar geen swaarvoertuigbestuurder met ’n lisensie is nie. Dus kan hy nie werkers hiervoor aanwend nie. Die verkryging van warm teer om slaggate te vul is ook ’n probleem. Volgens Shields word die hele Vrystaatse bestelling op een slag geplaas en die verskaffer kan dit nie voorsien nie. VL se lede neem egter eie inisiatief om gate met gruis te vul. Die Dealesville/Boshof teerpad is al twee keer hervul. Skriftelike klagtes word herhaaldelik by die Departement van Paaie in Boshof aangemeld. Redes wat deur departement aangevoer word, is dat hulle nie bestuurders vir die padskraper in Tokologo het nie. Dus moet een van die buurdistrikte s’n geleen

42

word. Lede is ook van eisvorms voorsien vir skade wat deur swak paaie veroorsaak word.

egter ons moet positief bly. Vir die lede is VL ’n baie belangrike spreekbuis.

Die Tokologo-munisipaliteit hou ook nie die begraafplase in stand nie. Agri-Hertzogville het ’n projek waar lede dit skoonmaak. Voorwaar navolgenswaardig!

Van die landbouverenigings se ledetalle het mooi toegeneem. Ons is trots op julle. Daar is egter ’n groot bekommernis onder ander landbouverenigings dat ledegelde nie betaal kan word nie. VL het groot empatie met hierdie probleem en doen wat hy kan om te spaar, sodat hy ons as lede se hande kan vat en sterk maak.

Plaaslike regering word na forumvergaderings genooi, maar daag nooit op nie. VL se lede dra kennis van die munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s of IDP’s), maar party lede voel dit is tydmors om enige voorstelle in te dien siende dit volgens hulle geen prioriteit is nie. Die prosesse is lank en kan tot vyf jaar neem voor implementering. Daar is sake wat dringende aandag verg en nie vyf jaar kan wag nie. Wat die GOP en begrotings betref, dink ek dat ons lede nog nie genoeg doen om daarby betrokke te wees. Maar ek deel ook hul siening dat dit nie veel help om insette te lewer nie. Munisipaliteite dra ongelukkig nie ’n goeie beeld uit nie. Van hul bates is onlangs op ’n veiling verkoop, wat dienslewering nog swakker maak. Grondbelasting word slegs in die koerant geadverteer. Geen rekeninge word uitgestuur nie en lede (grondeienaars) kla baie dat hulle geen rekening ontvang het nie. Die munisipaliteit se houding is dat dit die verbruiker se plig is om navraag te doen. Personeel by munisipaliteite se kantore het ’n houding van geen dienslewering nie. Wanneer iemand skakel is daar net een persoon wat kan help en sy is nooit op kantoor nie. Lede se betrokkenheid Van die ouer lede is negatief en kan nie meer die spanning oor die onsekerheid van onder meer grondhervoriming en swak kommoditeitspryse hanteer nie, maar meeste landbouers meen

Dankie aan al die landbouverenigings se sekretaresses en sekretarisse wat hard werk om landbouverenigings volop betaal te hou. Danksy jul harde werk kon ek verlede jaar die trofee as VL se Streeksverteenwoordiger van die Jaar huis toe bring. Ek sluit af met die begin van R Foster se boek: “The desperate need today is not for a greater number of intelligent people, or gifted people, but for deep people.”

14

HENRI DU BRUYN

Ek wil graag my voorganger, Willie Maas wat na agt jaar uitgetree het, vir sy bydrae in Streek 14 bedank en bereidwilligheid om ons vir so lank te dien en ondersteun. Ons wil ons meegevoel betoon aan Winburg se distrikslandbouunie met die tragiese afsterwe van hul voorsitter, Karl-Heinz Strauss. Baie geluk aan Karee-


landbouvereniging wat verlede jaar derde plek behaal het as Vrystaat Landbou (VL) se Landbouvereniging van die Jaar. Veiligheid Dit bly maar ’n hoë risiko om vandag op ’n plaas te wees. By Winburg is ’n plaasaanval voorkom deur goeie samewerking tussen landbouers toe inligting bekom is en arrestasies plaasgevind het. Die beskuldigdes is steeds in aanhouding. Daar word gereeld blou en -witlig-patrollies, saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in die streek gehou. Vee- en koperdiefstal bly ’n groot probleem. Elke dorp in Streek 14 het sy eie veiligheidsnetwerk, wat ook inskakel by buurdorpe. Theunissen is besig met die oprig van ’n operasionele kamer wat by Welkom sal inskakel.

President van VL, gehou. Dit is goed bygewoon en landbouers van so ver as Soutpan was teenwoordig. Die vergadering het ’n baie positiewe boodskap uitgedra en nuwe lede is gewerf. Karee-landbouvereniging het saam VL ’n veiligheidswerkswinkel vir die streek aangebied, wat ook goed deur lede én nie-lede bygewoon is. Daar is ook voer en geld in die streek vir landbouers in nood in die Kaap ingesamel. Dankie vir die leiding wat ek van die Hemelvader kry om hierdie taak te kan verrig. En dankie vir die landbouverenigings van Streek 14 vir jul samewerking.

Gemeenskapsbetrokkenheid Landbouverenigings is baie nou betrokke by hul direkte gemeenskappe, hetsy by ouetehuise of ander instansies en projekte in dorpe. Winburg D.B.U. het water na die dorp se damme help pomp. Karee het weer R30 000 ingesamel vir behoeftiges in Brandfort en Theunissen het die begraafplaas help skoonmaak en heinings herstel. Lede se betrokkenheid Daar het heelwat nuwe lede by VL aangesluit. Rugryers sal daar altyd wees, maar die wat betrokke is, is positief en trek almal saam. Theunissenlandbouvereniging het ’n vergadering met Francois Wilken,

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) van Excelsior is ’n sprekende bewys van samewerking en kommunikasie en die uitvoering van landelike klagtes. Maandeliks word veiligheidskomitee-vergaderings gehou om moontlike probleme te bestuur. Tokolo Farmerslandbouvereniging is deel van 11 sektore, wat ook hul wit- en bloulig-patrollies in landelike woongebiede, saam met die SAPD, nakom. Hierdie landbouers is ook besig om hul eie veiligheidsplan op te stel om dit aan VL se veiligheidskomitee voor te lê. Infrastruktuur

Infrastruktuur Die infrastruktuur in die platteland is besig om totaal in duie te stort. Dorpe sukkel met water en krag én paaie in dorpe en distrikte raak al hoe swakker. Daar is talle sekondêre paaie wat reeds vir ’n motor onbegaanbaar is.

en gemeenskappe. Verbeterde kommunikasiekanale is geskep vir beter veiligheid en samewerking. Ken jou buurman of is dit “ken jou vyand”?

15

BERNARD MAREE

Ons groot dank aan ons Hemelse Vader wat ons die afgelope jaar beskerm en voed in moeilike omstandighede en spesifiek in die landbou. Ons grootste uitdagings is en was veiligheid, misdaad en plaasaanvalle, droogte die laaste drie tot vier jaar, politiek in terme van grondgrype en onteiening, asook veesiektes soos bek- en klouseer. Verwysend na bogenoemde bly landbouers steeds passievol en positief om te volhard in hierdie sektor wat hulle na aan die hart lê. Veiligheid Kommunikasie tussen landbouers het verbeter weens die gesamentlike moontlike bedreigings teen landbouers

Streek 15 het sy eie padraad gevorm. Dit is die Excelsior/ Ladybrand en Tweespruit padraad, met G van Rensburg van die Departement van Paaie in Ladybrand as sameroeper. Hulle begin eersdaags met hergruising van hooftoegangsweë na Excelsior. Landbouers het gronddamme en gruisgroewe beskikbaar gestel wat landbouers en inwoners tot voordeel sal strek. Hierdie poging kan ook die sosiale aktiwiteite van die gemeenskap bevoordeel. Kommunikasie bly die sleutel tot sukses vir probleme wat mag ontstaan. Dit word bestuur tot die bevordering van samehorigheid in die distrik. My dank aan die distrikslandbou-unies, asook die veiligheidskoördineerders en SAPD, vir hul inskiklikheid vir samewerking tot volhoubare produserende landbou in die gebied. Ons dank aan Vrystaat Landbou en sy personeel, vir hul bedagsaamheid en hulp met

43


oplossings wat elke dag ook uniek kan wees. Sterkte met die kongresreëlings en weet ook dat hierdie gebeure uniek aan VL kan wees.

16

LAURENS SCHLEBUSCH

Vrystaat Landbou (VL) se kongrestema, Wat is my rol as lid van Vrystaat Landbou?, gaan veral fokus op betrokkenheid, bestaande strukture, rolle ens.

geteister deur veediefstal en algemene misdaad, maar dit wil lyk of die grenslyne van die verskillende polisiestasies nou beter bestuur word en aktiewe patrollies verrig wondere. Die landbouers oos van Bloemfontein is baie betrokke by patrollies en dit blyk of die aksies van hierdie omgewings wel vrugte afwerp. Le Roy van der Merwe van Glen is baie betrokke by misdaadvoorkoming en daardie landbouvereniging doen goeie werk. Landbouers is egter traag om deel te word van die groter veiligheidstruktuur binne VL. By landbouverenigings waar lede betrokke is en saamstaan, besef die omgewing se landbouers die noodsaaklikheid om saam met die polisie te werk om geweld en misdaad te bekamp. Dit is egter nie die geval waar verenigings uitmekaargespat het oor ’n tekort aan lede of twis nie.

Lede se betrokkenheid Streek 16 het hierdie jaar baie lede verloor wat nie bereid was om ledegelde te betaal nie, maar daar was ook oomblikke van lig uit Tierpoort waar die gemeenskap besluit het om verskille uit die weg te ruim en weer vir die eerste keer in jare saam te vergader. Francois Wilken, President van VL, het die vergadering toegespreek en lede is opgewonde om weer deel van VL te word. Ons is baie dankbaar dat die president ook by Waaikraal die streekvergadering en ook studiegroepe toegespreek het. Die lede is elke keer baie opgewonde oor die rol van VL, veral nadat Francois hulle toegespreek het. Veiligheid Veiligheid suid van Bloemfontein, onder leiding van kapt. Van der Merwe, is goed op dreef. Die sektore een, twee, drie en vier hou gereeld inoefen-sessies. Sannaspos en Mockesdam word

44

17

JOHAN FOURIE

Streek 17 van Vrystaat Landbou (VL) bestaan uit drie klein dorpies en is baie afhanklik van die landbougemeenskap. Ons is bevoorreg en het groot waardering vir ons drie jong landbouvereniging-voorsitters, naamlik Philip Oosthuizen van Dewetsdorp, Rudo Opperman van Wepener en Gèrhard Jordaan van Vanstadensrus. Ons dank hulle dat hulle hul landbou-aangeleenthede in die

uitdagende landbou-omgewing van vandag so prakties en dinamies dryf. Lede se betrokkenheid In Dewetsdorp het daar in die afgelope jaar meer landbouers aangesluit as lede wat bedank het en het die ledetal vermeerder. Lede is ook 98% opbetaal. Die lede van Wepener-landbou se betrokkenheid het laaste tyd relatief afgeneem weens verskeie redes. Een van die redes is dat lede voel VL is nie in voeling met sy lede op grondvlak nie, maak beloftes wat nie nagekom word nie en gee nie die terugvoer wat verwag word nie. Lede is bekommerd oor die stand van sake in landbou, met klem op die grondonteieningkwessie en hoe planne gemaak word om ’n toekoms te sien vir landbouers in Suid-Afrika. Ons moet hande vat om mekaar te help en sterk maak in aksies wat ons aanpak tot voordeel van landbou. Daarmee het die lede nodig om te weet dat hulle op georganiseerde landbou kan staatmaak. In Vanstadensrus is ons landbouers, op een familie na, almal betrokke by VL en georganiseerde landbou. Lede se bywoning van vergaderings is goed en ondersteun ledeveilings, landboudae, landboutoere en ook aktiwiteite van ander landbouverenigings. In die streek het ons jong en effektiewe voorsitters en is daar inisiatiewe wat landbouers inspireer om by aktiwiteite betrokke te wees. Lede uit hierdie relatief klein streek is betrokke in die gemeenskap en is leiers in VL, dien in vele posisies soos by Nasionale Stamboek, OVK, RPO, brandverenigings, padrade, munisipaliteite, plaaslike


ouetehuise, veiligheidstrukture en sportklubs.

Die streek se lede is redelik aktief betrokke by die veiligheidstrukture en daar word ook gereeld wit-en blouligpatrollies gery.

Veiligheid Dewetsdorp funksioneer goed en dit is nie net lede nie, maar ook die breër gemeenskap wat die dorp insluit, wat betrek is. Kommunikasie en inligtingplatforms is in plek (11 sektore). Die landbouvereniging het ook veiligheid geprioritiseer en subsidieer veiligheidskameras in die distrik. Wepener-landbou het veiligheidstrukture en ’n aksieplan in plek (3 sektore). Daar is steeds ’n behoefte aan opleiding en inoefening. Vanstadensrus het ’n veiligheidsplan en het die area in sektore verdeel. Daar word veiligheidsvergaderings gereël en dit word goed bygewoon. Inligtingsessies is gereël oor grondbesetting, selfverdediging en vuurwapenhantering. Radio’s en kameras in die distrik is ook aangespreek. Daar is tans planne op die tafel om die sekuriteit en veiligheid, in samewerking met landelike veiligheid-strukture, VL en Fidelity ADT, verder op te skerp. Die landbougemeenskap, deur sy strukture, het al goed op noodgevalle gereageer. In die streek is strukture in plek en lede is gewoonlik die inisieerders om die strukture effektief te hou. Daar is ook radio’s by stasies van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om kommunikasie met landbouers in geval van nood te verbeter. Goeie samewerking word oor die algemeen van die SAPD ontvang. Daar is egter ruimte vir verbetering.

Daar is een plaasmoord by Koffiefontein beleef. Landbouers was gou en baie professioneel op die toneel en het die SAPD goed bygestaan. Algemeen

18

KEMPEN NEL

Streek 18, wat die Letsemeng munisipale gebied verteenwoordig, is een van die Vrystaatse dele wat baie harde en geharde landbouers huisves. Ons is geseënd met landbouers wat die erns en waarde van georganiseerde landbou besef, maar dan het ons ook rugryers wat só mooi in ons as SuidAfrikaners se geskiedenis en samelewing inpas. Lede se betrokkenheid Daar is sewe aktiewe landbouverenigings, waarvan die jongste een besig is om tot stand te kom. Dit sal ons eerste landbouvereniging van opkomende landbouers wees. Dit is die Oppermansgrondelandbouvereniging wat op 28 Mei 2019 sy intensie te kenne gegee het om as volwaardige landbouvereniging by Vrystaat Landbou (VL) in te skakel.

Landbou is ’n bedryf wat van ons Skepper afhanklik is. In die streek is daar vee- en besproeiingsboere en elkeen het op sy eie manier God se seën nodig. Ons hoop om meer van ons omliggende landbouers betrokke te kry by georganiseerde landbou en dan ook so ons hand te versterk met die pad vorentoe. Ek persoonlik glo ons sal dit regkry om ons land en sy mense te voed, solank ons net ons beste gee en ons afhanklikheid teenoor ons Skepper sal besef en eerbiedig. Aan my mede VL-lede wil ek vra om my te help om ’n beter VL in ons streek te bou en uit te brei.

Ons sien uit om hulle as lede te verwelkom en sal trots wees om saam met hulle te werk. Veiligheid In Streek 18 het ons vyf verskillende veiligheidstrukture wat ook goed inpas by ons landbouverenigings en wat nou saamwerk met hul onderskeie takke by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Ons kan net ons Hemelse Vader vra dat Hy ons as streek sal behoed en bewaar teen plaasmoorde en -aanvalle.

19

JACQUES VAN RENSBURG

Streek 19 het weer eens ’n geluksalige jaar beleef en ons dank ons Skepper vir al die seëninge wat ons ontvang het. Die kongrestema hierdie jaar spreek die lid se verpligting teenoor sy eie organisasie aan.

45


Om ’n gerekende lid te wees beteken veel meer as net om opbetaal te wees. Deelname aan al die verskillende fasette van lidmaatskap is van uiterste belang. Bywoning en deelname aan landbouverenigingvergaderings, aktiewe deelname aan plaaslike veiligheidstrukture en om jouself beskikbaar te stel om leiding te neem en lojaal te wees. Opsommend kan daar gesê word: Wees net diensbaar teenoor jou eie organisasie en breër gemeenskap. Dit gesê, kom ons ontleed die situasie op grondvlak. Lede se betrokkenheid Lede van Vrystaat Landbou (VL) word al ouer en dit lyk asof daar nie jong lede na vore kom om die organisasie vorentoe te vat nie, maar die werklikheid is dat met die swakker wordende ekonomiese situasie bly die ouer landbouer meer geredelik in ’n pa-en-seun boerdery. Die gevolg is dat die pa afgevaardig word om vergaderings by te woon, terwyl die seun met die boerdery voortgaan. Of as die boerderyeenheid nie groot genoeg is, werk die seun of dogter in ’n ander beroep totdat die pa aftree. Wat ek eintlik wil sê, is dat daar vele eksterne faktore is wat aanleiding gee tot die skynbare apatiese lewenswyse van jonger landbouers. Die uiters negatiewe politieke situasie plaas ’n demper op alle sosiale interaksie. Dit lei tot nie ’n laertrek-sindroom nie, maar eerder ’n kokon van veiligheid vir jouself en familie. Dit is my eerlike mening dat lidmaatskapgelde ’n baie klein bydrae lewer tot die trae uitbouing van lidmaatskap van VL as organisasie. Streek 19 het soos al die ander streke ook sy rugryers en slap handjies wat nie aan georganiseerde landbou deelneem nie. Die vraag is of die res van ons, wat wel opbetaalde lede is, die verantwoordelikheid

46

moet aanvaar vir hul onwilligheid om betrokke te raak. Daar moet gewaak word dat ons nie meer energie as wat nodig is bestee om ’n gesindheid te verander wat nie wil verander nie. Spandeer eerder tyd en energie om die lid wat betrokke is as lid te behou deur ’n professionele diens aan daardie lid te bied. Hopelik sal die nie-lid tot die gevolgtrekking kom dat dit voordelig vir hom sou wees om ook aan te sluit. Ongelukkig het daar by die meeste landbouverenigings in my streek ’n tendens begin ontstaan dat nie-lede welkom is om vergaderings by te woon en selfs op besture dien. Hierdie verskynsel word geregverdig deur die argument dat ons almal nodig het vir ons behoud, veiligheid, brandverenigings ens. Dit lei tot die argument dat nie-lede dieselfde voorregte geniet as die opbetaalde lid en inherent verloor ons die aansporing om lede te werf. Ledewerwing is seker een van die moeilikste opdragte vir ’n streekverteenwoordiger, omdat ons nie altyd toegerus is om wat ons as vanselfsprekend aanvaar oor te dra na ’n persoon wat nie eintlik wil hoor wat jy sê nie. My dank aan die bestuur en personeel van VL wat ’n uitmuntende taak onder uiters moeilike omstandighede verrig.

20

JACOBUS STROEBEL

Oor die algemeen gaan dit goed in Streek 20. Nadat die streek die afgelope jaar, sedert Augustus 2018, goeie reën ontvang het en daar in sekere dele weens flitsvloede skade gely is. Veepryse is tans nie na wense nie en dit knyp aan landbouers se sakke. Daar is ’n al hoe groter gevoel onder lede dat hierdie situasie op een of ander manier aangespreek sal moet word. Ná die goeie reën is daar in groot gedeeltes van die streek volop en goeie veld of weiding en word daar reeds voorsorgmaatreëls getref vir die moontlikheid van veldbrande. In al die dorpe is daar gevestigde en funksionerende brandbeskermingsverenigings. Lede se betrokkenheid Met die betrokkenheid van landbouers in Streek 20 gaan dit goed. Meeste van die landbouers in die gebied is lede van Vrystaat Landbou (VL) en ook meestal opbetaald. Daar is egter steeds potensiële lede wat gewerf of oortuig kan word om aan te sluit. In sommige dele is dit meer jonger landbouers wat oortuiging nodig het en is ek van mening dat VL oor die algemeen meer tyd aan die werwing van jong landbouers moet spandeer. Veiligheid Die strukture is grotendeels in plek en funksioneer optimaal


veral per dorpsdistrik. Daar is ook gevestigde oorgrensstrukture wat goed funksioneer. Inoefeninge vind plaas soos verwag word. Daar is in van die dorpe goeie skakeling met die polisie en in ander is daar nie so ’n positiewe gevoel nie. Dus is daar ruimte vir verbetering en gesprekvoering. Veediefstal bly een van die grootste kopsere in die gebied.

Die sukses met arrestasies en die terugkry van vee is nie goed nie. Verder was daar ook ’n paar aanvalle, sommiges baie ernstig en ander minder ernstig. Die strukture het baie goed gefunksioneer en opgetree met al hierdie aanvalle. Lede is relatief betrokke by veiligheidstrukture, maar dit kan tog verbeter. Wanneer daar ’n situasie rondom of naby mense

plaasvind, is hulle geneig om daarna vir ’n tydperk paraat en betrokke op te tree totdat dit weer beter gaan. Die landbouers van Streek 20 word bedank vir die goeie samewerking wat ek die afgelope jaar ervaar het.

47


KOMITEE VERSLAE

FINANSIËLE Komitee 2019

Jacobus Stroebel

Johann van Graan

Suzette Rousseau

Cynthia Troost

Die Finansiële Komitee van Vrystaat Landbou (VL) bestaan uit: Mnre. Jacobus Stroebel (Voorsitter), Francois Wilken (VL President), Tommie Esterhuyse (Vise President), Ben Duminy, Laurens Schlebusch, (Uitvoerende Bestuurslede) en Tommie Nieuwoudt (Jongboere). Personeel: Mnr. Johann van Graan (Bestuurder: Finansies & Administrasie), Mev. Suzette Rousseau (Finansiële beampte) en Mev. Cynthia Troost (Lede beampte).

Die doelstellings van Vrystaat Landbou se Finansiële komitee is om volgens ʼn neergelegde Finansiële beleid Vrystaat Landbou se finansies effektief te bestuur met inagneming van die volgende: • Begrotingsbestuur (inkomste/uitgawes in lyn met begroting is). Goedkeuring van addisionele uitgawes nie begroot nie en wat deur komitees versoek word met inagneming van belangrikheid, noodsaaklikheid en hoe dit binne begroting, bestuur gaan word. • Nagaan en goedkeuring van Finansiële State soos voorgelê tydens Finansiële Komitee vergaderings vir finale voorlegging en goedkeuring tydens Dag- en Uitvoerende bestuursvergaderings. • Effektiewe bestuur van Vrystaat Landbou se beleggings tesame met twee kundige beleggings instansies. • Hersien en bestuur van kontrole en beheerstelsels om finansiële risiko’s te beperk

48

en uit te skakel. • Bestuur van lede aangeleenthede wat insluit aanbeveling van ledegeld vasstelling, konstitusies, uitstaande ledegeld, ledewerwing tesame met Bemarkings Komitee asook Vrystaat Landbou ledestelsel (ledeprogram). Landbou in Suid-Afrika staan seker nou voor die grootste uitdagings en onsekerhede in sy geskiedenis. Die volle inpak van klimaat, veiligheid, staatskaping, ekonomiese werklikhede en politieke invloede het deel van ons daaglikse bestaan geword. Deur gesamentlik en georganiseerd op te tree, oftewel deel te wees van georganiseerde landbou, sal bogenoemde impak van disfuksionaliteit in die samelewing, aangespreek word. Vir ons as VL lede beteken dit om deur middel van ‘n R10.8 miljoen inkomstebegroting, die volle inpak op verskillende vlakke op ons landbouers te versag en uitdagings in suksesse te omskep. Die afgelope jaar was Vrystaat Landbou se finansiële posisie onder groot druk.


Vrystaat Landbou se finansiële beleid bepaal dat daar nie vir ʼn verlies begroot kan word nie. Vrystaat Landbou moes om sy begroting te laat klop die afgelope jare voorsiening maak uit reserwes. Die afgelope 4 jaar het Vrystaat Landbou se totale aantal lede met 403 lede gedaal en opbetaalde lede met 103 gedaal. Die bedrag t.o.v uitstaande ledegeld (ledegeld nie ontvang/ ingevorder nie) beloop R1.1 miljoen vir die 2019 jaar. Dit is die grootste afwyking nog wat nie geїn is nie teenoor die begrote syfer. ʼn Aspek wat kommer wek is dat daar jaarliks ʼn afname in die ledetal is. Vrystaat Landbou is ‘n lede organisasie en ledegeld maak 92.7% van die totale inkomste begroting uit. Dit wys duidelik uit dat ledegeld die vernaamste bron van inkomste is. Met die opstel van Vrystaat Landbou se begroting vir die 2019/2020 jaar kon die begroting nie goedgekeur word nie omrede daar nie aan Finansiële beleid voldoen kon word nie. Om die groot tekort op die begroting aan te spreek, het die Uitvoerende Bestuur goedgekeur dat ʼn ondersoekkomitee aangestel word om met aanbevelings na vore te kom. Die huidige toestande in landbou en die moeilike posisie waarin lede verkeer as gevolg van droogte toestande die afgelope paar jare is in ag geneem en aan die anderkant die diens wat aan lede gebied word sonder om die hoogstaande gehalte en professionele diens wat in plek is, te benadeel. Daar is tydens die opstel van die begroting (bepaling van ledegeld) ook krities na die uitgawe kant van die organisasie gekyk en aanbevelings van die ondersoek komitee, is in plek gestel (herstrukturering ens.). Reis- en verblyfkoste is ʼn groot uitgawe en u kan verseker wees dat ons hierdie koste sentrum effektief bestuur. Ons kan u verseker dat ons ook hier na die gebruik van nuwe tegnologie kyk. Mede lede verteenwoordig lede tydens vergaderings/gesprekke en skakeling met owerheid. Om hierdie vergaderings/gesprekke by te woon en die saak van georgansieerde langdbou namens u te stel, moet uitgawes aangegaan word. Terwyl u boer is die bestuurslede weg van hulle plase/ boerdery om die groter saak van georganiseerde landbou namens ons almal te hanteer. Dit is belangrik dat daar volgehoue druk op die owerhede geplaas word en soos in die verlede suksesvol vir volhoubare landbou te beding. Vanuit die ondersoek was daar sekere aksies rondom herstrukturering van Vrystaat Landbou se kantoor geïmplementeer ten einde die langtermyn volhoubaarheid van Vrystaat Landbou te verseker.

Aangesien daar die afgelope aantal jare ʼn negatiewe groei in ledetal was en die 400 nuwe lede wat as teiken opgestel was in die 2018/2019 begroting nie gerealiseer het nie, is daar vir geen groei in ledetal vir 2019/2020 begroting, begroot nie. Ledegeld is die afgelope jaar van R3200 na R3460 per lid per jaar verhoog. Die wysiging en aanpassing van ledegeld kategorieë is ook ʼn aangeleentheid wat al vir jare bespreek word en wat nou dringend aandag moet geniet. Die formaat van Vrystaat Landbou se kongres van 7 en 8 Augustus 2019 gaan so saamgestel word dat daar groter deelname van lede/ afgevaardigdes sal wees rondom besprekingspunte en aspekte wat belangrik vir lede is. Ledegeld kategorieë is die een aspek wat tydens die komende kongres bespreek gaan word en daar finaliteit tydens die kongres verkry moet word. ʼn Ander aspek is die hantering van uitstaande ledegelde en waar die kongres die rigting moet gee bv. ʼn eenmalige afskrywing van agterstallige ledegeld en hoe agterstallige ledegeld in die toekoms hanteer moet word. Om hierdie rede is die opstel van ‘n ledebeleid krities. Dit sal enige onduidelikhede en aspekte van lede aanspreek. Daar is verskillende voorstelle rondom bepaling van ledegeld nl. volgens ID nommers, volgens grootte van die grondeienaar ens. Die laer wins marge van die kleiner landbouer wat dieselfde ledegeld as groter en selfs mega- boere betaal is ʼn aspek wat aangespreek moet word. Mnr Francois Wilken (President, VL) se visie is dat daar weer nouer skakeling met lede en Landbouverenigings sal wees en dat Vrystaat Landbou se strukture tot by lede effektief funksioneer. Om dit te bereik is die onderlinge samewerking van bestuur, personeel, landbouverenigings en lede van kardinale belang. ‘n Belangrike doelwit is om alle lede betrokke te kry en daardeur kan daar gesamentlik en georganiseerd opgetree word. Die uitdagings wat georganiseerde landbou tans ervaar noop landbouers om hande te vat en sterk te staan. Vrystaat Landbou is ons lede. Die langtermyn volhoubaarheid van Vrystaat Landbou is die verantwoordelikheid van sy lede, Landbouverenigings, personeel en sy Uitvoerende Bestuur. U as lid finansier u organisasie se uitgawes deur u ledegeld. Ons is vir ons eie heil verantwoordelik en daarom is dit so belangrik dat ons die voortbestaan van Vrystaat Landbou wat u spreekbuis is, sal verseker.

49


Vrystaat Landbou/Free State Agriculture

FINANSIËLE RESULTATE Financial Results BALANSSTAAT OP 30 APRIL

2019

2018

R

R

BALANCE SHEET ON 30 APRIL

BATES Nie-bedryfsbates

ASSETS 16 419 396

16 156 131

Non-current assets

3 571 250

3 555 900

Fixed assets at cost price

48 563

29 449

Computers at book value

625 528

803 526

Motor vehicles at book value

Meubels en toerusting teen boekwaard

6 650

17 464

Furniture and equipment at book value

Sekuriteitstoerusting teen boekwaarde

-

-

Security equipment at book value

12 167 405

11 749 792

Investments

Vaste eiendomme teen kosprys Rekenaartoerusting teen boekwaarde Voertuie teen boekwaarde

Beleggings

3 270 067

2 130 079

Current assets

Verbruikersvoorraad

Bedryfsbates

14 615

12 326

Inventory

Bedrae ontvangbaar

1 377 667

426 249

Amounts receivable

Bank en kontantsaldo’s

1 877 785

1 691 504

Bank and cash balances

19 689 463

18 286 210

Totale bates FONDSE EN LASTE Fondse van Vrystaat Landbou

EQUITY AND LIABILITIES 14 703 248

14 367 393

Free State Agriculture’s funds

Opgelope fonds

7 779 441

7 451 612

Accrued fund

Eie fondse

6 923 807

6 915 781

Own funds

Trustfondse

420 813

414 083

Trust funds

Ander fondse

420 813

414 083

Other funds

Bedryfslaste

4 565 402

3 504 734

Current liabilities

Bedrae betaalbaar

4 565 402

3 504 734

Amounts payable

19 689 463

18 286 210

Total equity and liabilities

Totale fondse en laste

50


Vrystaat Landbou/Free State Agriculture

FINANSIËLE RESULTATE Financial Results

(vervolg)

(continue)

2019

2018

R

R

INKOMSTESTAAT

INCOME STATEMENT

Die resultate van Vrystaat Landbou bedrywighede vir die jaar geëindig 30 April 2019 kan as volg opgesom word: The results of Free State Agriculture activities for the year ending 30 April 2019 can be summarized as: ADMINISTRASIE EN ALGEMENE SAKE

ADMINISTRATION AND OTHER BUSINESS 9 270 521

8 257 071

Membership fees

105 244

899 772

Other income

9 375 765

9 156 843

Suplus for the year

Uitgawes

(7 113 392) (8 853 295)

Expenses

Uitgawes van algemene sake komitees

(2 253 485) (2 271 350)

Ledegeld Ander inkomste Oorskot vir die jaar

Rente en ander inkomste na toekennings Finansierings Koste Bedryfssurplus/(tekort)

Expenses of general business committees

334 548

268 854

Interest and other income after allocations

(7 581)

(4 780)

Financing Costs

335 855 (1 703 728)

Operating surplus/(deficit) for the year

Befonds uit fondse

-

1 849 286

Payments from funds

Oordrag na fondse

45 967

(85 383)

Transfer to funds

Rente (Fondse)

(53 993)

(32 877)

Netto surplus / (tekort) vir die jaar

327 829

27 298

KONTANTVLOEI Netto kontant voortgebring uit bedryfsaktiwiteite Netto kontant aangewend in beleggingsaktiwite Netto kontant verkry uit / (terugbetaal ten opsigte van) finansieringsaktiwiteite Kontantoorskot/(-tekort) vir die jaar

Net surplus/(deficit) for the year

CASHFLOW Net cash generated from operating activities

486 402

424 990

(306 851)

321 496

Net cash from/(applied in) investment activities

6 730

(945)

Net cash derived from / (repaid in respect of) financing activities

186 281

745 541

Cash surplus/(deficit) for the year

Kontantekwivalente aan die begin van die jaar

1 691 504

Kontantekwivalente aan die einde van die jaar

1 877 785

945 963 Cash equivalents at the beginning of the year 1 691 504

Cash equivalents at the end of the year

Die volledige finansiële state is op aanvraag beskikbaar tydens die kongres/The complete financial statements are available on request during congress

51


LANDELIKE

VEILIGHEID KOMITEE

Jakkals le Roux

Dr Jane Buys

Gernie Botha

Elize Spence

Plaasaanvalle as ernstige geweldsmisdade Wanneer die afgelope drie jaar se syfers in die finansiële jare, 2016/17, 2017/18 en 2018/19, met mekaar vergelyk word, het die Vrystaat ’n afname in plaasaanvalle beleef. In 2016/17 was daar 66 plaasaanvalle, wat ses moorde insluit (een produsent en vyf werkers). In 2017/18 was daar 60 plaasaanvalle, wat sewe moorde insluit (vier produsente en drie werkers), terwyl in 2018/19 was daar 48 plaasaanvalle, wat sewe moorde insluit (twee produsente, drie opkomende landbouers, een werker en een persoon wat ’n winkel op ’n plaas bedryf het). In die kalenderjaar van 2018 het daar egter 31 plaasaanvalle in die Vrystaat voorgekom, terwyl daar vanaf Januarie tot Junie 2019 reeds 14 plaasaanvalle plaasgevind het. Die afname is grootliks te danke aan die skakeling van vooraf-inligting en vroeë waarneming van verdagte voertuie of mense wat deur werkers en landbouers in landelike gebiede deurgegee word. Dit sluit ook navrae aan sekere werkers deur moontlike rowers oor geld en vuurwapens binne huise, inligtingsnetwerke van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Misdaad-intelligensie en POPS-strukture, asook plaaswag-strukture wat aandui dat spesifieke plase geteiken kan word, in.

52

Die benadering van ’n goeie vennootskap binne die Landelike-beveiligingstrategie (LBS) dra heelwat by tot die sukses van ’n pro-aktiewe benadering oor plaasaanvalle. Net drie (uit 20) produsente wat lede van georganiseerde landbou is, was die afgelope finansiële jaar in die Vrystaat in plaasaanvalle die teiken. Die betrokkenheid van landbougemeenskappe binne die LBS, die deurlopende bou van verhoudings met die SAPD, bure, gemeenskappe, werkers en inwoners op plase, die opskerping en verbetering van kommunikasienetwerke deur WhatsApp-groepe vir veiligheid en radionetwerke dra alles by tot beter veiligheid. Verder dra die skakeling van inligting om pro-aktief en voorkomend op te tree, die aanbieding van opleidingswerkswinkels om landbougemeenskappe te bemagtig om na hul eie veiligheid om te sien, hoe om in noodsituasies op te tree ens, alles by tot die skepping van ’n veiliger kommersiële landbousektor in die Vrystaat. Die hersiende LBS word in die tweede helfte van 2019 geloods. Dit gaan gepaard met ’n implementeringsplan en aksiestappe om plaasaanvalle as ernstige geweldsmisdade op landbougrond doeltreffend aan te spreek. ’n Groter fokus word op veediefstal, skroot- en koperkabel-


diefstal, grondbesettings en renosterstropery geplaas. Die samewerking-ooreenkoms wat Vrystaat Landbou (VL) met Fidelity ADT in April 2019 aangegaan het, gaan ’n groter fokus op die voorkoming van gewelds- en eiendomsverwante misdade, veral wat betref die beweging van verdagte voertuie en persone in landelike gebiede, plaas. Die fokus ter voorkoming van misdade op landbougrond sal insluit die oprigting van kamerastelsels en monitering in hoë misdaadareas om veral ekonomiese misdade te bekamp, die daarstel van uitgebreide plaaswag en privaatsekuriteitsfunksies met bestaande strukture in landelike gebiede, asook ’n uitbreiding in die skakeling van misdaadverwante inligting na ’n gesentraliseerde punt. Samewerking met RPO om veediefstal te voorkom Veediefstal bly steeds die grootste eiendomsverwante misdaad wat ’n veilige en volhoubare kommersiële landbousektor in die Vrystaat negatief beïnvloed. Groter samewerking word tans tussen VLstrukture en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) verkry, veral die provinsiale Veediefstalvoorkomingsforum (PVVF), om veediefstal voorkomend aan te spreek. Daarom is ’n veediefstal-werkswinkel in April 2019 deur die RPO aangebied om alle aspekte wat met hierdie soort diefstal gepaard gaan uit te lig en om oplossings te vind. Die vestiging van Veediefstalinligtingsentrums (VIS) geniet aandag om die voorkoming en bekamping van veediefstal tussen die SAPD se Veediefstal-eenhede (VDE), landbouers en aanklaers daadwerklik aan te spreek. Verskeie vergaderings en werkswinkels tussen aanklaers, VDE, RPO en VL strukture het die afgelope jaar plaasgevind. Imbizo’s en oorgrensvergaderings, wat deur die sekretariaat vir gemeenskapsbetrokkenheid van die LUR van Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat met eweknieë in Lesotho en burgers gereël word, vorm deel van landelike veiligheid waar interaktiewe gesprekke tussen gemeenskappe van kardinale belang is. Deurlopende vergaderings en die skakeling met aanklaers van die nasionale vervolgingesag (NVG) vind plaas oor klagtes en ontevredenheid oor sake waar goeie terugvoer ontvang word. Hoë misdaadareas wat veediefstal in die provinsie betref, is dorpe wat langs die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho geleë is. Hulle én dorpe wat teen die N1-hoofweg na Gauteng, waar meeste afsetgebiede of markte is, geleë is, word

toenemend geteiken. Vergaderings van die Border Safeguarding Forum, onder leiding van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), vind ook kwartaalliks plaas om grensprobleme saam met alle rolspelers aan te spreek en om oorgrensoperasies weekliks te beplan. Verskeie oorgrensoperasies het die lig gesien en daar word toenemend op grensareas, deur die SAPD en SANW, gefokus om oorgrens misdade aan te spreek. Skroot- en koperkabel-diefstal Skroot- en koperkabel-diefstal het geweldig in die Vrystaat toegeneem en kan naas veediefstal as die tweede grootste eiendomsverwante misdaad, wat ’n veilige en volhoubare landbousektor negatief beïnvloed, gesien word. Groter druk en klem word geplaas binne die kriminele regstelsel om hierdie soort misdaad as ’n georganiseerde misdaad in projekgedrewe ondersoeke doeltreffend aan te spreek. Die diefstal van veral batterye van selfoontorings het ’n groot impak op die beskikbaarheid van selfoonnetwerkseine. Dit belemmer nie net kommunikasie nie, maar hou ook ’n veiligheidsbedreiging vir landbougemeenskappe in. Die onbeskikbaarheid van selfoonsein het ook ’n reuse impak op die landbouer wat betref data en die doen van besigheid deur die internet. Verskeie vergaderings is met Vodacom, MTN en Cell C gehou oor die oprigting van addisionele selfoontorings om hierdie probleme aan te spreek. Agri SA se 2018 se nasionale landbousektormisdaad opname (Buro vir marknavorsing (Bmn), Unisa) Die syfers en bevindings van Agri SA se 2018 nasionale landbousektor-misdaadopname vir die Vrystaat toon dat 71,15% van kommersiële landbouers in 2017 slagoffers van misdaad was. Met verwysing na ernstige- en geweldsmisdade het 22,52% van die respondente aangedui dat hulle slagoffers van rowe was, 3,87% is aangerand, 0,43% verkrag en 0,30% was slagoffers van strafbare manslag. Die soort eiendomsverwante misdade wat meeste kommersiële landbouers in die provinsie geraak het, is veediefstal met 26 175 insidente. Hierna is dit diefstal van plaasinfrastruktuur met 14 154 insidente, wat tussen 20,6% en 22,5% van die nasionale misdaadsyfers reflekteer. Kommersiële landbouers in die Vrystaat het aangedui dat hulle 79 356 misdaadverwante voorvalle op hul plase gedurende 2017 ervaar het. Hulle is van mening

53


dat misdade op hul plase met 33.02% toegeneem het. As die koste van verliese wat kommersiële landbouers in die provinsie ervaar bereken word, kan die direkte koste/verliese in 2017 as R610 902 667 aangedui word. Dit kan aandui dat ’n landbouer gemiddeld ’n finansiële verlies van sowat R454 763 per jaar kan ly weens skade wat deur misdaad (indirek) op sy eiendom gepleeg is. Die nie-rapportering in die Vrystaat onder kommersiële landbouers kan tussen 25.5% en 69.4% op alle vorme van misdaad wees. In die provinsie behoort 54,78% van kommersiële landbouers aan ’n aktiewe plaaswag-struktuur, maar slegs 22,60% neem deel aan plaaslike prioriteitskomitee-vergaderings oor die LBS. Slegs 55,2% van kommersiële landbouers merk hul vee en hou ’n veeregister by. Grondbesettings Grondbesettings op landbougrond het gedurende Augustus 2018 in Harrismith, Virginia en Wesselsbron plaasgevind. Daar was ook dreigende grondbesettings in die Hertzogville en Dealesville gebied. Grondbesettings vorm deel van die gewysigde LBS. Verskeie grondbesetting-werkswinkels word in landelike gebiede deur VL, in samewerking met

SAPD/POP op versoek van landbougemeenskappe, aangebied om landbouers te bemagtig hoe om op te tree tydens sulke situasies. Plaaswagte en Agri Securitas Groter samewerking vind met 22 bestaande plaaswagte in die Vrystaat oor raad, skakeling en wedersydse deurgee van misdaadverwanteinligting plaas. Agri Securitas het die afgelope vier jaar meer as R2 miljoen aan 26 dorpe se landbougemeenskappe in die Vrystaat, vir die aankoop van veiligheidtoerusting soos radio’s, herlaainetwerke, kameranetwerke, nagsigtoerusting, koeëlvaste-baadjies ens, beskikbaar gestel. Uitbou en bemagtiging van grondvlak-strukture Gebiedskantore en landbouverenigings se vergaderings word bygewoon waar interaktiewe gesprekke oor veiligheid aandag geniet. VL en die SAPD is ook betrokke by die aanbied van veiligheidsdae wat fokus op misdaadvoorkoming-inisiatiewe en -strategieë. Maandelikse veiligheidsoorsigte oor opkomende misdaadbedreigings en tendense word tot op landbouvereniging-vlak deurgegee. Sowat 200 vergaderings vind jaarliks plaas met spesifieke rolspelers en prioriteitskomitee-vergaderings om veiligheid en misdade in spesifiek landelike gebiede aan te spreek. Die uitbou en verbetering van grondstrukture se bemagtiging vorm een van die kerndoelwitte van VL se Landelike Veiligheidskomitee. Mediaskakeling en deurgee van inligting Die weergee van veiligheidsverwante-inligting aan die media deur mediaverklarings, onderhoude en sosiale media het daardtoe gelei dat ongeveer 55 mediaberigte oor veiligheid en spesifiek plaasinsidente, asook meer as 50 radioonderhoude, plaasgevind het. Dit sluit dekking op onder meer OFM, RSG, Pretoria FM, Radio Overvaal, Radio Rosestad, Lesedi FM, SA FM, Huffington Post, The Weekly en Die Burger (Netwerk 24) in. Buitelandse agentskappe soos ’n Duitse dagblad, asook ’n sosioloog van Frankryk, het onderhoude met VL gevoer oor die slagoffers van plaasaanvalle. Daar word ook dikwels artikels in tydskrifte oor veiligheid en plaasinsidente geplaas. Daar word voortdurend ook op veediefstal-voorvalle en die voorkoming daarvan gefokus. Dit word gedoen deur onder meer Landbouweekblad, Farmer’s Weekly en die Instituut vir Rasseverhoudinge, ens.

54


NATUURLIKE Hulpbronne Komitee

Kempen Nel

Dr Jack Armour

Elize Spence

Besproeiing en watersake Die Departement van Waterwese en Sanitasie bly agter met die finalisering van die bevestiging van bestaande wettige watergebruike, ook genoem die validering en verifikasie-proses van waterregte. Daar is deur Agri SA se waterlessenaar vir die dringende afhandeling hiervoor gevra. Watergebruiker-verenigings (WGV) is gevra om aan Agri SA se waterlessenaar vrywilliglik by te dra. Dit is ’n klein heffing op hul waterrekeninge om dit en ander hofsake voortdurend te dryf, sodat watergebruikers se regte beskerm kan word. Onwettige watergebruik bly ’n groot kommer vir die WGV’s wat se lede wettig betaal, maar gedruk

word om meer water af te gee vir transformasie. Dit terwyl daar onwettige watergebruikers is. Vrystaat Landbou (VL) se lede voel sterk dat onwettige watergebruikers se water gebruik moet word vir transformasie-doeleindes en dus die noodsaaklikheid om die wettige validering en verifikasie-proses af te handel. In ’n brief aan Agri SA oor vrywillige bydraes aan die Waterfonds het die Oranje Riet WGV se voorsitter, Kobus Nel, die saak van onwettige watergebruikers weer sterk beklemtoon en gevra dat Agri SA sterk hierteen moet optree in belang van sy lede wat wettige watergebruikers is.

55


Die konsep van omgewingreserwes vir water in die Vaalrivier-stelsel is vanjaar vir publieke kommentaar gepubliseer. Dit kan maak dat watertoekennings aan besproeiing proporsioneel verminder in gebiede waar te veel waterregte uitgereik is om voorsiening te maak vir omgewingreserwes. Rou watertariewe is jaarliks onderhandel. Die Oranjerivier se water bly die goedkoopste in die land. Inligting dat die Katse-tonnel in Oktober en November geen water weens onderhoud sal uitlaat nie, is versprei deur VL se kanale sodat besproeiingslandbouers die nodige aanplanting-aanpassings kan doen. Met Water Allocation Reform (WAR) is daar min vordering gemaak op die 2 000 ha wat nog vir nuwe lanbouer-ontwikkeling uit die Oranjerivier beskikbaar is. Dit kan in vennootskap met kommersiële landbouers gedoen word, waar landbouers die grond bekom of beskikbaar stel vir ’n plaaswerker-trust om vir die waterregte aansoek te doen en dan boer hulle saam in ’n 50/50 produksie-ooreenkoms. Dr Jack Armour, Bedryfsbestuur van VL, het die Oppermansgronde se uitstaande 600 ha, asook die 2 000 ha as ’n projek van die Motsepe Foundation ingedien om dalk hier befondsing te kry om die Oranjeriet-waterkanaal te laat lig. Fase twee hiervan begin einde 2019. Die Oppermanslandbouvereniging gaan heel waarskynlik by VL affilieer. Armour bly betrokke by die Coordinating Committee on Agricultural Water (CCAW) se proses. Daar is vanjaar water uitgereik in die Suid-Vrystaat aan ’n wit kommersiële landbouers met swart vennote. Volgens Otto Mbangula, die National African Farmers’ Union Agri-Business se President, is waterregte vir besproeiing en ’n voerkraal in Zastron toegeken. Toenemende probleme met waterbesoedeling deur mynbou en munisipaliteite word ook aan VL se kantoor gerapporteer. VL stuur sulke klagtes aan vir die “blou- en groen-skerpioene”, asook SALGA, om dit met die plaaslike mynboumaatskappy of munisipaliteit op te neem. Mynbou Die jongste aansoeke van Rhino Oil and Gas in die Oos-Vrystaat het gesorg vir verskeie vergaderings in die area, veral nadat landbougemeenskappe in die geaffekteerde gebiede gevoel het dat hulle self stappe wil neem om die onderskeie aansoeke aan te spreek. Die area wat geraak word, strek oor twee provinsies (van KwaZulu-Natal tot in die Vrystaat). Hieroor is daar op 21 Februarie 2019 ’n vergadering vir belanghebbendes by Bergville in KwaZulu-Natal gehou. Tydens die vergadering is besluit dat die

56

aansoeke teengestaan moet word en is daar ’n stuurkomitee, bestaande uit verskeie rolspelers, saamgestel. VL vorm deel van die komitee en het aangedui dat sy strukture ook gebruik kan word in die kommunikasieproses met lede wat geraak word en om inligting oor die proses beskikbaar te stel. ’n Verdere vergadering is ook op 12 Maart 2019 in Harrismith deur Armour en Gernie Botha, Regsadviseur van VL, bygewoon. Tydens die vergadering is daar meer gefokus op Vrystaatse gebiede wat deur die aansoeke geraak word. Voorligting is deur Hans-Jurie Moolman, die prokureur wat aangewys is tydens die vergadering van 21 Februarie 2019, oor die strategie gegee. Daar word gekyk na die proses wat gevolg word en sodra enige tekortkominge ondervind word, word daar op daardie foute gefokus en die hof word genader om die foute aan te spreek. By ’n vorige aangeleentheid is die probleem ook op hierdie basis suksesvol aangespreek en kon verhoed word dat die betrokke mynmaatskappy met verdere aksies voortgaan. Verskeie landbouverenigings het hulle by die proses aangesluit. VL voorsien ook raad en hulp oor administratiewe funksies. Gereelde kommunikasie vind plaas deur lede van die stuurkomitee en daar word toegesien dat daar op hoogte van die jongste verwikkelinge gebly word. Op 10 Mei 2019 is hofverrigtinge deur VL, in die Appèlhof oor die aangeleentheid Rhino Oil and Gas teen Normandien Farms en andere, bygewoon. Die President en Hoofbestuurder van Kwanalu was ook teenwoordig. Die advokate betrokke is ook dieselfde wat by die “nuwe” Rhino-aansoeke in die Oos-Vrystaat betrokke is. Die hof het na argumente sy uitspraak voorbehou en ’n finale uitspraak is op 31 Mei 2019 gelewer. Die hof het die appél toegestaan en die aanvanklike uitspraak in die Wes-Kaapse hoë hof is omgekeer. Die hof het in die eerste instansie in die guns van Normandie Farms beslis. Daar sal nou oorweeg moet word of die aangeleentheid na die Konstitusionele Hof geneem word. Na aanleiding van die uitspraak in die Normandien Farms aangeleentheid, is daar besluit om ’n opvolgvergadering op 24 Julie 2019 in Harrismith te hou om alle betrokkenes oor die stand van sake in te lig. Teen druktyd het die vergadering nog nie plaasgevind nie. Agri SA is ook betrokke by vier ander Rhino Oil and Gas-aansoeke in die Noordwes, Vrystaat, KwaZuluNatal en die Oos-Kaap. Dit is basies voorlopers van die aangeleenthede hierbo. Daar word feitlik op nasionale vlak gekoördineer oor alle aansoeke van


hierdie soort om op hoogte te bly oor die jongste verwikkelinge. Daar is ook ander minerale, soos steenkool, goud, diamante en ander, aansoeke wat VL se kantoor aan plaaslike landbouverenigings deurgegee het om onder die aandag van die grondeienaars en ander geraakte grondeienaars te bring. Met hierdie soort mynbouaansoeke is VL se standpunt meer samewerkend, maar in die belang van die lid. Dit teenoor skaliegas mynbou-aansoeke waar VL se standpunt (huidige mandaat) heeltemal hierteen is weens die langtermynvernietiging van ondergrondse water en landbougrond. Omgewings Impak Assessering (EIA’s): Bo en behalwe die EIA’s vir petroleum en mineraalaansoeke wat bo genoem is, is daar ook EIA’s uit die kantoor fasiliteer vir: - Sanral-grond vir gruisgroewe onderhandel/ onteiening dwars oor die Vrystaat op hoof Sanral-paaie (N roetes) - Lesotho-grenspad en -heining - Water-pyplyne (Arlington, Vanderkloof tot Bloemfontein-pyplyn) - Kraglyne (Tweespruit, Clocolan-Ficksburg) - Sonkrag-aanlegte (Dealesville se proses is amper afgehandel) - Die verander van grondgebruik van landbou na industrieel met die bou van Agri-Parke VL het ook ’n noue werksverhouding met die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Omgewingbestuur (CEM) wat sy meesters-studente oplei in die uitvoering van EIA’s. Protokolbeleid met EIA’s: VL registreer as geïnteresseerde party vir alle EIA’s wat oor VL se lessenaar kom waar landbougrond geraak kan word om op hoogte van die prosesse te bly en om sy lede en landbouverenigings wat hom versoek by te staan met raad en verwysing na die nodige regsof omgewingkundiges. VL se kantoor sal sy direkte kommunikasie met geraakte grondeienaars baie kan opknap indien elke lid se grond plaasname en nommers soos op die titelaktes kon hê. Dus versoek VL om elke plaas waarop lede boer (selfbesit of huur) aan VL se lede databasis deur te gee. Die inligting help die organisase ook geweldig met vinnige aksie tot grondbesettings, plaasveiligheid en arbeidsprobleme. Probleemplante en plae Satansbos en Slangbos (Vaalbos, Bankrotbos) bly die twee ergste probleemplante in die Vrystaat.

Verskeie turksvy-spesies (veral dwerg en “spinly”) en die Inkbessie veroorsaak ook dat baie veld onbruikbaar is én die bessie veroorsaak veevrektes. Die regering se gifhulp-program om die plante te beheer het ongelukkig opgedroog en net LandCareprogramme is deur die regering gehelp. Gelukkig was sprinkane, vinke en kommandowurms die laaste jaar onder beheer. VL het die sprinkaanbeampte se inligting versprei en verteenwoordigers se besonderhede aan die regering se databasis deurgegee. VL het ook met EcoGaurd vergader en hulle verwys na sekere landbouverenigings waar hulle natuurlike gifstof-proewe op onder meer turksvye, Slangbos, Inkbessie, Prosopis ens kan doen. VL het ook via Agri SA bande met die Centre for Biological Control by die Rhodes-Universiteit in Grahamstad gebou. Hy doen navorsing en proewe in die Vrystaat en sy beproefde biologiese beheermiddels is aan VL se lede beskikbaar gestel. Die eerste studie was op braambosse (Brambles and Blackbesrries) en die tweede oor Witstinkhout in die hoërliggende Vrystaatse gebiede. Bewaringslandbou Prof James Blignaut het op 17 September 2018 die nasionale LandCare-kongres in Bloemfontein oor die belangrikheid van grondbewaring as ’n nasionale sekuriteitsdoelstelling toegespreek. Hy het die koppeling tussen voedselsekuriteit en burgerlike veiligheid uitgelig. Hy het ook die skokkende feit uitgelig dat vir elke ton mielies wat in Suid-Afrika geproduseer is, is 13 ton bogrond verwoes en weggedra weens wind en watererosie. Blignaut was ook ’n gasspreker by die baie suksesvolle Bewaringslandbou-konferensie, waar internasionale sprekers opgetree het, wat in Reitz deur Landbouweekblad en die Riemlandstudiegroep aangebied is. VL is altyd trots op sy grondvlakstrukture wat via georganiseerde landbounetwerke ’n wêreldklas-konferensie help aanbied. Rampe en noodhulp Groot dele van Suid-Afrika het en gaan steeds onder intense droogtetoestande gebuk. Behalwe vir Vrystaatse graanareas wat hierdeur geraak is, was daar dele van die land wat so erg deur die droogte geraak word dat diere op ’n daaglikse basis vrek weens ’n tekort aan kos en water. VKB het juis hieroor besluit om sy hand uit te steek na geraakte areas. Sy direksie het ’n skenking van R1 miljoen in die vorm van voer en mielies, asook die verspreiding daarvan, bewillig. VL het gehelp met die opname en logistieke reëlings om die skenking

57


aan die ergste geaffekteerde landbouverenigings via VL se strukture, regverdig en verantwoordbaar, te versprei. Die laat reën, wat eers einde Januarie gekom het, het veroorsaak dat daar nie op groot dele van veral die weste van die Vrystaat se saaigronde geplant is nie. VL het in Februarie 2019 in Bultfontein ’n voorlegging aan Sisi Ntombela, Vrystaatse Premier, en dr Benny Malakoane, LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, die plaaslike regering én die burgermeester gemaak het as deel van ’n besigtigingstoer van die droë toestande en impak van die droogte. Dit het onder meer tot die verklaring van die Vrystaat as ’n rampgebied bygedra. VL het ook die Ramp-taakspan waarop hy verteenwoordig is, vir ’n intervensie gevra en ook die Departement van Landbou gehelp met die uitstuur assesseringvorms vir die ramp. Met die Trompsburg-brande, wat in November 2018 plaasgevind het, het VL die Department van Landbou gehelp met die uitstuur van assesseringvorms vir die ramp, het hy die landbouvereniging bygestaan met raad en verwysings van brand-assessering en -regsdeskundiges. Verder is daar ook met die reël en logistiek van voerskenkings gehelp.

58

VL het met die Vrystaatse Brandbeskermingsvereniging (FSUFPA) vergader om kwessies oor lidmaatskap, geldigheid van brandplanne en die status van Brandbeskerming-verenigings (BBV’s) wat nie onder die FSUFPA resorteer nie uit te klaar. Na ’n lang termyn in diens van die Nasionale Departement van Landbou bedank VL graag vir Malcolm Procter vir sy rol in die vestiging en bestuur van BBV’s in die Vrystaat en die omvangsbepaling en rapportering van brande wat dikwels gelei het tot hulpverlening aan Vrystaatse landbouers. VL wens Procter ’n geseënde aftrede by Kenton-onSea toe, alhoewel hy waarskynlik steeds as een van die land se brandkenners nog baie geraadpleeg sal word. Die vloede wat einde Maart 2019 in Rouxville plaasgevind het, het groot skade gerig. Daar is onder meer talle gronddamme, asook privaat en publieke paaie, beskadig. VL het saam met die Rouxvillelandbouvereniging druk uitgeoefen om die plaaslike regering sover te kry om ’n raadsvergadering te hou om ’n rampvoorval te verklaar. Teen einde Junie 2019 het VL steeds gewag dat die rampverklaring in die staatskoerant gepubliseer moet word, sodat rampfondse beskikbaar gestel kan word om die infrastruktuur te herstel.


LANDELIKE

ONTWIKKELING KOMITEE

Laurens Schlebush

Dr Jack Armour

Vanjaar sal, ná die groot debat oor grondonteiening sonder vergoeding in 2018, onthou word as ’n jaar van rassespanning en wanvertroue. Die grootste deel is opgeneem met voorbereiding vir die verkiesing, die einde van die Zuma-era en die skaakspel tussen die faksies binne die ANC. Staatsdepartemente het basies tot stilstand gekom en die Distrikgrondsakekomitees, waarop Vrystaat Landbou (VL) se distrikgrondsakeverteenwoordigers gedien het, is ontbind. VL se veiligheidstrukture het by ’n paar grondbesettings op munisipale grond sy lede bygestaan. Gernie Botha, Regsadviseur van VL, het beleidsdokumente van Agri SA

Elize Spence

deurgewerk en kommentaar aan Agri SA se taakspanne gelewer. Personeel en bestuur van VL het ook vergaderings van die Agri SA se Grondsentrum van Uitnemendheid bygewoon en standpunte gemaak soos wat by VL se jaarkongres in 2018 besluit is. Ná die suksesvolle Agri SA en Landbouweekblad Bela-Belagrondberaad in Augustus 2018, het Agri SA se jaarkongres in Oktober 2018 ook grond as tema gehad. Die tema was Land: The key to shared prosperity in SA. Altesaam 13 afgevaardigdes van VL se dagbestuur het die kongres bygewoon en bygedra tot Agri SA se mandaat om vorentoe aan te hou baklei vir grondregte en te

verseker dat grondhervorming en landelike ontwikkeling deur die regering billik en eerlik gedoen word. Dié mandaat bepaal ook dat die kommersiële sektor sal bydrae tot die oordra van kennis en voedselsekuriteit deur kommoditeitgebaseerde produksievennootskappe op onproduktiewe grond. Suksesverhale en hoogtepunte Buiten die negatiewe berigte in die media en op sosiale media waar daar in die woorde van Ivor Price, een van die stigters van die Food for Mzansi, “teenpole vir mekaar skree”, asook die finansiële druk van die uitgerekte droogte, was daar steeds baie suksesverhale en hoogtepunte.

59


Eddie Prinsloo van Smithfield het met sy Donkerhoek Merinoprojek ’n mooi suksesverhaal van ’n landbouer wat sy grond “gedeel” het en dit selfs tot op die Trevor Noah show gemaak het. Ongelukkig is die grond wat Prinsloo aan die regering vir sy plaaswerkers verkoop het, nog in staatsbesit en die werkerstrust as CPA (communal property association) opgestel om die grond by die staat te huur. Volle titel is nog nie soos ooreengekom en aan die werkers CPA oorgedra nie, maar VL hou aan by die regering aandring dat hulle hul beloftes nakom om die grond aan die begunstigdes oor te dra. Dit is ’n beginsel waarvoor VL sal aanhou druk plaas. Die Berg Foods, Baruchopleidingsentrum naby Bothaville, het ’n opedag aangebied waar kursusgangers gedeel het hoe hul lewens deur die bywoon van basiese kosproduksie- kursusse by Baruch verander is. Die natuurlike laekoste Foundations for Farming beginsels wat geleer is kon in middagete geproe word. Die soetste organiese waatlemoen en geurige vars tamatieslaai is onder meer voorgesit. JB van den Berg het ook ’n organiese mark uit die Baruch-sentrum waar kleiner landbouers hul vars produkte kan verkoop. VL is ook na ’n mediadag by Vergezocht Plant Oils genooi. Pierre Hugo het ’n groep swart saaiboere die geleentheid gegun om saad van die spesiale hoe-oleic sonneblom te plant vir die fabriek wat hy met staatshulp aan die gang gekry het. Een van die fabriek se werkers het namens die trotse landbouers (almal saam meerderheid aandeelhouers) ’n mooi bedanking aan “Ntate Pierre” gegee, omdat hy hulle die geleenthede gun om te kan produseer en as aandeelhouers

60

in die waardeketting ’n spogproduk op supermarke se rakke te kan plaas. Dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van VL, het ook twee kleiner Christelike landbou dinkskrum-grondberade (www.landsummit.co.za) bygewoon waar nog 11 suksesverhale voorgelê is. Van hulle was ook deel van die 63 suksesverhale van landelike ontwikkeling wat by die BelaBela-grondberaad voorgelê was. Op die forums het Wessel Bibbey van Frankfort, die MD Foundation en Berg Foods se suksesverhale uit die Vrystaat bygekom. Bibbey is betrokke by die Amos AgriMin (nou al 25 jaar in die landbou betrokke) se Good Foundations for Good Fruits (GF4GF) sentrums. Hulle neem jong mense van die sentrums op vir internskappe op sy plaas. ’n Dringende behoefte in die provinsie, wat toenemend met VL se kantoor gekommunikeer word, is studente wat werksgerigte praktiese landbouondervinding benodig en wil opdoen. Future Farmers Foundation is een van die organisasies wat wonderlike suksesse met die plasing van die nuut gegradueerdes oorsee het. Hierdie studente kry wêreldklas praktiese ondervinding, wat ook die student se ingesteldheid teenoor werk drasties verander. Belangrikste projekte Een van die belangrikste projekte van die Landbou Ontwikkelingkomitee, wat voorheen ​​as die Grondsake-komitee bekend gestaan het, was die fasilitering van die Motsepe Foundation se projekte waar tradisionele leiers in Qwaqwa en Thaba Nchu aan landboubesighede en kommoditeitsorganisasies voorgestel is. Saam het hulle projekte identifiseer vir moontlike befondsing. Die kritiese rol van samewerking en vennootskappe met

die kommersiële sektor is besef en die toestande vir befondsing deur die Mostepe Foundation is dat gevestigde landboubesighede en kommoditeitsorganisasies betrokke moet wees as kenners as ’n ondersteuningsbasis. Die ander groot projek, wat ook in samewerking met landboubesighede en kommoditeitsorganisasies gedoen word, is die kommersialisering van Glenlandboukollege. Voorstelle is ingedien en werkswinkels gereël, maar die realiteite van veiligheid op die perseel, roofdiere, die plaaslike werkersmag, politiese inmenging ens is bekommernisse wat van die rolspelers lugtig maak. Daar is egter ’n gebrek aan praktiese opleidingsgeleenthede en Glen-kollege is ’n plek waar studente hierdie ondervinding kan opdoen. Gronddebatte en gesprekke VL het aan drie gronddebatte op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus deelgeneem. Dit was deel van die UV se projek om gesprekke oor moeilike en kritieke onderwerpe aan die gang te kry. Die hoogtepunt was egter die Food for Mzansi Power Talk. Daar is oop en insiggewende gesprekke gevoer. Food for Mzansi (’n uitvloeisel van Farmers for Change), wat deur VKB ondersteun word, poog om goeie nuusstories oor landbou in die algemene media uit te dra. Die Syngenta Graan SA akademie is by die UV se sakeskool gehou en VL was ook op die paneel hiervoor. Agt jong leierlandbouers in die Vrystaat was deel van deur die leierskapkursus en netwerk toegerus om moeilike aktuele probleme konstruktief aan te pak en ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. Opwindende nuus is ook deur Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoof van Graan SA, aangekondig


dat die akademie uitgebrei gaan word om meer jong leiers in landbou te bereik. By Nampo 2019 is die Nasie in Gesprek paneelbesprekings bygewoon, wat gelei het tot skakeling met die rolspelers van die Nasionale Ontwikkelingsagentskap. Die nuutste oor die Landbank se “Blended Financing” is waar ’n gedeelte van die lening (tot 60%) deur ’n toelaag van die regering gegee word om toegang tot finansiering aan te spreek. Dit is dié finansieringsmodel wat Agri SA reeds in 2015 vir Gugile Nkwinti‚ voorheen Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, voorgelê het.

Meeste veeboere, wat hul werkers ook toelaat om hulle eie vee saam met hulle s’n te laat loop, doen soortgelyke werk. Ongelukkig is dit nie by die SEBmaatstaaf ingewerk nie en tel dit nie as meetbare SEB nie. Ook nie vrygestelde landbouondernemings wat se

gemiddelde omset onder R10 miljoen per jaar is en eindelik as vlak 4-ondernemings outomaties kwalifiseer nie. Omdat hulle nie registreer nie, is hulle nie in die SEB-maatstaaf gekwantifiseer nie. Dit is iets waaraan daar vorentoe gewerk kan word.

Dié agentskap, provinsiale ontwikkelinglessenaars én die Landbank se “Blended Financing” bied groot geleenthede vir landboubesighede om met getroue vennote hul besighede uit te brei, inklusiewe welvaart vir almal te bou én plaaslike gemeenskappe op te hef. VL dien ook op die provinsiale Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) handvesliggaam wat weer aan die nasionale raad rapporteer. Dié raad gee jaarliks terugvoer aan die parlement oor die vordering van transformasie in die landbousektor. Die goedgesindheid van die landbougemeenskap word daarin verteenwoordig. Volgens Graan SA is een derde van graanboere betrokke in ’n vorm van informele mentorskap of meganisasie wat hulp aan nuwe kommersiële landbouers verleen.

61


ARBEID en

MAATSKAPLIKE Komitee Bernard Maree

Gernie Botha

Die nuwe wet oor die nasionale minimum loon het op 1 Januarie 2019 in werking getree. Daarmee saam het ander wetgewing, wat wysigings aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes insluit, ook in werking getree. Inligting oor die betrokke wetgewing word, soos dit na vore kom, aan Vrystaat Landbou (VL) se strukture deurgegee en navrae word op ’n gereelde basis hanteer. Die bestaande arbeidsboek, wat deur VL se kantoor verkoop word, moes ook nagegaan word om seker te maak dat dit aan die relevante wetgewing voldoen. Die bepalings van die Sektorale Vasstelling 13 vir Plaaswerkers is bykans onveranderd en vorm ook steeds deel van die arbeidsverwantewetgewing wat op produsente van toepassing is. Statistiek oor die impak wat die instel van die loon op die landbousektor gehad het, behoort in die kommissie van die nasionale minimum loon se verslag ingesluit te word. Dit sal aanbevelings oor die aanpassing van die nasionale minimum loon bevat. ’n Aanbeveling oor die aanpassing van die loon sal daarna gemaak word. VL het verskeie navrae oor aansoeke om vrystelling van betaling van die nasionale minimum loon ontvang. Probleme is ondervind met die

62

Departement van Arbeid se elektroniese sisteem waar hierdie aansoeke ingedien kan word. Die versekering is egter gegee dat probleme aangespreek word en dat die sisteem op ontvangs van ’n aansoek spoedige terugvoer kan voorsien wat betref die goedkeuring van die aansoek. Ná herstrukturering van die kabinet, na afloop van die verkiesing in 2019, staan die Departement van Arbeid nou as die Departement van Indiensneming en Arbeid bekend. Arbeidsdag in Hertzogville ’n Arbeidsdag het op 27 Februarie 2019 in Hertzogville plaasgevind en is deur sowat 16 mense bygewoon. Verskeie aspekte, onder meer die nasionale minimum loon, is bespreek. Twee verteenwoordigers van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het hulle ingelig oor die KVBA se werksaamhede. Die bywoners van die vergadering het hul dankbaarheid teenoor die KVBA-verteenwoordigers uitgespreek en hulle vir hul teenwoordigheid bedank. Verskeie vrae oor die werksaamhede van die KVBA, asook algemene probleme wat werkgewers ondervind, is bespreek. Daar is ook raad gegee oor praktiese oplossings.


Algemene navrae Algemene arbeidsnavrae word bykans op ’n daaglikse basis ontvang. Dit wissel van gevalle oor die Ongevalle Kommissaris, raad oor dienskontrakte, die indien van ROE’s, registrasie by die Departement van Arbeid en KVBAaangeleenthede. Daar word gepoog om VL se lede so spoedig as moontlik terugvoer te gee. Wysiging aan Wet op Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997) Dié wet is gedurende November 2018 gewysig en enkele aspekte waarvan kennis geneem moet word, is die volgende: Regte en verpligtinge van ’n okkupeerder: In terme van art 6, het ’n okkupeerder die reg om op grond te woon en dit te bewerk wat deur hom bewoon was en wat hy bewerk het en dat hy toegang het tot sodanige dienste as waarop ooreengekom is met die eienaar of persoon in beheer van die grond, hetsy uitdruklik of by implikasie. Die okkupeerder het verder die reg om redelike stappe te doen om die woning wat deur hom of haar of lede van sy of haar gesin geokkupeer word, te onderhou. Hierdie regte sluit in die sekerheid van verblyfreg,

asook die reg om bona fide besoekers op redelike tye vir redelike tydperke onderworpe aan REDELIKE VOORWAARDES om eiendom te beskerm en te verhoed dat werk ontwrig word, te ontvang soos deur die eienaar of persoon in beheer van die grond bepaal. Redelike besoeke en instandhouding aan familie grafte of ’n grafsteen op te rig op die grafte, die grafte te merk, simbole daarop aan te bring of rituele daarop uit te voer op die grond van die eienaar moet toegelaat word en familielede van ’n okkupeerder het die reg om die okkupeerder te begrawe op die grond indien hy op die grond woonagtig was ten tye van sy afsterwe. (Belangrik om reëls neer te lê en bekend te maak) Besoeke aan familie grafte sal nie as betreding of enige ander misdryf beskou word nie, tensy sodanige besoekers nie binne neergelegde voorwaardes bly nie of hulle andersins skuldig maak aan enige ander onwettige optrede byvoorbeeld betreding van die eienaar se geboue, opsetlike saakbeskadiging ens. Dit is daarom van groot belang dat grondeienaars reëls sal neerlê alvorens daar net summier toegelaat word dat grafte sonder enige voorwaardes besoek of grafstene opgerig word.

63


EKONOMIESE SAKE KOMITEE

Daan Venter

Dr Jack Armour

Gernie Botha

Elize Spence

Paaie en lisensiëring Ná groot frustrasie van lede oor landelike paaie en swak dienslewering by lisensiekantore, asook ’n besprekingspunt hieroor by verlede jaar se kongres, het Vrystaat Landbou (VL) weer briewe aan LUR’e gestuur, vergaderings met die Departement van Paaie voortgesit en ook die probleme aan Agri SA deurgegee. Met die ondersteuning van provinsialeen bedryfsorganisasies, het Agri SA ’n opname gedoen oor die beginsels van infrastruktuur wat op 26 April 2019 met die Departement van Vervoer aangespreek is. Die uitkoms van die vergadering was ’n besluit om die Infrastruktuur-forum by die Business Unity South Africa weer te laat herleef. Indien geen vordering met die kwessie gemaak word nie, beplan Agri SA om ’n vergadering met die Portefeuljekomitee oor Vervoer te versoek. Die beginsels van infrastruktuur wat aangespreek moet word sal dan daar voorgelê word.

64

In kort is daar heeltemal te min begroot om landelike paaie in stand te hou en die bietjie wat wel voor begroot word, word nie doeltreffend gebruik nie. VL sal aanhou skakel tussen sy grondvlakstrukture en die regering, asook sy landbouverenigings help organiseer om plaaslike paaie te prioritiseer wat die dringendste aandag kort en ook op distriksvlak aanhou druk toepas om padrade weer tot stand te bring. Drie mediaberigte oor die stand van paaie is danksy VL se kantoor gepubliseer, asook ’n hele hoofstuk in die boek deur die ondersoekende joernalis, PieterLouis Myburg. VL sal ook aanhou om die stand van paaie in die media uit te lig. Waar paaie egter intussen dringend aandag nodig het en waarby die plaaslike paaiekantoor nie kan uitkom nie, kan padgebruikers wat gewillig is om iets daaraan te doen met die paaiekantoor reëlings tref vir ’n samewerkende projek. Dit word Letsemaprojekte genoem.


Daar is ook probleme met lisensiekantore, veral met swaar voertuie. VL sal voortaan die plaaslike regering aanspreeklik hou vir sy plig om infrastruktuur vir publieke belang te voorsien en onderhou, om dit koste-effektief te doen en die publiek met “Batho Pele” beginsels te bedien. Telekommunikasie Swak selfoonsein hou ’n veiligheidsrisiko vir landbouers in en landboubesigheid kan ook nie behoorlik bedryf word nie. Die onbeskikbaarheid van selfoonsein het ’n geweldige impak op ’n landbouer, aangesien data gebruik word om besigheid via die internet te doen. VL se dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, het ’n opname van selfoonsein via die veiligheidsnetwerke gedoen om die omvang van die probleem te bepaal. Die diefstal van veral batterye en infrastruktuur in afgeleë gebiede belemmer ook sein. Dit is deur skrywes aan die vier groot selfoonmaatskappye se hoofde in die Vrystaat deurgegee. Na aanleiding hiervan het VL op 26 Februarie 2019 met Vodacom vergader om die kwessie van verswakkende selfoonnetwerke aan te spreek. Vodacom het sy toewyding verklaar om sy diens te verbeter en het reeds verskeie opgraderings gedoen na die vergadering. Indien VL se lede probleme ondervind, kan hulle eerstens die direkte hulplyn van hul netwerk (082 111 vir Vodacom) skakel. Indien dit steeds nie opgelos word nie, kan dit onder VL se aandag gebring word, wat dit aan die selfoonnetwerk kan deurgee. Indien probleme steeds nie opgelos word nie, sal VL ’n klagte by Onafhanklike Kommunikasie- owerheid van Suid-Afrika (ICASA) gerig word. Swak en verswakkende selfoonsein in landelike gebiede is krities om ramp- en veiligheidskommunikasie in krisistye te kan voer én dit belemmer ook die doen van besigheid. Dit was VL se boodskap aan Agri SA se Ekonomiese Sentrum van Uitmuntendheid. Dié sentrum het insette van provinsies gekry en op nasionale vlak verdere druk, deur skrywes én vergaderings oor seinprobleme in die platteland, op selfoonmaatskappye geplaas. Energie VL het in Januarie voorleggings by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se verhore gedoen en landbouers se saak gestel. Dit het veral onbekostigbare stygings in energiekostes en die vaste voorsieningskomponent (sogenaamde lynfooie) ingesluit. Gelukkig het Nersa nie vir Eskom toegelaat om prysverhogings so hoog te stel soos waarvoor aangevra is nie. In Agri SA se mediaverklaring op 15 Februarie 2019 staan die volgende geskryf. “Kleinskaalse

sonfotovoltaïese (PV) installasies bied ’n geleentheid vir boere om elektrisiteit op te wek en druk op die kragnetwerk te verlig. Ongelukkig is slegs 13 projekte tans gekoppel en in bedryf, weens Eskom se stadige verwerking en administrasie van aansoeke, asook die stadige implementering van elektrisiteitsregulasies en die bottelnek om by NERSA te registreer. Indien Eskom en NERSA hul prosesse kan bespoedig, kan hierdie aansoeke (meestal van boere) 1 400 MW genereer wat fase 1 beurtkrag kan verhoed. Verder kan die landbou dié 1 400 MW potensiaal meer as verdubbel, indien kommersiële banke bereid is om sonkragsentrales as sekuriteit te gebruik om toegang tot kapitaal te verkry. Tans benodig banke bykomende sekuriteit om hierdie projekte te finansier, wat deelname aan projekte beperk.” Alternatiewe energie Agri SA in March 2019 wrote a letter to President Cyril Ramaphosa and Pravin Gordhan, Minister of Public Enterprises, about Agri SA’s solutions to load shedding and using renewable energy. On 11 April 2019 Agri SA had a meeting with Gordhan where Agri SA asked for the removal of regulatory and administrative barriers that curtail investment into this solution. The Agri SA Centre of Excellance received extensive and positive media coverage on its solutions and efforts to remove regulatory and administrative barriers. Plaaslike regering: GOP’s, munisipale waardasies en eiendomsbelasting VL was betrokke by verskeie aktiwiteite oor munisipale aangeleenthede in die provinsie. VL is byvoorbeeld deur die Letsemengmunisipaliteit versoek om betrokke te wees met sy Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne (GOP’s of IDP’s) en begrotingsvergadering. Dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van VL, en Gernie Botha, Regsadviseur van VL, het saam met Chris Nel en Pieter Havenga van Koffiefonteinlandbouvereniging en Gert Labuschagné van die Petrusburg-landbouvereniging ’n vergadering hieroor op 16 April 2019 bygewoon. Ongeveer 30 verteenwoordigers van die sektor was teenwoordig en kon belangrike insette lewer vir die GOP wat voorgelê moet word. Die munisipaliteit het in hul aanbieding ook erkenning gegee vir die rol wat die landbousektor in die area en het versoek dat nouer bande tussen die landbousektor en die munisipaliteit gesmee word. Daar is verder ook ’n komitee op die been gebring wat insette vanaf die sektor verkry wat betref die GOP. Hier is ook konsepvoorstelle ingedra, wat insluit vuurvegters vir byvoorbeeld brandbeskerming in die gebied. Daar is ook versoek dat ’n vergadering met die LUR van Landbou die week ná die vergadering bygewoon word, maar weens ander verpligtinge

65


kon die verrigtinge nie bygewoon word nie. ’n Vergadering is ook met die Setsoto-munisipaliteit gehou nadat ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig is en die besluit het om met die landbousektor te vergader. Hierdie vergadering het op 29 Mei 2019 plaasgevind en is deur Friedl von Maltitz, Jannie Jacobsz, Borrie Erasmus en Botha bygewoon. Hoewel daar nie heeltemal geslaag kon word om tydens konsultasie met die munisipaliteit al die landbousektor se verwagtinge aan te spreek nie, kon daar sinvolle gesprekke gehou word. Daar is ook nie heeltemal met leë hande teruggekeer nie en daar kon ’n verhoging op die rabat, asook verdere voordele oor agterstallige rekeninge beding word. Die voordele van georganiseerde landbou is wéér eens tydens dié vergaderings beklemtoon. Daar is bykans geen hoop op sukses om as individu met die munisipaliteit in konsultasie te tree nie. Die belangrikheid van plaaslike strukture om met sulke aangeleenthede ’n rol te speel kan nie oorbeklemtoon word nie. Belasting, monetêre beleid en dieselrabat VL neem aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank in Bloemfontein se Monetêre-beleidforum deel. Die reserwebank lewer elke ses maande ’n “inflation outlook, the factors impacting it, and the Bank’s inflation and economic growth forecasts… Attendees are invited to comment in response to recent policy developments”. Hier kry ons ’n kans om ’n boodskap aan die Monetêre Beleidkomitee te gee, veral met die situasie op plase wat veiligheidsrisikos, finansiële knyp weens natuurrampe en politiese onsekerheid insluit. Dit alles met onteiening sonder vergoeding wat oor ons koppe hang en die binnegevegte in ANC, asook die roering van die kant af van ander radikale partye. Die impak hiervan op die landbou uit die perspektief van administratiewe kostes is deurgegee. Dit sluit brandstofheffings, kragvoorsiening, waterlisensies ens in, wanbesteding op infrastruktuur (paaie), landelike veiligheid, asook ordentlike uitvoering van beleid en publieke dienste. Op die vergadering op 26 Junie 2019 het Kuben Naidoo, adjunkpresident van die Reserwebank, uitgewys dat kosinflasie laag bly. VL het daarna deur Armour uitgewys dat landbouers nie nog kon doen in baie moeilike tye weens finansiële druk, droogte en politiese onsekerheid nie. Hy het landbouers bedank vir hul bydra. Hulle het erken dat administratiewe pryse (belastings ens) die landbousektor belemmer en dat brandstofprys fluktuasies ’n rede vir inflasie volatiliteit is. Die slotsom was dat die

66

wêreldekonomie sukkel en dat Suid-Afrika nie maklik en vinnig sal kan groei nie. Boonop dat ’n repokoers-verlaging volgende jaar volgens die model (impak van politiese onsekerheid) heel moontlik verwag kan word. Die Reserwebank bly by die 4.5% inflasie-doelwit en sal die skokke dienooreenkomstig bestuur as ’n onafhanklike reserwebank. Diesel refund The matter of the diesel refund system (also raised by Grain SA) is being addressed by Agri SA who approached the Tax Ombud to take note of possible systemic issues with the processing and payment of diesel refunds. Free State Agriculture participated in the Agri SA survey conducted in conjunction with the South African Institute of Tax Practitioners and the results were sent to the Tax Ombud asking that, whilst we are in this transition period of establishing a new system, the Office of the Tax Ombud takes note of possible systemic issues with the processing and payment of diesel refunds. Probleem-plante, siektes en plae Hoewel die Natuurlike Hulpbronne-komitee meer hanteer word, het veral bek-en-klouseer ’n groot ekonomiese impak op die Suid-Afrikaanse wolbedryf gehad. VL was bevoorreg om BKB se 100-jaar feesvieringe in Bloemfontein by te woon en het daar geleer van die potensiaal van wol in die internasionale mark, asook die strukture wat ons lede se wol aan die top wêrelddele bemark. Die impak van ’n verbod op ons vleis- en vesel-uitvoere kan ook groot skade aan ons land se reputasie aanrig. Francois Wilken, President van VL, het met die uitbreek van miltsiekte in Lesotho in Mei ’n sterk boodskap in ’n mediaverklaring uitgestuur oor die moontlike impak van swak grensbeheer. Dit sluit onder meer in hoekom VL die Lesothogrenssaak in die hof gedryf het. VL en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) skakel dikwels met staatsveeartse en het die situasie in die Vrystaat gemonitor. Gelukkig is daar geen sake in die Vrystaat aangemeld nie. Vir varkboere het varkgriep in China ’n geleentheid gebring na die verwoesting wat in die bedryf gesaai is deur Listeriosis verlede jaar. VL neem aktief deel aan die RPO se Dieregesondheidsforum-vergaderings in die Vrystaat, asook aan die slenkdalkoors studiegroep, om ons lede op hoogte te hou van die impak van die siektes en ook om navorsing en bewusmaking te fasiliteer.


67


Beeldbou & BEMARKING KOMITEE Friedl von Maltitz

Johann van Graan

Elana Bester

Mediaskakeling

Media monitering – Newsclip

Daar word op ’n daaglikse basis met die media geskakel en navrae beantwoord. Dit wissel van radio- en televisie-onderhoude tot navrae vir stories in koerante, tydskrifte en ander publikasies. Vrystaat Landbou (VL) word as ’n gesaghebbende rolspeler in die landboubedryf gesien en dikwels deur die media vir kennis en kommentaar genader, hetsy dit via die President, Vise-President of Kantoor is.

VL kry danksy hierdie bron daagliks kennisgewings van waar hy in die media genoem word, hetsy dit is as daar iets oor hom in die media geskryf of gepraat word. Verder ontvang ons weekliks ’n Redbook/ Newsclip-verslag wat aandui hoe en waar ons in die media genoem is. Dit verskaf ook interessante statistieke hieroor.

Daar word veral opgemerk dat die media die Nuusflitse en mediaverklarings lees en dit as bron van inligting gebruik. Navrae volg dikwels nadat dit uitgereik is. Nuusflitse Die maandelikse Nuusflitse, wat per e-pos aan beskikbare adresse gestuur word, gee ’n oorsig van die werksaamhede van VL, ’n blik op waarmee die organisasie besig is en wys hoe hy sy lede op verskillende vlakke verteenwoordig. Dit bevat ook belangrike inligting waarvan lede moet kennis neem en kan baie van hul vrae beantwoord.

Van hierdie mediadekking word ook dikwels op VL se sosiale media, byvoorbeeld Facebook of Twitter, gedeel om te wys dat die organisasie ’n sterk rolspeler in die media is. Volgens hierdie Newsclip-data is VL vanaf Februarie 2019 tot Mei 2019 ’n totaal van 568 keer in die media (op radio, televisie en in publikasies) genoem. Hiervan is VL 385 keer in print, 82 keer op radio of televisie en 101 keer op die internet genoem. Dit beloop ’n totaal van R8 651 643 se gratis publisiteit (vanaf Februarie 2019 tot Mei 2019) vir VL soos deur Newsclip gemeet. Sosiale media VL se lede en volgelinge beskou Facebook as voorkeur wat sosiale media betref. ’n Wye verskeidenheid van inligting word hier en op ander platforms gedeel – van landbounuus, VL inligting, foto’s van die natuur, belangrike kennisgewings, inligting in Nuusflitse ens. Die totaal volgelinge op Facebook het sedert Junie 2018 van 10 732 na 12 173 gegroei. Dus het ons 1 441 nuwe volgelinge bygekry. Op Twitter het ons volgelinge sedert Junie 2018 van 5 708 na 6 995 in Julie 2019 gegroei. Dus het ons 1 287 volgelinge bygekry. VL se Instagram-profiel het in Februarie 2019 (toe die laaste opname gemaak is) 513 volgelinge gehad. Dit het nou 733 en dit beteken ons het binne 4 maande met 220 volgelinge op dié platform gegroei.

68


JONGBOER

KOMITEE

Waldo van Niekerk

Willie Stols

Elize Spence

Die Jongboer-komitee se jaar het met ʼn spoed weggespring. Herman Janse van Rensburg van Arlington is as wenner van die Jongboer van die Jaar kompetisie aangewys. Herman is ʼn briljante persoon met veelvuldige kennis en ervaring wat hy tot die komitee kan bydrae. Die Jongboer-komitee se strategiese vergadering het op 21 Junie 2019 plaasgevind, waar die nuwe komiteelede verwelkom en daar saam beplan is aan projekte en planne vir die res van die jaar. Die komitee se hoofborg is VS Agri. Hulle bied die geleentheid aan alle landbouers om van hulle pakkette gebruik te maak en dan te dien as proewe vir VS Agri. VS Agri betaal ʼn sekere bedrag per 100ha per gewas aan die Jongboer-komitee. Ons moedig landbouers aan om deel te neem aan die proewe. Op dié manier dra landbouers ook by tot die toekoms van die Vrystaat se jongboere. Van die Jongboer-komitee se kant wil ons dankie sê vir die harde werk wat Vrystaat Landbou (VL) doen. Ons weet dinge is nie maklik daar buite nie. Ons as komitee is beskikbaar indien daar enige manier is hoe ons kan help.

69


BEDRYWE Hierdie ondergrondse wonder skep voedselsekerheid, werk en ekonomiese vooruitgang

Dis

die

Aartappel

natuurlik. Produksie en bemarking van aartappels Die waarde van die primêre aartappelbedryf beloop sowat R8 miljard en die sekondêre bedryf sowat R25 miljard. Die grootte van die aartappeloes het vir enkele jare net bokant 200 miljoen 10kg sakkies sywaarts beweeg. Sedert 2015 beweeg die oesgrootte tussen 245 en 255 miljoen sakkies sywaarts. Net gedurende 2016 het die oesgrootte teruggesak na minder as 220 miljoen sakkies, maar dit was die gevolg van die droogte en ongekende hittetoestande wat in van die produksiestreke tydens die betrokke produksieseisoen ervaar is. Die hektare onder aartappels geplant in Suid-Afrika beweeg die laaste 10 jaar sywaarts tussen 50 000 hektaar en 54 000 hektaar wat minder as 1% van die grond is wat gebruik word vir landboudoeleindes, maar tussen 8% en 10% van die werksgeleenthede skep in die primêre landbousektor. In baie gevalle is die lone aan arbeiders ’n kernbelangrike lewensaar vir die voortbestaan van kleiner landelike dorpies. Die Vrystaat plant ongeveer 33% (Oos-Vrystaat 20% en die Wes-Vrystaat 13%) van die totale hektare onder aartappels. Die hoër produksie, tesame met hektare wat sywaarts beweeg,

impliseer produsente se gemiddelde opbrengste het oor tyd verbeter. Die aartappelprodusent het oor die afgelope 20 jaar daarin geslaag om die gemiddelde opbrengs onder besproeiing en droëlandproduksie vanaf 30 ton per hektaar na 47 ton per hektaar te verhoog. Een van die grootste uitdagings wat die aartappelprodusent in die gestig staar is die voortdurende stygings in produksie- en bemarkingskoste teen ’n koers hoër as inflasie, terwyl aartappelpryse in reële terme die afgelope dekade min of meer sywaarts beweeg het. Sedert 2015 was daar wel ’n stygende tendens in reële aartappelpryse wat tesame met ’n stygende verbruik voordelig is vir die aartappelbedryf. Soos genoem bly produksie- en bemarkingskoste ’n geweldige uitdaging vir die aartappelbedryf, en is dit daarom belangrik om te noem dat Aartappels Suid-Afrika oor die laaste paar jare doelbewus geïnvesteer het in verskeie modelle om die impak van kostestygings te kwantifiseer op die aartappelbedryf. Dit stel Aartappel SuidAfrika instaat om die impak wat, byvoorbeeld geadministreerde kostes soos brandstof, arbeid en elektrisiteit, op die aartappelbedryf het te kommunikeer aan regeringsinstellings en georganiseerde landbou. Daar is veral goeie samewerking in die verband tussen Aartappels Suid-Afrika en Vrystaat Landbou.

SA

Aartappels

- ERNST YZEL

70



- DR DIRK STRYDOM

Graan SA 72

Die 2017/18 produksieseisoen was ’n jaar wat gekenmerk is vir laat produksie en oestoestande in die somersaai-gebiede. Graanprodusente in die gebied het ’n gemiddelde mielie-oes geproduseer. Die Nasionale Oesskattings Komitee het ʼn mielieproduksie van 12.9 miljoen ton en ʼn sojaboon oes van 1,55 miljoen ton gepubliseer in hul finale skatting. Gegewe die vorige seisoen se rekord oeste wat groot oordrag voorrade tot gevolg gehad het en tesame met die relatiewe goeie oeste bly eindvoorraad vlakke hoog. Dit beteken dat pryse drastiese en vinnige druk ervaar het en beweeg het vanaf invoerpariteit nader na uitvoerpariteit vlakke. Die internasionale pryse is verder ook onder druk weens baie hoë voorrade op die globale mark. Die wêreld handel was ook baie onseker, veral op sojabone weens die handelsoorlog tussen die VSA en Sjina. Die lae pryse plaas besonderse druk op die winsgewendheid van produsente en is dit weereens bevestig dat baie werk nodig is om die plaaslike produsent volhoubaar en winsgewend te kry op uitvoerpariteitsvlakke. Die wisselkoers het sterk verswak en die Ru-olie prys het drasties gestyg, wat tot gevolg gehad het dat insette sterk gestyg het. Die 2018/19 seisoen was weereens ʼn seisoen van baie ongunstige plantomstandighede, ten spyte van die uitdagings verwag die NOK ʼn mielie-oes van 10.9 miljoen ton. Intussen het die Amerikaanse mark ook ongunstige planttoestande beleef en dit het die internasionale pryse begin ondersteun. Die Suid-Afrikaanse graan produsente beleef steeds hoë druk op winsgewindheid en veral kontantvloei. Graan SA het baie tyd belê in die bevordering van die bedryf deur insetkostes te monitor gegewe internasionale bewegings en neigings, invoertariewe op insette te verwyder, internasionale en plaaslike navorsingkoördinering vir die bevordering van produksie, versameling en verspreiding van markinligting om beter bemarkingsbesluite te neem. Dit sluit in ad


hoc verslae, daaglikse markverslae, video’s en gesprekke by boeredae, konsultasie met regering rakende die regulatoriese omgewing en om te verseker dat die plaaslike mark uitvoermarkte het en nuwe uitvoermarkte ontwikkel. Verskeie gesprekke is gevoer met insetverskaffers en finansierders om produsente by te staan in die moeilike finansiële omstandighede. Einde 2018 het die minister van landbou ook ʼn droogteplan onderteken wat gesetel is by die Nasionale Landbou Bemarkingsraad se droogte komitee. Die plan is ook saam Vrystaat Landbou aan die Vrystaatse regering oorhandig. Om finansiering en kontantvloeiprobleme aan te spreek het Graan SA die Instituut Suid-Afrikaanse Versekering Assosiasie bygestaan om ʼn aansoek in te dien by die staat vir finansiële steun vir ʼn oesversekeringskema, spesifiek gemik op droogtes. Buiten vir die daaglikse markinligting wat die afdeling bekend maak aan al die lede en die publiek, het dit verskeie vlakke versoeke en onderhandelings behartig vir nuwe markinligting. Die statutêre rapportering van intensies vir invoer en uitvoer van mielies is vir die eerste keer gepubliseer. Koring-intensies vir in- en uitvoere sal hopelik ook eersdaags op dieselfde basis gerapporteer word. Die maandelikse verwerkingsyfers op provinsiale vlak word gepubliseer. Die aanvraag na verwerkingsyfers het Graan SA opnuut die geleentheid gebied om na die verwysingspunt van graanverhandeling te kyk en met feite nuwe onderhandelings te kan doen. Die area differensiaal bly ʼn knelpunt vir die produsent en met onderhandelings het Graan SA dit reggekry dat ʼn onafhanklike studie gedoen word oor die huidige bepaling en werking van die differensiaal sisteem op alle gewasse. Die verbintenis van handelaarsverslag (Commitment of traders report) word ook ondersoek deur die finansiële raad en kan hopelik met die goedkeuring van die raad binnekort gepubliseer word. Die opleiding en die verspreiding van markinligting bly ‘n prioriteit binne Graan SA en was daar op ‘n gereëlde basis SAFEX kursusse aangebied vir produsente, agribesighede, asook finansierders om sodoende te help om goeie bemarkingbesluite te neem. Die vryemarkstelsel kan slegs optimaal funksioneer indien voldoende markinligting beskikbaar is vir alle rolspelers in die waardeketting. Graan SA het ook in ’n

vennootskap met die Buro vir Voedsel en Landbou Beleid (BFAP) gegaan om meer spesifiek te gaan meet hoe mededingend die Suid-Afrikaanse graanbedryf is teenoor globale mededingers. Dit skep nuwe inligting in terme van waar fokusareas geskep moet word, maar ook om in gesprekke te tree met insetverskaffers en owerhede. Die inligting wat BFAP beskikbaar maak het reeds op verskeie vlakke Graan SA ondersteun in onderhandelings. Graan SA het ook verskeie aksies in plek om te verseker dat graannavorsing en ontwikkeling plaasvind. Dit is spesifiek die koördinasie van navorsing binne konsortiums in die volgende afdelings: Gewas verbetering, Gewas beskerming, Klimaat aanpasbaarheid, Kultivar evaluasies asook Bewaringslandbou. In terme van koring, is die omdraai strategie steeds in wording en buiten vir die veranderinge wat reeds plaasgevind het soos die graadprys diskonto en die verslapping van kultivar vrystelling kriteria, word daar nogsteeds gewerk aan faktore soos die verbetering van invoertarief-stelsel, verandering van gradering en die implementering van prys diskonto op buitelandse SAFEX-lewerings. Met die voorgestelde nuwe graderingstelsel kan produsente wat beter gehalte koring lewer nou ook vergoed word daarvoor. Die uitbetaling van die dieselrabat is en bly ’n merkwaardige uitdaging. Graan SA het nuwe voorstelle ingedien oor die hantering van die dieselrabat en moontlike toekomstige veranderinge. Verder is daar met sleutel personeel by SARS op ’n deurlopende basis vergader en het Graan SA dit reggekry dat SARS se hoofkantoor vir ons ʼn kanaal geskep het waar ons lede se besware by kan aanmeld, sou ʼn produsent nie met die normale kanale regkom nie. Graan SA bly lede ondersteun deur middel van oplossings te vind te same met die lede se ouditeer. Baie van die bogenoemde veranderlikes bly bekommernisse vir die bedryf en gaan deurentyd nog steeds aandag geniet ten spyte van positiewe verwikkelinge en oplossings. Dit bly belangrik om te verseker dat ons produsente effektiewe en betroubare inligting het om hul aankoop en bemarkingbesluite te ondersteun en volhoubare produksie te verseker. Die afdeling het ’n span kundiges wat die visie nastreef.

73


NWKV Nasionale

Wolkwekers Vereniging - HERMAN ARCHER Hier is ʼn terugblik op die 2018/19 wolseisoen. In die eerste helfte van seisoen van Augustus 2018 tot Januarie 2019 het die wolmark baie sterk vertoon en is rekordpryse op die veilings behaal. Veiling open op R238=29 /kg skoonwol, met die hoogste prys van R253=82/ kg skoon. Na die Bek en Klou uitbraak in die Limpopo provinsie het Chinese en ander lande ʼn verbod op die uitvoer van alle diereprodukte geplaas en geen wol kon uitgevoer word nie. Die wolprys verswak en die seisoen eindig op R205=98/kg skoonwol. In die mark het veral kortwol onder druk gekom, terwyl goed geklasde en goeie kwaliteit wol steeds goeie pryse behaal het. Tydens die verbod op uitvoere was die NWKV se hoofbestuur heeltyd betrokke by die NAHF, Dieregesondheidsforum en res van die bedryf om protokol in plek te kry om wol weer uit te voer. Tesame met die bek-enklou uitbraak is die droogte in die Karoo en Noord-Kaap én veediefstalle verantwoordelik dat die totale lewering van wol die seisoen met 13% tot 43 miljoen kg teenoor 48 miljoen kg in 2017/18 seisoen gedaal het. Uitdagings in wolbedryf Van die grootste uitdagings is dieregesondheid, bek-enklou, die miltsiekte uitbraak in Lesotho, Slenkdalkoors en E-coli uitbrake in die Oos-Vrystaat. Hierdie siektes het die potensiaal om totale kuddes uit te wis

74

en landbouers van plase af te dryf. Dis baie belangrik dat ons as produsente baie streng biosekuriteit en dieregesondheidsprotokolle in plek sal hê. Landbouers moet saamwerk en siektes aanmeld om grootskaalse uitbrake te voorkom en te bestuur. Predasiebestuur, daar is verskeie monitorplase wat deur Niel Viljoen gemonitor word en verskeie bestuursmetodes toegepas word om roofdiere te beheer en is groot suksesse behaal. Verliese van lammers is afgebring van 300 lammers tot minder as 10 verliese. Pad vorentoe Die eindverbruiker van wolprodukte het baie verander oor die laaste paar jaar. Daar word nou streng gefokus op die volhoubaarheid van die produk, omgewings vriendelikheid en volhoubaarheid van die vervaardiging, asook dierewelsyn op die plaas. Baie nuwe produkte en tegnologie is ontwikkel om die natuurlike eienskappe van wol te bevorder. Voorbeelde daarvan is dat branderplanke in Australië van wol gemaak word en wol baie meer en beter eienskappe het as glasvesel. Seereddings-personeel oor die wêreld heen se beskermende klere word van wol gemaak, aktiewe klere vir bergklim, atlete wat marathons hardloop en uithou-sportsoorte se klere en toerusting, F1-bestuurders se klere en binneruim van

groot vliegtuie bevat ook wol omdat wol brand traag is. Die pad vorentoe lyk baie positief en daar bestaan ’n 20 miljoen kg potensiaal bo huidige produksievlakke. Produsente moet goeie kwaliteit en top gehalte produkte lewer. By die NWKV is dit belangrik dat ons ’n gesonde en winsgewende produksie-omgewing vir wolskaapboerderye in die Vrystaat sal skep. Om ons hiermee te help beskik die NWKV oor verskeie produksieadviseurs wat landbouers bystaan met produktiwiteit en bestuursuitdaging op die plaas. Studiegroepe, produksie werkgroepe, opleiding van plaaswerkers en skeerders is ’n paar areas waar ons betrokke is. Die NWKV verteenwoordig die wolboere op meer as 10 forums op nasionale en provinsiale vlakke. Dit is belangrik dat die NWKV die landbouer buite sy plaashek verteenwoordig en om ’n volhoubare landbouomgewing te skep. Ten slotte, is dit baie belangrik dat landbouers betrokke moet wees by georganiseerde landbou en sodoende ingelig en op hoogte van sake sal bly. Dit is ’n voorreg om as bedryf betrokke te wees by Vrystaat Landbou en saam die toekoms van die Vrystaat se landbouers te verseker en te versterk en ’n dinamiese landbou-omgewing te skep.


- ADV. GIELIE NIEUWOUDT Na ’n paar jaar van swak reënval het goeie reën groot verligting in die rooivleisproduserende gebiede gebring. Die sentrale en oostelike gedeelte van ons land het goeie reënval gehad. Ons moet egter nie uit die oog verloor dat daar in die westelike gedeelte steeds baie min reën geval het en hierdie produsente steeds met erge droë toestande worstel nie. Die RPO het vanjaar weereens gehelp om, tesame met mede-landbouorganisasies, voerskenkings te koördineer om voer by produsente uit te kry op plekke waar die nood op sy hoogste was. Sonder ons lojale produsente wat voerbale geskenk het, sou dit nie moontlik gewees het om die nood te verlig nie. Die regering praat van grondonteiening sonder vergoeding en die RPO wil dit duidelik stel dat ons saam met Vrystaat Landbou, die idee verwerp. Na ’n paar jaar van lae vleispryse, het die pryse in 2018 verbeter tot bo R30/kg vir speenkalwers. Die situasie het weer verander met die uitbreek van bek-en-klouseer in die Limpopo-provinsie. Deur vinnige optrede van RPO en Nasionale Dieregesondheidsforum is die bek-en-klouseer uitbraak vinnig vasgepen, maar dit neem gewoonlik ’n redelike tydperk om alles weer te normaliseer. Die RPO handhaaf steeds die omgewing waarin u as produsent u produk winsgewend kan produseer. Ons bedank elke rooivleisprodusent vir julle vrywillige bydrae, sodat ons julle kan verteenwoordig en jul saak in die rooivleisbedryf kan versterk. Baie van ons lede is onder die indruk dat die statutêre heffing wat van produkverkope afgetrek word, die RPO befonds. Die RPO funksioneer uitsluitlik op vrywillige bydraes deur rooivleisprodusente en ontvang geen fondse uit die statutêre heffing nie. Die RPO word befonds uit ’n vrywillige bydrae van 0.15% by die eerste punt van verhandeling om sodoende ’n spreekbuis in die totale bedryf te wees.

Hiermee wil ek dan ook die RPO se waardering uitspreek aan al die afslaershuise en abattoirs wat vrywillige bydraes invorder en gereeld oorbetaal. Groot waardering ook al die lede wat toesien dat die vrywillige heffing afgetrek en oorbetaal word. Die vrywillige heffing beloop 0.15% van verhandeling en beloop R 1500 vir elke miljoen rand se veeverkope. Die RPO het vanjaar weer ’n stalletjie by Nampo gehad om met produsente en verbruikers te praat en vrae te beantwoord. Dit bly altyd ’n spesiale geleentheid om julle daar te ontvang. Die RPO betreur die heengaan van ’n paar staatmakers in ons bedryf, veral Dr Jasper Coetzee, Hendrik van Pletzen van Voermol en ons vorige Vrystaatse voorsitter, André Ferreira. Hulle het almal ’n besondere bydrae tot die rooivleisproduksie in Suid-Afrika gemaak. Ons dink veral aan hul naasbestaandes. Ons doen verder ’n beroep op al ons lede om te alle tye die kode van beste praktyk toe te pas ten opsigte van hantering van diere, vervoer van diere en ook handhawing van goeie gesondheidstatus van hulle onderskeie kuddes. Dit is van kardinale belang vir die instandhouding van ons uitvoermarkte. Kuddegesondheid is van uiterste belang, veral met aankoop van diere. Besmetlike misgeboorte is huidiglik ’n baie groot probleem in die land. Ek bedank my raadslede vir hul toewyding en hul pogings om te verseker dat die Vrystaatse Rooivleis Produsentevereniging sal voortbestaan vir nog baie jare. Ek bedank ook al ons RPO-lede vir hul lojale ondersteuning om ons doelwitte na te streef en te verseker dat ons gefokus bly op die verbetering van ons organisasie. Ons loof ons hemelse Vader vir krag, gesondheid en helderheid van verstand wat ons elke dag kry om ons doelwitte te bereik en dat dit wat ons doen altyd tot eer en verheerliking van Sy naam sal wees. Ons hoofdoel is steeds om die beste produk op ons verbruiker se tafel te sit.

75


LANDBOUBESIGHEDE

OVK se verbintenis tot Vrystaat Landbou Die vlak van onsekerheid oor die langtermyn toekoms van landbou was nog nooit so hoog. Die politieke landskap het veroorsaak dat die boer nie as enkeling hierdie onsekere risiko faktore kan hanteer nie, en is dit noodsaaklik dat georganiseerde landbou die aangeleenthede namens die landbouer en tot voordeel van die landbousektor moet onderhandel.

werk van die Veiligheidslessenaar te vergemaklik en hul effektiwiteit te verbeter. Die belangrikheid van veiligheid op plase kan nie genoeg benadruk word nie en doen die Veiligheidslessenaar uiters belangrike werk om die situasie te verbeter.

Die pad wat in die toekoms geloop sal moet word, is dalk nie so duidelik nie, maar beide OVK en Vrystaat Landbou is verbind tot voedselsekerheid en sal alles in hul vermoë doen aan die stygende behoefte van die groeiende bevolking te voldoen. Grondhervorming en ekonomiese transformasie is Dit is om daardie rede waarom Die jongboere is die toekoms van hoog op die agenda en sal daar OVK reeds oor jare heen betrokke landbou en is OVK ook etlike jare in die toekoms nou saamgewerk by Vrystaat Landbou is en ook op betrokke met ‘n borgskap van die word om oplossings te vind tot hul Uitvoerende Bestuur insette jaarlikse Jongboerkongres, die voordeel van die kommersiële lewer. Die volhoubaarheid van Vrystaat Landbou Jaarkongres boer in Suid Afrika. landbou, nie net in die Vrystaat asook damesprogram. nie, is kritiek vir die voortbestaan Die afgelope jaar was ʼn baie Die bedieningsgebied van OVK van ‘n landboumaatskappy soos moeilike jaar vir OVK en sy lede, sluit die ooste van die Vrystaat in OVK en word alle middele tot maar ten spyte daarvan het OVK en dit is hier waar die veiligheid ons beskikking aangewend om steeds meer as R75miljoen se van die grensboere met Lesotho te sorg dat ons boere op hul lojaliteitskorting en dividende ‘n prioriteit is. OVK ondersteun plase bly en voortgaan om te aan sy bonafide produsente sedert 2009 Vrystaat Landbou se produseer. uitbetaal. Voorwaar iets om op pogings om die regering te dwing trots te wees. OVK, wat hierdie jaar sy 100ste om die veiligheid van grensboere bestaanjaar vier, is uiters te verbeter deur maatreëls aan te bekommerd oor die gebrek aan bring wat onder andere vee- en landelike veiligheid en borg al toerustingdiefstal sal beperk. vir etlike jare ‘n voertuig om die

Ter ondersteuning van Vrystaat Landbou se Veiligheidslessenaar en die uitsonderlike diens wat hulle aan die produsente in die Vrystaat lewer, het OVK weereens ’n Toyota-voertuig aan hulle oorhandig. Tydens ’n geselligheid op Brandfort is die sleutels deur Stéfan Oberholzer (Besturende Direkteur OVK Groep) aan Francois Wilken (President van Vrystaat Landbou) en Dr Jane Buys (Veiligheidsrisiko-analis by Vrystaat Landbou) oorhandig.

76


SENWES

Belangrikheid van georganiseerde landbou Gegewe die sosio-ekonomiese tye waarin SA homself tans bevind is dit belangriker as ooit dat produsente kollektief moet byeenkom ten einde voedselsekerheid te bevorder, maar ook om uitdagings binne en buite die bedryf aan te spreek. Soos enige ander sektor, funksioneer landbou as deel van ‘n groter globale mark en daarom moet rolspelers bemagtig, ingelig en beskerm word teen die uitdagings, bewus gemaak word van die geleenthede en weerbaar gemaak word vir die volatiele omgewing waarin hulle hul agribesighede bedryf. Vir landbouondernemings skep dit ‘n platform om direkte toegang tot ons kliënte te verkry,

die regering saam te werk om ‘n sukses van die bedryf te maak. Die sektor speel ‘n aktiewe hul behoeftes te verstaan en die rol in die breë samelewing en die bydrae tot die nasionale markomgewing se ekonomie deur voorwaartse sentimente te verstaan wat grootliks dieselfde visie en terugwaartse integrasie in die voedselwaardeketting, is vir die sektor deel. alombekend. Vir enige besigheid behoort Senwes, as een van volgehoue kontak met sy klantebasis ‘n prioriteit te wees. die toonaangewende landboumaatskappye in Georganiseerde landbou skep Suid-Afrika waar klante die ‘n kollektief wat ‘n mondstuk hart van die maatskappy vir ‘n groot groep rolspelers simboliseer, bedien die is. Dit maak vertikale, maar landbouwaardeketting deur die ook horisontale kommunikasie volgende strategiese fokusareas, moontlik en kan ‘n handige voertuig wees om boodskappe in naamlik insetverskaffing, finansiële dienste, marktoegang, hierdie rigtings oor te dra. logistieke dienste, korporatiewe Dit skep nie net geleenthede ondersteuningsdienste en vir agri-maatskappye nie, maar beleggings. bevorder ook diskoers en As trotse en verantwoordelike kommunikasie tussen arbeid, korporatiewe burger, strewe die die regering en ander rolspelers binne die landbouwaardeketting. Senwes groep van maatskappye daarna om volhoubare waarde Hierdie is ‘n basis-geleentheid vir alle belanghebbendes te vir Senwes om produsente te skep deur innoverende en bereik met die nuutste navorsing, geïntegreerde oplossings aan sy produkte en tendense en dit skep klante te verskaf vir die optimale ’n vloei van kommunikasie en bedryf en ontwikkeling van hul inligting wat vir beide voordelig besighede. is. Dit is derhalwe vir Senwes Die rol van ‘n agri-besigheid belangrik om bedryfsorganisasies binne georganiseerde landbou soos Vrystaat Landbou, waaraan van sy klante behoort en Te midde van al die uitdagings dieselfde breë doelstellings en onsekerhede, het landbou nastreef, te ondersteun en met as sektor in Suid-Afrika ‘n blink hulle geassosieer te word. toekoms en derhalwe is dit noodsaaklik dat alle rolspelers Baie sterkte met die kongres ‘n positiewe en konstruktiewe en aan die lede, met die rol vervul om geleenthede uit unieke uitdagings in hulle die uitdagings te ontgin en met boerderybesighede.

77


Suidwes Landbou Vir 110 jaar is Suidwes Landbou reeds betrokke by ons boere en boerdery-gemeenskappe. Vir 110 jaar is Suidwes Landbou reeds ‘n integrale deel van elke boer se groei en vooruitgang asook sy swaarkry en terugslae. Vir 110 jaar is Suidwes Landbou reeds elke boer se landbou-vennoot. Ons visie, naamlik, die skep van welvaart en waarde vir ons lede, kliënte en personeel deur die toepassing en uitbreiding van ons unieke besigheidsmodel, op plaaslike, nasionale en internasionale vlak, sluit aan by die tema van Vrystaat Landbou se Jaarkongres vir 2019. Vrystaat Landbou is ‘n belangrike vennoot in Suidwes Landbou se strewe om sy kliënte, lede en aandeelhouers se volhoubaarheid en vooruitgang te verseker. Landbou is ons passie, daarom is Suidwes Landbou se betrokkenheid by Vrystaat Landbou ‘n voorreg. In tye van ernstige politieke onsekerheid,

78

toenemende ekonomiese onstabiliteit en steeds groeiende veiligheidskrisis maak ons staat op die inspraak en leiding van georganiseerde landbou. Suidwes Landbou gee graag erkenning aan die Bestuur van Vrystaat Landbou vir hul betrokkenheid by plaasveiligheid, bekamping van veediefstal, herstel van plaaslike infrastruktuur, bekamping van veesiektes en ander kritiese brandpunte wat relevant is in elke boerdery-gemeenskap. Daar is groot waardering vir elke inisiatief. Mag die 2019 Vrystaat Landbou Jaarkongres geseënd wees. Groete Dr Herman van Schalkwyk Groep Hoof Uitvoerende Beampte Suidwes Landbou


VKB Landbou VKB het gegroei, van ‘n klein aantal landbouprodusente in ‘n klein geografiese area, wat ‘n visionêre idee gehad het om ‘n koöperasie te stig wat hulle kon bystaan om noodsaaklike goedere en dienste te verskaf, tot ‘n onderneming wat ‘n groot deel van Suid-Afrika bedien en een van die grootste rolspelers in landbou in Suid-Afrika is. Dit is die bogenoemde waardestelsel wat VKB gehelp het om oor ‘n lang tydperk te groei na so ‘n uitsonderlike besigheid. Na 100 jaar, is en bly landbou die kernrede van VKB se bestaan. Dit is tot ‘n baie groot mate moontlik gemaak deur die lojale ondersteuning van ons landbouprodusente. VKB se primêre doelwit is om die volledige waardeketting van landbouproduksie in Suid-Afrika te ondersteun. Dit beteken dat VKB al sy produsente se insette, goedere en dienste en finansiering wil verskaf sodat die produsent op hulle passie kan fokus, en dit waarin hulle goed is kan doen, naamlik voedsel en vesel te produseer. Sekondêr hiertoe wil VKB waarde toevoeg tot die landbouprodukte wat sy produsente produseer en daardeur seker te maak dat die produsent maksimum voordeel uit die voedselwaardeketting put en ten minste sy regmatige aandeel daarin kry. VKB meen steeds die strategie van waardetoevoeging is die regte strategie. VKB het ondervinding en ‘n skoon diensrekord behaal in die gesamentlike ontwikkelingstrategie. Dit gee erkenning aan die belangrikheid van belanghebbendes, en daarom is samewerking met ontwikkelende liggame, die regering, georganiseerde landbou en landboubesighede altyd hoog op sy ontwikkelingsagenda. Dit is ‘n groot voorreg om saam met Vrystaat Landbou hande te vat om ander te bemagtig. Hier volg twee voorbeelde wat wys dat georaganiseerde landbou effektief werk. Eerstens het VKB se direksie ‘n skenking bewillig van R1 miljoen in die vorm van voer en mielies asook die distribusie daarvan. Die grootste uitdaging was om seker te maak dat die voer op die plekke waar dit die nodigste was, uitkom. Daarom is daar besluit

om die kanaal van georganiseerde landbou te volg. Produsente/distrikte was aangemoedig om met hul landbouverenigings of Vrystaat Landbou kontak te maak. VKB en Vrystaat Landbou was deur hierdie aksie daartoe verbind om in die beste van elke produsent in Suid-Afrika se belang op te tree. Tweedens het die VKB Vrystaat Landbou Veiligheidslessenaar ‘n tweeledige doel. Die eerste is om voorkomend misdaad en veiligheid aan te spreek en daardeur veiligheidstrukture op grondvlak te bemagtig en uit te brei. Die ander funksie is om skakeling tussen alle rolspelers binne landelike beveilingstrategieë te bevorder. Deur die lessenaar word daar onder meer gehelp om plaasaanvalle te voorkom, dit samel belangrike inligting in om misdaad te bekamp en opleidingsessies word aan VL se lede aangebied. Te same met Vrystaat Landbou se vennootskap met landboubesighede, georganiseerde landbou en die hedendaagse tegnologie wat daagliks verander, is daar verskeie moontlikhede om die landbousektor van krag tot krag te laat gaan in alle aspekte van die waardeketting.

79


KONGRES BORGE


BEDRYFS VENNOTE

81


82


83


84


Millions discover their favorite reads on issuu every month.

Give your content the digital home it deserves. Get it to any device in seconds.