BRACKENFELL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
MANUFACTURE • INSTALL • RETAIL STORE • DIRECT TO PUBLIC
• Poles, Latte, Droppers • Decking, Balau etc. • Timbacore Fencing
• Wendy houses & Cabins • Railway sleeper furniture • Structural Timber etc.
Clai Cl aim m yo your ur
20% DIS CO
OUNT on re on reta tail, il, no now w T& C's Apply
15 Farad street Stikland, Bellville, (NEXT to the R300 Freeway) T: 021 949 5555 • C: 081 598 0006 • www.timbacore.co.za
X1T5C3UD-AL250117
Woensdag, 25 Januarie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
MTBSdirigente warm al op!
Vandag oor ’n week (Woensdag 1 Februarie) is dit tussen 18:00 en 19:00 tyd vir die pawiljoenbeker of flashes, soos dit bekendstaan, van die jaarlikse MTBSatletiekbyeenkoms in die Bellville Velodrome. Vanjaar huisves die Groenpuntstadion die atletiekbyeenkoms op Vrydag 3 Februarie. Die dirigente vir die pawiljoenbeker is (van links) Lara Voigt en Michiel Bester (D.F. Malan), Michaela Weir en De Wet Botha (Tygerberg), Zandri van Speyk en Hanro Rossouw (Bellville) en Amy Brooks en Adriaan de Jongh (Stellenberg). Toegangskaartjies aan die toeskouers sal voor die tyd by skole teen R10 per persoon verkoop word. FOTO: STEHAN SCHOEMAN
VYF DALEDE: FEDERALE RAAD NEEM BESLUIT
Skorsing opgehef DESIRÉE RORKE @dezzierorke
D
ie skorsing van vyf DA-raadslede in Kaapstad is Vrydag deur die DA se federale raad opgehef. Die aankondiging is ná afloop van die vergadering van die DA se federale uitvoerende komitee bekendgemaak en die betrokke DAraadslede se lidmaatskap van die koukus in die Stad Kaapstad is met onmiddellike ingang herstel. James Selfe, voorsitter van die federale
raad, het die opheffing Maandag aan TygerBurger bevestig. “Die DA se regskommissie het bevind dat daar geen geldige rede is vir die voortgesette skorsing van die raadslede nie,” het Selfe gesê. Hy wou egter nie verder uitbrei oor die regskommissie se bevindinge nie, maar het slegs bevestig dat die ondersoek nog voortgaan. Grant Twigg, Marian Nieuwoudt, Carin Brynard, Xoliswa Pakela-Mapasa and Brenda Hansen, almal lede van subraad 2, wat die stadswyke in Brackenfell, Kuilsrivier en
Kraaifontein verteenwoordig, is op 16 November verlede jaar geskors van alle DAkoukusaktiwiteite en -vergaderings in die stadsraad nadat hulle ’n opdrag van dié party teengestaan het. Met die aanvang van die nuwe munisipale termyn het die subraad voor hul eerste subraadvergadering ’n mandaat ontvang om Clive Justus as die nuwe subraadvoorsitter te verkies – ’n amp wat die afgelope twee termyne deur Grant Twigg beklee is. “Die opdrag was na bewering deur die DA se federale bestuur bekragtig.
“Nadat die federale bestuur egter aangedui het dat die opdrag nie deur hulle goedgekeur is nie, is Twigg genomineer en deur al die raadslede ingestem om weer die amp te beklee,” sê Leon van Rensburg, regsverteenwoordiger van die geskorste raadslede. Die verkiesing van Twigg is opgevolg met die skorsing van die betrokke DA-raadslede. Ten tye van die skorsing is daar beweer dat die raadslede die DA se federale grondwet teengegaan het deur die opdrag te verontagsaam. V Na bladsy 2.