Vrystaatnewsvr 20140619

Page 10

10

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Nu-Pro vier 10 j. met fokus op klante DIE Nu-Pro-groep, wat op 14 Junie 2004 gestig is, het die naweek sy tiende verjaardag gevier. Die groep het aanvanklik net uit ’n kommoditeitsmaatskappy bestaan wat alle grane en roumateriale vir die veevoerbedryf oor Suid-Afrika heen en ook in die buurlande verhandel het. Einde 2008 het VKB ’n 50%-aandeel in Nu-Pro bekom. Intussen het die onderneming uitgebrei met ’n veevoermaatskappy. Die moderne veevoeraanleg is op die ou Springbok Cereals-terrein in Joubertstraat in die nywerheidsgebied. Die modernste toerusting in die mark is gebruik en die rekenaarbeheerstelsel is in Brittanje ontwerp met die fokus op akkuraatheid en naspeurbaarheid. ’n Dinamiese span kundiges in al die afdelings bestuur alle navrae en behoeftes tydig volgens die klant se behoeftes. Nu-Pro se kernbesigheid in die kommoditeitsafdeling is die kontraktering van grane direk met die produsent na die meulenaar en dieselfde geld vir roumateriale vir die vervaardiging van veevoer. In die veevoerafdeling word gebalanseerde veevoer van hoogstaande gehalte vir alle spesies vervaardig. As ’n “multi-spesie-aanleg” word produkte vir alle spesies vervaardig, met die kernfokus op suiwel, lêhoenders, braaihoenders en varke, asook vetmesting-produkte vir voerkrale. Hierdie twee afdelings word baie goed gerugsteun deur ’n logistieke afdeling wat verantwoordelik is vir intydse lewering van alle produkte.

NU-PRO KOMMODITEITE se personeel is van links, voor: Chris Grobler, Deoné Schoeman, Lida Stander, Anita Bester en Daleen Smith; agter: Anton Loubser, Arnold Bender, Marie-Louise Swart en Niël Ungerer, besturende direkteur. Saterdag is die Nu-Pro-groep se tiende verjaardag gevier. Niël Ungerer, besturende direkteur, het op die verjaardag-ontbyt vertel hoe hy en Chris Schoonraad tien jaar gelede die besluit geneem het om Nu-Pro te stig. In sy afwesigheid het hy Schoonraad bedank vir die bydrae wat hy gelewer het. “Die afgelope jaar was een van die uitdagendstes nog. Die veevoermark is uiters mededingend, maar ek glo met goeie diens, klanteverhoudinge en ’n persoonlike benadering is daar ’n plek in die mark om vir jouself en die klante waarde toe te voeg.” In die 2012-boekjaar is R12 miljoen aan uitbreiding bestee wat Nu-Pro Voere in staat stel om hoogstaande voer vir die pluimveemark (braaikuikens en lêhoenders) te vervaardig.

NU-PRO VEEVOERE se personeel is van links, voor: Clifford Nyindi, Ileana Brandt, Elsje Alexander en Maria Ketle; agter: Amanda Louw, Ina van Rensburg, Jaco van Wyk, Elias Mofokeng, James Tshabalala en Niël Ungerer, besturende direkteur.

NIËL UNGERER (links), besturende direkteur van Nu-Pro, saam met sy vrou, Jacolien, en dogter Hylet op die ontbyt ter viering van die maatskappy se tiende verjaardag.

ANTON LOUBSER en sy vrou, Corné.

MELANIE en Chris Grobler.

ABEL MOTAUNG, Relebohile Masoeu en David Dlamini.

MARINDA BENDER saam met haar seun Koot en man, Arnold.

PIET NDWENI, Elias Mofokeng, James Tshabalala en Jan Motsoeneng.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.