Universiteit van Pretoria
8
Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe BArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie Die program in arbeidsterapie is ‘n geïntegreerde en probleemgebaseerde program wat studente se selfvertroue en onafhanklikheid bevorder. Hierdie eienskappe is belangrik vir hul werk in hospitale of klinieke in die gemeenskap in die huidige gesondheidstelsel. Kurrikulum: Mens- en natuurwetenskappe word in die kurrikulum geïntegreer, en dit stel terapeute in staat om mense te help wie se funksionering deur ontwikkelingsagterstande, verwaarlosing, trauma, ongelukke of veroudering geaffekteer is. Leerprogramme: Die BArb-graad is ‘n voltydse graad wat oor vier jaar strek en ontwerp is om aktiewe deelname te fasiliteer. Studente doen regdeur hierdie vier jaar praktiese werk in hospitale, klinieke en ander instellings, asook in ontwikkelende gemeenskappe. Navorsing: Studente kry op voorgraadse vlak die geleentheid om onder leiding van personeel kennis te maak met navorsingsaktiwiteite. Nagraadse studente doen navorsing oor ‘n verskeidenheid onderwerpe wat wissel van die ergonomiese ontwerp van rolstoele tot die uitwerking van musiekaktiwiteite op pasiënte met psigiatriese versteurings. Nagraadse diplomas in Handterapie en Beroepsrehabilitasie word ook deur die Departement Arbeidsterapie aan die Universiteit van Pretoria aangebied. Arbeidsterapie is ‘n gesondheidsorgberoep waar persone met fisiese of psigiese siektes of gestremdhede behandel word deur hulle aan alledaagse aktiwiteite te laat deelneem. Die arbeidsterapeut probeer om pasiënte te help om so normaal moontlik in die samelewing te funksioneer deur die toepassing van spesifieke tegnieke en prosedures. Sodoende word ‘n
pasiënt se oorblywende vermoëns optimaal ontwikkel om hulle in staat te stel om betekenisvolle en onafhanklike lewens te lei. Arbeidsterapie word ook toegepas op persone met ontwikkelingsagterstande, leergestremdhede of psigo-sosiale disfunksies. Arbeidsterapie is ‘n stimulerende beroep wat voortdurend uitdagings bied. Dit vereis ‘n aanpasbare, intelligente en praktiese persoon met goeie probleemoplossings- en bestuursvaardighede. ‘n Suksesvolle arbeidsterapeut het goeie interpersoonlike vaardighede en kan verskillende situasies met vindingrykheid benader.
Keuring
Ongeveer sewe-en-veertig (47) eerstejaarstudente word jaarliks gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 1 voldoen. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za.
Loopbaangeleenthede
Gekwalifiseerde arbeidsterapeute word by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA) geregistreer. Die Professionele Raad vir Arbeidsterapie, Mediese Ortotika/Prostetika en Kunsterapie reguleer die opleiding en werkprestasiestandaarde van arbeidsterapeute. Arbeidsterapeute kan by verskeie instansies werk, byvoorbeeld in hospitale (insluitende psigiatriese hospitale), skole, sentrums vir bejaardes, welsynsorganisasies, munisipale klinieke en gemeenskapsorganisasies. Werksgeleenthede in die privaat
‘As vierdejaar student in Arbeidsterapie, kan ek sonder twyfel sê dat ek die regte loopbaan gekies het. Arbeidsterapie is ‘n opwindende beroep wat my in staat stel om ‘n verskil in mense se lewens te maak, deur hulle die nodige vaardighede vir hul lewenstaak te leer. Die Departement Arbeidsterapie bied ‘n ondersteunende omgewing vir die toepaslike geestelike stimulasie van toekomstige terapeute. Die Departement het ‘n eksperimentele benadering tot leer, wat ons toelaat om te bou op ons teoretiese kennis deur praktiese ondervinding. My studies in Arbeidsterapie is ‘n uitdaging vir my, nie net op ‘n intellektuele vlak nie, maar ook holisties as mens. Dit is nie pret en speletjies nie, maar verg harde werk en toewyding. Arbeidsterapie bied ‘n wye verskeidenheid van moontlike spesialiseringsvelde. Na voltooiing van my graad, wil ek graag as ‘n pediatriese arbeidsterapeut praktiseer. Die bestudering van Arbeidsterapie is ‘n reis – en die reis is die beloning.’ Sajida Mitha