Tygerburger Brackenfell 10 Oct 2012

Page 8

TygerBurger Brackenfell Bladsy 8

Nuus/News

Woensdag 10 Oktober 2012

Spring gou om kaartjies te kry vir feestelike Laurika-aand As jy nog nie jou kaartjies vir Laurika en Vriende het nie, is dit nou die tyd om dit te doen. Met TygerBurger se kompetisie kan jy selfs kaartjies na hierdie ongelooflike geleentheid wen. Die produksie sal slegs een aand in die Liquifruit-amfiteater in die Paarl op 27 Oktober

te sien wees. Laurika en Vriende is ’n huldeblyk aan Laurika Rauch, ’n ikoon in die Afrikaanse musiekbedryf wie se loopbaan reeds oor dekades strek. Die “vriende” wat die verhoog met Laurika deel, is Brandon October, Jak de Priester en

Leon van Nierop, wat die teks geskryf het en as storieverteller sal optree. Topmusikante soos David Klassen op dromme, Denny Lalouette op baskitaar, Nathan Smith op kitaar en Fanie Fouché op klavier, sal ook op die verhoog wees. Dit beloof om ’n feestelike aand onder die sterre te wees, met heelwat kos- en wynstalletjies om van te kies. Konsertgangers word aangeraai om ten minste ’n uur voor die vertoning by die amfiteater te wees.

Kaartjies vir die konsert, waarvan TygerBurger die mediaborg is, wissel van R110 tot R160. Dit is beskikbaar by www.cultivaria.com of by 021 872 9754. Kry joune voor jy hierdie besonderse konsert misloop. WEN! WEN! WEN! . Vyf lesers kan elk dubbelkaartjies na die vertoning wen. SMS die woord “Vriende”, gevolg deur jou naam en kontaknommer na 45527 voor Woensdag 17 Oktober. SMS’e kos R1,50.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.