Vista XII
Donderdag 23 Junie 2016
Ballet tot moord: Vista was daar HIER volg ’n opsomming van hoofnuusgebeure uit die eerste dekade van Vista se bestaansjare: In 1973 waarsku Vista dat Welkom besig is om uit sy nate te bars. Woonerwe raak ál skaarser en R229 213 se erwe is binne drie maande verkoop. Piet Clase, later minister van onderwys, is hoof van die Hoërskool Gimnasium (vandag Welkom-Gimnasium). Welkom High School se koshuis word geopen. Die legendariese Anna Neethling-Pohl tree as Moeder Courage in dié toneelstuk in die Ernest Oppenheimer-teater op. Die danslegende, dame Margot Fonteyn, dans die tweede bedryf van Tsjaikowski se Swanemeer by die Ernest Oppenheimer-teater. Phyllis Spira is nog ’n bekende wat haar buiging in die teater in Herrie-hulle maak, ’n ballet wat vir Langenhoven-jaar geskep is. Ventersburg vier sy eeufees met ’n program wat vier dae lank duur en die Laerskool Nelsdrift kry ’n nuwe skoollied. Die bekende Niggie-moord wat in Januarie 1965 landwyd opslae gemaak het, maak ’n draai op Vista se voorblad. ’n Storie lê die Goudveld vol dat ’n bekende man, vroeër van Odendaalsrus, homself geskiet het maar dat hy glo eers ’n brief geskryf het waarin hy erken dat hy Petro Nel en Issie Fourie aangerand en vermoor het. Dié gerug is deur die polisie ontken. Vista kondig aan dat die koerant met byna 30% in die afgelope jaar gegroei het. Ongeveer 20 000 mense lees die 1 302 bladsye in 1974. In 1975 tref ’n vlaag selfmoorde
Welkom en Odendaalsrus en Vista verwoord die gemeenskap se kommer hieroor. ’n Groot petalje wat kop laat krap het, was vir ouers wat aan die anderkant van Jasonsweg in Riebeeckstad woon. Hulle is ontsteld omdat hul kinders oor die gevaarlike pad skool toe moet loop. Hul klagtes kry weinig simpatie van die direkteur van paaie. Hy meen ouers moes van beter geweet het as om daar te gaan bly. Op 30 Mei 1975 kondig Vista aan dat munisipale tariewe met ’n gemiddeld van R4,50 sal styg wat lei tot ’n ekstra inkomste van R204 668 vir die raad. In Mei 1975 is Dennis Emmenis as die bestuurder van die Ernest Oppenheimer-teater aangestel. Hy was sedert Oktober 1967 die beligtingstegnikus en is toe vir albei poste verantwoordelik. Hy ontwerp en bou ’n verligtingsbord waarop tien beligtingskerms vertoon kan word. Teaterkundiges van oor die land heen kom om dit te sien en Emmenis ontvang ’n Dalro vir sy werk. Die NG kerk Welkom-Noord wy sy nuwe kerkgebou in. Bill Odendaal word burgemeester van Welkom en Rais Vermaak word tot burgemeester van Odendaalsrus gekies. Die duikweg onderdeur Jasonsweg word voorgestel om die Riebeeckstad-leerlinge veilig by die skool te bring. Die Japie Smit-skool word geopen. Pornografie is ’n onding in 1977. ’n Skofbaas word aangekla weens die besit van onwelvoeglike fotografiese materiaal nadat uitgawes van die tydskrifte Playboy en Viva, asook ’n Play-
boy-kalender by hom gevind is. Dis algemene verkiesingsjaar en Piet Clase, sedert 1974 Volksraadslid vir Virginia, word herkies. Giel de Wet is herkies as Volksraadslid vir Welkom. Die Joekies-skaatsbaan open sy deure in November. Die St. Helena/Naudeville-“reeksmoordenaar” vergiftig nege honde. Die Welkom-Gimnasium en die Laerskool Dagbreek vier hul 25ste bestaansjaar. Die Welkom High School en die Welkom-skou vier hul mondigwording in dié jaar. Die Wet op BTW van 1978 maak voorsiening vir 4%-algemene verkoopbelasting. Die jong Welkomiet, Robert Wilson, wat drie jaar ’n gyselaar in Angola was, kom tuis. Hy is as 18-jarige gyselaar geneem en is vrygelaat in terme van ’n uitruilooreenkoms tussen Angola en Suid-Afrika . Oom Sakkie Cronjé word Welkom se eerste ereburger. Waterbeperkings is groot nuus. Erwe met ongelyke nommers mag Maandae, Woensdae, Vrydae en Sondae tuinslange en sproeiers gebruik en dié met gelyke nommers Dinsdae, Donderdae, Saterdae en Sondae. In 1979 kry die Laerskool Harmony sy hoërskoolstatus, wat beteken dat die eerste st. 6-leerlinge (gr. 8) toegelaat kon word. Chris Botha en Dienie Vorster sterf in Februarie in ’n skietdrama in die Homes Trust-gebou. ’n Jong man wat in die Goudveld grootgeword het, kry dubbele doodstraf vir drie aanklagte van gewapende roof. In 1980 word Dougie Scheepers se appél teen die doodstraf van
OP 27 November 1981 sien die dikste Vista nóg die lig: ‘n hele 192 bladsye. Dit sluit nie bylaes in nie. Die verkoopspan maak skouers oop van vroegdag tot laatnag. Die span by die drukkery in Kroonstad (waar Vista in daardie jare uitgelê en gedruk is) het die Dinsdag om 03:00 begin werk en is eers die Donderdag om 20:00 huis toe. Elke woord is op ‘n Linotypemasjien geset. die hand gewys en sy skuldigbevinding en vonnis is bekragtig. Honderde mense landwyd teken ’n petisie en sy ma, Hannetjie Scheepers, sê hartroerend sy is bereid om in haar seun se plek aan die galg te sterf. Ná jare lange geldinsamelings
kan Vista op 11 April 1979 aankondig dat Welkom ’n dagsentrum vir gestremdes teen R2 miljoen gaan kry. Dit is die uiteinde van ’n fonds wat twee jaar tevore deur Vista begin is, onder die beskermheer Bill Odendaal, destydse burgemeester.
1986
COME TEST DRIVE THE NEW
2016
Starting from
Oranje Toyota Welkom - 057 916 8300
283 Koppie Alleen Road
R385 800
072 837 6089 Kerneels Van Antwerpen Amanda du Plessis 083 284 6856 Meriam Litlhakanyane (Keke) 072 594 1301
LEAD THE WAY X1RJBRED-VI230616