Universiteit van Pretoria
27
Algemene dienste Begaafde studente, ongeag hul formele opleiding, kry die geleentheid om aan musiekuitvoerings deel te neem deur middel van ensembles en kore soos Tuks Camerata, die UP Ovuwa Kulturele Ensemble, die UP Simfoniese Blaasensemble en die Universiteit van Pretoria Simfonieorkes (UPSO). Die Onderstepoortgemeenskapskoor (OPCC), die UP Jeugkoor (UPYC), die UP Jakaranda Kinderkoor (JCC) en die UP Blaasorkes vorm ook deel van UP Kunste. Kontakinligting Tel +27 (0)12 420 5450 Faks +27 (0)12 420 4918 E-pos motlatsi.matlakala@up.ac.za
10.6 Regshulp Dienste wat die Universiteit van Pretoria se Regskliniek lewer ’n Verskeidenheid dienste word deur prokureurs, kandidaatprokureurs en studente gelewer. Hierdie dienste is egter slegs beskikbaar aan diegene wat ingevolge ’n middeletoets kwalifiseer. Slegs persone wat minder as R7 000 bruto per maand verdien en wie se vaste bates nie R350 000 in die geval van roerende en/of vaste bates oorskry nie, kwalifiseer vir regshulp. Die verskaffing van die dienste stel broodnodige regshulp beskikbaar aan behoeftiges wat bykans geen kans het om hierdie dienste van privaat praktisyns te bekom nie. Die Regskliniek: ■ voer
geen konsultasies telefonies of per e-pos nie; ’n afspraak moet by die Regskliniek se kantore gemaak word; en geen fooie vir professionele dienste wat aan kliënte gelewer word nie; die kliënt is slegs aanspreeklik vir uitgawes soos baljukoste.
■ hef
Kontakinligting Tel +27 (0)12 420 4155 Faks +27 (0)12 362 6216 E-pos aniki.grobbelaar@up.ac.za Ligging Universiteit van Pretoria Regskliniek Southstraat 1107 Hatfield Kantoorure
Maandae tot Vrydae: 08:00–16:00 (kantoor is gesluit tussen 13:00 en 14:00) Saterdae: Gesluit
10.7 Biblioteekdienste Die Departement Biblioteekdienste huisves ’n moderne akademiese navorsingsbiblioteek-netwerk van wêreldgehalte wat oor die ses kampusse van die Universiteit versprei is. Hierdie diens ondersteun die Universiteit van Pretoria se fakulteite deur middel van pasgemaakte dienste vir voor- en nagraadse studente, personeel, alumni en besoekende akademici. Alle dienste is so ontwerp dat dit ’n poort tot wêreldwye inligting skep, asook leer, onderrig en navorsing ondersteun deur interaksie met professionele personeel. Belangrike inisiatiewe behels onder meer ’n e-diens (aanlyn), toegang tot ’n wye verskeidenheid gedrukte en elektroniese versamelings, die Leersentrum by die Merensky 2-biblioteek en aanlynondersteuning met werksopdragte aan voorgraadse studente, ’n aanlynverwysingsdiens (Ask-a-Librarian: www.library.up.ac.za/askalibrarian/index.htm), draadlose internettoegangsgebiede (“wireless hot spots”), soekenjins wat toegang tot elektroniese vaktydskrifte, boeke en databasisse verleen, elektroniese proefskrifte en verhandelings, ’n institusionele digitale bewaarplek, ’n verskeidenheid oudiovisuele materiaal, toegewysde geriewe vir liggaamlik-gestremdes en nagraadse studente en geriewe vir interbiblioteeklenings by nasionale en internasionale versamelings. Die WoekerRuimte is ’n nuwe inisiatief van die biblioteek wat kreatiwiteit en innovasie aanmoedig deur hulpbronne en dienste soos 3D-drukwerk, 3D-skandering, elektroniese toerusting en verskeie ander sagtewarepakkette beskikbaar stel om studente se idees te verwesenlik. Stuur ʼn e-pos aan makerspace@tuks.co.za vir meer inligting. Al hierdie dienste dra aktief by tot ’n leeromgewing van wêreldgehalte. Selfdiensdrukkers is by die Merensky 2-biblioteek beskikbaar, sowel as by sommige fakulteitsbiblioteke. Om afdrukke te maak, deponeer geld in jou student fotostaatrekening by die Kopiëringsentrum in die biblioteek. Die weeklikse biblioteekopleidingprogram is beskikbaar by www.library.up.ac.za/training/index.htm. Aanlyn biblioteekhandleidings en inligting is ook beskikbaar by die UP101-module. Kontakinligting Webwerf www.library.up.ac.za Facebook UP Library Services – https://www.facebook.com/pages/UP-Library-Services/34563526704 Twitter @UPLibrary – https://twitter.com/UPLibrary