18 TYGERBURGER Durbanville
NUUS
Woensdag, 26 Oktober 2016
Spelers van klub skitter
T
wee tennisspelers van die Durbanville-tennisklub het onlangs vir die Boland by die Bolandse ope-toernooi in die Strand uitgeblink. Poenkie Krohn is as kampioen gekroon in die enkelspel vir spelers 75 jaar en ouer. Hy het in die eindstryd teen Callie Matthee, ’n lid van die Riversdal-tennisklub (SWD), gespeel. Erik Fourie het weer koning gekraai in die enkelspel vir spelers 30 jaar en ouer nadat hy met Hein Byleveld van die George-tennisklub (SWD) afgereken het.
Hier is (van links) Callie Matthee (SWD), naaswenner, en Poenkie Krohn (Boland), wenner van die enkelspel vir spelers 75 jaar en ouer.
Erik Fourie (regs) van Boland het Hein Byleveld (links) van SWD in die enkelspelÂeindstryd vir spelers 30 jaar en ouer geklop.