Issuu on Google+

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 19 JUNIE 2014

WWW.VRYSTAAT.CO.ZA

R3,80

Sing, konsertina, jou lekker ding

Nostalgie

Trane val nog oor Loch Athlone

bl. 7

OUBAAS DE CONING van Bethlehem speel hier konsertina vir bejaardes van die Sonskyndienssentrum. Sien foto’s op bll. 6 en 12.

Foto: Susan Maré

Menings

Boere van Warden sê hul sê

bl. 8

Sport

Krieket in die kollig

bl. 20

02514

9 771026 872001

‘Die Here het besluit’ Susan Maré

“DIT was nooit nodig om die masjiene af te sit wat Jeandré aan die lewe gehou het nie. Die Here het self oor sy lewe besluit.” Só sê ’n hartseer David Exley, voogpa van die 17-jarige matrikulant van die Hoërskool Witteberg wat Sondag omstreeks 22:00 in die Mediclinic Bloemfontein oorlede is. Jeandré (Poerkie) Exley was op Maandag 9 Junie laatmiddag met sy motorfiets in Commissionerstraat op pad na sy woonstel toe hy teen ’n ander voertuig in ’n botsing was. Hy is in die Hoogland Mediclinic opgeneem en dieselfde nag weens ernstige beserings na die hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas. Hoewel gerugte die ronde gedoen het dat die familie die masjiene gaan laat afskakel, was dit nooit ’n oorweging nie, sê David. Hy en die familie was oortuig dat Jeandré in die Here se hande is. Sy organe het nog gewerk toe Vrystaat Saterdag met

David gepraat het. Sondagaand het al sy organe ingegee. “Ons was baie erg oor Jeandré wat oor die afgelope vier jaar ons kind geword het. “ ’n Klag is deur die staat by die polisie ingedien en die saak word ondersoek en daarom gaan daar nou ’n nadoodse ondersoek wees. “Ons is glad nie kwaad vir die persoon teen wie Jeandré in die botsing was nie. ’n Ongeluk kan met enigiemand gebeur. Ons gebed is dat die Here vir die persoon rustigheid in sy hart sal gee. Ek kan my indink hoe hy moet voel. Volgens ooggetuies was die persoon beslis nie roekeloos nie. Ons neem hom glad nie kwalik nie,” sê David. ) Coenie Venter, skoolhoof van die Hoërskool Witteberg, sê: “Die Wittebergfamilie se harte is seer. Ons grootoog-glimlag-seun, Poerkie, se tragiese dood het ons almal geraak. Groot matriekseuns dwaal doelloos rond om sin daaruit te probeer maak. Almal onthou ’n oomblik, ’n betekenisvolle insident waardeur hy hul

lewe geraak het. Dit is ’n emosie van ongeloof. Veral in die tyd dat hy in die hospitaal was het kinders met hoop en verwagting gebid, gesmeek om guns, om ’n maat terug te mag kry. Dit was soos ’n droom wat netnou sal ophou. Kinderlike geloof – dit is iets waarby elkeen van ons iets kan leer. “En toe die nuus dat hy nou weg is. Troos vind ons in die wete dat hy voluit geleef het, dat hy sy deel gedoen het in die Koninkryk en dat God self hom kom haal het. “Saam met die trane, die seer van onthou en verlang, is ons dankbaar dat niemand die masjiene moes afskakel nie. “Ons is dankbaar vir die bietjie meer as twee jaar dat ons die voorreg gehad het om die pad saam te loop. Dat hy spore van onthou gelaat het, dat hy van sy menswees gegee het – dit is die troos wat ons dra, saam met die wete – ons sal hom weer eendag sien. Ons innige simpatie met David, Mariska en die res van sy familie.”

JEANDRÉ EXLEY (17) wat oorlede is. ) Die begrafnis is Saterdag om 11:00 uit die NG kerk Fouriesburg. Jeandré word ook deur sy tannie, Mariska, sy niggies, Janeke en Dariska, en sy ma, Martie, oorleef.


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Party should keep their side clean Susan Maré THE DA caucus of the Dihlabeng Municipality said in a media release the old strategy of attack is the best form of defence was once again proven by a letter published in Vrystaat of 29 May. The DA was accused of not taking housing seriously and that the party would do anything to stop progress in Bethlehem. The author of the letter was Dr Clem Harrington, ANC councillor. Gerrie Roetz, chairperson and spokesperson for the DA caucus, said at a municipal council meeting held on 30 April, two items had been tabled. These items were available for residents to test the content at any time. It boiled down to two facts. In 2004, the National Department of Housing declared its intention to eradicate informal settlements in South Africa in 2014 caused by the unprecedented housing backlog, proliferation of informal settlements, social exclusion and the inability of municipalities to provide basic

“Let the ANC rather sweep in front of their own door and try to fulfil their promises to supply houses to the ‘poorest of the poor‘ instead of deliberately mislead­ ing the people of Captain Charles and the Silahliwi Informal Settlements just to win their votes.” – DA infrastructure to poor urban households. Khayamandi Consultants was appointed by the housing development agency and their findings were incorporated in the Revised Housing Sector Plan Dihlabeng Local Municipality tabled on 30 April. The statistics for two of the squatter camps, Captain Charles and the Silahliwe Informal Settlement, were as follows: It as stated the Captain Charles Informal Settlement had 550 numbered households in Ward 19. It is located within the Bohlokong township and has been in existence for the past 13 years. It was found that the Silahliwe

Informal Settlement had 543 numbered households in Ward 5. It is located within the Bohlokong Township and it has been in existence for the past 20 years. The figure mentioned in the letter indicated “at least 1 466 households in Captain Charles”. (The DA will have to determine why the council’s official reports do not show the true figure. Or will the excuse be that the other households are unnumbered and in that case, the situation is even worse than we thought?) The party wonders if the ANC is serious about housing if one takes into account the 13 and 20 years of existence of the respective settlements, where the

community has to use communal taps, communal septic tanks for sanitation, where no electricity has been installed and both water and sanitation facilities are not in a good condition due to a lack of maintenance, where no refuge collection is done by the municipality and where the Captain Charles Settlement is situated in a flood-line area which is earmarked for a park, and the inept development by the ANC of the farm Vogelfontein to create housing for the poorest of the poor. This just proves the ANC’s empty election promises and their incompetence to manage the country to stability. “Let the ANC rather sweep in front of their own door and try to fulfil their promises to supply houses to the ‘poorest of the poor‘ instead of deliberately misleading the people of Captain Charles and the Silahliwi Informal Settlements just to win their votes. Or to accuse the DA that we are not serious about housing,” said the caucus.

Bedank klub Wyk 10 hou vergadering: Wyk 10 van die Dihlabeng-munisipaliteit hou op Woensdag 25 Junie ’n vergadering in die sysaal van die stadsaal in Bethlehem. Bel Gerrie Roetz, raadslid vir wyk 10, by 082-7715574 met navrae. Huiskonsert met Neil Nachtrein: 4 en 5 Julie, Fouriesburg. Luistermusiek met kitaar en klavier. Ander kunstenaars sluit in Sally Prinsloo, Elmarie Potgieter en Anchen Froneman. Oudisies vir die Bethlehemdorpskoor: Residentia 96 op Donderdag 7 Augustus. Bel die nuwe koorleier, Lyle Mahon, by 078-5738614 vir ’n afspraak. Verse: Acts 22:16 ‘Have your sins washed away by calling on the name of the Lord.’ ) The Lord is the only one who can wash us clean of sin. ) Sin includes those things we are ashamed of. ) He can remove the deep stains from our lives. ) His desire is that we would be restored and renewed. Prayer: Lord Jesus, come now by your Spirit and wash away the hurt, pain and sorrow in my life. Restore me to newness of life and make me whole again. Amen.

ALLAN FREEMAN (regs), die president van Rolbal Suid-Afrika, het ná afloop van die SuidAfrikaanse gemengdeparekampioenskap, wat by die Bethlehem-rolbalklub beslis is, ’n oorkonde aan Nelie du Preez en haar seun, Jan-Albert, president van die klub, oorhandig. Die oorkonde is om die klub te bedank vir die aanbieding van die toernooi. Freeman het aan die bestuurslede van die klub ’n vriendskapspeld oorhandig.

Ed-U-College greets a stalwart ED-U-COLLEGE in Qwaqwa says goodbye to Linda Keyter who will be retiring from the school at the end of this month. Keyter has been the principal of the Ed-U-College Primary School for the past 14 years. She has made a positive contribution to the lives of many learners and teachers at Ed-U-College over the last two decades. Benton Nortman, who will take over the reigns from her, says: “The school is sad to lose such a capable member of the team and wishes her best of luck for the future. “Linda will be relocating to Bloemfontein to be closer to her children.”

LINDA KEYTER

BENTON NORTMAN

Bejaardes vind baat MARITA THIEL, bestuurder: Sonskyndienssentrum, namens die bestuur, Bethlehem: EK skryf na aanleiding van Giel Naudé se brief in Vrystaat van 12 Junie: Bejaardes betaal R5 vir ’n kledingstuk. Ja, dis waar, ons verkoop gebruikte klere vir R5 stuk. Klere word gratis gegee aan diegene wat dit nie kan koop nie. Die minimale bedrag wat hierdeur ingesamel word, word ‘teruggeploeg’ in projekte vir bejaardes. Dit is projekte soos kospakkies en spesiale dae waar bejaardes met verversings bederf word. Dit is een van verskeie redes waarom die klere verkoop word. Slegs bejaardes vind baat by die klereverkope. Die bejaardes wat dit koop, is bereid om dit te doen. Tariewe word so laag moontlik gehou. Daar word hard gewerk aan geldinsamelingsprojekte sodat dienste en verblyf volgehou kan word. Die bestuur nooi almal uit om die dienssentrum te kontak met navrae.

Versigtig met aantygings PHANIA LOURENS, skemabestuurder, Residentia-stigting, Bethlehem: NÁ aanleiding van die brief deur Giel Naudé in die briewekolom in Vrystaat van 12 Junie, “Bejaardes betaal R5 vir ’n kledingstuk”, wil ek vra dat hy die instelling wat hy verdink, moet uitwys, want nou word die verkeerde afleidings oor almal gemaak. Dit is onregverdig dat soortgelyke instellings dink dat hulle hulself moet verdedig teen iets wat nie op hulle van toepassing is nie. Dat daar van bejaardes en ’n nie-winsgewende instansie gepraat word, veroorsaak dat die verkeerde afleidings deur die publiek gemaak word. As Giel die vrymoedigheid gehad het om so ’n brief in die koerant te laat plaas kan hy gerus die instelling persoonlik konfronteer, sodat die instelling die reg kan hê om hom te verdedig voordat afleidings gemaak word. Ek was nog nooit ’n voorstander van briewe skryf nie, want dit is makliker om in ’n brief aantygings te maak as om iemand in die oë te kyk en dieselfde aantygings te maak.


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

3

Boere moet paraat wees BRANDE in die Oos-Vrystaat lei jaarliks in die winter tot verwoesting. Grondeienaars is genoodsaak om op ’n gereedheidsgrondslag te wees en brandbestrydingverenigings is dag en nag gereed. Chris Helm, voorsitter van die Bethlehem-distriksboereunie (DBU), sê alle grondeienaars is verplig om aan ’n brandbeskermingsvereniging te behoort. Net lede wat betaal het en aan al die reëls voldoen, kan lid van ’n vereniging wees. Grondeienaars wat nie hieraan voldoen nie, sal in die geval van brand moet bewys hulle was nie nalatig nie. Indien nie, gaan die versekeringsmaatskappye nie vir openbare versekering uitbetaal nie. Helm sê dit is belangrik dat grondeienaars voorbrande maak, veral om plaaswerkers se huise. Eienaars moet ook let op die brandvrye tydbepaling wat vanjaar tot die einde van Julie duur. Hierna mag geen voorbrande gemaak word nie.

Helm maan boere om hul brandtoerusting en vuurvegters te versien. Die gemeenskap word versoek om geduldig te wees wanneer voorbrande gemaak word en nie op paaie in rook te ry nie. Dit is uiters gevaarlik, waarsku Helm. Brandbane is reeds in Maart geskrap danksy geld wat deur die Vrystaatse departement van landbou aan boere in die Dihlabeng-gebied beskikbaar gestel is. Helm sê twee Working on Fire-spanne is beskikbaar. Wanneer ’n brand ontstaan, moet mense die Bethlehemse beheerkamer (BBK) by 058-3038011 bel. Meld enige soort brand hier aan. Inwoners moet hul brandweerstasie in geval van brand bel indien brande onverwags uitbreek. Die nommer van die Brandweerstasie in Bethlehem is 058-303-5161. Die Bethlehem-beheerkamer kan in geval van brandnood ook by 058-303-8011 vir flink hulp gebel word.

VUURKUNS, maar ook verwoestend. Hierdie toneel het hom onlangs aan die agterkant van die Loch Athlone-dam (La Provence) afgespeel toe ’n brand daar uitgebreek het. Foto: Gerrit Erwee

Bejaardes word bederf MARGARET WIESE (links), administratiewe personeellid, en Anneke Bezuidenhout, bestuurder: bejaardesorgdienste van Vrystaat-versorging in Aksie, het ’n oggendteeparty vir die bejaardes van die Sonskyndienssentrum gereël. Foto: Susan Maré

Ruil idees uit met ander lesers en gesels saam op Facebook deur te gaan na Vrystaat Koerant.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Slenter en adem mooi in VANDAG, 19 Junie, is Wêreldslenterdag. Ja, sowaar. Dié dag is sedert 1979 op die internasionale kalender vir wêrelddagvierings. Die doel is glo om jouself uit rat te haal, dinge gemaklik te benader, ’n ent in die natuur of in die dorp waar jy woon te gaan slenterstap, aan blomme te ruik en om die lewe en omgewing lui-lui te geniet. Die Franse noem dit flâneur. Slenterstap of -draf terwyl jy oral om jou kyk en geniet wat jy sien. Slenteraars in die Oos-Vrystaat wat hulself “uit rat wil haal” om dié streek met sy besonderse natuurskoon te geniet kan gerus vandag hul stapskoene aantrek. Nou, met die droë winterlandskappe en hier en daar swart stukke afgebrande veld, stel die natuur steeds nie teleur nie. In Clarens is daar die Rooiberg om jou aan te verwonder. Daar is berge en landskappe in die omgewing van Fouriesburg, Harrismith en Ficksburg wat jou asem wegslaan. Bokant dit is spierwit stapelwolke teen ysblou winterlug afgeëts. Slenter vroegoggend op ryp wat onder jou skoensole kraak, toegewol in ’n warm serp en baadjie of stap op sagte voetpaadjiegrond terwyl die winterson skraal op jou bak. Gaan staan langs ’n dam en tuur oor die water. Gooi ’n paar plat klippies skuins oor die oppervlak en verwonder jou in die wipkuns van klippies op water. Slenter na ’n sandsteengebou, so eie aan ons streek. Streel oor die klip en geniet die growwe tekstuur onder jou vingers. Dorpenaars weet waarheen hulle liewer nie op so ’n dag moet slenter nie. Bethlehemiete sal die stasie, die stadsaal, die OK-gebou, die middedorp, sekere parke en strate en vele ander plekke vermy. Plekke wat ontstel. Agteruitgang wil nie besigtig word nie. Veel eerder is dit ’n dag vir die estetiese. ’n Dag om met slenterstap mooi dinge raak te sien en te waardeer. Om te besef midde-in ’n wêreld met baie moeilikhede is die lewe nog mooi. Life is beautiful. Gelukkige Slenterdag!

Dankie vir steun aan gestremdes CHRISTI ODENDAAL, Kestell: EK wil graag ’n paar gedagtes deel oor onder meer vakansieverblyf vir gestremde mense. Baie dankie dat daar vir ons gestremdes geriewe is – dit laat ons soos mense voel. Wanneer ’n mens erg gestremd is, weet jy hoe om jou verblyf te bespreek. Dit is wonderlik om te weet dat vakansieplekke en ontspanningsgebiede ons gestremdes ook in ag neem. Ek is gestremd en krukke is noodsaaklik om buite rond te beweeg. Dit is goed dat die wandelpaadjies gelyk is – baie dankie daarvoor. Ons vra net baie mooi dat daar met op- en afdraandes aan albei kante ’n reëling sal wees om die balans te ondersteun. In die woonstel vra ons dat die teëls ’n bietjie growwer moet wees as gewone teëls, omdat ons krukke en looprame maklik kan gly. Ons is dankbaar vir genoeg ruimte in badkamers. Wat die stort betref, vra ons dat die trappe laer moet wees, omdat ons nie ons bene so hoog kan optel wanneer die vloer klam is nie. Vir binne die stort is twee rubberhandvatsels gerieflik

Eindelik kon ek toe ’n engel ontmoet . . . ENGELE. Ure lank het ek op my rug na die wolke lê en staar. Ek was nie ’n Wunderkind met ’n cumulus-fiksasie nie, nee, ek het dag vir dag op daardie grasperk gelê met ’n anderste, brandende begeerte in my binneste. . . Soms het die rooimiere my beetgepak en my staar-sessies onseremonieel kortgeknip. Ander kere het ons mopshonde Teddy en Puppy ontydig kom bedel vir aandag. Wat my ander huisgenote gedink het, weet ek nie, maar my ma het my maar gedweë laat begaan. Dalkies het sy heimlik geweet. . . Ek wou so graag vir Liewe Jesus sien. Ek wou so bittergraag weet dat Hy rêrig is. Ek het dit party dae so effentjies geglo, maar ai, dit sou darem so lekker gewees het as ek “as-true-as-nannies-kapella” kon weet dat Hy doer in die wolke bokant ons huis bly. Op ’n keer het ek Hom skuins bokant die grenadella-heining sien beweeg, maar toe gedink dit was dalkies te naby aan die aarde en Hy het mos nie soos ’n engel vlerke om terug te vlieg hemel toe nie! Ek het ook kinderlik geglo dat Hy dalk naby ’n reënboog se einde vir my sal loer. Later het

wanneer ons omdraai – dan het ons iets om stewig aan vas te hou. ’n Breë bad is meer gerieflik en prakties vir die uitklimslag. Met die uitklim, vra ons dat daar ook twee handvatsels aan die muur vas is vir in- en uitklim Wat inkopiesentrums betref, is dit wonderlik om alles op een plek te kry. Ons sê dankie vir ons nabygeleë spesiale parkering vir gestremdes by die hoofingange. Die Mall se loopvlak-oppervlak is plat en gelyk, dankie daarvoor, maar dit is ’n bietjie te glad. Kan ek ’n voorstel maak? Kan die twee rye teëls aan albei kante van die loopvlak nie growwer as die ander gemaak word nie? Om met ’n trollie te loop gee ons ’n vashougreep en balans – anders bestaan die gevaar dat ons met glyende krukke loop wat mense kan laat struikel. Ons gestremdes loop in die algemeen stadig. Ons is regte trapsuutjies en ek probeer altyd om nie lomp voor te kom nie. Dankie aan al die wagte by die Mall wat ons altyd behulpsaam is en met ’n rolstoel wil bystaan. Ten slotte: Ons gestremdes loop dalk met ’n huppel in ons stap sonder om verlief te wees. Dit is om te wys ons is dankbaar vir die ledemate wat werk. Dit sal baie beteken wanneer u saam met ons huppel daaroor eerder as om aantygings te maak. Dankie vir almal wat omgee. Dankie dat julle ons nie verneder nie. Ons waardeer alles wat vir gestremdes gedoen word en sien mense se gesindheid teenoor ons met dankbaarheid raak.

Ellen Hancke ek onderhandelend gebid dat Hy nie Sy gesig hoef te wys nie, maar dat Hy net van agter ’n wolkie vir my moet waai. Ek het per slot van sake mos geweet hoe Hy lyk. Ons swaar Kinderbybel het alles van krip-tot-kruis in fraaie prentjies gewys. ’n Besoek aan my sussie se graf toe ek ongeveer nege jaar oud was, het alles egter verander. Die beeld van ’n allerfraaiste engeltjie, perfek in marmer verewig, het my so aangegryp dat ek opsluit my fiksasie van wolke en Jesus na engele verskuif het. Hulle het ten minste vlerke gehad en omdat hulle volgens my kindergemoed nie hemelgebonde was nie, kon ek hulle immers oral verwag. My ma se tuin was so mooi dat ek met sekerheid geweet het dat hulle daar met die vlinders sou wou kom speel. Ek het meestal

in die roostuin gewag. By die uitgeholde maalklip wat as voëltjiedrinkbak gedien het. Hulle sou, nes die voëltjies, van al die gevlieg ook mos dors word. . . Die hoop beskaam nie en meer as 45 jaar later gebeur dit toe. Tydens ’n ernstige siekte moes ek vir hordes toetse en skanderings gaan. Pas uit die intensiewe eenheid, maar nog baie siek, het ek vreemd beangs gevoel. Met suurstof-, aarvoeding- en kateter-aanhangsels is ek die hoeveelste tonnel ingestoot. Toe staan sy daar. Sy vryf my voete, klik vertroostend en seg: “Ag nie wat, moetie so bang issie, die Djirre sal ve djou ietkyk.” Ek weet nie waar sy vandaan gekom het nie, maar ek wéét dat dit ’n engel was . . . Sy was groot van postuur. Aan die kant van haar kop was ’n moesie en op haar bolip ’n skeefgeplakte Elastoplast-pleister. Haar hande was warm en haar neutbruin vel het soos brons geskitter. En sy het die allermooiste Kaapfrikaans gepraat. ) Kopiereg voorbehou. Ellen Hancke (by ellen@truewan.co.za) is een van Vrystaat se gas-rubriekskrywers.

Vrystaat se lesers sê

VRYSTAAT se Facebook-blad by http://facebook.com/Vrystaat is gewild omdat al wat leef en beef daar hul mening kan gee. Selfs oorsese vriende, soos Ronny Gaytant uit België, gee graag hul mening oor onderwerpe. Vrystaat wou weet: Glo jy in wonderwerke? Bestaan wonderwerke nog? Het jy al ’n buitengewone wonderwerk ervaar? Stephan en Andri Nieuwoudt: Ja. Ons glo vir seker dat Jesus daagliks wonderwerke oral laat gebeur en ons self sien daagliks wonderwerke. Voorsiening, genesing, nuwe bekeerlinge, vrymaking, vergifnis, guns en veel meer. Wanneer ons heeltemal oorgegee het aan Jesus is die wonderwerke volop, want Hy is so wonderbaarlik getrou. Al die eer altyd net aan Jesus. Margie Osler: Elke liewe dag is ’n wonderwerk! Kyk net rondom my: Ysige koue, sonsopkoms, warmte, blomme, diere, mense. My Vader seën my elke liewe dag met soveel wonderwerke! Ronny Gaytant (Oostduinkerken in België): Er zijn nog genezingswonderen, maar velen begrijpen niet dat in het Nieuwe

Verbond de apostelen genazen telkens “In de naam van Jezus” om de aandacht te geven aan hun Messias! Vandaag is er veel verwarring, en misleiding – zoals soms toneelgenezingen welke vooraf worden besproken! (Boek: F. Legrand, de Paulus van Frankrijk genoemd). Servaas Wahl Prinsloo: Ja, dit bestaan. Het dit ervaar. Met die krag van Jesus Christus. Wonderwerke van God af. Zelna Muller: Om elke dag te leef is ’n wonderwerk. Ek glo dit bestaan. As jou geloof en hart so groot is, glo ek ’n wonderwerk kan gebeur. Corrie Leimecke Whitlock: Ja, wonderwerke bestaan. Net om elke dag rondom jou te kyk sien jy baie wonderwerke. Ek het self baie spesiales beleef. Te veel om hier te vertel. Dina van den Berg: Ja, ek glo dit. In 2010 het ek ’n groot operasie in Bloemfontein ondergaan. Ek was 36 uur in die teater en drie weke ná die operasie in ’n koma. Familie, vriende en ds. Dubois du Toit en die gemeente van Kestell het vir my gebid. Ek is daardeur, maar nog operasies het gevolg. My bene moes geamputeer word of ’n rolstoel was my

voorland. Vandag, vier jaar later, het ek nog albei my bene en loop ek, bestuur ek voertuig en doen ek al my huiswerk self. Ek dra selfs hoëhakskoene. Ek glo ook dat Jesus vir dr. Ruan Botha na my gestuur het. Toe al die dokters my bene wou amputeer, het hy die oggend voor die operasie teruggekom van verlof en my gevra of ek verkies dat hy moet opereer, want hy gaan my bene probeer red. Dr. Botha was op die regte oomblik deur God gestuur. Alle dank aan die Vader. Jaqauline Mienie: Vir seker! Magda de Beer: Die familie het al vir skoonma (94) gegroet. Dokters het nie hoop gehad nie en sy het ná drie weke uit die hospitaal gestap en is nog stabiel. Hannes Pelser: Vir seker glo ek dat Jesus steeds, soos toe Hy fisiek op aarde was, wonderwerke doen. In 1994 is ek huis toe gestuur met kanker, sonder hoop. In Desember 2013 was dit 18 jaar sedert ek skoon verklaar is. Prys die Here Jesus. En Hy doen daagliks nog wonderwerke in mense se lewens. (Lees gerus Hannes se aangrypende getuienis oor wonderwerke op Facebook. Dit was ongelukkig te lank om hier te publiseer. – Red.)


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Nuut as leraar

5

SAKEFORUM

DS. PIETER COCKERAN (agter) is in Harrismith as medeleraar van die NG Moederkerk bevestig. Hy het ’n biduur by die Eliza Liddell-tehuis vir bejaardes waargeneem. Hy het sy laerskooljare in Harrismith deurgebring. Van links is Juliana de Jager, Hester Burger, Kitty de Villiers en Petro Britz.Foto: Corrie Labuschagne

Comment bikers VRYSTAAT received comments on the lead story on 12 June, written by Garth Brook: “Bikers’ move a blow”. Bruce Weyer (businessman of Clarens): It is a pity that the Steelwings’ annual visit has come to an end. The loss for the town will be tremendous. People do not realise what they have before they lose it. Debra Stewart (owner of Bibliophile): Many bikers return to Clarens for family holidays later in the year. If they enjoyed their stay, they will return in that guise. It is a wake-up call to business to keep abreast of tourism trends and to encourage sustainable tourism among desirable target

markets. What kind of holiday destination do we want to be? Louw van Biljon (Spatium, Clarens): Dit gebeur wanneer die owerheid inmeng in sake wat hom nie eintlik aangaan nie. Die gevolge is gewoonlik teenproduktief. Mandy Prior (DA councillor): It is indeed a shame that the Steelwings have decided to move their annual event to another venue. Clarens will certainly lose revenue, and businesses might find it difficult financially. However, Clarens will survive, and another event will take the place of Steelwings. ) The full report is on Vrystaat’s website at www.vrystaat.co.za.

Visit www.vrystaat.co.za regularly for news, photo galleries and stories of human interest.

Ry weg met wenmotor BEN PRETORIUS (links) van Bethlehem het een van die 100 VW Vivos in ’n nasionale kompetisie van Spar gewen. Regs is André Scott, die bestuurder van Dericks.


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

FOKUS OP SONSKYN-DIENSSENTRUM

Bejaardes hier bederf DIE bestuur van die Sonskyn-dienssentrum in Bethlehem doen moeite om die verblyf vir bejaardes so aangenaam, gerieflik en opwindend moontlik te maak. Vrystaat het die dienssentrum onlangs besoek toe bejaardes met tee en koek bederf is. Oubaas de Coning van Bethlehem het musiek op die elektriese kitaar en konsertina gemaak. Van die bejaardes het selfs ’n paar draaie op die dansbaan gemaak. ) Sien nog foto’s op bladsy 12.

BEJAARDES van die Sonskyn-dienssentrum. Van links is Annie Naudé, Ans Pohl, Dries en Lurika van Rensburg, en Vicky Potgieter.

REGS: Caroline Anderson (links) en Lenie Botha.

VAN links is Cathy Steyn, Johan van der Westhuizen, Roulene van der Westhuizen en Henry Brooks. ANGELA VAN WYK (links) en Lily Gordon.

VAN links is Esabel Pauls, Joey Linström, Susan van Rensburg en Meisie Doman.

BEJAARDES van die Sonskyn-dienssentrum. Van links is Tol Pieterse, Marietjie Bester, Bettie Olivier en Truida Cleghorn.

VAN links is Marie Visagie, Hannatjie Viviers, Joey Hattingh en Susan Grové.

BEJAARDES van die Sonskyndienssentrum is hier van links Maria Mosala, Katrina Nkomo, Rachel Lynch en Gertruid Johnson.

VAN die bejaardes van Sonskyndienssentrum is hier van links Lenie Botha, Lena Martin, Malhilse Ackeer, Dolly Liebenberg en Audrey Xaba.

BEJAARDES van die Sonskyn-dienssentrum. Van links is Magriet du Preez, Ellie van der Watt, Dorie Steyn, Anna Wilding en Ivy de Coning.


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

7

Die dag toe die dam droog was . . . Alet Strutt LOCH ATHLONE was vir jare die hartaar van ons dorp – nie alleen vir watervoorsiening nie, maar ook as ontspanningsoord. Die kamphuisies was altyd vol bespreek deur besoekers van oor Suid-Afrika. Om op ’n Sondagmiddag in die skadu van ’n reuse-wilgerboom met ’n kosmandjie te ontspan, was ’n klein vakansie op sy eie – terwyl ’n skiër regop aan ’n tou agter ’n boot oor die blou water sweef en roeibootjies êrens op die dam onbesorg ronddobber. Met ’n roeibootjie kon die menigte voëlspesies in die riete besigtig word. Loch Athlone was voorwaar ontspanning na elkeen se keuse. Vir die kinders was daar veilige, onbesorgde vermaak op die speelparkie en dan was daar ook die swembad waar almal kon afkoel. Die unieke Skiprestaurant het etes en verversing voorsien. Die goed toegeruste eilandsaal was dikwels vol bespreek vir troues en vele gesellighede. Een jaar, tydens ’n strawwe droogte, het die water gekrimp tot net ’n poel in die middel van die dam. Waaghalse het met voertuie in die dam rondgery om te kyk hoe ver hulle dit kon maak – tot groot vermaak van die omstanders. So wou Mannetjies Botes ook kyk hoe ver hy in die dam kon stap. Hy het tot op ’n punt gestap, en toe tot sy ontsteltenis begin insak. Met al die gespartel het hy net verder ingesak. ’n Weldoener het die gevaar besef en tot by hom gerol. Hy het Mannetjies se trui oor sy kop getrek en dit onder hom ingewoel om hom so uit die modder te kon worstel. Sy bedankingswoord: “Waar is my jersey – gaan haal hom uit!” Daardie was seker die enigste keer dat ons waterbeperkings gehad het. Geen tuine mag natgemaak word nie. Ons het kanne

DIE Athlone Castle wat eens ’n gewilde restaurant-bestemming by die vroeër gewilde Loch Athlone-vakansieoord op Bethlehem was. rioolwater aangery om ’n paar roosbome te kon behou. Groot reën in die opvanggebied het nie net die dam vol gemaak nie, maar oor die wal laat stort. ’n Pragtige skouspel. Maar waar vind ons nou ontspanning? Elkeen op sy eie stukkie grasperk, onder sy eie boom, of by een enkele boom in ’n speelparkie. Gelukkig bied gastehuis en landgoedere ’n uitkoms vir onthale, maar wat lok besoekers van elders?


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Landbou gedy by Warden

BOERE van die distrik Warden sê hier hul sê. Uit elk van die onderhoude wat Louise Roets, Vrystaat se

korrespondent op Warden, met hulle gevoer het, straal liefde vir en geloof in die landbou. Hierdie boere is die

sout van die aarde, soos alle boere wat met toewyding aan landbou verbind is en verseker dat Suid-Afrika se

spens vol bly. Vir die plasing van Wardennuus en -foto’s, bel Roets by 082-321-9958.

Chris Malan

Johann van Niekerk

Barend Human

Theuns Brooks

Schalk Erasmus

HOE lank boer jy al, waarmee en hoekom boer jy? Ek boer reeds 32 jaar. My pa is in 1981 oorlede en ek moes noodgedwonge die boerdery oorneem. Ek het ’n gemengde boerdery van skape en beeste. Ek plant ook mielies, sojabone en suikerbone. Ek boer omdat ek ’n gebore boerseun is. Dink jy ’n mens kan sommer net boer of het jy opleiding nodig? Ek het my landbougraad aan die Universiteit van die Vrystaat ((UV, Kovsies) behaal. Om verder te studeer laat ’n mens baie meer mensekennis opdoen. Ek dink egter die belangrikste graad wat ’n mens nodig het vir boerdery is ’n ruggraat. My oupa en my pa was my mentors in die boerdery en ek maak gebruik van landboukundiges, want hulle is op die hoogte van al die nuwe variëteite. Dink jy die vryemarkstelsel het boerdery bestuur vergemaklik of was dit beter toe daar nog beheerrade was? Die vryemarkstelsel is ongenaakbaar, maar baie beter vir die boere en jy bemark op vraag en aanbod. Ek bemark hoofsaaklik deur die koöperasie. Beheerrade het die boerderybestuur vergemaklik, maar was nie ekonomies regverdigbaar nie. Boer jy op jul familieplaas en sal jy graag wil sien dat jou kinders en kleinkinders dieselfde liefde vir boerdery en die grond het as wat jy het of boer jy en jou kinders reeds saam? Ek is bevoorreg om gedeeltelik saam met my kinders op die familieplaas te boer. My seuns het hulle in ander rigtings bekwaam. Een van my seuns is reeds op die plaas en die ander een studeer nog. My vrou is ook aktief by die boerdery betrokke. Met die politieke woelinge en minimum lone en grondeise, sien jy nog ’n toekoms in boerdery en sal jy nog uitbrei op jou boerdery? Vanweë my onwrikbare geloof in die Almagtige en Sy werke, sien ek nog ’n baie goeie toekoms vir landbou. Ongeag die struikelblokke beplan ek nog uitbreiding, mits dit ekonomies regverdigbaar is. Alles in ag geneem wat geniet jy die meeste van “boer wees”? Om elke dag die sonsopkoms en sonsondergang op jou eie grond te sien.

Hoe lank boer jy al, waarmee en hoekom boer jy? Ek boer reeds 35 jaar, want boerdery is in my bloed en dit is my liefde. Ek het ’n gemengde boerdery, wat die aanplant van mielies en aartappels insluit. Ek boer ook met beeste en skape waarvan ek die wol en vleis bemark. Ek het ook ’n melkery op die plaas. Dink jy mens kan sommer net boer of het jy opleiding nodig? Ek sal aanbeveel dat jy gaan studeer, want dit gee jou vir seker ’n breër uitkyk op die lewe en meer lewenservaring, asook iets om op terug te val. My pa se siekte het my egter genoodsaak om dadelik te begin boer. Ek is egter dankbaar dat ek aan die hand van my mentor (my pa) kon leer. Dink jy die vryemarkstelsel het boerderybestuur vergemaklik of was dit beter toe daar nog beheerrade was? Die vrye mark is baie beter. Jy leer self bemark deur jou eie markte te soek, jy word ’n beter aankoper. Jy leer ook om buite die kassie te dink. Die konsep van boerdery het die afgelope 20 jaar verander – boerdery is nou ’n besigheid en die geleenthede is legio. Boer jy op julle familieplaas en sal jy graag wil sien dat jou kinders en kleinkinders dieselfde liefde vir boerdery en die grond het as wat jy het – of boer jy en jou kinders reeds saam? Ja, ons boer op die familieplaas en ek is baie bevoorreg om reeds saam met my twee seuns te kan boer. Ek is ook dankbaar dat hulle die goeie gene vir boerdery saam met my ontvang het en dit gebruik. Dit sal voorwaar ’n seën wees as my kleinkinders ook wil boer. Met die politieke woelinge en minimum lone en grondeise, sien jy nog ’n toekoms in boerdery en sal jy nog uitbrei op jou boerdery? Ek sien kans vir die uitdaging. Dit bly opwindend, met ’n negatiewe houding sal mens nie kan vooruitgaan nie, daarom bly ek positief. Ek glo jy moet ’n voorbeeld stel, leiding gee en jou werkers met respek behandel. Alles in ag geneem – wat geniet jy die meeste van “boer wees”. Om self met die trekkers en stropers te werk.

HOE lank boer jy al, waarmee en hoekom boer jy? Ek boer al 18 jaar kommersieel met vleisbeeste, sojabone en mielies. Boer is my passie. Niks is beter as die gevoel daarvan om vroegoggend op jou land te ry en te sien hoe die gewasse sulke rye bo die grond uitkom nie. Glo my, dit hou jou voete vierkant op die grond. Dink jy ’n mens kan sommer net boer, of het jy opleiding nodig? Opleiding is beslis ’n aanwins, maar jy leer die meeste dinge fisiek in die boerderypraktyk. Ek het nie ’n landboudiploma of -graad nie. My pa, Jan Brooks, was my leermeester. Dink jy die vryemarkstelsel het boerderybestuur vergemaklik of was dit beter toe daar nog beheerrade was? Die vryemarkstelsel het boerderybestuur nie noodwendig vergemaklik nie, maar is beslis beter as destyds se beheerrade. Boer jy op jul familieplaas en sal jy graag wil sien dat jou kinders en kleinkinders dieselfde liefde vir boerdery en die grond het as wat jy het, of boer jy en jou kinders reeds saam? Ek is deel van ’n tweedegeslagboerdery. Ek sal graag wil hê ons kinders moet ons liefde deel vir die grond en natuur en alles wat daarmee saamgaan. Met die politieke woelinge en minimum lone en grondeise, sien jy nog ’n toekoms in boerdery en sal jy nog uitbrei op jou boerdery? Ek sien ’n toekoms en sal daarom uitbrei, ongeag die struikelblokke. Alles in ag geneem, wat geniet jy die meeste van “boer wees”? Ons leef ’n gehaltelewe. Jy leef so naby aan die natuur en is boonop daarvan afhanklik. As jy boer, wéét jy wat is bid, glo en vertrou. Die stadsgewoel is nie my ideaal vir ’n lewe nie.

Hoe lank boer jy al, waarmee en hoekom boer jy? Ek boer al 30 jaar. Ek het ’n gemengde boerdery, bestaande uit Simbra-beeste, waaronder die Bloubergsimbra-stoetery, asook kommersiële beeste. Daar is ook die plant van mielies, sojabone en suikerbone. Boerdery is in my bloed. Dink jy mens kan sommer net boer of het jy opleiding nodig? Ek dink tersiêre opleiding ontwikkel jou as mens sodat jy ’n groter en breër uitkyk op die lewe kan kry. Ek glo nie dit is noodsaaklik nie. Daar is vandag dienste met opgeleide mense beskikbaar soos landboukundiges en veeartse van wie ’n mens gebruik kan maak. ’n Mens moet geesdriftig, vasberade en die wil hê om te boer. Dink jy die vryemarkstelsel het boerderybestuur vergemaklik of was dit beter toe daar nog beheerrade was? Die beheerrade het die boere beskerm, maar jy kon nie vir jouself dink en bemark nie. Ek verkies die vryemarkstelsel omdat ’n mens nie die huidige regering kan vertrou nie. Boer jy op jul familieplaas en sal jy graag wil sien dat jou kinders en kleinkinders dieselfde liefde vir boerdery en die grond het as wat jy het of boer jy en jou kinders reeds saam? Nee, ek boer nie op ’n familieplaas nie. Ons kom oorspronklik van Thabazimbi af en is nou reeds 25 jaar op Warden. My gesin is baie meelewend en betrokke by die boerdery. My kinders studeer egter nog en die seuns sal heel moontlik kom boer en aangaan met die teling van die stoetery. My begeerte is dat hulle eendag sal voortbou op dit wat ek begin het. Met die politieke woelinge en minimum lone en grondeise, sien jy nog ’n toekoms in boerdery en sal jy nog uitbrei op jou boerdery? Ek glo vir seker daar is ’n toekoms in boerdery. My voorliefde daarvoor en die verwagting om ook my kinders die voorreg te kan gun om te boer, maar bowenal my geloof in my Skepper, maak dat ek sal aanhou boer en ook aanhou met uitbreiding. Alles in ag geneem, wat geniet jy die meeste van “boerwees”? Vir seker om met diere te werk. Ons het selfs ’n paar hoenders op die werf.

‘Niks is beter as die gevoel daarvan om vroegoggend op jou land te ry en te sien hoe die gewasse sulke rye bo die grond uitkom nie. Glo my, dit hou jou voete vierkant op die grond.’

HOE lank boer jy al, waarmee en hoekom boer jy? Ons is net meer as drie jaar op die plaas. In hierdie stadium is ons nog besig om die boerdery te vestig met beeste, skape en voer-aanplantings vir die winter. ’n Verdere vertakking van die boerdery is die bottelering van mineraalwater op die plaas wat dan so ver as Zimbabwe versprei word. Dink jy ’n mens kan sommer net boer of het jy opleiding nodig? Ek glo as jy nie liefde vir grond het nie, jy dit nie eens moet probeer nie. Meganika en navorsing in landbou is altyd aan die ontwikkel en jaarliks is daar nuwe toerusting en variëteite wat beskikbaar gestel word. Naskoolse opleiding kan jou tot voordeel strek. Ek is ’n gekwalifiseerde gereedskapmaker. Dink jy die vryemarkstelsel het boerderybestuur vergemaklik of was dit beter toe daar nog beheerrade was? Net soos beheerrade het die vryemarkstelsel ook sy uitdagings. Op die einde van die dag is die boer ’n prysnemer en nie ’n prysmaker nie en sal boere altyd kwesbaar wees. Daar is te veel ander partye in die voedselketting wat pryse die hoogte in laat skiet vir die eindverbruiker en die boer wat al die risiko’s neem suig maar aan die agterspeen. Boer jy op jul familieplaas en sal jy graag wil sien dat jou kinders en kleinkinders dieselfde liefde vir boerdery en die grond het as wat jy het of boer jy en jou kinders reeds saam? Ja, ons doen, en ons sal graag wil sien dat die volgende geslag sal voortbou op die fondamente wat ons daar stel en die geleenthede met albei hande sal aangryp. Met die politieke woelinge en minimum lone en grondeise, sien jy nog ’n toekoms in boerdery en sal jy nog in jou boerdery uitbrei? Niemand weet werklik wat in die regering van die dag se grondhervorming aangaan nie. Daar is al soveel verwarrende uitsprake gemaak oor grondhervorming en die beste is dit is mense wat in hul lewe nie ’n enkele sooi gespit het nie wat die meeste geraas maak. Ongeag alles wat om ons aangaan, wil ek. Ek glo elke ander voedselverbouer in die land sien dat ons kan aangaan om voedselsekerheid vir die land te verseker. Alles in ag geneem wat geniet jy die meeste van “boer wees”? Om seisoene te sien kom en gaan en elkeen het sy eie bekoorlikheid. Die stilte en harmonie van die landskap wat ons sin is.


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

9

BETROKKENES wat Wimpy Bethlehem in die Dihlabeng Mall se sakesukses saam by die Champagne Sports Resort in die Drakensberg gevier het, is van links Lizelle Potgieter en haar man, Jannie, eienaar, Eric Zwarts, eienaar, en sy vrou, Elmarie. Wimpy Bethlehem in die Mall het 36 ander Wimpy-restaurante in die Vrystaat en Noord-Kaap uitgestof toe hy as streekwenner aangewys is.

Gehalte laat Wimpy prys losslaan DIE gewilde Wimpy-restaurant in die Dihlabeng Mall het in sy eerste bestaansjaar die prestasie behaal om as streekwennende Wimpy in die Vrystaat en NoordKaap aangewys te word. Die eerbewys is op ’n konferensie by die Champagne Sports Resort in die Drakensberg-omgewing in KwaZulu-Natal aan die eienaars, Jannie Potgieter en Eric Zwarts, oorhandig. Met dié toekenning het Wimpy in die Dihlabeng Mall 36 ander Wimpy-restaurante uitgestof. Vrystaat wou by Potgieter weet wat die geheim van dié sakesukses is. Hy sê hy glo dit is omdat hy en sy

personeel op toegewyde gehaltediens toegespits is. Hy glo aan persoonlike aandag en betrokkenheid by kliënte. Hy skryf dit ook toe aan tevrede personeel wat daarvan hou om kliënte te bedien en hul werk geniet. Wimpy-restaurante word jaarliks geëvalueer vir personeelomset. “Ek is dankbaar dat ons so goed vaar in ’n sentrum wat nog stadig groei en waar sake sommige dae aan die stil kant is. Die restaurantbedryf is egter vol verrassings en as ’n mens maar weer sien, is al die tafeltjies beset. “Baie dankie aan gereelde, lojale kliënte wat ons ondersteun.”

“Die restaurantbedryf is egter vol verrassings en as ’n mens maar weer sien, is al die tafeltjies beset.”


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Nu-Pro vier 10 j. met fokus op klante DIE Nu-Pro-groep, wat op 14 Junie 2004 gestig is, het die naweek sy tiende verjaardag gevier. Die groep het aanvanklik net uit ’n kommoditeitsmaatskappy bestaan wat alle grane en roumateriale vir die veevoerbedryf oor Suid-Afrika heen en ook in die buurlande verhandel het. Einde 2008 het VKB ’n 50%-aandeel in Nu-Pro bekom. Intussen het die onderneming uitgebrei met ’n veevoermaatskappy. Die moderne veevoeraanleg is op die ou Springbok Cereals-terrein in Joubertstraat in die nywerheidsgebied. Die modernste toerusting in die mark is gebruik en die rekenaarbeheerstelsel is in Brittanje ontwerp met die fokus op akkuraatheid en naspeurbaarheid. ’n Dinamiese span kundiges in al die afdelings bestuur alle navrae en behoeftes tydig volgens die klant se behoeftes. Nu-Pro se kernbesigheid in die kommoditeitsafdeling is die kontraktering van grane direk met die produsent na die meulenaar en dieselfde geld vir roumateriale vir die vervaardiging van veevoer. In die veevoerafdeling word gebalanseerde veevoer van hoogstaande gehalte vir alle spesies vervaardig. As ’n “multi-spesie-aanleg” word produkte vir alle spesies vervaardig, met die kernfokus op suiwel, lêhoenders, braaihoenders en varke, asook vetmesting-produkte vir voerkrale. Hierdie twee afdelings word baie goed gerugsteun deur ’n logistieke afdeling wat verantwoordelik is vir intydse lewering van alle produkte.

NU-PRO KOMMODITEITE se personeel is van links, voor: Chris Grobler, Deoné Schoeman, Lida Stander, Anita Bester en Daleen Smith; agter: Anton Loubser, Arnold Bender, Marie-Louise Swart en Niël Ungerer, besturende direkteur. Saterdag is die Nu-Pro-groep se tiende verjaardag gevier. Niël Ungerer, besturende direkteur, het op die verjaardag-ontbyt vertel hoe hy en Chris Schoonraad tien jaar gelede die besluit geneem het om Nu-Pro te stig. In sy afwesigheid het hy Schoonraad bedank vir die bydrae wat hy gelewer het. “Die afgelope jaar was een van die uitdagendstes nog. Die veevoermark is uiters mededingend, maar ek glo met goeie diens, klanteverhoudinge en ’n persoonlike benadering is daar ’n plek in die mark om vir jouself en die klante waarde toe te voeg.” In die 2012-boekjaar is R12 miljoen aan uitbreiding bestee wat Nu-Pro Voere in staat stel om hoogstaande voer vir die pluimveemark (braaikuikens en lêhoenders) te vervaardig.

NU-PRO VEEVOERE se personeel is van links, voor: Clifford Nyindi, Ileana Brandt, Elsje Alexander en Maria Ketle; agter: Amanda Louw, Ina van Rensburg, Jaco van Wyk, Elias Mofokeng, James Tshabalala en Niël Ungerer, besturende direkteur.

NIËL UNGERER (links), besturende direkteur van Nu-Pro, saam met sy vrou, Jacolien, en dogter Hylet op die ontbyt ter viering van die maatskappy se tiende verjaardag.

ANTON LOUBSER en sy vrou, Corné.

MELANIE en Chris Grobler.

ABEL MOTAUNG, Relebohile Masoeu en David Dlamini.

MARINDA BENDER saam met haar seun Koot en man, Arnold.

PIET NDWENI, Elias Mofokeng, James Tshabalala en Jan Motsoeneng.


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

11


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Laat voete jeuk met vrolikheid LINKS: Twee bejaardes van die Sonskyndienssentrum, Joly Gerber en Henry Brooks, dans langarm op ’n oggendteeparty vir bejaardes by die sentrum.

Inwoners raadop oor riool INWONERS en belastingbetalers van La Provence sit al jare met hul hande in hul hare omdat die rioolprobleem by die Loch Athlone-dam nie deur die Dihlabeng-munisipaliteit opgelos word nie, sê dr. Leon Brits. Dié foto toon die jongste stand van sake. Lees die brief en kommentaar hieronder. Foto: Leon Brits

Dihlabeng aware of problem

VAN links is Joly Gerber, Lily Gordon en Ans Pohl wat lekker saam op Oubaas de Coning se musiek by die Sonskyndienssentrum dans.

THE sewage problem in La Provence next to the Loch Athlone Dam has been an issue for the past three years, says Gerrie Roetz: “We have spoken about it several times without any permanent solution. Johan Botha and I visited the pump station after which it took a few months before the problem arose again. Now it seems we are back at square one. You can go and find out how many times I’ve reported it, and although the response was fast, there has been no permanent solution.” Shortly before going to print Vrystaat received a response from Tshediso Maitse of the municipality. He said the municipality was aware of the problem next to the Loch Athlone Dam and that the problem had been

caused by a faulty electric control panel controlling the pumps over the weekend. He said the maintenance team was closely monitoring the situation and that supply chain processes to replace the faulty control panel had already been initiated. “We would also like to sincerely apologise to Brits and everybody in the vicinity for the inconvenience caused. Sewer blockages and machinery malfunctioning can occur at any time, even in the best cities of the world, and we humbly appeal to all citizens to always be mindful of that fact. As a municipality we’ll endeavour to deliver excellent services and to not jeopardise the health of our citizens,” said Maitse on behalf of the office of the acting municipal manager.

Kompetisie vir bejaardes open DIE land se senior burgers met bewese gehaltesang en/of musiektalent word uitgenooi om aan die ATKV se tweede talentkompetisie deel te neem. Die twee afdelings is: ) Sing Afrikaanse liedjie met enige instrument-begeleiding. ) Speel Afrikaanse nommer met enige musiekinstrumente. Bejaardes word versoek om kinders, kleinkinders, vriende, die kerk of die naaste Afrikaansmediumskool vir hulp te vra om die liedjieen/of musiekinstrumentspel op ’n CD te kry of dit in MP3-formaat aan ons te e-pos. Deelnemers kan hulle in een of albei afdelings inskryf en kan meer as een liedjie inskryf. Die beoordelaars bestaan uit bekende en suksesvolle Afrikaanse sangers en musikante wat self al senior burgers is, naamlik

Rouel Beukes, Lieb Bester, Mimi Coertse, Theo Erasmus, Sonja Heroldt, Lance James, Martin Lane, Trevor Nasser, Min Shaw, Gert van Tonder (groep 2) en Ollie Viljoen. ) Inskryfvorms: Stuur ’n SMS na 082-925-1488 of ’n e-pos na iakotze@mweb.co.za. ) Sluitingsdatum: 30 Augustus 2014. ) Pryse: Die twee kategoriewenners wen Lapa-boeke en verblyf vir twee dae by ’n ATKV-oord. ) Navrae: Sakkie Kotze by 082-925-1488. . Anette Jonker het aan die eerste Afrikaanse talentkompetisie vir senior burgers deelgeneem en die afdeling vir Afrikaanse liedjie gewen.

E I E N D O M M E


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

13

Fabrikate nou hier versien

BMW-EIENAARS in die Oos-Vrystaat kan staat maak op professionele dienste by die JFM Service Centre in Thompsonstraat 16B in Bethlehem. Hier is Michael Swart.

GOEIE nuus vir BMW- en Hyundai-eienaars in die Oos-Vrystaat is dat hulle nou ’n professionele onderneming het om na te gaan vir die versiening van motors teen billike, bekostigbare tariewe en pryse. Die JFM Service Centre in Thompsonstraat 16B is ’n splinternuwe onderneming wat met ’n vaart weggespring het omdat hier spesiale, professionele dienste gebied word. Michael Swart, wat jare by Hochland Auto as werkwinkelbestuurder werksaam was en professioneel opgelei is as diagnostiese tegnikus vir BMWen Hyundai-motors, sê die dienssentrum se dienste is veral op BMW’s toegespits waarvan die motor- en diensplan reeds verstryk het. Die onderneming doen algemene herstelwerk en versiening, diagnostiese toetse en maak staat op die beste diagnostiese rekenaars en toerusting om die werk te doen. Onderdele kan ook teen billike pryse bestel word. Swart sê hy en sy personeel is nie net op gehaltediens toegespits nie, maar ook

MICHAEL SWART is die eienaar van die JFM Service Centre. Die dienssentrum lewer hoogstaande diens aan eienaars van BMWen Hyundai-motors.

MICHAEL SWART, die professionele vakman en eienaar van die JFM Service Centre in Bethlehem, hier aan die werk. persoonlike diens. “Hier is elke kliënt baie belangrik en ons gee persoonlik aandag.

“Kliënte is welkom om ons by 082-491-9591 vir inligting en besprekings te bel.”


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

Boek op die spel MOORD OP GRIEKWASTAD; DIE STORIE VAN DIE STEENKAMPTREURSPEL deur Charné Kemp. Kaapstad, Tafelberg, 2014. Prys: R185. Wat dryf ’n skynbaar normale 15-jarige seun tot verkragting en moord? Goeie Vrydag 2012: Die nuus van die driedubbele moord op die Steenkamps se plaas buite Griekwastad skok die land. Deon en Christel, gelief in die gemeenskap, en hul pragtige dogter, Marthella, skaars 14, is vermoor. Marthella is ook verkrag. Hul 15-jarige seun, Don, is ongeskonde. ’n Jong seun word van die misdade verdink. Met die land se oë op Griekwastad skeur die dorp in twee. ’n Leser van Vrystaat kan dié boek wen. SMS die woord “moord” gevolg deur jou naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50.

MOORD OP GRIEKWASTAD

15

DIE ATKV-tak in Bethlehem het ’n skenking aan die Vereniging vir Kinder- en Gesinsorg gemaak. Kos- en trauma-pakkies is vir die tak se Jeugdag-viering en -projek oorhandig. Van links is, voor: Ellen Mofokeng, Ester Mofokeng en Dorah Masoko (Kindersorg); agter: Ben Venter (voorsitter: ATKV-Bethlehem), Fires van Niekerk (ondervoorsitter: ATKV-Bethlehem), Louise Venter (tesourier), Nadine Heathorn, Hennie Dercksen, Schalk Nel en Ritje Nel. Venter het sy dank uitgespreek vir skenkings van lede van die ATKV in Bethlehem. Bel Venter by 073-1834676 rakende lidmaatskap en betrokkenheid by die ATKV.


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014 NOTICE OF THE ISSUING OF A WASTE MANAGEMENT LICENCE FOR THE NEW WASTE WATER TREATMENT PLANT AT GRAIN FIELD CHICKENS (PTY) LTD AT REITZ, NKETOANA LOCAL MUNICIPALITY With reference to the Waste Management Licence application for the new Waste Water Treatment Plant at Grain Field Chickens Pty Ltd at Reitz, please be advised that the National Department of Environmental Affairs (DEA) granted the Waste Management Licence on 4 June 2014, in response to the submitted Environmental Impact Assessment Report. If you wish to lodge an appeal, a notice of intention to appeal must be submitted to the MEC of DETEA within 10 days of this notification. A copy of the Waste Management Licence with the Licence and Appeal conditions, as issued by the DEA in this regard, is available from our office. Please contact Mr Tom Hugo on cell 082 070 0735, fax 086 743 6864 or e-mail: tom@emtrix.co.za for further information.

REÜNIES 1470

HERSTELWERK

LANDBOU

1818

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

Melkery-bulkalwers: Vanaf R50 in Moorivierarea. Skakel: Johan 073 561 4545. Jersey-koeie (dragtig) te koop. Skakel 079 501 3273 of 082 748 9084.

TE KOOP

KLERASIE 1615

VOERTUIE

SKOONMAAKDIENSTE 1805

TUIN & BESPROEIING 1825

Vir al u tuinbehoeftes: Afsaag van bome, rommel wegry, opsit van 'picket fence', vuurmaakhout en planke direk aan die eindverbruiker, sny van 'sleepers'. AB TIMBERS: 083 388 0173. ALLERLEI 1845

ELEKTRIES 1810

GRANITE & MARBLE: Kitchen tops, vanities, bar counters, etc. Bethlehem. Tel. 058 303 4840 / 082 807 7456. VERFWERK 1872

DAKKE SEëL EN VERF, enige algemene herstelwerk en oprigting van staalstrukture. Skakel Renier 072 996 9018.

ALLERLEI 1655

Geslagte vark te koop: R32 per kilogram. Geslag en verpak volgens u keuse by slagpale/slaghuis. Skakel 082 791 5179.

LOODGIETERS 1855

2 gasstowe, R1 000 elk. Skakel 083 268 3467. 700 baie mooi, vars, groen gebaalde Eragrostis/ Smutsvinger. Ronde voerbale beskikbaar, R40 stuk. 25 kg. Johan: 071 442 7250. ALGEMENE & HUISDIENSTE BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801

VERVOER & BERGING 1870

4-TON TRUCK with drop sides available for any transport to be done. Phone 083 388 0173.

4×4’s 3035

Enkelwoonstel: R2 050 p.m. Plus deposito. Kombuis en badk. Beskikbaar 1 Julie. Geen troeteldiere. Bethlehem. Skakel 072 330 3109.

Huise en eenmanwoonstelle vanaf R1 900 p.m. in Loch Athlone: Gemeubileer en ongemeubileer. Kontrakteursbehuising: R100 per dag Baie netjiese 1-slaapka- per persoon. Skakel Paula 082 927 0209. mer-woonstel te huur, onderdakparkering, in 3-bedroom farmhouse: Môrelig, beskikbaar vanaf ± 6 km from town. R4 250 1 Julie 2014. R2 800 per p.m. Pre-paid lights. Depomaand. 072 012 2211. sit. Imm. avail. 083 285 3-slk-grondvloer-w/s: 1 badk, 1 afdak. Kragboks, Dep. R4 000 p.m. Besigtiging slegs na 17:00 weeksdae. 083 956 4221. No pets!

EENMAN-, 1- EN 2SLK-WOONSTELLE: Noordfront. Ruim. Motorhuis of afdak. Skakel 058 303 6746 of 083 330 7346.

1196 / 058 303 4594.

Moderne 3-slk-/2-badkhuis te huur op Eden-hoewes. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 081 308 9849. KANTORE 3290

Baie netjiese, ruim kantore naby Truida KestellFANTASTIESE VERskool, Bethlehem. BeskikBLYF TE HUUR: baar 1 September 2014. * 1-slk-w/s met onderdakSkakel 083 633 6533. parkering voor woonstel MOTORS TE KOOP * 24-uur-sekuriteitsomheining ERWE/STANDPLASE 3025 * Naby lughawe 3295 2011 Toyota Aygo Wild, Beskikbaar vanaf 1 Julie. 5-door, 42 000 km, ABS, Skakel: Mariaan van Vacant stand for sale in central locking, air bags, Niekerk 082 562 6362. Clarens. At give-away air-con. Ideal for students. price. Reduced to 1 eenmanwoonstel, afR90 000. Phone 072 488 R150 000 o.n.o. Phone dak, R2 200 p.m. Skakel 8848. Dirk 082 925 8605. Dirk by 082 925 8605. 2003 Toyota KZTE D/C 4x4, SAC conversion, with intercooler. Fullhouse. Phone 083 421 4030.

Vacancy for upholsterer: Must have experience and references. Fax CV to: 086 618 9297.

DORPSBEPLANNING 4025

AANSOEK OM ‘N TWEEDE WOONHEID Kennis geskied hiermee dat REGSKENNISGEWINGS Peter en Rochan Taylor en TP Letsoana aansoek by die & TENDERS Dihlabeng Plaaslike Munisi1-/2-bedroom flats. paliteit gaan doen vir speSLEEPWAENS MEENTHUISE Immediately available. siale toestemming om 'n ALGEMENE TE KOOP 3040 Paxinos Flats. High Street addisionele wooneenheid op KENNISGEWINGS 3330 te rig op Erf nommer 2905, 4010 Dubbel-as-sleepwa: 6 m in Bethlehem. Contact: volledige straatadres ConraRental administrator La Provence: 3 slaapx 2 m. Bokante van 1 m. APPLICATION OF diestraat 25, Morelig, BethPROCOR SA: Koki kamers, 2 badkamers, 083 421 4030. RECTIFICATION lehem (dorp). Mastabu. 1 garage, afdak. Siersteen. Notice is given in terms of Enige persoon wat beswaar 057 352 2990. R1,1 miljoen. Skakel 082 the Environmental Impact MOTORHERSTELteen die voorgestelde bedryf Fax: 086 558 7248/ 553 3196. Assessment Regulations DIENSTE het, moet sodanige beswaar 057 352 3775. Listing Notice 2 of 2010 of 3080 by die Applikant en die koki@procorsa.co.za Government Notice No. MEENTHUISE Munisipale Bestuurder LESCOR MOTORS: Vir R545 in Government Gazette TE HUUR indien binne 14 dae na die eerlike herstelwerk aan Sonnige noordfront 1No. 333069 of 18 June 2010 3325 laaste verskyning van hierligte petrol- en dieselvoer- slk-w/s, Môrelig. Onderunder the National Environdie kennisgewing. dagparkering, duiwelsvurkPRIVAAT 2-slk-meenttuie, veral alle VW-fabrimental Management Act, Die Applikant: Peter, Rochan omheining. R2 400 p.m. huis te huur in Panorama- Act 107 of 1998 of applicakate. Baie billike tariewe. Taylor en TP Letsoana Dadelik beskikbaar. Skakel oos, Bethlehem. Skakel 058 303 7091. tion for rectification in Adres: Straat: Conradie082 553 3196. Christine. Tel: 083 633 3509, vir meer terms IF Section 24G for Bethlehem. straat, Morelig, Bethlehem carrying out the following Woonstel op plaas, 5 km inligting/besigtiging. 9700 activity: VOERTUIE GESOEK uit dorp, R3 600 p.m. Tel. 082 884 8898/073 212 R4 000 p.m. Eureka. 2(ACTIVITY NO. 5) The OM TE KOOP DSTV, water ingesluit. 5315. slk-meenthuis. Isabel de construction of facilites or 3075 Mari 083 283 1967. Bruin Eiend. 082 785 1111. infrastructure for any proAANSOEK TWEEDE EK KOOP ENIGE tweede- 2-slaapkamer-woonstel cess or activity which requiWOONEENHEID handse motors, bakkies, 2 x 2-slaapkamer-meen- res a permit or licence in te huur naby Truida KesKennis geskied hiermee dat Kombi's en Ventures. tuis te huur, met toesluit- terms of national or provin- Christian Nel aansoek by die tell. Beskikbaar 1 Julie Skakel my enige tyd. 2014. Skakel 083 633 6533. motorhuis, R3 400 p.m. cial legislation governing the Dihlabeng Plaaslike Munisigeneration or release of Ek betaal kontant. Heffing R380 p.m. Skakel paliteit gaan doen vir speModerne, groot 1-slkemissions, pollution or efflu- siale toestemming om 'n Dirk by 082 925 8605. 083 374 0000. w/s. Lugreëling. Goeie ent and which is not idenaddisionele wooneenheid op area. Toesluitm/h, R3 500 tified in Notice No: R544 of te rig op Erf nommer 2419, p.m. Krag ingesluit. Stil, BETREKKINGS 2010 or included in the list volledige straatadres: Paul enkellopende persoon/jong of waste management acti- Laeseckestraat 24, Pan3600 paartjie. 083 421 4030. vities published in terms of orama, Bethlehem (dorp). Section 19 of the National R1 500 p.m. Môrelig. Enige person wat beswaar BETREKKINGS Environmental Management teen die voorgestelde bedryf Eenmantuinwoonstel. IsaGESOEK Waste Act, 2008 (Act No. 59 het, moet sodanige beswaar bel de Bruin Eiend. 3670 of 2008) in which case that by die Applikant en die 082 785 1111. Act will apply. Munisipale Bestuurder Activities No. 8 and 23 (ii) indien binne 14 dae na die GEMEUBILEERDE of listing Notice 1, GN R544, laaste verskyning van hierAKKOMMODASIE are also triggered by this die kennisgewing. 3256 development. Die Applikant: Christian Nel GEMEUBILEERDE PROJECT TITLE AND Adres: Straat Paul LaeseckeKAMERS: Elk met en DESCRIPTION: Primus con- straat 24, Panorama, Bethlesuite-badkamer, stoep en struction of 12 mobile char- hem 9700 private ingang, selfsorg. coal ovens. Tel. 083 461 2072. LOCATION: The farm MooiSkakel 082 927 7820. EIENDOMME pan 324, Mangaung MetroAANSOEK: TWEEDE politan Municipality (TweeWOONEENHEID HUISE TE HUUR spruit district). Kennis geskied hiermee dat OFFICIAL: Ms PR Likhoele, J Grobler aansoek by die 3270 WOONSTELLE Free State Department of Dihlabeng Plaaslike MunisiTE KOOP 4-slaapkamer-huis, 2 Economic Development, paliteit gaan doen vir spe3255 badkamers en dubbelgaTourism and Environmental siale toestemming om 'n rage te huur in Panorama. Woonstel: Ideale belegging Affairs, telephone 051 400 addisionele wooneenheid op Beskikbaar einde Junie. met goeie huurinkomste, 4813, Ref.No te rig, op erfnommer 1032, GESOEK 24g/8,23(ii),5/13/11. loopafstand van Metropoli- Skakel: 082 562 8832. volledige straatadres: CONSULTANT: Bucandi Fisherstraat 7, Jordania tan Sentrum, dokters, Jordania: 3-slk, 2 badk, 3601 Environmental Solutions, PO geleë te Bethlehem (dorp). apteke, ens. 2 slk, badk, dubbelgarage. Slegs 3 Qualified/experienced Box 317, Viljoenskroon 9520. Enige persoon wat beswaar toesluitmotorafdak. R532 huise van skool. Onmidchef needed. Tel. 076 682 4369 teen die voorgestelde bedryf 000. Dirk 082 925 8605. dellik beskikbaar. R6 000 Fax: 086 551 1894 Harrismith. Fax short het, moet sodanige beswaar plus dep. E-mail: helen@bucandi.co.za by die Applikant en die CV to 086 675 6905. Skakel: 072 443 4165. WOONSTELLE DATE OF NOTICE: 19 June Munisipale Bestuurder TE HUUR Damespersoon benodig 2014. In order to ensure that indien, binne 14 dae na die Newly renovated, spa3250 om so gou moontlik diens you are identified as an inte- laaste verskyning van hiercious 3-bedr/2-bathr die kennisgewing. te aanvaar. CV kan gefaks rested or affected party, Enkelwoonstel: R2 000 house, BHM West, secuDie Applikant: J Grobler please submit your name, word na 058 303 6713 of p.m. plus dep. W en l red, R6 000 per month. Adres: Straat: Fisherstraat contact information and ingehandig word by ingesluit. Geen troetelWater incl. Garden main7, Jordania, Bethlehem environmental interest in diere. Onmiddellik beskik- tained. No pets! Immedia- Hygiene Outright. the matter to the consultant 9700. baar. Bethlehem. Skakel tely available. Helix-gebou 7, LanddrosTelefoon: 076 089 2283 before 21 July 2014. 072 330 3109. Phone 082 310 9687. straat, Bethlehem.


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014 APPLICATION: ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that J Grobler intends to apply to the Dilabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on erf number 1032, completet street address: 7 Fisher Street, Jordania, situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: J Grobler Address: Street address: 7 Fisher Street, Jordania, Bethlehem 9700. Telephone: 076 089 2283

HS MARAIS Attorneys / Prokureurs ENSLINS BETHLEHEM INCORPORATED//CE VD WATT BELEGGINGS BK SAAKNOMMER: 972/13 VEILING/AUCTION In die LANDDROSHOF vir die DISTRIK BETHLEHEM, GEHOU TE BETHLEHEM. Saaknommer: 972/2013 In die saak tussen: ENSLINS BETHLEHEM INCORPORATED Eksekusieskuldeiser en CE VD WATT BELEGGINGS BK Eksekusieskuldenaar KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING 1. GELIEWE KENNIS TE NEEM DAT ingevolge 'n vonnis gelewer op 24/03/2014 APPLICATION: ADDITIO- in die BETHLEHEM LandNAL DWELLING droshof en 'n lasbrief van Notice is hereby given that ekskusie daarna uitgereik, Christian Nel intends to word die goedere hieronder apply to the Dihlabeng Local beskryf deur die balju in Council for special permiseksekusie verkoop. Die sion to erect an additional besonderhede van die veiling dwelling on erf number is as volg: 2419, complete street 1.1 DATUM: 4 Julie 2014 address 25 Paul Laeseck 1.2 TYD: 11:00 Street, Panorama, situated 1.3 PLEK: Baljukantore, De in Bethlehem (town). Wetstraat 22, Reitz. Any person opposed to the 2. In terme van Regulasie 20 proposed operation must (3) van die Wet op Verbruilodge such complaint to the kersbeskerming, 68 van Applicant and the Municiapl 2008, is die volledige adverManager within 14 days to tensie en beskrywing van the last publication of this goedere by die kantore van notice. die onderstaande prokureurs The Applicant: Christian Nel en balju gedurende kantoorAddress: Street address: 25 tye beskikbaar. Paul Laeseck Street, 3. Hierdie kennisgewing Panorama, Bethlehem 9700. word, onder andere, in terme Telephone: 083 461 2072 van Regulasie 20 (2) (b) van die Wet op Verbruikersbeskerming , 68 van 2008, geAPPLICATION: ADDIpubliseer en toegang tot TIONAL DWELLING voormelde regulasie kan verNotice is hereby given that Peter and Rochan Taylor and kry word op URL http: TP Letsoana intend to apply //www.info.gov.za/view/Do to the Dihlabeng Local Coun- wnloadFileAction?id=99961 cil for special permission to 4. Voornemende kopers erect an additional dwelling moet voor die veiling as bie毛rs registreer. on erf number 2905, complete street address 25 Con- 5. 'n Registrasiefooi van radie Street, M么relig, situa- R0.00 is betaalbaar voor die aanvang van die veiling. ted in Bethlehem (town). 6. Naam van die afslaers: Any person opposed to the Wynand Minnie proposed operation must lodge such complaint to the 7. Wyse van betaling: konApplicant and the Municipal tant, bankgewaarborgde tjek of elektroniese inbetaling, Manager within 14 days to onderhewig aan aanvaarbare tha last publication of this wyse van betaling. notice. BESKRYWING VAN The Applicant: Peter and Rochan Taylor and TP LetsoGOEDERE: ana JOHN DEERE 7000-4-RYAddress: Street address: 25 PLANTER Conradie Street, M么relig, GEDATEER te BETHLEHEM Bethlehem 9700. op 13 Junie 2014. Telephone: 082 884 8898 / Prokureur vir Eksekusie073 212 5315 skuldeiser HS MARAIS Prokureurs DE LEEUWSTRAAT 10. POSBSU 1755, BETHLEHEM. GEREGTELIKE Tel. 058 303 1542 VEILING 4501

TELKOM SA BEPERK / BUILD IT, REITZ: 1227789 Case No: 276/2012 IN THE MAGISTRATE'S COURT FOR THE DISTRICT OF REITZ HELD AT REITZ. In the matter between TELKOM SA SOC LTD Execution Creditor And BUILD-IT (SA) (PTY) LTD 1st Execution Debtor WASCON CIVILS 2nd Execution Debtor NKETOANA (FS193) LOCAL MUNICIPALITY 3rd Execution Debtor NOTICE OF SALE IN EXECUTION KINDLY TAKE NOTICE THAT in terms of judgement granted on the 20th day of November 2012, in the REITZ Magistrate' Court and a warrant of execution issued thereafter, a sale in execution of the under mentioned goods will be held on 4 July 2014 at 22 De Wet Street, Reitz at 11:00 consisting of: GOODS NISSAN BAKKIE with registration number: DRP 993 FS (SILVER), NISSAN BAKKIE with registration number: CSS 844 FS (WHITE), FORD BANTAM BAKKIE with registration number: DJC 204 FS (WHITE), VOLKSWAGEN CHICO with registration number: CSP 937 FS (WHITE) to the highest bidder. DATED at BETHLEHEM on 26 May 2014. Execution Creditor's Attorneys Breytenbach Mavuso Inc Cor. Union and Naude Streets, Bethlehem 9700. PO Box 693, Bethlehem 9700. Tel. 058 307 5300 Fax 058 303 6962 E-mail: infob@breytlaw.co.za Docex 7, Bethlehem Service address: Ref: TEL/0059/EM Address of Execution Debtor: BUILD-IT (SA) (PTY) LTD or PO BOX 679, REITZ. WASCON CIVILS or PO Box 19505, BLOEMSPRUIT. NKETOANA (FS193 ) LOCAL MUNICIPALITY or cor. KERK and VOORTREKKER STREETS, REITZ.

17


18

VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

SKOLENUUS

Dring deur na eindronde as redenaars REDENAARS-LEERLINGE van die Laerskool Jordania het as lede van die Vrystaatgroep na die nasionale eindronde van die Radikale Redenaarskompetisie in Pretoria deurgedring. Hulle is van links An-ne Venter, Marcu van Dyk, Dimoné Venter en Jurie Wessels.

DIE eerste netbalspan van die Hoërskool Wilgerivier wat as kampioen van die Fezile Dabi-liga gekroon is, is van links, voor: Taryn Theron, El-May Venter, Carla Muller en Leana Jordaan; agter: Anja Estherhuizen, Soné Muller (kaptein), Lerine Keevé, Marchelle Beyers en Esthie van Heerden.

Wilgies verower Fezile Dabi-liga Hannes Nienaber

DIE eerste netbalspan van die Hoërskool Wilgerivier in Frankfort het vanjaar die Fezile Dabi-liga oorheers. Verskeie vriendskaplike wedstryde en ’n geslaagde toer na Waterkloof se netbalfees het die grondslag vir hul skitterprestasies gelê. Die span het met die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg (62-11), Heilbron (31-13), Hoërskool Kroonstad (46-4), Hoërskool Sasolburg (45-4) en Hoërskool Parys (38-4) afgereken om as kampioen

van die liga gekroon te word. In ’n rillerstryd het die span teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad met 29 elk gelykop gespeel, terwyl hy die grootste deel van die wedstryd gemaklik voor was. Die Rooies het egter verbete teruggeveg om gelykop te eindig. Die doelgemiddeld van die Wilgies het egter die deurslag gegee en hulle is as Fezile Dabi se kampioenspan gekroon. Albei skole sal op 13 en 14 Junie op die Hoërskool Sentraal se bane teen die

VIER van Jordania se rugbyspelers is in Griffons-spanne ingesluit. Hulle is van links Cameron Roux, Marinus Minnaar, Ruan Strydom en Niel Janse van Rensburg.

ander streke se ligawenners om die Vrystaatbeker meeding. Wilgies was in 2013 ook die Fezile Dabi-ligawenners, asook derde in die Vrystaatbeker-kompetisie. Volgens die skoolhoof, Gerrie Coetzee, sien hy uit na ’n uitstekende Vrystaatdag wat, soos in die verlede, supernetbal gaan oplewer. Volgens hom is dit moeilik om vooraf ’n wenner te bepaal, aangesien elke span dié twee dae net hul beste lewer. Wilgerivier se o.16-span het ook tot die Vrystaatbeker deurgedring.

Praat goud los in Engels

Speel rugby vir Oos-Vrystaat DRIE o.16-rugbyspelers aan die Hoërskool Reitz is in die Oos-Vrystaatse o.16-span ingesluit. Hulle is van links Geyer Terblanche, Mwee Roos en Neil van der Merwe.

CHRISNA BRIEL van die Hoërskool Reitz het aan die Redenaars Radikaal-fees by die Laerskool Jordania in Bethlehem deelgeneem. Sy het ’n goue medalje in die Engelse afdeling vir gr. 9-leerlinge gewen.

Byt vas op perde-uithourit VIER leerlinge aan die Hoërskool Reitz het aan ’n perde-uithourit deelgeneem en verskillende afstande oor twee dae voltooi. Hulle is van links Lizaan van Deventer (40 km), Hanli Hammann (80 km op Vrydag en 80 km op Saterdag), Lezaan Swanepoel (80 km), en Cornel Rautenbach (80 km op Vrydag en 80 km op Saterdag).

DRIE o.12-rugbyspelers aan die Hoërskool Reitz is in Griffons-spanne ingesluit. Hulle is van links Chris Briel (A-span), Heinrich Swanepoel (A-span) en Ceagan Bothma (A-span).


VRYSTAAT, DONDERDAG 19 JUNIE 2014

19

Truida Kestell wen 8 uit 12 netballigas

DIE Laerskool Truida Kestell het in agt van 12 netballigas koning gekraai. Die o.10A-netbalspan is van links Princess Monyatsi, Simoné Kruter, Amelia Lamprecht, Vuyile Maseko, Marjulyn Myburgh, Carli Shannon en Maricha du Plooy.

DIE Laerskool Truida Kestell se o.10B-netbalspan is van links Izaan Barnard, Christene Naudé, Kgotsofalo Mofokeng, Tineke Bakker, Yanina Godoy, Terese Scheepers en Anelke Beneke.

DIE Laerskool Truida Kestell se o.12A-netbalspan is van links Chinell Becker, Ntsoaki Mpoloana, Tsepang Mosikili, Leandri Eagar, Lishe du Plooy, Alexa van Wyk en Bianca Lessing. DIE o.11A-netbalspan is van links Nicole Anderson, Elani Cilliers, Serero Motloung, Melissa Botha, Brenda van Niekerk, Basetsana Sempe en Nadia Lombaard.

DIE Laerskool Truida Kestell se o.12C-netbalspan is van links Dianca Beneke, Erika Basson, Reabetswe Lempe, Kaitlyn Lupke, Nicola di Mezza, Timoné van Zyl en Mikayla JenningsNel.

DIE Laerskool Truida Kestell se o.12B-netbalspan is van links Jana de Jager, Happiness Fukisi, Lené du Plessis, Amo Mokhatla, Thando Makubo, Victoria Dingaan en Jamie Lynn Azar.

DIE Laerskool Truida Kestell se o.11B-netbalspan is van links Maroné Bester, Elri Corbet, Yasmeen Ndou, Annalie van Huyssteen, Anabelle Brüssow, Retha van Huyssteen en MartMari de Clerk.

DIE Laerskool Truida Kestell se o.13C-netbalspan is van links Anzel van Vuren, Stockie Rantamo, Aimee van Heerden, Han-mari van Deventer, Melaine Williams, Karabo Ngcana, Yadinde Kock en Kutloana Mokwena.


Spelers vereer Susan Maré

DIE jaarvergadering van Oos-Vrystaat-Krieket wat in Gemsbok in Pretoriusstraat gehou is, is onder meer bygewoon deur die onderpresident van Vrystaat-Krieket, Zander Snyders, en sy uitvoerende hoof, Johan van Heerden. Voorsitters van Noordoos-Vrystaat en Welkom was ook teenwoordig. Carel Beneke, ondervoorsitter van Oos-Vrystaat-Krieket, sê Oos het die kroon gespan op ’n uiters suksesvolle 2013-’14-seisoen. Spanne en spelers is vir uitstaande prestasies beloon. Die Bethlehem-Dorp-krieketklub was die wenner van die 35 boulbeurte- Bruce Humphreys/Andras Findt-liga. BethlehemOudskoliere was vir die soveelste keer die wenner van die 50 boulbeurte- Dewar-skild. Individuele prestasies: Beste Kolwer en Speler van die Jaar: Francois Grové met 1 018 lopies teen ’n gemiddeld van 92,5 lopies per kolfbeurt en met ’n hoogste telling van 209 nie uit nie. Beste Bouler: Mornè Deyzel met 26 paaltjies teen ’n gemiddeld van 15 lopies per paaltjie met ’n beste ontleding van sewe beurte vir 44 lopies. Beste Junior Speler: Ruco Beneke met 483 lopies teen ’n gemiddeld van 44 lopies per kolfbeurt met ’n hoogste telling van 129 lopies plus 12 paaltjies geneem. Die Oos-Vrystaatse uitnodigingspan onder leiding van sy kaptein, Grové, het die 50 boulbeurte- plattelandse liga teen spanne van Welkom en Kroonstad gewen. Beneke sê Oos-Vrystaat-Krieket wil graag almal bedank vir hul bydrae om van die seisoen ’n groot sukses te maak. Die bestuur bedank ook die borge van die onderskeie spanne met ’n spesiale dankwoord aan Andras Findt-onderdele van Bethlehem.

BELANGHEBBENDES wat die jaarvergadering van Oos-Vrystaat-Krieket in Bethlehem bygewoon het, is van links, voor: Johan van Heerden (uitvoerende hoof: Vrystaat-Krieket), Dawie Botha (voorsitter: Oos-Vrystaat-Krieket) en Zander Snyders (onderpresident: VrystaatKrieket); agter: Gerrit Pienaar (spesiale eerbewys: 2013-’14-seisoen), Francois Grové (beste kolwer), Carel Beneke namens Ruco Beneke (beste junior speler) en Morné Deyzel (beste bouler). Foto’s: Susan Maré

WILLEM BRITS, voorsitter van Bethlehem-Oudskoliere, ontvang die 50 boulbeurte- Dewar-skild van Johan van Heerden, uitvoerende hoof: Vrystaat-Krieket.

BELANGHEBBENDES by die seisoenafsluiting van Oos-VrystaatKrieket wat in Gemsbok in Behtlehem gehou is, is van links: Zander Snyders (onderpresident: Vrystaat-Krieket), Morné Deysel (onderkaptein van Bethlehem-Dorp-krieketklub met die 35 boulbeurteBruce Humphreys/Andras Findt-trofee) en Carel Beneke (ondervoorsitter: Bethlehem-Oudskoliere).


Vrystaatnewsvr 20140619