Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Page 16

13

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 2016/17

Biologiese Wetenskappe/Fisiese Wetenskappe Mikrobiologie

Die basiese opleiding van ‘n Mikrobioloog is ‘n driejaar BSc-graad. Buiten blootstelling aan ‘n groot verskeidenheid vakke in die biologiese wetenskappe word daar ook gefokus op gespesialiseerde mikrobiologiese onderwerpe soos mikologie, virologie, bakteriologie, mikrobe-ekologie, kliniese mikrobiologie, plantpatologie, molekulêre mikrobiologie, mikrobe-interaksies en voedselmikrobiologie. Die geleentheid om twee hoofvakke te kombineer, soos mikrobiologie met genetika, plantkunde, dierkunde of biochemie bestaan ook. Vir ‘n loopbaan as navorser is nagraadse studies (Hons, MSc en PhD) onontbeerlik. Die Universiteit van Pretoria het verskeie internasionaal erkende navorsingsprogramme waarvan nagraadse studente ‘n integrale deel vorm. Op molekulêre en sellulêre vlak word daar gefokus op onderwerpe soos die ontwikkeling van nuwe entstowwe, die verstaan van patogenisiteit, asook die ontwikkeling van nuwe metodes om mikrobes vinniger op te spoor en te identifiseer. Daar is ook ‘n fokus om nuwe organismes (virusse, bakterieë en fungi) te ontdek en te beskryf, en om hulle evolusie en diversiteit beter te verstaan.

Plantpatologie

Die voorgraadse opleiding in Plantpatologie is ‘n vierjaar BScAgric-graad. Tydens die eerste twee studiejare word studente aan ‘n groot verskeidenheid vakke in die biologiese en landbouwetenskappe blootgestel wat basiese vakke insluit soos biochemie, genetika en biotegnologie sowel as die meer toegepaste landbouvakke. Die hooffokus van die program en nagraadse opleiding is die bestudering van die organismes wat plantsiektes veroorsaak, hoe plante geaffekteer word en hoe die siektes beheer kan word. Op nagraadse vlak het die student geleentheid om in areas soos onder andere na-oespatologie, voedselveiligheid en plantbeskerming te spesialiseer.

Beroepe

Mikrobiologie: Mikrobioloë is toegerus om ‘n verskeidenheid beroepe te volg wat die hele spektrum van praktiese toepassings tot basiese navorsing omvat. Werksgeleenthede is beskikbaar in die mediese of veeartsenykundige sektor asook in die voedsel-, fermentasie-, landbou-, omgewing- en watersektor. Navorsing kan by organisasies soos die WNNR, die Mediese Navorsingsraad of die Landbounavorsingsraad gedoen word. Mikrobioloë is ook werksaam as dosente en navorsers by verskeie akademiese instellings. Plantpatologie: Plantpatoloë speel ‘n baie belangrik rol om kommersiële kwekers, boere en kleinskaalse kwekers te help om plantsiektes op verskeie maniere, soos deur geïntegreerde pes- en siektebeheer, te bestry. Daar bestaan verskeie werksgeleenthede vir Plantpatoloë by onder andere landbouprodusente en saadmaatskappy en nasionale of internasionale maatskappye betrokke by chemiese of biologiese beheer van plantskiektes. Daar is ook die geleentheid vir enterpreneurs wat hulle eie besigheid of konsultasiediens wil begin. Beroepe in navorsing en opleiding bestaan by privaat maatskappye sowel as die Landbounavorsingsraad en akademiese instellings. Nota: BSc (Plantkunde), BScAgric (Plantpatologie) en BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe) gaan onder een Skool val. Moontlike kurrikulumveranderinge mag voorkom. Bly op hoogte deur ons webwerf te besoek by www.up.ac.za/nas.

Plantkunde Plante is merkwaardige organismes en ons weet heeltemal te min van hulle en hul nut vir mens en dier. Ons weet egter reeds dat plante die wêreld se beste fabrieke vir die sintese van waardevolle natuurlike produkte is.

In medisinale plantwetenskap sal studente ‘n oorsig kry oor die ontdekking en gebruik van plantmedisyne en belangrike fitogeneeskundige molekules wat deur plante geproduseer word. In plantbiotegnologie word die gebruik van modelplante en molekulêre metodes bespreek vir die ondersoek van totale plantfisiologie. Geen- en promoter-identifisering en oordragtegnieke vir plantverbetering, asook planttranskriptome vir plantverbetering deur die gebruik van mikrorangskikkings, word bestudeer. In plantdiversiteit en -ekologie leer studente oor Suid-Afrika se ryk en diverse plantegroei, en hoe om bewaring- en bestuurstrategieë te fasiliteer, sodat die nageslag daarby kan baat. Die Departement Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria is een van die oudste departemente van sy soort in die land, maar is steeds dinamies en innoverend en spog met wêreldbekende navorsers (70% van die akademiese personeel het graderings van die Nasionale Navorsingstigting (National Research Foundation – NRF)). In ‘n onlangse opname wat deur die ISI Web of Knowledge gedoen is, beklee die plant- en dierwetenskappe van die Universiteit van Pretoria die eerste plek in Suid-Afrika, gebaseer op die hoeveelheid publikasies en die aantal aanhalings in ISI-geakkrediteerde vaktydskrifte.

Beskrywing van die program

In die eerste twee studiejare word studente aan ‘n groot verskeidenheid vakke in die biologiese wetenskappe blootgestel. Spesialisering vind eers in die derde jaar plaas. Die Departement spesialiseer in plantdiversiteit en ekologie, plantbiotegnologie en medisinale plantwetenskap. Gedurende die derde jaar kry studente die geleentheid om plante tydens verskeie praktiese sessies en veldekskursies te bestudeer. Nagraadse studie in hierdie program sluit honneurs-, meesters- en doktorsgrade in. Die eenjaar- voltydse en tweejaar- deeltydse internetgebaseerde honneursgraad behels ‘n navorsingsprojek en ‘n aantal teoretiese modules. Op meesters- en doktorale vlak word daar van studente verwag om navorsingsprojekte in een van die navorsingsgebiede van die Departement te voltooi.

Beroepe

Beroepe wissel van laboratoriumnavorsing tot die bestudering van plante in hul natuurlike omgewing. Daar is werksgeleenthede in die biotegnologiese en farmaseutiese bedrywe, by SuidAfrikaanse Nasionale Parke, private ekologiese maatskappye, navorsingsinstellings soos die WNNR, die Landbounavorsingsraad, die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, universiteite ens. Nota: BSc (Plantkunde), BScAgric (Plantpatologie) en BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe) gaan onder een Skool val. Moontlike kurrikulumveranderinge mag voorkom. Bly op hoogte deur ons webwerf te besoek by www.up.ac.za/nas.

Fisiese Wetenskappe Chemie Chemie is betrokke by alles rondom ons, en as chemici, herken ons die belangrike rol wat wetenskap speel in die ondersteuning van moderne leefstyl. Die klere wat ons dra word van sintetiese materiaal gemaak, wat vervaardig word deur chemiese prosesse. Die medikasie wat gebruik word om verskeie siektes te genees, is die resultaat van intensiewe chemiese navorsing. Die papier waarop ons skryf, is die resultaat van ‘n chemiese proses en die ink waarmee ons skryf, is ‘n samestelling van verskeie chemikalieë. Chemie verseker die kwaliteit van die kos wat ons eet, die lug wat ons inasem en die water wat ons drink. Ons liggame is ‘n komplekse samestelling van chemiese verbindings. Chemiese beginsels is grondliggend aan ons begrip van die prosesse wat


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.