Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Page 14

11

Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2016/17

Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe Gemeenskapsdiens: ‘n Ingeligte gemeenskap is ‘n gesonde gemeenskap, en daarom word baie tyd bestee aan die voorligting van pasiënte en hul versorgers. Pasiënte word ook geleer om hulle eie gesondheid te monitor en fisies aktief te wees. Gemeenskapsgebaseerde opleiding van voorgraadse studente vind plaas in die gemeenskappe van Mamelodi, Hammanskraal, Daspoort en Eersterust, verskeie tehuise vir bejaardes in Pretoria en by die Universiteit van Pretoria se Sportsentrum. Navorsing: ‘n Proaktiewe navorsingsomgewing op voor- en nagraadse vlak is ‘n belangrike prioriteit, en voorgraadse studente word onder leiding van personeellede aan die navorsingsproses bekendgestel.

Loopbaangeleenthede

Werksgeleenthede vir fisioterapeute is beskikbaar in hospitale, by skole vir kinders met spesiale behoeftes, en in myn- en nywerheidsklinieke en -hospitale. Geleenthede bestaan ook in privaat praktyke, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, tehuise vir bejaardes, plaaslike owerhede (munisipale klinieke), korporatiewe maatskappye, sportsentrums, en by sportspanne. Indien jy met nagraadse studie voortgaan, kan jy ook ‘n loopbaan as dosent of navorser in die akademiese wêreld oorweeg. Kontakinligting Muhammad Dawood Tel +27 (0)12 354 2023 E-pos muhammad.dawood@up.ac.za

BRad – Baccalaureus in Radiografie Radiografie is ‘n gesondheidsorgberoep wat te doen het met mediese diagnostiese beelde. Dit is een van die beroepe in moderne gesondheidsorg wat die vinnigste groei. Die Universiteit van Pretoria bied ‘n voorgraadse kursus aan in Diagnostiese Radiografie en nagraadse grade in drie professionele rigtings: diagnostika, stralingsterapie en kerngeneeskunde. Studente word blootgestel aan alle fasette van gesondheidsorg tydens hul opleiding. Opleiding vind plaas by primêre, sekondêre en tersiêre instellings. Studente het die geleentheid om saam te werk in spanne by gesondheidsorgpraktisyns, waar hulle as gewaardeerde lede ‘n beter begrip van die holistiese benadering tot pasiëntesorg verkry. Die persoonlike eienskappe waaroor ‘n radiografis moet beskik, sluit ‘n opregte begeerte om siek en beseerde pasiënte te help in. In die loop van ‘n werksdag word baie besluite oor pasiëntesorg geneem. Selfdissipline en ‘n sin vir verantwoordelikheid is noodsaaklik. Radiografiste moet ook gesond wees, aangesien die werk baie fisiese beweging vereis terwyl daar aan die pasiënt hulp verleen word en ondersteuning gebied word. Die manipulering van die apparaat behels ook fisiese bewegings.

Keuring

Ongeveer veertig (40) eerstejaarstudente word jaarliks gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 2 voldoen. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za.

Voornemende studente moet egter bewyse indien van twee besoeke aan X-straaldepartemente – een in die openbare en een in die privaat sektor – aangesien hulle blootstelling moet kry aan die verskillende ondersoeke en prosedures wat in radiografie departemente gedoen word. Dit sal aansoekers help om sinvolle loopbaankeuses te maak.

Programinhoud

Die BRad-graad behels drie jaar se voltydse studie, gevolg deur een jaar se verpligte gemeenskapsdiens. Studente volg ‘n 28-week akademiese program (lesings), asook ‘n kliniese program. Die kliniese onderrig vind plaas in die radiologie departemente by die Steve Biko Akademiese Hospitaal, Kalafong Akademiese Hospitaal, Pretoria-Wes Hospitaal, Mamelodi Hospitaal, Tshwane Distrikshospitaal, en sekere privaat radiologiese praktyke om studente in staat te stel om die verpligte kliniese ervaring op te doen wat hulle nodig het om verskeie ondersoeke en prosedures op ‘n bekwame wyse te doen. Studente doen ook na ure kliniese ervaring op deur op sekere openbare vakansiedae, of oor Kersfees, Paasfees en op Nuwejaarsdag te werk. ‘n Positiewe gesindheid teenoor hierdie deel van die voorgraadse opleiding is belangrik.

Radiografiekategorieë wat deur die Universiteit van Pretoria aangebied word

Diagnostiese radiografie: Die diagnostiese radiograaf is ‘n onmisbare lid van die gesondheidspan en is verantwoordelik vir die vorming en vaslegging van diagnostiese beelde van ‘n pasiënt wat verwys is deur ‘n mediese praktisyn vir ‘n spesifieke radiografiese prosedure. X-strale word gebruik om die beeld op die film te vorm. X-straalprosedures varieer in kompleksiteit en strek van eenvoudige ondersoeke van die skelet, tot ondersoeke met behulp van gevorderde hoëtegnologietoerusting waar verskillende modaliteite gebruik word. In laasgenoemde gevalle kan X-strale en rekenaars gebruik word om beelde te produseer. Frakture, breingewasse, bloedings en bloedklonte is net ‘n paar van die mediese probleme wat met die gesofistikeerde toerusting gediagnoseer kan word. Diagnostika word voorgraads en nagraads aangebied. Radioterapie en kerngeneeskunde: Radioterapie behels die gebruik van hoë-energiebestraling vir die behandeling van kwaadaardige en nie-kwaadaardige gewasse. Kerngeneeskunde behels die toediening van ‘n radiofarmaseutiese middel aan die pasiënt om die anatomie en funksionering van organe, sowel as die fisiologie van sekere siektetoestande te demonstreer. Die Universiteit van Pretoria bied Radioterapie en Kerngeneeskunde aan op honneursvlak. Dié twee kategorieë radiografie word aangebied by tersiêre hospitale en geselekteerde privaat gesondheidsorgsentrums.

Loopbaangeleenthede

Die gekwalifiseerde diagnostiese radiograaf kan by die volgende instansies werk: stedelike en plattelandse hospitale privaat klinieke en hospitale die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag mynboumaatskappye privaat radiologiepraktyke opvoedkundige instellings en opleidingsliggame gespesialiseerde eenhede soos angiografie, rekenaartomografie, magnetiese resonansie en ultraklank firmas wat apparaat en toerusting verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.