Vista
14
Donderdag 27 November 2014
Skoolhoof van Henties tree ná 21 jaar af Daleen Badenhorst, adjunkhoof: Hentie Cilliers
ANDRÉ VORSTER
Foto: Verskaf
DIE skoolhoof van die Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia, André Vorster (60), tree ná 21 jaar diens aan dié skool af. Vorster het in sy loopbaan ’n groot bydrae op atletiek- en rugbygebied gelewer. As rugbyafrigter het hy geen bekendstelling nodig nie. Die eerste rugbyspanne, wat hy afgerig het, het in 1996, 2001, 2010, 2012 en 2013 die Noord-Vrystaatse liga gewen. Hy het ook in 1996 met sy eerste span die Vrystaatse Administrateursbeker gewen. Hy het ’n o.15-span in 2013 onder sy vlerk geneem en vanjaar met die span die Noord-Vrystaatse o.16-liga gewen. Rugby is vir hom ’n passie en dit word in sy aktiewe bydrae tot Griffons-rugby, waar hy ’n kernrol vertolk het, weerspieël. Hy was 19 jaar lank ’n keurder vir die Griffons-Cravenweekspan en hy was nege jaar lank die afrigter van die Cravenweekspan. Hy was drie jaar lank die sekretaris en daarna 12 jaar lank die voorsitter van Griffons-hoërskolerugby. Hy was ook van 2010 tot 2013 ’n keurder vir die Suid-Afri-
Die Hoërskool Hentie Cilliers en die gemeenskap bring hulde aan die nederige egpaar wat diep spore in menige hart getrap het en baie mense se lewe aangeraak het. kaanse skolerugbyspan. Vorster en sy vrou, Antoinette, verlaat Virginia om hulle in Bloemfontein te gaan vestig. Sy tydverdrywe is hengel en gholf speel en dit sal vir seker nou voorkeur kry. Hentie Cilliers en die gemeenskap bring hulde aan die egpaar wat in menige hart diep spore gelaat het en mense se lewe aangeraak het. Vorster het sy laerskoolonderrig in Wepener, Smithfield en Petrusburg ontvang en het sy matriekjaar aan die Hoërskool Jim Fouché voltooi waar hy ook
die hoofseun was en ’n speler in die eerste rugbyspan. Hy het ook in atletiek gepresteer en het ’n bronsmedalje in paalspring op die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskapsbyeenkoms ontvang. Hy het ’n BEd-graad in onderwysbestuur, asook ’n honneursgraad, aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) behaal. Sy onderwysloopbaan het in Bloemfontein aan die Hoërskool JBM Hertzog begin waar hy tot departementshoof bevorder is. In 1987 is hy as adjunkhoof van die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg aangestel. Drie jaar later het hy die skoolhoof van die Hoërskool Lindley geword. In daardie stadium was hy die jongste skoolhoof in die Vrystaat. In 1994 is hy as die skoolhoof van Hentie Cilliers aangestel. Hy en Antoinette is in 1976 getroud. Sy is die afgelope 20 jaar as sekretaresse aan die skool verbonde. Hulle het drie kinders wat almal hoof- of onderhoofleiers van Hentie Cilliers was en met talle onderskeidings in hul matriekeindeksamen gespog het. Hul oudste dogter, Karin, is ’n onkoloog, Lindie is ’n fisioterapeut en hul seun, Alex, is ’n rekenmeester. Almal bly in Bloemfontein.
ANDREW MONNANE, headmaster of the Harmony High School, has many dreams for the school.
Headmaster gives it his all Alet van der Walt
ANDREW MONNANE believes a healthy mind dwells in a healthy body and the Harmony High School proves him right every day. Monnane took over as acting headmaster of the school in 2008. In 2009 he was appointed permanently as the first black headmaster. From the start Monnane knew he would have to prove that he was as good as any of his predecessors. The Harmony High School has always been a good school and under the leadership of Monnane the school has kept its high standards while improving on its own record. Monnane dreamt of becoming a doctor, but once he worked as a teacher he never wanted to be anything else. He found his passion in teaching and after completing his studies at the Thaba Nchu College for Education he started his career at the Bahale Secondary School in Phomolong, Hennenman. He then moved to Dealesville, but in 2007 returned to the Goldfields to work as deputy headmaster at Harmony High. Although the school does well academically and is a nominee in the 2014 South African Sports Awards, Monnane dreams of taking Harmony High to the next level. The school has a matric pass rate of above 90%, but Monnane aims for 100% and believes it will soon become a reality. He achieved a distinction in Maths for his education diploma and loves to share his knowledge and passion for Maths and Science with learners. The Harmony High School and the Harmony Sports Academy work closely together to develop the sporting talent of young boys. Monnane says he wishes they can start to do the same for the girls who show sporting talent. He also wants to focus on the problems children face in gr. 9. This is generally considered a tough year, as children have to take a lot of subjects before they make a decision for the next grade. Besides teaching, Monnane loves farming and dreams of one day retiring on his farm near Thaba Nchu. He has a wife, Lydia, and two daughters, Tsheofatso and Motshidisi.