

![]()


Die Fakulteit Opvoedkunde op die Groenkloofkampus lok die beste en knapste studente wat oor die potensiaal beskik om ‘n betekenisvolle impak op die Suid-Afrikaanse opvoedkundige gebied te maak.
Ons studente is leiers met selfvertroue en hulle is toegerus met ‘n uitnemende stel opvoedkundige en professionele vaardighede. Hierdie ‘stel vaardighede’ is egter nie hul belangrikste eienskappe as gegradueerdes van die Fakulteit Opvoedkunde nie. Hul ingesteldheid op kundigheid wat ‘n verskil maak, hul vakkundigheid, hul totale betrokkenheid as landsburgers en hul hoë vlak van wetenskaplike geletterdheid is die eienskappe wat hulle in staat sal stel om ‘n verskil in die onderwys te maak.
Die Groenkloofkampus is die tuiste van meer as 3 500 voorgraadse onderwysstudente, en uit hierdie groep gradueer ongeveer 500 tot 800 studente jaarliks wat die onderwysberoep betree. In Suid-Afrika toon studies dat slegs 7% van alle matrikulante toegang tot openbare hoër onderwys verkry, slegs 12% ander vorme van verdere en hoër onderwys betree, slegs 30% ‘n werk kry en 51% van die jeug werkloos is. Dit is duidelik dat onderwys ‘n prioriteit is.
Die Fakulteit Opvoedkunde verskyn in die top 200 ter wêreld op die ‘QS World University’-ranglys; die Fakulteit word as die top-opvoedkundefakulteit in SuidAfrika gereken met betrekking tot die getal NNS-gegradeerde navorsers. Dit word internasionaal vir sy akademiese aansien, goeie reputasie as werkgewer en navorsingsitate erken. Netwerke bestaan met sowel plaaslike as internasionale universiteite, insluitend universiteite in die VSA, China, Australië, Kanada en Europa.
Dit is die Fakulteit Opvoedkunde se verantwoordelikheid om topgehaltegegradueerdes vir die onderwyssektor te lewer en dit word as ‘n saak van erns beskou. Ons leef in ‘n tyd waar die eeueoue beginsels van doeltreffende onderwys selfs meer belangrik vir vooruitgang en ontwikkeling geword het – en ons gegradueerdes speel ‘n noodsaaklike rol in hierdie verband.
Die onderwys is ongetwyfeld die sinvolste manier waarop ons ons tyd kan bestee.

Dit is vir enige nasie, gemeenskap, gesin of individu die kortste roete op die pad na langtermynsukses. As ‘n professionele vakgebied, is dit die sektor waar ‘n mens daagliks ervaar dat jy in staat is om ‘n verskil te maak. Hierbenewens beskik die onderwys oor die eienskap dat dit oor alle wetenskaplike vakgebiede strek.
Dit is die sektor wat ‘n indruk sal maak op die lewens van toekomstige dokters, ingenieurs, rekenmeesters, prokureurs, onderwysers, filosowe, kunstenaars, musici, sporthelde, presidente en koninklikes. Om hierdie rede moet ons na uitnemendheid streef in alles wat ons doen.
Ons glo dat ons as Fakulteit baie kan bied om die onderwys in Suid-Afrika te versterk. Ons streef daarna om studente te help om toegang tot die onderwys te verkry en om inspirerende, sorgsame en kundige onderwysers te lewer.
Tel +27 (0)12 420 5721 E-pos irma.eloff@up.ac.za

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2015. Kommentaar en navrae kan gerig word aan csc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111.
Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.
Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2017
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
Voornemende studente met ‘n TPT van 26-29 moet die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) aflê. Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word, afhangende van die uitslag van die NBT.
Sodra kandidate tot die BEd-graad toegelaat is, sal hulle in kennis gestel word dat hulle in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer. Dit is in ‘n voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.
Universiteit van Pretoria-webwerf
www.up.ac.za
Nasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za
Programme
BEd (Grondslagfase-onderwys) – Voorskool tot Graad 3 [4 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in preprimêre of primêre skole
BEd (Intermediêrefase-onderwys) – Graad 4 tot 6 [4 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre skole
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 [4 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus.
Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre of sekondêre skole
Keusepakkette
Algemene pakket
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
Natuurwetenskappepakket
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
Ekonomiese en Bestuurswetenskappepakket
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
Minimum vereistes vir 2017
Prestasievlak TPT Afrikaans of Engels NSS/ IEB HIGCSE ASLevel ALevel
4 3 D D
4 3 D D
30 (26–29 toelating op grond van die NBT)
30 (26–29 toelating op grond van die NBT)
Kies een van die keusepakkette hieronder
vereistes vir 2017
(26–29 toelating op grond van die NBT)



Catherine Reynders kom uit ‘n baie ondersteunende gesin. Sy het in 2012 met sewe onderskeidings gematrikuleer en in haar eerste jaar by UP het sy met 13 onderskeidings geslaag. Sy is tans in haar tweede jaar en ‘n Skandukabeurshouer. Catherine het onlangs die Cyril Ramaphosa Education Trust Top Achiever Award gewen.
Sy het Wiskunde sowel as Ondernemingsbestuur as keusevakke en het nog nie besluit of sy in haar derde jaar op Wiskunde of Opvoedkundige Sielkunde gaan fokus nie.
‘Ek het nog geensins spyt gehad oor my besluit om onderwys te studeer nie en ek sal doen wat ek ook al moet doen om ‘n Graad 12 Wiskunde-onderwyser te word. Ek wil ook my kennis op die gebied van Opvoedkundige Sielkunde uitbrei. Ek is ‘n waarnemer en ‘n probleemoplosser en ek sal graag myself wy aan die opheffing van opvoeding in Suid-Afrika, ‘n gebied wat na my mening oorgesien word en nie na behore waardeer word nie.’
Catherine dans sedert die ouderdom van drie en het gevorderde eksamens in moderne dans en ballet afgelê. Sy neem steeds deel aan oop ballet en neem ook les in kontemporêre dans. Deur die NBdansgeselskap het Catherine ‘n Blou Bul ‘babe’ en pompommeisie geword. Sy neem deel aan verskeie korporatiewe geleenthede wat die Bulle reël en geniet die lewendige atmosfeer van rugby.

As kind het Karen Schneider met disleksie geworstel en moes sy baie hard werk om deur te kom. Met die ondersteuning van haar ouers en onderwysers het sy die probleem oorkom en Graad 12 en Abitur (Duitse Graad 12) by die Deutsche Schule Pretoria voltooi.
Onderwysers en terapeute het vir haar ouers gesê dat sy nooit in staat sou wees om tersiêre studie te onderneem nie, maar Karen het hulle nie slegs verkeerd bewys nie, sy het akademies gefloreer en verskeie toekennings ontvang:
In 2009 het Karen die toekenning as Beste Kunsopvoedingstudent gewen – twee maande se verblyf in Parys geborg deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir die Visuele Kunste (SANAVA).
In 2010 het sy die Visekanselier en Rektor se Toekenning ontvang – die hoogste toekenning wat enige finalejaarstudent kan ontvang, asook lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society.
Die mees onlangse toekenning wat sy ontvang het, was die Anton Rupert-beurs ter waarde van R40 000.
Karen het haar BEd Honneurs (Opvoedkundige Sielkunde) met lof in 2012 behaal en in 2013 ingeskryf vir ‘n MEd (Opvoedkundige Sielkunde) wat klasse, opdragte, praktiese werk, internskap (by die Deutsche Schule Pretoria), navorsing en ’n miniverhandeling behels. Die titel van haar miniverhandeling is ‘Determining how a grandparent-headed family expresses family resilience.’
‘Dit is geweldig belangrik om doelstellings te hê. Ek stel voortdurend nuwe doelstellings en uitdagings vir myself. Ek sal daarvan hou om te doseer en werkwinkels aan te bied want onderrig en die deel van kennis is ‘n belangrike aspek van my identiteit. Ek sal graag eendag my eie praktyk wil open en met kinders werk deur middel van ekspressiewe-kunsteterapie.’
‘Met ‘n Duitse pa en Britse ma is ek trots Suid-Afrikaans. My ouers is my grootste inspirasie, maar ek erken ook die rol wat my vriend, Pieter, en ander vriende in my sukses gespeel het. Ek wil ook twee ander persone noem: mnr Peter Binsbergen en me Annelise Roos, wat in my geglo het en my geleer het dat passie en harde werk hand aan hand gaan. Ek het groot respek vir my nagraadse lektore in die Departement Opvoedkundige Sielkunde. Hul ondersteuning en toegewydheid aan uitstekende toesig maak hulle uniek.’
Die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria is een van die grootste en mees diverse fakulteite in Suid-Afrika vir die aanvanklike en gevorderde opleiding van professionele opvoedkundiges van regoor die wêreld. ‘n Onderskeidende kenmerk van die Fakulteit is dat nie net voordiensonderwysers opgelei word nie, maar ook opvoedkundige sielkundiges, skoolhoofde, navorsers, programevalueerders, kurrikulumontwerpers, spesialiste in rekenaaronderrig, -opleiding en -assessering, onderwys-beleidanaliste, gemeenskapsontwikkelingswerkers en onderwysregsadviseurs wat in nasionale en internasionale agentskappe en organisasies werksaam is.
Die doel van die kwalifikasie is om onderwysers op te lei wat bevoeg is om onderwys in ‘n spesifieke leergebied of fase te gee soos gespesifiseer deur die verskillende kwalifiseerders.
Die toekoms van Suid-Afrika lê in die opvoeding van sy mense. Onderwys bly ‘n loopbaan wat nie net uitdagend en vervullend is nie, maar ook lewensnoodsaaklik vir die groei en ontwikkeling van die bevolking. Ten einde onderwysers, opvoedkundige sielkundiges, bestuurders en beleidmakers vir hierdie reuse-uitdaging voor te berei, bied die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria kwalifikasies aan wat innoverend en relevant is.
Studente word toegerus vir die nuwe uitdagings van die onderwysberoep. Daar is min loopbane wat so vervullend soos die onderwys is en daar is nie ‘n beter plek om jou loopbaan te begin as by die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria nie. Opwindende voorgraadse programme in onderwyseropleiding word aangebied.
Fundamentele modules in al die programme
Akademiese-inligtingsbestuur
Geletterdhede vir die Onderwys
BEd (Grondslagfase-onderwys) – Voorskool tot Graad 3
Kernmodules
Opvoedkunde
Grondslagfasestudies
Leerondersteuning
Lewensvaardigheidsmodules
Geletterdheidsmodules
Grondslagfasewiskunde
Navorsingsmetodologie
Praktiese Onderwys
Keusemodules
Een taal as keusemodule tot op tweedejaarsvlak
IsiZulu
Sepedi
IsiNdebele
Setswana
BEd (Intermediêrefase-onderwys) – Graad 4 tot 6
Kernmodules
Opvoedkunde
Leerondersteuning
Professionele Studies
Navorsingsmetodologie
Praktiese Onderwys
Kommunikatiewe vaardigheid in ‘n Afrikataal
Keusemodules
Een taal as keusemodule tot op tweedejaarsvlak
Een van vier Afrikatale/Engels/Afrikaans
Wiskunde (prestasievlak van ten minste 4 in Graad 12 word vereis)
Geografie/Geskiedenis
Kunsopvoeding
Musiekopvoeding
Natuurwetenskap en Tegnologie
Lewensoriëntering en Menslike Bewegingstudies
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12
Kernmodules Keusemodules
Opvoedkunde
Professionele Studies
Navorsingsmetodologie
Praktiese Onderwys
Kommunikatiewe vaardigheid in ‘n Afrikataal
Graad 12-vakvereistes vir keusemodules
Een van vier Afrikatale/Engels/Afrikaans
Wiskunde (prestasievlak van ten minste 5 in Graad 12 word vereis)
Geografie
Geskiedenis
Godsdiensstudies of Sielkunde
Rekenaartoepassingstegnologie
Kunsopvoeding
Musiekopvoeding
Lewensoriëntering en Menslike Bewegingstudies
Erfenis- en Kultuurtoerisme
Ondernemingsbestuur
Keusemodules vir die volgende pakkette Voorvereistes
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Statistiek*
Ondernemingsbestuur
Erfenis- en Kultuurtoerisme
Finansiële Rekeningkunde*
Ekonomie*
Rekenaartoepassingstegnologie*
Natuurwetenskappe
Wiskunde
Plantkunde
Dierkunde
Chemie
Fisika
Kontakinligting vir voorgraadse navrae
Adel Taljaard
Tel +27 (0)12 420 5582
Faks +27 (0)12 420 5933
E-pos adel.taljaard@up.ac.za
Hannie de Weerd
Tel +27 (0)12 420 5644
Faks +27 (0)12 420 5933
E-pos hannie.deweerd@up.ac.za
Monicca Makena
Tel +27 (0)12 420 5546
Faks +27 (0)12 420 5933
E-pos monicca.makena@up.ac.za
Tshego Chauke
Tel +27 (0)12 420 5660
Faks +27 (0)12 420 5933
E-pos tshegofatso.chauke@up.ac.za
Thandi Mngomezulu
Tel +27 (0)12 420 5615
Faks +27 (0)12 420 5933
E-pos thandi.mngomezulu@up.ac.za
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
*Leerders moet in Graad 12 Wiskunde slaag met minstens 50%
Natuurwetenskappe
Leerders moet in Graad 12 beide Wiskunde en Fisiese
Wetenskappe slaag met minstens 60%.
Besoek www.up.ac.za > ‘Studeer by UP’ > ‘Voorgraadse studente’ vir inligting oor die volgende:
Studie-inligting
Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT)
Sluitingsdatums
Fooie en befondsing
Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders
Doen aansoek by Tuks
Wysig of voeg ‘n program by
Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)
Aansoekstatus
Berei voor om by Tuks te studeer
Registrasie en aanvang van die akademiese jaar
Datum 21 Mei 2016 Tyd 08:00–14:00
Die volgende persone moet die UP Opedag bywoon:
Leerders in Graad 12 wat reeds bevestiging ontvang het dat hulle voorlopig tot UP toegelaat is
Leerders in Graad 12 wat aan die toelatingsvereistes voldoen en wat hulle aansoekvorm wil inhandig
Leerders in Graad 11 wat feitlik seker is dat hulle wel by UP gaan aansoek doen
Die ouers van bogenoemde leerders