Vrystaat News 24-01-2013

Page 2

2

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

KS

ortliks nippets

BESOEK Vrystaat se Facebookblad: Neem deel aan meningspeilings en kom op die hoogte van OosVrystaatse nuusgebeure. Dagboekinskrywings in die OosVrystaat: Wat gebeur waar en wanneer? Stuur jou dagboekinskrywings oor konserte, feeste, skoue, byeenkomste en spesiale projekte so gou moontlik aan Susan Maré by smare@volksblad.com of aan Joanie Bergh by Joanie.Bergh@volksblad.com. VERSE: John 15:8 “When you produce much fruit, you are my true disciples.” – You are destined and designed by God to be fruitful. – As His children, it is our right and our privilege. – So be fruitful and productive in all aspects of life. – Trust that every seed you sow, will bring forth a great harvest. Prayer: Lord Jesus, cause my life to be fruitful and productive. Give me creative ideas in 2013 and may my life be like a fertile and productive field. Amen.

Skryf jou in, wen ’n koopbewys MET die stygende pryse van skoolgeld, skoolklere en skryfbehoeftes wil Vrystaat die volgende twee weke graag verligting aan een gelukkige leser per week bied. Deur slegs elke Donderdag jou Vrystaat teen R3,50 te koop en die sleutelwoord, jou naam en van na 45527 te SMS (teen R1,50 per SMS), staan jy ’n kans om die wenner te wees van ’n R500-geskenkbewys vir skryfbehoeftes in Libri op Bethlehem. Die weeklikse kompetisie sal tot 31 Januarie duur. Die week se sleutelwoord is skoolboeke. (Voorbeeld van SMS: skoolboeke naam van). Lesers moet daarop let dat die sleutelwoord elke week sal verander. Lesers kan hulle van vandag om 06:00 af vir die week se kompetisie inskryf. Elke week se wenner sal in die volgende uitgawe aangekondig word. . Die week se wenner van die leserskompetisie is Christien Diedericks. Die wenners kan ná 14:00 hul geskenkbewys by Vrystaat se kantoor in Mullerstraat 39 kom afhaal. . Lesersinligting soos per SMS-inskrywing ontvang, sal aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, vir bemarkingsdoeleindes beskikbaar gestel word.

DIE mooiste straatpaal op Bethlehem? Die blomversierde paal is voor dr. Reg Engelbrecht, chiropraktisyn, se spreekkamer in Thomsonstraat 20 raakgesien. Foto: Susan Maré

JOANIE BERGH het haar as verslaggewer by Vrystaat aangesluit. Sy het haar graad in B.A. kommunika­ sie aan die Noordwes­uni­ versiteit voltooi en doen haar honneurs in Afrikaans en Nederlands. Benewens haar ondervinding in die radiobedryf was sy verlede jaar werksaam by Vista, die plaaslike koerant in Welkom. Vir die plasing van nuus, kontak haar by 082­093­7744 of e­pos haar by joanie.bergh@volks­ blad.com.

Reitz maak reg vir fees

DIT is byna weer tyd vir die jaarlikse Bieliemiefees en Reitzers begin reeds hul dae in Februarie beplan om dit van 14 tot 17 Februarie aan te bied. Soos gewoonlik is die feeskomitee slaggereed om weer ’n suksesvolle fees aan die Oos-Vrystaatse gemeenskap te bied. Die fees is volgens Pienaar van Zyl, voorsitter, sekerlik een van die gewildste bymekaarkomplekke vir boere in die streek waar veral boerderysake bespreek gaan word. Van die hoogtepunte wat op feesgangers wag, is die straatfees op

Donderdag 14 Februarie. Daar is ook ’n wildlewevertoning, en gaskunstenaars soos Adam Tas en Heinz Winckler tree op. Op 15 Februarie is daar ’n motorfietsvertoning en die gaskunstenaars is Riana Nell en Die Heuwels Fantasties. Op Sondag 17 Februarie word die fees met ’n lofprysingsdiens, gelei deur Joe Niemand, afgesluit. Van Zyl nooi Oos-Vrystaters om vanjaar se fees nie mis te loop nie. Dit gaan ’n grote wees, beloof hy. – Johan Viljoen . Lees op bl. 5 wat Reitzers oor die Bieliemieliesfees sê.

PERSONEELLEDE wat hulle by die Laerskool Jordania op Beth­ lehem aangesluit het, is van links, voor: Rosa Smith (opvoeder: gr. 4 tot gr. 6) en René Vorster (assistent­opvoeder); agter: Zetni Janse van Rensburg (assistent­opvoeder), Abel de Beer (assis­ tent­opvoeder), PC Schutte (opvoeder: gr. 5 tot gr. 7) en Carli Potgieter (opvoeder: gr. 3).

DRIE lede van die Bieliemieliefees­komitee op Reitz is van links Rentia Estherhuizen, Pienaar van Zyl (voorsitter) en Elize Oosthuizen.

Om te skenk of nie te skenk nie HOE sal jy daarvan hou om ’n eenheid bloed by die bloeddiens in die Metropolitan-sentrum op Bethlehem te skenk en te weet jy red dalk ’n lewe? Een eenheid kan drie lewens red. Het jy al ooit bloed geskenk? Lewer gerus kommentaar: Tina Blignaut: My hele gesin is gereelde bloedskenkers. Innominatum de Kat: Ek het gevra om bloed te mag skenk, maar die mense wou nie my bloed hê nie. Stefan de Bruin: So oud soos ek is (33), is ek bang vir naalde, maar ek oorweeg dit ernstig. Magda Mostert van Eeden: Ek het baie jare bloed geskenk, maar ek het hartprobleme gekry, asook ander probleme. Ek moes te veel

medisyne gebruik. Toe hou ek op. Hanli Schoeman Odendaal: Ek skenk bloed, maar kan net twee keer ’n jaar skenk, want my yster is altyd te laag. Ek het darem al my man en seun ook sover gekry om te skenk. Johan van Rooyen: Ek het jare lank geskenk tot drie jaar gelede toe ek uitvind die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) stel nie meer wittes aan nie. Dora du Plessis: Ek het twee jaar nie geskenk nie, omdat my bloeddruk te laag was. Net ná Nuwejaarsdag moes my beste vriendin dringend bloed kry en ons vriende het vir haar gaan skenk. Ek het nog twee jaar oor voordat ek te oud is om bloed te skenk.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.