KRAAIFONTEIN
Woensdag, 11 Desember 2013 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za
Early gift of light
Topdrie nou die topvier!
Leatitia Ntondini (centre) of Fisantekraal, is thrilled with the electricity in her home, with her is Alwie Lester (left), general manager of Eskom, and Patricia de Lille, executive mayor of Cape Town, who switched on the electricity to 348 houses in the informal settlement in Fisantekraal last Thursday. Article on page 2. PHOTO: ESMÉ
Julle het gestem en ons het geluister! Die kunstenaars wat by die TygerBurger/CapeGate-leserskonsert gaan optree, is Theuns Jordaan, Kurt Darren, Dillon Lerm en Gerhard Steyn. Hoekom is daar vier? Theuns Jordaan Omdat slegs ’n paar stemme die derde en vierde plekke van mekaar geskei het. Die ander kunstenaars wat die afgelope paar weke as deel van die toptien meegeding het om by dié unieke konsert op te tree, was Nicholis Louw, Juanita du Plessis, Nianell, Kurt Darren Elvis Blue, Bobby van Jaarsveld en Ray Dylan. Aanhangers kon tot Sondag 8 Desember vir hul gunsteling-kunstenaar stem. Die afgelope paar dae het veral Kurt se Kaapse ondersteuners die SMS’e laat instroom. Die TygerBurger/CapeGateleserskonsert vind op 28 Febru- Gerhard Steyn arie 2014 plaas in die Liqui-Fruit-amfiteater in die Paarl. Ons het vanjaar hande gevat met Smile 90.4fm, wat as radioborg aan boord is. Van die Smile-omroepers sal die aand van die leserskonsert as seremoniemeesters optree. V Kaartjies vir die konsert is reeds te koop by www.cultivar ia.com.
ERASMUS
ONVERWAGSE GEBOORTE: BENOUDE OUERS IN KAR
‘Bokka, hier kom sy!’ DESIREÉ RORKE @dezzierorke
“B
okka, hier kom sy!” het Jeanine Conradie benoud aan haar man uitgeroep, en etlike sekondes later is Zoë Malena Conradie gebore – in haar ouers se Ford Fiesta op ’n straathoek in De Bronweg. “O kragtie, nee! Die baba kom,” het Rudi Conradie terug geskree en het net betyds by sy vrou se sy gekniel om sy nuwe babadogter die lewe in te help. Dié volle verhaal van Zoë se onverwagse geboorte op 2 Desember het sowat 40 minute
vroeër op dieselfde oggend by haar ouerhuis in Kraaifontein begin. Só vertel Jeanine: “Ek het vroeg die oggend met rugpyn wakker geword, maar was nie te bekommerd nie, omdat Zoë se verwagte datum eers op 7 Desember was. Ek het toe nie besef dat dié rugpyn die begin van my kontraksies was nie. Teen 07:10, terwyl ek ontbyt gemaak het, het die eerste kwaai kontraksie gekom en eers toe het ek besef dit was sulke tyd,” vertel sy. Teen dié tyd was Jeanine se kontraksies 17 minute uitmekaar. “Rudi se senuwees was reeds op hol en ek het geweet dat ek die een is wat kalm moet bly.”
Die Conradies het hospitaal toe gehaas, maar soos die noodlot dit wou hê, het ’n padongeluk naby die Glengarry-winkelsentrum in De Bronweg die verkeer tot stilstand gebring. “By CapeGate verby, omstreeks 07:30, was die kontraksies twee minute uitmekaar en Rudi het verwoed op sy selfoon rondgebel vir polisie- of verkeersbegeleiding,” vertel Jeanine. Die stem aan die anderkant van die 10111lyn, het Rudi versoek om so gou moontlik van die pad af te trek en te wag vir die polisie of ambulans. V Na bladsy 2.
Dillon Lerm