Page 1

Tel (058) 303 5411

DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

R3,50

‘Wittes kry poste’

3 Alouise se snare tril hoog

5 Reitzers ge­ sels oor fees

14 ABO geskie­ denis vertoon

Susan Maré

DIE opmerking van ’n Facebookgebruiker van Vrystaat dat hy voorheen bloed geskenk het, maar daarmee opgehou het, omdat die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nie meer wittes in poste aanstel nie, is ongegrond. Die SANBD se Diensbillikheiden-tranformasie-strategie word volgens die uitvoerende hoof wel deur wetgewing gelei in terme van die Wet op Diensbillikheid, nr. 55 van 1968. Opgeleide wittes wat aan die posvereistes voldoen, word nóg in vakante poste by die SANBD aangestel. Die SANBD het wel onlangs aan sekere wit bestuurders, wat aftrede genader het, ’n geleentheid gebied om vroeër af te tree. Dit was vrywillig en is slegs aangebied vir bestuurders in middel- en senior bestuursvlakke. Dit is die enigste poste waar die SANBD aktief gesoek het na opgeleide kandidate van spesifieke groepe. Só sê Rochelle van der Merwe, skakelbeampte van die bloeddiens op Bethlehem. Sy sê ook minder as 1% van die Suid-Afrikaanse bevolking skenk bloed. Daarteenoor dui navorsing van die SANBD daarop dat 95% van alle Suid-Afrikaners ’n bloedoortapping in hul lewe nodig sal kry. Meer as 1 000 mense het volgens

Joanie Bergh

9 771026 872001 >

BLOEDSKENKVREUGDE. Die Bethlehem­tak van die Suid­Afri­ kaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) hou gereeld bloedtapses­ sies in die Oos­Vrystaat. Rig navrae hieroor aan Rochelle van der Merwe by 058­303­5560. Foto: Verskaf

Bylmoord­verhoor op Harrismith voortgesit

Man in hof vir diefstal ’n BEKENDE Bethlehemiet is in hegtenis geneem op aanklagte van huisbraak en diefstal. Sers. Majang Schalkie, polisiewoordvoerder, sê Gert Kemp, wat môre 25 word, het na bewering by ’n huis in die Panorama-woonbuurt ingebreek en ’n stoof gesteel. Hy het glo die volgende aand ook ’n selfoon by ’n vriend afgevat. Schalkie sê Kemp het na bewering die stoof en die selfoon by ’n tweedehandse handelaar op die dorp verkoop en die goedere is later deur die polisie opgespoor. Kemp het vroeër weens huisbraak in die hof verskyn en die verhoor is tot 28 Januarie uitgestel. Hy het gister op aanklag van diefstal verskyn. Teen Vrystaat se druktyd was die hof nog in sitting.

nasionale statistieke sedert 1 Desember 2012 tot 10 Januarie 2013 op Suid-Afrika se paaie gesterf. Van der Merwe sê die slagting op paaie het ’n groot impak. Sowat 4% van die bloedvoorraad word oor die jaar heen aan trauma-eenhede verskaf. Oor feestye spring dit tot ongeveer 20% – wat groter druk op die bloeddiens plaas. Mense wat graag bloed wil skenk en meer oor die prosedure wil weet, kan een van drie dinge doen: Besoek die SANBD se Bethehem-tak in die Metropolitansentrum, besoek die SANBD se webwerf www.sanbs.org.za of bel 0800-119-031. . André Clack van die bloedlaboratorium in die Dihlabeng-hospitaal sê bloedvoorraad word aan 11 Oos-Vrystaatse hospitale gelewer. Daar was deurgaans in 2012 ’n tekort. Die laboratorium moet minstens ’n vyfdagvoorraad hê om aan al die behoeftes te voldoen, maar hy het dikwels net bloedvoorraad vir twee of drie dae. Gevolglik moes medici oor die feestyd terugsny op gevalle, omdat minder bloed vir pasiënte beskikbaar was. Gelukkig was daar nie ’n ramptoestand nie. “Maar wát as ’n ramptoestand wel skielik ontstaan? Wát as jy, wat nooit wou bloed skenk nie, die noodgeval word en bloed die verskil tussen lewe en dood word,” vra Clack.

Joanie Bergh

GERT KEMP

Foto: Facebook

DIE verhoor van die twee vermeende moordenaars van die bylmoord op ds. Willem Brits en sy aanstaande skoonseun, Gerhard Vermeulen (25), word môre in die landdroshof op Harrismith voortgesit. Elliot Mhlambi (41) staan saam met Martin Brits (28), die aangenome seun van die Brits-egpaar, tereg op twee aanklagte van moord en poging tot moord ná die pastorie-treurspel verlede jaar op 8 November.

Brits en Mhlambi het albei nie om borgtog aansoek gedoen nie. Brits het glo vroeër aangedui hy gaan skuld beken en het reeds ’n bekentenis voor ’n landdros op Fouriesburg afgelê. Brits en Vermeulen is in die pastorie met ’n byl doodgekap en geskiet. Brits se vrou, Dorethea (59), is ook met ’n byl aangeval en het ernstige breinbeserings opgedoen. Hul dogter, Thea (24), wat ten tyde van die aanval in die huis was, is ongedeerd. Kort ná die moord is Mhlambi

glo met bebloede klere en ’n rewolwer wat aan die vermoorde ds. Brits se ma behoort het, gekry. Landdros Harold Pratt het verlede jaar die verhoor uitgestel om vir die staat meer ondersoektyd toe te staan en om vir die uitslae van ballistiese toetse te wag. Intussen sterk Dorothea in die Life-Pasteur-hospitaal in Bloemfontein aan en ondergaan intensiewe rehabilitasie-behandeling. Daar sal in ’n later stadium tydens die verhoor bepaal kan word of haar getuienis benodig word.


2

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

KS

ortliks nippets

BESOEK Vrystaat se Facebookblad: Neem deel aan meningspeilings en kom op die hoogte van OosVrystaatse nuusgebeure. Dagboekinskrywings in die OosVrystaat: Wat gebeur waar en wanneer? Stuur jou dagboekinskrywings oor konserte, feeste, skoue, byeenkomste en spesiale projekte so gou moontlik aan Susan Maré by smare@volksblad.com of aan Joanie Bergh by Joanie.Bergh@volksblad.com. VERSE: John 15:8 “When you produce much fruit, you are my true disciples.” – You are destined and designed by God to be fruitful. – As His children, it is our right and our privilege. – So be fruitful and productive in all aspects of life. – Trust that every seed you sow, will bring forth a great harvest. Prayer: Lord Jesus, cause my life to be fruitful and productive. Give me creative ideas in 2013 and may my life be like a fertile and productive field. Amen.

Skryf jou in, wen ’n koopbewys MET die stygende pryse van skoolgeld, skoolklere en skryfbehoeftes wil Vrystaat die volgende twee weke graag verligting aan een gelukkige leser per week bied. Deur slegs elke Donderdag jou Vrystaat teen R3,50 te koop en die sleutelwoord, jou naam en van na 45527 te SMS (teen R1,50 per SMS), staan jy ’n kans om die wenner te wees van ’n R500-geskenkbewys vir skryfbehoeftes in Libri op Bethlehem. Die weeklikse kompetisie sal tot 31 Januarie duur. Die week se sleutelwoord is skoolboeke. (Voorbeeld van SMS: skoolboeke naam van). Lesers moet daarop let dat die sleutelwoord elke week sal verander. Lesers kan hulle van vandag om 06:00 af vir die week se kompetisie inskryf. Elke week se wenner sal in die volgende uitgawe aangekondig word. . Die week se wenner van die leserskompetisie is Christien Diedericks. Die wenners kan ná 14:00 hul geskenkbewys by Vrystaat se kantoor in Mullerstraat 39 kom afhaal. . Lesersinligting soos per SMS-inskrywing ontvang, sal aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, vir bemarkingsdoeleindes beskikbaar gestel word.

DIE mooiste straatpaal op Bethlehem? Die blomversierde paal is voor dr. Reg Engelbrecht, chiropraktisyn, se spreekkamer in Thomsonstraat 20 raakgesien. Foto: Susan Maré

JOANIE BERGH het haar as verslaggewer by Vrystaat aangesluit. Sy het haar graad in B.A. kommunika­ sie aan die Noordwes­uni­ versiteit voltooi en doen haar honneurs in Afrikaans en Nederlands. Benewens haar ondervinding in die radiobedryf was sy verlede jaar werksaam by Vista, die plaaslike koerant in Welkom. Vir die plasing van nuus, kontak haar by 082­093­7744 of e­pos haar by joanie.bergh@volks­ blad.com.

Reitz maak reg vir fees

DIT is byna weer tyd vir die jaarlikse Bieliemiefees en Reitzers begin reeds hul dae in Februarie beplan om dit van 14 tot 17 Februarie aan te bied. Soos gewoonlik is die feeskomitee slaggereed om weer ’n suksesvolle fees aan die Oos-Vrystaatse gemeenskap te bied. Die fees is volgens Pienaar van Zyl, voorsitter, sekerlik een van die gewildste bymekaarkomplekke vir boere in die streek waar veral boerderysake bespreek gaan word. Van die hoogtepunte wat op feesgangers wag, is die straatfees op

Donderdag 14 Februarie. Daar is ook ’n wildlewevertoning, en gaskunstenaars soos Adam Tas en Heinz Winckler tree op. Op 15 Februarie is daar ’n motorfietsvertoning en die gaskunstenaars is Riana Nell en Die Heuwels Fantasties. Op Sondag 17 Februarie word die fees met ’n lofprysingsdiens, gelei deur Joe Niemand, afgesluit. Van Zyl nooi Oos-Vrystaters om vanjaar se fees nie mis te loop nie. Dit gaan ’n grote wees, beloof hy. – Johan Viljoen . Lees op bl. 5 wat Reitzers oor die Bieliemieliesfees sê.

PERSONEELLEDE wat hulle by die Laerskool Jordania op Beth­ lehem aangesluit het, is van links, voor: Rosa Smith (opvoeder: gr. 4 tot gr. 6) en René Vorster (assistent­opvoeder); agter: Zetni Janse van Rensburg (assistent­opvoeder), Abel de Beer (assis­ tent­opvoeder), PC Schutte (opvoeder: gr. 5 tot gr. 7) en Carli Potgieter (opvoeder: gr. 3).

DRIE lede van die Bieliemieliefees­komitee op Reitz is van links Rentia Estherhuizen, Pienaar van Zyl (voorsitter) en Elize Oosthuizen.

Om te skenk of nie te skenk nie HOE sal jy daarvan hou om ’n eenheid bloed by die bloeddiens in die Metropolitan-sentrum op Bethlehem te skenk en te weet jy red dalk ’n lewe? Een eenheid kan drie lewens red. Het jy al ooit bloed geskenk? Lewer gerus kommentaar: Tina Blignaut: My hele gesin is gereelde bloedskenkers. Innominatum de Kat: Ek het gevra om bloed te mag skenk, maar die mense wou nie my bloed hê nie. Stefan de Bruin: So oud soos ek is (33), is ek bang vir naalde, maar ek oorweeg dit ernstig. Magda Mostert van Eeden: Ek het baie jare bloed geskenk, maar ek het hartprobleme gekry, asook ander probleme. Ek moes te veel

medisyne gebruik. Toe hou ek op. Hanli Schoeman Odendaal: Ek skenk bloed, maar kan net twee keer ’n jaar skenk, want my yster is altyd te laag. Ek het darem al my man en seun ook sover gekry om te skenk. Johan van Rooyen: Ek het jare lank geskenk tot drie jaar gelede toe ek uitvind die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) stel nie meer wittes aan nie. Dora du Plessis: Ek het twee jaar nie geskenk nie, omdat my bloeddruk te laag was. Net ná Nuwejaarsdag moes my beste vriendin dringend bloed kry en ons vriende het vir haar gaan skenk. Ek het nog twee jaar oor voordat ek te oud is om bloed te skenk.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

Sing en dans in Afrikaans DIE jaar 2013 beloof ’n opwindende jaar vir volkspelers en -sangers te wees, sê Pieter Olivier, voorsitter van die Sonskyn-volkspelelaer op Bethlehem. Die Sonbesies-volksanggroep sing weer Maandae van 17:30 tot 18:30 saam in die saal van die Sonskyndienssentrum. Dit is ’n sanggroep, nie ’n koor nie, sê Olivier. Daar word net in Afrikaans uit die Volkspelehandboek, die Goue Korrels, Die FAK-sangbundels 1 en 2 en die Liedboek gesing. Oud-volkspelers en almal wat lief vir Afrikaans is, word genooi om saam te sing. ’n Groep volkspelers en -sanggroeplede het op Oukersaand 2012 in vier hospitale en drie aftreeoorde Kerssangliedere gaan sing. Die Sonskyn- en Goggabievolkspelelaers is op ’n glansgeleentheid in Bloemfontein vereer met die eerbewys vir laers wat die meeste gedoen het om die Afrikaanse kultuur te bevorder. Twee senior niggies, Karin Grünewald en Erene Olivier, het ook die hoogste eerbewyse vir hul onderskeie ouderdomsgroepe ontvang vir hul besonderse bydrae tot die bevordering van volkspele. . Die senior en junior laers oefen elke Donderdag van 17:30 en 18:30 in die NG kerksaal Bethlehem-Wes. Nuwe lede en besoekers is welkom. Laer- en hoërskoolleerlinge word gou touwys gemaak.Rig navrae aan Corrie van der Walt by 072-5747189.

3

Goosens woon nou elders Louise Roets BETHLEHEM se verlies is Warden se wins. Neels Goosen, ’n ou bekende wat jare lank die eienaar van Salon Fleur en Anex-kwekery was, en sy vrou, Griet, is deesdae Wardeniete. Die Goosens is reeds goed in hul nuwe omgewing gevestig. Nadat Neels sowat vyf jaar gelede besluit het om af te tree was hy steeds as haarstilis uit sy huis op Bethlehem werksaam. En as hy nie daarmee bedry-

wig was nie, het hy en Griet woonwavakansies onderneem. Die Goosens het gevoel hulle is nog heeltemal te jonk om niks te doen nie en kan nog êrens ’n verskil maak. Met die kleinkinders wat op Warden is, was die besluit om daarheen te verhuis nie moeilik nie. Hulle het ’n huis gekoop met ’n rondawel as bonus waarin Neels steeds sy passie as haarstilis kan uitleef. Die rondawel is intussen in ’n gesellige salon omgeskep en

skielik is die rolle omgeruil: Warden se vroue wat eers Bethlehem toe gery het om hulle hare te laat doen, doen dit nou plaaslik, en Bethlehemse vroue ry nou Warden toe vir hul hare-afspraak. Die Goosens sê hulle verblyf in Warden is baie aangenaam.

DIE bekende Bethlehemiete Griet en Neels Goosen wat na Warden verhuis het. Foto: Louise Roets

Musiekpassie ken geen perke Susan Maré ’n BETHLEHEMIET wat deesdae as lid van die gewilde, nasionale gospelgroep Onbeskaamd oral waar sy gaan diep musiekspore trap, het haar gr. 6-eksamen in kitaar aan die Suid-Afrikaanse Musiekinstituut met vlieënde vaandels geslaag. Alouise Peens het nasionaal die hoogste punte in haar graad in dié eksamen behaal en gaan ook daarvoor vereer word. Asof dié prestasie nie genoeg was nie, het sy ook verneem sy het 95% vir haar gr. 5-eksamen in musiekteorie aan die Royal Schools of Music behaal. Alouise, wat die Alouise’s Music Academy (AMA) op Bethlehem begin het, ’n skool wat ’n groot impak in die musiekuitlewing van jong mense op Bethlehem maak, is onlangs in Pretoria by die Kerk Sonder Mure aangestel om die jeugbediening se orkeste te koördineer. Sy gaan egter steeds deel wees van Onbeskaamd wat in Februarie ’n nuwe

ALOUISE PEENS, musikant en musiek­entrepreneur van Bethlehem wat deesdae in Pretoria woon en werk. Sy is lid van die gospelgroep Onbeskaamd en stigter en eienaar van die Alouise’s Music Academy (AMA) op Bethlehem. album uitreik. Nog ’n plan van Peens is om die AMA Mobile in Pretoria-Noord te begin waar sy kitaar, tromme en klavierlesse gaan aanbied. Sy is nou ’n kitaaronderwyser aan die Fluit-’n-liedjie-musiekskool vir jon-

ger kinders. Met die AMA op Bethlehem gaan dit ook nog voor die wind. Die skool is in Peens se afwesigheid onder die bekwame leiding van Jano Voigt, Reino Lathleiff en Johan en Annelize Voigt begin. Die AMA se mikpunt

is ’n groot konsert in 2014 in samewerking met die AMA se Pretoriastudente. Peens het ook planne om vanjaar haar gr. 8-eksamen in kitaar af te lê en haar leerlinge aan die AMA vir eksamens te laat inskryf. Die eksamens bied onder meer groot uitdagings in improvisasie en ander tegniese vaardighede. Oor haar ervaring aan die SuidAfrikaanse Musiekinstituut sê Peens beskeie: “Ek moet sê, ek kon nie eintlik kitaar gespeel het voordat ek klas aan die instituut begin draf het nie. Ek besef nou daar is soveel meer aan musiek. Ek het twee liedskryfkursusse ook gevolg en my eie kitaarpedaal gebou. Ek geniet elke oomblik van al die musiekbedrywighede in my lewe.” Jong mense wat daaroor droom om self ’n kitaar of instrument te bespeel, of graag sanglesse wil neem, kan navrae rig aan Johan Voigt, bestuurder van die AMA op Bethlehem, by 082-424-3130 of e-pos by jo2vo2jo@yahoo.com.


4

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

Vrystaat HOOFARTIKEL

Posbus 21, Bethlehem, 9700

Om water te hê ’n groot voorreg TERWYL talle inwoners nog deur droogte geteister word, het goeie reën die afgelope tyd oor die streek heen groot verligting gebring. Mielieboere wie se mielies nou in saad is, is net betyds deur die reën gered om oesskade te vermy. Dorpe soos Senekal, Marquard, Clocolan, Lindley en Kestell waar ’n watertekort reeds maande voortduur, het weer hoop gekry, maar hul probleme is ver van verby. Op Bethlehem het inwoners van La Provence en dele van die Panorama-woongebied ook Dinsdag sonder water gesit. ’n Waterpyp het êrens gebars wat krane hier laat opdroog het. ’n Mens besef dan hoe afhanklik die mens van water is en watter voorreg water in jou kraan eintlik deesdae is. Ons begryp die gevoel van woede en absolute magteloosheid van inwoners op dorpe soos Senekal, Marquard, Clocolan, Lindley en Kestell wat gereeld deur sulke drastiese watertekorte moes wroeg en steeds is daar nie ’n blywende oplossing vir watervoorsiening aan die dorpe gevind nie. Selfs met die lieflike reën wat die afgelope twee weke oor groot dele van die Oos-Vrystaat geval het, is dit steeds nie genoeg om ’n drastiese verskil op die dorpe te maak nie. Ons as mense is so geneig om net bewus te wees van ’n probleem wat ons persoonlik raak. Ons toon simpatie, maar voel dis nie ons “plek” om te help nie of daar is nie tyd om betrokke te raak nie. In Beaufort-Wes tydens ’n droogte daar het mense van heinde en ver 5 F-waterbottels by vulstasies in die gebied afgelaai om hul ondersteuning te wys en verligting te bring nadat ’n radiostasie die projek aan die gang gesit het. Dis tyd dat mense mekaar weer te hulp snel. Terwyl die meerderheid inwoners in die land die voorreg het om elke dag hul krane oop te draai en met skoon water hul dag kan begin, sukkel ander reeds maande om sonder water oor die weg te kom. Talle het al tot gewelddadige protes-aksies oorgegaan, dalk omdat dit die enigste manier is dat hulle weet hoe, maar meestal uit pure moedeloosheid. Wanneer jy vanoggend of vanaand jou krane oopdraai, wees dankbaar en dink aan dié wat nie dieselfde voorreg geniet nie.

BL

riewe etters

Posbus 21/ PO Box 21 Bethlehem 9700

Net optrede kan ’n verskil maak JOHAN VOIGT, VOORSITTER: BETHLEHEM-SAKEKAMER EN VRYSTAATSE ONDERVOORSITTER: AFRIKAANSE HANDELSINSITUUT (AHI), johan.voigt@vodamial.co.za, Bethlehem: HIER aan die begin van 2013 wil ek namens die AHI op Bethlehem en in die Vrystaat almal ’n voorspoedige en genadige jaar toewens. In my hart, egter, is ek op die oomblik verdeeld oor die gebeure in ons wonderlike land. Twee dinge het in ons midde gebeur wat voorbladopskrifte in die koerante was. Die een is die aanval op Jannie en Stinni du Plessis van Villiers toe Jannie

Blondie nou net ’n blik in die truspieël

S

Igno van Niekerk WAT my verstom het, was hoe lig sy was. Eers het Arné haar opgetel en onder die dak kom sit en later, nadat sy weer weggedwaal het, het ek haar gaan haal. Ouma Blondie. Ouma Blondie het eendag van Zeerust af saam met my skoonma gekom. Sy en haar vriend en pa van haar kinders, Boelie. Jare lank was hulle ons waghonde. Toe, eendag, het Boelie verdwyn. Ander troeteldiere het gekom en gegaan, maar Ouma Blondie was maar altyd daar. ’n Labrador-kruising met twee permanente traanspore onder haar oë. ’n Geduldige stappie kosbak toe en ’n opgetrekte lip wat enige onwelkome gas van haar kussing sou wegkry. Toe Benno haar daardie aand nie kan oortuig om brood te eet nie raak hy hartseer aan die huil, wetende Ouma Blondie se tyd raak min. Anienie het saam herinneringe met die trane vlak in haar oë gedeel. Tussen ek en Arné was

om sy lewe moes veg. Dan is daar die moorde van Koffie en Alma van Heerden van Belfast. Ek ken die mense persoonlik. Hier is ook op Bethlehem mense van 86 jaar oud wat deur ander mense in hul huis getraumatiseer is. Dan is daar ook die voortslepende onrus in die Wes- Kaap by De Doorns en Robertson. Ek het toevallig met boere van Robertson gepraat en was ná die gesprekke baie bekommerd. Volgens hulle het Cosatu mense met busse aangery om die onrus te kom stig. Van die werkers wat al geslagte lank op die plase bly, is aangesê om te staak anders sal hul kinders doodgemaak word. Wreed! En dan het Cosatu maar ’n ledetal van 2,4 miljoen mense. Ons land, ons land se sakebedryf en ons land se ekonomie word hierdeur vernietig. Dié mense wat so getraumatiseer word, lewer ’n positiewe bydrae tot die land se ekonomie – of het gelewer – en doen dit dalk ook steeds. Van hoeveel ander gevalle weet ons nie eens nie. Ek doen dus ’n beroep op u dat ons almal ons sal oor die

andsteenpraatjies

die stille wete ons moes ’n besluit neem. Ons wou uitstel, maar dan sou Blondie net verder lei. Toe ons in die motor klim, speel Amazing Grace oor die radio. Blondie lê oorgegee op Arné se skoot. ’n Laaste keer ry ons by die hek uit waar Blondie al die jare getrou gaan blaf het wanneer sy onraad vermoed het of gaste welkom wou heet. Daar is die plekkies in die tuin waar sy die laaste ruk gaan lê het om ’n bietjie hitte te soek wanneer die skemer daal. Daar is die kosbakke waarheen sy al hoe stadiger begin stap het. Alles in die truspieël op pad na haar laaste bestemming. Die veearts verduidelik. Eindelik is die keuse ons s’n, maar ons gaan eintlik net

gebeure in die land sal uitspreek. Die AHI het by wyse van sy uitvoerende beampte, Christo van der Rheede, reeds ook sy kommer uitgespreek en sy mening in die nuus- en sosiale media laat geld. Ek verwys na die meningstuk van verlede Maandag in Sake24, News24, RSG en Engelse radiostasies, asook op Sondagaand 13 Januarie 2013 se Fokus. Die AHI is dit eens diegene wat die land op ’n konstruktiewe wyse vorentoe wil neem, moet uit een mond praat en druk op die regering plaas. Anargie, moord en korrupsie verwoes ons land heeltemal. Die AHI meen ons moet nou iets drasties begin doen met die hulp van almal in die land wat keelvol vir misdaad is. Ons moet ophou vergaderings hou en praat en liewer iets doen. Ons vra die media, al die groot maatskappye, kerke en organisasies se hulp om die gebeure met hand en tand te beveg – dit is vir ons almal ’n enorme opvoedingstaak wat reeds op voorskoolse vlak moet begin. Bly ons in ’n pro-misdadige land of bly ons in ’n pro-sake-

haar leiding verleng. Terwyl die medisyne van die ewige slaap deur Blondie se bloedstroom gaan, vryf Arné haar saggies. Ek moet terugry – in die emosionele deurmekaarspul het ek my beursie vergeet. Hoe min is geld nie werd wanneer ’n mens dit teen die dood van ’n getroue vriendin op die skaal plaas nie. Blondie het rustig aan die slaap geraak. Haar laaste blik by die venster uit. En toe is dit weer motor toe. Blondie nou leweloos in ’n swart sak. Ek en Arné huil hartseer saam. Die verkeer dreun voort terwyl ons in stilte huil. Ons draai weer by die hek in. Die honde kom nader. Daar is een te min. Een getroue gesig, een gemoedelike blaf, een wat nou hopelik in die hondehemel met haar vriend Boelie herenig is. En ’n mens onthou met ’n swaar hart hoe Blondie al hoe ligter geword het. Wetende ons almal word seker ligter op ons reis na die ewige lig. Slaap sag, Oubaas se honne.

land? Die AHI is nie negatief oor die land nie, maar ons sal nou iets moet begin doen om behoue te bly. Sluit u gerus by die Bethlehem-sakeforum aan en lewer u insette.

Dank aan almal ná 2012­projek GERRIE LUBBE, KOM VEILIG DAAR SE 2012-SPAN, Reitz: DIE Kom Veilig Daar-projek wat in Desember gehou is, was weer ’n groot sukses. Wetstoepassing was gedoen en ’n menigte oortredings het voorgekom. Daarvoor is motoriste vermaan en ook ooreenkomstig vervolg. Ons het groot dank teenoor ons Skepper. Ons het ook groot dank en waardering vir almal wat met die Kom Veilig Daar-span meegewerk het. My opregte dank en waardering. Dankie ook aan al ons borge en skenkers vir hul ondersteuning en bydraes.

Daarsonder sou die projek nie kon plaasvind nie. Ons wens elke leser van Vrystaat ’n wonderlike en voorspoedige 2013 toe. U ondersteuning aan Greyling Broers wat jaarliks die geleentheid reël. Dit word opreg gewaardeer.

Thank you to police officers DAPHNE BESTER AND BEN PRETORIUS, Lunic Flats governing body, Bethlehem: IN the early hours of a Friday in December, vandals once again smashed a number of large window panes on the outside of Lunic Flats. The matter was reported to our local police and within half an hour two officers were there to take a statement, inspect the damage and issue a case number. A sincere word of thanks and praise to officers Moloi, Mofokeng, Taljaard and Kobeli who have been so efficient and helpful in this matter.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

5

VOX POP

Bieliemieliefees eie aan VS

JOHAN VILJOEN, Vrystaat se korrespondent op Reitz, het met inwoners gesels en wou by hulle weet hoekom die dorp se jaarlikse Bieliemieliefees vir hulle so spesiaal is. Dit is wat hulle gesê het:

YVONNE HECKROODT

ROOS VAN DEN BERG

JAN HUMAN

STEPHAN LABUSCHAGNE

WAT maak die Bieliemieliefees so spesiaal? Dit is ’n fees waarop kinders aan verskeie aktiwiteite kan deelneem en dit is elke jaar ’n spesiale tyd vir hulle. Wat is jou gunsteling-aspek of -aktiwiteit op die Bieliemieliefees? Beslis Sunflower se stalletjie waar bakprodukte uitgestal word. As jy iets aan die fees kon verander, wat sou dit wees? Die biertuin is soms so ’n bietjie van ’n probleem. Wie in jou gesin bestee die meeste geld op die fees? Die kinders. Veral in die pretpark en op pretritte wat aangebied word. Hulle bestee ook baie geld by al die lekkergoed-stalletjies. Dink jy die Bieliemieliefees moet langer of korter wees of bly soos dit is? Dit is reg net soos dit is.

WAT maak die Bieliemieliefees so spesiaal? Dit is ’n bewys dat dit die grootste saamtrek is waarop boere in die Oos-Vrystaat bymekaar kan kom. Kinders kan hier aan aktiwiteite deelneem en dit is ’n spesiale tyd vir almal. Wat is jou gunsteling-aspek of -aktiwiteit rondom die Bieliemieliefees? Die vermaak is goed georganiseer en die erediens op Sondag is beslis ’n hoogtepunt. As jy iets aan die fees kon verander, wat sou dit wees? Ek sou beslis meer diere op die landbouskou wou sien en dit uitbrei. Wie in jou gesin bestee die meeste geld op die fees? Die kinders. Veral op al die stalletjies waar verskeie artikels te koop is. Dink jy die Bieliemieliefees moet langer of korter wees of bly soos dit is? Dit is reg net soos dit is.

WAT maak die Bieliemieliefees so spesiaal? Dit is ’n gemeenskapsfees waarby almal betrokke is en bymekaarkom om te ontspan en hulself te geniet. Wat is jou gunsteling-aspek of -aktiwiteit rondom die Bieliemieliefees? Die landbou-uitstalling wat so puik en professioneel gedoen is. As jy iets aan die fees kon verander, wat sou dit wees? Ek sou niks verander nie, ek is tevrede met hoe dit is. Wie in jou gesin bestee die meeste geld op die fees? My vrou wat allerlei artikels koop wat op uitstalling is. Dink jy die Bieliemieliefees moet langer of korter wees of bly soos dit is? Die fees is reg net soos dit is.

WAT maak die Bieliemieliefees so spesiaal? Dit is op Reitz, ek kan tyd saam met my vriende deurbring en op die rides ry. Wat is jou gunsteling-aspek of -aktiwiteit rondom die Bieliemieliefees? Die Lasher-kinderkompetisie. Dit is probleme wat jy moet oplos. As jy iets aan die fees kon verander, wat sou dit wees? Ek sou die fees langer maak. Wie in jou gesin bestee die meeste geld op die fees? Die sussie. Sy koop baie goed. Dink jy die Bieliemieliefees moet langer of korter wees of bly soos dit is? Dit moet van ’n Vrydag tot ’n Vrydag wees!


6

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

7


8

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

FOKUS OP PRETVILLE­FEES

Fees bring die 50’s na sentrum DIE Pretville-fees van die Bethlehem Kines gaan van 1 tot 14 Februarie die Metropolitian-sentrum letterlik oorneem. Die sentrum gaan vir dié tyd ’n algehele gedaantewisseling ondergaan met ’n 50’s-vibe wat alom sigbaar sal wees. Rolprentgangers wat na die Afrikaanse musiekblyspel Pretville gaan kyk, word aangemoedig om feestelik te wees en ook volgens die

50’s-tema aan te trek. Dié geesdriftiges sal dan die kans staan om in ’n geluktrekking lekker pryse te wen. Vir elke Pretville-fliekkaartjie wat verkoop word, word R5 aan Kansa se Relay for Life geskenk. Vrystaat, Maluti en Express Eastern Free State is die mediaborge. Hou Vrystaat weekliks vir nuus oor die Pretville-fees dop.

Wen bederfaand met ete en fliek

’n TONEEL uit Pretville.

Foto: Google Images

W EN

VIR ONS KINDERS PROJEK

Ten bate van Engo Kinder- en Jeugsorg Koop `n kaartjie vir slegs R20 en staan `n kans om `n Chevrolet Spark Lite ter waarde van R100 000 te wen. Kaartjies beskikbaar by alle Engo subprogramme, Mimosa Mall inligtingstoonbank, Imperial GM Bloemfontein en Frontier Inn and Casino in Bethlehem. Skakel (051) 407 7301 vir meer inligting. Terme en voorwaardes geld

Frontier Inn

Dihlabeng Community Trust GEMEENSKAPSKOERANTE

EEN gelukkige leser van Vrystaat staan die kans om op Valentynsdag met ’n gratis ete vir twee mense in die Piano Lounge en fliekkaartjies vir twee mense van die Bethlehem Kines bederf te word. SMS jou naam, van en die sleutelwoord “fifties” (teen R1,50 per SMS) na 45527 (voorbeeld: fifties naam van). Die kompetisie sluit op 8 Februarie om 14:00. Die wenner sal dieselfde dag gebel word en ook in 14 Februarie se uitgawe van Vrystaat verskyn. . Deur aan die kompetisie deel te neem, gee lesers toestemming dat hul inligting soos per SMS-inskrywing ontvang aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, vir bemarkingsdoeleindes beskikbaar gestel word.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

9

Waak teen dié klousules Braam Botha

NICO HOOGENDOORN (trom­ boon) en sy dogter, Marilena (or­ rel), het ’n musiekuitvoering in die NG kerk Fouriesburg ten bate van Kansa gelewer. Foto: Susan Maré

Nuut aan die Hoërskool Retief DIE Hoërskool Retief op Kestell het vanjaar nuwe personeellede. Hulle is van links, voor: Su­Marie Genis, Orpa Rademeyer en Fransia van Zyl; agter: Katie Melle, Johan Botha, Rina Vermeulen en Solani Schee­ pers.

DIE nuwe personeellede aan die Hoërskool Ficksburg is van links Marzaan Pretorius (wiskunde, wiskunde­geletterdheid), Lezy Roberts (rekeningkunde en be­ sigheidstudies), Marnel Bester (Engels), Rozanne Burger (Afri­ kaans, sosiale wetenskappe en besigheidstudies), Renee du Plessis (fisiese wetenskappe en wiskunde), Marius Bester (le­ wensoriëntering en wiskunde geletterdheid). Foto: Verskaf

DIT gebeur gereeld dat iemand sy sakeonderneming verkoop en dan vereis die koper dat die verkoper nie in dieselfde of soortgelyke onderneming betrokke mag wees nie. Sulke beperkings word ook gereeld op werknemers geplaas. Ons ondersoek laasgenoemde in die uitgawe van Vrystaat. Die wese van ’n handelsbeperkingsklousule is een wat verhoed dat werknemers in die uitvoering van hul pligte of beroep in kompetisie teenoor die werkgewer sake doen vir ’n spesifieke tyd en binne ’n spesifieke gebied vandat die genoemde werknemer die diens verlaat het. In die meeste gevalle is die werknemer in ’n swakker posisie om die voorwaardes van die kontrak met die werkgewer te beding. In baie gevalle moet die werk-

nemer die voorwaardes van die ooreenkoms, wat spesifiek te make het met die handelsbeperking, gelate aanvaar. Die voorwaardes mag selfs onbillike en onregverdige bedinging vir die werknemer inhou waarin die vryheid van sy of haar uitoefening van beroep nadelig beperk word. Oor die algemeen sal ’n kontrak teen die openbare belang en dus onafdwingbaar wees indien dit onredelike beperkings op die mens se handelsvryheid plaas. Die reg en die land se howe evalueer elke saak op sy eie meriete. Dit is egter belangrik dat behoorlike advies ingewin word alvorens die soort klousules in ’n kontrak vervat word. . Braam Botha is ’n CPA-, kommersiële en arbeidsregpraktisyn en op versoek van Vrystaat ’n gereelde bydraer van kort artikels oor aangeleenthede in sake en die werkplek. Vir meer inligting of navrae kontak Botha by 058-303-3844 of wellatwork@telkomsa.net.

Drie skole vanjaar by leesprojek betrek Susan Maré VRYSTAAT, in samewerking met die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se plaaslike tak onder voorsitterskap van Ben Venter, pak vanjaar weer ’n Afrikaanse

leesprojek aan. Die deelnemende skole is die Laerskole Jordania en Truida Kestell op Bethlehem en die Laerskool Reitz. Venter, wat die kompetisie reeds voorheen saam met Vrystaat aan-

gebied het, sê die doel is om leerlinge se Afrikaanse leesvermoë te bevorder en die uitdaging word rondom die lees van Vrystaat gerig. ’n Vasvrakompetisie sal gehou word om leerlinge se kennis te toets. Vrystaat is reeds 38 jaar die Oos-

Vrystaat se grootste Afrikaanse weekblad en verskyn elke Donderdag. Elkeen van die drie skole se gr. 7-leerlinge gaan hieraan deelneem. Elkeen van die leerlinge sal twee weke tyd kry om ’n gegewe

uitgawe van Vrystaat te bestudeer. Die skole gaan in spanverband teen mekaar meeding. Groot pryse is vanjaar op die spel en elke deelnemer gaan ook ’n ATKV-sertifikaat vir deelname ontvang.


10

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

VL soek beste jongboer VRYSTAAT LANDBOU (VL) se jongboerkomitee bied in 2013 in samewerking met Santam Landbou en Standard Bank die Jongboer van die Jaar- kompetisie aan. Die kompetisie het dit hoofsaaklik ten doel om jongboere tussen 18 en 34 jaar oud aan te moedig om hulle teen ander jongboere te meet deur van ’n georganiseerde struktuur gebruik te maak. Die hoofdoel is om jongboere te bemagtig en ’n platform vir verdere groei te stel. Vanjaar se beoordeling, wat deur ’n groep kundiges gehanteer word, vind van 5 tot 7 Maart op die finaliste se plase plaas. Afdelings waarin jongboere beoordeel word, sluit in:

. toekomsbeeld van die kandidaat; . begroting, rekords, finansiering, beleggingsfilosofie en liasseerstelsel (insluitend die insig van die kandidaat daarin); . produksie: vee (tegniese aspekte soos telingstelsels, voeding, siektebeheer, weidingstelsel en vervloei) en/of gewasse/boorde (tegniese vaardigheid en filosofie wat betref kultivars gebruik, plantspasiëring, bemesting, onkruidbeheer, entomologie, plantpatologie en bewerkingspraktyke); . bemarkingsfilosofie en -praktyke (insluitend verwerking indien van toepassing, kontrakte en risikoverskansing; . onderhoudsbeleid en –praktyke; . personeelpraktyke, regsfilosofie en

behuising; . betrokkenheid by georganiseerde landbou en die gemeenskap waarin die jongboer se plaas is; en . professionele profiel van die kandidaat. Jongboere en plaasbestuurders, tussen 18 en 34 jaar wat in die Vrystaat boer, word genooi om aan hierdie kompetisie deel te neem. Die sluitingsdatum vir hierdie inskrywings is 8 Februarie 2013. Die wenner s al op 18 April op ’n spoggeleentheid in Bloemfontein aangewys word. Navrae oor die jongboerkompetisie kan aan Cynthia Troost in Vrystaat Landbou se kantoor by 051-444-4609 gerig word, of stuur e-pos na Cynthia@vslandbou.co.za.

Volkspelelaer beplan toer DIE Sonskyn-volkspelelaer beplan groot dinge vir 2013. Enkele van die aktiwiteite in die vooruitsig vir 2013 is soos volg: . streeksaamtrek op Bethlehem op 16 Maart; . openbare vertonings op die Clocolan-trekker-en-kultuurfees op 2 Maart; en . die Sandstone-kosmosfees op 11 Mei. ’n Mini-volkspelebekendstellingstoer van Bethlehem na Kaapstad word vir die Septem-

berskoolvakansie beplan (twee roetes vir heen en terug). Die koste word geskat op R1 500 per persoon. Sewe paartjies van Bethlehem het reeds aangedui dat hulle wil meedoen. Borgskappe sal gewaardeer word. Die Volkspelebeweging vier sy 100ste bestaansjaar in 2014 en die gedagte is om volkspele wyd en syd bekend te stel. Rig navrae aan Corrie van der Walt by 072574-7189.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

11


12

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

Doktorsgraad nog ’n pluimpie Susan Maré CAREL-PIET VAN EEDEN, ’n oudleerling van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem, het ’n doktorsgraad aan die Universiteit van Sedona in Amerika verwerf. Hy het in 2001 kursusse in metafisika, onder meer Reiki en Core Regeneration, begin volg. In 2010 het hy as ’n predikant aan die Universiteit van Sedona in Amerika gekwalifiseer. Die universiteit het toe ook die titel vir sy doktorstesis aanvaar: Vibrations of Life – a study on the place and application of music and vibration in a therapeutic environment. Van Eeden sê die doel van sy tesis was om te wys hoe musiek oor die eeue heen as terapiemiddel gebruik is en hoe aspekte daarvan in hedendaagse terapie, asook alledaagse lewe, gebruik kan word om in ons menswees te groei. Natuurlik het die klassieke opleiding in klavier wat hy ontvang het, gehelp, asook baie inspirasie wat hy kon put uit die werk wat hy deesdae ná ure as begeleier vir sangers doen. Hy het ook ’n diploma in besigheidsanalise verwerf en werk in Johannesburg as besigheids- en konsultant-analis vir maatskappye met die doel om hulle te help om doeltreffender te funksioneer.

CAREL­PIET VAN EEDEN. Hy is die seun van Job en Wena van Eeden van Bethle­ hem.

Lewe kan goed met musiek vergelyk Carel-Piet van Eeden EK onthou nog goed hoe ons in die skoolkoor die Gebed van St. Francis gesing het: “Maak my ’n werktuig van U vrede . . .” Daardie sin het nou al jare lank by my gebly en was ’n groot rede waarom ek begin berading doen het. Ons is almal instrumente in die simfonie van die lewe. As ons waarlik beweeg op die pad wat vir ons uitgesit is, is ons in harmonie met die res van die heelal. Iemand vertel my nou die dag dat ons voete mikrofone is wat die lied van die wêreld optel. Ons monde is die luidsprekers wat die boodskap en klank wat ons optel, moet uitdra. Tussenin is die hart wat die vertaalwerk en vertolking moet doen en dit is daar waar ons soms so ’n bietjie vals raak. Harmonie in musiek is waar een of meer note goed saamklink sowel horisontaal as vertikaal. Net soos ’n musikant ’n stuk musiek kan analiseer en sekere gevolgtrekkings maak, net so kan ’n mens gevolgtrekkings oor die lewe maak. Eerstens word musiek deur ’n komponis geskryf vir die musikant om te lees en te vertolk. Note word in musiek van links na regs gelees, maar moet ook vertikaal saamgespeel word. Dit spreek tot die ritme en spoed in musiek wat ook in die lewe te vind is. Sommige tye gaan goed in die lewe vinniger as ander tye en soms stadiger. In ’n musiekstuk is

daar gewoonlik ook verskille in dinamika – van baie sag tot baie hard. In die lewe is daar tye wat ’n mens moet luister en tye wat ’n mens jou stem moet hard maak. Die hoë en lae tye wat ’n mens in die lewe ervaar, is baie soos die hoë en lae note in musiek. Hulle kom enige tyd voor en kan soms sonder waarskuwing opduik. So ook kan molle en kruise voorkom sonder dat hulle in die oorspronklike toonsoort was. Dit dui aan dat daar soms goed gebeur wat nie in lyn met ’n mens se lewe, geloof of waardestelsel is nie, maar wat op die einde uitwerk soos dit moet. Die simfonie van die lewe in geheel is belangriker as ’n enkele mens se behoeftes of melodie. Soms kom daar ’n teken aan die einde van ’n deel van die musiek wat ’n fermata genoem word. Dit dui aan dat die note onder die teken vir een en ’n half keer die tyd gehou moet word as gewoonlik om die volle waarde en prag van die note te kan waardeer. Soms is dit nodig om asem te haal en te sien hoe wonderlik die lewe werklik is. Een van die grootste lesse wat ’n mens uit musiek kan leer, is dat stilte baie belangrik is. Claude Debussy het gesê: “Music is the silence between notes”. Gaan sit stil in jou binnekamer en word bewus van die harmonie van die heelal waarin ons beweeg. Vind jouself in daardie harmonie en leef jou lewe.

Eet lekker aan dié reuse-vrugte DIÉ reuse­perskes groei in Germanus Crouse van Paul Roux se tuin. Daar kon slegs twee perskes in die bottel pas. Foto: Maryke Swart

Bloed skenk jóú kans om mense te red DIE Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) nooi inwoners van Senekal om op Woensdag 23 Januarie van 12:00 tot 17:45 in die stadsaal bloed te skenk om genoegsame veilige bloed in te samel om die lewe van baie mense te red. Alle potensiële skenkers wat aan die vereistes voldoen, word aangemoedig om bloed te kom skenk. Potensiële skenkers moet meer as 50 kg weeg, tussen 16 en 65 jaar oud wees, ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf en goeie gesondheid hê.

Onthou ook om altyd ’n goeie maaltyd te eet voordat bloed geskenk word. “Alle bloedgroepe is vir ons baie belangrik, maar ons het veral groep Obloed nodig, omdat die bloedgroep met al die ander bloedgroepe verenigbaar is en dus baie noodsaaklik is vir ons en diegene wat ’n dringende behoefte aan bloed het,” verduidelik Bronwyn Petersen, skakelbeampte van die SANBD se Kroonstad-tak. Elke skenker sal ’n spesiale inkopiesak ontvang.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

13

Geldleuens – vind uit voordat jy 30 j. word Chris Swart KLAARBLYKLIK is 30 jaar die nuutste mylpaal vir mense om hul lewe reg te kry. Boeke, gesprekforums en Twitter belowe om jou oor daardie hekkie te kry. Hulle beveel aan dat jy ontslae raak van jou skuld, ophou om so baie te koop, in ’n annuïteit belê en jouself vir die aankomende plooie staal. Ongelukkig neem dit veel meer as ’n gesonde bankbalans en mooi vel om ’n vol, gelukkige lewe te lei, of jy nou 29 of 59 jaar oud is. Die meeste van ons weet hoe om suksesvol te wees, maar ’n paar gerieflike leuens (en onsself) staan in ons pad. 1. Ek kan my werk haat solank ek goed betaal word. Die arbeidsmark lyk anders as jare gelede, maar op 30 jaar behoort niemand in ’n pos wat hom of haar gespanne, sielsongelukkig en ontevrede met die lewe laat voel, vasgevang te wees nie. Ons word geïnspireer deur mense wat hul rûe draai op goed betaalde poste wanneer jare se 14-uurwerkdae hulle oorgewig, uitgebrand en miserabel gelaat het. My lewe is ryker. Ek wend ’n daadwerklike poging aan om asem te haal, te glimlag, gesonder te eet en positiewe gedagtes omtrent my toekoms te koester, skryf iemand. Ek het ’n 30%-salarisverlies aanvaar om van werk te verander, maar ek dink nie ek behoort toegejuig te word oor my keuse om minder betaal te word nie – ek beskou dit nie as ’n opoffering nie. 2. As ek wegkyk, sal my finansies vanself regkom. Die slegste ding wat jy in jou twintigerjare kan doen, is om die finansiële rooi vlae te ignoreer wanneer jy hulle sien. Ek het nie my bankrekeningbalans dopgehou nie uit vrees vir hoe

min daar sou wees, my kredietrekord jare lank onaangeraak gelaat en nie besef my werkgewer sou dieselfde bydrae tot my aftrede maak as ek nie totdat ek bedank het, want ek het nooit deur die lêer gelees wat in my lessenaarlaai gelê het nie. As jy platsak is, kan jy dit net sowel weet en erken. Dit is die enigste manier waarop jy iets daaromtrent kan doen. 3. Ek behoort tot trou te kom, want dis die “volgende stap”. Dit is verstommend hoeveel mense (studente en saamblypaartjies) – mans én vroue – vertel hulle beplan om die knoop op 30 jaar deur te hak. Daar is min mense jonger as 30 jaar wat deesdae die gemiddelde R25 000 huwelikskoste kan betaal. Hoekom jou leeftydlange verbintenis met ’n massiewe skuldlas begin wat later spanning en onvermydelike argumente gaan veroorsaak? As jy werklik liefhet, is die kanse baie goed dat “Die Een” steeds daar sal wees teen die tyd dat al twee geldelik fiks sal wees om die rekeninge saam te hanteer. 4. Banke en krediteure sal kry wat hul wil hê ongeag wat ek doen. Die een of ander tyd (en vir baie mense vele kere) sal jy jou aan die verkeerde kant van jou bank of skuldinvorderaar bevind. Staan vas. Jy kan ’n weg na laer rentekoerse, gesondheidsorg en bankgeld onderhandel. Jy kan dit ook telefonies doen. Kontroleer jou rekeninge gereeld en moenie blindweg “nee” vir ’n antwoord aanvaar nie. 5. Ek behoort ’n huis te koop; dit is wat volwassenes doen. Die sleutelwoord hier is “die bure”. Jou keuse van ’n blyplek kan ’n groot impak op jou siening van jouself hê, om van jou geldelike welstand nie eens te praat nie. Moenie die stap doen voordat jy behoorlik voorberei is nie. Eiendomsdeskundiges wys daar-

op dat verbruikers nie gereed is vir huiseienaarskap totdat hul skuldtot-inkomsteverhouding minder as 45% is nie: . Bereken jou STI: voorgenome huisverbandpaaiement + alle minimum maandelikse skuldverpligtinge ÷ bruto maandelikse inkomste. . Bereken jou maksimum huisverbandpaaiement: Bruto maandelikse inkomste × .45 (45% STI) – alle minimum maandelikse skuldverpligtinge. Te veel jong mense besef nie ’n mens se lewe is nie in eiendom opgesluit nie: ’n hoë paaiement beteken minder leefgeld. 6. As ek nou van my spaargeld begin gebruik, het ek baie tyd om later bymekaar te maak. Indien jy ’n pensioen opgebou het, is dit nie nou die tyd om aan daardie swaarverdiende geld te raak nie. Penalisasiegeld kan vir vroeë onttrekkings gehef word. Dit is ook gelykstaande aan diefstal van jouself op jou oudag. Wanneer tye moeilik is, sny terug op jou besteding, herevalueer die aankope wat jy beplan of soek na maniere om jou inkomste aan te vul. Jy sal jouself later bedank wanneer jy sien hoeveel jou spaargeld groei. 7. Ek is te onervare om te begin belê. Toe ek genoeg begin verdien het om langtermynbeleggings te oorweeg was die grootste probleem om sonder vooraf kennis te begin. Begin met ’n klein effektetrustbelegging. Jy sal nooit spyt wees nie. Op 25 jaar sal jy slegs R4 830 per jaar hoef te spaar om R1 miljoen op 65 jaar te hê, gegrond op ’n jaarlikse rentekoers van 7% ná koste. Daardie bedrag verdriedubbel tot R15 240 indien jy eers op 40 jaar sou begin. 8. Ek is ’n mislukking, want ek word nie soveel betaal as ander mense van my ouderdom nie.

Daar is ’n rede waarom mense nostalgies raak oor hul twintigerjare. Hulle het ’n huisverband en ’n span gillende kleuters en hulle mis dit om te kan doen wat hulle kon doen wanneer hulle dit wou doen. Miskien het hulle die eerste paar jaar ná skool en universiteit vergeet – daardie frenetiese tyd toe almal net vir hulself gebaklei het; desperaat vir “sukses” rondgestoei het? Daar is iets soos gesonde kompetisie, maar om elke oomblik te bestee op maniere om jou portuurgroep te probeer “klop” is ’n vinnige manier om eindelik alleen en miserabel te wees. Doen jouself ’n guns en fokus op jou eie pad, nie deur op jou vriende se loopbaanskuiwe op Facebook en LinkedIn jag te maak nie. En skep moed: Dit is bewys dat die gemiddelde mens nie enigsins gelukkiger ná ’n inkomste van R30 000 per maand is nie. 9. Ek kan steeds soos op 16 jaar eet. Niemand kan die toekoms voorspel nie, maar jou liggaam sal teen 30 jaar minder verdraagsaam wees teenoor slaptjips en gaskoeldrank. Navorsing toon metabolisme neem ná 30 jaar met 2% af en gewigstoename kan later tot ’n verskeidenheid gesondheidsprobleme lei. Doen jou finansies en jou maag ’n guns en verander sommige van jou eetgewoontes nou reeds. 10. Indien ek vir krediet goedgekeur word, kan ek dit hanteer. Algemene storie: ’n Kliënt maak ’n deposito in ’n bankrekening en stap uit met ’n beloningskredietkaartlimiet meer as ses maal sy gewone. Dit was nou nie asof hy dit nie verdien het nie, dink hy. Hy het die laaste twee jaar al sy skuld afbetaal en dit was hoog tyd dat hy iets daarvoor het om te wys. Dan gaan koop hy. Hy begin met meubels vir sy nuwe blyplek (punte), dan krui-

deniersware (punte) en as hy familie besoek, gebruik hy die kaart vir brandstofaankope (punte). Kort voor lank besef hy dat hy te veel afgebyt het. En dan betaal hy daarvoor. Ongeag hoe groot jou kredietlimiet of hoe vet jou huisverbandlening is wat die bank aanbied, dit beteken nie jy moet daarvan gebruik maak nie. Ken jou beperkinge en wat jy kan bekostig. 11. Ek moet nou kinders kry, want ek wil hulle hê. Daar is niks destruktiewer vir jou geldelike toekoms as om kinders die wêreld in te bring sonder ’n gevestigde en stabiele inkomste om hulle mee te onderhou nie. ’n Onlangse tydskrifartikel het bevestig dat ’n kind tot 18 jaar oud jou R3 miljoen uit die sak sal jaag. Dit sluit nie verdere studiekoste in wanneer hulle die huis verlaat nie. En dit is nie net jou geldsake wat daaronder sal ly as jy nie daarop voorbereid is nie. Dit raak moeiliker om ’n sakeonderneming te begin, of om die nodige ervaring op te doen, indiensopleiding te bekom en/of onderrig wat vereis word vir die soort loopbaanvorderingsgeleenthede wat lei tot ’n beduidende verhoging in iemand se verdienvermoë. 12. Ek is onoorwinlik. Dit is jammer dat die jeugdige gevoel van onoorwinlikheid nie ook met die ouderdom verweer nie. Dit is in die algemeen kommerwekkend dat verbruikers mediese behandeling vermy, omdat hulle dit nie kan bekostig nie. Voorkomende sorg is baie belangrik. Griepinspuitings en bloeddruktoetse kan in ’n plaaslike apteek verkry word en vroeë opsporing van moontlike problematiese gesondheidstoestande kan gedoen word. . Die sakerubriek is op versoek van Vrystaat deur Chris Swart van Sigma-welvaartsbestuur geskryf.


14

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

ABO se posgeskiedenis vertoon Susan Maré ’n BESONDERSE uitstalling van die posgeskiedenis van die AngloBoereoorlog (ABO) is verlede jaar in die Kasteel in Kaapstad gehou. Dit word beskou as die enigste en enkele wêreldversameling van die posgeskiedenis wat die hele ABO raak. Die grootste versameling is man-alleen nagevors deur Bernhard Leigh du Plessis, ’n oud-prokureur van Bethlehem wat ook jare lank as onderburgemeester van die Bethlehemse munisipaliteit gedien het. Susan Maré, redakteur van Vrystaat, het Leigh, soos hy bekend staan, op Stilbaai opgespoor waar hy sedert 1998 woon. Bekende oud-Bethlehemiete Leigh vertel sy pa was die bekende oud-burgemeester BP du Plessis en bekende prokureurs soos wyle Herman Bosch en Uys du Plessis het as leerlingprokureurs saam met Leigh gewerk. Bosch het hom later by Gerald Meyerowitz aangesluit en dit verklaar die naam van die prokureursfirma Du Plessis, Bosch en Meyerowitz. Leigh het Bethlehem in ongeveer 1982 verlaat en hom in Alberton gevestig. In 1998 het hy na Stilbaai verhuis waar hy weens swak gesondheid afgetree het. Intussen het die groot belangstelling van sy lewe, die posgeskiedenis van die ABO, nie agterweë gebly nie. Omvangrykste ABO-posversameling ter wêreld Die versameling is die grootste nagevorste versameling van die ABO se posgeskiedenis en is manalleen deur Leigh nagevors en opgeskryf. Hy vertel: “Elke bladsy is deur my voorberei, getik en gemonteer soos dit vandag lyk. Dit dek al die kampanjes, die hoofveldslae en die troepebewegings van die begin van die oorlog tot die Guerilla-tydperk van die oorlog en sluit krygsgevangenekampe in Suid-Afrika en oorsee in. Al die konsentrasiekampe is verteenwoordig met pos van elkeen uitgestal en nagevors. Die oorsese kampe is ook verteenwoordig met posgeskiedenis van ’n ieder en ’n elk aan en van krygsgevangenes.” Versameling was ’n lewenstaak Die versameling was ’n lewenstaak wat oor 40 jaar gestrek het. Leigh vertel die Odyssey- epiese reis in die ABO-posgeskiedenis het juis hier op Bethlehem begin waar hy as kind grootgeword en jare lank as prokureur gepraktiseer het. In Alberton waar hy later gewoon en gewerk het, het hy sy soektog na posstukke voortgesit. Elkeen van die posstukke is eg en deel van die Afrikana-erfenis van Suid-Afrika. Die versameling is verkry van versamelaars van oor die wêreld heen en van byna elke land ter wêreld waar veilings van tyd tot tyd gehou is. Die inhoud van die versameling Die versameling bevat briewe, poskaarte en ander ABO-artikels

LEIGH DU PLESSIS, oud­Bethlehemiet en ­prokureur, by sy grootste posversameling van die Anglo­Boereoorlog. Die versameling is in 2012 in die Kasteel in Kaapstad uitgestal. Du Plessis woon die afgelope 13 jaar op Stilbaai. Foto’s: Verskaf

DIE uitstalling in die Kasteel in Kaapstad. wat van die tydperk 1899 tot 1903 dateer. Daar is verskeie seëls wat tydens die ABO deur die Britse sowel as Boeremagte gebruik en gedruk is, tesame met telegramme, foto’s, koerantuitknipsels met inligting oor die oorlog en die stryd tussen Boer en Brit. Die versameling bestaan uit ongeveer 4 950 artikels – uitgestal op 333 rame elk met 15 artikels daarop. Dit is nie die hele versameling nie en daar is etlike honderde ander wat weens ’n tekort aan uitstalruimte in die Kasteel geberg was. Die navorsing en voorbereiding is in Engels gedoen, behalwe vir ’n paar gedeeltes soos Die Draaksteek met Poskaarte en Onder Britse Juk

IAN NEILSON (links), onderburgemeester van Kaapstad, en Leigh du Plessis wie se uitstalling oor die Anglo­Boereoorlog in die Kasteel in Kaapstad gehou is. Neilson is getroud met die dogter van wy­ le Dampies du Preez, oudburgemeester en proku­ reur van Bethlehem, en sy vrou, Amanda.

in Indië. Hy het aan binnelandse, asook buitelandse, filatelistiese kompetisies deelgeneem en daarmee etlike Groot Goud-, Goud- en Vermeil-eerbewyse verwerf. Inhoud beslaan 35+ konsentrasiekampe Die versameling beslaan die 35+ konsentrasiekampe. Die posgeskiedenis van al die kampe word verteenwoordig, asook baie algemene en Britse pos. Die uiteensetting is objektief gedoen met die waarheid van almal daarby betrokke. Die swart mense se deelname is uiteengesit in die uitstalling met drie rame wat ongeveer 15 briewe van swart mense en een van ’n bruin

mens wat saam met die Britse magte by Beaufort-Wes was. Die deel van die versameling is seldsaam en raar, sê Leigh. Die uitsetting van die artikels op uitstalling is op ’n Open Class filatelisties-formaat voorgestel wat beteken by die briewe, koeverte en poskaarte kan gebruik gemaak word van ander artikels soos koerantuitknipsels, telegramme en dies meer om die storie van die oorlog te verhelder en interessanter te maak op voorwaarde dat nie meer as 50% nie-filatelistiese artikels mag wees nie. Die versameling het nie meer nie as 30% nie- filatelistiese artikels daarin.

Laaste 13 jaar se werk op Stilbaai “Ek het die laaste 13 jaar van my aftrede op Stilbaai aangewend om uit my inligtingsbronne en biblioteek al die posstukke na te vors en op te skryf. Elkeen van hulle is op spesiale papier gemonteer en op ’n blad geplak. Die lys van 35 919 Boere-krygsgevangenes en ander persoonlike inligting het nege maande se harde werk geverg om voor te berei. “Ek kan elke stuk posgeskiedenis wat ek in die hande kry met sy geadresseerde verbind en daardie mens se geskiedenis en verhaal byeen te bring met die koevert aan hom geadresseer. Dit gee lewe aan die storie van ’n penkop tot ’n oudstryder. “Ek is bly dat ek die inhoud – soos in die Kasteel vertoon – kon deel by wyse van ’n uitstalling en wil graag hê wat voorberei is, moet gepubliseer word en ’n erfenisstuk van ons geskiedenis wees. “Die versameling moet vir ons erfenis behoue bly en daarom was ek bereid om dit aan iemand of ’n instansie wat dit sal oppas te verkoop. Dit moet nie die land verlaat nie. “Buitelanders sal dit in ’n japtrap opneem indien dit aan hulle te koop aangebied word. “Soos Paul Kruger gesê het: ‘Behou die beste uit die geskiedenis en bou daarop’. Ek het probeer om net dit te doen.” Mense wat graag met Leigh wil kontak maak, kan hom per e-pos by bernardl@worldonline.co.za bereik of hom by 082-961-7502 bel.

Swerfstene dra hul eie stories van alle uithoeke saam SWERFSTENE is mos daardie rotse en klippe wat heeltemal op ’n ander plek voorkom as waar hulle veronderstel is om te wees. Dis rotse wat eens in ysgletsers vasgevang was en só baie ver weggedra is totdat die gletser gesmelt het en hulle hoog en droog agtergebly het. Met die aanbreek van die Rosestad se midsomerdroogte besef Herrie daar is nou ’n dooie kol in die tuin wat nie sommer weer groen gaan word nie – in elk geval nie met vandag se waterpryse nie. Die kol het ’n paar jaar gelede ontstaan toe van Herrie se bome groot geword het en van dié met plat wortelstelsels verder gemaai het onder die gras en plantjies. Mev. Herrie het die blink plan gekry om wandelende Jood daar te plant en dit het soos ’n bom gewerk – tot dié somer. Trouens, ná die winter het daar

H

errie se kerrie

deur Herman Toerien

ook maar omtrent niks onder die beskermende blare uitgekom nie. En Herrie betrag die storie so. Dis darem vlak langs die voordeur

en ’n plan moet met die onooglikheid gemaak word. Dis toe dat Herrie al sy groot klippe bymekaar begin maak en hulle versigtig op die dooie kol begin plaas. Want sien, die Herries se erf is van nature kliploos. Dis pure potklei so diep soos ’n mens maar wil of kan graaf. Al die klippe op die erf is “swerfstene”. En toe alle moontlike groot klippe gerangskik is, begin Herrie wonder van waar het al die klippe geswerf. Van almal se stamboom en herkoms kan Herrie nou nie rekenskap gee nie, van maar ’n hele klompie kan hy. Drie van die groot sandsteenrotse met natuurlike voëlbaddens kom van Stellenbosch af. Hulle het aan die einde van 1970 saam met Herrie se ouers van die Eikestad na die Rosestad getrek en

synde Herrie al een is wat in Bloemfontein oor is, het Herrie hulle mettertyd bekom. ’n Rooi klip kom van Parys en ’n groot, spierwit kwarts van Onrus. Dié is op ’n dag saam met ’n klomp opvulrommel by Ma Johanna se plasie buite Onrus afgelaai, dus weet Herrie nie presies waar dit oorspronklik vandaan kom nie. ’n Groot ronde spoelklip was wel op die plasie self ingeburger. ’n Klomp plat spoelklippe kom uit ’n droë rivierloop buite Merweville in die Moordenaarskaroo. ’n Paar wit kalksteenklippe met gaatjies deur kom van Bothaville af. ’n Klompie klippe het Herrie met ’n ou rugsak uit die koppie so ’n kilometer van die huis aangepiekel. Dan het Herrie ’n “Marsstroompie” met klein spoelklippies uitgelê. Dis nou ’n “stroompie” sonder ’n

druppel water. Van die spoelklippies is oor dae heen oral bymekaargemaak waar mense dit in die veld weggegooi het. Van die ander kom ook van oor die land heen. Elders, meer beskut in die erf, het Herrie ’n paar stukke versteende hout, onder meer van Bethlehem. Omtrent al wat Herrie nog kort, is ’n Marsmeteoriet – dis nou stukke klip wat op ’n manier van Mars losgebreek en later op die aarde kom val het. Herrie het oral in die tuin geharde plantjies gaan bymekaarmaak, en toe kom laai tannie Joy vir Mev. Herrie ’n vrag varings af. Oor ’n paar duisend jaar gaan argeoloë vreeslik kop krap as hulle kom dolwe waar die Herries se erf eens was. Daar kan nie baie plekke wees waar so baie groot klippe van soveel uithoeke van die land na een plek geswerf het nie.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

Estelle vang emosie op film vas ESTELLE VAN STRATEN was aanvanklik ’n verpleegsuster wat vir jare lank in ’n neonatale eenheid gewerk het. Vandag is sy ’n befaamde fotograaf in Bethlehem wie se passie dit is om onder meer ma’s met babas af te neem. Haar besigheid se naam, Just Precious Photography Studio, pas beslis by dit VAN wat sy doen – om be- ESTELLE sonder waardevolle STRATEN van Just Precious Photogra­ foto’s te neem. Estelle het reeds phy Studio. op laerskool haar eerste kamera gekry en het in 2002 haar eerste fotografie-kursus deurloop. Afgesien van haar kamera het sy intussen vir haar die nodige toerusting aangeskaf. Estelle het in 2009 na Bethlehem verhuis. Sowat ’n jaar gelede is aanbouings met ’n volledig ingerigte ateljee by haar huis voltooi. Daar is onder meer ’n badkamer en ’n hoekie waar ma’s kan borsvoed. Benewens die gebruiklike wit of swart agtergrond wat sy gebruik om foto’s te neem, het sy ’n verskeidenheid agtergrondkleure wat sy kan gebruik. Vir Estelle is emosie belangrik. Sy hou daarvan om tyd saam met kliënte deur te bring om ’n verhouding op te bou om die natuurlikste, emosievolle foto’s te kan neem. Daarom neem ’n sessie met babas by haar sowat drie uur. Gesinsfoto’s neem ’n uur. Mense moet ’n paar stelle klere saambring sodat sy ’n verskeidenheid verskillende fo-

to’s kan neem. Wanneer babas sowat elf maande oud is, neem sy graag foto’s in ’n emalje-bad wat met skuim gevul is. “Dit is my splash-foto’s, want die kleingoed geniet die water tot so ’n mate dat ek ’n verskeidenheid natuurlike foto’s kan neem om hul emosie vas te vang.” ’n Groot kolwyntjie (cupcake) word ook voor kleingoed neergesit. Terwyl hulle dit eet word ’n reeks foto’s vir hul eerste verjaardag geneem. Dit is net ’n paar van die verskeidenheid “props” wat Estelle gebruik. Benewens baba- en gesinsfoto’s beskik Estelle oor ’n groot portefeulje trou-, huweliksherdenking, matriekafskeidfoto’s, -diere, sportspanne soos die Griffons-span, besigheidslokale soos Kia se nuwe lokaal en die John Deere-klerereeks. Estelle gaan ook vir Kansa se Relay for Life foto’s neem. Met spesiale pakkette soos troufoto’s en matriekafskeidfoto’s hou sy daarvan om die kliënte vooraf te leer ken. “Dit maak dit makliker wanneer die dag aanbreek om die regte foto’s te neem.” Saam met die eienaars van Nuveau wat ’n volledige pakket vir troues en matriekafskeidgesellighede (haarstilering, grimering, klere) verskaf, word Estelle se foto’s as deel van dié pakket aangebied. Deur die jare het sy baie ure agter haar kamera bestee en baie geleer – hiervoor is ’n platinum-toekenning ’n bewys. “Ek wag totdat ek die mooi oomblik raaksien om ’n foto te neem – ook wanneer ek iemand in die natuur afneem.” Sy weet ook hoe moeilik dit vir mammas met pasgebore babas is om na haar atlejee toe te kom. Sy gaan eerder na hul huis toe. Sy is ook gekwalifiseer om 4D-sonarfoto’s te neem. Sy kombineer haar liefde vir foto’s ook met die neem van 4D-sonarfoto’s by plaaslike ginekoloë.

Newborn

15


16

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

SKOLENUUS

KLEURRYK en met baie sweet, sang en opwinding is 16 rekords op die Hoërskool Voortrekker se jaarlikse kleure­atletiekbyeenkoms verbeter.

WIAN VAN DER WATT en Sollie Cronjé is onderskeidelik as senior victor en victrix ludorum op die skool se kleure­atletiekbyeenkoms aangewys.

DIE Hoërskool Voortrekker op Bethlehem se junior victrix ludorum is Danelle van Huyssteen en die junior victor ludorum is Marco Labu­ schagne.

ALTESAAM 16 rekords is op die kleure­atletiekbyeenkoms van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem verbeter. Die atlete wat rekords verbeter het, is van links, voor: Lara van Wyk, Sonja Cronjé, Helen Wessels, Eric le Roux en Henriëtte Cronjé; agter: Regardt Naudé, Bertus Kleynhans, Helgard van Heerden, Wian van der Watt, Johan (Boeta) Vermaak, Hernu van Vuuren, Emma Kleynhans en Anika van der Westhuizen.

LEERLINGE aan die Hoërskool Witteberg op Bethlehem wat re­ kords op die skool se kleure­atle­ tiekbyeenkoms verbeter het, is van links Gerhard van Huyssteen, Jana de Villiers, Dean Bubb, Eliz­ ma Kuhn, Theunis Goosen, Ter­ sia Smit, Carlien Myburgh, Mio­ ne Shields, Petro Coetzee, Louis Spershott, Lerato Nsutle, Wiahn Minnaar en JL Botha.

Atlete laat verskeie rekords spat

DIE Hoërskool Witteberg se gr. 8­leerlinge en studenteraad het ’n kamp op Moolmanshoek bygewoon en die geleentheid baie geniet.

REKORDS wat die atlete van die Hoërskool Voortrekker op die skool se kleure-atletiekbyeenkoms verbeter het, is soos volg: Meisies o.14 90 m-hekkies – Emma Kleynhans; 3 000 m-stap – Henriette Cronjé; hoogspring – Helen Wessels; gewigstoot – Lara van Wyk. Seuns o.14 3 000 m – Eric le Roux; 100 m-hekkies en 300 mhekkies – Regardt Naudé. Meisies o.15 800 m en 1 500 m – Sonja Cronje; 5 000 m-stap – Anika van der Westhuizen. Seuns o.15 5 000 m-stap – Guido Postma; driesprong – Bertus Kleynhans; spiesgooi – Hernu van Vuuren. Seuns o.16 3 000 m – Christian van der Westhuizen. Seuns o.17 Gewigstoot – Helgard van Heerden; spiesgooi – Johan (Boeta) Vermaak. Seuns o.19 Gewigstoot – Wian van der Watt.

Maak gereed vir die water DIE Solomons Mica­ ope swem­ byeenkoms is Saterdag in die Loch Athlone­dam gehou. Die Bethseals­swemklub was die aanbieder. Hier staan swemmers gereed om die dam se water aan te durf. Foto: Johan Oberholzer DANIE VAN HUYSSTEEN, Elizna Viljoen, Charne Rossouw, Nadia Vogelesang, Ruan Kok en Tielman Malherbe van die Hoërskool Voor­ trekker is trots op hul skool se 100%­slaagsyfer. Foto: Lynda Greyling


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

17

Viviers help met gebalanseerde lewe WANDA VIVIERS het pas haar graad in voorligting-sielkunde verwerf en onlangs haar deeltydse praktyk oopgemaak. Vrystaat het met haar gaan gesels. Wanneer en waar het jy jou graad verwerf? Ek het in September 2012 my B.Sc.-graad in voorligtingsielkunde aan die Western Advanced Central Universiteit van Amerika met ’n B+-simbool verwerf. Ek het die universiteit gekies aangesien die graad internasionaal erken word. Ek is geregistreer by die Raad vir Beraders van Suid-Afrika en besig om my by Saqa te registreer. Ek praktiseer privaat en deeltyds van my huis af en is sewe dae per week ná kantoorure beskikbaar. Waarin spesialiseer jy? Ek is ’n voorligting-sielkundige en pastorale berader wat dienste aan individue van alle ouderdomme lewer. Ek raak ’n verskeidenheid lewensuitdagings aan, insluitende krisis-intervensies, trauma, angs, depressie, spanning, uitbranding en die verbetering van ’n persoon se selfbeeld. Ek doen op sielkundige vlak emosionele en persoonlikheidsassesserings. Spesiale gebiede van belangstelling vir my is die optimale menslike funksionering, asook die totale welstand van elke individu in liggaam, siel en gees. Jy gaan eers deeltyds praktiseer. Wat doen jy deur die dag? Ek werk heeltyds by ’n mikroleningmaatskappy as konsultant. Wat het jou laat besluit om ’n sielkundige te word? Ek gee om vir mense en wil graag sien dat almal ’n gelukkige, gebalanseerde en geestelik gesonde lewe lei en nie net “bestaan” nie, maar leef. Wat wil jy as sielkundige bereik? Om regtig mense te help om weer heel te word, want ons leef in ’n gebroke wêreld. Beroepsgewys wil ek in die toekoms heeltyds praktiseer. Ek wil ook seminare in verskillende lewensprobleme aanbied. Dit het my lank

gevat om te besluit waarin ek belang stel en wat my passie is. Sielkunde is my passie en roeping. Hoekom dink jy is mense deesdae so vatbaar vir selfmoord, veral jong mense? Lewensomstandighede speel ’n rol en die druk van ons daaglikse lewe. Ek kom veral ook agter dat verwerping ’n groot probleem is. By volwassenes is dit algemeen die druk van die beroepswêreld en onverwerkte trauma. Om met jong mense te werk en vir hulle ’n grondslag te gee is moeilik. Begin by die begin. Kyk na oorsake uit hul kinderdae en probleme wat nog nie opgelos is nie. Wat kan mense verwag as hulle jou besoek? ’n Informele, gemaklike atmosfeer waar ons lekker kan gesels en elke situasie uniek gehanteer word. Soms het ’n mens net iemand nodig om mee te praat, nie iemand wat altyd vir hulle ’n lys dinge te gee om te doen nie. Ek wil vir hulle ’n veilige hawe bied waar mense kan kom anker gooi en hul laste deel. Mense het nie meer tyd vir mekaar nie en wil nie meer betrokke raak met mekaar se persoonlike struwelinge nie. Mense het nie meer daardie vrymoedigheid met mekaar nie en skram weg van die intimiteit om met mekaar te praat en te deel. Sal jy ooit met jong mense wil werk? Ja beslis, jong mense is vir my belangrik en ek sou graag met groepe jong mense wil gesels om uit te vind waarmee hulle worstel en sodoende vir hulle raad en leiding te gee. Ek glo as ek kan help om gelukkige, suksesvolle, gemotiveerde jong mense te kweek, sal hulle suksesvolle en gebalanseerde volwassenes wees wat elke uitdaging in die lewe verantwoordelik kan hanteer. Wil jy graag verder studeer? Ja, ek beplan om vanjaar my honneursgraad in voorligting-sielkunde te doen. My ideaal is om my meestersgraad te verwerf. ) Mense kan Wanda by 071-770-5678 om ’n afspraak te maak bel.

WANDA VIVIERS


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

M&M PLUMBING CC Tel: 058 303 4681 082 452 5208 (Mark)

• Algemene staalwerk, hekke en omheinings • Teëlwerk • Bouwerk • Plaveisel • Loodgieterswerk • Verfwerk • Algemene herstelwerk

Andries Blignaut

Was van sitkamerstelle, volvloermatte en motorsitplekke. Uitsuig van water. Gratis kwotasies. Skakel Ronel 082 788 1483

Sel: 082 407 2516 STEEL STATEMENTS/VR/24/5/12/jj

Member of institute of Plumbing No: 2831 Member of Plumbing Industry Registration Board No: 0150/85 Authorised to issue certificate of compliance. Qualified and professional service.

* 6 engths, 8 meter long, large diameter, heavy duty NEW creosoted black poles. * Heavy duty CONCRETE MIXER. 250 litres. With Honda engine. * Approx 900 metre 10 bar water piping. 25 mm and 32 mm in diameter. *Approx 2000 metres drip irrigation piping. * ROVATTI heavy duty irrigation water pump on wheels. *Approx 100 lengths 75 mm and 100 mm diameter Bauer irrigation piping. Prices on request and negotiable. Phone all hours Bethlehem 058 303 4051/083 235 8536. All above on farm 3 km from Bethlehem town on tar road to Small Grain Institute. * 6 lengtes, 8 meter lank, groot deursnee, nuwe swaardiens- swart kreosootpale. * Swaardiensbeton-menger, 250 liter, met Hondaenjin. * Ongeveer 900 meter 10bar-waterpype. 25 mm en 32 mm in deursnee. * Ongeveer 2 000 meter drupbesproeiingspype. * ROVATTI-swaardiensbesproeiingswaterpomp op wiele. * Ongeveer 100 lengtes 75 mm en 100 mm in deursnee Bauer-besproeiingspype. Pryse op aanvraag en onderhandelbaar. Skakel alle ure. Bethlehem 058 303 4051 en 083 235 8536. Bogenoemde op plaas 3 km van Bethlehem-dorp op teerpad na Kleingraan-instituut. 9-kubieke voetpottebakkersoond, wiel en glasure. Maak aanbod. 083 944 3788/058 223 0003 Klimraam (volledig) (Jungle Gym) te koop met platform en skadunet bo, feitlik nuut. Tiller (3-voetrye). 3-skaar-ploeg. Safimdamskrop. 22'' x 38 '' McCormick-koringdorsmasjien (oudheid). Elin-sweismasjien (sweis tot 320 amp). Moet alles verkoop. Pryse billik. Bel MaDo alle ure. Vry- tot 17:00. Skakel 058 653 1014. QUEEN-grootte MATRAS: Nuut, slegs R1 000. Skakel 082 557 8806.

geslag, verwerk, vakuumverpak en word afgelewer.

074 580 8044 Aflewering net in Bethlehem Rekenaarspeletjies te koop! Sims1: Die volledige reeks (7 CD's). Sims2: Twee CD's. 'Family Fun en Glamour Life.' Beide vir Windows XP, uitstekende toestand . Skakel Marie 076 574 3426.

BAAL- EN GRONDBEWERKINGSKONTRAKTEUR

Johan’s Fencing Staalomheinings Motorhuisdeure Hekmotors Interkomstelsels Sekuriteitshekke Devilsfork Skakel my 24/7 072 476 3747

Sny, hark, baal, 1,2-m-bale. ‘Offset’, ploeg, ‘tiller’, ens. Skakel Hannes vir ‘n kwotasie: 082 629 2880.

LESCOR MOTORS: vir eerlike herstelwerk aanligte petrol-en,dieselvoertuie, veral op alle VW-fabrikate. Baie billike tariewe. Skakel 058 303 7091 Bethlehem.

Bethlehem Droogskoonmakers

LOO 911

Tel. 058 303 5621/2 BONSMARA-VERSE: 10 mooi verse, geënt, onthoring. R7 400 per kop plus BTW. 15 maande. Skakel 082 448 3806. SA Vleismerino: * 7 ooie met lammers, R1 700 stuk. * 14 ooie met klein lammers, R1 600 stuk. * 55 dragtige ooie, soek uit, R1 500 stuk. * 135 ooie by ram, R1 400 stuk. * 58 ooilammers, R800 stuk. Skakel: Hannes 083 723 4162 Arlington.

Labrador-tefies te koop. Ingeënt en ontwurm. R1 000 elk. Dadelik beskikbaar. Gebore 26 Nov. 2012. Melanie 082 450 3635 Marquard.

* Stoomwas van matte en sitkamerstelle * Was , droog en stryk wasgoed * Herstelwerk aan klere Bou-, verf- en teëlwerk, devil's fork. ( Jacobus 082 727 6231 kwotasie. DE-LA-SUN SHADEPORTS. Oprigting van skaduafdakke. Installation of Shadeports. We cover the Eastern Free State. 082 442 3240 Willie.

Henk v Niekerk Loodgieters Diens

Tel: 082 556 8118 Diens gewaarborg

HENK 2-23-10-08-VR-LH

Boer soek 'n ordentlike vrou in die Vrystaat wat graag op 'n plaas sal wil bly. Sy moet ± 50 j oud wees . Skakel 073 2202 024.

A graad-lammers:

Elektriese kabelfout opsporing

056 212 2977

Noodnommer: Stefan 082 653 6222

AANDAG :Ons koop alle tweedehandse meubels en losgoed vir kontant aan. Skakel ons vir die beste pryse in die dorp. Bel ons gou en ons kom nou. Skakel 058 303 2912 (kantoorure) of 058 303 3194 na-ure of 083 272 3045. (Marinus).

50 ha gras te betaal naby Clarens - u vat 50%. Bel Bees 058 223 0464/082 923 6907.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Vervoer van meubels in Bethlehem-distrik. Wegry van tuinvullis en bourommel. Skakel: 082 3700 021 vir `n kwotasie .

Franny's Construction CC. Instandhouding, bou, verf, pleister, plaveisel, dakke, teëls, verandering. (Basie 073 190 1212.

SANDSTONE: Blocks, bricks, cladding, rivens, tiles, etc.Tel. 058 303 4840. 12 Archbell Street, Bethlehem. VERF huise ( binne en buite), teëlwerk, bouwerk, geute, seël van dakke. Skakel: 071 076 5993.

Pool

Steeds u een-stophersteller. Stowe, ys- en vrieskaste, mikrogolfoonde, wasmasjiene. Alle onderdele. Commissionerstr. 67 Tel. 058 303 7000

BETHLEHEM-9-8-07-VR-LH

Direk van die boer

MAMMAS, KOM KYK! Tjoklitbekkie Dagsorg het oopgemaak! Kom skryf jou kleinding in. (074 576 9451/079 820 9308.

Vir enige staalheinings, diefwering, veiligheidshekke, skaaphekke en voerringe. Flip 082 783 4832. Bethlehem.

Bethlehem Herstelwerk

LAMMERS TE KOOP!

BETHLEHEM-10-1-07-VR-LH

18

Services Sel 082 407 2516

• Swembadinstandhouding • Filtervervangings en -diens • Installeer van pompe en herstel • Reguleer van PH-vlakke

LANDSCAPING

SMIT ELEKTRIES

083 625 3233

Annette Prinsloo

076 346 9100 pieter.t@hotmail.co.za

• • • • • • • • •

HERSTELWERKE INSTANDHOUDING INSTALLASIES BEDRADING SKAKELAARS LIGTE KRAGPUNTE ELEKTRIESE TOESTELLE DStv (ESKTRA TELEVISIEPUNTE EN DEKODEERDERS) KWOTASIES BESKIKBAAR Goeie diens met ‘n billike prys

TEKOMA ELEKTRIESE DIENSTE

Herstel van alle elektriese/ huishoudelike toerusting, lugversorgers en huisbedrading. Industriële onderhoud. Wesselsstraat 40 Tel. 058 303 5306 TEKOMA/VR/7JUN12/JJ

WARM- EN VRIESBRAND van beeste. Norman 082 443 6966.

Flower Fun Kwekery Reuse Special R5 en R10 uitverkoping op sekere plante. 10 per kliënt solank voorraad hou. Cambridgestr. 58 Tel. 058 303 8423 Oop Maandae Saterdae. Soek jy 'n grasgroen tuin? Die beste gras in die OosVrystaat teen baie goeie pryse! Jou tuin verdien dit! Skakel: Francois 079 599 4995.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

MSJ VERVOER: BETHLEHEM. 10 ton. Lewende hawe, huisraad, baie meer. Johan Hattingh 082 808 8111.

South Coast Wide variety of selfcatering holiday flats and houses. Phone 039 315 1313 www.bvh.co.za Our beaches are back!

Ruim plaashuis te huur. Beskikbaar 1 Maart 2013. Skakel 058 303 3512 of 082 373 1441.

3-slk-meenthuis, 2 badk, dubbelgarage in kompleks te huur: R5 800 p.m. Onmiddellik beskikbaar. Skakel Dirk 082 925 8605. J&M Properties: Te huur. 3 slk, 2 badk, dubbel- motorhuis. Meenthuis. R5 800 p.m. Rooms in guesthouse. R3 300 p.m. incl. service. 082 316 9623. R4 400 p.m. Eureka: Ruim 2-slaapkamer-meenthuis met afdak. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

DAY SPA & SALON

Facials Massages Body wraps Lash/brow wax and tint Waxing Bio sculpture gel Manicure/pedicure Sunbed Hawkins slimming

Landè 082 839 1981 Rita 082 864 2022

GEMEUBILEERDE KAMERS, elk met en suitebadkamer, stoep en private ingang, selfsorg. 082 927 7820

BLOEMFONTEIN STUDENT ACCOMMODATION. WELL, LOOK NO FURTHER! KPA Private Student Accommodation has a variety of accommodation available that will suit your needs. We specialise in furnished and unfurnished accommodation close to the campus of the University of the Free State. Contact KPA now to help you find a home away from Home. 051 411 2600 / 073 919 8494 / 072 088 0166

Uvongo Nautilus No.8 Vakansiewoonstel, 6-slaapplek, jacuzzi, lugversorging en braai geriewe op balkon.

Vir bespreking skakel René 039 315 1345

014 736 5928 * Luukse chalets * Lugreëling en DStv * Ten volle gediens * Prag swembad * Onderdak-, verhitte hydrospa * Tafeltennis en “pool”

Spesiale midweektariewe

WEHMEYER-12-6-08-VR-LH

HOOGLAND SPA ***WARMBAD

MARGATE: VAKANSIE. Selfsorgtuinwoonstel naby Uvongo-strand. Ten volle toegerus. 2 slk, 2 badk, slaap-plek vir 5. Seeuitsig, braai op groot stoep, motorhuis, DStv, eie dekodeerder. Tarief buite seisoen R180 per nag, binne seisoen R380 per nag. Tel. 082 332 8649.

1 Hyundai i20, 2011model. 40 000 km. Rooi. Winskoop: R125 000. Skakel: 082 679 0918. 1 Hyundai Atos 1.1 GLS Prime, 2006-model. Rooi. Winskoop. R55 000. Skakel: 082 679 0918. 1 Hyundai i20, 2012model. Pers. 10 000 km. Winskoop: R150 000. Skakel: 082 679 0918. 1 Hyundai Atos 1.1 GLS Prime, 2010-model. 41 000 km. Silwer. Winskoop. R60 000. Skakel: 082 679 0918. Netjiese, skoon studentemotor. 1999 Ford Mondeo met lugreëling en radio. Skakel 072 934 7559.

2 bachelor units in Môrelig available 1 Feb 2013, R1 300 and R2 100. Phone Dirk 082 925 8605. 3-slaapkamertuinwoonstel te huur . 2 volledige badkamers, baie netjies. Sonkragwarmwaterstelsels. Panorama. R4 900 p.m. Krag uitgesluit . Deposito betaalbaar. Desmund 082 414 3242. Eenslaapkamerwoonstel, woonkamer, kombuis, gasstoof, DStv, privaat tuin. Elek. omhein. 1 Febr. Skakel 082 599 5779. Enkelwoonstel: R2 600 p.m. Onmiddellik besk. W en l ingesluit. Enkelpersone. Geen troeteldiere. Skakel 072 330 3109. Gemeubileerde kamer met stort- en kombuisgeriewe. Onm. R1 750 p.m. W en l ingesluit. Vooruitbetaal. Sleuteldep. R250. 079 888 2027 R2 200 p.m. Morelig: 1slaapkamer-tuinwoonstel. Isabel de Bruin Eiend. 082 785 1111.

Ek koop byna alle tweedehandse motors , bakkies, kombi's , Ventures en Condors aan vir kontant. Ek is bereid om op te tel. Skakel Unis 082 959 9120 072 203 1614

Tuinwoonstel te huur. Instandhouding van tuin en elektrisiteit ingesluit plus gebruik van verhitte swembad plus skoonmaakdienste. Enkellopende dame of enkelouer met een afhanklike. R3 500 p.m. Geen troeteldiere tensy vooraf toestemming verkry. Skakel 082 490 9261. Laat besonderhede indien geen antwoord.

GESOEK WANTED

J&M Properties: Te koop *Middedorp. Ideaal vir besigheid. 3-slk-huis, erf 700 m². R480 000 ohb. *3-slk-/2-badk-huis plus 2slk-/2-badk-woonstel. Onlangs opgeknap. Huur- inkomste R10 000 p.m. R1 150 000. 083 349 5945.

Goed opgepaste, gebruikte voertuie, tot en met R100 000, om aan te koop vir kontant. Well-cared for, used vehicles, up to R100 000, to buy for cash. Skakel asb Petri Oosthuizen by 083 384 1471 058 303 9469 voordat u verkoop of inruil!

Deel huis 5 km buite dorp, volledig gemeubileer. Alles ingesluit, toesluitgarage, huishulp, tuin, water, krag en DStv. Moet net eie kos koop. R3 500 per maand. Ouderdom 25-35, moet bewys van werk hê. Kontak Charlene 076 333 3583. Huis baie dringend te huur: 14 Febr. 2013. Jordania. Loopafstand van skole. 3 slk, 2 badk, binnebraai, waskamer, buitekamer, enkelgarage, dubbelafdak, veilig omheinde erf. Natasha 072 985 7687. Huis te huur: 3 slk, 1badk, sitk, kombuis, eenmanw/s en garage. R5 300 p.m. Meenthuis te huur: 2 slk, 1 badk, sitk, kombuis met stoof, garage en afdak. R4 500 p.m. Huis te huur: 3 slk, 2 badk, 2 sitk, kombuis, lapa, garage en afdak. R5 750 p.m. 072 985 7687. Huise en eenmanwoonstelle in Loch Athlone. Gemeubileer en ongemeubileer. Skakel Paula 082 927 0209. Plaashuis beskikbaar vir selfonderhoudende egpaar. 3-slk, 2-badk dubbel motorhuis 60km van Bethlehem 20km van Warden 40km Reitz. Betaal eie Eskomrekening-lynfooi en gebruik. Beskikbaar 1 Maart 2013 . Kontak 082 858 9173. Plaashuis te huur: 12 km van Ficksburg op Clocolanpad. R1 500 per maand. Ska kel 083 306 8435.

081 232 3552/083 235 8536. Kothuis en rondawel op plaas 3 km van Bethlehem-dorp, op teerpad na Kleingraaninstituut. Sitkamer, slaapkamer, ens. R2 500 per maand, sluit krag, water en vullisverwydering in. Geen BTW. Onmiddellik beskikbaar. Skakel alle ure: Noreen 058 303 4051/ 081 232 3552/083 235 8536. PERMANTE of langtermyn kamers te huur by Inkwe lodge. Skakel Johan by 082 924 2726. Ruim 2-slk-meenthuis, R4 300. Ruim 4-slk- woonhuis, R7 600. Skakel 078 8931 038/058 303 1814 * Stoorplek 43m² ideaal vir meubels. * Garage 24m² beskikbaar. Skakel: 082 858 8557.

Benodig u 'n tydelike bestuurder. Ek het Kode- 14 met PDP. Flip 082 783 4832. Bethlehem. Liza soek werk as huishulp, kinderoppasser of kombuis. Voltyds. Skakel 082 662 6667.

BENODIG 2 BEMARKERS. Eie vervoer en selfoon. Johan 082 785 1436. 'CASUALS' gesoek: Vrydae- en Saterdaeaande, met kroegondervinding. Skakel 072 330 3109. Gesoek geskikte persoon in die finansiele afdeling met rekenmeester ondervinding asook pastel . E-pos Cv na annatjie.roothman@daltrading.com

Brokerage

Vacancy Available Nationwide Brokerage has a vacancy available for a Data Capturer. Salary plus incentive bonus will be paid. Please fax CV to: 086 571 6932

Dirk v Rooyen Sel: 082 925 8605 Faks: 086 653 1401 E-Pos: dirann@vodamail.co.za

Dirk v Rooyen Sel: 082 925 8605 Faks: 086 653 1401 E-Pos: dirann@vodamail.co.za FOR SALE Exclusive mandate Môrelig Strong 3-bedroom, 2-bathroom house Bachelor’s flat Lounge/dining room Study Big yard, fenced all around, electric gate No garage Ideal for beginners or investors URGENT SALE: R760 000 NEG

Bhm Sentraal Nuut gerestoureerde eenmanwoonstelle. Onmiddelik beskikbaar. R2 200 p.m. Bhm Sentraal Groot 2-slk-woonstel. Onmiddeik beskikbaar. R3 100p.m. Panorama 4-slk-meenthuis. Onmiddelik beskikbaar R6 600p.m. Friedel Goldman 083 407 5886. Opsoek na huurplekke: Woonstelle, meenthuise, persele en huise. Baie moonlike huurders. Linda Muller 082 563 6980. Cottage and rondavel on farm 3 km from Bethlehem town, on tar road to Small Grain Institute. Lounge, bedroom, etc. R2 500 per month which includes electricity, water and garbage removal. No VAT. Available immediately. Phone all hours: Noreen 058 303 4051/

120: EIA PROCESS Notice is given of a joint application to the Free State Department of Economic Development, Tourism and Environmental Affairs in terms of NEMA EIA Regulations (R544, June 2010) and the Department of Water Affairs in terms of the National Water Act (Act 36 of 1998) as a part of an environmental authorisation process for the establishment of chicken broiler houses and related activities on the farm Warden Townlands 1031/9, Harrismith district. Applicant: Paul Steyn Boerdery (PTY) LTD. Proj. Ref Number: EMB/5(ii),8/12/76. The contact consultant is H20N Environmetal Specialists: Suite 158, Private Bag X01, Brandhof, Bloemfontein 9324 or contact Louis de Villiers at: 051°444°4700 (tel.) or 086°697°6132 (fax) or Louis@h20n.co.za In order to ensure that you are identified and registered as an interested and/or affected party please submit your name, contact information and interest in the matter in writing to the contact person given above before 28 February 2013.

120: NOTICE OF

C en N Ehlers Finansiële Dienste

Closing date: 1 February 2013

TE KOOP Eksklusiewe mandaat Môrelig Stewige 3-slaapkamer-huis met 2 badkamers, gerieflike sit-/eetkamer, eenmanwoonstel (bachelor) vir ouma of skoonma. Geen motorhuis. Groot erf, goed omhein, elektriese motorhek. Ideale huis vir beginners of beleggers. DRINGENDE VERKOOP: R760 000 ohb.

situated in Clarens (town) . Any person oppososed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: Joubert Hay Adress: Street address: 6 Roseburn Road, Victory Park 2195 Postal address: Ditto Telephone: 083°260°9304

120: AANSOEK TWEEDE

WOONEENHEID Kennis geskied hiermee dat Elisa Emelina Mofokeng aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n addisionele wooneenheid op te rig, op erfnommer 4221 Volledige straatadres: Suikerbekkiestraat 4221, Môrelig geleë te Bethlehem (dorp). Enige persoon wat beswaar teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die applikant en die munisipale bestuurder indien, binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: EE Mofokeng Adress: Straat Suikerbekkiestraat 4221, Mô-relig, Bethlehem 9700 Posadres: Posbus 898, Bhm Telefoon: 072°631°6754

120: APPLICATION

ADDITIONAL DWELLING Notice is hereby given that Elisa Emelina Mofokeng intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special permission to erect an additional dwelling on Erf number 4221 complete street address: Suikerbekkie Street, Môrelig situated in Bethlehem (town). Any person opposed to the proposed operation must lodge such complaint to the Applicant and the Municipal Manager within 14 days to the last publication of this notice. The Applicant: EE Mofokeng Address: Street address: 4221 Suikebekkie Street Môrelig, Bethlehem 9700 Postal address: PO Box 898, Bethlehem 9700 Telephone: 072°631°6754

120: CONSENT FOR A

SELF-CATERING Notice is hereby given that Joubert Hay intends to apply to the Dihlabeng Local Council for special consent to conduct a Guest House named Bella Vista on Erf 701 complete street address cor. V/d Merwe and Church Streets 710

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT PROCESS AS PART OF WASTE LICENSING APPLICATION PROPOSED DEVELOPMENT AND LICENSING OF A NEW WASTE WATER TREATMENT WORKS AS WELL AS THE CLOSURE OF EXISTING OXIDATION PONDS AND OLD SOLID WASTE DISPOSAL SITE AT PAUL ROUX, DIHLABENG LOCAL MUNICIPALITY , FREE STATE PROVINCE. Notice is hereby given in terms of Regulation 54 of the regulations published in Government Notice No.

R.543 of 18 June 2010 in terms of Chapter 5 of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) that an application has been submitted to the Central Governmental Department of Environmental Affairs, Pretoria to apply for a Waste Licence in terms of Government Notice No. R.718 of 3 July 2009 relating to the National Environmental Management: Waste Act, 2008 (Act 59 of 2008), for the following proposed activity. ACTIVITY The Dihlabeng Local Municipality is in the process of obtaining Environmental Authorisation and a Waste Licence for the development of a new waste water treatment works as well as the closure of the current oxidation ponds and old solid waste disposal site at the town of Paul Roux. The new waste water treatment will have an annual throughput capacity of more than 15 000 cubic meters. LOCATION The new waste water treatment works will be located on municipal land on the remainder of the farm Plesissville A 709 on the same footprint as the old solid waste disposal site, situated towards the east of Paul Roux. The oxidation ponds are situated on Portion 3 of the farm Mary Ann 712, located towards the west of Fateng Tse Ntsho. REGISTRATION AS INTERESTED AND AFFECTED PARTY In order to ensure you are identified as an interested and/or affected party, please submit your name, contact information and interest in the matter to the following contact person: Mr Tom Hugo Metsi Metseng Geological and Environmental Services Cell: 082°070°0735 Fax: 086° 743°6864 E-mail: tom@mmges.co.za Suite 91 Private Bag X 62 Bethlehem 9700 A backround information document will be provided to you after registration. PUBLIC MEETING /INFORMATION SESSION A public meeting will be held at 10:00 on 7 February 2013 at the Fateng Tse Ntsho Community Hall in Paul Roux. Information regarding the project and possible issues will be discussed. You are welcome to attend the meeting.

120: NOTICE OF ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT PROCESS

Notice is hereby given in terms of Regulation 543 of the regulations published in

Government Notice of 18 June 2010 published in terms of chapter 6 of the National Environmental Act (Act No. 107 of 1998) and National Environmental Management Waste Act 59 of 2008, of intent to submit a Basic Assessment application and Waste Licence that will apply to this project for the following activity: PROPOSED ESTABLISHMENT OF A DAIRY FARM (ESTINA MOHOMA MOBUNG DAIRY ) NEAR THE TOWN OF VREDE, PROVINCE OF THE FREE STATE NEMA : EMB/4/5(ii)/11(iii)(iv)(ix)/ 22/23(ii)/12/65 NEMWA: 12/9/11L1118/2 Project description: . The proposed development of a Dairy Parlour, workers quarters, office and dairy production facility, with more than 100 heads of cattle per facility. . A possible development of chicken broiler facility. . Sheep farming is also a possibility . The proposed construction of a low-water bridge and reservoir. . The upgrading and construction of an access road. . The proposed construction of a slurry dam. Project locality: On the farm KRYNAAWS LUST 275 near Vrede. South of the R34, just after the Tjunction of R543. Applicant: Estina (PTY)Ltd. Environmental Consultant: Rock Environmental Consulting (Pty)lt. PO Box 40541 Moreleta Park Pretoria 0044

Tel. 012°997°4742 Fax: 012°997°0415 E-mail:

rock.rowan@lantic.net Contact person : Mr Rowan van Tonder. In order to register as an interested and/or affected party or to obtain more information on the proposed development, please submit your name, contact details and interest in the matter within 30 days of the publication of this advertisement.

120: TOESTEMMING VIR

SELFSORGEENHEDE Kennis geskied hiermee dat Joubert Hay aansoek by die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit gaan doen vir spesiale toestemming om 'n gastehuis genaamd Bella Vista, op erfnommer 701, volledige straatadres: Hoek van V/d Merwestraat en Kerkstraat 710 geleë te Clarens (dorp) te bedryf. Enige persoon wat beswaar

19

teen die voorgestelde bedryf het, moet sodanige beswaar by die applikant en die munisipale bestuurder indien, binne 14 dae na die laaste verskyning van hierdie kennisgewing. Die Applikant: Joubert Hay Adres: straat: Roseburnweg 6, Victorypark 2195 Posadres: Ditto Telefoon: 083°2609°304

SCHROEDER MEADES DE BEER PROKUREURS / ATTORNEYS

122: BOEDEL WYLE EH SUMNER

KENNISGEWING VAN DEBITEURE EN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS. BOEDEL WYLE ERNEST HERBERT SUMNER. In die boedel van wyle ERNEST HERBERT SUMNER (persoonsnommer 680506°5051°084), in lewe ongetroud, wat oorlede is op 19 Februarie 2012 (boedelnommer 5511/2012). Krediteure en debiteure word hiermee versoek om hulle eise in te dien en hulle skulde te betaal binne 'n tydperk van 30 (DERTIG) dae gereken vanaf datum van verskyning van hierdie advertensie. SCHROEDER MEADES DE BEER ING Van der Merwestraat 39A Posbus 69 Bethlehem 9700 Verw: SUM7/0003/U10

122: LIKWIDASIE- EN

DISTRIBUSIEREKENING IN BESTORWE BOEDEL WAT TER INSAE LÊ: In die boedel van wyle Lucy van Wyk, boedelnommer: 16297/2010, identiteits-nommer: 200821°0037°082, adres: Huis Bergprag, Bethlehem 9700. Datum van afsterwe: 2010/11/22. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogenoemde boedel sal ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof, BLOEMFONTEIN en die Landdros , BETHLEHEM, ter insae lê vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 2013/01/17. NAAM EN ADRES VAN AGENT: A.M. ROSSOUW POSBUS 1345 BETHLEHEM 9700 TEL. 058°303°6418.


20

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

VEILINGS


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

21

Skenk naambord aan skool DIE Mediclinic Hoogland op Beth­ lehem het aan die einde van 2012 die Laerskool Jordania met ’n naambord geborg. Hier is van links Karien Collett, kliëntediensbe­ stuurder: Medicli­ nic Hoogland, Ger­ hard de Boer, ’n ou­ er van die skool en eienaar van Solo­ mons Mica, en An­ dré Smith, skool­ hoof.

Deel geskenke uit KERSVADER, beter bekend as Mauritz Ackermann van Bethlehem, deel hier geskenke aan kinders in ’n parkie in Môrelig op Beth­ lehem uit. Foto: Verskaf

Geniet Kersbederf in Huis Sorgvry DIE inwoners van die Huis Sorgvry, die tehuis op Reitz, is Kersfees deur die gemeenskap van Reitz bederf. Kersvader het selfs kom kuier en vir die bejaardes geskenke uitgedeel. Dit was duidelik dat Kersvader en geskenke selfs die ouer garde nog opgewonde kan maak. Die Huis Sorgvry se personeellede het koevertjies met ’n lys van artikels wat die bejaardes nodig het, opgemaak en dit aan die gemeenskap beskikbaar gestel. Inwo­ ners van Reitz het dan geskenkpakkies anoniem vir die tehuis se inwoners opgemaak, waarna dit aan hulle uitgedeel is. Foto: Johan Viljoen


22

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

ROSE CHALACKAL – sewe on­ derskeidings.

NOMSA SEMEKALE – vier onder­ skeidings.

JOHANET VAN TONDER – vyf onderskeidings.

MARTIN DE LANGE – agt onder­ skeidings.

SAKEEN MOOSA – vier onder­ skeidings.

DIE Hoërskool Ficksburg se 2012-matrikulante het weer die skool se hoë akademiese standaard met ’n slaagsyfer van 99% gestand gedoen. Op één na het ál 100 kandida-

te matriek geslaag. Die skool se leuse, Never ever give up, is inderdaad deur die klas vergestalt. Verskeie leerlinge het met hul uitslae verras.

Martin de Lange staan uit met agt skitterende onderskeidings wat ná ’n hernasien tot nege kan styg. Rose Chalackal volg kort op sy hakke met sewe.

Johanet van Tonder spog met vyf onderskeidings, terwyl Nomsa Semekale en Sakeena Moosa met vier onderskeidings elk spog. Altesaam 61 leelinge het met

matrikulasievrystelling geslaag, terwyl 31 ’n diplomakursus aan ’n tersiêre instansie kan gaan volg. Sien ook die skool se advertensie op bl. 23.

Skool handhaaf hoë standaard

DIE gr. 8­leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem het op Moolmanshoek in die Rosendal­omgewing gaan kampeer en word hier in die skool se ryke tradisies van meer as 100 jaar ingewy.

LEERLINGE VERBETER REKORDS. Dié leerlinge van die Laerskool Jordania op Bethlehem het rekords verbeter op hul kleure­atletiekbyeenkoms wat Donderdag op Goblepark gehou is. Van links is Jessica Nel (meisies o.12, 100 m en 150 m), Hendru Grobbelaar (seuns o.10, gewigstoot), Rozanne Smit (meisies o.10, gewigstoot) en Christelle Kotze (meisies o.10, hoogspring). Foto’s: Verskaf

AJ VAN WYK van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem het uit­ sonderlik as openingsbouler van die Vrystaatse o.17­krieketspan ge­ vaar. Die span het vier van sy ses wedstryde gewen en AJ is aangewys as die ekonomiesste bouler op die toernooi. Hy het nie net ekonomies geboul nie, maar ook ’n hele klomp paaltjies geneem. Sy boulsyfers teen die WP in die eerste wedstryd was ’n puik 5/27. Hy en Junior Smit is in die Vrystaatse o.19­span ingesluit. Hier is AJ van Wyk (links) en Junior Smit.

TWEE broers, SG (links) en Boela Delport van die Laerskool Jordania op Bethlehem, het albei goed gepresteer in gholf. SG het op 5 en 6 Januarie aan die Vrystaatse o.11­gholfliga op die Sandrivierbaan deelgeneem en met nege houe gewen. Boela het op 12 en 13 Januarie in Johannesburg aan die Brysten­o.9­ope deelgeneem. Hy het dié dag gewen en is nou die nommertwee­o.9­gholfspeler in Suid­Afrika.

DIE o.15­krieketspan van die Hoërskool Voortrekker het einde 2012 die Noord­Vrystaatse 50­beurtliga oortuigend gewen nadat hy in ses van die sewe wedstryde geseëvier het. Dié span, wat met vyf Oos­Vry­ staatse A­spanspelers en ses Oos­Vrystaatse B­spanspelers spog, het met goeie oorwinnings bo­aan die punteleer geëindig. Die spelers is van links, voor: Jonathan Allison, Willem Jacobs, Ruan Labuschagne, Steven Gremels en Phillip Visser ; agter: Bertus Kleynhans, Marco Labuschagne, Donovan Bouwer, Janco van Zyl, Jan­Carel Rossouw, Anton Muller en Michael Janse van Rensburg.


VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

Opgewonde oor skool

SO lyk die Laerskool Graanveld se gr. 1足oes vanjaar. Die kleingoed was baie opgewonde om hul skoolloopbaan van 12 jaar aan die Laerskool Graanveld te begin.

23


24

VRYSTAAT, DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

SA Open slalom race on Ash River FROM 24 to 26 January the South African Slalom Open will be taking place on the Ash River between Bethlehem and Clarens in the Eastern Free State. This event is a new race on the international calendar and is officially sanctioned as an International Canoe Federation ranking event. The event was conceptualized and funded by the Dihlabeng Municipality with the goal being to hold this event every year to eventually hold a World Cup and/or a World Championships in the area. The event will see competitors from a number of countries including South Africa, the Czech Republic, France and Swaziland taking part. While other large-scale events have been held in the area, including the 2012 Africa Championships and Olympic qualifier, this will be the first time an international race such as the Open will be held. Indeed this is the largest race of this nature ever held in Africa. The Ash River is the home to the Dihlabeng Canoe Club, a development initiative started on the edge of the Bohlokong township which has in its time produced two Olympians, Siboniso Cele and Lindelani Ngidi who both now coach at the club as well as work in the municipality. In addition to these two athletes, there are a number of other athletes who have competed internationally. This event is a fantastic opportunity for our paddlers to measure themselves against some of the world’s best.

SIBONISO CELE racing in Augs­ burg, Germany. Photo: supplied

DONOVAN WEWEGE training on the Ash River. Slalom racing sees competitors in both kayaks and canoes, racing individually down a section of white water through a series of gates in a pre-determined order, should a competitor

miss or touch a gate, a time penalty is incurred. The objective is to navigate the course in the right sequence in the fastest time possible. Racing is so close that laser

Photo: supplied

timing systems are used to get race times accurate to within three decimals of a second. Racing begins on the morning of the 25th with heats being held throughout the day. Only the top

competitors from the heats will be allowed to progress through to the semi’s and finals which are to be held on Saturday. South Africa has a number of medal potentials. In the C1 men’s category, both Siboniso and Lindelani will be racing with podium finishes as definite goals. In the women’s category Camilla Penefather will also have her eyes set on the top three positions. Meanwhile in the highly competitive K1 men’s category South Africa’s top contenders will be Donovan Wewege and Hendrik Sefojane, both young paddlers who have had fantastic careers thus far. In the final category, the C2 men’s, Siboniso and Lindelani have teamed up and will be a competitive boat to watch out for.

Vrystaat News 24-01-2013  

Vrystaat News 24-01-2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you