Tygerburger Kraaifontein 20150121

Page 1

KRAAIFONTEIN

VALID UNTIL SATURDAY 28 FEBRUARY 2015 - While stocks last MOTION BED

SAVE R10 000 ! Offer exclusive to Tafelberg Furnishers 20 ONLY

QUEEN was R39 999

R29999

now BELLVILLE - 021 944 3330

E&OE

Woensdag, 21 Januarie 2015 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za

News flash! Load shedding schedules in next week's publication Karel Cupido, die trotse hoof van die Hoërskool Scottsdene. FOTO: CARINA ROUX

HOËRSKOOL SCOTTSDENE: SLAAGSYFER NOU 90%; WAS NET 46,2% IN 2011

Skool pronk oor sukses BRENDEN RUITER

@ruitervaniewind

H

ulle gaan so bietjie stertswaai, maar dan weer skouer aan die wiel sit vir die nuwe jaar. Só sê Karel Cupido, hoof van die Hoërskool Scottsdene, wat vanjaar die eerste plek beklee op die Wes-Kaapse onderwysdepartement se lys van skole wie se matriekslaagsyfer tussen 2012 en 2014 verbeter het. Dié skool se slaagsyfer was in 2011 slegs 46,2%, maar vanjaar is dit 90%. “Ons gaan aanvanklik bietjie spog, sodat die skool weer sy trots van weleer kan terugkry, maar ons kan nie te lank op die rug van

2014 se uitslae ry nie. Daar lê werk voor, want hoewel ons ’n driejaarplan gehad het om die skool reg te ruk, het ons nou die teiken so hoog gestel dat ons harder sal moet werk om dit te handhaaf of verbeter,” sê ’n duidelik trotse Cupido.

Uitdagings Saam met die gewone uitdagings van bendegeweld en dwelms laat ander uitdagings ook verlede jaar se uitslae onwaarskynlik lyk. “Baie van die leerders wat verlede jaar in matriek was, het nie graad 11 geslaag nie en is oorgeplaas na graad 12. So, die uitdaging was om eers daardie leerders op standaard

te kry en hulle saam met die ander te motiveer. Ook het ons in die verlede die voorste leerders uit ons omgewing na die skool gelok, maar vandag gaan die voorste leerders na skole in ander gebiede,” sê Cupido. By die skool wag hulle ook nie net tot kinders in matriek kom voor hulle intree nie. Daar was in die verlede toetse gedoen om te bepaal op watter vlak sekere van die leerders is. “Tot ons skok het ons uitgevind dat die leerders glad nie bevoeg is om die gewone kurrikulum te doen nie. Ons kon hulle ook nie net so wegwys nie, want dan sou hulle weer ’n las vir die gemeenskap gewees het. “Daarom het ons besluit om die graad met

vaardigheidsklasse te begin. Kinders leer goed soos rekenaarvaardighede en telefoonetiket – goed wat hulle prakties kan gebruik as hulle klaar is met die skool.”

Personeel “Ons moes eers van die bestaande personeel gebruik, maar nou het ons geld gekry om iemand aan te stel, so dit kan net beter gaan.” Volgens Cupido gaan daar vanjaar geen dwelms en geweld by die skool geduld word nie. “Ons wil die beste skool wees en sal ons nie van stryk laat bring deur mense wat nie saam met ons die pad van sukses wil stap nie.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.