Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Page 14

11

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 2016/17

Biologiese Wetenskappe Beskrywing van die programme

Beskrywing van die program

Op voorgraadse vlak word studente ‘n deeglike agtergrond gegee in die beginsels van genetika, sowel as die toepassing van hierdie beginsels in velde so uiteenlopend soos genomika, plant- en dierbiotegnologie, diagnostiek en risikobepaling, bioetiek, bewaringsekologie, asook as bevolkings-, gedrags- en evolusionêre studies, wat almal ook onderwerpe is vir verdere navorsing.

Nagraadse kwalifikasies

Die Departement Genetika is ‘n aktiewe speler op die internasionale wetenskaplike arena en bied internasionaal erkende voor- en nagraadse kwalifikasies aan. Ons grade is navorsingsgerig en het ‘n sterk klem op die ontwikkeling van analitiese vaardighede. Die Departement Genetika bied beide enkel- en dubbelhoofvakopsies aan in ons Genetika- en Mensgenetika-programme. Dit laat ons studente die keuse om te spesialiseer in genetika as ‘n enkele hoofvak, of om hul genetikavakke te kombineer met ‘n tweede multidissiplinêre hoofvak, soos biochemie, mikrobiologie, plantkunde of dierkunde, sowel as mensfisiologie in die Mensgenetika-program.

Die program in Biotegnologie is ‘n interdepartementele program wat daarop gemik is om studente te bemagtig om hul belangstelling in biotegnologie na te streef met spesifieke klem op die molekulêre biologie. Voorgraadse opleiding in hierdie program sluit in blootstelling aan aspekte van biochemie, genetika en mikrobiologie, benewens hul ander keusevakke. Biotegnologie studente word aangemoedig om te besluit oor wat hul nagraadse navorsingsrigting gaan wees en om hulle keusevakke dienooreenkomstig te kies.

Beroepe

Ons gegradueerdes ontwikkel vaardighede in gesyferdheid, analitiese en kritiese denke, sowel as kreatiewe probleemoplossing en datahantering, wat hulle toerus vir sukses in beide wetenskaplike en nie-wetenskaplike loopbane. Biotegnoloë funksioneer in beide die wetenskappe en besigheidsfere sodat gegradueerdes ‘n mededingende voordeel het ten opsigte van indiensneembaarheid in die biologiesebedrywe. Daar is ‘n toenemende aantal geleenthede beskikbaar in privaatbesit biotegnologie laboratoriums wat spesialiseer in kontrakwerk. Gegradueerdes word egter aangemoedig om hul studies te bevorder tot nagraadse grade soos honneurs-, meesters- en doktorsgrade in Genetika of Biotegnologie, siende dat sodanige grade gewoonlik noodsaaklik is in wetenskaplike loopbane.

Mensfisiologie Fisioloë bestudeer die meganismes wat die liggaam laat funksioneer – van molekulêre en sellulêre vlak deur progressiewe differensiasie tot weefsels, organe, stelsels en uiteindelik tot die geïntegreerde wisselwerking en beheer van die verskeie liggaamsfunksies. Hierdie kennis word in navorsingsondersoeke van normale en abnormale lewensprosesse toegepas. Basiese en kliniese navorsing kan op verskeie vlakke, soos byvoorbeeld molekulêr, sellulêr, struktureel en diagnosties, ‘n aanvang neem. Mensfisiologie is ‘n hoofvak vir twee graadprogramme in biologiese wetenskappe: BSc (Mensfisiologie) en BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde). Ander spesiale Fisiologiemodules vorm deel van die opleiding in geneeskunde, tandheelkunde, verpleging, dieetkunde, biokinetika, kommunikasiepatologie, voedselwetenskappe, arbeidsterapie, fisioterapie, radiografie en sommige verbruikerswetenskapkursusse. In Mensfisiologie bestudeer die student die funksionering van die menslike liggaam.

Gedurende die eerste studiejaar vir BSc (Mensfisiologie) word studente aan ‘n algemene, basiese verskeidenheid van vakke in biologiese en landbouwetenskappe blootgestel. In die tweede jaar word verskeie fisiologiese stelsels (neurofisiologie, hematologie, kardiovaskulêre fisiologie, pulmonale fisiologie, renale fisiologie, voeding en verteringsfisiologie, endokrinologie, en voortplantingfisiologie) bestudeer, met biochemie as ‘n verpligte vak. Die program word in die derde jaar voltooi met ‘n keuse van geïntegreerde fisiologiemodules, byvoorbeeld sportfisiologie, voeding en ontwikkeling, psigoneuro-immunologie en selfisiologie, asook industriële fisiologie. Op derdejaarsvlak is daar die geleentheid om keusemodules te kies. Benewens bogenoemde is Sielkunde en Genetika verpligte vakke in al drie studiejare vir BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde). Na die voltooiing van BSc (Mensfisiologie) of BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde) mag studente vir ‘n BScHons, MSc en PhD in Mensfisiologie inskryf. Na voltooiing van die BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde)-graad kan studente nagraadse studie in Genetika en Sielkunde onderneem. Om vir die honneursgraad in Fisiologie aanvaar te word, word ‘n gemiddeld van 60% vir die mensfisiologiemodules in die derde jaar vereis. ‘n Toelatingseksamen in algemene fisiologie moet ook afgelê word voor keuring. ‘n Maksimum van 12 honneursstudente word per jaar aanvaar. Die eenjaar honneursgraad behels selfstudie van basiese fisiologie, die skryf van ‘n seminaar, blootstelling aan ‘n verskeidenheid navorsingstegnieke en ‘n navorsingsprojek in sportfisiologie, sellulêre fisiologie of neurofisiologie. Op meesters- en doktorale vlak word daar van studente verwag om ‘n navorsingsprojek in een van die navorsingsareas in die Departement vir hulle MSc-verhandeling of PhD-tesis te voltooi.

Beroepe

Navorsing word gedoen in samewerking met mediese spanne in privaat en regeringsnavorsingslaboratoriums (soos die WNNR en die MNR), die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS), farmaseutiese maatskappye, universiteite, veeartsenykundige en industriële instansies, staatsdepartemente (byvoorbeeld die Departement van Gesondheid) en gesondheidsoorde. Fisioloë word ook aangetref op verskeie ander gebiede soos onderwys (onderwysers, dosente en instrukteurs), sportfisiologie, biostatistiek, bio-ingenieurswese, industriële higiëne, joernalistiek, mediese tegnologie en in die bedryf as verteenwoordigers van farmaseutiese firmas. Gegradueerdes met Genetika en Sielkunde as vakke het ook toegang tot die nagraadse programme wat deur die Departement Genetika en die Departement Sielkunde (Fakulteit Geesteswetenskappe) aangebied word.

Mikrobiologie en Plantpatologie Mikrobiologie en sy toepassingsdissiplines soos bv Plantpatologie bied ‘n groot verskeidenheid interessante studiemoontlikhede. Mikro-organismes (virusse, bakterieë en fungi) is ‘n onontbeerlike komponent van ons leefwêreld en studente word opgelei om hulle funksie en rol te bestudeer, asook hoe die mikrobes in ons daaglikse lewe benut of bestry kan word. Mikro-organismes is van groot belang in gesondheid en landbou weens siektes wat deur hulle veroorsaak word. In hierdie opsig bestudeer mikrobioloë die patogene wat verantwoordelik is vir die ernstige infektiewe siektes van mense, diere en plante, om hulle te beheer en bestry. Daar word egter ook gefokus op die gebruik van nuttige mikro-organismes vir voedselproduksie, watersuiwering en ander industriële toepassings.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by University of Pretoria - Issuu