Menings * Klipdraai camping. Great stuff! * Is daar nie iemand wat graag ’n Yorkie-hondjie wil weggee vir ‘n goeie huis? Groot asb, skakel 0721476106. Dankie. * Aan die laerskool met die rooi drag se seun wat die middelvinger vir ’n bejaarde in wit kar by robotkruising van Christiaan de Wet en Louis Trichard blvd gewys het. Sies vir jou, en jy smeer jou skool se naam ook swart. Ek het julle kar se nommer. Philip. * Buurvrou in Drie Riviere, wil jy nie asb jou agtererf skoonmaak nie? Die lot gemors en kakiebos langs my afdak lok rotte. Jy het tuindienste, gebruik hulle. * Hello. Ons wil net vir Valma en Johan Liebenberg bedank. Hulle help vir skoonpa Willie en skoonma Roos geweldig baie. God sal julle seën. Dit word opreg waardeer. Groete. Frik en Yvonne Nieuwenhuis. * LIFT CLUB: We are looking for someone reliable with a vehicle to join our lift club from Vanderbijlpark to Sunninghill - W/Hrs 6:4515:30. Cell: 0833753812 or njacobs.jacobs@ gmail.com. * Vorige sms verwys: In die ou bedeling was die munisipale ordonansie dat geen haan voor 5 vm mag kraai in woonbuurte nie anders word hy geslag. John. (In die nuwe bedeling mag jy jou bees gelukkig enige tyd van die dag slag, maak nie saak of die haan al gekraai het nie. Redakteur). * Laat straat en dorpsname maar verander, want die ou name pas nie by die huidige ashope nie. John. * Kan Eskom die kragverhoging ligter maak vir ons ou mense? Baie van ons kry nie veel geld nie. Pensioenaris. * Vullis-vragmotors hou van Metsimaholo, hou wedrenkompetisies in Vaalpark teen 80100km/h en geen gesag vir padreëls of motoriste nie. Vaalpark-inwoner. * Ek het ‘n loopkierie vir iemand wat sukkel om te loop en ook ‘n rolstoel vir iemand wat dit nodig het - 0722229163. * Dagsê oom Danie, lekker lees, en tannie Lottie moet smile as foto’s geneem word en nie praat nie. Groete, Christiaan Basson. * Wat gaan aan met Checkers Arconpark? Baie artikels het geen rakprys nie of dit het ‘n rakprys en as jy by die teller kom kos dit ‘n hele paar rand meer. Carin. * Mense wat so graag wys hoe kommunisme misluk het, swyg soos die graf oor China! Dis mos ‘n kommunistiese land en nogal ‘n sukses? (Miskien waar ja, maar hulle is ‘n nasie wat verskil van die meeste ander. Hulle hou van wérk. Redakteur). * Benodig enige donasie of skenking, my seun kort nog R600 vir ‘n skoolkamp Oktobermaand en dit moet September betaal wees asb. 0846200468. * My naam is Jaco van Vereeniging, dit is my droom om te hardloop en graag in wedlope deel te neem. Ek het al in paar deelgeneem maar kon dit nie verder geneem het nie weens my finansies, my beplaning is om volgende jaar die Comrades en Two Oceans te gaan hardloop as daar enige iemand is wat my dalk kan help om verder te kom of my kan borg of my kan help met sportklere of tekkies. Dankie, kan my kontak by 0748613680. Groete, Jaco. * Jong man dringend op soek na buitekamer in Peachaven of onmiddelike omgewing om te huur. Onlangs begin werk en salaris nog maar klein. Kan tussen R500 en R600 per maand bekostig. Kontak Wayne by 079 986 4576 of 082 578 0537. * Ek wil net opreg DANKIE sê aan almal wat ons so welkom laat voel in Louisrus, om as gesin na 42 jaar van Durban af te trek hier na die plotte toe was ‘n groot stap. Oom Willie, sy wonderlike familie soveel name, Baie dankie! Die De Koker-gesin en almal tot by die winkel, DANKIE vir julle liefdevolle hulp. God seën julle groot! Van die Terblanche-gesin xxx * Kry deesdae ‘n advertensie van ene prof. M.H. Medi saam met my Vaalweekblad. Soek nie sulke gemors in my huis nie. Moet dus nou maar Vaalweekblad los. Ex-leser. * My dogter hou skool in die Vaaldriehoek, haar hoof is onbeskof en behandel sy personeel met die grootste minagting! Hy sê vir hulle goed soos hulle is breindood en slapgat onderwysers! Hoe verwag hy enigsins respek? En dan
wonder hy hoekom die onnies nie daar hou nie? Ek wens iemand kan iets doen! Hoe bly die personeel positief met so ‘n hoof? * Ek is op soek na iemand wat my seun met wiskunde kan help teen vergoeding, hy is in graad nege en sukkel regtig baie. As jy kan help skakel asseblief vir Elmari by 0728735724. * Ek wil aan bemoeisieke mense wat behae daarin vind om my vriende te terroriseer met oproepe sê, is julle jaloers? My vriende kom van baie jare as kollegas, maar julle noem julle Christene, daarom is ek jare nie ‘n Christen nie, maar ‘n Gelowige. Gatvol. * Went to the Vereeniging SPCA first time in years. What a wonderfull surprise. Staff great. Kennels look like a lovely dream. Congratulations to all. Fran * Aan my lang maer seun wat my net ken as hy wil GELD hê. Hoop die nagmerries ry jou. As jy geld het, ken jy my nie, hoop jou gewete pla jou, as jy ooit 1 het? Van ma. * Soek ‘n saamrygeleentheid van KemptonPark na V.B.P, Sasol of Vaalpark net Vrydae asb. sal petrol betaal. Fanie - Vaalpark 0849209537. * DANKIE EMFULENI, ek sien daar’s weer wit lyne op die pad tussen Vdb en Sasol. Kan julle miskien nou julle mense vir ‘n kursus stuur hoe om die stippellyne reguit te verf? Hulle is almal skeef en dit lyk BAIE onprofessioneel! * Vorige SMS oor uitvallende hare verwys: VIGRO Bio shampoo Bio tonick asook Bio Capsules by verskillende supermarkte en apteke te vcr-25 koop, ook by Clicks.
Vaalweekblad, 1 - 3 Augustus 2012
Só SMS ons lesers Afrikaans campers did not camp that day. * I have a life. Never said they would stop changing names. Get spectacles or take lessons in reading. * Martie Martelgat! Hoop jy geniet die soetsappige skindersensasie. Jy knyp die kat maar lekker in die donker. Jy maak verniet of jy ‘n engel is. * Aan die puntdiensbeamptes by Golden Gooseafrit in die middae - doen asb julle werk! Die motors dam op tot amper op die snelweg terwyl julle staan en gesels! * Pappa, vir 24 jaar het Mamma jul geheim bewaar. Sy’t my en jou nou vertel. Sy’t jou ‘n kans gegee tot ‘n suksesvolle huwelik. Sy het my alleen grootgemaak. Haar bevalling als. Sy was getroud, die man het haar gemartel. Sy’t jou en jou gesin steeds beskerm. Jy’t haar gevra hoekom het sy jou nie gesê... Pappa, nou is jy welaf en draai steeds jou rug. Ek weet waar jy bly, werk en gym. En jy ry elke oggend met jou bike verby my. Mamma het haar loopbaan opgeoffer. Soos ek, het sy jou lief. * Ek soek na ‘n lewensmaat in my lewe, het baie liefde om te gee, is geskei en soek iemand wat alleen is en geskei is en in Gauteng bly, verkies ‘n boer as dit kan, ouderdom van 40 tot 50,
* Gevaar vir skoolkinders, voetgangers, fietsryers en motoriste in Vaalpark is die Potholes in Prinsberg en Gamsbergstraat wat munisipaliteit versuim om te herstel. Menige klagtes en oproepe na Maria en Pad Herstel-afdeling val net op dowe ore! Bekommerde Inwoner. * Rust-ter-Vaal is een klein intieme dorpie, maar tog skeur hartelose huwelik-opbrekers (jong meisies) huwelike op en die gemeenskap lag en verneder die wettige vrou. Wat sê dit van ons dorpie? Sies, ek skaam my. Oud-leraar van RTV. * WOW!! Kan die dame by die manshaarkapper ASB haar foto in onderklere vir my ook stuur? Dalk kry jy ‘n kliënt by! (Die leser het gelukkig vergeet om sy nommer te verskaf, nou kan hy uit die versoeking uit bly. Redakteur). * Hi. Soek koekpanne, kolwyntjie panne en bakplate wat u nie meer gebruik nie. Rina 0826531885. * Ek is op soek na ‘n radio/platespeler in werkende toestand om te koop. Kontakno 0836095861. * Hannes antwoord my, jy maak my mal, als is wakker in my - net jy kort. Maak plan asb, jou bewonderaar C. * To Unhappy campers: Let your kids and friends camp in your yard. They can be lucky the real
* Hi ek is baie dringend op soek na Michelle en Sue-Ann Barnard. Hulle albei is getroud en ek weet nie wat is hulle nuwe vanne nie. As enige iemand hulle dalk ken en vir my kontaknommers van hulle kan gee, sal ek dit baie waardeer of hulle kan my asb baie dringend kontak by 0826441368 of 0799737975. Baie Dankie. * Ek sê baie baie dankie aan die mense wat vir my tekkies vir my seuns gebring het. Ek waardeer dit opreg. Ek vra net of iemand nie asseblief vir my sal kos skenk nie, ek is ‘n weduwee wat sukkel om kop bo water te hou. Sal hulp baie waardeer. 0713945946. * ASSEBLIEF iemand wat ‘n mamma en seuntjies saamrygeleentheid kan gee soggens tussen 5.30 en 6.00 vanaf Friendly Grocer in Helena Lochner tot Turbo motors Langenhovenst. Weens ‘n operasie kan ek haar nie meer help nie - baie dankie - 0724712076. * Die man wat sê hy en sy vrou het so baie probleme gehad, toe vind hy ‘n speeldingetjie uit en nou is julle 2 so gelukkig, ek is vrek nuuskierig dat ek my lewe ook kan opkikker met my ou stoepplant - 0840675913.
* Gryskop-omie wat pannekoek verkoop langs 3 Riviere Vleismark, kan u asb handskoene aantrek as u die pannekoek oprol? Dit is onhigiënies om met geld te werk en dan die pannekoek op te rol. Dankie! Ondersteuner. * Vorige sms verwys: Julle sê jul mans praat nie met julle nie; my man praat VAN my - skinder - by almal en alles wat wil hoor!!
* Kon die munisipaliteit ons nie al lankal in kennis gestel het van die nuwe manier waarop die meters gelees word nie? Indien jy nie beskikbaar is nie word jou huis afgeneem deur hierdie vreemde persoon. Sonlandpark-inwoner.
* Aan almal wat so agter my rug konkel. Onthou net leuentjies kry stertjies! Die waarheid kom altyd uit!! Kry skaam. As die baadjie pas, trek hom aan!!
* Op soek na 2 wyfie kanaries, sal betaal as dit nie te duur is nie. Meyerton-omgewing asb. 0731827375.
* Dag! Is daar enige iemand wat video-bande het om weg te maak, asb! Sal koop as dit nog goed is! Dankie! Sel. 0769051684
* As daar enige iemand is wat ou Christelike boeke en Bybels en ander boeke en ou “tapes” en ‘n ou laptop computer het, kontak my by 0839545002.
* Wil net sê aan die mense of kamtige Michelle wat Loud for Jesus sleg sê, jy kan maar harder probeer want nie een van ons drink nie, hahahaha, maar ons weet wie jy is, los jou mamma volgende keer by die huis en kom face to face na ons toe.
15
* Het jy ‘n nuwe huiswerker wat van Meyerton se kant af kom met die naam Linah? Bel my, ek wil graag met jou oor haar praat. 081 489 6235. * Ek wil net graag die personeel wat 17 Julie aan diens was in saal 1 van Midvaal-hospitaal bedank vir hulle puik diens. Andries Olivier. 27834993833. * Aan Oom P.G, baie dankie vir alles! Mag die Here oom net vorentoe seën! * Jammer om te pla, is hierdie die plek om in te skryf om die paintball gun te wen? (Hi boeta ja, maar die “gun” is reeds die naweek by Paintball Bunnies aan die wenner gegee. Dalk was dit toe jy? Redakteur). nie kansvatters, het baie seergekry, nie swaar drinkers nie. (Ongelukkig het die dame nie haar selnommer verskaf nie. Sy is welkom om weer haar boodskap te stuur. Redakteur). * Aan die persoon wat ‘n antieke hangkas soek. Ek het een, 56 jaar oud, baie goeie bruikbare toestand... was ‘n borskas, nou ‘n hangkas. * Kan iemand asb. die ^&%^&$ motoris wat ‘n wit Ford-wa (DXM608FS) ry, leer van toegee by ‘n sirkel? (Sat. 21 Jul @ 19:00). * Asb mense, sms vir ons waarskuwings van “bad” huurders en loseerders wat ons te maklik jammer kry en dan bedrieg hul jou so en voor jy jou kry betaal jy en hul lewe lekker. Wat van ‘n sms-kolom waar ons gewaarsku word? (Ongelukkig nie. Probeer volgende keer verwysings kry voordat julle kontrak teken. Redakteur). * Ek soek dringend parkering vir my voertuig van na 7 soggens tot kwart oor 4 in die middag in Vereeniging - loopafstand van die Hof af. Ek verkies ‘n toesluitmotorhuis of afdak asb. Sal betaal daarvoor. Sien nie kans om voertuig in straat te los nie. Baie danki - Suzette, 0837137183. * Hi. Wil net weet hoe kan Eskom die krag aansit sonder die reconnection fee nadat hulself dit afgesit het? Huurders het dit gereël en die krag is op ons naam, die eienaars van die eiendom. Krag is nog steeds aan en die bedrag raak al hoe groter en ons sal dit op einde van dag self moet betaal. Ons woon in Arcon Heights, ons kan nie trek nie want ons het gekoop, maar ons is nou al so moeg vir koue water!! As ons nie 5uur in die oggende en in die middae bad of stort nie is die water yskoud. Het net gewonder of dit dieselfde sou gewees het as die eienaar van die gebou en sy gesin hier gewoon het?
* Ek het 2 pragtige matriek afskeidrokke te koop, grootte: 32-34 skakel my indien jy belangstel. 0824439205 * The council fixed the street light cables in J van Melle Str, close to hostel, but now everything is pitch dark and dangerous. Plz fix it before crime happens! * Kan jul asb die sms plaas! Het ‘n plaatjie bo in my mond, maar al my tande is so sleg, sal valstande moet kry. Die staat kan nie help nie, want ek is nie ‘n pensioenaris nie. Ek’s 28jr. Groot, groot asb kan iemand my help? Sal dit opreg wardeer. Ek soek geen geld, net hulp asb! 0716174813. * Dag almal. Ek doen ‘n beroep op almal. Ek het my R500 wat opgerol was in Meyerton veloor. Dis my kosgeld asb. As jy dit opgetel het, bel my asb. Ek’t 2 klein kidz. 07809187410. * Annette, bel my asb oor stofsuierparte, het jou nommer verloor. Wilna. * Ek is op soek na dame wat by my wil kom bly, moet tussen 60 en 65 jaar wees, nie-rokers en selfonderhoudend wees, kontaknommer 0721250330. * My poedelhondjie is weg. As iemand haar opgetel het, ek soek haar terug asb. Sy is wit met sjampanje-flekkies op. Arconpark omgewing. Kontak my asb 0792553404. Is jy op soek na gewone vriendskap of ‘n spesiale persoon in jou lewe? SMS jou besonderhede na 45534, en ons plaas dit op ons webwerf en mobi. Gaan loer gerus op ons webwerf en smee nuwe vriendskapsbande. Hoe doen jy dit? Gaan na ons webwerf www.vaalweekblad.com, kliek op “Features” en dan op “Find a friend”.