PAROW
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Woensdag, 17 Mei 2017 | Tel: 021 910 6500 epos: nuus@tygerburger.co.za @TygerBurger
TygerBurger
GEHOORAPPARATE MICHAEL FOURIE B. Pharm Dip.HAA
GEHOORTOETSE
GEHOORAPPARATE
Indien U belangstel, sms ‘HEAR’ na 34007
Gekontrakteer in Mediese Fondse DURBANVILLE: Mediplein Mediese Sentrum, Hibiscus Str BRACKENFELL:Medicross Mediese Sentrum, h/v Brackenfell Rylaan & Nina Str. BELLVILLE: Oakmed Sentrum agter Mkem PAROW: Medicross Mediese Sentrum, McIntyre Rylaan
HEARING CARE CENTRE
Slegs op afspraak
Skakel tolvry 0860666660 of 083 272 3112
X1TJDC3E-AL170517
Vlogger Adam Spires from Edgemead at the Bos 400 ship wreck outside Hout Bay. Read more about his exploits to raise awareness for the water shortage in the province on page 4.
GEEN GENADE VIR OORTREDERS: GASTEHUISEIENAAR MET R73 000 BEBOET; TALLE ANDER BETAAL OOK
Sakelui moet opdok AVRIL FILLIES
S
akelui in die Tygerberg moet geen genade verwag as hulle woonhuise vir sakegebruik aanwend nie. Die eienaar van ’n gastehuis in die spogwoongebied De Tijger is swaar beboet met ’n administratiewe boete van R73 000 omdat hy hom nie aan ’n munisipale kennisgewing gesteur het nie. Leonore van der Walt, raadslid vir dié woongebied wat in wyk 2 is, sê die gastehuiseienaar het hom min gesteur aan ’n munisipale kennisgewing dat die gastehuis onwettig vanuit die woonhuis bedryf word. Die huis word nie vir gewone doeleindes waarvoor dit gesoneer is, gebruik nie. Sy sê die munisipale tribunaal wat op Dinsdag 9 Mei die administratiewe boete van R73 028 opgelê het, het veral gelet op die eienaar se moedswillige, onaanvaarbare ge-
drag. “Die tribunaal het kennis geneem dat die eienaar bouplanne aan die munisipaliteit voorgelê het om sy huis te vergroot vir sy gesin, terwyl hy van plan was om ’n gastehuis daar te bedryf. “Dit blyk uit dokumente wat by die tribunaal ingedien is dat die eienaar reeds in 2015 aansoek gedoen het vir vergunningsgebruik om ’n gastehuis daar te bedryf. “Dié vergunningsaansoek is ná besware uit die omgewing deur die eienaar onttrek,” het Van der Walt gesê. Nadat die munisipaliteit die eienaar versoek het om die onwettige gastehuis in Hannes Louwrylaan te sluit, het die eienaar weer aansoek gedoen om vergunningsgebruik vir vyf slaapkamers vir ’n gastehuis. Op die gastehuis se webtuiste word dit geadverteer met agt slaapkamers. “In die tweede vergunningsgebruiksaansoek word aangedui daar is ’n bestuurskan-
toor en ’n speletjieskamer. ’n Ter plaatse ondersoek het gewys albei vertrekke is ingerig as eenhede vir gaste. Die wanvoorstelling is ’n oortreding ingevolge die Munisipale Beplanningsverordening van 2015,” het sy gesê. In sy aansoek motiveer die eienaar daar is so ’n groot aanvraag dat hy besluit het om die gastehuis te bedryf sonder die munisipaliteit se toestemming. Ander eiendomme waar ook swaar administratiewe boetes opgelê is, is ’n gastehuiseienaar in Kuilsrivier wat voorgegee het 5 slaapkamers word vir gaste gebruik terwyl dit 10 slaapkamers is. Dié boete is R33 743. Die eienaar het dadelik stappe gedoen om dit reg te stel. Die eienaar van ’n onwettige huiswinkel van 22 m² in Kuilsrivier se administratiewe boete is R2 002. ’n Dagversorgingsgerief vir honde in Durbanville se administratiewe boete is R4 906.
’n Gedeelte van ’n huis se tuin word gebruik vir honde om te sosialiseer en oefening te kry, terwyl hul eienaars by die werk is. Die eienaar van ’n erf waar ’n bekende crèche vir 25 kinders in Brackenfell bedryf word, se administratiewe boete beloop R29 880 omdat dit bedryf is sonder die nodige munisipale vergunningsgebruik waarvoor aansoek gedoen moet word. Die konsessiehouer van dié crèche was volgens dokumente wat voor die tribunaal gedien het, onder die indruk dat haar crèche toelaatbaar is. Van der Walt sê die tribunaal het elkeen van die ongemagtigde gebruike in besonderhede bespreek voordat die administratiewe boetes bepaal is. “Dit is belangrik dat grondeienaars hul vergewis van wat op hul erf toelaatbaar is.” V Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.