Fakulteit Teologie en Religie

Page 1

2018/2019 Voorgraadse fakulteitsbrosjure Laat vandag tel www.up.ac.za


ii

Fakulteit Teologie en Religie 2018/19

Boodskap van die Dekaan

Welkom by die Fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit van Pretoria. Jy het die regte besluit geneem deur hierdie Fakulteit te kies om teologie en religie te studeer. Prof Johan Buitendag Dekaan: Fakulteit Teologie en Religie

Nie net is ons die oudste volwaardige teologiese fakulteit in Suid-Afrika nie, maar ons word ook as eerste in Afrika en 14de ter wêreld gelys in terme van navorsingsimpak. Dit is bewys van die hoë standaard waarop teologie by die Universiteit van Pretoria beoefen word en die feit dat akademiese uitnemendheid ‘n ononderhandelbare karaktereienskap van die Fakulteit is. Die hoofrolspelers in die eenhonderjaaroue geskiedenis van hierdie Fakulteit is die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) sedert 1917, en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGKSA) sedert 1938. Die Uniting Presbyterian Church of Southern Africa (PCSA) het in 2002 aangesluit en die Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA) in 2012. Die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika (AKSA), asook die Lutherse Kerk (FELSISA) en vele ander denominasies, gee ook amptelike voorkeur aan die Fakulteit as opleidingsinstansie.

Die Fakulteit is trots op sy strategiese profiel: Ons visie is om ‘n fakulteit te wees wat erkenning geniet vir sy lewegewende teologie en godsdienstige insig, in diens van die akademie, kerk en gemeenskap. Ten einde dit te bereik, is ons daartoe verbind om: relevante teologiese en godsdienstige opvoeding te verskaf; transformerende leiers te kweek; kwaliteit navorsing te onderneem; regverdigheid, vrede, die integriteit van die skepping en ‘n versoenende diversiteit te bevorder; en by mense op die rant van die samelewing betrokke te raak. Die oop hekke voor die Teologie-gebou is verlede jaar opgerig om die waardes van diversiteit en inklusiwiteit te simboliseer. Die missie van die Fakulteit is om teologie op so ‘n manier te beoefen dat die liefde van God almal bereik. In die verlede was

die hekke toe vir die mense op die rant van die samelewing. God het egter die hekke nou oopgemaak. Die uitdaging is om te erken dat God altyd die hekke sal oopmaak en dat, ten spyte van weerstand, die boodskap op die weg van radikale inklusiwiteit sal voortgaan. Hoe belangrik die vorige honderd jaar ook was, die fokus is nou op die hede. Die geskiedenis is nie ‘n bestemming nie, maar ‘n oriëntasie. Laat elke dag tel! Die eindpunt is joune! Sorg dat jou verblyf by hierdie Fakulteit ‘n aangename maar effektiewe een is. Jy is nou deel van die kleinste fakulteit op kampus, maar ook die een met die grootste hart!

Tel +27 (0)12 420 2322 E-pos johan.buitendag@up.ac.za


Universiteit van Pretoria

iii

Inhoud Boodskap van die Dekaan.....................................................................................................................................................................................................................ii Voorgraadse programme.....................................................................................................................................................................................................................1 Waarom by die Fakulteit Teologie en Religie studeer?.................................................................................................................................................................4 Wat behels die program?.....................................................................................................................................................................................................................4 Voorgraadse programme in Teologie en Religie...........................................................................................................................................................................4 Nagraadse programme in Teologie en Religie...............................................................................................................................................................................6 Algemene inligting..................................................................................................................................................................................................................................6 UP-taalbeleid............................................................................................................................................................................................................................................6

‘Die rol van die Huis Teologie-komitee is om studente en personeel van die Fakulteit Teologie en Religie te dien en om ‘n brug tussen studente, Fakulteitsbestuur en personeel te vorm. Die doel van die huiskomitee is om almal wat deel is van hierdie Fakulteit te ondersteun, nie net deur ons onderskeie portefeuljes nie, maar ook met ons individuele en unieke persoonlikhede. Ons visie vir Huis Teologie is om te verseker dat ons nie die waardes wat aan ons toevertrou is vergeet nie, en om sodoende ‘n impak te hê op nuwe studente soos wat ons lewens beïnvloed is deur vorige leiers van hierdie Fakulteit. Welkom by ons Fakulteit.’ Boodskap van die Voorsitter van die Huiskomitee: Chanyoung Yoo

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2017. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111. Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.


1

Fakulteit Teologie en Religie 2018/19

Voorgraadse programme Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2019 Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is. Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT. Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/teologie Nasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za Minimum vereistes vir 2019 Prestasievlak* Programme

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal NSS/IEB

BDiv – Baccalaureus Divinitatis (vir toelating tot MDiv-studie) [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

4

TPT

AS-Level

D

25 (23–24 toelating op grond van die NBT)

Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. BTh – Baccalaureus Theologiae [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

4

D

25 (23–24 toelating op grond van die NBT)

Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. DipTh – Diploma in Teologie [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

3

E

22 (20–21 toelating op grond van die NBT)

Beroepe: Predikante, pastore, priesters, lekepredikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Kandidate kan hulle kerkleiers raadpleeg oor die mees geskikte opsie. Die Diploma in Teologie is bedoel vir kandidate wat Graad 12 (of ekwivalent) voltooi het, maar sonder die universiteitstoelating wat normaalweg vereis word. * Cambridge A-level-kandidate wat ten minste ‘n D in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating. International Baccalaureate (IB) HL-kandidate wat ten minste ‘n 4 in die vereiste vakke behaal het, sal oorweeg word vir toelating.


Universiteit van Pretoria

‘Toe ek aanvanklik aansoek gedoen het om teologie te studeer was dit bloot omdat ek ‘n predikant in die kerk waarin ek is wou word. Ek het later besef dat dit oor baie meer gaan. Ek studeer teologie om ‘n impak op die wêreld te hê, veral in die lig van sosiale kwessies wat vandag se jongmense verhoed om suksesvol en in geloof gegrondves te wees. Ek sien myself as ‘n predikant in die Uniting Reformed Church in Suider-Afrika. Ek sien myself ook as ‘n akademikus op die gebied van praktiese teologie, maar nog meer sien ek myself as iemand wat diegene wat onderdruk en gemarginaliseer is of onregverdig behandel word, versorg. Die Fakulteit is baie divers, met mense van verskillende agtergronde en kulture, maar ten spyte van ons diversiteit is ek dol daarop dat ons die fakulteit met die hegste eenheid is.’ Sandile Mnisi ‘My besluit om teologie aan die Universiteit van Pretoria te studeer is gegrond in my persoonlike begeerte om die Evangelie van Jesus Christus op ‘n verantwoordelike en etiese manier, en met die integriteit wat dit verdien, te onderrig en te verkondig. My ervaring deur die loop van my studies by UP was, om die minste te sê, ‘n uitdaging. Afgesien van die feit dat ek agtergekom het dat mens nie in praktiese teologie leer hoe om mense te doop nie, het die streng akademiese aard van sommige van die modules my dikwels laat wonder hoekom ek nie net by ‘n teologiese skool ingeskryf het nie. Om die waarheid te sê, ek het waarskynlik Botox nodig as gevolg van die verskeidenheid gesigsuitdrukkings wat ek elke dag vertoon het. Grappies op ‘n stokkie, die reis was ‘n emosionele een wat my dikwels in trane gehad het as ek baie ongemaklike vrae oor my eie geloof moes beantwoord. Ten spyte van die aardskuddende effek hiervan op my geloof, het my studies my egter met ‘n dieper begeerte om God te dien gelaat en is ek nie meer bang vir dít wat ek nie kan antwoord nie. (As jy in hierdie Fakulteit studeer, leer jy baie vinnig dat hoe meer jy weet, hoe meer weet jy eintlik nie). My graad het my sonder twyfel toegerus met die teologiese kennis en insig wat nodig is om eer aan God te bring, en om die Waarheid van die Evangelie vreesloos en sonder skaamte uit te dra.’ Tristin Hartley

2


3

Fakulteit Teologie en Religie 2018/19

‘Die rede waarom ek teologie studeer is omdat ek ‘n passie daarvoor het om met mense te werk en hulle te help. My benadering is eers hoofsaaklik uit nuuskierigheid om meer van God en my eie geloof te leer, gebore. My ervaring in hierdie Fakulteit het egter vir my ‘n breër begrip van wat teologie behels gegee. Met hierdie kwalifikasie wil ek die akademiese wêreld op die gebied van teologie verder verken. Ek werk dus daaraan om ‘n kenner van dogmatiek en Christelike etiek te word. Ek sien myself ook as iemand wat deelneem aan pastorale sorg en berading. Waarvan ek baie hou in hierdie Fakulteit, is dat aangesien dit die kleinste van al die fakulteite is, dit vir ons moontlik is om verhoudings met studente, dosente en personeel te bou. Dit is maklik om mekaar te leer ken. Ek is dankbaar dat ek die geleentheid gehad het om op die 2016/17 Huiskomitee te dien met die portefeulje akademie. Ek word geïnspireer deur die woorde: ‘Die besef dat jy nie die toekoms kan voorspel – en dit kan vorm nie – kan vir ‘n akademikus net ‘n skok wees’ (David Harsanyi)’. Lethabo Molopyane

‘Een aand, terwyl ek en my ma oor my planne vir die toekoms gesit en gesels het, het sy voorgestel dat ek vir teologie inskryf. Ek moet erken dat dit as ‘n verrassing gekom het. Nogtans het ek die volgende dag ingeskryf en alles het mooi in plek geval. Ek is aanvaar en alles is vinnig goedgekeur. My oë het oopgegaan en ek het besef dat dit my roeping was. Dit is wat God vir my beplan gehad het, alhoewel dit my vyf jaar geneem het om dit te besef. Wanneer ek egter terugkyk, besef ek ook dat alles wat ek die afgelope vyf jaar geleer het, gehelp het om my vir my roeping voor te berei. Ek wil graag ‘n pastorale berader word, en het dus ook vir ‘n kursus in pastorale versorging ingeskryf. Teologie is my teorie en pastorale berading is my prakties. Waarvan ek die meeste van die Fakulteit Teologie en Religie hou, is die atmosfeer van verdraagsaamheid en respek tussen studente en dosente. Ek voel dat die Fakulteit Teologie en Religie een van die min plekke is waar mens jouself kan wees en nie daarvoor veroordeel sal word nie.’ Simonè van Schalkwyk


Universiteit van Pretoria

4

Voorgraadse programme Waarom by die Fakulteit Teologie en Religie studeer?

Voorgraadse programme in Teologie en Religie

Die Fakulteit Teologie en Religie is bekend vir sy verbintenis tot die volgende: Die Bybel. Dit vorm die basiese vertrekpunt vir die teologie. Spiritualiteit. Geestelike vorming is ‘n prioriteit. Akademiese uitnemendheid. Op akademiese gebied vergelyk die Fakulteit goed met van die bestes ter wêreld. Dosente. Dosente is bekende akademici en ook gerespekteerde kerkleiers. Studentelewe. “Tokkelokke” neem voluit deel aan die kampuslewe: toere, Jool, kampe, sportaktiwiteite, serenades en vele meer. Internasionale kontakte. Studente kan voordeel trek uit van die Fakulteit se vele oorsese kontakte.

Die sewe hoofafdelings in die teologiese studie fokus op verskillende vrae oor die Bybel en die lewe.

Daar is persone wat nie noodwendig teologie studeer met die doel om dit as ‘n beroep te beoefen nie, maar om verskeie ander redes. Daar is byvoorbeeld mense wat teologie studeer omdat hulle dit interessant vind, of vir geestelike verryking, of om hulself beter toe te rus vir hulle werk. Die Fakulteit bied ook kursusse aan vir persone wat nie noodwendig teoloë wil word nie, maar wat hul eie lewens wil verryk. Daar is verskeie voordele daaraan verbonde om jou studies in jou eie vakgebied te verryk deur die insigte in en toepassings van teologie. Deur modules uit Godsdiensstudies in te sluit in ander programme soos rekenaarwetenskap, ingenieurswese, tale, sielkunde, maatskaplike werk of onderwys, word gegradueerdes in staat gestel om uiteindelik as beter toegeruste, ten volle ontwikkelde mense hul loopbane te betree.

Wat behels die progam? Teologie ondersoek die basiese lewensvrae: Hoe beïnvloed godsdiens en geloof mense se lewens? Hoe benader ‘n mens etiese en morele kwessies in die werkplek? Hoe dra teologiese insigte by tot opbouende menslikehulpbronpraktyke? Hoe word ‘n ekologiese bewussyn gekweek? Die Christen en landswette. Hoe dra godsdienstige waardes by tot onderlinge vrede en menslike verhoudings? Kan misdaad beëindig word deur ‘n beroep te doen op mense se geloof en waardes? Wat is die sin en doel van die lewe? Waar vind ‘n mens antwoorde op wesensvrae? Hoe vind ‘n mens dieper insig in menswees, sodat jy ‘n verskil in die wêreld kan maak? Sommige studente voel geroepe om as predikante, pastore, priesters, lekepredikers, sendelinge of jeugwerkers in die kerk te werk. Daarvoor is teologie die aangewese studierigting. Vir ander is hulle roeping om die gemeenskap te dien as maatskaplike werkers, ontwikkelingswerkers, sielkundiges, onderwysers, joernaliste of skrywers. Nog ander sal hulle bekwaam as ingenieurs en prokureurs of as entrepreneurs. Almal sal baat vind by ‘n beter begrip van die mens en die samelewing.

Ou-Testamentiese Wetenskap Die Ou Testament handel oor God se verhouding met Israel en God se betrokkenheid by mense en by die skepping. Die Ou-Testamentiese Wetenskap bestudeer die boeke van die Ou Testament sowel as die leefwêreld van Israel, en leer daaruit hoe hulle nagedink het oor sake soos lyding, liefde en hoe om in God se teenwoordigheid te lewe. Nuwe-Testamentiese Wetenskap Die Nuwe Testament bied verskillende verhale en perspektiewe op die lewe van Jesus. In hierdie vak word die boeke van die Nuwe Testament en die eerste-eeuse Mediterreense konteks waarbinne hulle ontstaan het, ondersoek. Kerkgeskiedenis en Kerkreg Die geskiedenis van die Christelike kerk en die lewes en teologie van groot figure soos Augustinus, Thomas van Aquino, Johannes Calvyn en Martin Luther word bestudeer. Kerkreg handel oor die spesifieke wyse waarop verskillende denominasies hulself organiseer. Godsdiens- en Sendingwetenskap Die groot wêreldgodsdienste, naamlik Judaïsme, Islam, Boeddhisme en Hindoeïsme, en hulle verhouding tot die Christelike godsdiens word in Godsdienswetenskap ondersoek. Sendingwetenskap fokus op die deelname van Christelike geloofsgemeenskappe aan God se sending. ‘n Holistiese benadering word gevolg. Dogmatiek en Christelike Etiek Dogmatiek bestudeer geloof in God. Wie is God en hoe dra geloof by tot mense se ervaring van die sin van die lewe? Etiek vra wat die regte ding is om te doen in ‘n situasie. Wat maak dat mense reg of verkeerd optree in die komplekse wêreld waarin ons leef? Praktiese Teologie Praktiese Teologie handel oor wat Christen-gelowiges doen (geloofshandelinge) en hoe hulle hul geloof ervaar en uitleef. Die erediens en prediking, die betekenis van simbole en simboliese handelinge, hoe om mense wat in ‘n krisis verkeer, te help, hoe geloof gevorm en onderrig word, asook ‘n beter verstaan van ons leefwêreld, is die studieveld van die vak. Godsdiensstudies Godsdiensstudies (vroeër genoem Bybel- en Godsdienskunde) is ‘n kursus wat oop is vir enigeen wat in die godsdiens belangstel. Dit staan bekend as ‘n lewensverrykingskursus en studente uit studievelde soos ingenieurswese, argitektuur, regte, musiek, politieke wetenskap, beeldende kunste en nog baie meer, volg die kursus. Die volgende vrae word gevra: Hoekom is mense godsdienstig? Wat het mense in die antieke tyd geglo? Hoe kan ons mense van ander godsdienste beter leer ken en respekteer? Kontakinligting Troné Stander Tel +27 (0)12 420 4053 E-pos trone.stander@up.ac.za


5

Fakulteit Teologie en Religie 2018/19

‘Die Christendom was in baie van ons land se gemeenskappe ‘n groot ontwikkelingskrag, en het ook help vorm gee aan die wêreld waarin ons vandag leef. Die besluit om teologie te studeer kan in antwoord op ‘n roeping van God wees, of omdat iemand ‘n predikant in die Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA) wil wees, of die behoefte het om meer te wete te kom van ons geloof en die toekoms te help vorm terwyl die Evangelie van Christus Jesus uitgedra word. Ek sien myself in die toekoms as ‘n teoloog, ‘n predikant, iemand wat ‘n verandering maak in die lewens van baie mense, en ‘n belangrike rol speel in die lewens van dié wat uitgeskuif is (Lukas 4:17-18). Ek wil die Fakulteit Teologie en Religie en ander rolspelers, waaronder die regering en gemeenskap, graag by mekaar uitbring, deur gemeenskapsontwikkeling te bevorder, klas te gee en ‘n agent van morele herstel te wees. Ek kan baie sê van hierdie wonderlike Fakulteit van ons, maar laat my net toe om te sê dat ons dosente ons aanmoedig om kritiese denkers te wees, dat hulle baie toeganklik is en ons enige iets met hulle, die Dekaan ingesluit, kan bespreek. Aangesien ons net ‘n baie klein deeltjie van die Universiteit as geheel is, kan ons regtig betrokke raak by mekaar. Ons kom van verskillende agtergronde en dit help ons om te verstaan hoe mense van verskillende tradisies en rasse dink en om baie goed te kontekstualiseer. Die geleentheid om op die Fakulteitshuiskomitee te dien het gehelp om van my ‘n akademies geankerde en sosiale persoon te maak, my tydsbestuur te verbeter, meer verantwoordelik te word en te groei op gebiede soos die bestuur van woede. My pleidooi aan die Fakulteit is om meer tegemoetkomend teenoor swart akademici te wees deur studentewerk en ander geleenthede te skep om hulle aan die wêreld van die akademie bekend te stel, aangesien die hekke nou oop is vir diegene wat eens uitgesluit was.’ Kenalemang Nkombezekwa


Universiteit van Pretoria

6

Nagraadse programme/Algemene inligting Nagraadse programme in Teologie en Religie

jaar BDiv na die MTh gevorder het, vind die afsluiting in die PhD. Die uitkoms van die PhD is hoogs gespesialiseerde, navorsingsgebaseerde kundigheid en vaardigheid.

Baccalaureus Theologiae Honores – BThHons Die doel van hierdie program is om studente in staat te stel om op ‘n eerste nagraadse vlak gespesialiseerde kennis, vaardighede en toegepaste kundigheid ten opsigte van bepaalde gebiede van die teologie te verwerf.

Kontakinligting Doris Mokgokolo Tel +27 (0)12 420 2700 E-pos doris.mokgokolo@up.ac.za

Nagraadse Diploma in Teologie en Bediening Die Nagraadse Diploma beoog die verwerwing van gevorderde teologiese kundigheid en praktiese vaardighede en is gemik op die algemene, breë bedieningspraktyk van die predikant. Kerkspesifieke opleiding en vorming word in samewerking met kerklike vennote aangebied. Dit volg op die BDiv-program of die vorige vierjaar BTh-program.

Algemene inligting

Nagraadse Diploma in Teologie (NGDipl [Teologie]) Die Nagraadse Diploma in Teologie (NGDipl [Teologie]) bied toegang tot nagraadse teologiese studie aan kandidate wat reeds oor ‘n driejarige, nie-teologiese tersiêre kwalifikasie gelykstaande aan ‘n baccalaureus beskik, met die oog op die toepassing van teologie op verskeie bedieningsterreine, asook die beroeps- of gemeenskapslewe. Magister Divinitatis – MDiv Die MDiv volg op die BDiv-program of die vorige vier jaar BTh-program. Dit is ‘n gedoseerde meestersgraadprogram in algemene teologie wat al ses teologiese dissiplines insluit. Dit fokus op gevorderde teologiese kundigheid en praktiese vaardighede. Magister Theologiae – MTh Hierdie program bied aan studente met die vier jaar BDiv of BThHons – of gelykwaardige kwalifikasies – die geleentheid om op meestersvlak in die teologie te spesialiseer en navorsing te doen. Daar is twee moontlikhede, naamlik ‘n gedoseerde program met ‘n mini-verhandeling, of ‘n volle navorsingsprogram wat uit ‘n verhandeling bestaan. Die gedoseerde komponent bied die moontlikheid om gespesialiseerde vaardighede in ‘n bepaalde dissipline te verwerf. Philosophiae Doctor – PhD Die programlyn wat met die drie jaar BTh via die BThHons na MTh gevorder het; of die programlyn wat met die vier

Besoek www.up.ac.za/toelatingsinlgting vir inligting oor die volgende: Studie-inligting Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT) Sluitingsdatums Fooie en befondsing Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders Doen aansoek by UP Wysig of voeg ‘n program by Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) Aansoekstatus Berei voor om by UP te studeer Registrasie en aanvang van die akademiese jaar

UP-taalbeleid Vanaf 1 Januarie 2019 sal Engels die taal van onderrig en leer vir alle eerstejaar-programme wees. Die enigste uitsondering is waar studente ander tale bestudeer en in programme met beroepspesifieke taaluitkomste, onderhewig aan goedkeuring deur die Senaat. Engels sal ook op alle kampusse en in koshuise die taal van amptelike kommunikasie en administrasie wees. Waar dit aangevra en haalbaar is, bestaan die moontlikheid dat administratiewe dienste in ander Suid-Afrikaanse tale gelewer kan word. Studente wat voor 2019 geregistreer het, insluitende diegene wat in 2018 vir die eerste keer geregistreer het, sal steeds lesings, tutoriale, studiegidse en assesseringsmateriaal (vraestelle, werkopdragte ensovoorts) in Afrikaans ontvang vir daardie programme wat ten tye van registrasie in Afrikaans aangebied was, gegewe dat die grootte van die klas prakties haalbaar bly en dat dit akademies regverdigbaar is. Waar assessering en vraestelle in Afrikaans aangebied word, sal studente wat tans geregistreer is, ook toegelaat word om in Afrikaans te antwoord.

‘Die Fakulteit Teologie en Religie is soos my tweede huis. Hier voel ek altyd welkom. Ek glo dat die Here my gelei het om teologie te studeer. Ek hou daarvan om met mense te werk. Al is ons ‘n klein fakulteit, moet Huis Teologie nie onderskat word nie. Die teologiefamilie bestaan uit mense van verskillende kulture, wat ‘n verskeidenheid tale praat en verskillende geskiedenisse het. Dit bly ‘n onvergeetlike ervaring om saam met hulle te studeer omdat ons vir mekaar respek het. Ek sien uit na die jare wat voorlê en hoop dat ons Fakulteit nie net in getalle sal groei nie, maar ook in die bou van sterker verhoudings onderling.’ Bernalee Botha


7

Fakulteit Teologie en Religie 2018/19

Heading... ‘Teologie verwys na die studie van die aard van en die verskeidenheid van beskouings oor God en die verskillende godsdienstige oortuigings oor God of Gode. Teologie, of ons dit wil weet of nie, speel ‘n baie belangrike rol in ons daaglikse lewens, maar dit is nie die enigste rede waarom ek gekies het om teologie te studeer nie. Vir so lank as wat ek kan onthou, het ek baie belanggestel in die geskiedenis van die mensdom en, selfs nog meer, met hoe gelowe in ‘n Skepper en Oppermagtige Wese verander en aangepas het, en uiteindelik deur die omgewing gevorm is. Die Fakulteit Teologie en Religie bied ‘n briljante navorsingsfasiliteit wat op die ontwikkeling van die Christendom oor die jare fokus en, tot ‘n mate, ook op dié van ander godsdienstige sektes. Toe ek by die Fakulteit Teologie en Religie om toelating aansoek gedoen het, was dit om meer van die Christendom sowel as ander gelowe te wete te kom. Ek is tans in my derde jaar en is trots om te sê dat die Fakulteit my meer geleer het as wat ek ooit kon droom, soveel so dat wanneer ek nadink oor my jare by die Universiteit, dit voel soos ‘n droom wat waar geword het! Almal in die Fakulteit Teologie en Religie, of hulle nou personeel, nagraadse of voorgraadse studente is, is ‘n gids en ‘n helpende hand wat, op een of ander manier, ons toerus om in kennis te groei en ‘n akademikus te word. Tot op hede het almal wat ek in die Fakulteit Teologie en Religie ontmoet het, ‘n bemagtigende rol gespeel om my te help groei as student en as man, om my te help om die doelwitte wat ek in matriek en my eerste jaar vir myself gestel het, te bereik. Ek het geen twyfel dat die Fakulteit my help om my doelwitte, soos om ‘n beter mens te word en my graad te voltooi sodat ek uiteindelik ‘n man van wysheid, begrip en integriteit kan word, te verwesenlik nie.’ Mathias Shunmugam


Universiteit van Pretoria

Die Fakulteit Teologie en Religie het die oorspronklike houthekke wat eens by die hoofingang van die Hatfieldkampus gepryk het, bekom, en dit in ‘n permanente oop posisie voor die Fakulteit geïnstalleer om sodoende te simboliseer dat die hekke nooit weer toegemaak sal word nie. Ons eeufeesleuse is dus ‘Poort na...’. Die foto’s op bladsye 8 en 9 is by die Oopmaak van die hekke-seremonie wat vroeër vanjaar plaasgevind het, geneem.

8


9

Fakulteit Teologie en Religie 2018/19

In sy Eeufeesjaar beweeg die Fakulteit Teologie en Religie weg van eksklusiwiteit met betrekking tot ras, geslag en belydenis, om ‘n inklusiewe en ontvanklike Fakulteit vir die toekoms te word. Die Fakulteit se missie is om wetenskap, geloofsgemeenskappe en die samelewing as geheel te dien met radikale inklusiwiteit en sensitiwiteit. Die Fakulteit wil teologie op sĂł ‘n manier beoefen dat die liefde van God alle mense en alle geloofsgemeenskappe in die Afrika-konteks bereik.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.