12 TYGERBURGER Tygervallei
Depressie by groep bespreek Bipolêre gemoedversteuring en depressie word bespreek by die volgende byeenkoms van die depressie- en angsondersteuningsgroep (noordelike voorstede). Die byeenkoms word gehou op Maandag 7 November vanaf 19:15 by die Vredekloofkliniek op die hoek van Wessel Lourensstraat en Koorsboomsingel in Vredekloof. Die spreker is dr. Flippie Oosthuizen, ’n psigiater. Die byeenkoms is slegs vir lyers en hul onmiddellike familielede om vertroulikheid te verseker. Tee of koffie en verversings sal bedien word. Donasies van R1 ten bate van die Elmaraomgeediens sal verwelkom word. V Kontak Bettie McKinnon by 082 391 3909 of Elma Pretorius by 082 708 6213 met navrae.
D’ville-Besigheid hou jaareindgeselligheid Durbanville-Besigheid se jaareindgeselligheid ten bate van Huis Jabes, ’n toevlugoord vir mishandelde vroue en kinders, word op Dinsdag 22 November by Nitida Wines gehou. Bespreek nou reeds ’n tafel vir jou onderneming en geniet ’n gesellige ete met bekende vermaaklikheidskunstenaars soos Dowwe Dolla, Leah van Niekerk en Hannes van Wyk, aanbieder van Kwêla. Dit begin om 18:30 vir 19:00. Drag is elegant. Die koste beloop R5 000 vir ’n tafel met 10 mense. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. V Kontak Adri Klindt by 083 564 3313 of per e-pos na adri@sostrust.co.za om kaartjies te bespreek of vir meer inligting.
NUUS
Woensdag, 2 November 2016
Tarryn is ’n inspirasie vir lesers AVRIL FILLIES
’n
Groep lesers uit TygerBurger se verspreidingsgebied het ’n ontbyt op Saterdag 22 Oktober op die Altydgedacht-landgoed buite Durbanville gehou ten bate van Kansa. Tarryn Arendse van Brackenfell, ’n oorwinnaar van kanker en nou een van Kansa se ambassadeurs, was die gasspreker by die ontbyt. “Drie jaar gelede is ek op 29-jarige ouderdom met kanker gediagnoseer. Voor die diagnose was ek swanger en onbewus van die kanker, maar is nou in remissie. Ons vrouens is geneig om ons mans en kinders eerste te stel en vergeet om na onsself te kyk,” het sy gesê. Sy het ook gesê dat sy nou baie versigtig is wat sy eet, want nie alle voedsel akkordeer met kanker nie. Sy het ’n dubbele mastektomie ondergaan, leef gesond en is ’n geleentheidspreker by talle saamtrekke waar sy oor haarself en oor Kansa praat. “Ek wil net noem dat jy wat die kankerlyer is, nie al een is wat die paadjie stap nie. Jou gesin, familie en vriende stap die pad saam met jou. “’n Goeie ondersteuningstelsel is ook belangrik. Ek was deur my dokters die keuse gebied om chemoterapie en/of radiumbestraling te ontvang, maar het dit van die hand gewys en net besluit om gesonder te leef,” het Tarryn gesê. Op die ontbyt is Jeunesse, ’n Amerikaanse maatskappy wat gesondheids- en velsorgprodukte vervaardig en versprei, ook bekendgestel. Van die produkte word deur kankerpasiënte en ander gebruik. Dié maatskappy het sowat agttien maande gelede in Suid-Afrika begin sake doen. V Rig navrae aan Christie per e-pos na 911medicare@gmail.com.
Kom geniet ’n familiedag met tuisgebakte lekkernye, soetgoed, handewerk, Eaglevlei se gesogte wyne en ’n 5km/10km bergwedloop in die oggend. Registrasie: 07:00 Begin: 08:00 Prysuitdeling: 10:00 Toegangsfooi vir die fees: Volwassenes R20 | Kinders: R10 Kaartjies sal by die feesterrein beskikbaar wees. Toegangsfooi vir die bergwedloop: Volwassenes R80 | Kinders (ouer as 6) R40 (sluit outomatiese toegang tot die fees in). ’n Gesinspakket (vir 2 volwassenes en 2 kinders) is beskikbaar teen R200. Inskrywings: https://www.entryninja.com/events/event6521 Kontak vir Ina Viljoen by kershof@mweb.co.za | 083 463 4090 vir meer inligting.
Pam Rheeder van Kenridge, Leonara Brinch van Parow, Marianne Vermaak van Edgemead, Liesl van der Merwe van Jeunesse en John Rheeder van Kenridge, het die ontbyt bygewoon.
Ander gaste wat die ontbyt bygewoon het, was van links Elna Coetzee van Welgelegen, Anita Goosen van Boston, Hantie Londt van Aurora, Lindsey van der Westhuizen van Durbanville en Tarryn Arendse van Brackenfell.