TygerBurger Bellville 20170208

Page 14

14 TYGERBURGER Bellville

NUUS

Woensdag, 8 Februarie 2017

‘Here se seën nodig vir goeie oes’ ESMÉ ERASMUS

@erasmusesme

“O

ns vra die Here se seën, want ons besef dis net Sy genade as die oes goed is,” het ds. André van Wyk van die NG kerk Durbanville verlede Woensdagaand gesê met die jaarlikse inseën van die druiwe-oes in die Durbanville-wynvallei. Dié oes-inseën, wat by Stone Shed op Vrymansfontein buite Durbanville aangebied is, word gehou voor die aanvang van oestyd. Talle boere en wynmakers van die wynvallei het die geleentheid bygewoon. “Jy as boer kan alles insit en reg doen, maar daar is ’n deel aan boerdery wat nie in ons hande is nie. Sonder die Here se seën sal dit nie werk nie,” het Van Wyk gesê. Die vooruitsigte vir die oes lyk vanjaar baie goed – wat volume, asook gehalte betref, meen kenners. Volgens Thys Louw, voorsitter van Sauvignon Blanc-belangegroep, is ’n baie goeie jaar spesifiek vir sauvignon blanc-wyn te wagte.

“Dit is ’n baie koel seisoen tot dusver – een van die koelste seisoene die afgelope vyf jaar. Dit dra nie net by tot ’n groter opbrengs nie, maar die gehalte en analise van die druiwe lyk ongelooflik goed,” het hy gesê. Etienne Louw, voorsitter van die Durbanville-wynvallei-assosiasie, het aan TygerBurger gesê die druiwe lyk vanjaar mooi gesond. “Dit lyk ook of oestyd vanjaar later gaan begin weens die koeler weer in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar toe oestyd besonders vroeg was. “Die druiwesuiker is laer as hierdie tyd verlede jaar en ons gaan bietjie later begin pluk, maar dis meer in lyn met die tradisionele pluktyd,” het hy gesê. “Van die druiwestokke kry maar swaar in die droogte, veral die droëlandwingerd. Dis nog nie ’n krisis so vroeg in die seisoen nie en ons sal moet sien hoe dit gaan ontwikkel. “Hoe laer die grondvog, hoe kleiner is die oes,” het hy gesê. VVertel TygerBurger wat jy hiervan dink by brie­ we@tygerburger.co.za.

Die inseën van die oes is ook bygewoon deur (van links) Walter en Jansie Smith (Hooggelegen), Moller Nel van Inteligro (borgmaatskappy), Koos en Gillese de Villiers (Morgenster) en Gerrit Visser (Altydgedacht).

Ds. André van Wyk van die NG Kerk, wat die oes ingeseën het, is hier saam met (van links) Ladine Louw (Diemersdal), Melanie Louw (Maastricht), Estani de Wit (Signal Gun) en Natasha de Villiers (Morgenster), wat almal met die reëlings gehelp het. FOTO’S: ESMÉ ERASMUS

Hier gesellig is (voor van links) Arno Smith (Hillcrest), Thys en Melanie Louw (Maastrict) en Rennie Brink (Groot Phesantekraal). Agter is Annemarie en Piti Coetzee (Klein Roosboom), Juandré Bruwer (Diemersdal) en sy verloofde, Daniella Theron.

SÊ JOU SÊ! NAAMSVERANDERING VAN SALAZAR-PLEIN NA HAMILTON NAKI-PLEIN Die Stad Kaapstad wag openbare kommentaar in oor die voorstel dat Salazar-plein, wat langs die nuwe Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad se sentrale sakedistrik geleë is, na Hamilton Naki-plein hernoem word. Die motivering vir die naamsveranderingsvoorstel is gegrond op die prestasies van wyle Hamilton Naki wat as swart Suid-Afrikaner tydens die apartheidsera geen erkenning ontvang het vir die rol wat hy as laboratoriumtegnikus by Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad gespeel het nie. Wyle Hamilton Naki se laboratoriumwerk, navorsing en bystand aan wyle dr. Christiaan Barnard het ook ’n bydrae gelewer tot die ontwikkeling van oorplantingstegnieke en die mediese opleiding van toekomstige sjirurge. Die Nasionale Orde van Maphungubwe asook ’n eredoktorsgraad in geneeskunde vir sy bydrae op die terrein van geneeskunde is aan Hamilton Naki toegeken. Hamilton Naki het bo die omstandighede van sy tyd uitgestyg en is ’n rolmodel vir alle Suid-Afrikaners.

Presteer in wiskunde: Dié Master Maths­studente het puik gevaar in die Independent

Examination Board se wiskunde­vraestel, wat einde 2016 geskryf is. Hulle is (van links) Nienke Redelinghuys (skakel van wiskunde­geletterdheid oor na wiskunde en behaal 68%), Guilianna Beretta (verbeter van 46% na 83% in wiskunde), Jean Pretorius (verbeter en slaag wiskunde nadat hy aangeraai is om nie wiskunde te neem nie), Christiaan de Kock (verbeter van 53% na 73% in wiskunde), Marco Viljoen (skakel van wiskunde­geletterdheid oor na wiskunde en behaal 72%), Christiaan Bothma en Handre van Zyl (verbeter van 49% na 67% in wiskunde). Die studente is van Durbanville, Bellville en Brackenfell.

Ingevolge artikel 17 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000, word die publiek en belanghebbende partye of groepe van 1 Februarie 2017 tot 2 Maart 2017 die geleentheid gebied om hulle steun vir, of besware teen, die naamsveranderingsvoorstel aan te dui.

Winskopie-boeke by dié mark

Kommentaar, insette en aanbevelings kan soos volg ingedien word:

Die feit dat die beste plek om winskopie-boeke te koop, die maandelikse mark van die Betesda-projek is, het vinnig versprei. Volgens Hans Human, stigter van dié projek vir gestremdes, is boeke tans een van hul topverkopers by die mark, wat weer op Saterdag 11 Februarie by die sentrum van die NG kerk Durbanville-Bergsig in Bolandweg, Vierlanden aangebied word. Die mark duur van 08:30 tot 14:00. “Mense mag dink dat die boeke teen slegs R10 per boek nie in ’n goeie toestand is nie, maar die teendeel is waar. Al die boeke, nuwes en ouer boeke wat nie meer in druk is nie, kom uit skenkers se boekrakke,” sê Hans. “Daar is ’n groot voorraad Afrikaanse en Engelse boeke – fiksie én nie-fiksie. Dit sluit geestelike, koffietafel-, kook-, bak-, selfhelp- en kinderboeke in,” sê hy. Daar is ook stalletjies wat ’n verskeidenheid items, sowel as eet- en drinkgoed verkoop. Die geld wat só ingesamel word, word gebruik om die inwoners van Masonic-huis vir persone met kwadruplegie in Uitzicht met persoonlike behoeftes te help. Die sewe inwoners van hierdie selfsorghuis moet self

• • • •

E-pos: naming@capetown.gov.za SMS: 31046 Internet: www.capetown.gov.za/haveyoursay Skriftelike voorlegging: Posbus 298, Kaapstad 8000 (vir aandag: bestuurder: eenheid vir openbare deelname)

Die Stad se eenheid vir openbare deelname sal mense wat nie kan lees of skryf nie, mense wat met gestremdheid leef en mense van benadeelde groepe wat nie in staat is om skriftelike kommentaar in te dien nie, help om hulle kommentaar of insette op skrif te stel en by die Stad in te dien. Kontak Zandile Mahlasela by 021 400 5501 of zandile.mahlasela@capetown.gov.za. Kontak Frederick Venter by 021 400 1768 of frederick.venter@capetown.gov.za vir meer inligting.

ACHMAT EBRAHIM STADSBESTUURDER 07/2017

al hul uitgawes betaal, hul versorgers se salarisse ingesluit. Dít terwyl meeste se inkomste maar slegs ’n ongeskikheidstoelaag is. Hulp word ook verleen aan die Yarden Children’s Enrichment Centre in Vierlanden, Durbanville vir kinders met ernstige en diepgaande intellektuele en fisieke gestremdhede. Die sentrum word deur Adri Cloete in hul motorhuis bedryf en bedien tans vyf kinders met meervoudige gestremdhede. Sy mag net vyf kinders versorg en aangesien meeste gevestigde sentrums in Kaapstad glad nie sulke kinders akkommodeer nie, hoop sy om ’n geskikte perseel te bekom sodat sy meer kinders kan inneem. Die Betesda-projek finansier ook Perdepret, ’n terapeutiese aktiwiteit met perde. Kinders van die Durbanville-kinderhuis en volwassenes en kinders uit die gemeenskap met intellektuele, emosionele en fisieke gestremdhede neem hieraan deel. Mense wat boeke, DVD’s of CD’s wil skenk, kan dit by die kerksentrum aflaai of vir Hans Human by 082 549 0518 bel om te reël vir die afhaal, asook ander inligting.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.