Vrystaat News 28-02-2013

Page 24

24

VRYSTAAT, DONDERDAG 28 FEBRUARIE 2013 gesing. Ek was nie juis uitgeknip vir sport nie.

Vertel van waar jy nou is, waar jy bly, wat jy doen en hoogtepunte.

Haar werk soos ’n

fantasie

ELBIE VAN EEDEN, oud-Bethlehemiet, is in Londen as haarstilis en grimeerkunstenaar uit die boonste rakke werksaam. Sy is saam met ’n fotograaf-vriendin by ’n grootse fantasie-fotografieprojek, Wonderland, betrokke. Dit is tot nou die grootste en mees gepubliseerde projek waaraan Elbie gewerk het met artikels en foto’s wêreldwyd soos in die Italiaanse Vogue, Chinese Harpers Bazaar en ander tydskrifte, webwerwe en blogs. Sy leef haar geheel en al in haar loopbaan uit – nie sonder sukses en baie werksgeluk nie. Susan Maré van Vrystaat het met haar gesels.

Waar gebore, skoolgegaan, gestudeer? Watter jaar matriek geskryf by Voortrekker? Ek is op Fouriesburg gebore, het op die plaas Zonderhout tussen Fouriesburg en Bethlehem grootgeword en aan die Laerskool Truida Kestell en die Hoërskool Voortrekker skoolgegaan. Ek het in 2002 gematrikuleer. My ouers is Job en Wena van Eeden van Bethlehem.

Wat was die verloop van jou loopbaan ná matriek?

Ek was nog altyd geïnteresseerd in ongewone hare en grimering vir die mode-bedryf. Ná skool het ek by Terenzo Hairdressing The School gaan swot en toe by Terenzo Hairdressing, een van die vyf topsalonne in Suid-Afrika, begin werk. Ná vyf jaar by die salon het ek Londen toe gegaan. Die plan was om net vir twee jaar te bly, maar ek is nou al ses jaar hier. Ná ’n jaar se werk by ’n salon het ek begin om photoshoots

saam met fotograwe te doen om my portefeulje op te bou. Ek het myself geleer hoe om ook grimering vir foto’s te doen en het nadat ek dit drie jaar deeltyds gedoen het, besluit om my passie heeltyds te doen. Ek doen deesdae hare en grimering vir foto’s, mode-vertonings, troues en sny en kleur hare van my huis af.

ELBIE VAN EEDEN is hier by ’n afbeelding van haarself as model in die Wonderland-reeks. in your life. Die woorde, en my ouers se liefde vir die lewe met al sy interessanthede, het my geweldig inspireer, en doen steeds. Ek het reeds in gr. 9 ’n “visie” gekry van my matriekafskeidrok – ek wou ’n rok van gietyster hê. Dit was voordat my ouers Ferro Art begin het en my ma het wel gesê sy het haar beperkings, maar sy het sowaar vir my ’n rok geskep wat soos gietyster gelyk het, maar wat van ’n swart plastieksak gemaak was. Ek het op skool kuns en drama as ekstra vakke geneem, musiek beoefen (klavier en tromme) en

Ek bly saam met Derek, my Kaapse man (wat ek in Londen ontmoet het) in ’n huis naby Sentraal-Londen. Ek is besig om ’n vierjaarprojek, Wonderland, te voltooi saam met ’n uitsonderlike fotograaf en vriendin, Kirsty Mitchell. (kyk gerus by http:// www.kirstymitchellphotography.com/gallery.php?album=5 na die hele projek, die storie daaragter en ook agter-die-skermsfoto’s). Die projek is die grootste en mees gepubliseerde projek waaraan ek tot dusver gewerk het, met foto’s in die Italiaanse Vogue, Chinese Harpers Bazaar, en ook ander tydskrifte, webtuistes en blogs wêreldwyd. Toe ons vier jaar gelede besluit het om die projek te begin ter nagedagtenis aan Kirsty se ma, het ons nooit besef hoeveel impak dit sou hê nie. Daar is sowat 60 foto’s in die reeks, met 10 wat nog geneem moet word. Amper alles wat ’n mens op die foto’s sien, is deur ons gemaak, van ’n reuse-eier van papier mâché tot vlinderbedekte hooftooisels. Dit voel sowaar soos ’n wonderland wanneer die foto’s geneem word. Nog ’n hoogtepunt is dat ek nou begin reis. Ek was onlangs in Parys vir ’n shoot, en gaan in Junie Italië toe om daar ’n troue te doen.

Wat is die kuns van grimering (vir die teater, dit wat jy doen)? Moet jy in die karakters kan klim wat jy help uitbeeld?

In die Wonderland-reeks veral, moet ek die karakter kan verstaan, hoe sy in die rol moet lyk, of sy “mooigemaak” moet word, of sy hartseer/dramaties/donker moet lyk. Dis regtig een van my gunsteling-aspekte van die werk, om ’n model so te kan verander en soveel emosie te kan oproep

deur ’n kleur op ’n spesifieke manier aan te wend. Dit help ook dat ek ’n baie goeie verhouding met die fotograaf het, ons besluit saam hoe die karakter moet lyk.

Geniet jy wat jy doen en hoekom?

Ek vrek oor wat ek doen en sal dit vir niks verruil nie. Of dit nou modelle is of ’n bruid op haar troudag, ek is mal daaroor om iemand goed te laat voel oor hulself.

Persoonlike belangstellings en uitlewing?

Ek is baie gelukkig om in ’n stad te bly met soveel ervaringe. ’n Perfekte dag vir my sal wees om saam met my man koffie te gaan drink, die stad te voet te gaan verken en dan na die Tate of National Portrait Gallery toe te gaan en na die ou meesters se werk te kyk. Ek het onlangs weer begin skets (met aanmoediging van my ma).

Gunsteling-musiek?

Amper alles, maar veral alternatiewe musiek en akoestiese musiek.

Wat laat Elbie tiek?

My familie, vir hul dryfkrag en deernis, selfs stroomop. Kleure. Teksture. Flieks (onlangse gunstelinge is Hugo en Moonrise Kingdom), mense wat passievol is en oorloop daarvan.

Jou raad aan jong mense wat ook droom om hulself uit te leef soos jy?

Oefen, oefen, oefen. Dit vat lank. Moenie wag om “ontdek” te word nie. Werk daaraan. Wees altyd bereid om mense te help, gebruik Facebook en Twitter om te netwerk. Die werk is glad nie so glansryk soos wat die media sê nie, wees gereed om soms in slegte omstandighede te werk (sneeu, reën, modder). Wees aanpasbaar.

Watter kunsuitlewing het jy as kind ervaar? Die Van Eedens is kunstig, hetsy met ysters of met grimeerkwassies. Hulle is musiekkenners. Vertel van jou matriekafskeidrok. Watter kunsinvloede het jou gevorm? Musiek geneem, gedans, geverf?

My ouers het ’n groot invloed in my liefde vir die kunste gehad. Hulle het my nog al die jare gemotiveer om te doen wat my hartsbegeerte was en nooit vir my voorgesê nie. My pa het nog altyd Confucius se aanhaling vir ons geleer: Choose a job you love, and you will never have to work a day

DIE fotograaf Kirsty Mitchell van Londen het haar Wonderlandfotografieprojek aan haar oorlede moeder opgedra. Fantasie is die onderliggende tema wat haar en Elbie van Eeden inspireer. Foto’s: Kirsty Mitchell

’n FANTASIE-KONINGIN laat seil ’n vloot van die mees delikate papierskepe in The Queens’s Armada.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.