12
Vaalweekblad, 17 Julie 19 Julie 2013
Vermaak
Waar’s daai drie oppie stoep nou? In Babalas, ‘n splinternuwe Afrikaanse rolprentkomedie, maak drie geliefde karakters weer hulle verskyning. Die drie is niemand anders nie as Boet, Swaer en Moegae, die manne wat ’n dekade of twee gelede in die Castrol GTX, “Can of the Best”-advertensieveldtog te sien was. Dieselfde karakters was ook betrokke in ’n kort reeks wat in 2003 vir M-Net met die titel Kalahari Oasis vervaardig is. Nou keer die oorspronklike karakters terug in ’n onvergeetlike avontuur in die rolprent Babalas wat op 2 Augustus 2013 in alle Ster Kinekor-teaters landwyd begin draai. Die verhaal: Mia Moolman werk vir ’n Sandtonse funksie-koördineringsmaatskappy, Outrage Events. Die Departement van Handel & Nywerheid het haar maatskappy opdrag gegee om ’n groot Gala-geleentheid by Emperor’s Palace te reël waar die mees suksesvolle advertensieveldtogte in die geskiedenis van Suid-Afrika vereer sal word. Haar baas, Theodore (Wynand van Vollenstee), het die kreatiewe span by Outrage Events opdrag gegee om hulle idees aan hom voor te lê vir die groot aand. As beloning vir die beste idee wag daar ’n stewige verhoging en ’n hoër posvlak. Mia (Tammy-Anne Fortuin) is ’n pragtige sexy meisie wat totaal gefokus is op haar loopbaan. Haar voorlegging bestaan uit die oorspronklike Castrol-advertensies wat die hele land destyds aan die lag gehad het. Sy probeer haar uiterste bes om haar baas te oortuig dat Boet, Swaer en Moegae deel moet wees van die groot aand maar Theodore (Wynand van
Vollenstee) is glad nie oortuig dat dit die regte ding sal wees nie. Hy is bang dat hierdie ouens van die Kalahari sy hele vertoning kan verwoes. Hy verduidelik aan Mia dat hierdie ouens nie akteurs is nie, maar gewone mense wat
in die Kalahari woon. Hy weet nie eers of hulle nog lewe nie en hoe om hulle op te spoor nie. Theodore is egter heimlik verlief op Mia en besluit teen sy beterwete om haar ’n kans te gee om die drie helde op te spoor.
Mia vertrek na die Kalahari en sy is totaal oorstelp toe sy die drie karakters op die Kalahari Oasis se stoep aantref waar hulle steeds sit en kuier. Om die res van dié opwindende verhaal te hoor, sal jy Babalas self moet gaan kyk! Die hoofrolle word vertolk deur Ian Roberts (Boet), Norman Anstey (Swaer), Zander Tyler (Jack Parow) as Neef, Hannes Muller (Koeglenberg Broers), Tammy-Anne Fortuin (Mia) en Wynand van Vollenstee (Theodore). Kamee-rolle word vertolk deur Neels van Jaarsveld (as sy Klipdrift-karakter) en Michael de Pinna (as sy Vodacom-karakter). * Die rolprentpremière vind hierdie week in die Kaap en by Emperor’s Palace in Johannesburg plaas en op 2 Augustus begin dit amptelik by Ster Kinekorteaters draai. Hou Vaalweekblad dop vir gratis fliekkaartjies nader aan die datum wat dit in die Vaaldriehoek begin wys.
NG Welsyn sê dankie Wen treffer-klankbaan van Laaste Tango
NG Welsyn Vanderbijl park bedank graag elk een uit die gemeenskap vir hul bydrae tot die af gelope Winterhooppro jek. Verskeie gesinne is voorsien van voedsel en klere. Groot dank aan die Gemeenskaps kas vir die skenk van sweetpakke aan kin ders op die gevallela ding. Seënwense aan elke donateur van NG Welsyn Vanderbijlpark.
You can be Miss or Mr Vaal! VANDERBIJLPARK. - Models Unlimited presents the very popular Miss Vaal, Mr Vaal and a category in the Petite Class. The first heat is at the Bedworthpark Center on Saturday July 20, River Square Center on Saturday July 27 and Vaal Mall on Saturday August 3. The registration is at 9:30 and entrance fee is R50. Dress
code is smart casual for Miss and Mr Vaal and casual in the Petite-category. Pre-entries can be done at Models Unlimited in Piet Retief Boulevard. No late entries will be allowed. Phone (016) 982 -1364 for more information. * See www.vaalweekblad.com for an update and photos.
SHOWTIMES FRI 19 JULY - THU 25 JULY SHOWS, PRICES & TIMES SUBJECT TO CHANGE. (*) NO COMPLIMENTARY TICKETS FOR NEW RELEASES FOR ONE WEEK FROM RELEASE DATE.
NOW SHOWING AT STER-KINEKOR THEATRES
RIVERSQUARE WORLD WAR Z - 3D ¸ ˛ Ç
Fri, Sat: 9:15, 11:45, 14:30, 17:15, 19:45, 22:30 Sun: 9:15, 11:45, 14:30, 17:15, 19:45 Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:45, 14:30, 17:15, 19:45 Tue: 9:15, 11:45, 14:30, 17:15, 19:45, 22:30
——————————————————————————————————
THE INTERNSHIP
¸˛Ç
——————————————————————————————————
˛Ç
Fri, Sat: 9:15, 11:30, 14:45, 17:00, 19:30, 22:00 Sun: 9:15, 11:30, 14:45, 17:00, 19:30 Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:30, 14:45, 17:00, 19:30 Tue: 9:15, 11:30, 14:45, 17:00, 19:30, 22:00
——————————————————————————————————
THE LONE RANGER
˛Ç
Daily: 11:00, 14:15, 17:25, 20:30
——————————————————————————————————
DESPICABLE ME 2
˛Ç ß
Fri: 15:15, 17:45, 20:00, 22:15 Sat,Tue: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:00, 22:15 Sun: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:00 Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:00 MORE WAYS TO BOOK
Follow us
TicketLine
082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.
sterkinekor.com
/sterkinekortheatres
APP
@sktheatres
Karien de Waal, ‘n talentvolle jong musiekskrywer wat in Boston, Amerika, in filmmusiek studeer het. Karien het die Spaanse siel van die klankbaan versterk met briljante tango’s wat sy self gekomponeer het. Die meesterlike hand van Classique Strings, die kitaarmeester Nick Carter en die internasionaal erkende dirigent, Graham Lea Cox, kan ook in die klankbaanmusiek gehoor word Die Laaste Tango se klankbaan word onder die Gallo Music-etiket vrygestel en is by alle groot musiekwinkels beskikbaar. * Drie gelukkige lesers gaan elk die CD wen. Stuur ‘n sms na 45527 en begin die sms met GEO. Tik dan die komponis van die draaiboek se van in, sowel as jou eie naam en van. SMS’e kos R1-50 elk en jy kan soveel instuur as wat jy wil. Die wedstryd sluit Vrydag 10:00.
Ry saam met CD-wenners Jeugland
Fri, Sat: 9:25, 12:00, 15:00, 17:35, 20:15, 22:50 Sun: 9:25, 12:00, 15:00, 17:35, 20:15 Mon,Wed,Thu: 9:25, 12:00, 15:00, 17:35, 20:15 Tue: 9:25, 12:00, 15:00, 17:35, 20:15, 22:50
THE BIG WEDDING
‘n Treffer-rolprent verdien ‘n treffer-klankbaan. En met Deon Meyer se Die Laaste Tango is dit beslis die geval. Dit is waarskynlik een van die interessantste musiekklankbane waarmee enige Afrikaanse rolprent nog ooit kon spog. As jy hou van romantiese Spaanse kitare en kastanjette, afgewissel met lieflike sang en misterieuse, meer dramatiese nommers, is dié CD gemaak vir jou. Van die grootste name in Afrikaanse musiek het bydraes gelewer en die uitstekende oorspronklike klankbaan is deur Geo Hoehn gekomponeer. Die fliek is pas bekendgestel en dié wat so gelukkig was om dit al te sien, sal weet die spanningsriller handel oor ‘n oorwerkte speurder wat op die spoor van ‘n reeksmoordenaar is. Hy raak verlief op ‘n pragtige vrou wat sterwend is aan kanker. Haar laaste wens is om vir oulaas ‘n tango te dans. En dan daag die moordenaar in hul dorpie op... ‘n Liedjie wat beslis harte gaan raak, is Kom Ons Dans. Die lirieke is deur Lize Beekman geskryf en die musiek is deur die violis, wyle Annake de Villiers, gekomponeer. Beekman, wat ook die liedjie sing, het die musiek ná De Villiers se dood ontdek en die sielvolle lirieke daarvoor spesiaal vir die rolprent geskryf. Anton Goosen, Afrikaanse musiek se Liedjieboer, het die titelsnit geskryf ná hy deur Meyer gevra is om ‘n liedjie vir die klankbaan te lewer. Die sopraan Zanne Stapelberg en die pianis Kathleen Tagg is te hoor op die snit Nana, ‘n lied so sensueel soos die tango self. Met liedjies soos Vir Ewig, Die Spaanse Tango, Waaksaam en Tango, Tango het Geo Hoehn gesorg vir die sielvolle instrumentele bydraes tot die klankbaan. Die klankbaan bevat dramatiese musiek vir die aksietonele en verskeie temas wat deur Geo as doeltreffend, uniek en mooi beskryf word. Die skrywer, Meyer, het Geo voorgestel aan
Want GREAT rewards? Join SK CLUB today
VANDERBIJLPARK. - Die Jeugland-tehuis vir senior burgers reël ‘n daguitstappie vir 1 Augustus na Bryanston se organiese mark. Op 7 Augustus kom die Oriental Plaza aan die beurt. Belangstellendes wat die uitstappies wil meemaak, kan Kevin of Mia by (016) 931-2251 of 073 513 5566 skakel vir meer besonderhede.
Hennie Terblanche en Coenraad Rossouw wen Altus Theart se nuwe CD, Hannes Locke en Sonja Conradie wen die CD Joshua na die Reën, Morné Kok en Nicolette van Vuuren wen Mwah! se CD Waarvoor wag jy? en Ellen Dreyer en Renier van Schalkwyk wen Zurilda se CD Val vir my. Baie geluk aan al ons wenners! Skakel Retha of Sharon by (016) 950-7000 om u CD’s op te eis.